Geagte Ouers / Voogde en Florries

Similar documents
Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Geagte Ouers / Voogde en Florries

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Tariewe

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Tariewe

Geagte Ouers / Voogde en Florries

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Geagte Ouers / Voogde en Florries

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Geagte Ouers / Voogde en Florries

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

INSKRYWINGSVORM

Direkte en indirekte rede *

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Hoe om krag te spaar

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

die ArtKat Jaar program

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

SIZA takes the sting out of auditing

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Die Hoërskool DF Malan

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Sterdansers by Vensters.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

RAADSLEDE / COUNCILLORS

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Transcription:

Jaargang 15 Nuusbrief 29 23 Oktober 2014 Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat ENJOY EVERY MOMENT Geagte Ouers / Voogde en Florries Die welkome reën het die aarde sommer skoon gewas! My wens is dat ons land 'n geseënde somer sal hê en dat veral die boere 'n wonderlike seisoen sal hê. SKOOLGELD 2015 Ek glo elke gesin het die reëlings vir 2015 reeds ontvang. Dankie by voorbaat vir die meerderheid ouers wat hulle volle samewerking gee. Soos in verlede week se Florrie-Fokus duidelik uitgespel, is die bydrae van elke ouer uiters nooodsaaklik. Die skool se voortbestaan hang nie van die staat af nie, maar van die kontinu bydrae van ons ouers. Selfs gereelde verminderde bydraes is veel beter as ouers wat geen bydrae lewer nie. Die hoë eerste paaiement is 'n poging om die hoë kostes aan die begin van die jaar te kan betaal. Spaar asseblief betyds hiervoor. Indien daar tydens 2014 dalk nagelaat is om die nodige reëlings met die kantoor te tref, is dit beslis nou die tyd om uitstaande skoolgeld-verpligtinge te reël. REëLINGS VIR 2015: ROOSTER EN/OF VAKVERANDERINGS In die begin van die jaar word daar dikwels versoeke ontvang ten opsigte van die rooster. Soos in die verlede moet alle versoeke reeds vanjaar ingegee word by die kantoor. Dit sluit in: 1. Moontlike vakveranderings. 2. Moontlike versoeke aangaande plasing in klasse bv. met tweelinge ens. 3. Enige ander versoek wat met die rooster verband hou.

Neem asseblief kennis dat die keusevak in graad 8 en 9 wel verander kan word. Die indeling vir graad 9 word van voor af gedoen, met ander woorde die klasgroeperinge behoort anders te lyk as in 2014. Alle versoeke moet ingehandig wees teen Vrydag, 31 Oktober 2014. PRESTASIE Tenieke Smith (gr. 8) presteer in Akrobatiese Gimnastiek. Tydens die nasionale kompetisie in Randfontein behaal sy 'n vierde plek algeheel en ontvang sy kleure in haar kategorie. In drie kategorieë het sy 'n eerste plek behaal baie geluk! Nicole Liebenberg (gr. 9) het puik presteer tydens die SA Talent Championships. Sy wen 6 goue medaljes, 3 silwer en 1 platinum vir sang, modelwerk en dans en 'n medalje vir top 5 in modelwerk. Sy is 5 keer genomineer om in Orlando, VSA te gaan deelneem. Baie geluk! Donovan Lues (gr. 11) presteer baie mooi in Cheerleading. Hy is deel van die span wat aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het en wat as die wenners gekroon is. Hulle span is ook vereer as Champions of Champs 2014 'n toekenning vir die span wat op die toernooi die hoogste punte behaal het in alle kategorieë. Van harte geluk, Donovan! Huné van der Merwe (gr. 10) presteer puik in gimnastiek. Tydens die onlangse nasionale kampioenskappe was sy algeheel eerste in haar kategorie. Sy verower goud op die balk en silwer op die rekstok en vloer. Baie geluk, Huné! HARTSEERNUUS Ons het met leedwese kennis geneem van die volgende hartseergebeure: Mej. Erasmie Olivier (musieksentrum) se broer is oorlede. Stephan Kruger (gr. 10) se oupa is oorlede. Clarece Scholtz (gr.8) se ouma is oorlede. Ons troos en simpatie aan hierdie gesinne en hul naasbestaandes. Ter afsluiting, Dr. Walter Doyle Staples noem 5 wonders van die verstand waarmee dit moontlik is om beheer oor jou lewe uit te oefen: 1. Jy beskik oor die vermoë om wat jy dink van minuut tot minuut te beheer. 2. Jy beskik oor die vermoë om jou toekoms kreatief voor te stel presies soos jy wil hê dit moet ontwikkel. 3. Jy beskik oor die vermoë om toegang te verkry oor inligting. 4. Jy beskik oor die vermoë om negatiewe gedagtes en emosies uit jou lewe te skakel. 5. Jy beskik oor die vermoë om die rol te speel van die persoon wat jy die graagste wil wees.

Al vyf waardes van die verstand bewys die een belangrikste feit: Jy skep jou eie werklikheid! Vriendelike groete M.S. SCHUTTE HOOF CSI FLORIDA Ons nooi jou om Vrydag die CSI-byeenkoms gedurende EERSTE pouse in O31 by te woon! Die Mosaïek-span kom by ons kuier. Maak seker jy's daar! Saterdag, 15 November @ 10:00 vriendinne@florries kuieroggend Kom kuier heerlik saam met vriendinne om ons langtafel onder die bome in Hoërskool Florida se somertuin! 'n Pragtige oggend met mooi musiek en heerlike eetgoed! Kom kuier saam! Indien u bereid is om as gasvrou by een van ons tafels op te tree, en vriendinne te bederf, skakel asb. vir Thea by die skool. (011 672 5345/6) As u net wil kom saamkuier, kom koop gerus 'n kaartjie teen R100 per persoon by die finansiële kantoor. BELANGRIKE DATUMS: 24 OKTOBER TOT 30 OKTOBER 2014 Vr 24 Okt CSI O31 Gr. 12 Alpha Wiskunde Do 30 Okt Skyfskiet Bosberaad VERJAARSDAE 24 Oktober Mnr. Morné Hanekom 26 Oktober Me. Martha van den Berg Van harte geluk. Seënwense word u toegewens. TE HUUR Carolwood Village Floridapark. 3 Slaapkamer, 2 badkamer, toesluit motorhuis met afdak, sitkamer, eetkamer en groot kombuis. R8500.00 per maand, water en elektrisiteit ekstra. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Teresa vir meer inligting 0823543909.

GEDAGTE VIR DIE WEEK Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here. - Klaagliedere 3:25-26 NAV - ROLSTOEL-LIEFDADIGHEIDSPROJEK Onthou asseblief om die plastiekseël wat gebruik word om brode te seël, soos met die Albany- en Sasko-brode skool toe te stuur. Ons is besig om n verskil vir ander te maak met die projek! Ons stuur al die seëls na Ons Huis Tehuis vir Bejaardes. Stuur gerus die broodseëls na die kantoor vir aandag: Ethne Oelofse.

Beroepsvoorligting PsyESCA spesialiseer in Beroepsvoorligting (Graad 11 & 12) en Vakkeuse toetse (Graad 9). Fokus is op: persoonlikheid, belangstelling, aanlegte, waardes, volwassenheid om beroepsbesluite te neem, skool rapporte, agtergrond en kennis oor verskillende beroepsvelde. Dienste sluit die volgende in: Onderhoud, geskrewe verslag, verbale terugvoersessie, inligting oor beurse asook webwerwe wat gebruik kan word vir navorsing. Kontak Desiree du Plessis by 084 406 0832; desireedp@gmail.com; Website: http://psyesca.wix.com/psyesca

FLORRIE S KLUB 700 Florries Klub 700 Posbus 500 Florida Hills 1709 Telefoon : (011) 672 5345/6 Faks : (011) 672 5246 Epos : msschutte@florries.co.za Ons glo dat u bloed GROEN is en dat u hart warm klop vir Hoërskool Florida. Ons neem die vrymoedigheid om u te nader om by die Florries KLUB 700 aan te sluit. Die droom van ons eie klubhuis is bewaarheid sonder enige koste vir die skool en met behulp van n oud-florrie en sy pa. Ons vier in 2015 ons SEWENTIGSTE verjaarsdag en wil dan baie graag die klubhuis amptelik in gebruik neem. Die doel met die klub is drieledig van aard: Om fondse te in vir die meubilering van die klubhuis. Ons ouer- en ondersteuningsbasis te mobiliseer. Betrokkenheid te kweek deur deelname, dus: GEE JOU TYD, KUNDIGHEID, KENNIS, GELD EN ONDERSTEUNING. Meer volledige inligting beskikbaar op die D6-Kommunikator. Ons glo dat ons met u hulp en ondersteuning n sukses van hierdie projek sal maak! Meer volledige inligting beskikbaar op die D6-Kommunikator of by www.florries.co.za

Vol kop kleur Kort R250 Meduim R375 Lang R500 Twist H & a Matriek Afskeid Upstyles R250 Cu ir D rl e si Dames Sny en Blaas R150 gn Amanda 079 498 7711 Ontdekkers Straat Florida Park Seuns Haarsny R80 REüNIES Die matriekklas van 1955-beplan 'n reünie vir 2015. Hulle poog om soveel moontlik van die klasmaats te kontak. Stuur asseblief kontak inligting aan Prof. Henrietta van Winsen (neé Henning) by henrietta.vanwinsen@gmail.com OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE Skakel Dr. WC Griffith vir spesialis opvoedkundige en sielkundige dienste. Dr. Griffith spesialiseer in: Psigometriese assessering, Beroeps en vakkeuse voorligting, Leerprobleme, Onderprestasie, Effektiewe studiemetodes, Emosionele probleme, Gedrags en Aanpassingsprobleme, Trauma begeleiding en Ouerbegeleiding. Alle fooie volgens voordeleskaal van u mediese fonds. Mediese fonds betaal 100% van alle kostes! Dr. Griffith is 'n geregistreerde sielkundige by die H.P.C.S.A en by die B.H.F.S.A. Praktyk no. 0445797. Kwalifikasies: DEd (Opvoedkundige Sielkunde), MEd(Voorligting), BEd (Voorligting & Berading), BA (Opv. & Sielk.), H.O.D (Skoolvoorligting). Adres: Christiaan de wet 22 Vind ons op Facebook/dr.griffithwc en medpages Tel: 011 674 0872 Sel: 073 123 1244

Team Ferreira Dean and Estelle Ferreira Cell: 083 267 5966 Hotline: 084 397 5673 estelle.ferreira@kwsa.co.za www.exploreproperties.co.za FLORIDA HILLS - R1 950 000 FACEBRICK SPLENDOR This architect designed masterpiece home offers 3 bedrooms, 2.5 bathrooms. Enclosed entertainment area and pool. 2 Automated garages. Servant quarters & outside laundry room. Property situated on a 1926m2 stand. WEB REF: 3209073 FLORIDA EXT 9 - R1 150 000 SPACIOUS FAMILY HOME This Beautiful home offers; 4 spacious bedrooms, 3 neat bathroom (2x en-suite). Living areas includes a lounge, TV room, dining room and a family room. Kitchen with separate scullery. Lapa with swimming and Koi pond on a well established garden. 2 garages and ample parking space. WEB REF: 3202643 FLORIDA - R845 000 FLORIDA- R795 000 A FINISHED PRODUCT This charming home is the heart of Florida featuring beautifully renovated wooden floors, pressed ceilings. 3 bed-rooms, 1 bathroom and open plan living areas, kitchen, single garage. Servant quarters. This home is on a stand size of 495m2 WEB REF: 3208880 VICTORIAN MASTERPIECE This beautifully renovated Victorian home situated a stone throw away from Florida Primary School offers; Double volume rooms and wooden flooring throughout. 3 bedrooms, 1.5 bathrooms, open plan dining room and lounge. 2x servants quarters with kitchen and shower and toilet. Stand size is 495m2 WEB REF: 3208568 Should you or anyone you know be interested in buying or selling please give us a call for a FREE, no obligation valuation!!