#PovertyMustFall! moet opstaan

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Mandala Madness Deel 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

FishersNet. Aanslag op vissers gaan voort. Hulle kon nie wettig hulle bote op die see uitneem of hulpbronne oes om n bestaan te maak nie.

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SIZA takes the sting out of auditing

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Direkte en indirekte rede *

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

HOëRSKOOL PORTERVILLE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Uit Moerdijk se pen Man en Media

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Tariewe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

RAADSLEDE / COUNCILLORS

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

Helderberg Fishers Community

DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE KONSEP HERSIENE ALGEMENE BELEID VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VAN VISVANGREGTE: 2013

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Government Gazette Staatskoerant

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Mosselbaai Munisipaliteit

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Hoe om krag te spaar

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Transcription:

DEVELOPMENT TRUST VOL. 25 NOVEMBER 2015 MASIFUNDISE D E V E L O P M E N T T R U S T FishersNet Uitgegee deur: Coastal Links and Masifundise Development Trust 1 Station Weg, Mowbray, Kaapstad 7700 Tel: 021 685 4549 Fax: 021 685 3816 Email: info@masifundise.org.za Redakteursnotas Verseker ons kinders se toekoms Met groot blydskap bied ons aan die nuutste uitgawe van FishersNet, die nuusblad van Masifundse Development Trust (MDT) en Coastal Links (CLSA). Deur FishersNet kommunikeer ons met vissers, ons bondgenote, ander burgerlike organisasies en die algemene publiek in ongeveer 90 kusdorpe regoor Suid Afrika. Ons beywer onsself vernaamlik vir die implementering van die kleinskaalse visserye beleid waarvoor ons al vir meer as tien jaar veg. Die beleid is uitnemend, bied nuwe hoop en huldig n nuwe era in. Dit het die potensiaal om vissersgemeenskappe te bemagtig tot ekonomiese en sosiale selfstandigheid. Die sukses van die beleid is egter afhanklik van die deeglikheid en doeltreffendheid waarmee dit toegepas word. Ons kommer is dat hierdie proses té lank duur. Die regering sloer en dit blyk dat daar nie die gewenste politieke dryfkrag vir die beleidstoepassing is nie. Elke dag, week en maand wat verbygaan word gemeenskappe se sware stryd om oorlewing verleng. Die vooruitsig van n menswaardige lewe word verbrysel. Die drome van jongmense word vertrap. Ons drome se vervulling hang egter nie net van die regering en die privaat-sektor af nie. Ons moet onsself voorberei, bemagtig en as n eenheid saamwerk. Ons moet deelneem aan die proses van beleidstoepassing. Ons moet self navorsing doen. Ons werk moet samehorig wees. Ons moet wetlike organisasies, oftewel regsentiteite vorm wat tot voordeel is van baie en nie net tot die verryking van n klein groepie nie. FishersNet streef vooruit in die aanpak van ons uitdagings en geleenthede en verklaar: #PovertyMustFall Implementeer die SSF beleid nou! Dit is nou die tyd vir eenheid in aksie. Ons kinders se toekoms hang daarvan af. #PovertyMustFall! Vissersgemeenskappe moet opstaan Vissersverteenwoordigers van regoor die land, sowel as hul ondersteuners doen n oproep vir die snelle implementering van die kleinskaalse visserye beleid (SSF). Die beleid is uiteindelik verlede jaar goedgekeur na n tien jare sware stryd, waartydens vissers na die hof toe gegaan het, volgehoue massa-aksies onderneem het, en deelgeneem het aan beleidsformulering. Die provinsiale en nasionale voorsitters van Coastal Links South Africa (CLSA) Christian Adams (Nasionaal), Ntsindiso Nongcavu (Oos- Kaap), Norton Dowries (Wes- Kkaap), Victor Shezi (KwaZulu-Natal) en JW Steenkamp (Noord-Kaap) se oproep is alom bekend: Onmiddellike beleidsimplementering sodat vissersgemeenskappe hulself van armoede kan bevry. Die implementeringsdag was bepaal vir Maart 2016, maar dit blyk of n verdere vertraging van drie maande moontlik is. Intussen moet vissersgemeenskappe en vissers geïdentifiseer en geverifieer word en gemeenskapsgebaseerde regsentiteite (CBLE s) moet gestig word. Like slavery and apartheid, poverty is not natural. It is man-made and it can be overcome and eradicated by the actions of human beings Visvangregte sal aan CBLE s uitgereik word, wat uit bona fide kleinskaalvissers moet bestaan. Soos die proses verloop sal vissers kennis en vaardighede moet versamel wat hulle sal bemagtig om hul gemeenskappe vorentoe te vat, sê Mandla Gqamlana van Masifundise. Bowenal is dit belangrik dat n diepe eenheid gesmee word in die gesamentlike belang van alle vissers en hulle families, sê hy. Voordele van die nuwe beleid sluit onder andere in: Vir die eerste keer word ambagtelike vissersgemeenskappe formeel en wetlik erken Daar is n wegbeweging van die individuele kwotastelsel, wat voorheen die meerderheid uitgesluithet, na gesamentlike visvangregte. Die afbakening van uitsluitlike visvangsones vir kleinskaalvissers Vaardigheidsontwikkeling MASIFUNDISE This project is funded by the European Union The views expressed in this publication do not necessarily reflect the views of the European Commission. This project is implemented by Masifundise.

