Lees binne: Nog foto's op p 16. Puk se KBMM trek internasionale. p 5. November Uitgawe 9

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Mandala Madness Deel 2

Uit Moerdijk se pen Man en Media

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SIZA takes the sting out of auditing

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

gflitse Puk-prof Power Alert se flitse soos dit op TV verskyn Mei/Junie Uitgawe 4

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Hoe om krag te spaar

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

30 jaar se toptalent tree op BINNE. NWU wil sy koolstofvoetspoor verklein Alumnus verken die heelal Kernkrag is veiliger as wat jy dink

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tariewe

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Welstand spaar Puk miljoene

KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Sy is gaande oor planne wat wérk. Ons bou stewige fondasies vir die toekoms. Stelsel vir finansies verander

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

8 No 5 Augustus 2014 Personeelblad van die NWU. Kook kos met sonkrag. Voorkoms van finansies verander. NWU reageer op bewerings van ontgroening

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

eish! PLEGTIGHEID lui nuwe era in Navorsers: die room van die oes VOLUME 8 No 7 Desember 2014 Personeelblad van die NWU

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Gemeenskapsinteraksie 2006

e-pukaner Alumni Nuus Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman

Dialoog en paragrawe *

Transcription:

November 2006 - Uitgawe 9 e-kampusnuus Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Vyf Puk-rektor ektore e kuier saam p 5 Die NWU-Puk spog met n uitsonderlike prestasie wat min indien enige universiteite hom kan nadoen deurdat vyf geslagte van rektore onlangs bymekaargekom het om die geskiedkundige oomblik op film vas te lê. Die rektore se gesamentlike termyn strek vanaf 1964 toe prof. Hennie Bingle as die vierde rektor van die voormalige PU vir CHO aangewys is. Saam by die geleentheid was sy opvolgers, proff. Tjaart van der Walt (1977-1988), Carools Reinecke (1989 2001), dr. Theuns Eloff (2001 2004) en prof. Annette Combrink (2004 tans). Die gedagte om die vyf rektore bymekaar te kry het by mnr. Chris Windell van die departement bemarking en kommunikasie ontstaan nog voor Bingle in Augustus sy 96ste verjaardag gevier het. Die alumnikantoor het met die reëlings weggespring en uiteindelik het die dag in Oktober aangebreek toe die tog na Bingle se huis in Pretoria aangepak is. Reinecke en Van der Walt het saam met Combrink vanaf Potchefstroom vertrek waar Eloff later aangesluit het. Toe die drie voertuie (vol Pukke en oud-pukke) by Bingle se huis stilhou staan hy reeds by die voordeur en wag uitgevat in n spoggerige pak klere met die nuutste uitgawe van die Puk-das. Hy word ondersteun deur sy dogter, Bettie, by wie hy bly en het ook n kierie byderhand soos sy opvolger, Van der Walt. In Bingle se sitkamer word daar land en sand gesels. Staaltjies en hoogtepunte uit die verlede skiet op en word met spitsvondige humor ingekleur. Onder meer vertel Windell (wat saam met al die rektore gewerk het) aan Bingle van n berig wat onlangs in die Wapad verskyn het en wat verwys na Klipoog, Bingle-Sêr en die Hennie Bingle-studentesentrum wat vernoem is na die rektor met die glas oog. Windell bevestig dat hy die darem feite vinnig Lees binne: Puk se KBMM trek internasionale aandag Nog foto's op p 16 Die vyf Puk-rektore, proff. Tjaart van der Walt, Hennie Bingle, Annette Combrink (voor), dr. Theuns Eloff en prof. Carools Reinecke (agter). reggestel het: Klipoog is prof. Bingle met sy helder deurpriemende oë wat reg deur jou kon kyk. Hierop lag Bingle lekker. So tussendeur die geselsery beweeg die groep na die formele sitkamer waar die foto s geneem word. Die huis is vol meubels wat deur Bingle gemaak is en almal is verstom oor die feit dat hy die duursame meubelstukke gemaak het sonder elektriese toerusting. Tot met sy laaste werskaffery in die motorhuis nog twee jaar gelede het hy die handbeitel, -skaaf en saag ingespan. (Die groot staanhorlosie in die vertrek by die visekanselier se kantoor is n paar jaar gelede deur hom aan die Puk geskenk.) Daarna word eet- en drinkgoed geniet en op die ouderdom van 96 praat Bingle nog duidelik. Hy kan egter nie meer almal se name helder onthou nie (wie kan?) maar dit is duidelik almal se gesigte is vir hom bekend. Reinecke kom aan die beurt. Prof. Hennie, sê hy. Dit gaan goed op die Puk. Jy het n grondslag gelê waarop Tjaart en ek kon voortbou. Onder die leiding van Theuns en Annette gaan dit steeds op alle terreine goed met die universiteit. Jy was ons almal se voorloper waarop ons kon bou. Bingle skuif regop in sy stoel, gereed met n antwoord. Toe julle vanmiddag uit julle motors klim sê ek vir myself die mense met die grys hare moes almal lankal met pensioen gewees het! Hy bedank sy opvolgers vir die mooi gebaar en sorg vir n emosionele oomblik toe hy afsluit met die woorde as julle nou hier weg ry gaan ek lekker tjank. Die uitstappie was gewis die moeite werd. Die leiers van altesame 42 jaar op een foto almal mense met n passie vir studente.

Kampusnuus - 2 Sediba vier tien 'goue' jare Die Sediba-program, aangebied deur die Skool vir natuurwetenskap-, wiskundeen tegnologie-onderwys op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit, het pas sy tienjarige bestaan gevier. Dié program gradeer wiskunde- en natuurwetenskaponderwysers met n driejarige opleidingskwalifikasie na matriek op na n vierjarige kwalifikasie. Sediba, wat in Setswana fontein of waterput beteken, is in Januarie 1996 deur die destydse departemente chemie en fisika begin. Verskeie rolspelers wat die afgelope dekade n besondere bydrae tot Sediba gelewer het, het tydens die feestelike geleentheid in Oktober die woord gevoer. Prof. Jan Geertsema, dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe tydens die begin jare van Sediba, het gesê die sukses van die projek die afgelope tien jaar kan toegeskryf word aan onder meer toegewyde mense wat dit reggekry het om vertroue vir mekaar in te boesem. Een van die huidige Sediba-lektore en Sediba alumnus, mnr. Sello Rapule, skryf die sukses toe aan onder andere die goeie bestuur van prof. Jan Smit, direkteur van Sediba. Rapule meen dat Sediba uniek is weens sy besondere benadering tot afstandsonderrig, bestuur, interaktiewe kontaksessies en vaardigheidsontwikkeling. Mnr. Rathahari Menyatso van Naschem, die borg wie die program in samewerking met die Noordwes onderwysdepartement en die Puk inisieer het, het gesê Sediba het oor die jare toenemend beïndruk, omdat daar gefokus word op die kwaliteit van onderrig, in stede van die kwantiteit onderwysers wat onderrig word. Ons moet glo in die pad wat ons stap binne die onderwys en so n groter prentjie sien, het hy gesê. n Hoogtepunt van die vieringe was toe n boodskap van die 1997 Nobel-pryswenner in fisika, prof. Claude Cohen-Tannoudji, die beskermheer van Sediba deur prof. Daan van Wyk, waarnemende kampusrektor, voorgelees is. Cohen-Tannoudji het Sediba as n suksesstorie beskryf. Sukses gedryf en aangevuur deur die onselfsugtige samewerking Tydens die tienjarige feesvieringe van Sediba was mnr. Rathari Menyatso van Naschem, prof. Piet Steyn, destydse departementshoof van chemie by die Puk, dr. Raymond Patel, destydse direkteur van Noordwes onderwys, Abe Seakamela, destydse adjunkdirekteur van Noordwes onderwys, mnr. Thomas Selogile, Sediba-studenteverteenwoordiger van 1996, proff. Jan Geertsema, voormalige dekaan van fakulteit natuurwetenskappe, en Jan Smit, direkteur van Sediba. tussen wetenskaplikes, onderwysdeskundiges en toegewyde senior bestuurders in Noordwes onderwys. Hy het ook melding gemaak van die talle onderwysleiers wat deur Sediba gelewer is. Hy het skole vergelyk met tuine. In tuine word plante gekweek en vertroetel. Skole is tuine waar die menslike verstand vertroetel en ontwikkel word. Die onderwyser is die tuinier. Hy het ook melding gemaak van sy besoek in September 2002 toe hy n lesing vir Sedibas aangebied het. Die direktuer van Noordwes onderwys in 1996 en een van die stigters van Sediba, dr. Raymond Patel, het sy ervarings gedurende die stigting van Sediba in herinnering geroep. Hy het gesê, Onderrig speel die belangrikste rol in ons samelewing om armoede te voorkom. Sediba is n industrie wat klippe in diamante verander en kennis tot kundigheid ontwikkel. Patel het aangekondig dat die Seta waarvan hy hoof uitvoerende beampte is, R2 miljoen vir Sediba sal beskikbaar stel. Die hoofspreker was mnr. Herbert Mweli, waarnemende superintendent-generaal van Noordwes onderwys. Hy het gesê die program het n paradigma n Nuwe handleiding oor die morfologie van Setswana, Introduction to the Morphology of Setswana, is pas bekendgestel. Die boek deur prof. Cas Krüger word beskou as n reuse bydrae tot die ontwikkeling van die wetenskap van Afrika-tale, asook baie belangrik vir Afrikataalontwikkeling. Dit word as n liefdeswerk beskou en dat Krüger dit eerder vir die liefde vir die vakgebied as vir n plek in die wetenskap gedoen het. Die boek word deur n internasionale uitgewer in Duitsland uitgegee. Dit is in konsultasie met dr. Rigardt Pretorius, senior lektor van die Puk, geskryf. Hier is proff. Jan Swanepoel (dekaan van die fakulteit lettere en wysbegeerte), Cas Krüger (skrywer) en Annette Combrink (NWU-Puk-kampusrektor) tydens die bekendstelling. skuif in die onderrigmetodologie meegebring vir die onderwysers wat daarvoor ingeskryf het. Die missie van die program pas ook perfek in by die doelstellings van die nasionale vaardigheidstrategie. Mweli sê daar behoort ook vrae gevra te word oor waarom bly goeie matriekuitslae steeds uit ten spyte van sulke voorteflike bydraes as die van Sediba? Hy het afgesluit met n aanhaling van Vincent van Gogh: Groot dinge word nie impulsief gedoen nie, dit is n reeks van klein dinge wat bymekaar gesit is. Een van Sediba se eerste graduandi en tans n onderwyser by Mofatlhosi Sekondêr in Klerksdorp, me. Keletso Mogorosi, is van mening dat Sediba vir haar en baie ander die begin van n rooskleurige loopbaan was en in die toekoms beslis ook sal wees. Die direkteur van Sediba, prof. Jan Smit, het genoem dat van die onderwysers wat die Sedibaopleiding voltooi het, al bevorder is tot hoofde van departemente by skole, vakhoofde, adjunkskoolhoofde en skoolhoofde. Die Sediba-kursus strek oor twee jaar en word aan praktiserende onderwysers aangebied. Onderwysers woon klasse vir tagtig dae oor twee jaar tydens skoolvakansies op die Puk-kampus by. Gedurende kwartaaltyd word tuis aan werkopdragte gewerk. Na suksesvolle aflegging van eksamens verwerf die onderwysers n gevorderde onderwys-sertifikaat wat toegang tot nagraadse studie gee. Van die eerste Sediba alumnus het reeds n doktorsgraad verwerf, twee beplan om dit in 2007 te verwerf en talle het reeds magistergrade verwerf. Die sukses van Sediba is indrukwekkend met n slaagsyfer van ongeveer 80 persent. Smit sê voorts die program skep n bewusmaking van die belangrikheid van wiskunde en natuurwetenskap in veral die voorheen agtergeblewe gemeenskappe. Dit bemagtig onderwysers om n bydrae te lewer op die gebied van wetenskap en tegnologie om sodoende ekonomiese groei in die land aan te help. Tans word ongeveer 200 000 leerders jaarliks blootgestel aan Sedibas of Sediba-alumni. Daar is tans 211 onderwysers ingeskryf. Volgens Smit is n goeie aanduider van die sukses van Sediba die Ikateleng-program waar onderrig op Saterdae en gedurende vakansies aan gr. 12-leerders gegee word. Die slaagsyfer van die leerders is gemiddeld bo 80 persent en hulle vaar besonder goed op universiteit in ingenieurs- en natuurwetenskap-studies. Onderwysdepartemente in Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Vrystaat ondersteun die projek. Die oorgrote meerderheid onderwysers in Sediba is egter van Noordwes.

