BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Mandala Madness Deel 2

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Tariewe

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Hoe om krag te spaar

Kerssangdiens. SA Gemeente

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Tariewe

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Rubriek vir skeppende werk

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Lydenstyd en Paasfees

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

G. J. du Preez

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Leraarspan: Freddie Schoeman ( ), Bianca van Graan ( ), Lodewyk Sutton ( )

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

The Annals of the World, deur Larry and Marion Pierce

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

Dialoog en paragrawe *

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN 277 Blok 1 02/08 TELANI DERCKSEN MERWEDEHOF 7 Blok 4 02/08 CHRISTEL BEZUIDENHOUT ZEELAND WS 1 Blok 1 02/08 TIENIE ACKERMAN HANS STRIJDOMLN 40 Blok 4 02/09 MARTIN STRAUSS HANS STRIJDOMLN 120 Blok 3 02/09 CORNIE FREYSEN HANS STRIJDOMLN 150 Blok 3 02/09 CAROL DE WILLERS VAN RIEBEECKLN 57 Blok 3 02/10 ERIKA NEL HANS STRIJDOMLN 92 Blok 3 02/11 DERICK SCHOLTZ DF MALANLN 255 Blok 1 02/11 LEZANNE JANSE VAN RENSBURG SMUTSLN 116 Blok 3 02/12 RIA VAN DER SPUY VAN RIEBEECKLN 101 Blok 3 HUWELIKHERDENKINGS 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 SONDAG, 6 FEBRUARIE JOHAN EN BLONDIE LANDMAN 06/02/1971 SMUTSLN 254 Blok 1 PHILLIP EN ANADRA CRAFFORD 06/02/1982 VAN RIEBEECKLN 196 Blok 2 DINSDAG, 8 FEBRUARIE PIETER EN LETTIE HAMBRIDGE 08/02/1964 DF MALANLN 127 Blok 3 Skakel my vir die koop en verkoop van eiendomme in Lyttelton, Kloofsig en Pierre van Ryneveld BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE KONTAK: ERNST 083 656 4992 SONDAG, 6 FEBRUARIE 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Nagmaal) 09:00 Kindereredienste 18:00 Aanddiens 18:45 Kategese/Ouers kuier saam 19:30 Gesinne kuier/speel saam MAANDAG, 7 FEBRUARIE 19:00 Bedieningspanvergadering (Begroting) DINSDAG, 8 FEBRUARIE 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 9 FEBRUARIE 17:00 Biduur DONDERDAG, 10 FEBRUARIE 09:00 Bybelstudie Senior Lidmate 18:30 Alpha-kursus SATERDAG, 12 FEBRUARIE 10:00 Klub Immergroen Vrolike oggend (Kyk bladsy 11) SONDAG, 13 FEBRUARIE Verslae Kerkraadsvergadering 09:00 Erediens: Freddie Schoeman 09:00 Kindereredienste 18:00 Aanddiens 18:45 Kategese/Ouers kuier saam 19:30 Gesinne kuier/speel saam DINSDAG, 14 FEBRUARIE 19:00 Bedryfspanvergadering (Begroting) DINSDAG, 15 FEBRUARIE 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 16 FEBRUARIE 17:00 Biduur (soos gereël) DONDERDAG, 17 FEBRUARIE 18:30 Alpha-kursus VRYDAG, 18 FEBRUARIE 18:00 Jeug: Bash SATERDAG, 19 FEBRUARIE 08:30 15:00: Ontdek jou Potensiaal Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 Februarie 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Max Amsenga (012 664 3629) skakel. VOORBIDDING 1. Wynand en Wilma de Klerk, Krugerln 144 met Wynand wat die afgelope week in die hospitaal was (Blok 3). 2. Johan en Blondie Landman, Hans Strjdomln 254 met Johan wat probleme met sy gesondheid ervaar (Blok 1). 3. Siep en Anna Siepker, Van Riebeeckln 45 met Siep wat n heupvervanging op die 8ste Februarie ondergaan in die Zuid-Afrikaanse hospitaal (Blok 4). 4. Anna Veldsman, Tecoma WS 5 wat onlangs n nieroperasie ondergaan het en tans tuis aansterk (Blok 1). 5. Johan en Heleen Nel, Hans Strijdomln 51, wat n inbraak beleef het. Sterkte aan julle (Blok 3). 6. Ds Odie en Gerda Odendaal, De Oude Artè 3 met ds Odie wat tuis aansterk (Blok 2). 7. Tania en Arie Roos, Cantonmentsweg 1 met Tania wat nog behandeling ondergaan (Blok 2). 8. Oom Boet en Alet Venter, Clarence en Marike Hewson en dogters, Gloverln 196. Dank die Here vir goeie herstel. Oom Boet ondergaan eersdaags n oog-operasie (Blok 4). Ons vra asseblief die gemeente se voorbidding vir hierdie gesinne.