Masifundise/Coastal Links SA Stemme vanaf die Kus In terme van die kleinskaalse visserye beleid (SSFP) gaan individuele regte met gemeenskaplike regte vervang word. Vissers moet geverifieer word en moet n gemeenskapsgebaseerde regsentiteit (CBLE) vorm, insluitend koöperatiewe en ander strukture. Met die implementering van die SSFop hande het FishersNet met n paar vissers gesels oor die vormingsproses van hierdie strukture. Rosie Malan Port Nolloth, Noord Kaap Koöperatiewe kan vissers saambring, ons kan die fabriek oorneem wat in 2001 deur die vorige eienaars verlate gelos was, en werk en inkomste verskaf aan die mense in die gemeenskap. Sarah Niemand Buffeljagsbaai, Weskaap Koöperatiewe help ons om saam te werk, elkeen sal verskillende verantwoordelikhede hê, sommige sal vis vang, andere sal die vis skoon maak en ander sal dit verkoop. Ons moet slim werk met ons geld, almal sal betaal word, daar sal n wins wees sodat die vissers altyd kan uitgaan see toe, en ons moet geld opsy sit vir n bonus aan die einde van die jaar, vir die wintermaande en vir gemeenskapsprojekte. Israel Mbhele Mtwalume, KwaZulu Natal Koöperatiewe is n goeie ding, maar baie mense in ons gemeenskappe is nie hiervan bewus nie. In ons gesprekke met Masifundise het dit duidelik geword dat die regering ons net kan help in groepe, en koöperatiewe is een manier om dit te doen. Nou moet die regering ons net help, hulle moet ons help om die see te bevaar deur aan ons bote te gee. Tans gebruik ons n handkatrol en lyn om van die kus af te vang. Ons wil op die see uitgaan. Die regering moet ons help om nuwe vaardighede aan te leer, soos om n boot te stuur; bemagtig ons met hulpmiddele en ander dinge. Die regering moet ook wette wysig wat sê dat ons net vierstuks kreef mag vang per dag. Daarvan kan ons nie leef nie. Ayanda Yekani Hamburg, Oos-kaap Koöperatiewe en ander regsentiteite is goed, volgens hierdie beleid sal die regering nie regte aan individue uitreik nie. Die koöperatiewe sal mense saambring en help om saam te werk. Ons kan ons vis oorsee verkoop en ons kan selfs daarna kyk om in ons eie plaaslike gemeenskappe te verkoop omdat ons as n groep kan verkoop. EEN op EEN met LUYANDA MATUNTUTA Q Waar kom jy vandaan? A Oorspronklik van Cofimvaba in die Oos-kaap, maar ek het vir n groot deel van my lewe in Mdantsane, Oos-Londen gewoon, ook in die Oos-kaap. Q Vertel ons van jou gesin. A Ek is getroud en het twee kinders, n seun van 8 jaar en n dogter van 11 jaar. My ma leef nog, maar my pa is in 1996 oorlede, en ek het twee susters. Q Wanneer het jy by Masifundise Development Trust (MDT) begin werk? A Ek het in Junie 2015 by Masifundise Development Trust begin werk as n Gemeenskapsontwikkelingswerker. Q Watter werk het jy voor Masifundise gedoen? A Ek het eers as organiseerder en later as Oos-kaap Provinsiale Sekretaris gewerk vir Food and Allied Workers Union (FAWU) (Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers) tot my termyn verstryk het vroeg in 2015. Q Het jy enige belangstelling in visvang gehad voordat jy na MDT gekom het? A Ja want FAWU moes ook reageer op aangeleenthede in die visvangindustrie. Ek het met die inkvisindustrie in die Port-Elizabeth en Humansdorp omgewings gewerk en was op die Statutêre Raad wat met hierdie industrie handel. Q Waarvan hou jy in jou werk? A Ek hou daarvan om met mense in die gemeenskap te meng, om mense te begelei met betrekking tot beleidskwessies en om my beskouing met mense te deel. Die geskiedenis van die visvangindustrie interesseer my, die mense wat in visvang werk is meer gedissiplineerd as in ander plekke waar ek al gewerk het. Q Wat dink jy kan jy nog leer om in jou werk te groei? A Ek wil meer weet van visvang, wat ander lande doen in terme van hul visvangbeleide, en veral wat in Afrika aan die gebeur is. Q Wat dink jy omtrent die implementering van die SSF beleid? A Dit is belangrik dat ons kyk na die voorbereidheid van mense om koöperatiewe te bestuur, en hoe hulle die koöperatiewe in stand gaan hou. Ons mense is geneig om geld op so n manier te gebruik asof daar geen môre is nie. Vissers moet opleiding ontvang om ook ander dinge te kan doen, en hulle moet vaardighede opdoen om hulle sakeondernemings te handhaaf. FishersNet Vol. 25 November 2015 2

