BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

Similar documents
REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Beleid oor Botsing van Belange

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

BenguFarm Bestelvorm

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MEDIABELEID 6P/ Goedgekeur. Raad van die Noordwes-Universiteit

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Tariewe

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

Departement Universiteitsbetrekkinge. UP-handelsmerk en korporatiewe identiteit

0 ff it tat friaiictte

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

tif ii \tly &./ \. 44. if i it la I 1/4" vito 4 MAART 4 MARCH PRICE 6.I. IN:)(2 R Ti. ODENDAAL.. TAD..4i13/1587.

i ffistiile licarrattt

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

.../ - -mks Dm PROVINSIE TRANSVAAL. fal; 1 1 PI \11 (1.4. r.e..._, 22 APRIL

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

RAADSLEDE / COUNCILLORS

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

LINK MERINO S & Louw Broers

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

MALHERBE RP et HATTINGH R

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

T he P rovince of T ransvaal. - 'D ie P rovinsie T ransvaal. Í^ llilm E N 'ÍK O. (As n Nuusblad by die Poskantoor Geregistreer)

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Posbus 282 Ou Stellenboschweg Somerset-Wes 7129 Tel: (021) E-pos: TOELATINGSBELEID

Indien die aansoeker n BK is,

Finansiële Beleid en Bestuur SAOU (GAUTENG) BEMAGTIGING : NUUTAANGESTELDE HOOFDE EN ADJUNKHOOFDE FEBRUARIE 2015

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

r / cyrry. ' )\ -.s.. PRICE: S.A. ilk OVERSEAS i 15e 10 MAART MARCH,

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

JAARVERSLAG FINANSIELE VERSLAG

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Official II; a3rtte \\a.

WELCOME PINE GROVE PRODUCTION SALE 30 JANUARY 2018

Transcription:

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE Verwysingsnommer Verantwoordelike bestuurder Beleideienaar uitvoerende 4P/4 Uitvoerende Direkteur: Finansies en Fasiliteite Uitvoerende Direkteur: Finansies en Fasiliteite Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur Datum van goedkeuring Wysigings Datum van wysigings Hersieningsdatum Prosedures ingevolge hierdie beleid Webadres van hierdie beleid Adres op die beleid-databasis Uitvoerende Direkteur: Finansies en Fasiliteite Goedgekeur Raad Eerste keer goedgekeur deur die Raad in 2009, eerste hersiening goedgekeur in 2011 en tweede hersiening goedgekeur op 20 November 2015 Insluiting van Definisies van Donasies, Toekennings en Borgskappe en hersiening van die Skedule van Magtigings ten opsigte daarvan 2011 en 2015 2017 Aangeheg by die Beleid http://www.nwu.ac.za/content/policy_rules RMA SHARE /NWU Home/User Homes/AMANDA VAN DER MERWE (10935746)/RMA/2. Management/2.1.3 Policy development and review/2.1.3.2 Review/Policy documents_4p/4_delegations_a.docm

