Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

NUUSBRIEF JUNIE 2008

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Rut: n Liefdes Verhaal

Finansieel Gesproke 1

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

HOëRSKOOL PORTERVILLE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Tariewe

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

SIZA takes the sting out of auditing

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Direkte en indirekte rede *

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

RAADSLEDE / COUNCILLORS

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Tariewe

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

INSKRYWINGSVORM

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

streef na uitnemendheid

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Transcription:

JUNIE 2016 NUUSBRIEF Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET In hierdie uitgawe INHOUDSOPGAWE Bladsy 1) Finsolnet / Sygnia Nuus... 2 2) Beleggingsbeleidsaanpassings... 2 2.1 Buitelandse Blootstelling... 2 2.2 Sygnia se beleggingsvooruitskattingvir 2016... 2 3) Projekte... 2 4) Ekonomiese Oorsig en Grafieke... 3 4.1 Markte in oënskou - Plaaslik... 3 4.2 Markte in oënskou - Buiteland... 3 4.3 Grafieke en terugvoer... 5 5) Inkomstebelasting... 10 5.1 Belasting aftrekbare bydraes tot uittree annuïteite 10 5.2 Kapitaalwinsbelastingwysigings... 10 6) Vlekvryestaal Houers... 10 7) Maandelikse Reisprogram... 11 8) Algemeen... 11 8.1 Aandele portefeuljes by Ou Mutual Wealth... 11 8.2 Allan Gray waarsku ons oor kliënte met Gmail, Yahoo en Hotmail rekeninge... 8.3 FICA dokumente met afsprake... 12 8.4 Diensooreenkoms... 12 8.5 Wisseling van afsprake... 12 9) RSA Makelaars Personeel Nuus... 12 10) Bylaes... 13 11) Personeel Kontakbesonderhede en Foto... 16 11 Bladsy 1

1) FINSOLNET / SYGNIA NUUS SYGNIA NOTERING 8 MAANDE LATER Soos u reeds weet het Sygnia op 14 Oktober 2015 suksesvol op die Johannesburgse effektebeurs noteer. Die aandeleprys het oornag verdubbel en ons is baie bly om te rapporteer dat hulle steeds van krag tot krag gaan. Die verkoopsprys staan tans op ±R19,70. individue beskikbaar nie. Hulle is vol vertroue dat hulle ʼn groot impak in hierdie seksie van die mark sal maak. Ons wens hulle alle sukses toe. Sygnia het ook aan ons bevestig dat hulle binnekort ʼn groot bemarkingsveldtog van stapel gaan stuur om hulle maatskappy meer van ʼn huishoudelike naam te maak en ons sien uit na wat hulle beplan. Sygnia het ook ʼn nuwe sambreelfonds bekend gestel, nl. Surf = Sygnia Umbrella Retirement Fund. Groepsversekering bied persoonlike en ongeskiktheidsvoordele aan die personeel van groot maatskappye en is dus nie vir 2) BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS Ons verwys u ook graag weer na Sygnia se uitstekende oortreffing van die 3-jaar mark-gemiddeldes wat in Bylae A op bladsy 13-14, gereflekteer word. 2.1 BUITELANDSE BLOOTSTELLING Na aanleiding van die huidige onbestendigheid van die Rand, sowel as die moontlikheid van S.A. se kredietafgradering, het ons etlike navrae vanaf kliënte in verband met hulle blootstelling aan buitelandse portefeuljes ontvang. Volgens Sygnia is die mediumtermyn risiko s vir die Rand: - die dreigende krediet-afgradering; - swak ekonomiese vooruitsigte; - en die komende verkiesing met die gepaardgaande politieke risiko s. Sygnia glo dat die Rand tussen R14,50/USD en R16.00/USD sal wissel. Kliënte moet dit in gedagte hou en verstaan dat, indien hulle op hierdie stadium in die buiteland belê, buitelandse aandelebeleggings lae opbrengste lewer. Die oorweegrede vir buitelandse beleggings sal dus wees om die belegging oor die langtermyn teen ʼn dalende Rand te verskans. 3) PROJEKTE UITTREE ANNUÏTEIT OMROL PROJEK Ons bevestig dat ons gedurende Augustus weer aan ons kliënte die omrolbrief met meegaande vorms sal stuur. Sien asseblief punt 5) Inkomstebelasting, op bladsy 10 in hierdie Nuusbrief, waar meer inligting oor die verhoging van belasting aftrekbare bydraes tot Ons vestig graag u aandag daarop dat, binne die bepaalde wetgewing, al die Sygnia portefeuljes die maksimum buitelandse blootstelling het. Kliënte wat wél in die buiteland wil belê, kan dit op een van twee maniere doen, nl. direk in die buiteland óf deur middel van ʼn ruiltransaksie. Kyk gerus na die bateklas allokasie uiteensetting op bladsy 7. 2.2 SYGNIA SE BELEGGINGSVOORUIT- SKATTING VIR 2016 Tesame met hulle Fondsbestuurders, ontleed Sygnia voortdurend die samestelling van portefeuljes asook gebeure in S.A. en die wêreld en, indien nodig, word hulle beleggingsuitkyk daarvolgens aangepas. Pieter en Japie het vanjaar ook beleggingseminare bygewoon wat deur Allan Gray, Investec en Old Mutual aangebied is. Kyk asseblief na Sygnia se beleggingstrategie vooruitskatting vir 2016, Bylae B op bladsy 15. pensioenfondse en/of uittree annuïteite verskaf sal word.. Ons versoek u om die vorms so gou moontlik aan ons terug te stuur. Met ons posstelsel wat nie meer betroubaar funksioneer nie, versoek ons u om ons asseblief in kennis te stel indien u nie die Augustus Uittree Annuïteit brief ontvang het nie. Waar moontlik stuur en ontvang ons die briewe en vorms elektronies. Bladsy 2

4) EKONOMIESE OORSIG EN GRAFIEKE Die Suid-Afrikaanse ekonomie trek tans baie swaar, vanweë ons eie onstabiele omstandighede, maar ook as gevolg van die wêreld ekonomie wat nie baie gesond is nie. Kom ons kyk in meer besonderhede na die twee aspekte: 4.1 MARKTE IN OËNSKOU - SUID-AFRIKA U is almal bewus van die fiasko gedurende Desember 2015 rondom die afdanking van die Minister van Finansies, Mnr Nene, en President Zuma se aanvanklike aanstelling van ʼn onbevoegde persoon. Die gevolg was ʼn geweldige terugslag in die mark, met die Beurs se Algemene Indeks wat van ±54 tot ±46 gesak het. ʼn Geraamde R150-miljard aan kapitaal is uitgewis. Alle Suid-Afrikaanse fondse het as gevolg van die markdaling laer opbrengssyfers getoon. Mnr Pravin Gordhan is daarna as Minister van Finansies aangestel, wat vertroue in die S.A. ekonomie verbeter het en dus het die Beurs begin om te herstel. geweldige onsekerheid by, wat die buiteland beslis raaksien. 4.2 MARKTE IN OËNSKOU - WÊRELDMARKTE Daar bestaan steeds in 'n hoë mate van onsekerheid in wêreldmarkte. As gevolg van die uitstel van ʼn verdere verhoging van die Amerikaanse rentekoers, het die Dollar verswak; Europese markte sukkel voort met sprake daarvan dat sommige Europese lande reeds in ʼn resessie is. Die invloei van vlugtelinge help ook nie hulle saak nie; Rentekoers onstabiliteit het ʼn groot impak op RSA as ontluikende mark aangesien dit beleggers se sentiment is dat hulle eerder minder groei in ʼn sterk versekerde mark sal ontvang, as meer groei in ʼn onsekere ontluikende mark soos S.A. Dit het tot gevolg dat beleggers hulle geld uit S.A. onttrek en in Amerika belê. Suid-Afrika sal sy rentekoerse moet verhoog om dit vir buitelandse beleggers meer aanloklik te maak om in S.A. te belê, maar wat is die impak van stygende rentekoerse dan op ons ekonomie? Ons bevestig dat dit juis die beweegrede is vir ons beleggingsbeleid, nl. dat inkomste uit kliënte se beleggings uit die konserwatiewe fonds onttrek moet word. Wanneer kliënte oor die afgelope korttermyn na opbrengste kyk, sal gesien word dat die konserwatiewe fondse die laaste daling in die mark minder as die matige en aggressiewe fondse gevoel het. Kapitaal wat vir suiwer groei bedoel is, kan matig/aggressief belê word aangesien die groei oor die langertermyn plaasvind. Hierdie daling van Desember wys net weer dat ons beleggingsbeleid goed werk. Die dreigende vooruitsig van ʼn verdere afgradering van ons kredietstatus, is steeds ʼn groot kommer. ʼn Aantal Fondsbestuurders dui wel aan dat die effek van die afgradering reeds in markpryse verdiskonteer is. Suid-Afrika is tans ook polities onstabiel. Suid-Afrika is tans ook polities baie onstabiel. Die regerende party lyk of daar tussen dié wat agter die President staan en dié wat Minister Gordhan ondersteun, geweldig onder mekaar baklei word. Hierdie, sowel as die hele Nkandla debakel wat steeds nie tot ʼn einde kom nie en die feit dat die ±700 sake teen die President weer heropen gaan word, dra alles tot Stygende rentekoerse is vir mense met skuld baie negatief en word minder geld gespandeer, wat weer tot gevolg het dat die ekonomie stagneer en groei afneem iets wat ons nie kan bekostig nie. Die Reserwebank moet dus probeer om hierdie twee pole te balanseer, wat ʼn uiters netelige taak is. Verder sit ons met arbeidsprobleme, waar werkers jaarliks groot salarisverhogings eis en werkgewers dit betwis. Dit het ʼn ontsaglike negatiewe impak, onder andere op die mynbou sektor wat een van die grootste ekonomiese dryfkragte vir S.A. is. Dit lyk nie asof hierdie situasie vreeslik vinnig sal verander nie en moet ons as Finansiële Beplanners en Fondsbestuurders dit gedurig in gedagte hou met die advies wat ons voorsien. Met bogenoemde in gedagte, vra mense watter voorsorgsmaatreëls Sygnia en die Fondsbestuurders die afgelope paar maande geneem het? Die volgende verslag is van Sygnia ontvang wat, na aanleiding van bogemelde inligting en met hulle vooruitskatting inaggenome, die aanpassings wat hulle gemaak het duidelik uiteensit: Bladsy 3

Bladsy 4

4.3 GRAFIEKE EN TERUGVOER Ons gee graag die volgende skyfies en grafieke wat uit voorleggings deur Sygnia en Investec se Fondsbestuurders aan Finsolnet kom, met ons kommentaar daarby vir u insae deur: KOMMENTAAR: Hierdie is Sygnia se verslag oor die grootste markdrywers vir die eerste 6 maande van 2016 Bladsy 5

KOMMENTAAR: Let daarop dat die Fondsbestuurders van Sygnia se portefeuljes selfs in moeilike tye die beurs markgemiddeldes uitpresteer. KOMMENTAAR: Hierdie skyfie reflekteer Sygnia se siening oor die afgradering van ons kredietstatus. Alhoewel ons gedurende Junie weer die afgradering kon vermy, lyk dit steeds moontlik dat ons gedurende Desember afgradeer sal word. Die meeste Fondsbestuurders dui egter aan dat dit reeds is in ons markpryse verdiskonteer is. KOMMENTAAR: Markte gaan in die volgende 2 kwartale sywaarts beweeg, met heelwat volatiliteit. Bladsy 6

KOMMENTAAR: Let op die TAA ( Tactical Asset Allocation ) oftewel taktiese bate allokasie. Dit verwys na die veranderinge wat Sygnia en die Fondsbestuurders met die oog op die huidige wêreld en S.A. markte, aangebring het. FINSOLNET CPI + 2% FINSOLNET CPI + 4% FINSOLNET CPI + 6% Bladsy 7

KOMMENTAAR: Die Suid-Afrikaanse ekonomie bly baie kwesbaar en vooruitsigte is: hoër inflasie; hoër rentekoerse; groter werkloosheid; meer skuld en belasting; minder groei. KOMMENTAAR: Scenario van Suid-Afrikaanse vooruitsig met Wêreldmark, China en Amerika in berekening gebring. Bladsy 8

KOMMENTAAR: In die volgende twee skyfies vergelyk Investec die opbrengssyfers van die verskillende bateklasse, eerstens vir die afgelope 12 maande en dan vir die afgelope 3 jaar. Let op dat, hoewel kontant in die afgelope jaar as gevolg van die daling in die mark aandele uitpresteer het, die 3 jaar syfers aantoon dat dit steeds beter was om wél blootstelling aan die aandelemark te hê. Ons belê kliënte se kapitaal met ʼn langtermyn doelstelling en daarom stel ons die effekte portefeuljes, nl. Inflasie+2%, +4% en/of +6% voor wat elk n gedeeltelike blootstelling aan aandelemarkte het. Bladsy 9

5) INKOMSTEBELASTING 5.1 BELASTING AFTREKBARE BYDRAES TOT UITTREE ANNUÏTEITE Ons bevestig dat die maksimum jaarlikse belasting aftrekbare bydraes wat ʼn kliënt tot aftreevoorsiening (Uittree Annuïteite en/of pensioenfondse) kan maak, vanaf 1 Maart 2016 amptelik na 27.5% per jaar van bruto inkomste verhoog is. Die totale bydraes wat ʼn belastingpligtige jaarliks mag bydra is tot R350,000 beperk. Die maksimum kumulatiewe bedrag wat per maatskappy onttrek mag word, is van R75,000 na R247,500 verhoog. Ons sal saam met ons Augustus uittree annuïteit omrol brief (sien punt 3 bladsy 2) aan kliënte die nodige berekenings deurgee en dienooreenkomstig adviseer. Ons bevestig dat RSA Makelaars geen verantwoordelikheid kan aanvaar indien enige instruksie om Uittree Annuïteite om te rol of om diskresionêre fondse te onttrek om die Uittree Annuïteitbydraes te maak ons ná 31 Januarie 2017 bereik en die beleggings nie betyds (voor 28 Februarie) gefinaliseer word nie. Kliënte word dus vriendelik versoek om vroegtydig en so spoedig moontlik die nodige instruksies en dokumentasie aan ons te stuur. 5.2 KAPITAALWINSBELASTING-WYSIGINGS Kapitaalwinsbelasting-koerse is vanaf 1 Maart 2016 verhoog. Die maksimum effektiewe koers vir individue en spesiale trusts is vanaf 13.65% na 16.4% verhoog; vir Maatskappye is die koers vanaf 18.65% na 22.4% verhoog; en trusts is vanaf 27.31% na 32.8% verhoog; Die jaarlikse korting is vanaf R30,000 per jaar na R40,000 per jaar vir individue en spesiale trusts verhoog. By dood is die jaarlikse korting vanaf R200,000 na R300,000 verhoog. 6) VLEKVRYESTAAL HOUERS 6.1 MULTISTAR Ons ondervind steeds dat Multistar hul vlekvryestaal houers uit bedryf haal en bloot ʼn skrywe aan kliënte rig met ʼn enkelbedrag uitbetaling. Hierdie prosedure is nie in ooreenstemming met die bepalings in die individuele kontrakte vervat nie. Omdat Multistar egter in Brittanje gesetel is, is dit ʼn saak van onmoontlikheid om hulle in Britse howe te opponeer. Ons stel voor dat enige sodanige enkelbedrag uitbetalings wat kliënte vanaf Multistar ontvang in ʼn konserwatiewe strategie by Sygnia met ʼn gepaardgaande (belastingvrye) inkomste herbelê moet word. Hou egter in gedagte dat hierdie uitbetalings deur die Ontvanger van Inkomste as belasbare inkomste beskou word. Dit is vanweë die feit dat die oorspronklike koopsom en die finansieringskoste oor die eerste 5 jaar na aankoop, 100% deur die Ontvanger as waardevermindering en koste afgeskryf is. Let daarop dat u sodanige enkelbedrag uitbetaling in berekening kan bring vir die belasting aftrekbare bydraes tot uittree-annuïteite. Sodoende kan u belastingverpligting verminder word. Indien hierdie houer enkelbedrag uitbetaling op u van betrekking is, is u welkom om ons te kontak vir die nodige advies, berekenings en diens. 6.2 INTERNATIONAL TANK CONTAINERS Ons ontvang steeds uitstekende opbrengs en diens van ITC. Daar is min gevalle waar hulle houers uit bedryf moet haal. In sodanige uitsonderlike gevalle word die herbelegging van die kapitaal by Sygnia, soos hierbo vermeld, met die gepaardgaande inkomste, steeds aanbeveel. Bladsy 10

7) MAANDELIKSE REISPROGRAM 7.1 REISROETE Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. OOS-KAAP - word gedurende die 2de week van elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en vlieg via Oos- Londen terug na Kaapstad. JOHANNESBURG/ POTCHEFSTROOM/ PRETORIA - word gedurende die laaste week van die maand besoek. KAAPSTAD EN OMGEWING - kliënte word na gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien. Indien u buite ons normale geskeduleerde besoeke spesifieke finansiële sake wil bespreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei. Indien enige van ons kliënte moontlik ʼn probleem ondervind om ons by die kantoorlokaal te sien, bevestig dit asseblief aan Maria sodat ons die nodige reëlings kan tref om u aan huis te sien. 7.2 ADRESSE VAN KANTOORLOKALE JOHANNESBURG: Regus Grond Vloer, Twickenham Gebou The Campus H/v Main & Sloanestraat Bryanston POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom PRETORIA: Regus Pegasusgebou 1 Amarandlaan 210 Menlyn Maine Pretoria GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres OOS LONDEN: Regus Grondvloer, 14 Stewart Rylaan Berea Oos London 8) ALGEMEEN 8.1 AANDELE PORTEFEULJES BY OLD MUTUAL WEALTH Ons gee graag terugvoer oor aandeleportefeuljes wat deur Old Mutual Wealth bestuur word. Ons het kwartaallikse vergaderings met Old Mutual Wealth se Portefeulje-Bestuurders en is beïndruk met hulle uitstekende plaaslike en internasionale navorsing en die gepaardgaande goeie opbrengste. Ons is bly om te vermeld dat ons reeds ʼn aantal kliënte se aandeleportefeuljes suksesvol na die bekwame bestuur van Old Mutual Wealth oorgedra het. Ons moedig kliënte aan om ons in kennis te stel indien ons namens u opdrag vir Old Mutual Wealth kan gee om ʼn volledige ontleding sowel as beleggingsvoorstelle, kosteloos, vir u oorweging voor te berei. Hulle verslag gee aan kliënte omvattende insig van Old Mutual Wealth se strategie. Ons benodig slegs ʼn volledige maand- of kwartaalstaat van u portefeulje om die proses te begin. Die minimum beleggingswaarde is R1,000,000. 8.2 ALLAN GRAY WAARSKU OOR GMAIL, YAHOO EN HOTMAIL REKENINGE Allan Gray het vermeld dat hulle steeds meer ondervind dat kriminele die identiteite van kliënte met die bo-gemelde epos adresse steel. Dit word maklik gedoen indien kliënte al hulle korrespondensie daar ontvang, bv. bank- en beleggingstate. Die kriminele epos eenvoudig vanaf daardie epos adres na die Fondsbestuurders en sê hulle wil hulle bankbesonderhede verander, waarna hulle dan geld onttrek. Ons waarsku kliënte om op hulle hoede te wees en om alle moontlike stappe te neem om hulle sisteme hierteen te beskerm. Bladsy 11

8.3 FICA DOKUMENTE MET AFSPRAKE Ons sal dit waardeer indien u met ons terugvoer-besoeke die volgende FICA dokumente sal voorsien: a. Afskrif van u ID, asook van u gade; b. Bewys van u Bankrekening op die Bank se briefhoof (Bankstaat nie ouer as 3 maande nie); c. Bewys van adres: Munisipale of Telkom rekening (nie ouer as 3 maande nie); d. Bewys van Belastingnommer - SARS ITA34 belastingaanslag. 8.4 DIENSOOREENKOMS Ons is bly om te rapporteer dat ons al heelwat van ons kliënte se getekende Diensooreenkomste wat saam met ons Desember 2015 Nuusbrief uitgestuur is, terug ontvang het. Ons herinner graag al ons kliënte dat dit vir ons belangrik is dat u die diensooreenkoms deeglik bestudeer, voltooi en teken en aan ons terugstuur. Die kontrak is tot u voordeel, aangesien u dan presies weet wat u deur die jaar van ons kan verwag. Ons sal dit waardeer as kliënte wat nog nie die dokument geteken en teruggestuur het nie, dit wel so gou moontlik sal doen. 8.5 WISSELING VAN AFSPRAKE Ten einde die geleentheid te skep vir Japie om alle kliënte te ontmoet asook andersom, dat kliënte vir Japie leer ken en dat hulle met mekaar vertroud raak, sal afsprake voortaan tussen Pieter en Japie wissel. Dit sal toekomstige afsprake vergemaklik veral wanneer een van die twee Finansiële Beplanners nie beskikbaar is nie, dat kliënte gemaklik is om met beide Pieter en/of Japie te kan gesels. 9) RSA MAKELAARS - PERSONEEL NUUS Wynand, die oudste seun van Arne en Ingrid Singels is op 9 April 2016 met Lize-Mari Huysamen getroud. Ons wens hierdie jong egpaar nog baie gelukkige en geseënde jare. Ook geluk aan die twee ouerpare met die aanwins van onderskeie skoonseun en -dogter. Beide dogters van Heidi Fontini, Diandi en Lené, het 5de plek in S.A. Nasionale Lewensreddingskompetisie behaal. Diandi het 1xgoud; 2xsilwer en 4xbrons medaljes ingepalm Lené het 1xgoud en 5xbrons gekry. Baie geluk aan hierdie twee dogters! Bernice van Zyl gaan in Junie met verlof om by haar broer, Stiaan, in Nederland te kuier. Ons vertrou dat sy dit sal geniet en weer veilig sal terugkom. Colleen Knoetze gaan ook binnekort oor die waters om ʼn besoek aan Europa te bring. Ons wens hulle ook ʼn baie mooi tyd toe en dat hulle met wonderlike herinneringe sal terugkom. Bladsy 12

KONSERWATIEF MATIG AGGRESSIEF 10) BYLAES BYLAE A FINSOLNET FONDSFEITESTAAT Bladsy 13

Market Average Sygnia performance Bladsy 14

BYLAE B SYGNIA VOORUITSKATTING VIR 2016 Bladsy 15

11) PERSONEEL KONTAK BESONDERHEDE PERSONEEL E-POS: Tel. Uitbr. Nr.: Fax-2-email Peter-John Smitsdorff peterjon@rsabrokers.co.za Derick Payne derick@rsabrokers.co.za Japie Louw japie@rsabrokers.co.za Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) maria@rsabrokers.co.za 101 0866 151808 Colleen Knoetze (Persoonlike Assistent) colleen@rsabrokers.co.za 118 0866 102734 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) ingrid@rsabrokers.co.za 108 0866 151618 Thea Horak (Ontvangs/dikteerwerk) reception@rsabrokers.co.za 100 0866 102734 Administratiewe Assistente / Kliëntediens: Magda Matthee (A-B ) magda@rsabrokers.co.za 111 0866 151811 Denise van Zyl (C-D-E-F) denise@rsabrokers.co.za 115 0865 950180 Bernice van Zyl (G-H-I-J + N-O) bernice@rsabrokers.co.za 119 0867 692119 Michelle Hüsselmann (K-L-M) michelle@rsabrokers.co.za 109 0865 152843 Heidi Fontini (P-Q-R-S) heidi@rsabrokers.co.za 107 0865 576843 Linda Marais (T-U-V-W-X-Y-Z) linda@rsabrokers.co.za 110 0866 151810 Eileen van der Westhuizen (Portefeulje D Payne) eileen@rsabrokers.co.za 113 0865 208156 FSB KODE: 11108 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 GPS: S 33º52.707 E018º38.171 Tel: 021-9196916 Faks: 021-9199718 E-pos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za VOOR : Van links na regs Japie Louw; Derick Payne; Pieter Smitsdorff; AGTER: Van links na regs Ingrid Singels; Bernice van Zyl; Heidi Fontini; Denise van Zyl; Maria de Jongh; Eileen van der Westhuizen; Michelle Hüsselmann; Linda Marais; Magda Matthee; Thea Horak; Colleen Knoetze; Pam Coetzee Belastingkonsultant Sarah Pieterse Teedame Bladsy 16