Small-Scale Fisheries Policy Gemeenskapsgebaseerde Regsentiteite (CBLE) is die sleutel tot nuwe beleid Die Kleinskaalvisvangbeleid, of Small- Scale Fishing Policy (SSFP), vereis van vissersgemeenskappe om te registreer as Gemeenskapsgebaseerde Regsentiteite (CBLE s), waardeur gemeenskapsregte aan n groep eerder as individue toevertrou word. Dit beteken vir vissers dat hulle deel moet word van n CBLE om voordeel te trek en om visvangregte te bekom deur die SSFP. Die CBLE maak dit moontlik vir gemeenskappe om n visvangreg gesamentlik te besit, gebruik en te bestuur, maar hierdie gebruik en bestuur is onderhewig aan die groep se reëls. Om deel van n CBLE te word moet n kleinskaalvisser eers n CBLE regtehouer word en moet hy of sy: 1. van n erkende kleinskaalvisvanggemeenskap kom 2. op n lys van geïdentifiseerde benoembare vissers verskyn 3. deel wees van n CBLE. n CBLE is n geregistreerde entiteit waardeur kleinskaalvissers toegang tot regte verkry deur die SSFP. CBLE s kan verskeie vorme aanneem, byvoorbeeld DAFF stel voor dat gemeenskappe koöperatiewe vorm om visvangregte te bekom, maar dit is alleen die voorkeur van die departement en nie voorgeskryf deur die wet nie. Masifundise neem dit in aanmerking en in hierdie artikel fokus ons op die wetlike aspekte in die registrering van n CBLE, of dit nou kommersieel is of nie-kommersieel is. CBLE s kan verskeie vorme aanneem, afhangende van die aard van die visvanggemeenskap waarin dit geleë is. n CBLE kan van kommersiële of nie-kommersiële aard wees. Kommersiële entiteite kan n maatskappy wees, n beslote korporasie, n saketrust of n koöperatief, terwyl nie-kommersiële regsentiteite onder nie-vir-wins organisasies val, soos byvoorbeeld n liefdadigheidstrust, n artikel 21 maatskappy of n vrywillige vereniging. Luidens die Doing Business Project, kry diegene wat probeer om n nuwe regsentiteit te inkorporeer en registreer in Suid-Afrika die wind van voor as gevolg van vele burokratiese en regtelike struikelblokke. Hieronder volg n vyf-stap regtelike en burokratiese proses om n regsentiteit te registreer in Suid-Afrika, volgens die Doing Business Project. Eerstens, registreer by die Maatskappye en Intellektuele Eiendom Kommissie oftewel die Companies and Intellectual Property Commission (CIPC). Daar is vier verskillende maniere vir n entrepreneur om n maatskappy te registreer by CIPC. Die mees algemene vorm van registrasie, soos bereken deur die Starting a Business Indicator, is deur die CIPC webwerf (www. cipc.co.za). Registrasie kan ook plaasvind by die self-diensstasies in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad, en by sommige banktakke (sover FNB); en deur epos. Vir n aanlyn registrasie moet die entrepreneur eers as n klant op die CIPC webwerf registreer (www.cipc.co.za ). Maak n bankrekening oop Om n bankrekening oop te maak moet die aansoeker bewys van identiteit lewer van die direkteure, sowel as die oorspronklike maatskappydokumente. Hierdie proses kan vertraag word as die benodigde dokumente, soos voorgeskryf deur die Know-Your-Customer ( KYC ) bepalings in die Wet op die Finansiële Intelligensie Sentrum(Financial Intelligence Centre Act - FICA), nie in orde is nie. Registreer vir inkomstebelasting en terughoubelasting (PAYE, UIF and SDL) by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, oftewel South African Revenue Service (SARS). Die CIPC en SARS is elektronies verbind. Wanneer die entrepreneur n SARS tak besoek om vir inkomstebelasting te registreer, verkry SARS die inligting wat die entrepreneur vroeër gedurende prosedure 1 aan CIPC verskaf 3 het. Die entrepreneur moet SARS nietemin persoonlik besoek vir: a) Inkomstebelasting registrasie. b) Werknemersbelasting (PAYE), Werkloosheidversekeringsfonds (UIF) en Vaardigheidsontwikkelingsheffing (SDL) registrasie: Die entrepreneur moet die EMP101e vorm indien by die plaaslike SARS kantoor. Die vorm is aanlyn beskikbaar. Registrasie is oombliklik en kan aanlyn of by n tak gedoen word. Registreer vir BTW (VAT) by die Suid- Afrikaanse Inkomstediens (SARS) Besighede wat n jaarlikse belasbare omset van meer as ZAR1,000,000 het, moet vir BTW registreer. Die aansoek vir die registrasie word in die VAT 101 vorm gedoen. BTW registrasie kan van 1 tot 21 werksdae duur, afhangende van die risikovlak wat SARS vir die maatskappy bepaal. Die risikovlak word beraam volgens verskillende veranderlikes soos maatskappy aktiwiteite, omset en die konsekwentheid waarmee inligting verskaf word. Registreer die maatskappy by die Werkloosheidversekeringsfonds (UIF) Volgens die Wet op Werkloosheidversekering en die Wet op Werkloosheidversekeringsbydraes, moet alle werknemers wat meer as 24 uur per maand werk, vir UIF geregistreer word. Die werkgewer is aanspreeklik vir die registrasie van werknemers. cvervolg op bladsy 8 FishersNet Vol. 25 November 2015

Coastal Links Nuus Coastal Links gaan voorwaarts Coastal Links het meer as 4 000 lede in vissersgemeenskappe langs die land se kus. FishersNet doen verslag oor die gebeure in CLSA in elke provinsie. Weskaap Die Wes-Kaap Provinsie het PEC (Provinsiale Uitvoerende Komitee) vergaderings gehou in Junie en September. Die laaste PEC vergadering het skerp kritiek aanhangig gemaak oor die rol van bemarkers, DAFF en sommige g e m e e n s k a p s v e r t e e n w o o r d i g e r s, aangaande hul rolle in die Tussentydse Verligtingsmaatreëls (IR). Norton Dowries, Wes-Kaapse voorsitter het bevestig dat dit belangrik is om op hierdie stadium te werk om die kleinskaalvisvangbeleid (SSFP) toe te pas. Die identifiserings- en verifiëringsproses het werk nodig. Ons moet seker maak dat alle vissers geïdentifiseer en in die stelsel opgeneem word, sê Dowries. Daarna, sê Dowries, moet hulle in samewerking met DAFF regsentiteite vir die vissersgemeenskappe vorm. Die Weskaap het 20 takke in 20 vissersgemeenskappe, met Stilbaai die jongste tak wat aangesluit het. Ons moet seker maak dat alle vissers geïdentifiseer en in die stelsel opgeneem word. Dowries sê dat Coastal Links verteenwoordig is in al die Wes-Kaap se streke, behalwe daar waar die South African Artisanal Fishers Association (Suid- Afrikaanse Ambagtelike Vissers Vereniging) takke het, danksy n ooreenkoms tussen die Artisanal Fishers Association en Coastal Links. Noord-Kaap Hierdie is die kleinste provinsie in Coastal Links, waar daar net twee kus visdorpe is, Port Nolloth en Hondeklipbaai, volgens Nico Waldeck, n Masifundise veldwerker. Die enigste tak wat funksioneer is Port Nolloth, die Hondeklipbaai tak is nie tans funksioneel nie. Waldeck sê dat die meeste probleme in die provinsie te doen het met die Tussentydse Verligtingsmaatreëls (IR) en die rol van bemarkers wat tweespalt saai tussen verskillende vissers. Die ineenstorting van die Hondeklipbaai tak is die nadraai van sulke vernietigende optredes. Waldeck sê dat die CLSA lede in die Noord-Kaap dit oorweeg om deel te word van de Wes-Kaap. KwaZulu Natal Die belangrikste kwessie vir KwaZulu-Natal (KZN) is toegang tot die see. Vissers wil toegang hê tot die isimangaliso Wetlands Park (isimangaliso Vleiland Park) en ander natuurreservate in die provinsie, volgens Lindani Ngubane, n Masifundise KZN veldwerker. Coastal Links KZN het PEC vergaderings gehou in Julie en Oktober hierdie jaar. Die tweede PEC vergadering was n uitgebreide PEC vergadering, en het sommige voorsitters van plaaslike CLSA takke in die provinsie ingesluit het Ngubane gesê. Tans het ons meer as 50 takke in die provinsie waardeur al die vissersgemeenskappe langs die KZN kus verteenwoordig word. Die PEC beplan om sommige takke saam te voeg omdat daar te veel is, en om die takke se grense in ooreenstemming te bring met ander plaaslike grense. Die PEC het gestem om n brief te rig aan die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, om die minister in te lig oor die kwessies waarmee vissers in KZN te doen het, die gebrek aan n SSF beleidsdiensverskaffer, Ons word nie toegelaat om wat ons vang te verkoop nie. en hoe die isimangaliso Wetlands Park en Ezemvelo toegang tot die see aan vissers weier. Oos-Kaap CLSA in die Oos-Kaap het 58 takke in 58 vissersgemeenskappe langs die Oos-Kaapse kus, luidens Ntsindiso Nongcavu, CLSA provinsiale voorsitter. Die laaste PEC vergadering was in Oktober gehou waar die belangrikste items op die agenda toegang tot die see, en die implementering van die SSF beleid was. Vissers in Dwesa-Cwebe het n optog georganiseer om toegang tot die Mariene Beskermde Gebied te eis. Ons het geen toegang tot die see nie, ons het geen hulpbronne nie, en ons word nie toegelaat om wat ons vang te verkoop nie, ons kan net perlemoen en mossels verkoop, sê Nongcavu. Ons gaan ook die kwessie oor kusaangrensende gebiede lig, waarvolgens ons 1,5km weg van die see af moet bly. Vroeër het ons naby die see gewoon, nou word ons verhoed deur die omgewingsbeleid van die regering, en as gevolg van mynbedrywighede op die strande. FishersNet Vol. 25 November 2015 4

Vissers gaan hof toe oor toegangsregte In die komende paar maande bevind twee visvang gemeenskappe, Langebaan in die Weskaap en Dwesa/Cwebe in die Oos-kaap hulself in die hof waar hulle hul reg eis om n volhoubare lewensbestaan te maak. Langebaan Die Langebaan hofsaak duur al meer as drie jaar in die Wes- Kaapse Hooggeregshof. Dit sal uiteindelik weer vroeg in 2016 voor die hof kom. Die Langebaan v i s v a n g g e m e e n s k a p versamel al baie lank mariene hulpbronne in die Langebaan strandmeer, tot en met die besluit van die apartheid regering om Langebaan in n toerismebestemming te verander, waardeur tweespalt tussen vissers en vakansiegangers ontstaan het. Om die konflik op te los was die strandmeer gesoneer vir visvang en ontspanning, maar die oplossing was kortstondig, want sedertdien het die regering die strandmeer as n Mariene Bewarings Gebied (MPA)verklaar en is dit hersoneer in Sones A, B en C. Hiervolgens word vissers verbied om in Sone B te vang, waar hulle tradisioneel gevang het, en Sone C word tot n geen-vang sone verklaar. Vele vissers is al gevang en toegesluit omdat hulle betrap is waar hulle in Sone B vis gevang het. Vissers is skepties oor die gedurige vertragings in die hofsaak. Langebaan visser en Wes-Kaapse voorsitter van Coastal Links South Africa, Norton Dowries, het n oproep gedoen dat die saak so spoedig moontlik afgehandel word. Die vissers word verteenwoordig deur die Legal Resources Centre Dwesa- Cwebe Die appèl teen die skuldigbevinding van David Gonqose en anders in 2012 het voor die Mthatha Hooggeregshof gekom in November. Hulle was voorheen skuldig bevind van poging om vis te vang in n Mariene Bewarings Gebied ( MPA ) sonder toestemming, en onskuldig bevind aan drie verdere aanklagtes. Die appèl sluit n grondwetlike betoog in teen die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne (MLRA) om vas te stel of die Wet die gemeenskap se regte volgens gebruiklike regte uitwis. Die vissers wil gedeeltelike toegang hê tot die MPA in terme van regte gebaseer op hul gebruiklike regte. Hulle betoog dat daar geen raadpleging met hulle was toe die MPA verklaar was nie, en dat omgewingsbewaring en volhoubare gebruik van mariene hulpbronne van wesenlike belang is tot hulle lewensbestaan. Tot nou toe het regeringsdepartemente misluk om te reageer op die gemeenskappe se herhaaldelike versoeke om toegang tot mariene hulpbronne, en om gesamentlike bestuursreëlings op te stel in terme van die skikkingsooreenkoms wat hulle in 2000 onderteken het. Die Dwesa-Cwebe gemeenskappe het die wetlike hersiening in 2013 geloods en word deur die Legal Resources Centre (LRC) verteenwoordig in die saak. 5 Operasie werkskepping Masifundise Nuus Plan Plan om vissers te bemagtig vir werkgeleenthede Masifundise en Coastal Links South Africa onderneem n projek met die doel om in die volgende drie jaar 2 000 werkgeleenthede in 20 vissersgemeenskappe te skep. Die projek vind plaas in die konteks van die implementering van die langverwagte Kleinskaalvisseryebeleid (SSF) langs die kus van die land. Die beleid maak voorsiening vir die gesamentlike bestuur van visserye en vir die oprigting van regsentiteite wat deur gesamentlike ondernemings bestuur word Die inisiatief word die Werkskepping en volhoubare lewensbestaansmiddele deur die implementering van die Kleinskaalvisseryebeleid (Job creation and sustainable livelihoods through the implementation of the Small-Scale fisheries Policy) projek genoem. Die projek sal in die vier kus provinsies plaasvind naamlik die Noord-kaap, Wes-kaap, Oos-kaap en KwaZulu-Natal. Kleinskaalvissers sal opgelei word tydens die implementeringsproses om van verskeie werkgeleenthede gebruik te maak. Dit sal gedoen word in samewerking met n verskeidenheid van belanghebbendes insluitend die regering en NRO s (nie-regeringsorganisasies). Ons wil hê dat vissersmense, insluitend vroue en die jeug, toeneem in vaardighede en bekwaamheid om te kan deelneem in gesamentlike bestuur van visserye en om voordeel te trek uit werkskepping via die implementering van die SSF beleid, was die verduideliking van Masifundise se Carsten Pedersen. Vissers moet bemagtig word sodat hulle koöperatiewe of ander gemeenskaps-entiteite (regs-entiteite) kan bestuur. Ons wil gemeenskappe hê wat ten volle funksioneel en selfstandig is en wat voedselsekerheid het, en dit sal ons regkry deur hulle voor te berei vir die implementering van die SSF beleid, sê Masifundise veldwerker Nico Waldeck. Masifundise beoog verder om samewerking met regeringsdepartemente, soos die Departement van Handel en Nywerheid en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, te verbeter met die doel om die regering se toewyding, sowel as menslike en finansiële hulpbronne te verseker vir die suksesvolle implementering van die SSF beleid. Ons sal hierdie departemente voortdurend bly uitnodig en betrek in roundtable vergaderings en werkswinkels vir hulle verbintenis en insette in hierdie projek, sê Masifundise se hoof van programme, Mandla Gqamlana. Ons bepleit al vir die afgelope 20 jaar dat die regering die beleid implementeer en dat kleinskaalvissers wetlik erken moet word, noudat dit gebeur is ons opdrag om te verseker dat die beleid volledig geïmplementeer word en dat mense hulle regte verkry, het Mandla voortgegaan. Die projek word befonds deur die Europese Unie as deel van die Nasionale Ontwikkelingsbeleidondersteuningsprogram vir Suid- Afrika Vaardigheidsontwikkeling en Werkskepping (National Development Policy Support Programme for South Africa Skills Development and Job Creation). FishersNet Vol. 25 November 2015

