Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000

Similar documents
delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

Mosselbaai Munisipaliteit

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

RAND WATER RAAD. Eiser

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Mandala Madness Deel 2

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr.: 1425/2003 S.G. BREYTENBACH Eiseres en PETRO SAVE (EDMS) BEPERK h/a ENGEN QUICK SHOP, COLLEGE CROSSING, BLOEMFONTEIN Verweerder CORAM: LOMBARD, R AANGEHOOR OP: 28 & 30 APRIL 2004 GELEWER OP: 10 JUNIE 2004 Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000 op die helling in die teëlvloer by die ingang na die Engen Quick Shop, College Crossing, Bloemfontein, gegly en geval het. Met die aanvang van die verhoor het die Hof op versoek van die advokate n bevel ingevolge die bepalings van Hofreël 33(4) dat slegs die meriete tans beslegting verg, gemaak. As Bewysstuk A is n verslag van Jan Wilkens Argitek met foto s ( JW1, JW2 en JW3 ) asook vier foto s van die toneel ( A1 A4 ) ingehandig.

2 Mev. Sophia Gedia Breytenbach het getuig dat sy daardie oggend om ± 7:45 die betrokke winkel op die sypaadjie vanuit n oostelike rigting genader het die winkel se ingang is aan die noordekant. Nadat sy verby die pilaar (Bewysstuk A1 ) op die sypaadjie verbygestap het, het sy gegly en geval. Dit het later geblyk dat sy op die helling aan die oostekant van die winkelingang gegly en geval het. Sy het die punt waar sy gegly en geval het met n X op foto A3 aangedui. Sy het gewone hoë hakskoene met rubbersole en n breë hak, (hoogte van ± 5 cm) aangehad. Sy het getuig dat sy die betrokke winkel oor die jare heel dikwels besoek het, sy skat ongeveer 80 tot 100 keer, maar het beklemtoon dat sy dit in die verlede elke keer vanuit n noordelike rigting, m.a.w. op dieselfde vlak as die ryvlak area, genader het. Sy het nooit bewustelik die hellings aan weerskante van die ingang opgemerk of waargeneem nie. Alhoewel dit duidelik blyk dat sy op die helling gegly het, het sy nie besef dat daar n helling was nie. Op n stelling dat die helling duidelik sigbaar was het sy gereageer ja, as ek op die grond bly kyk het. Of daar n mat (Bewysstuk A2, A3 en A4 ) voor die ingang van die winkel daardie betrokke oggend was of nie, en of die oppervlakte van die sypaadjie in die onmiddellike omgewing van die ingang aan die oostekant nat was of nie, kon sy ook nie onthou nie sy

3 kon egter nie ontken dat die oppervlakte die betrokke oggend droog was en dat daar n mat voor die ingang van die winkel gelê het nie. Met ander woorde wat sy sê is dat terwyl sy die ingang na die winkel genader het sy nie waargeneem het dat daar n helling in die sypaadjie was nie sy gaan verder en getuig dat sy geen helling verwag het nie, want indien sy sou, sy versigtiger te werk sou gegaan het toe dit aan haar gestel was dat sy minstens n helling moes verwag het, het sy geantwoord dat sy nooit daaraan gedink het nie. Namens eiseres het mnr. Jan Wilkens n argitek van Bloemfontein getuig. Hy het op 16 April 2002 n inspeksie van die betrokke toneel gedoen en ook foto s geneem (Bewysstuk A JW1, JW2 en JW3 ) en n plan waarop vier snitte ( A, B, C en D ) aangedui word, opgestel. Die snitte is met n nivelleer instrument gemeet en verwerk en daarna met die voorskriftelike Nasionale Bouregulasies, Wet 103 van 1977, Deel D3 en D5 asook Geag te voldoen Reëls DD3(b) wat verwys na Deel 3 van seksie 3 van SABS 0400 vergelyk. Deel DD3(b) lees as volg: Moet n oprit of inrypad wat deur voetgangers gebruik word n helling van hoogstens 1 op 8 hê. Laasgenoemde is bloot n aanbeveling van die Suid Afrikaanse Buro van