LYDENSTYD 9 Februarie tot 23 April As-Woensdag 9 Februarie 2011 19:00 Nagmaal As-Woensdag is die begin van Lydenstyd. Gedurende Lydenstyd herdenk ons die lyding van Christus en berei ons so voor om Paasfees, die fees van Christus se opstanding, te vier. Ons herdenk Jesus se lyding deur te vas, te gee en te bid. Deur van n gunsteling aktiwiteit, geliefkoosde kossoort of lekkerny afstand te doen, deel ons in Christus se lyding en word ons telkens daarnaan herinner. GROOT LYDENSWEEK Groot Lydensweek is die hoogtepunt van Lydenstyd. Ons het gedurende daardie week die volgende eredienste: Sondag 17 April 09:00 Erediens (Palmsondag) Maandag 18 April 19:00 (Tempelreiniging) Dinsdag 19 April 19:00 (Strydgesprekke) Woensdag 20 April 19:00 (Jesus se verraad) Donderdag 21 April 19:00 (Nagmaalsdiens instelling van Nagmaal) Vrydag 22 April 09:00 (Goeie Vrydag) Saterdag 23 April 22:30 (Paaswaak Belydenisaflegging) Sondag 24 April 09:00 (Paassondag Opstanding) BEGRAFNISBEDIENING Kom help met die skink van tee en die voorbereiding van verversings met begrafnisse in die gemeente. Dis n liefdesdiens wat opreg waardeer word! Kontak Ria Maree 0126643364 BLOKBEDIENING Ons is op soek na blokleiers wat gereelde besoeke aan alle lidmate in bloksverband kan koördineer. Kontak Kobus Badenhorst 0832351084 KLUB IMMERGROEN Hierdie bediening fokus op ons senior lidmate en het onder andere ten doel om bejaardes te versorg. As jy lief is vir ouer mense, hier is vir jou n geleentheid om te dien. Kontak Rina van der Merwe 0126642469 Weet jy van nood in die gemeente? Moenie huiwer om te skakel nie. Ons help graag waar ons kan. Kontak Madelaine Steyn 0823542455 Alpha ʼn Geleentheid om die betekenis van die lewe te ontdek 20 Januarie 2011 24 Maart 2011 Elke Donderdagaand om 18:30 21:00 Kom vra jou vrae Kom verken die terrein van die geloof Kom deel in die saamwees Dui jou belangstelling op ʼn terugvoervorm aan of skryf in op ons webblad by http://www.lytteltonoos.org.za/inligting/alpha.htm Almal is welkom! Nooi gerus alle ander (familie, vriende, kollegas) wat nog die Alpha-kursus bygewoon het nie. Vat vyf: identifiseer vyf persone wat nie die Here of die warmte en liefde van ʼn geloofsgemeenskap ken nie en bou ʼn verhouding met hulle op. Nooi hulle om die Alpha-kursus by te woon. 2 15