Kampusnuus - 3 PBS se MBA-kw A-kwaliteit van die hoogste Die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) se deurlopende fokus op die volhoubare kwaliteit van hul MBA-program het beslis vrugte gedra en is tans geposisioneer as een van die leiers in die Suid- Afrikaanse bestuurskool-industrie. Die PBS is vroeër onder die vergrootglas geplaas en geëvalueer op grond van hul graduandi se ervaring van die program. Die resultate, tesame met n vergelyking tussen twaalf geakkrediteerde besigheidskole, is in die onlangse uitgawe van die Financial Mail gepubliseer. Die PBS het talle strategiese veranderings aangebring om die kwaliteit van hul MBA-program te verbeter sedert die onderwysdepartement se herakkreditasie van MBA s twee jaar gelede. Die deeltydse program, wat aangebied word oor n tydperk van drie jaar, vereis dat studente praktiese studieskole en weeklikse kontaksessies bywoon. Hierdie benadering verseker n omgewing waar leerders hul leierskappotensiaal optimaal kan ontgin binne n spangedrewe opset. Deurlopende internasionale moderering van al die MBA-modules en deurlopende terugvoersessies met studente verseker dat ons n produk lewer wat relevant en van die hoogste gehalte is, sê prof. Anet Smit wat aan die hoof staan van kwaliteitbeheer by die PBS. Dit is baie duidelik dat die skool se fokus op kwaliteit uitstekende resultate opgelewer het toe 98% van die studente aangedui het dat hulle uiters tevrede was met die kwaliteit van die kursus. Die PBS het die hoogste telling behaal - dertien persentasiepunte bo die gemiddeld van 85%. Die skool was voorts weer eens onder die top drie geplaas toe 88% van die studente baie tevrede was met die relevansie en toepasbaarheid van die MBAprogram op hul besigheid. Dit is n duidelike aanduiding van n ander fokuspunt van die PBS die aanbieding van n kursus wat relevant, prakties en toepaslik is binne die hedendaagse besigheidswêreld. Die personeellede van die PBS verseker dat hulle op hoogte te bly van die nuutste verwikkelings in die industrie en is ook bekend vir hul plaaslike en internasionale navorsings- en praktiese insette in hul kennisveld. Verskeie MBA-vakke is ook geëvalueer en die PBS het opnuut bewys dat daar geen vergelyking te tref is wanner kwaliteit beoordeel word nie. In twee van die ses geëvalueerde vakke - bemarking en strategie - het die PBS n eerste plek behaal. Van die ander vier vakke was finansies en entrepreneurskap onder die top 3. Die dosente van die onderskeie kursusse is proff. Christo Bisschoff, Jan Kotzé, Ines Nel en dr. Stephan van der Merwe. Voorts het die PBS onderskeidelik eerste en tweede geëindig met die evaluering van persoonlike vaardighede en besigheidsopleiding. Ons strategie met die studieskole, (twee jaarliks), is om die studente toe te rus met verskeie praktiese vaardighede wat verband hou met hul werk- en persoonlike lewe. Hierdie studie bewys dit werk keer op keer, sê Bisschoff. Volgens prof. Tommy du Plessis, direkteur van die PBS, gaan die skool verseker nie nou stagneer nie en daar is n aantal uiters voordelige veranderings aan die kom. Daar is planne van n derde kampus in Rustenburg, die moontlikheid van ons eie hoofkwartier in die stad en hopelik n voltydse MBA wat gaan realiseer teen 2007. Prof. Tommy du Plessis, direkteur van die PBS Hy meen die feit dat die PBS onder die top 3 geëindig het in agt van die veertien kategorieë dit hulle onderskei as n puik bestuurde, kwaliteitsgedrewe instansie van uitmuntende waarde. Hierdie evaluasies deur ons studente moet gesien word as hul stem van vertroue in die produk wat ons bied. Geen besigheid sal suksesvol bly mits hul kliënte tevrede bly nie, sê Du Plessis. Die PBS is nou meer gemotiveerd as ooit, en sal niks in ons pad laat staan om nog vir dekades as die room van die besigheidskole geidentifiseer te word nie. Die NWU-Puk het verskeie gaste van Telkom onthaal en oor die gemeenskapsprojekte, Ikateleng en Sediba, van die universiteit ingelig. Telkom is een van die groot ondersteuners van dié projekte. Hier is mnr. Edwin Nkosapantsi (senior opvoedkunde-adviseur: Vaalkampus), me. Nkhetheleng Vokwana (hoofbestuurder van die Telkom Stigting), proff. Jan Smit (Sediba), Annette Com- brink (Puk-rektor), mnre. Johan Pretorius (senior menslike hulpbronnebestuurder: finansies van Telkom), Martiens Masiea (senior bemarker: Ikateleng), Stephen Fourie (bestuurder van ontwikkelingskema vir graduandi by Telkom), dr. Theuns Eloff (visekanselier), me. Felicitas Hubert (Seroptimus) en mnr. Desmond Phuthi (bestuurder: korporatiewe skakeling).