4 Standaarde en het nie krag van enige wetgewing nie. n Helling van 1 op 8 beteken dat die helling na 8 meter vir 1 meter vertikaal styg. Die oostelike helling waarop eiseres gegly en geval het is op n gegewe stadium 1,4 op 8 wat beteken dat die helling na 8 meter, 40 sentimeter te hoog is die lengte van die betrokke helling is, volgens hom, ± 850 tot 900 millimeter, d.w.s. die afwyking is minder as 5 sentimeter. Van die vier snitte wat hy geneem het, is twee beter as die aanbevole standaard, een is op standaard en slegs die betrokke een is onder standaard, d.w.s. 1,4 op 8. Die hele sypaadjie insluitende die hellings is met Vitro ongeglassuurde teëls wat allerweë in winkelsentrums gebruik word, geteël die rede synde dat dit die gly van voetgangers tot n groot mate beperk. Die ander twee dames wie ook namens eiseres getuig het se relase neem hierdie aangeleentheid, myns insiens, niks verder nie en verg gevolglik geen verdere aandag nie. Namens die verweerder het mnr. Philip Piek getuig. Hy is die eienaar van die betrokke perseel waarop, onder andere, die garage en winkel gebou is. Hy het destyds met Engen Petroleum Maatskappy onderhandel en nadat laasgenoemde ingestem het om, onder meer, die

5 winkelkompleks en vulstasie daar op te rig, het hulle hulle eie argitekte, ingenieurs, boukontrakteurs ens. aangestel en na voltooiing van die hele kompleks en nadat n okkupasiesertifikaat deur die plaaslike owerheid uitgereik is, het hy daarop gedurende 1996 begin sake doen. Hy het aanvaar dat alles veilig en in orde was. Mnr. Piek se verdere onbetwiste getuienis was dat vanaf Januarie 2003 tot Desember 2003 gemiddeld 36 800 persone per maand in die betrokke winkel aankope gedoen het n syfer wat volgens sy navorsing wesenlik dieselfde gedurende die jaar 2000 was. In die ± 8 jaar wat die besigheid bestaan, het daar dus ongeveer 3 miljoen persone in die betrokke winkel aankope gedoen dit sluit nie brandstofverkope en ook nie persone wat die persoon wat in die winkel gekoop het, vergesel het nie en ook nie die aantal persone wat slegs op die sypaadjie by die winkel verbygeloop het nie. Hy het ook getuig dat die betrokke sypaadjie ten tyde van hierdie voorval droog was iets wat die eiseres nie kon ontken nie. Alvorens die meriete oorweeg word, word dit sinvol geag om na sommige bewerings in eiseres se besonderhede van vordering te verwys. Paragrawe 5.1 en 5.2 lees as volg:

6 5. Verweerder het te alle tye n regsplig gehad om: 5.1 die perseel en meer bepaald die vloeroppervlakte daarvan, in so n toestand te hou dat lede van die publiek wat die perseel besoek, nie beseer word nie; 5.2 sodanige voorsorgmaatreëls te tref as wat redelikerwys nodig is om te voorkom dat lede van die publiek beserings opdoen wanneer hulle die voormelde perseel besoek. (Pleitstukke p.5 en 6) In paragrawe 6.1, 6.3 en 6.4 word beweer: 6. Verweerder moes te alle tersaaklike tye redelikerwys voorsien dat: 6.1 lede van die publiek wat die voormelde sentrum besoek beseer kan word as gevolg van die feit dat n skielike vlakverskil in die vloeroppervlakte voorkom net voor die winkelingang op die betrokke perseel; 6.2... 6.3 lede van die publiek wat die voormelde perseel besoek, geregtig is om te aanvaar dat die vloeroppervlakte nie skielike vlakverskille sal bevat nie en/of glad en/of glyerig en derhalwe onveilig sal wees nie, tensy behoorlike waarskuwingskennisgewings aangebring is; 6.4 die redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel besoek, sal