VERSORGINGSBEDIENING Deel van die Here se droom vir ons gemeente is dat elke lidmaat hier tuis en geborge sal voel. Elkeen moet weet dat daar vir hom/haar omgegee word en dat wanneer daar nood is die gemeente gereed staan om te help. Vir hierdie droom om waar te word, het ons mense met omgee-harte nodig. Kyk na die bedienings hieronder en kom help daar waar die Here jou hart se punt heen trek! BERADINGSGROEP Ons is nie terapeute - nie net mense wat luister en omgee. Dit word baie streng vertroulik hanteer. Die bediening sluit in Trauma - soos dood in familie, inbrake ens. Ook Jeug-probleme dwelms, drank, hantering van groepsdruk, ensovoorts. Kontak Madelaine Steyn 0823542455 SIEKE / HOSPITAALBESOEK Lidmate in die hospitaal word deur die leraar besoek maar dis by verre nie genoeg nie. Mense wat siek is en / of pyn verduur het mense se ondersteuning en onderskraging nodig. Kom help ons om dit te gee! Kontak Freddie Schoeman (0845818139) Minari Nel (0843178820) Odie Odendaal (0126646526) of Heinz Meissner (0828068530) HELPMEKAAR Kom ons help mekaar om ons talente en gawes te gebruik tot eer van die Heer!! Om na ander uit te reik beteken ook om te help waar ons kan, veral in nood en ook wanneer ek tyd of oorvloed het. Vul gerus die vorm wat in die rakkies by die deure beskikbaar is in indien jy graag jou talente en vermoëns beskikbaar kan stel 14 VOEDSELBEDIEING Dit is nie net vir mense wat nie kos het om op die tafel te sit nie. Dit is ook vir mense wat opgeneem word in die hospitaal; wat siek is by die huis; wat iemand aan die dood afgestaan het. Ons is daar om hulp te verleen vir twee tot drie aande se etes of enige iets anders wat nodig sou wees. Hier het ons die gemeente se insette en ore en oë nodig om ons in kennis te stel van sulke gevalle. Kontak Arie Roos 0825786595 TELEFOONBERADING Vrywilligers word benodig wat bereid sal wees om noodlyndiens te doen vir enige gemeentelid wat nie direk met iemand wil praat nie. Die bediening is 'n 24 uur bediening - dus moet u bereid wees om enige tyd beskikbaar te wees. Daar sal so gou moontlik 'n kursus aangebied word. Kontak Madelaine Steyn 0823542455 VERVOERBEDIENING Soms gebeur dit dat een van ons vervoer benodig om inkopies te doen, n besoek af te lê of n erediens by te woon. As jy bereid is om jou dienste in hierdie verband beskikbaar te stel Kontak Hardus du Preez 0828871364 Delta Kursus Dissipelvorming deur Bybelstudie Donderdagaande 28 April 23 Junie 2011 om 19:00-21:30 Formaat: Interaktiewe kleingroep met sterk insette ten opsigte van kennis en inligting. Daaglikse studie van ongeveer 30 minute benodig Koste: R120 per persoon vir kursusmateriaal en verversings Om in te skryf stuur sms met naam en e-pos adres aan: Helét v d Merwe by 0835560532. Skakel Freddie Schoeman 0845818139 vir verdere navrae. 4000 jaar in een aand Abraham tot Christus (Geskiedenis van Israel / Juda) Christus tot ons (Geskiedenis van die kerk) Bybel in Konteks hoekom dit belangrik is. Beginsels vir studie van die Bybel Die Bybel is God se Woord in mensetaal Christus is die Lewende Woord. Ons ontmoet Hom in die Bybel. Die tale van die Bybel Grieks en Hebreeus Manuskripte Teksoorlewering Kanonvorming Apokriewe boeke Literatuursoorte Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 1) Die boeke wat voor die Ballingskap geskryf is (1000 v.c. 586 v.c.) Genesis 2 en verder Eksodus Verhale oor Elia en Elisa Troonopvolgingsverhaal Amos en Hosea Jesaja 1-39 en Miga Nahum Sefanja en Habakuk Jeremia Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 2) Die boeke wat tydens die Ballingskap geskryf is (586 v.c. 539 v.c.) Esegiël Jesaja II Josua 2 Konings Levitikus en Numeri Genesis 1 3 Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 3) Die boeke wat na die Ballingskap geskryf is Jesaja 56-66 Haggai en Sagaria Maleagi Esra en Nehemia Kronieke Jona en Rut Joël Ester en Daniël Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 4) Wie was Jesus regtig gewees? (Agtergrond en buite-bybelse gegewens) Die boodskap van Jesus in die lig van sy sosiale konteks Ontstaan van die vroegste literatuur oor Jesus Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 5) Wie was Paulus regtig gewees? (Agtergrond en buite-bybelse gegewens) Die kronologiese ontstaan van Paulus se briewe (Handelinge) Die Joods-Romeinse oorlog Hoe die Bybel ontstaan het (Deel 6) Evangelies en Openbaring Wat dit beteken om n dissipel van Jesus Christus te wees.