Kampusnuus - 4 Die wenners van die Absa/ NWU-Puk Prestige gholfdag wat onlangs by die Potchefstroom-buiteklub gespeel is. Die wenpaar van die Vaaldriehoek het 49 punte in die beterbalkompetisie aangeteken. Van links is dr. Theuns Eloff, visekanselier van die NWU, Johan Pretorius (wenner), prof. Annette Combrink, rektor van die Pukkampus, Oscar Grobbelaar, hoofbestuurder van Absa se besigheidsbankdienste en Marius Jacobs (wenner). Van die rektor se tafel Die einde van die jaar is in sig, en 2006 is amper geskiedenis (behalwe vir n paar klein details soos eksamenvraestelle en punte!). Dis lekker om net bietjie te reflekteer oor daardie dinge waaroor ons baie dankbaar is. Mylpale Hierdie jaar is gekenmerk deur n paar besondere mylpale. Dalk die belangrikste vir die effektiewe funksionering van die universiteit was die implementering van die statuut, wat dit moontlik gemaak het om die raad sodanig te verander dat ons n ondersteunende raad kon kry. Die aanvaarding van die institusionele plan sluit hierby aan. n Verdere baie besondere mylpaal is die vordering wat met programbelyning gemaak is (beginnende met die besluit oor die kredietwaardes van modules!). Institusionele kantoor Die finale besluit oor die plasing van die institusionele kantoor bring ook n einde aan die onsekerheid hieroor die ENAN-gebou (opvoedingswetenskappe) word die institusionele kantoor en die opvoedkundekollegas verskuif na die ou POK-hoofgebou, wat bestem is vir n makro-opgradering. Hierdie werk behoort teen einde 2007 afgehandel te wees. Hokk-oudit Die deurlopende saak wat ons almal gaan besighou vir die volgende twee jaar is die Hokk-oudit van die NWU. Dit is n baie groot saak, die gelyke waarvan ons nog nie beleef het nie, maar wat van groot belang is in ons strewe om kwaliteit aan die universiteit en op die kampus te verbeter. Vanuit die kampusbestuur wil ons graag die instelling onder kollegas kweek dat die Hokk-oudit net n mylpaal (weliswaar n belangrike) is op die pad na algehele kwaliteitsorg en dat dit die verantwoordelikheid van elke kollega is om kwaliteit na te streef op alle vlakke. Ek en die visekanselier begin weer binnekort ons welwillendheidsbesoeke aan die fakulteite en ondersteuningsdepartemente. Kollegas wat graag voor die tyd vrae wil indien vir ons kan dit gerus per epos doen. Ons sal ons bes doen om dit te beantwoord. Studiegidse Dit gaan redelik goed met die studiegidsproses hoewel die aantal gidse wat nog in ontwikkeling is by dosente (sowat 20%) mens laat wakker lê. Aan die ander kant is dit goed om te weet dat byna helfte van alle gidse reeds by die drukkers of by die stoor is (en dosente word daarop gewys dat indien hulle op kritieke tye nie beskikbaar is nie, dekane namens hulle gidse gaan afteken). Studente Wat die studente betref is dit ook interessant om te sien hoe die studente se inspraak en styl van betrokkenheid oor tyd verander het. Die SR het baie beslis opgetree en grootliks hulle sin gekry oor die nuwe studentekaarte (waarop die woord PUKKE en n stukkie maroen figureer!). Hulle werk ook goed saam met die ISR die ISR se konstitusie is pas aanvaar, en dit voorspel goed vir die toekoms van hierdie omstrede liggaam. Die studente se sportprestasies was weer uitstekend hierdie jaar, met veral die intervarsity-oorwinning en die medaljes by die Statebondspele wat spesiale hoogtepunte is. Die studente het ook op kultuurgebied uitstekend gevaar, met n nuwe Alabama, die opera Huwelik van Figaro, die grafiese ontwerpstudente wat byna al die toekennings in die land verower het, en die studente van Veritas wat die Inter-Sêr gewen het. Daar is ook die hartseer oor sterfgevalle onder die studente wat mens tot stilte stem. Infrastruktuur Die belangrikste ontwikkeling in infrastruktuur is die voltooiing en ingebruikneming van die HPI-gebou, die beplanning rondom die dak vir die amfiteater en die makro-opgradering van onder meer die koshuise Huis Republiek en Patria. Ons is nog besig om vas te stel of Oracle toe nou n mirakel of n debakel is dit lyk darem of dit nader beweeg daaraan om n mirakel te raak! Bevorderings Die bevorderings is op die kampus klaar bespreek en sodra die interkampusgesprek plaasgevind het sal dit bekend gemaak word. Ook die begroting moet nog net voor die raad dien voordat dit ook bekendgemaak kan word. Soos gewoonlik is die begroting nie so n groot plesierigheid as wat mens sou wou gehad het nie, en ons keuse van bestuursmodel, met die kampusse as besigheidseenhede wat vir ons bepaalde voordele inhou, is natuurlik bydraend tot die koste om die NWU te bedryf. Die begroting word tans met bestuurshoofde uitgeklaar. Vervullende werkomgewing Dit is ook vir my n behoefte van die hart om iets te sê oor my gunsteling sêding, naamlik dat ek graag vir mense n vervullende werkomgewing wil help daarstel. Ek dink daar is soms n misverstand oor wat mens bedoel met n vervullende werkomgewing is dit nou baie geld, n mooi kantoor, baie assistente, onderdakparkering of wat ook al? Kom ons kyk na die agtergrondrealiteite waarteen ek hierdie stellings maak. Die samesmelting impakteer op alles wat ons doen. Dit bring baie ergernisse mee, veral wat betref geld en verhoudings met ander kollegas op ander kampusse. Ons kan nie daarvan wegkom nie, maar tog kan ons seker maak dat ons n vervullende werkomgewing het. Ek sien dit so: Die Puk bied vir jou die geleentheid om jou te verdiep in jou akademiese belangstelling/passie, om persoonlike ontwikkeling deur te gaan en om werklike werksbevrediging te kan ervaar, om met studente te kan werk, wat tog diep bevredigend is en onderliggend aan alles wat aansluit by n akademiese loopbaan; daar is werksekuriteit en werklike voordele (al is dit nou nie juis altyd vergelykbaar met die privaatsektor nie onthou net, ons stres en probleme is ook nie vergelykbaar met die privaatsektor nie); ons werk in n mooi omgewing; ons werk vir n universiteit met n goeie naam en reputasie; ons het meestal darem bietjie afstand van al die frustrerende gewoel by bestuur, die moeilike gesprekke met die departement en ander rolspelers; ons het grootliks kollegas wat omgee; en ons het n mooi stad om in te woon (kom ons laat Tlokwe vir eers buite rekening?!!). As mens na al hierdie dinge kyk, moet dit tog lekker lyk om hier te werk nie waar nie? Groete en sterkte met die eksamen en gaan hou lekker vakansie en begin Januarie weer met nuwe ywer werk.

Kampusnuus - 5 Internasionale nasionale HTR-kenner enners besoek Puk se kor orrelbed-mikr elbed-mikromodel Die onlangse 2006-konferensie oor hoëtemperatuurreaktors (HTR) is afgesluit met nywerheidsuitstappies na onder meer die korrelbedmikromodel (KBMM) en hitteoordragtoetsfasiliteit (HOTF) op die Potchefstroomkampus. Onderskeie internasionale maatskappye het die konferensie bygewoon en was veral beïndruk met die NWU-Puk se KBMM en HOTF-fasiliteite. Hierdie projekte speel n belangrike rol in die suksesvolle ontwikkeling van die nuwegenerasiekernkragaanleg wat tans onder leiding van die mikrokorrelbedreaktor plaasvind. Die HTR-konferensie was die derde in n reeks van halfjaarlikse byeenkomste oor HTR-tegnologie en het gefokus op HTR-navorsing. Die konferensie is 'n toegewyde forum vir kundiges op die gebied van HTRtegnologie. Dit bevorder en stimuleer ook internasionale samewerking tussen openbare en private organisasies om duplikasie van werk te vermy en om beskikbare hulpbronne op die mees koste-efektiewe wyse aan te wend. Die HTR 2006-konferensie het waardevolle blootstelling aan die NWU gegee binne die internasionale hoëtemperatuurreaktortegnologie-industrie en - navorsingsgroepe. Nuwe navorsings- en onderrigverhoudings is gevestig en bestaande vennootskappe is uitgebou. Mnr. Willem van Niekerk, lektor by meganiese ingenieurswese, gesels met 'n Amerikaanse besoeker by die korrelbed-mikromodel. Twee van die besoekers van die VSA (links en regs) wat die Pukkampus besoek het saam met proff. Gideon Greyvenstein (waarnemende direkteur van die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese), mnr. Jacques Holtzhausen (MTech Industrial) en prof. Pieter Rousseau (skool vir meganiese ingenieurswese). Agter staan mnr. Jean van der Merwe (MTech Industrial) en me. Marie Herbst (PBMR).