Korporatiewe en Inligtingsbestuursdienste BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE As ʼn toonaangewende universiteit in Afrika, gedryf deur die strewe na kennis en innovasie, met ʼn unieke institusionele kultuur gegrond op die waardes wat die Universiteit voorstaan, het die Noordwes-Universiteit hierdie Beleid oor die Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke op 20 November 2015 goedgekeur. 1 Omvang van toepassing Ingevolge die Statuut van die NWU: Die Raad beheer die Universiteit ingevolge Hoofstuk 4 van die Wet, die Regulasies en Beleide uitgereik kragtens die Wet op Hoër Onderwys, die Statuut en die Reëls, met inbegrip van, as ʼn minimum, die aanvaarding van doel- en waardestellings sowel as strategiese planne, bepaling van beleid, opstel van die Statuut, die Reëls, die prosesse, die delegering van magtiging, die monitering van bedryfsprestasie en bestuur, en die totstandbrenging van komitees en, tesame met die Senaat, gesamentlike komitees, ten einde te verseker dat die Universiteit sy doel en waardes bereik. As werkgewer kan die Raad die gesag delegeer om personeellede aan te stel, soos bedoel in paragraaf 73 en soos bepaal in paragrawe 62(1), 1(64), 67(1) en 1(65), met dien verstande dat daar aan niemand magtiging verleen kan word om iemand aan te stel wat direk aan sodanige persoon verslag doen nie. Die Visekanselier kan enige van die pligte, funksies en bevoegdhede van die amp na ʼn lid van die institusionele bestuurskomitee of na enige ander geskikte persoon toe delegeer. Hierdie Beleid bestaan uit die hoofinhoud hierin vervat en inkorporeer die Reëls en Proses vir die Magtigings en Delegerings (Aanhangsel A) en die Skedule van Magtigingsvlakke (Aanhangsel B), geïnkorporeer deur verwysing daarna. Elke individu wat ʼn kontrak namens die Universiteit onderteken, moet verstaan dat hy/sy daarmee hele die NWU bind, en nie slegs ʼn individuele departement of Fakulteit nie. Die beleid geld vir alle personeel (permanent sowel as op kontrakbasis aangestel) van die NWU. Geen ander magtigings en delegerings is toegestaan deur die NWU as dié wat in hierdie Beleid en die Aanhangsels hieronder verskyn nie. 2 Doelwitte van die Beleid a. Om beste praktyk te verseker in die administrasie van die NWU se bates deur ʼn konsekwente universiteitswye raamwerk van goedkeuringsmagtiging en delegering daarvan. b. Om duidelikheid te verskaf m.b.t. rolle en verantwoordelikhede sodat administrateurs en andere hul onderskeie verantwoordelikhede op ʼn doeltreffende, effektiewe en deursigtige manier kan bestuur. c. Om te verseker dat die Universiteit aan alle redelike vereistes van eksterne agentskappe voldoen, soos befondsingsagentskappe, die Suid-Afrikaanse Reserwebank of NIPMO. d. Om te verseker dat alle kontrakte magtiging, finansiële en regshersiening en -goedkeuring ondergaan voordat dit uitgevoer word. e. Om te verseker dat ʼn duidelike en deursigtige raamwerk en prosesse gevestig en in stand gehou word vir die beoefening van goedkeurings- en kontraktekenmagte en vir die delegering daarvan aan persone wat daartoe gemagtig is om namens die NWU kontraktuele verbintenisse aan te gaan. Beleid oor Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke 1

f. Om voorsiening te maak vir die ontvangs en maak van Donasies, Toekennings en Borgskappe aan en namens die NWU. g. Om gesonde rentmeesterskap van alle hulpbronne en bates te verseker. h. Om NWU-risiko's te bestuur. i. Om doeltreffende en ingeligte besluitneming te ondersteun. j. Om voorsiening te maak vir konsekwente aanspreeklikheid en verslagdoening regdeur die Universiteit. 3 Definisies a. ʼn Delegering is die formele magtiging of gesag om ʼn handeling uit te voer, en dit is vir spesifieke take, funksies en pligte. Delegerings is ontwerp om te verseker dat verantwoordelikheid en outonomie afgewentel word na die toepaslike vlak sodat personeel doeltreffend en effektief kan wees. b. ʼn Telefoniese kwotasie is ʼn kwotasie wat mondeling oor die telefoon gegee word en wat skriftelik of mondeling versoek word. c. ʼn Skriftelike kwotasie is ʼn kwotasie wat skriftelik gegee word en skriftelik of mondeling versoek kan word, solank die aard, omvang en tyd van die aflewerbare duidelik uit ʼn skriftelike dokument blyk. d. ʼn Geslote tender is ʼn tender wat gegee word in reaksie op ʼn uitnodiging vir ʼn tender deur die Universiteit gerig aan ʼn vooraf gekeurde groep potensiële verskaffers ingevolge die Universiteit se Finansiële Riglyne. e. ʼn Oop tender is ʼn tender wat alle belangstellende partye wat gewillig en in staat is, uitnooi om die verlangde diens of die verlangde produk te lewer ingevolge die Universiteit se Finansiële Riglyne. f. Bates is alle items waarvan die verwagte gebruikstydperk één jaar oorskry en die waarde meer as R3 000 is. Hierdie bates moet teen die korrekte baterekening verkry en in die Bateregister van die Universiteit geboekstaaf word, onder meer om korrekte prosedure ingevolge bateversekering te verseker. g. Donasie beteken die gee van ʼn bedrag geld, bates en/of dienste aan of namens die Universiteit sonder ʼn kontraktuele teenprestasie wat in ruil daarvoor verwag word. h. Toekenning beteken ʼn nieterugbetaalbare bedrag geld, bates en/of dienste wat aan of namens die Universiteit deur of aan ʼn regering, plaaslike owerheid, parastaatsinstelling, navorsingsentiteit, hulpagentskap of soortgelyk uitbetaal word, ter bevordering van studie, navorsing en ontwikkeling of enige ander spesifieke doel, met bepalings en voorwaardes wat daaraan verbonde is. Die ontvangs en betaling van Toekennings word gedelegeer as deel van gewone bedryfsinkomstes en -uitgawes van die Universiteit. i. Borgskap beteken betaling van ʼn bedrag geld, bates en/of dienste aan of namens die Universiteit om advertensie en ander blootstelling in ruil te ontvang, met bepalings en voorwaardes wat daaraan verbonde is. Die ontvangs en betaling van Borgskappe word gedelegeer as deel van gewone bedryfsinkomstes en -uitgawes van die Universiteit. j. Betalings en bestellings ingevolge ʼn Goedgekeurde Kontrak beteken kontrakte waarin die aflewerbare hoeveelheid of handeling en/of die prys vooraf bepaal is, bv. huurooreenkomste, konsultasie-ooreenkomste, raamwerkooreenkomste en konsortiumooreenkomste soos PURCOkontrakte. k. Akademiese Direkteur beteken ʼn Skooldirekteur, Direkteur: Fokusarea, Direkteur: Navorsingseenheid, Sentrum: Sentrum van Uitnemendheid. l. Ondersteuningsdirekteur beteken alle ander Direkteurs (Kampus of Institusioneel). m. Bedryfsuitgawes verwys na alle uitgawes wat nie as bates geklassifiseer kan word soos hierbo gelys nie, bv. skryfbehoeftes. Dit sluit die verkryging van voorraad en die onttrekking van items uit voorraadmagasyne in. n. Standaarduitgawes verwys na munisipale rekenings (insluitende elektrisiteit, water, erfbelasting), telefoonrekenings (uitgesonderd selfoonrekenings) en belasting betaalbaar aan die Ontvanger van Beleid oor Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke 2