PREEK : SONDAG 30 JANUARIE 2011 SKRIFLESING: LUKAS 16:19-31 19 Daar was n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het. 20 21 En daar was n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek. 22 Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. 23 Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: 24 Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur. 25 Maar Abraham sê: My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig. 26 En buitendien is daar n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie. 27 Toe sê hy: Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. 28 Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie. 29 Maar Abraham sê: Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister. 30 Hy antwoord egter: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer. 31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan. ʼn Hele paar temas word in hierdie gedeelte aangesny: Die oordeel wat na die dood plaasvind (en die kriteria waarvolgens dit plaasvind) Kan dooies met die lewende kommunikeer kan lewende kontak maak met die dooies? Is daar iets soos spoke en geeste? Wat hierdie gedeelte nie wil sê nie is hoe die lewe na die dood daar uit sien nie of wat Jesus se prentjie van die lewe na die dood was nie. Ons kan nie ʼn prentjie van dit wat die Bybel sê oor die lewe na die dood baseer op n letterlike interpretasie van hierdie gedeelte nie. As ons wil weet WAAR KAN EK BETROKKE RAAK? Ons gemeente hardloop om twee bene: ʼn bedieningspan en ʼn bedryfspan. Die bedieningspan se taak is om die vyf kern-prosesse van die gemeente te bestuur en die bedryfspan se taak is om die fassiliteite, finansies, administrasie, kommunikasie en personeel wat hiervoor nodig is beskikbaar te stel. Ons het altyd te veel om te doen en te min menslike en finansiële hulpbronne! Daarom is daar altyd groot ruimte vir betrokkenheid. As jy graag betrokke wil raak maar nie weet waar nie, woon gerus Maandae aande om 19:00 om die beurt die Bedieningspan of Bedryfspanvergaderings by of skakel Wally Haywood (Bedieningspanleier) by 083 272 7071 of Arie Roos (Bedryfspanleier) by 0825786595 of Freddie Schoeman (0845818139) Kyk ook gerus na bedieningsgeleenthede op bladsy 14 en 15 van Die Herout. 4 13

Wil jy graag dien maar jy weet nie waar nie? Wil jy weet wat jou talente en spesiale vermoëns is? ONTDEK JOU POTENSIAAL Kom vind uit waarmee die Here jou toegerus het Ontdek jou onontginde natuurlike vermoëns en talente en jou unieke samestelling Kry duidelikheid oor jou beroepskeuse Leer hoe om talente om te sit in areas van uitnemendheid Verneem waar jy n unieke bydrae kan lewer Vier werksinkels hierdie jaar: 19 Februarie 2011 (08:30 15:00) 14 Mei 2011 (08:30 15:00) 20 Augustus 2011 (08:30 15:00) 12 November 2011 (08:30 15:00) Koste: R290 (Sluit in: n internet-toets wat vooraf gedoen moet word; kursusmateriaal, verversings en n middagete) Skryf in deur: n SMS te stuur aan 0845818139 n Terugvoervorm te voltooi Bywoning op ons Facebook bladsy aan te dui (soek vir NG Gemeente Lyttelton-Oos) Advertensie: Kolwyntjie Projek: Ondersteun asb ons Junior Jeug op Sondag die 13de Februarie 2011. Ons gaan heerlike tuisggemaakte kolwyntjies verkoop net na die diens. Enkel en half dosyn kolwyntjies beskikbaar. Kom geniet n lekker kolwyntjie saam met u koffie en tee. Groete Junior Jeug wat Jesus geglo het oor die lewe na die dood, dan kan ons nie hierdie gedeelte daarvoor gebruik nie. Baie mense maak die fout om na hierdie gedeelte te verwys as hulle wil beskryf hoe presies die hemel en die hel lyk. In die eerste plek is dit ʼn gelykenis. ʼn Gelykenis is nooit veronderstel om letterlik geïnterpreteer te word nie. Gelykenisse wil ʼn waarheid oordra / kommunikeer deur middel van ʼn fiktiewe verhaal. Daarom is dit byvoorbeeld onsinnig om te probeer bepaal wat die naam van die verlore seun in die Gelykenis van die Verlore Seun is; hy het nooit regtig bestaan nie. Ons moet dus nie letterlike met hierdie gelykenis omgaan nie. In die tweede plek sluit Jesus doelbewus aan by dit wat die Fariseërs geglo het oor die lewe na die dood en gee dit dan ʼn verrassende kinkel. Die siening van die Fariseërs was dat die regverdiges na die dood die ereplek langs Abraham sou inneem en die onregverdiges pyniging sou beleef. Die regverdiges was volgens die Fariseërs mense soos hulle, wat goeie respektabele lewens gely het en die wet nagekom het. Dit het welvarendes ingesluit. Rykes kon byna seker wees van die ereplek langs Abraham. ʼn Paar verse voor Jesus die gelykenis vertel, staan daar: 14 Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge (jy kan nie God en Mammon dien nie) hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. 15 Hy sê toe vir hulle: Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is n gruwel voor God. (Lukas 16:14-15) Die onregverdiges was dan die sondaars, die tollenaars, die straatvrouens, die lammes, die blindes, die armes. Mense was arm vir ʼn rede, het hulle geglo. Dit was hulle straf vir een of ander sonde. Die gelykenis, waar die arm Lasarus die ereplek en die ryk man die plek van pyn kry, was dus ʼn klap in die gesig van die Fariseërs. Hoewel dit die hooffokus van Jesus was, laat dit tog ʼn paar vrae ontstaan oor die hiernamaals. Ek het verlede week gepraat oor die lewe na die dood en die lewe na die lewe na die dood wanneer Jesus weer kom en ek gaan nie dit herhaal nie. In die eerste plek: Is daar sulke goed soos spoke en geeste, soos byvoorbeeld uitgebeeld in die rolprent Paranormal Activity? Daar is wel bose geeste die soort wat Jesus uitdryf maar hulle tree nie op soos die bose gees van Paranormal Activity nie. 12 5