Kampusnuus - 6 Ekonome besoek NWK n Groep van agtien honneursstudente van die skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionale handel het Noordwes Koöperasie Beperk se hoofkantoor in Lichtenburg saam met hul twee dosente, mnr. Gerrit Bronkhorst en dr. Ewert Kleynhans, besoek. Die studente is deur mnr. Dirk Lotter, direkteur, verwelkom waarna n video vertoon is wat die maatskappy se bedrywighede uiteensit. Daarna is hulle na die verhandelingskamer waar die risikobestuurders boere se opbrengs en oeste verskans en verhandel op die plaaslike effektebeurs en internasionale markte soos deur Safex. Later het die groep saam met mnr. Gert du Bruin, graanbemarkingsbestuurder, n draai gaan maak by NWK se Noordfed waar hondekos en kossoorte soos rys, boontjies en pasta gemaak en verpak word. Na middagete by die NWK-hoofkantoor het die studente die sonneblomaanleg, Epko, besoek waar kameras vol foto s geneem is van die drukperse wat olie uit die sade haal en die onderskeie prosesse wat die sonneblomolie suiwer. Hulle kon ook n klein eksperimentele biobrandstofaanleg van nader bekyk. Die aanleg verskaf reeds vir die afgelope jaar brandstof aan n bakkie en twee vragmotors. Volgens Kleynhans is almal dit eens dat die besoek n groot sukses was en benadruk dit die belangrikheid dat studente ook met die sakewêreld waarvan hulle in die klas leer in die praktyk kennis maak. Die honneursstudente saam met dr. Ewert Kleynhans (agter, 2de van regs), mnr. André Heymans (PhD-student, heel regs) en mnr. Mnr Gerrit Bronkhort (voor, regs) by die NWK se standbeeld wat n saaier uitbeeld. Rekenaarwetenskaplikes van drie kampusse leer mekaar ken Die personeellede van die vakgroep rekenaarwetenskap by die skool vir rekenaar-, statistiese- en wiskundige wetenskappe op die Potchefstroomkampus het onlangs n kenmekaar gehou saam met kollegas van rekenaarwetenskap en inligtingstelsels by die Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus. Die dag is gehou met die oog op beter en gemakliker toekomstige samewerking. Elke kampus het geleentheid gehad om hul personeellede voor te stel asook n oorsig te gee oor die programme en modules wat onder- skeidelik aangebied word. Die geleentheid is afgesluit met n gesellige ete by die personeelklubhuis en al die verteenwoordigers was dit eens dat die dag n groot sukses was. Opvolggeleenthede word reeds beplan waar werkverwante kwessies soos die programbelyningsoefening bespreek sal word. Van links is prof. Hennie Kruger (Potchestroomkampus), prof. Dawid Jordaan (Vaaldriehoekkampus), mnr. Nehemia Mavetera, prof. Emmanuel Nyakwende (albei van die Mafikengkampus) en dr. Roelien Goede (Potchefstroomkampus).

n Dokumentêre film van n meestersgraadstudent van die Puk is gekies om in Desember by n internasionale filmfees in Italië vertoon te word. Die film van Liesl Dana van Schalkwyk, Voices of the Drylands, wat in opdrag van die DMP (Desert Margins Programme) gemaak is, sal op 3 Desember in Rome vertoon word. Die filmfees word deur Unesco gereël en is deel van die internasionale jaar van woestyne en verwoestyning. Haar studieleier, prof Attie Gerber (skool vir kommunikasiestudies), is besonder trots op die film wat reeds hoë lof tydens n internasionale kongres in Kaapstad ontvang het. Voices of the Drylands handel oor mense in die distrikte van Molopo en Mier (Kalahari), Paulshoek (Namakwaland) en die Suid-Bokkeveld. Verwoestyning het reeds ver in die gebiede gevorder en die DMP in Suid-Afrika finansier verskeie projekte om die agteruitgang van veld te bekamp en alternatiewe bestaanswyses te ontwikkel. Liesl-Dana het meer as veertig uur se videomateriaal geredigeer tot die uiteindelike 26 minute wat die film duur. Die film se naam is ontleen aan die onderhoude wat met karakters soos Frans Serae, Gert Tieties, Keteltjie Joseph, Grietjie Dirkse en Hendrik Hesselmal (oompie Hen) gevoer is wat hulle oorlewingstryd in die gebiede gedeel het. Die DMP is in 1995 in Afrika begin en is tans van hulp vir mense in Suid-Afrika, Burkina Faso, Botswana, Kenia, Mali, Namibië, Niger, Senegal en Zimbabwe. Die doel van die DMP is om die agteruitgang van veld en die verlies aan biodiversiteit te voorkom en om armoede in die gebiede te help verlig. Liesl-Dana is baie beskeie oor die sukses van haar Kampusnuus - 7 Voices of the Drylands na filmf ilmfees in Rome film. Sy sê egter sy het dit baie geniet om aan n kwaliteitprojek soos dié te werk. Dit was lekker om my kreatiwiteit in die projek te stoot en te besef dat my insig in die probleem van verwoestyning in die finale produk vergestalt het. Sy het groot lof vir die leiding van Gerber en prof. Klaus Kellner, nasionale koördineerder van die DMP in Suid-Afrika. Sy het baie ure saam met hulle in van die mees afgesonderde plekke in die Kalahari gespandeer. Sy het die opdrag laat verlede jaar ontvang en baie daaroor gelees voordat sy in Januarie met die verfilming begin het. Liesl-Dana was in die Christian Community School in Mosselbaai op laer skool en het n draai in gr. 7 by Koepel spog met kleurvolle kalender Gaste tydens die vertoning van Voices of the Drylands was mnr. André van Rooyen (streekkoördineerder vir Oostelike Suider-Afrika van Zimbabwe), Liesl-Dana van Schalkwyk, proff. Annette Combrink (kampusrektor), Klaus Kellner (nasionale koördineerder van die DMP in Suid-Afrika) en Attie Gerber (skool vir kommunikasiestudies). Milkwood Primary en gr. 8 in Point High School gemaak voordat sy haar matriek met tuisonderrig van Accelerated Christian Education gedoen het. Haar keuse het op die NWU-Puk geval omdat die kommunikasiekursus nie boring gelyk het nie. Sy het eers haar honneursgraad verwerf voordat sy deur Gerber gekies vir haar meestersgraad in video. Hy aanvaar slegs een student per jaar vir verdere studie. Liesl-Dana weet nog nie wat sy volgende jaar gaan doen nie. Ek gaan dalk oorsee om ervaring op te doen. Andersins sal ek my laat lei na waar ek my kreatiwiteit verder kan uitleef. Ek gaan my nie verbind tot n plek nie, ek wil buigsaam bly vir waar geleenthede hulle voordoen. Die koepel-storie in prentjies só kan die 2007- kalender van Suid-Afrika se sewende wêrelderfenisgebied beskryf word. Die Vredefort-koepel is die plek waar die oudste en grootste asteroïede meer as 2 000 miljoen jaar gelede geval het. Die gebied van ongeveer 30 000 hektaar is in 2005 tot wêrelderfenisgebied verklaar. Die kalender beeld maand vir maand n eienskap van hierdie natuurwonder uit. Die kalender is deur die departement van landbou, bewaring en omgewing in Noordwes gepubliseer. Me. Annelie de Beer, hoof van die koepel se bestuurskantoor in Venterskroon, het die projek gelei. Die foto s is oor n tydperk van meer as twee jaar deur prof. Attie Gerber van die NWU se Potchefstroomkampus geneem. Dit behels die vroeë en moderne geskiedenis van die koepel, die geologie asook die plant- en dierelewe wat in unieke verhoudings in die koppies en klowe lewe. Landskapfoto s is van jou moeilikste onderwerpe, sê Gerber. Ek het dieselfde plek in die koepel sewe dae agtereenvolgens in November verlede jaar besoek en kon nie die regte foto kry nie. Ek sukkel vandag nog om daardie meesterstuk te neem! Ek wou skerp foto s neem, met ander woorde fyn detail vasvang. Daarom het ek n professionele digitale kamera, uitstekende lense, n stewige driepoot en n kabel om die sluiter te beheer, gebruik, sê Gerber. Die dertien foto s wat in die kalender verskyn is n breukdeel van bykans 3 000 foto s wat Gerber tot dusver van die koepel en sy mense geneem het. Hy onderhandel tans om die hele koepel-verhaal met sy foto s in n koffietafelpublikasie te vertel. Gerber is ook die skrywer-fotograaf van Bogom, n glansboek waarin hy sy ervarings met twee bobbejaantroppe in die Koepel deel. Die boek se Engelse titel is Baboons tales, traits and troubles. Tydens 50/50 en SABC2 se onlangse Aardklop-koepeltoere is n inligtingsvideo van Gerber in die inligtingsentrum in Venterskroon aan toerlede vertoon. n Vollengte dokumentêre program van hom oor die meteorietteorie is vroeër op 50/50 uitgesaai. Prof. Attie Gerber by die koepelkalender waarvan hy al die foto s geneem het. Van die pragfoto's wat in die kalender verskyn.