Masifundise Nuus Masifundise durf Binnelandse Visserye aan In April vanjaar het Masifundise die Vanderkloof vissers van die Noord-Kaap besoek en so die binnelandse visserybedryf betree. Dit is die eerste keer dat Masifundise in die varswatervisvangsektor werk. Masifundise ondersteun die regte van kleinskaalvissers tot n volhoudbare lewensbestaan en broodwinning in n raamwerk van omgewingsvolhoubaarheid en gemeenskapsbemagtiging. Vroeër hierdie jaar is Masifundise genader deur Rhodes Universiteit om hulle by te staan in n eksperimentiële projek. Die regering het die Rural Fisheries Programme (RFP) (Plattelandse Visseryeprogram) van die Departement Ichtyology and Fisheries Science (Departement van Viskunde en Visseryewetenskap) by Rhodes Universiteit gekontrakteer om die lewensvatbaarheid van n visseryeprojek by die Vanderkloof Dam te ondersoek. Die eksperiment sal voortgaan sodra n konsep Fisheries Management Plan (FMP) (Visseryebestuursplan) gefinaliseer is vir die eksperimentële visserye. Die eksperimentële projek word gebou teen n voorgestelde koste van R1.3 miljoen. Die kostes dek visvanggereedskap, n boot, vierwiel motorfiets, handelswinkel, n verwerkingsaanleg en salaris vir n terreinbestuurder. Masifundise het in April hul eerste treë gegee in die wêreld van varswater visserye toe n tweepersoonafvaardiging n besoek onderneem het aan Vanderkloof Dam buite Orania. Kleinskaalvissers sukkel om n bestaan te maak vanweë n aantal faktore waaronder monopolieë, oorbevissing, besoedeling van die oseane en regeringsaksies insluit. Vele gemeenskappe in armoede word toegang tot visvanggeleenthede weerhou deur elite groepe wat noue kommersiële belange bokant die vissers se lewensbestaansregte plaas. By Vanderkloof stel ons belang in die regeringsvoorstel waarin die potensiaal vir visvang as n lewensbestaan en vir armoedeverligting ondersoek word, sê Masifundise se Michelle Joshua. Masifundise help gemeenskappe om hulself te organiseer sodat hulle kan deelneem aan die proses. Behalwe vir die eksperimenteringsprojek is daar ook die moontlikheid vir mense om n bestaan te maak deur n kraalvissery inisiatief. Hengel ha-ha s Waar bêre n vis sy geld? In die rivierbank? Waar slaap n vis? In n rivierbed. Op n dag word n visserman aan die Weskus betrap deur die inspekteur met 10 klein krewe in n emmer. Die inspekteur sê dat hy hom gaan aankla vir die vang van ondermaatse krewe. Die visserman maak egter beswaar en sê: Meneer, hierdie krewe is my troeteldiere. Ek bring hulle elke dag hierheen om n bietjie te swem. Na n rukkie fluit ek net en hulle swem terug, spring in die emmer en dan vat ek hulle huis toe. Die inspekteur antwoord dat dit geheel en al onsin is, maar die visserman dring aan daarop dat hy dit kan bewys. Toe laat die visserman die krewe in die water vry en hulle swem weg. Na verskeie minute draai die inspekteur na die man en sê: Nou toe? Nou toe, wat? antwoord die visserman. Wanneer gaan jy hulle terugfluit? vra die inspekteur. Wie terug fluit? vra die visserman. Die krewe sê die inspekteur beslis. Watter krewe? vra die visserman. FishersNet Vol. 25 November 2015 6

