INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL

Similar documents
Geen deel van hierdie dokument mag gereproduseer of versprei word in enige vorm of op enige manier nie, of gestoor word in 'n databasis of enige

BenguFarm Bestelvorm

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Mandala Madness Deel 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Rut: n Liefdes Verhaal

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoe om krag te spaar

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Tariewe

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Mosselbaai Munisipaliteit

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Uit Moerdijk se pen Man en Media

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SIZA takes the sting out of auditing

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Tonga die olifant - 01 *

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Tariewe

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

A Beginner s Guide to Programming Logic, Introductory

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Dialoog en paragrawe *

INSKRYWINGSVORM

Pasteur en Lister oorwin kieme *

MRL3702/001/4/2011 DEPARTEMENT HANDELSREG ARBEIDSREG MRL3702

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

Gehaltebeheer op Web-inligting

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Aansoek om Lidmaatskap

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Transcription:

INTERAKTIEWE TELEMATIESE UITSENDINGS FASILITEITE BESKIKBAAR IN DIE ITD-ATELJEE Standaard-televisiekameras vir die opname van die aanbieder en paneelgaste. `n Maksimum van vier paneelgaste kan geakkommodeer word. Die aanbieder en gaste word toegerus met die nodige mikrofone en oorfone om studente se vrae te beantwoord. `n Informele stel met `n rusbank en twee stoele. `n Oorhoofse kamera en skryfbord. Dit stel die aanbieder in staat om tydens die uitsending met `n merker (Koki) op die skryfbord te skryf. Notas, illustrasies, boeke en klein voorwerpe kan ook op die skryfbord geplaas en deur die kamera vertoon word. Die kamera is nie geskik om transparante te vertoon nie. Fotokopieë van hierdie transparante kan egter gebruik word. Die kamera het `n zoemlens vir die vertoon van klein voorwerpe. `n Multimedia-rekenaar vir die vertoon van PowerPoint-skyfies ens. (CD & DVD) `n Rekenaarmonitor en -muis om interaksie met studente te beheer, asook om studente se name en hul reaksies op vrae te vertoon. Die Chroma sleutel fasiliteit maak dit moontlik om geskikte onderwerp verwante agtergronde te skep om die visuele effekte tydens die uitsendings te verhoog. `n Televisiemonitor vertoon die finale beeld wat na die leersentrums uitgesaai word. Videomasjiene en basiese redigeertoerusting vir opnames en redigering, asook vir die vertoon van materiaal wat vooraf vir die betrokke uitsendings opgeneem is. Alle uitsendings word opgeneem en in `n argief bewaar. Kopieë van die uitsendings is te koop vir studente wat nie `n uitsending kon bywoon nie. Dit kan van die webwerf bestel word by http://stbweb02.stb.sun.ac.za/its/form.php INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL Gebaseer op inligting wat outomaties van die Universiteit se studente-inligtingstelsel verkry word, het dosente via `n rekenaarskerm in die ateljee toegang tot belangrike inligting oor die studente en hul deelname. Hierdie afdeling bied vir u as dosent meer inligting oor die beheerpaneel in die ateljee, insluitende: Nakyk van die klaslys, met kontakbesonderhede en foto s (indien beskikbaar) Hantering van en reaksies op studente se hulpversoeke Afstuur van veelvuldige sms e aan studente Geleenthede om studente oor sekere sake te laat stem `n Beheerpaneel (figuur 1) waarop die dosent gedurende die aanbieding studente se deelname kan monitor en beheer, word op `n monitor by die dosent se werktafel in die ateljee verskaf. Die itd personeel in die beheerkamer sal die dosent bystaan met die beheer van die beheerpaneel deur die dosent se aandag daarop te vestig as hulpversoeke en teksboodskappe van studente ontvang word. Die itd personeel, in samewerking met die dosent, sal ook die nodige selfoonoproepe maak wat studente in staat stel om aan die sessie deel te neem.

3. Kliek op console om 3 kolomme te laat verskyn 2. Die naam van die module verskyn langs active module 7. Boonste band 4. Eesrste kolom 1. Tweede band 5. Tweede kolom 6. Derde kolom Figuur 1: Beheerpaneel 1. Op die tweede band stel `n aftreklys (SUN-module) die dosent in staat om die module te kies wat uitgesaai moet word. 2. Die naam van die module verskyn langs die aktiewe module boaan die skerm. 3. Kliek die console-toets om die beheerskerm te sien. Drie kolomme verskyn op die skerm onder die band: 4. Eerste kolom a) Kliek show all-toets om `n volledige klaslys te sien van al die studente wat vir die module geregistreer het; hulle kontak- (selfoon-)nommers, omgewing, tyd van die hulpversoek en deelname aan `n stemproses is in die eerste kolom sigbaar. b) `n Groen paragraafkoeël langs `n student se naam dui aan dat die student aangeteken het vir die sessie, terwyl `n oranje paragraafkoeël aandui dat die student `n hulpversoek ingesleutel het. c) Kliek op die show hands-toets om `n lys te sien van studente wat `n hulpversoek ingesleutel het (alle oranje paragraafkoeëls). d) Kliek op die show logins-toets om `n lys te sien van studente wat reeds vir die sessie aangeteken het (alle groen paragraafkoeëls). e) Kliek op die clear hands-toets om alle hulpversoeke te kanselleer. f) Kliek op `n student se naam om te kyk na `n foto van die student wat in die derde kolom verskyn (mits die student se foto reeds in die Universiteit se inligtingstelsel geberg is). g) Kliek op die sms all users-toets om `n teksboodskap (sms) te stuur aan alle studente wie se name op die klaslys verskyn. Die tekskassie en send-toets verskyn in die derde kolom. Op dieselfde wyse kan

boodskappe aan enige persoon of groep studente gestuur word deur die ooreenstemmende kassie(s) langs die student(e) se naam (name) te merk. Hierdie uitgebreide kontakinligting van elke student kan gebruik word vir stempoproepe en/of SMS boodskappe met behulp van die kliek-en-bel- of kliek-en-stuur-geriewe. 5. Tweede kolom a) Al die inkomende teksboodskappe (sms e) verskyn in die tweede kolom. b) Dosente kan reageer deur gedurende of ná die sessie aan die student `n sms te stuur, of `n mondelinge opmerking via die satellietstelsel te maak. c) Die boodskap kan uitgevee word deur op die hide-toets te kliek. 6. Derde kolom Die derde kolom dien as `n vertoonarea vir die stuur van teksboodskappe en om foto s uit die Universiteit se inligtingstelsel op te roep. 7. Boonste band a) Kliek die Active module-toets om te kyk na `n klaslys, selfoonnommer en omgewing van al die studente wat vir `n spesifieke module geregistreer het. Alle besonderhede in die eerste kolom word op die beheerpaneel vertoon. b) Kliek die votes-toets om `n opsomming te sien van studente se antwoorde op `n gestelde meervoudigekeuse-vraag. c) Kliek die logs-toets om die staaflêers van die laaste 20 inkomende teks- (sms-) boodskappe te bekyk, en/of die laaste 20 mifare- (studentekaart-)transaksies. Vanaf hierdie bladsy kan `n verslag ook gegenereer en na die dosent se e-posadres gestuur word deur op die aftreklys te kliek en `n aanvraagvorm vir die verslag te voltooi. d) Kliek op die logout admin-toets om ná afloop van die sessie af te teken. e) Kliek op die clear all-toets om die name uit te vee van alle studente wat aangeteken het, asook alle hulpversoeke en teks- (sms-)boodskappe wat ontvang is. INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: HOE STUDENTE AANTEKEN Om aan te teken en met die dosente te kommunikeer, kan studente alle/enige van die volgende gebruik: hulle eie selfone; die Universiteit se selfone wat by elke leersentrum verskaf word; hulle studentekaarte; die Web-koppelvlak. Om aan te teken, `n hulpversoek te rig, `n teksboodskap te stuur of veelvuldigekeuse-vrae te beantwoord, gebruik studente slegs die sms-protokolle van hul eie selfone of van dié wat deur die Universiteit verskaf word. Alle teksboodskappe word na 31498 gestuur. Die meeste selfone vereis dat die volgende prosedure vir die stuur van `n sms gevolg word: Kies die CREATE MESSAGE-gerief; Tik die toepaslike karakter (L, H of R) soos versoek (sien later); Kies die SEND-opsie; Die nommer waarheen die SMS gestuur word, sal gevra word; Tik die nommer 31498 in en stuur die SMS.

OM MET DIE STUDENTEKAART AAN TE TEKEN (VERKIESLIKE METODE) Studente kan gratis aanteken deur hul mifare studentekaarte oor die kaartleser-eenheid in die leersentrums te sleep. Die eenheid bestaan uit twee toestelle `n kaartleser aan die bokant om inligting op mifarekaarte te lees, en GSM/GPRS-toerusting aan die onderkant om die inligting na die ateljee te stuur. OM MET `N EIE GEREGISTREERDE SELFOON AAN TE TEKEN SMS die letter L na 31498 Die volgende sal gebeur: Die karakter L word na die ateljee gestuur. Die stelsel identifiseer outomaties die studentenommer van die geregistreerde selfoonnommer en bevestig dan die student se teenwoordigheid deur die invoeging van `n groen paragraafkoeël voor die student se naam. OM MET DIE UNIVERSITEIT SE SELFOON AAN TE TEKEN SMS die letter L, gevolg deur die studentenommer, na 31498 Die volgende sal gebeur: Die studentenommer, tesame met die boodskap L, word na die ateljee gestuur. Die stelsel identifiseer outomaties die studentenommer in die boodskap wat gestuur is, en bevestig dan die student se teenwoordigheid deur die invoeging van `n groen paragraafkoeël voor die student se naam. Ná aantekening kan die dosent op die beheerpaneel in die ateljee sien watter studente by elk van die leersentrums teenwoordig is. Met behulp van die studentenommer verkry die dosent toegang tot die student se profielinligting. OM VIA DIE WEB-KOPPELVLAK AAN TE TEKEN Studente met internettoegang kan aanteken deur http://ite.sun.ac.za te besoek, hul name in te voer en die send-toets te druk.

INTERAKTIWITEIT TYDENS DIE UITSENDING: STUDENTE SE HULPVERSOEKE Studente wat in die loop van die aanbieding `n vraag wil stel, kan een van die volgende opsies gebruik: HULPVERSOEK MET HULPKAART Elkeen van die Universiteit se selfone is gekoppel aan `n hulpkaart wat in die fasiliteerder se besit bly. `n Student wat in die loop van die sessie `n vraag wil stel, kan die fasiliteerder versoek om `n hulpkaart oor die kaartleser te sleep. Hierdeur word die dosent se aandag daarop gevestig dat `n hulpversoek geaktiveer is vanaf die spesifieke selfoon wat aan die betrokke kaart gekoppel is. Die volgende sal dan gebeur: Die fasiliteerder gee die selfoon aan die student en vra hom or haar om te wag vir `n luitoon. `n Oproep word dan van die ateljee na die spesifieke selfoon gemaak. As die selfoon lui, mag die student dit beantwoord en `n vraag stel. Al die studente in die verskillende leersentrums sal die vraag kan hoor. Die dosent se respons word via satellietverbinding na die leersentrum uitgesaai. HULPVERSOEK MET SELFOON SMS die letter H na 31498 Die volgende sal gebeur: Die boodskap H word na die ateljee gestuur. Hierdie hulpversoeke registreer op die dosent se beheerpaneel deurdat die groen paragraafkoeël langs die student se naam na oranje verander. Die stelsel identifiseer outomaties die selnommer waarvandaan die boodskap gestuur is en die dosent besluit wanneer die afsender van die boodskap teruggebel word. Wanneer die afsender van die boodskap die selfoon in die leersentrum beantwoord, vra die ateljee die student se naam en die oproep word na die dosent deurgeskakel. Die dosent praat met die student en laat hom of haar toe om `n vraag te stel of `n opmerking te maak, wat deur al die deelnemende studente in die verskillende leersentrums gehoor kan word. Die dosent beëindig die oproep wanneer die student die vraag gestel het. Die dosent se reaksie word deur die satellietstelsel na alle deelnemende studente in die verskillende leersentrums gestuur.

HULPVERSOEK VIA WEB- KOPPELVLAK Studente met internettoegang kan http://ite.sun.ac.za besoek en kliek op ask for help om `n hulpversoek te rig, wat dan op op die dosent se beheerpaneel registreer. INTERAKTIWITEIT TYDENS DIE UITSENDING: DIE STUUR VAN `N BOODSKAP NA DIE DOSENT OM `N BOODSKAP PER SELFOON TE STUUR Studente kan met `n dosent kommunikeer deur van enige selfoon `n teksboodskap na 31498 te stuur. Boodskappe verskyn op die dosent se konsole en word op `n gepaste tyd gedurende die lesing hanteer. SMS die boodskap na 31498 Die volgende sal gebeur: Die boodskap wat jy ingesleutel het, word na die ateljee gestuur. Die stelsel identifiseer outomaties die selnommer waarvandaan die boodskap gestuur is. Die dosent besluit watter optrede gevolg word nadat die SMS-boodskap gelees is. OM `N BOODSKAP VIA DIE WEB- KOPPELVLAK TE STUUR Studente met internettoegang kan http://ite.sun.ac.za besoek en `n boodskap stuur deur dit in die beskikbare blokkie in te voer en dan die send-toets te druk.

INTERAKTIWITEIT TYDENS DIE UITSENDING: DIE BEANTWOORDING VAN `N VEELVOUDIGEKEUSE-VRAAG OM TE STEM / OM `N VEELVULDIGEKEUSE-VRAAG TE BEANTWOORD MET BEHULP VAN `N SELFOON Die selfone kan ook gebruik word as afstand-kliek om op die gestelde veelvuldigekeuse-vrae te reageer. Illustrasies (bv. kolomgrafieke of sektordiagramme) van die gesamentlike studentereaksies is onmiddellik op televisieskerms in die leersentrums vir studente beskikbaar. SMS die letter R, gevolg deur die gekose opsie (bv. a, b of c), na 31498 Die volgende sal gebeur: Die respons word na die ateljee gestuur, en omdat die sleutelwoord R gebruik is, word dit outomaties deur die stelsel geïdentifiseer as die antwoord op `n veelvuldigekeuse-vraag. Dit word deur die stelsel geprosesseer en op jou studentenommer geregistreer as die antwoord op die veelvuldigekeuse-vraag. Die stelsel registreer die studentenommers en gepaardgaande antwoorde om later via satelliet vertoon te word aan alle studente wat die sessie bywoon, in `n formaat waarop die dosent besluit het, bv. `n sektordiagram. OM TE STEM / TE REAGEER OP `N VEELVULDIGEKEUSE-VRAAG VIA WEB-KOPPELING Studente met internettoegang kan http://ite.sun.ac.za besoek en stem deur hulle stem in die beskikbare blokkie in te voer en dan die send-toets te druk.

HOE OM `N STUDENTESELFOON TE REGISTREER OF `N SELFOONNOMMER TE VERANDER Besoek die Universiteit Stellenbosch se webblad by http://www.sun.ac.za As jy die Engelse weergawe van die webblad verkies, kliek op die English-toets in die boonste regterkantste hoekie en kies dan Current students. How to register a cell phone http://www.sun.ac.za http://www.ac.za Current Students English Die blaaier sal die MyMaties.com-webblad oopmaak. Sleutel jou studentenommer (gebruikersnaam) in, asook jou persoonlike wagwoord wat deur die Universiteit aan jou toegeken is. My Maties.com Username Student Number Password Provided by US Sleutel die inligting in deur op die toets langs Password te kliek. Op die volgende webblad kliek My Profile, en daarna Personal Details om voort te gaan. My Profile Personal Details Al jou persoonlike besonderhede sal op die volgende bladsy verskyn. As jy jou selfoonnommer wil verander of registreer, kliek op Change Information.

Change Information Sleutel die nuwe inligting op die volgende bladsy in, en kliek op Submit Changes. BELANGRIKE RIGLYNE REËLINGS VIR UITSENDINGS EN VOORAF-OPNAMES Die ateljee moet vroegtydig bespreek word verkieslik in die laaste semester met die oog op die daaropvolgende jaar. Die volgende reëlings moet asseblief 1 week vooruit getref word: Verskaf die name en kontaknommers van die aanbieders. Reël vir opleiding en oefenlopies in die geval van aanbieders wat vir die eerste keer optree. Indien nodig, reël vir vooraf-opnames in die ateljee. Reël vir die gebruik van enige videomateriaal wat vooraf vir die uitsending opgeneem is. Reël vir paneelbesprekings tydens die uitsending. Reël vir die gebruik van `n informele stel tydens die uitsending. Reël vir die vertoon van modelle/voorwerpe tydens die uitsending. Die volgende moet 3 dae voor die uitsending by die ateljee ingelewer word: `n Uitleg van die aanbieding (agenda). PowerPoint-skyfies (aanbieding) wat tydens die aanbieding gebruik gaan word. KLEREDRAG Sekere kleure en patrone vertoon nie goed op televisie nie. Vermy kledingstukke met opvallende ruit- of streeppatrone, asook helder kleure soos neonpienk, neonblou, rooi of swart-en-wit. POWERPOINT-RIGLYNE Kies `n donker agtergrond, bv. blou, pers, groen, ens., maar nie rooi nie. Verkieslike lettertipe: Arial of Tahoma. Lettertipes van die Serif-tipe, bv. Times Roman en Courier, is nie geskik nie. Minimum lettertipegrootte: 32 Arial of Tahoma in vetdruk. Moenie te veel inligting op een skyfie plaas nie; die teks sal onleesbaar wees op `n televisieskerm. Gebruik wit of geel vir die teks. Moet asseblief nie rooi gebruik nie. Laat `n kantlyn van 1cm rondom. Rekenaarskyfies met `n hoë kontras tussen teks en agtergrond is die geskikste om op TV-skerms te vertoon. Voorbeelde van PowerPoint-skyfies is by die ateljee beskikbaar. As u die kontaknommers skakel, kan ons van hierdie voorbeelde na u e-posadres stuur.

PAPIER-DRUKSTUKKE VIR GEBRUIK OP DIE SKRYFBORD Formaat: Landskap Lettertipe: Arial of Tahoma Minimumgrootte lettertipe: 24 Arial of Tahoma Vetdruk Kantlyne: 2cm rondom Grootte: A3-grootte. BESKIKBARE OPLEIDING Advies oor die beplanning en verloop van die aanbieding. Advies oor bykomstige materiaal. Oefenlopies van `n itd-aanbieding in die ateljee. Let asseblief op: itd-uitsendings is lewendig. Foute kan nie deur redigering reggestel word nie. KONTAKBESONDERHEDE Vir oriëntering of opleiding met betrekking tot die ateljee: Hennie Roux Tel: (021) 808 3564 of sel: 082 640 2567 e-pos: hennieroux@sun.ac.za Vir die bespreking van uitsendings: Zainab Suliman Tel: (021) 808 3880 e-pos: zsuliman@sun.ac.za