Kampusnuus - 8 Oudit 2008 Ouditkriteria en metodologie van nader bekyk Almal is waarskynlik nou al bewus van die nasionale kwaliteit-oudit wat in 2008 by die Noordwes-Universiteit plaasvind. In die vorige uitgawe is die feite rakende die Hoër Onderwys kwaliteitskomitee (Hokk) asook hul benadering tot kwaliteitversekering bespreek. In hierdie uitgawe word gekyk na die ouditkriteria en metodologie. Ouditkriteria Gedurende die eerste siklus van die oudits (vanaf 2004 2008) word twee breë areas geëvalueer: - Die missie van die instelling; verband tussen beplanning, toewysing van hulpbronne en kwaliteitbestuur. - Onderrig en leer, navorsing en gemeenskapbetrokkenheid. Die Hokk het n raamwerk ontwikkel met kriteria as riglyne vir oudits (beskikbaar by die kampuskwaliteitkantore). Die ouditkriteria dien as riglyne vir n instelling wanneer die selfevalueringsportefeulje vir die Hokkoudit saamgestel word, saam met addisionele vereistes wat deur die instelling self gestel word om interne kwaliteit verder te versterk. Gelykheid en herstel is integraal deel van kwaliteitsake. Die ouditpaneel sal die kriteria interpreteer en toepas binne die genoemde areas met inagneming van die instelling se missie, konteks en doelwitte. Ouditmetodologie Die ouditmetodologie bestaan uit institusionele selfevaluering wat opgevolg word deur n eksterne validering deur n groep kundiges. Die ouditsisteem sal beide die behoeftes aan ontwikkeling en verantwoordelikheid aanspreek, terwyl die beginsels van akademiese vryheid en outonomie gerespekteer sal word. Die institusionele selfevaluasie vereis dat die instelling n ouditportefeulje ontwikkel met ondersteunende bewyse en inligting om die effektiwiteit en doelgerigtheid van die institusionele bestuur se kwaliteitevaluering van kern akademiese aktiwiteite, volgens die Hokk se ouditkriteria en ander institusionele riglyne, te demonstreer. Die instelling se ouditportefeulje word gevalideer deur n paneel van kundiges aangestel deur die Hokk. Die paneel moet n onafhanklike oordeel gee oor die kwaliteit van die instelling se kwaliteitreëlings (sisteme, beleide en prosedures). Die Hokk stel dan n verslag saam op grond van die paneel se bevindings. In die Hokk-verslag word die instelling se positiewe en sterk punte geïdentifiseer sowel as die gebiede wat ontwikkeling noodsaak. Verder word aanbevelings gedoen met die oog op aksies wat sal lei tot kwaliteitverbetering. Instellings word versoek om geskikte opvolgstrategieë te implementeer om die aanbevelings aan te spreek. n Opsomming van die verslag word ook beskikbaar gemaak aan die wyer publiek. Flagh se Shisamele kry eie kombuis Leerders van Rysmierbult kry nou weer Maandae tot Vrydae n ete by hul skool danksy die inisiatief van twee internasionale studente van die NWU- Puk wat n tydelike gebou geskenk het. Rianne de Vlaming en Bianca van Dam se skenking sal voortaan as kombuis gebruik word by die Shisamele-plaasskool. Etes is vroeër deur n buitestaander voorberei en na die skool gebring maar weens geldelike nood moes hierdie diens gestaak word. Hoewel die onderwysers aangebied het om self die maaltye voort te berei was daar geen ekstra spasie om as kombuis in te rig nie. Met die nuwe kombuis van sink in plek sal twee vroue uit die gemeenskap nou die kos by die skool kan voorberei en dus verseker dat elke leerder minstens een keer per dag n gesonde en gebalanseerde ete kan geniet. Hierdie inisiatief is ook deel van AUTHeR se Flagh-program. Rianne de Vlaming, me. Helene van Schalkwyk, skoolhoof, en Bianca van Dam by die sinkkombuis. Taalwenk Bydra naas bydrae Dis nogal opvallend in skryfstukke hoe dikwels die skryfvorm van bydra en bydrae verwar word. Dis moeilik om te sê of dit toe te skryf is aan bloot spelonkunde of die gevolg is van skryfverwarring. Ek dink dis n kombinasie van dié twee aspekte. Ek gee in elk geval maar die onderskeid ter wille van duidelikheid: bydra is n werkwoord (soos in Ek hoop nie dit sal tot die probleem bydra nie) en bydrae is n selfstandige naamwoord (soos in Sy bydrae tot die oplos van hierdie probleem was van onskatbare waarde). Maklik! Dink volgende keer mooi wat jy wil skryf: bydra of bydrae. Daar is wel n duidelike verskil tussen hulle. WAMC

Welstand Kampusnuus - 9 SAVF sê dankie Dit is vir my n aangename voorreg om u namens die bestuur van die SAVF Gesinsorg te bedank vir die skenkings die afgelope winter. "Dit was te heerlik om daardie lekker warm komberse, truie, jasse, pantoffels, ens. uit te deel aan kliënte wat dit regtig nodig het. Ek kan u verseker dat dit nie op n beter tyd kon wees nie, aangesien die materiële nood geweldig toeneem en TM geen warm klere in daardie tyd in ons klerebank oor was nie. Hierdie onbaatsugtige skenkings stel ons ook in staat om maatskaplike dienslewering te bly handhaaf en sodoende kan ons voortgaan om mense in nood in die Potchefstroom-omgewing by te staan. Dr. Adrie Roux, SAVF-voorsitter. Die NWU-Puk se personeellede het altesame 348 artikels geskenk waaronder 46 komberse en 211 kledingstukke. Wêreld-osteoporosedag Tussen 18 en 20 Oktober is beendigtheidsiftingstoetse op 205 personeellede gedoen. Onder die 205 personeellede was 172 se beendigtheid normaal tot baie goed en 33 se uitslae was grensgevalle weens swak digtheid. Laasgenoemde groep is aangemoedig om vir die volledige osteoporosetoets te gaan. Personeel laat hul oë toets Die Eye Care Awareness Week is tussen 9 en 13 Oktober gehou. Tydens hierdie week het Werknemerwelstand altesame 158 personeellede se oë op die kampus getoets. Mev. Sarah Mthombeni, n departementele assistent by die Centre for Faith and Scholarship, ontvang hier haar bril van Rosemary Heidt sowat n week nadat sy aan die oogtoetse deelgeneem het. Bloed kan n lewe red Tertia van Zyl van voedseldienste skenk bloed tydens n bloedskenkkliniek wat Werknemerwelstand onlangs op die kampus gereël het. Dit is die tweede keer dat sy skenk. 44 personeel het elk 500 ml bloed (22 liter) op die dag geskenk. Sr. Joey van Rooyen van die Klerksdorp-tak van die Nasionale Bloeddiens het haar bygestaan. ID s en paspoorte Werknemerwelstand het n laaste keer vir vanjaar aan personeel die geleentheid gegee om op die kampus aansoek te doen vir ID s en paspoorte. Altesame 31 aansoeke vir ID s en 89 paspoortaansoeke is ontvang. Hier teken prof. Tjaart van der Walt, voormalige rektor, sy paspoorthernuwingsdokumente.

Kampusnuus - 10 Ingenieur enieurs wen kwar art t miljoen rand se pryse n Groep van ses derdejaar-ingenieurstudente van die NWU-Puk het onlangs skoonskip in nasionale kompetisie gemaak. Die studente het n vervaardigingsaanleg wat sleutelhouers aan mekaar sit vir die Siemens Cyber Junkyard-kompetisie ingeskryf en R250 000 se pryse losgeslaan. Tien spanne van verskillende universiteite waaronder Wits, Johannesburg en Natal, het deelgeneem. Die spanne moes die vervaardigingsaanleg bou en die produksielyn is met elektriese en pheumatiese stelsels aangedryf wat vanaf n rekenaarstelsel beheer word. Verder moes n verskeidenheid veiligheidstelsels ingebou word om te verhoed dat die operateur kan seerkry. Die Pukspan het n totaal van 108 uit n moontlike 120 punte gekry - ver meer as die naaswenners. Die span se projekleier, mnr. Piet van Huyssteen n Voorbeeld van die sleutelhouer wat die vervaardigingsaanleg maak. van die skool vir elektriese, elektroniese en rekenaaringenieurswese, sê die span het in April vanjaar met die projek begin. Dit is die vierde jaar wat die kompetisie aangebied word. Pukspanne het vorige jare al twee keer tweede plekke verower, maar vanjaar het hulle die eerste keer gewen. Die span ingenieurstudente van die NWU-Puk tydens die spoggeleentheid by Emperor s Palace waar hulle as die wenners gekroon is. Van links is Van Zyl Roos, Francois Oosthuizen, Jacques Pretorius, Lüka Potgieter, Joubert de Wet, Piet van Huyssteen en Cobus Naudé. Inlas: Die projekleier, mnr. Piet van Huyssteen. Pukke maak weer naam by kongres Die NWU-Puk het tydens die afgelope ICPPSkongres in Vanderbijlpark weer eens skitterend gevaar en met onderskeie pryse weggestap. Die prys vir die beste publikasie in farmakologie is deur die Pukke, proff. Daan Venter en Tiaan Brink en dr. Johannes Bodenstein (nou by UKZN) verower. Die artikel se titel is Phenoxybenzamine and benextramine, but not 4- DAMP mustard, display irreversible noncompetitive antagonism at G proteincoupled receptors. Die prys vir die beste Regs: Prof. Brian Harvey (farmakologie) het die prys vir die beste farmakologie-publikasie van die Akademie vir Farmaseutiese Wetenskappe ontvang. farmakologiepublikasie van die Akademie vir Farmaseutiese Wetenskappe is gewen deur Die Pukke se pryswenners. Agter is proff. Jeanetta du Plessis (direkteur van die eenheid vir geneesmiddelnavorsing en -ontwikkeling), Douglas Oliver (direkteur van die skool vir farmasie), Daan Venter (farmakologie) en Kevin Zoelner (farmaseutiese chemie). Voor is Estee-Marie Holmes (farmaseutiese chemie), prof. Tiaan Brink (farmakologie), Ilse Groenewald (farmakologie) en Louis Prins (farmaseutiese chemie). prof. Brian Harvey. Vier van die meestersgraadstudente in farmakologie het aan die Jong Wetenskaplikekompetisie van die SA Farmakologie-vereniging deelgeneem en me. Ilse Groenewald het die tweede plek verower met Cortical/hippocampal M1 receptor changes and acoustic startle response in an animal model of posttraumatic stress disorder. In die Jong Wetenskaplike-kompetisie van die Akademie vir Farmaseutiese Wetenskappe het die volgende Puk-studente met die pryse weggestap: Estee-Marie Holmes en Louis Prins (gesamentlik in die eerste plek) en Kevin Zoelner (tweede plek).