STROKIE Hi Thozama, ek sien die kleinskaalvisvangbeleid gaan volgende n werklike bestaan kan maak. Ja man Rasta, uiteindelik sal ons jaar toegepas word, nadat ons so Soos ek dit verstaan, gaan ons gemeenskapsgebaseerde wetlike entiteite lank wag. moet vorm, insluitend koöperatiewe, om voordeel te trek uit die beleid. Ja dit lyk na die regte ding, dit gee mense die geleentheid om saam te werk, koöperasie beteken samewerking. Maar daar is ook ander vorme van organisasies wat van toepassing kan wees vir ons kleinskaalse vissers om ons besighede te kan bedryf. Koöperatiewe mag vir sommige van ons die beste wees, maar in ander gemeenskappe mag dit dalk beter wees as vissers hulle besighede bedryf deur n trust of n ander soort organisasie soos n NGO. Ja... Miskien is jy reg Edgar, ons is nie almal dieselfde nie, net so is alle gemeenskappe nie dieselfde nie. Daarom is dit beter dat ons nie n eengrootte-vir-almal oplossing het nie. Ek dink dit is waarom die regering en die organisasies en ander betrokkenes by die ontwerp van die kleinskaalvisvangbeleid slim was, om nie net een tipe van besigheid vir die SFFP te bepaal het nie. Eerder as om die besigheids tipe voor te skryf, word daar alleen verlang van vissers om gemeenskapsgebaseerde regsentiteite of CBLE s te vorm indien hulle voordeel wil trek uit die kleinskaalvisvangbeleid. Wat is n CBLE? Dit is maar net n wetlik geregistreerde organisasie soos n koöperatief, trust of n NGO wat besigheid kan doen namens sy lede of aandeelhouers en wat in n gemeenskap gebaseer is. Sê nou ons vorm en registreer n koöperatief, wat doen ons nadat dit geregistreer is? Dan kan ons begin besigheid doen, ons kan vir visvangregte aansoek doen onder die kleinskaalvisvangbeleid. En soos ek dit verstaan, verkry ons regte tot verskeie spesies onder die kleinskaalvisvangbeleid. Ons kan selfs vir n regeringstoelaag aansoek doen, ek begryp dat die regering meer as R300 000 per koöperatief gee as deel van hulle koöperatiewe program. Ek verneem dat DAFF die DTI en die Departement van Kleinsake gaan benader om kleinskaalse vissers te betrek, by die regering se Koöperatiewe Aansporingsskema of CIS (Co-operative Incentive Scheme) sodat ons selfs vir toelae van meer as R300 000 kan kwalifiseer. Soos ek verstaan kan ons meer as een koöperatief in n visvanggemeenskap vorm, waarvan almal onder dieselfde gemeenskapsvisvangreg mag visvang. Dan kan ons ook ander koöperatiewe vorm wat die vis kan verkoop en ander dinge doen soos koop en verkoop van aas en visvanggereedskap, selfs herstelwerk van nette. Al hierdie koöperatiewe kan vir die CIS toelaag aansoek doen. Ons kan ook sekondêre koöperatiewe vorm wat in die verwerking van ons vis betrokke kan wees, en DAFF sal aan hulle permitte uitreik om die vis te verwerk en te bemark. En, ons kan die bemarkers en middelmanne uitskakel!!! 7 FishersNet Vol. 25 November 2015

Ter Nagedagtes Hartseer terugslae vir CLSA in 2015 Hamba Kahle comrades Oor die laaste paar maande moes die visvanggemeenskap van Suid-Afrika, Coastal Links SA en Masifundise Development Trust afskeid neem van vier van ons steunpilare, wie deur siekte van ons ontneem is, en wie die vaandel in die geveg vir vissersregte aan ons nagelaat het. Kenneth Blaauw was die eerste. Hy is in April aan n maagverwante siekte oorlede. Kenneth Blaauw sal altyd onthou word as die persoon wat die grootskaalse visbedryf voor die hof gebring het namens die kleinskaalse visvanggemeenskap. Uit daardie hofgeding het die aanneming van die kleinskaalvisvangbeleid (SSF) voortgevloei, wat volgende jaar in werking tree. Blaauw was deel van CLSA sedert die ontstaan daarvan in Langebaan in 2004. Hy was n man van min woorde, vol vrede, gelukkig en lief om te sing. Kenneth is n ware visserman, vertel Norton Dowries, CLSA Weskaap Voorsitter, en jarelange vriend van Blaauw. Kenneth Blaauw se bydrae tot die belange van kleinskaalsevissers wêreldwyd was enorm, was die woorde van Naseegh Jaffer, Direkteur van Masifundise Development Trust. Mnr Blaauw word oorleef deur sy lewensmaat, twee seuns en twee dogters Samke Mchunu In Julie het ons vaarwel geroep aan Samkelisiwe Mchunu, die nasionale adjunkvoorsitter van CLSA, wat op 21 Julie aan n longinfeksie oorlede is, en op ouderdom van 27 een van CLSA se jongste lede was. Samke is gebore in Nonoti, KZN waar sy haar laer en hoërskool voltooi het. Ek sal haar onthou as hierdie lieflike jong dame wat gedigte kon skryf oor die stryd van die vissersmense, sê Ntombekhaya Jabavu, CLSA lid in die Oos-kaap. Sy word oorleef deur haar twee jong kinders, haar vader Mnr Mchunu en moeder mam Mthembu. Neville Luyt Neville Luyt, die voormalige CLSA Weskaap voorsitter is oorlede op 30 Augustus na n lang stryd teen breinkanker. Hy is gebore op 9 April 1981 en het grootgeword in Steenberg s Cove naby Vredenburg aan die Weskus. Hy het na verskeie dele van die wêreld gereis om vir die regte van Suid-Afrikaanse vissers en vissers regoor die wêreld te smeek, en veldtogte te voer onder die baniere van CLSA en die World Forum for Fisher Peoples (WFFP) Namens vissersmense van Suid-Afrika en regoor die wêreld het hy die internasionale verhoog betree. Hy het op n keer die Deense parlement toegespreek oor die lot van kleinskaalse vissers, volgens Christian Adams, nasionale voorsitter van CLSA. Neville word oorleef deur sy moeder, eggenote, twee seuns, drie broers en drie susters. Dawid Phillips DAWID Phillips, of Oom Dawie, soos hy alom bekend was, is gebore op 12 Junie 1960 en oorlede op Donderdag 1 Oktober 2015 na n lang stryd teen breinkanker. Oom Dawie sal onthou word vir sy groot bydrae in die bestryding van armoede onder die visvanggemeenskap van Port Nolloth, deur sy harde werk om koöperatiewe in sy gemeenskap te vestig. Ten spyte daarvan dat hy net Standerd Ses voltooi het, was hy suksesvol daarin om homself te bemagtig, en hy het n boukontrakteur en later n visser geword. Deur sy besigheid het Oom Dawie baie organisasies en kerke geborg. Oom Dawie het siek geword by die Algemene Vergadering van die WFFP in Kaapstad in September 2014, en is later gediagnoseer met breinkanker. Oom Dawie word oorleef deur sy ouers, sy broers en susters en sy voormalige eggenote en vyf kinders. Sy vriend en kameraad Christiaan Mackenzie onthou hom so: Hy was baie toegewyd aan die stryd van die kleinskaalse visvanggemeenskap, en in die proses het hy soms sy persoonlike welsyn afgeskeep. vervolg van bladsy 3 Gemeenskapsgebaseerde Regsentiteite (CBLE) is die sleutel tot nuwe beleid Registreer by die Kommissaris met betrekking tot die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes Volgens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes 130/1993 soos gewysig in 1997 is die werkgewer verantwoordelik om werknemers te registreer by die Vergoedingsfonds. Registrasievorms kan verkry word op die Departement van Arbeid se webwerf (www. labour.gov.za). Daar is egter geen aanlyn registrasie nie en dit moet persoonlik gedoen word. Verwysings: 1. http://southafrica.smetoolkit.org/sa/en/ content/en/7708/a-co-operative-as-abusiness-entity 2. http:// www. doingbusiness. org/ data/ exploreeconomies/south-africa/starting-abusiness 3. http://www.nortonrosefulbright.com/files/ za-a-guide-to-doing-business-in-southafrica-pdf-112673.pdf 4. Legal Option for community partnership with DWAF Forestry, Department of Water Affairs and Forestry 2005 5. Why the Community Based Right, Wilmien Wicomb, 2015 Uitgegee deur: Coastal Links and Masifundise Development Trust: Email: info@masifundise.org.za 1 Station Weg, Mowbray, Kaapstad 7700 Tel: 021 685 4549 Fax: 021 685 3816 MASIFUNDISE DEVELOPMENT TRUST FishersNet Vol. 25 November 2015 8