Op geen plek in die Bybel wat suggereer dat daar so iets soos spoke en geeste bestaan nie (behalwe miskien 1 Samuel 28 wat ʼn baie moeilike gedeelte is om te verstaan ons kan nie regtig daaruit aflei dat geeste wel bestaan nie.) Die Bybel verbied ook enige poging om met dooies kontak te maak. ( 14 Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na towenaars en besweerders. Maar die Here jou God verbied jou om dit te doen. (Deut 18:14) Kan mense vandag nog met dooies praat of hulle oproep? Baie mense beweer dat hulle kan. John Edwards en Marietha Theunissen. Hulle gebruik die tegniek van cold reading. Hulle kyk mooi na die persoon met wie hulle werk vir enige reaksie op dit wat hulle sê. Hulle vis vir leidrade maak dan intelligente raaiskote en pas dit dan aan na gelang van die reaksie wat hulle van die persoon kry. Hulle is doelbewus vaag totdat hulle sekerheid het oor meer spesifieke besonderhede. Dit word ook die Barnum-effek genoem. Hulle praat dus nie werklik met die dooies nie en daar is geen okkultisme by betrokke. Ons hoef dus ook nie bang te wees daarvoor nie. Dis net jammer dat daar met mense wat groot hartseer beleef het se gevoelens op hierdie manier omgegaan word. Maar wat van die idee van oordeel en hel? Bestaan die hel? Gaan sommige daar beland? Wat presies is dit? Die woord in die Nuwe Testament wat met hel vertaal word is die woord Gehenna. Dit verwys na die vullishoop wat in die suidwestelike hoek van Jerusalem was. Dit het gekrioel van die wurms en dit het konstant gesmeul. Dit is ʼn beeld wat gebruik is vir die hel en nie noodwendig ʼn letterlike beskrywing van hoe presies die hel is nie. Wat die beeld wel sê is dat die hel ʼn toestand van uitgeworpenheid is. Die gedagte van oordeel is vir sommige mense weersinwekkend. Hoe kan ʼn God van liefde dan mense so verwerp? Hy sal dit nooit doen nie, sê baie mense. As ons sê: ʼn oordeel is nie nodig nie, dan sê ons óf: ag, eintlik is daar niks verkeerd in die wêreld nie, dit is ʼn goeie plek en alle mense probeer maar goeie dinge doen, of: God het nie regtig ʼn saak met die boosheid en geweld en moord en haat nie. U word vriendelik uitgenooi na Klub Immergroen Vrolike Oggendtee Gemeentesentrum : Lyttelton-Oos Saterdag, 12 Februarie 2011 : 10:00 Alle lidmate bo die ouderdom van 60 is hartlik welkom. Toegang is gratis Uitnodigings word in die komende week uitgedeel. Indien u nie een ontvang nie en graag die funksie wil bywoon, skakel Rina van der Merwe 083 271 5608 ATTESTATE ONTVANG Vanaf Lyttelton (Moedergemeente) Maud Hartman (nou Van Loggerenberg) Sy woon in Krugerln 290 (Wyk 04Aa Blok 1) Hartlik welkom by Lyttelton-Oos. Mag jy baie gelukkig wees hier by ons. Ons is bly jy skakel reeds in. DRINGEND GESOEK TAFELSDOEKE Daar is 12/13 tafeldoeke soek en dit is nie in die lêer ingeskryf wie dit geneem het nie. Sal die persoon wat dit goedgunstiglik geneem het om te was my asseblief DRINGEND skakel. Dit word benodig vir ʼn funksie. Max Amsenga (012 664 3629) 6 11