Kampusnuus - 11 Spieël Nasionale navorsingstigting Twee personeellede van die Puk kan nou hul name by die lys van die kampus se van NRF-geëvalueerdes skryf. Hulle is proff. Wilma Viviers van die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe en Linda Jansen van Rensburg van die fakulteit regte. Die Pukkampus spog nou met altesame tagtig NRFgeëvalueerdes. Prof. Michael McPherson, dekaan van die fakulteit landbou, wetenskap en tegnologie by die Mafikengkampus en prof. Nhlanhla Maake, direkteur in die kantoor van die Vaaldriehoekkampus se rektor (prof. Piet Prinsloo), is ook onder die NWU se nuwe NRF-geëvalueerdes. Fakulteit natuurwetenskappe Dr. Ché Weldon, post-doktorale student van prof. Louis du Preez van dierkunde, het die senior W.O. Neitz-medalje verower vir die beste proefskrif in die land in die veld van parasitologie oor die afgelope agtien maande. Weldon het in sy doktorsgraadstudie n swam bekyk wat paddas aanval. Hy is tans in Arizona by n werkwinkel wat handel oor die afname in amfibie. Fakulteit lettere en wysbegeerte Twee personeellede van die skool vir tale het sedert September as gasprofessore by die Universiteit van Antwerpen (UA) in Belgie opgetree. Prof. Hein Viljoen van die vakgroep Afrikaans en Nederlands het in terme van n ooreenkoms met die fakulteit lettere en wysbegeerte van die UA tot einde Oktober daar n reeks klasse in die Afrikaanse letterkunde aangebied. Prof. Wannie Carstens, direkteur van die skool vir tale, is sedert einde Oktober in Antwerpen waar hy besig is met navorsing met die oog op n beplande boek wat hy saam met prof. Kris van de Poel van die UA gaan skryf. Hy gaan in hierdie tyd ook n aantal lesings aan studente gee asook enkele openbare voorlesings aanbied. Carstens sluit sy besoek aan die Lae Lande af met n openbare lesing in Zuid-Afrika Huis in Amsterdam. Prof. Bertus van Rooy (navorsingseenheid vir tale en literatuur in die SA konteks) is onlangs ingehuldig as die nuwe president van die International Association for World Englishes. Hy sal vir twee jaar in die amp dien. Die inhuldiging is in Nogoya, Japan, gedoen waar hy n lesing gelewer het met die titel, A corpus analysis of Tense, Aspect, Mood and Voice in student writing across the three circles. Akademiese steundienste By dieselfde kongres het Van Rooy se vrou, dr. Susan Coetzee-van Rooy (akademiese steundienste) gepraat oor Perceptions of English proficiency: Korean English in Potchefstroom, South Africa. Coetzee-van Rooy het tydens haar toespraak skynbaar soveel indruk op die kongresorganiseerder gemaak, dat hy nou beplan om sy PhD onder haar te doen. Dit is selde dat n kongres soveel oplewer. Die voornemende student is prof. James F. D Angelo. Hy is n dosent by Chukyo Universiteit se School of World Englishes, die eerste van hierdie soort skole ter wêreld. Die skool vir musiek se allerlaaste bydrae tot vanjaar se Shostakovich-eeufees vind plaas op Sondag 26 November 2006 met n uitvoering van die laaste werk wat Shostakovich gekomponeer het, nl. die Sonate vir Altviool en Klavier, Opus 147. Hy het dit maar drie dae voor sy dood op 9 Augustus 1975 voltooi. Die uitvoering daarvan om 15:30 in die konservatoriumsaal word gegee deur Elmarie van der Vyver en Anneke Lamont. Die res van die program vir altviool en klavier bestaan uit Vitali se Chaconne en die Franck sonate in A majeur. Kaartjies is vanaf 15:00 by die loket beskikbaar. Nuwe eposadresse Die proses om die nuwe gestandaardiseerde eposadresse van die Noordwes- Universiteit te implementeer, het nou momentum. Die nuwe eposadresse word op 13 November geïmplementeer. Die vernaamste doelwit is dat die personeel van die NWU eenvormige en gebruikersvriendelike eposadresse sal hê. Dit sal strek oor al drie die kampusse asook die institusionele kantoor. Die tipiese eposadresse sal wees: Personeel: Noemnaam.Van@nwu.ac.za Studente: Studentenommer@student.nwu.ac.za Die NWU-Puk se Serenaders het vanjaar onder die drie beste kore in die land geëindig in die ATKV se nasionale koorfees in Port Elizabeth. Die Serenaders was een van ses uit 23 kore in die land wat ná die streekuitdunne na die finale kompetisie deurgedring het. Die koor is in 1994 gestig, en met die doel om tradisionele Afrika- en Suid-Afrikaanse musiek te bevorder, het hulle van krag tot krag gegaan. Die koor het al twee CD s opgeneem, in Lesotho en Duitsland getoer en al vier keer na die eindronde van die ATKV se koorfees deurgedring. Die koorleier is Desmond Phuthi, bestuurder van korporatiewe kommunikasie by die departement bemarking en kommunikasie. Die groep van die vakgroep voeding by die skool vir fisiologie, voeding en verbruikerswetenskappe het byna skoonskip gemaak met die pryse wat tydens die voeding- en dieetkundekongres in Port-Elizabeth toegeken is. Van links is drs. Marlien Pieters, Grieta Hanekom, en mevv. Driekie Rankin en Zelda White. Laasgenoemde twee is tans besig met hul PhD s in onderskeidelik dieetkunde en voeding.

Kampusnuus - 12 Andries Monyeki verw erwerf erf PhD van VU Andries Monyeki, n dosent aan die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap, het sy doktorsgraad verwerf aan die Vrije Universiteit (VU) van Amsterdam. Sy studie het gehandel oor die Ellisras Longitudinale studie wat gedoen is op kinders en waar aspekte soos groei, fiksheid, antropometrie, motoriese ontwikkeling, ens. by hierdie kinders oor n tydperk van vier jaar nagevors is. Sy promotor was prof. Han C.G. Kemper van VU met prof. Hans de Ridder van die NWU-Puk as een van sy eksterne eksaminatore. De Ridder was saam met Monyeki in Holland omdat hy verder ook lid was van die paneel teenoor wie die doktorsgraadstudent sy studie moes verdedig. VU het nog die tradisie dat n doktorsgraadstudent sy proefskrif moet verdedig teenoor n paneel hoogleraars. Monyeki het sy proefskrif met vlieënde vaandels verdedig en het baie komplimente ontvang van die paneel. Hy is kort daarna ingelig hy was suksesvol in sy verdediging en sy PhD is by die daaropvolgende gradeplegtigheid aan hom oorhandig. Volgens De Ridder was die gradeplegtigheid n spoggeleentheid met geweldig baie tradisies en Monyeki moes n tuxedo dra. Die lede van sy paneel was geklee in die akademiese klere van hulle verskeie universiteite en De Ridder het baie komplimente gekry vir die NWU-Puk se besondere akademiese drag. Nadat Monyeki se graad aan hom toegeken is, het die promotor n spesiale boodskap aan hom gelewer Einde Oktober was weer daardie tyd van die jaar dat die dosente van ondernemingsbestuur se studente se werk deur onderskeie rolspelers in die sakewêreld bekyk is om die beste ondernemingsplan van derdejaarstudente aan te wys. Die ondernemingsplankompetisie word as deel van die vak ONBP321 aangebied en die kompetisie behels die top tien ondernemingsplanne uit die groep van sowat 380 studente. Die top tien planne is na die onderskeie aanbiedings deur die buite-evalueerders, mnr. Prof. Han C.G. Kemper, dr. Andries Monyeki en prof. Hans de Ridder tydens Monyeki se gradeplegtigheid in Amsterdam. met n opsomming oor die besondere pad wat hy en sy student geloop het met die studie en hoe hulle dit uiteindelik voltooi en die punt bereik het waar Monyeki kon inhandig. Die hele groep was daarna die gaste van die rektor van VU by n heerlike middagete en die aand was hulle die gaste van Kemper by n restaurant in Amsterdam waar daar tot laataand saam met Monyeki fees gevier is. Andries het tydens hierdie geleentheid sy bedankingstoespraak gemaak en dit was baie duidelik dat hy n baie geliefde graduandi by VU is. Daar is ook tydens hierdie week gesprek gevoer oor verdere samewerking met VU. Die gesprekke was baie positief en behoort groot voordeel rakende navorsing vir die skool vir BRS in te hou, het De Ridder gesê. Hier is mnr.willie Smit saam met die wenspan, Marlize Coetzee, Corelie de Villiers, Denise Fry, Paulette Goedhart en San-Marie Matthee van die plan H2O Pipes, mevv. Mia Spamer en Saskia de Klerk. Beste ondernemingsplan gekies Willie Smit van ABSA en mev. Mia Spamer van die Potchefstroom Besigheidsassosiasie aanbiedings geevalueer. Volgens me. Saskia de Klerk, dosent en organiseerder van die aanbiedings, was die standaard vanjaar besonder hoog. Die beoordelaars se taak om selfs net die top tien planne te kies is as geweldig uitdagend bestempel, het prof. Renier J van Rensburg, direkteur van die skool vir entrepreneurskap, bemarkings- en toerismebestuur, gesê. Die personeellede van statistiese konsultasiediens. Van links is dr. Gerhard Koekemoer, prof. Faans Steyn, mevv. Christa Labuschagne, Wilma Breytenbach en dr. Suria Ellis. Statistiese konsultasiediens vier 25 jaar Die statistiese konsultasiediens (SKD) van die Potchefstroomkampus het vanjaar hul kwart eeu van bestaan gevier nadat die afdeling 1981 tot stand gebring is as n onafhanklike interfakultêre hulpdiens by die voormalige PU vir CHO. Die doel van SKD is om aan personeel en nagraadse studente statistiese hulp te bied rakende die beplanning, data-insameling, statistiese ontledings en interpretasies daarvan. Waar tyd beskikbaar is word hierdie dienste ook gelewer aan studente van ander universiteite en buite-instansies. Hieronder tel tientalle farmaseutiese firmas, ander industrieë, staatsdepartemente van Noordwes, die Potchefstroomse stadsraad, die Kamer van Mynwese, Landbou-tegniese dienste en vele ander. Nadat n behoefte daarvoor ontstaan het, bied SKD gereeld kort kursusse in statistiese metodes vir navorsers aan. Die kursus is deur die universiteit geakkrediteer en is op NKR-vlak 7 en strek hoogstens oor drie dae. Dit word aan die hand van rekenaarpakkette soos SPSS en STATISTICA aangebied vir groepe binne en buite die universiteit. Prof. Faans Steyn was van die begin af die hoof en aanvanklik het SKD ook n pos van die Instituut van Biostatistiek van die Mediese-navorsingsraad (MNR) gehuisves om mediesgerigte navorsing te ondersteun. Personeellede in hierdie pos was mev. Elsie Hibbert, dr. Hannes van Wyk en me. Eleanor Gouws. Hierdie pos is later na n ander plek oorgeplaas deur die MNR. Later is nog n pos ingestel wat eers beklee is deur mev. Susan Uys, daarna deur mnr. Pirow Engelbrecht (tans by Sasol se Sastech) en dr. Lienki Viljoen (tans by Universiteit Stellenbosch). Dr. Suria Ellis, beklee tans die pos. Voorts is n halfdagpos negentien jaar gelede ingestel wat onafgebroke deur mev. Wilma Breytenbach beklee is. n Vierde pos is goedgekeur vanaf ingang 2007 waarin dr. Gerhard Koekemoer (tans van die vakgroep statistiek by skool vir rekenaars-, statistiese- en wiskundige wetenskappe) aangestel is. Die 25-jarige bestaan van SKD is einde September gevier tydens n spesiale geleentheid waar prof. Jan Geertsema (onder wie se leiding SKD tot stand gekom het toe hy destyds hoof van die departement statistiek was) n heildronk ingestel het op SKD.