7 waarneem en ervaar dat die vloeroppervlakte daarvan redelik gly vry en enkelvlakkig is en daardeur n verwagting geskep word dat die vloeroppervlakte deurgaans veilig is. (Pleitstukke p.6 en 7) (My onderstreping) Tydens die verhoor was dit duidelik dat eiseres in wese daarop steun dat die skielike vlakverskil of helling in die sypaadjie aan die oostekant van die winkelingang tot so n mate n gevaarsituasie geskep het dat dit redelikerwys van verweerder verwag was om bevredigende voorsorgmaatreëls te tref dat lede van die publiek nie daarop sal gly en of val en hulle in die proses beseer nie, m.a.w. daar was n regsplig op die verweerder om byvoorbeeld kennisgewings aan te bring. Vir soverre dit die skuinste of skielike vlakverskil aangaan moet in gedagte gehou word dat daar geen getuienis is dat die eiseres nou heel toevallig gegly en geval het op daardie gedeelte van die helling wat onder die aanbevole standaard, soos deur Wilkens getuig, is nie inteendeel, mnr. Daffue, namens eiseres, het toegegee dat as sy effens links of regs van die gevaarsone sou gegly en geval het die resultaat in elk geval dieselfde sou wees. In CAPE TOWN MUNICIPALITY v BAKKERUD 2000 (3) SA 1049 (SCA) op 1060E F sê Marais, AR die volgende:

8 It is axiomatic that manmade streets and pavements will not always be in the pristine condition in which they were when first constructed, and that it would be well neigh impossible for even the largest and most well funded municipalities to keep them all in that state at all times. A reasonable sense of precaution is called for. The public must be taken to realise that, and to have a care for its own safety when using the roads and pavements... It would, I think, be going too far to impose a legal duty upon all municipalities to maintain a billiard table like surface upon all pavements, free of any subsidences or other irregularities which might cause an unwary pedestrian to stumble and possibly fall. It will be for a plaintiff to place before the Court in any given case, sufficient evidence to enable it to conclude that a legal duty to repair or to warn should be held to have existed. It will also be for a plaintiff to prove that the failure to repair or to warn was blameworthy (attributable to culpa). (My onderstreping) In ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL v VAN DER MERWE 1994 (4) SA 347 (AA) sê Olivier, WnAR (soos hy toe was) op 361G H en 362A die volgende: In die afwesigheid van n gevaarskeppende positiewe handeling, is blote beheer van eiendom en versuim om dit uit te oefen met

9 gevolglike benadeling van n ander, dus nie per se onregmatig nie. Die kernvraag is steeds of die voorsorgmaatreëls wat die beheerder volgens die benadeelde moes geneem het om die nadeel te voorkom, onder die omstandighede redelikerwys en uit n praktiese oogpunt, van hom geverg kan word. Die onderliggende filosofie is dat n gevolg slegs onregmatig is indien in die lig van al die omstandighede redelikerwys van die verweerder verwag kan word om positief op te tree en die voorgestelde voorsorgmaatreëls, vir die versuim waarvan hy deur die eiser vewyt word, te tref. Ten einde vas te stel of n positiewe handeling of late sodanig is dat dit as onregmatig aangemerk kan word, moet gevolglik onder andere die onderskeie belange van die partye, die verhouding waarin hulle tot mekaar staan en die maatskaplike gevolge van die oplegging van aanspreeklikheid in die betrokke soort gevalle, versigtig teen mekaar opgeweeg word. Faktore wat n belangrike rol speel in die opwegingsproses is, onder andere, die waarskynlike of moontlike omvang van nadeel vir andere; die graad van risiko van intrede van sodanige nadeel; die belange wat die verweerder en die gemeenskap of beide gehad het in die betrokke dadigheid of late; of daar redelik doenlik maatreëls vir die verweerder beskikbaar was om die nadeel te vermy; wat die kanse was dat gemelde maatreëls suksesvol sou wees en of die koste verbonde aan die neem van sodanige maatreëls redelikerwys proporsioneel sou wees tot die skade wat die eiser kon lei. (My onderstreping) Die vraag is nou of daar voldoende getuienis deur die eiseres aangebied is om aan te toon dat daar n regsplig op die verweerder was om byvoorbeeld waarskuwingstekens in die onmiddellike omgewing van, onder meer, die oostelike helling aan te bring? Ten einde hierdie vraag te beantwoord moet as vertrekpunt vasgestel word of daar aangetoon is dat die verweerder (Piek) van die

10 gevaarsituasie op sy perseel bewus was. Sy onbetwiste getuienis is ontkennend. Die volgende vraag is of daar bevind kan word dat in die lig van al die omstandighede dit redelikerwys van die verweerder verwag kan word om enige voorsorgmaatreëls soos byvoorbeeld kennisgewings te tref. Ek is nie van voornemens om die getuienis weer te herhaal nie en volstaan met die volgende en dit is dat: (i) Mnr. Piek die gebouekompleks wat deur Engen ontwerp, opgerig en waarvoor n okkupasiesertifikaat uitgereik was, in ontvangs geneem en begin sake doen het (gedurende 1996). (ii) Hy vir n tydperk van ± 8 jaar (ten tyde van hierdie gebeure was dit ± 4 jaar) ononderbroke op dieselfde perseel sake doen en dat in al die tyd geen enkele insident van n voetganger(s) wat op die betrokke sypaadjie en in die onmiddellike omgewing van die winkelingang as gevolg van die helling gestruikel en/of geval het, voorgekom het nie aan hom is geen so iets rapporteer nie en in hierdie verband moet onthou word dat letterlik miljoene persone die betrokke sypaadjie gedurende die gemelde periode gebruik het.

11 (iii) Dit ex facie die foto s Bewysstuk A2, A3 en A4 duidelik is dat die helling van uit n oostelike rigting vir n afstand van ten minste ± 8 meter duidelik sigbaar is in dié sin dat daar n geleidelike verandering of verlaging van die sypaadjie oppervlakte voor die ingang van die winkel is, en dat die ingang vanaf die ryvlak, die suidekant, op dieselfde laer vlak is. (iv) die betrokke helling met die blote oog op n afstand van meters duidelik sigbaar en op die oog af normaal en veilig is en dat dit n argitek met n hoogs gesofistikeerde nivelleer instrument gekos het om vas te stel dat n gedeelte daarvan nie aan die aanbevole standaard voldoen nie n feit wat, soos alreeds aangedui, streng gesproke vir huidige doeleindes irrelevant is. (v) die eiseres se weergawe in wese daarop neerkom dat sy nie bewustelik gesien of waargeneem het dat daar n helling voor haar in die sypaadjie was nie en dat sy op die waarskynlikhede die winkelingang genader het asof daar geen helling was nie, m.a.w. sy het versuim om n behoorlike uitkyk te hou en of sy het nie soos die redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel besoek

12 opgetree nie. As die beginsels soos, onder meer, in die ADMINISTRATEUR, TRANSVAAL saak uiteengesit op die onderhawige feite toegepas word, is ek eweneens, met respek, van oordeel... dat die objektiewe redelikheidskriterium nie van die appellant (verweerder) verg om die voorgestelde voorsorgmaatreëls (of enige) te getref het nie. Sy late was dus nie onregmatig nie. Nalatigheid n Bevinding dat appellant se late nie onregmatig was, bring mee dat daar geen sprake van nalatigheid kan wees nie. Nie alleen is dit dus ondoenlik om oor moontlike nalatigheid aan die kant van appellant te spekuleer nie, maar dit is trouens juridies onmoontlik. Die nalatigheidsvraag kan naamlik slegs beantwoord word as presies vasstaan welke regsplig op n verweerder gerus het en dat daardie regsplig verbreek is. (Sien ook Boberg The Law of Delict op 271.) In die lig van die bevinding dat daar geen regsplig op appellant was met betrekking tot voorbrande op die relevante gedeelte van die pad nie, is daar dus geen sprake van n nalatigheidsprobleem nie. (per Olivier, WnAR in die ADMINISTRATEUR, TRANSVAAL saak op 364F H). Die eiseres se vordering word met koste van die hand gewys. D.J. LOMBARD, R

13 Namens Eiseres: Adv. J.P. Daffue i.o.v. McIntyre & Van der Post Namens Verweerder: Adv. L. le R. Pohl i.o.v. Honey Prokureurs /scd