Die Bybel is baie duidelik: vir diegene wat bose dinge doen en daarmee volhou en nie insien dat hulle dade boos is en skade doen nie vir sulke mense is daar geen plek in God se nuwe wêreld nie. Wanneer Jesus weer kom, gaan God hierdie gebroke, stukkende wêreld nuut en heel maak. (Dit het ons verlede week gesien.) Dit behels die verwydering van alles wat die wêreld stukkend breek. Dit sluit in: Tiranie, onderdrukking Kinderpornografie Volksmoorde en menseslagtings Liefdeloosheid, haat, rassisme Geweld, korrupsie, diefstal Vir mense wat hierdie dinge doen is daar geen plek in God se nuwe wêreld nie. Hulle plaas hulleself daarbuite. Hulle sê deur hulle denke, optrede en woorde dat hulle nie deel wil wees van n wêreld waar liefde, vreugde en vrede heers nie. Hulle wil graag skynbaar vir ewig op die vullishoop leef die vullishoop van selfsug, hebsug en magsug wat hulle as t ware vir hulleself skep. Hoekom sal n God van liefde uiteindelik kom om te oordeel dit wat nog lewe en die wat reeds gesterf het? Omdat God sonde haat. God haat mense se liefdeloosheid teenoor ander mense veral die Lasarusse van die wêreld. God haat mense wat net vir hulleself leef en nie n flenter vir hulle medemens omgee nie. Dit is die hoofboodskap van die gelykenis. Dit is wat Jesus wil sê deur hierdie gelykenis. Word deel van God se heelmakingsplan en leef dan vir ewig saam met God op die nuwe aarde wat jy nou reeds saam met God besig is om gestalte te gee, of kies om vir ewig die afgode van selfsug, magsug en hebsug te aanbid met die noodwendige verlies aan liefde, vreugde en vrede vir altyd en vir ewig. Dis die keuse wat Jesus met hierdie gelykenis vir ons kom stel. Ds Freddie Schoeman 10 7

ONS EET WEER SAAM BY DIE: WILD-EXPO 25-27 Maart IN ELDORAIGNE 8 EN 9 FEBRUARIE 2011 Ons gemeente ontvang ʼn persentasie van die wins daardie aande. Kom ons pak die plek vol en kuier lekker saam! Gemeente Bring en Braai 25 Februarie 2011 Almal welkom vanaf 18:00! Bring jou eie braaivleis, drinkgoed en piekniekmandjie en... Jou eie gemaklike stoel Vure, pap-en-sous en slaaie sal voorsien word. Daar sal ook vermaak vir die kinders wees. Vir meer inligting skakel Susan Dry 082 680 3682 Ons gemeente behartig weer n pannekoek- en vetkoekstalletjie. Dis n geleentheid om lekker saam te werk en die gemeente te bou. Almal wat kan help om pannekoek te bak, vetkoekvulsels voor te berei, of met die verkope tydens die naweek word aangemoedig om Kobus Badenhorst by 0832351084 te skakel VETKOEK BY MAKRO Ons gemeente het die geleentheid om n aantal Saterdae hierdie jaar n vetkoekstalletjie by Makro Centurion te behartig vir eie fondse. Die volgende datums en groepe wat gevra word om te help is voorlopig as volg vasgestel: 26 Februarie (Bedryfspan) / 16 April (Bedieningspan) / 28 Mei (Diakonie) / 25 Junie (Ouderlinge) / 30 Julie (Jeug) / 27 Augustus (Dames) / 29 Oktober (Klub Immergroen) / 26 November (Manne). Gesels solank met mekaar en tref reëlings. Kobus Badenhorst (0832351084) en Arie Roos (0825786595) het meer inligting. KAN IEMAND HELP, ASSEBLIEF Ek's opsoek na 'n spaar / ou hangkas, mat en enkelbed matras Dit sal opreg waardeer word indien u kan help Wanda Naudé Sel: 083 230 9866/Faks 0866 156 236 8 9