Kampusnuus - 13 Fla lagh gh bemagtig vroue met naaldwer erk Vierdejaar verbruikerswetenskappe-studente, onder leiding van mev. Ment Larney, onderneem jaarliks n kreatiewe projek in die plaaslike gemeenskap. Vanjaar was die studente betrokke by n projek om vroue in n plaasgemeenskap as deel van die Flagh-program se naaldwerkvaardighede te versterk. Talle van die vroue in die gemeenskap is werkloos en het gemeen dat opleiding in naaldwerkvaardighede hulle sal help om n inkomste te kan verdien en hul vrye tyd produktief te gebruik. Dit is toe dat n kursus van nege weke in Augustus op tou gesit is. Die studente het afgeskop met n basislyntoets om die vaardigheidsvlak van die vroue te bepaal. Daar is bevind dat die vroue oor basiese naaldwerkvaardighede beskik, maar baie afronding nodig het. Die vroue het onder meer van die mees basiese (soos die insit van some) tot meer gevorderde werk geleer en is opgelei in die maak artikels soos speldekussings, naalwerksakkies, opgestopte balle en teenette met krale. Hulle is ook touwys gemaak in die herstel van skeure en gate en die vervanging van rek en stukkende ritssluiters. Voorts kan hulle nou ook appliekwerk doen en lapverfwerk inspan in die maak van skinkbordlappies. Al die items wat tydens die kursus vervaardig is is van afvalmateriaal gemaak. Die vroue word ook Die skool vir kommunikasiestudies het onlangs studente se beste werkstukke tydens hulle eie weergawe van Big Brag in die Galery uitgestal. Verskeie sprekers in die kommunikasiebedryf het vierdejaar- en finalejaarstudente oor hulle beroepservarings toegespreek. Hier is dosente, Gert van Rooyen en Steven Bosch by prof. Paul Schutte, direkteur van die skool, by die opening van die uitstalling. Dr. Johan van Zyl, president en hoofuitvoerende beampte van Toyota SA, het onlangs sy jaarlikse gaslesing by die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe aangebied. Hy het vanjaar gepraat oor die ontwikkeling, bekendstelling en verspreiding van die nuwe Toyota Yaris en benadruk hoe die toepas van teorie Dr. Johan van Zyl. in die praktyk tot die sukses van n produk kan lei. Van Zyl is n buitengewone professor in ondernemingsbestuur en die lesing is bygewoon deur honneursstudente in ondernemingsbestuur en ekonomie asook verskeie personeellede van die fakulteit. Mev. Ment Larney (agter) van verbruikerswetenskappe saam met die viedejaarstudente en die groep plaasvroue wat opgelei is in naaldwerk as deel van die Flagh-program. aangemoedig om artikels te gebruik waaroor hulle reeds beskik, in plaas daarvan om nuwes te gaan koop. Hulle is ook geleer om gebruikte kledingstukke wat in onbruik is aan te wend in die vervaardiging van iets nuut. Ná die kursus is n natoets gedoen om te bepaal hoe hul vaardigheidsvlakke verbeter het terwyl hulle Van Zyl bied gaslesing aan by EBW Van Zyl was voorheen as medeprofessor verbonde aan die skool vir ondernemingsbestuur en is in 1993 as die direkteur vir motorverkope en handelaarsnetwerke by Toyota SA aangestel. Twee jaar later is hy benoem as groepbemarkingsbestuurder en in 1996 bevorder tot besturende direkteur (motorbemarking). Net n jaar later het hy die pos as besturende direkteur vir bemarking aanvaar en is in Januarie 2002 bevorder tot president en hoof operasionele beampte. Gedurende Augustus dieselfde jaar word hy benoem is as president en hoofuitvoerende beampte. Hy het gereeld uitgebreide reise onderneem na Japan, Europa en die Verenigde State vir sakeonderhandelings en om sy kennis en vaardighede in die motorbedryf te verbreed. Hy is n ywerige motorsportentoesias en knap in sy vrye tyd veteraanmotors op. met sertifikate beloon is vir hul harde werk. Die vroue is tans besig met n kursus in die maak van kersversierings wat verkoop sal word ten einde n inkomste te genereer. Die kursus is ook deel van die Flagh-program. Enige navrae kan gerig word aan Liezel van Niekerk by X4037 of vgelvn. Radio Puk laat sy stem hoor Radio Puk het sedert die radiostasie op 1 Februarie permanent begin uitsaai het bo ander gemeenskapstasies uitgetroon deurdat sy luiteraargetalle meer as verdubbel het. Die nuutste Radio Audience Measuring Survey (RAMS) van die Suid-Afrikaanse advertensienavorsingstigting (SAARF) dui daarop dat Radio Puk reeds in Oktober sowat 5 000 luisteraars per dag bereik het in vergelyking met die 2 000 luisteraars in die eerste ses maande. Die nuus het al ons verwagtings oortref, sê mnr. Edohan Burger, stasiebestuurder. As ons ons syfers vergelyk met ander kampusstasies wat se uitsaairadius tussen 50 en 80 km is terwyl ons s n net 15 km is, is ons luisteraargetalle vir die redelike kort tydperk uitstekend. Ons het inderdaad net soveel luisteraars soos n kampusradiostasie in Johannesburg wat ook in Februarie begin uitsaai het maar wat n veel groter uitsaairadius van 60 km het. Radio Puk is sedert die begin van die jaar deel van die departement bemarking en kommunikasie en nie meer n studenteraad-portefeulje nie. Die stasie het egter steeds kontak met die studente wat bewerkstellig word deur middel van n ruimte as komiteelid. Volgens Burger is die stap gedoen om meer kontinuïteit te bewerkstellig en dit dra reeds vrugte. Burger sê hul doelwit behels onder meer om die huidige luisteraargetal teen Oktober aanstaande jaar weer te verdubbel. Ons visie is om die beste kampusradiostasie in die land te wees en dat die grootste meerderheid studente na ons sal luister. Ons wil ook die gunsteling radiostasie van die inwoners van Potchefstroom wees. Omdat ons op die gemeenskap en dan veral jong mense fokus het ons tans nie n behoefte om n groter uitsaairadius te probeer bekom nie, sê Burger.