Inkomste. o. NIPMO beteken die Nasionale Kantoor vir die Bestuur van Intellektuele Eiendom. 4 Ander tersaaklike dokumente en beleide a. Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, soos gewysig deur Wysigingswet op Hoër Onderwys 55 van 1999, Wysigingswet op Hoër Onderwys 54 van 2000, Wysigingswet op Hoër Onderwys 23 van 2001. b. NWU-statuut c. Alle NWU-beleide het betrekking. Spesifiek die volgende beleide is van toepassing: 5 Beleid i. Beleid oor die Bestuur van Navorsings- en Innovasiekontrakte ii. Beleid oor Botsing van Belange iii. Verkrygingsbeleid iv. Finansiële Beleid en Finansiële Riglyne v. Personeelwerwingsbeleid vi. Personeelvergoedingsbeleid vii. Reëls vir die Aanstelling van Senior Bestuurders viii. Inligtings- en Kommunikasietegnologie-beleid (IKT-beleid) Dit is die beleid van die Noordwes-Universiteit dat: Algemene kontraktuele beginsels en die algemene reëls en Magtigingskedule (Bylae A), in ag geneem en tersaaklike vereistes nagekom moet word; Universiteitshulpbronne, met inbegrip van die Universiteit se intellektuele eiendomsregte beskerm en toepaslik in ooreenstemming met alle statutêre en regulatoriese vereistes van o.a. NIMPO aangewend moet word, met inbegrip van vereistes rakende die beskerming van Intellektuele Eiendom, vereistes van die Reserwebank en die Institusionele Plan van die Universiteit; Hierdie beleid toegepas moet word ooreenkomstig die relevante riglyne, reëls en proses wat van tyd tot tyd neergelê en gewysig word. (Kyk Bylae A.) Beleid oor Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke 3

AANHANGSEL A: Reëls en Proses vir die Magtigings en Delegerings A. Algemene Reëls: 1. Die delegerings verbonde aan ʼn amp is slegs van toepassing op die amp of besteding op die gebied van verantwoordelikheid verbonde aan die amp. 2. ʼn Delegering op ʼn aangewese bestuursvlak geld ook vir alle hoërvlakbestuurders in die gedelegeerde se verslagdoeningslyne in die portefeulje. 3. Die Universiteit kan hierdie delegerings in reaksie op spesifieke sakedoelwitte tydelik verander. 4. Die Skedule van Delegerings van Magtigings word deur die Raad hersien wanneer nodig. Die raad kan so ʼn versoek inisieer en/of IB kan so ʼn versoek aan die Raad inisieer, gegrond op IB se aanbeveling. 5. Hierdie dokument sit die algemene delegering van magtiging uiteen, maar sluit nie spesifieke delegerings of die verlening van volmag uit nie. 6. Slegs skriftelike en behoorlik gemagtigde dokumente word as geldige kontrakte geag. 7. Magtigingsvlakke is delegerings van gesag en die ontvanger van ʼn delegering mag nie sy/haar gesag verder delegeer of ʼn volmag aan ʼn ander persoon toestaan nie. Indien ʼn ontvanger van gesagsdelegering tydelik nie in staat is om die gedelegeerde funksies te vervul nie, mag hy/sy vir sodanige tydelike tydperk skriftelik ʼn bevoegde plaasvervanger aanwys om die gedelegeerde funksies te vervul, of andersins die volgende hoër vlak versoek om sodanige funksies te vervul. Indien die Visekanselier nie beskikbaar is nie, sal die goedkeuring van enige twee Adjunkvisekanseliers of die Uitvoerende Direkteur: Finansies en Fasiliteite as die Visekanselier se goedkeuring geag word. 8. Uitsonderings m.b.t. die vereiste vereistes soos voorgeskryf deur die Skedule van Magtigingsvlakke kan slegs goedgekeur word deur die Direkteur: Finansiële Administrasie. Hierdie uitsonderings sluit onder meer die volgende in: Die voorgestelde verskaffer is die enigste verskaffer van die spesifieke produk in Suid-Afrika. Die voorgestelde verskaffer het nie die laagste of beste kwotasie of tender ingedien nie. Weens onvoorsiene omstandighede vereis die tydsverwante dringendheid van die aankoop dat die tenderproses nie gevolg word nie. 9. ʼn Delegering van gesag mag te eniger tyd skriftelik ten opsigte van enige individu of groep deur enige van die houers van hoër vlakke van gesag in dieselfde/toepaslike bestuurslynfunksie teruggetrek word. Indien sodanige gesag teruggetrek word, mag dit slegs weer toegestaan word deur die houer van ʼn gesag wat gelyk aan of hoër is as die magtigingsvlak van die individu wat dit teruggetrek het. 10. Bestuurders/personeel op dieselfde magtigingsvlak kan slegs eenmalig gesag vir magtigings skriftelik aan dieselfde gesagsvlak delegeer. Beleid oor Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke 4

11. Die ontvanger van ʼn delegering van gesag moet te alle tye statutêre vereistes wat van toepassing kan wees op die tersiêre sektor in die konteks van verkryging in aanmerking neem, bv. dié wat in paragraaf 34 en 40(3)(a) en (b) van die Wet op Hoër Onderwys bedoel word. 12. Die ontvanger van ʼn gesagsdelegering moet te alle tye toesien dat die tersaaklike Universiteitsbeleide en -prosedures in ag geneem word: a. die persoon wat goedkeuring verleen, aanvaar verantwoordelikheid dat die befondsing vir die kontrak of betaling verkry is, hetsy by wyse van ʼn goedgekeurde begroting, of deur bykomende fondstoewysings deur die Finansiesdepartement, of deur groter inkomste te genereer; b. die kontrak moet voor ondertekening deur die Universiteit se Regsdienstekantoor, en waar toepaslik deur die Finansieskantoor, Kantoor vir Tegnologieoordrag en Innovasiesteun en/of die Kantoor vir Navorsingsondersteuning nagegaan word; c. belasting-, IGR- en deviesebeheerimplikasies van die kontrak en ander tersaaklike vereistes moet duidelik wees of oorweeg word deur die relevante kantore van die Universiteit: Interne Ouditkantoor, Finansieskantoor, TOIO-kantoor, Navorsingsondersteuningskantoor, ten opsigte van byvoorbeeld inkomstebelasting-/btw-implikasies, bepalings vir die internasionale oordrag van geld, voorskrifte van die Reserwebank wat betref IG, IG-wetgewing en die NWU se IGvoorskrifte, ens. 13. Die ontvanger van ʼn gesagsdelegering moet toesien dat sy/haar nakoming van al die universiteitsbeleide en -prosedures (insluitende hierdie algemene reëls) behoorlik geboekstaaf is en dat daar bewyse daarvoor is. Hier reëls is van toepassing op alle kontrakte waarby die Universiteit (of enige afdeling van die Universiteit) ʼn party is, ongeag die bron van die fondse (bv. Kantoor vir Tegnologieoordrag en Innovasiesteun (TOIS)) wat gebruik word om die betaling deur of namens die Universiteit ooreenkomstig sodanige kontrakte te maak. 14. Die manipulasie van ʼn kontrak of omstandighede (bv. die verdeling van ʼn kontrak) met die bedoeling om hierdie reëls te omseil, word nie toegelaat nie. Bylae B: Skedule van Magtigings: Die tabel (afsonderlike dokument getiteld Skedule van Magtigings) is ʼn opsomming van die magtigingsvlakke en moet saam met die beleid gelees word. Original details: (10935746) P:\Beleide\Raad November 2015\4P-4_Delegations and Schedule of Authorisation Levels_e.docm 27 November 2015 File reference: 4P/4 Beleid oor Delegering en Skedule van Magtigingsvlakke 5