Kampusnuus - 14 Reünies Afskeid van finalejaarstudente Hierdie tyd van die jaar op die universiteit se kalender behels ook die afskeid neem van finalejaarstudente. Sowat 800 studente het vanjaar se afskeidsgeselligheid by die huis van dr. Theuns Eloff, visekanselier, bygewoon. Na sy en prof. Annette Combrink, rektor, se afskeidsboodskappe het hulle die dansvloer geopen waarna daar lekker gekuier is. Saam met Combrink is n paar van die vertrekkende studente. Voor is Celmari Willemse, Mart-Marie Tromp, Kim Esterhuizen, Ide kohrs, Zelda van Greune, Joanne van der Heever en Ineke Henning. Agter is Linel Le Roux, Combrink, Carisma Steyn, Alweri Enslin en Svelka Hoebel. Die direkteur van bemarking en kommunikasie, mnr. Theo Cloete, en prof. Pieter de Bruyn, oudpersoneellid van die Puk. De Bruyn was deel van n groep eerstejaars van 1956 wat hulle vytigjaar-reünie bygewoon het. Die groep van sowat 32 eerstejaars en hul gades het herinnerings aan hulle studentejare weer afgestof en heerlik saam gekuier. Oudstudente van die Pukkampus het onlangs n reuse reünie in Londen, Engeland gehou. Sowat 140 oudstudente wat tans daar woon en werk, het dit bygewoon. Die kampusrektor, prof. Annette Combrink, het gespog met die jongste verwikkelinge op die kampus, terwyl die visekanselier, dr. Theuns Eloff, hulle oor die samesmelting ingelig het. Hier kuier Yolandi Maynier, oud-hk-lid van Vergeet-my-Nie, Combrink, Yovanka Goncalves, oud-sr-lid, en Billy Bosch, oud-hk-lid van Veritas en oudpersoneellid saam. Oudstudente van die Pukkampus het onlangs reünie in Londen gehou. Oud-Patria-inwoners het hulle studentepret met die huidige koshuisvader van Patria, Winton Windell, gedeel. Agter is Christiaan le Roux, Sakkie Kruger, Dirk van Dyk en Ryno Robbinson. Voor is Elmer Sharp, Windell en JP Sharp. Die studenterade van 2000 tot 2004 is onlangs tydens n reünie in die Galery onthaal. Die visekanselier, dr. Theuns Eloff, en prof. Annette Combrink, kampusrektor, het die bykans sestig gaste toegespreek. Hier is vier oud-sr-voorsitters van die Puk wat tydens die reünie saam gekuier het. Heleen Coetzee (néé Mulder), SR-voorsitter van 2001 en tans ook n Pukpersoneellid by die departement bemarking en kommunikasie, Riaan Bezuidenhout, SRvoorsitter van 2000, prof. Annette Combrink, kampusrektor, Philip Steenkamp, SR-voorsitter van 2003, Janine Joubert, SR-voorsitter van 2004, en prof. Hendré Reyneke, studentedekaan. Talle oudstudente het in Oktober die NWU-Puk se saamtrek by die Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier bygewoon. Die geleentheid het saamgeval met die eindstryd tussen die Vrystaat cheetahs en die Blou Bulle. Die saamtrek is georganiseer deur twee oudstudente van die omgewing, Louw Engelbrecht en Hardus Maritz. Hier is prof. Annette Combrink, rektor, saam met twee oud-pukke, Sybrand en Liani Bezuidenhout.

Kampusnuus - 15 Puk sê dankie en totsiens Die NWU-Puk het Woensdagaand afskeid geneem van onderskeie personeellede wat vanjaar aftree. Tydens die geleentheid is diensskilde oorhandig aan vier uitgetrede dekane van die kampus. Dr. Willie van der Merwe van akademiese steundienste tree af na n loopbaan van langer as nege jaar waar hy deurlopend inisiatief aan die dag gelê het en n vername rol gespeel het in die studiemateriaalontwikkelingsproses, die kurrikuleringsproses en programevaluerings. n Kollega, dr. Estelle van Hamburg, beskryf hom as n uiters vaardige mens wat uitstekend vaar in die vinnige oplos van probleme. Van der Merwe is n besonderse gesinsman en oupa van sewe kleinkinders. Hy is voorts baie musikaal en intens betrokke in sy gemeenskap en gemeente. Nog n bekende gesig op die kampus aftree is mnr. Sophania Moleko van die posafdeling. Hy is in 1946 in Hartebeesfontein gebore en het 15 Junie 1971 by die voormalige PU vir CHO as motorbestuurder begin werk en het in totaal 34 diensjare op sy kerfstok. Moleko is in Januarie 2004 oorgeplaas na koerierdienste en later na die posafdeling. Volgens mnr. Johan Erasmus, sy hoof, sal hy onthou word as n gewillige en vriendelike werker wat altyd bereid was om sy kant te bring. Me. Joey Lubbe van personeeldienste het in 1965 haar BA-graad by Kovsies behaal en daarna ook die UOD-diploma verwerf. Nadat sy n paar jaar skoolgehou het, begin sy in 1981 in n tydelike hoedanigheid by die Puk te werk. Sy is ses jaar later permanent aangestel by departement bestuursdienste en in 1990 oorgeplaas na personeeldienste. Sy sal onthou word as n lojale en vriendelike kollega. Die uitgetrede dekane wat diensskilde ontvang het, sluit in prof. Annette Combrink, rektor, wat vanaf Januarie 2001 tot Oktober 2004 die dekaan van die fakulteit lettere en wysbegeerte was. Die ander dekane is prof. Attie de Lange wat vanaf November 2004 tot einde April vanjaar aan stuur van sake by fakulteit lettere en wysbegeerte was, prof. Daan van Wyk, tans viserektor vir kwaliteit en beplanning, wat vanaf Januarie 1999 tot April 2005 die dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe was en prof. Boeta Koeleman wat tussen 1994 en 1999 die hoof was by farmasie was en sedert 2000 die dekaan by die fakulteit gesondheidswetenskappe. Prof. Annette Combrink, kampusrektor, saam met die personeellede wat vanjaar aftree. Links is me. Joey Lubbe en regs staan mnre. mnr. Sophania Moleko en dr. Willie van der Merwe. Nuwe toegangskaarte goedgekeur Die NWU se nuwe toegangskaarte is na n lang konsultasieproses en onderhandelings deur die institusionele korporatiewe indentiteitskomitee afgehandel. Alle kaarte wat voortaan uitgereik word sal die nuwe voorkoms hê. Die kaarte van die drie kampusse word met kleur en n gebou eie aan die spesifieke kampus onderskei op die linker onderste gedeelte. Dit beteken die Pukkampus se kaart het maroen, die Mafikengkampus blou en die Vaaldriehoekkampus groen. Die nuwe toegangskaarte sal aan nuwe studente en personeellede uitgereik word asook aan dié wat hul kaarte verlê. Huidige personeellede en studente wat in besit is van die huidige kaarte hoef nie hul bestaande kaarte te vervang nie. Die vier uitgetrede dekane het diensskilde ontvang. Hulle is proff. Daan van Wyk, Boeta Koeleman, Annette Combrink en Attie de Lange. Laaste uitgawe Hierdie is die laaste Kampusnuus vir vanjaar. Die volgende Kampusnuus verskyn vroeg in Februarie 2007 en u is welkom om nuus vir dié uitgawe aan te stuur. Tot dan, geniet n geseënde Kersfees en voorspoed met die nuwe jaar.

Kampusnuus - 16 Rektor-tennisrondomtalie Talle personeel neem deel Werknemerwelstand organiseer jaarliks die Rektortennisrondomtalie as deel van die uitgebreide BE ACTIVE-inisiatief. Op 10 November het personeel en pensioenarisse deelgeneem aan hierdie rondomtalie wat deur prof. Annette Combrink geborg word. André Marais, Charl Wolhuter, Albie van Dijk en Peet van Schalkwyk geniet 'n welkome lafenis na hul wedstryde. Michelle Viljoen slaan af vir haar wedstryd. Sportman en -vrou ontvang pryse van rektor André Marais en Ina Engelbrecht ontvang hul pryse as 'Sportman en -vrou van die dag' van prof. Annette Combrink. Rudolph Schutte in aksie. Johan du Plessis, Gerrie Crous en Bouke Spoelstra is ingespan om die bane te vee ná 'n reënbui die wedstryde onderbreek het. Johan Erasmus ontvang die eerste prys vir die mans se B- afdeling van prof. Annette Combrink. By hulle staan Ina van der Watt, fasiliteerder by die werknemerwelstandsprogram.

Kampusnuus - 17 Vyf rektore byeen Bo: Proff. Hennie Bingle, Carools Reinecke en dr. Theuns Eloff in Bingle se sitkamer wat toegerus is met meubels wat hy self gemaak het. Die vertrek is ook die uitstalplek van Bingle se vele toekennings en oorkondes wat hy verwerf het onder meer as rektor en kanselier van die Puk. Hy is in 2001 met die kanseliersmedalje deur die voormalige PU vir CHO vereer en het in 1981 n eredoktorsgraad ontvang ter erkenning van sy rol as onderwyskundige. Dis lekker om n Puk te wees. Prof. Tjaart van der Walt, n voormalige rektor, en prof. Annette Combrink, die Puk se huidige rektor. Links: Die baanbreker en n opvolger wat ook baanbrekers werk vir die universiteit doen. Prof. Hennie Bingle en dr. Theuns Eloff. Mnr. Chris Windell het as voormalige hoof van die destydse departement openbare betrekkinge saam met al die rektore gewerk. Agter saam met Windell (middel) is prof. Carools Reinecke en dr. Theuns Eloff. Voor is proff. Tjaart van der Walt en Hennie Bingle. Prof. Hennie Bingle en sy dogter, Bettie, by wie hy woon. Redakteur: Lieze du Preez e-pos: bkkldup@puk.ac.za Tel: (018) 299-2382 Sel: 082-776-7522 ekampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus