Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

BenguFarm Bestelvorm

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Posbus 282 Ou Stellenboschweg Somerset-Wes 7129 Tel: (021) E-pos: TOELATINGSBELEID

THE INFLUENCE OF THE SOUTH AFRICAN SCHOOLS ACT (1996) ON DISCIPLINE IN INTERMEDIATE SCHOOLS IN THE NAMAQUA DISTRICT OF THE NORTHERN CAPE PROVINCE

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

HOëRSKOOL PORTERVILLE

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Transcription:

Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING Daar is reeds verskeie dokumente oor koshuise op FEDSAS se webwerf. 1 Dit blyk egter dat daar ook taamlike onsekerheid en, in sommige gevalle, selfs omstredenheid oor die beheer en bestuur van skoolkoshuise bestaan. Hierdie dokument het dus ten doel om aan skoolbeheerliggame (SBL e) leiding te bied oor die bestuur en beheer van skoolkoshuise. 2. EIENDOMSREG In verreweg die meeste gevalle sal die staat die eienaar wees van die grond waarop skoolkoshuise geleë is. 2 Dít beteken egter nie dat die skool (of SBL) geen regte ten aansien daarvan het nie. Uit hoofde van artikel 13(2) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (hierna die Skolewet), 3 het ʼn openbare skool wat vaste eiendom beset wat aan die staat behoort, die reg om vir die duur van die skool se bestaan dié vaste eiendom te beset en te gebruik tot voordeel van die skool, vir opvoedkundige doeleindes by of in verband met die skool. Kragtens artikel 13(3) van die Skolewet kan hierdie reg slegs deur die Lid van die Uitvoerende Raad 1 By www.fedsas.org.za onder die opskrif Koshuise onder Regsopinies. 2 Die eiendomsreg van grond en geboue in die geval van voormalige staatsondersteunde (model C-) skole wat gedurende 1992 as sodanig verklaar is, het op 1 September 1997 aan die staat teruggeval. In die geval van sogenaamde spesiale skole wat reeds voor 1992 bestaan het, is die skool steeds die geregistreerde eienaar van die grond en geboue. 3 Wet No. 84 van 1996. 1 van 17

(LUR) vir Onderwys van ʼn provinsie beperk word, en dan ook slegs indien die vaste eiendom nie in belang van onderwys benut word nie. 4 3. BEPERKINGE OP DIE STAAT SE BEVOEGDHEDE Die enigste bepaling in die Skolewet wat na die staat en koshuise verwys, is artikel 12(2). Kragtens artikel 12(1) is dit die LUR se verantwoordelikheid om openbare skole vir leerders van ʼn provinsie te voorsien, en kragtens artikel 12(2) kan hierdie verpligting ook die voorsiening van koshuise insluit. Dit is belangrik om daarop te let dat die LUR verplig is om skole te voorsien, maar nie koshuise nie. Uit hoofde van die legaliteitsbeginsel 5 is die staat (onderwysdepartement) se regte en bevoegdhede ten aansien van skoolkoshuise dus dermate beperk dat dit eintlik net die reg in artikel 13 is wat tersaaklik blyk te wees. Provinsiale wetgewing kan natuurlik bestaan wat poog om aan ʼn provinsiale onderwysdepartement meer regte en bevoegdhede ten aansien van koshuise toe te dig. Sodanige bepalings in provinsiale wetgewing is egter ondergeskik aan die Skolewet indien daar ʼn botsing tussen die twee wette is. 6 In sommige provinsies het die onderwysdepartemente voorskrifte oor koshuise uitgereik. In die Noord-Kaap is ʼn dokument onder die opskrif Handleiding: Toesighouers by staatskoshuise (sic) byvoorbeeld versprei. Die Oos-Kaap het weer ʼn dokument getiteld Proposed draft policy for ordinary public schools hostels. Dit is nie duidelik of laasgenoemde konsepbeleid ooit as finale beleid aanvaar is nie. Albei voormelde 4 Vir ʼn meer omvattende bespreking van wat hierdie regte alles behels, word lede aangeraai om die dokument onder die opskrif Openbare skole se regte tav vaste eiendom op FEDSAS se webwerf te raadpleeg. 5 Lees meer oor hierdie beginsel in die dokument getiteld Administratiewe geregtigheid op FEDSAS se webwerf. 6 Meer hieroor in die dokument Rangorde van wetgewing op die FEDSAS-webwerf. 2 van 17

dokumente bevat egter wydlopende voorskrifte wat direk teen die bepalings van die Skolewet indruis en dus ongeldig (ultra vires) is. Ook die Personeeladministrasiemaatreëls (PAM) bevat bepalings wat poog om die verantwoordelikhede met betrekking tot skoolkoshuise op skoolhoofde se skouers te laai. Hierdie bepalings is eerstens in paragraaf 4.2 van hoofstuk A van PAM te vinde wat oor die take en verantwoordelikhede van skoolhoofde handel. 7 Dit lui soos volg: To be responsible for the hostel and all related activities including the staff and learners, if one is attached to the school. Dan is daar die verdere voorskrifte in paragraaf 1 van hoofstuk D van PAM wat eintlik oor toelaes vir opvoeders wat koshuisdienste verrig, handel. Die betrokke paragraaf probeer egter ook werksaamhede aan sodanige opvoeders toedig, soos byvoorbeeld om totale beheer oor koshuise te neem, oorhoofse beheer oor dissipline uit te oefen, en finale verantwoordelikheid vir koshuisfinansies te aanvaar. Hierdie bepalings is natuurlik ook ongeldig (ultra vires) omdat dit direk teen die bepalings van artikels 20(1)(g) en 38 van die Skolewet indruis. 8 4. ADMINISTRASIE EN BEHEER Atikel 20(1)(g) van die Skolewet lui soos volg: 7 Sien bladsy 3C-10 van Juta se Education Law and Policy Handbook. 8 Sien in hierdie verband die uitspraak van Mynhardt, R. in die Schoonbee-saak wat onder die hofsake op FEDSAS se webwerf as Ermelo High School on financial management and responsibilities: Mynhardt judgement verskyn. 3 van 17

(1) Behoudens hierdie Wet moet die beheerliggaam van n openbare skool (g) die skool se eiendom, asook die geboue en gronde deur die skool beset, met inbegrip van koshuise, administreer en beheer, maar die uitvoering van hierdie bevoegdheid moet op geen manier met die implementering van n besluit wat die Lid van die Uitvoerende Raad of Departementshoof ingevolge enige reg of beleid geneem het, inmeng of dit andersins belemmer nie;... In die saak Victoria Girls High School v Tshona, 9 het die hof hierdie bepaling soos volg uitgelê: Administreer in hierdie subartikel word na my mening duidelik in ʼn breër sin gebruik as om bloot fisies in stand te hou. Ek reken die bevoegdheid om ʼn skoolkoshuis te administreer, sluit noodwendig die mag in om die goeie bestuur van koshuise, onder meer die reg op toegang daartoe, te reguleer. Dit sou ook insluit die reg om reëls vir die handhawing van goeie koshuisdissipline op te stel sowel as die gepaardgaande reg om kosgangers wat hulle aan ernstige wangedrag skuldig maak, te skors. (Direkte vertaling, uitspraak net in Engels beskikbaar) Hierdie bepaling maak dit duidelik dat die administrasie en beheer van skoolkoshuise geheel en al onder die bevoegdheidsfeer van die SBL val. Daar bestaan nie tans enige reg of beleid waarkragtens ʼn LUR of Departementshoof van ʼn provinsiale onderwysdepartement besluite kan neem wat hierdie bevoegdheid van ʼn SBL aan bande lê nie. Uit die aard van die saak het hierdie bepaling omvattende implikasies vir SBL e. 9 Die volledige uitspraak kan op die FEDSAS-webwerf bekom word. 4 van 17

ʼn Versigtige en verantwoordelike SBL behoort ʼn komitee te hê wat namens die SBL na die administrasie en beheer van koshuise omsien, en wat gereeld daaroor aan die SBL verslag doen. Sodanige komitee moet ooreenkomstig die bepalings van artikel 30 van die Skolewet saamgestel word, wat onder andere behels dat die voorsitter van die komitee ʼn lid van die SBL moet wees. Aangesien ouers van kosgangers ʼn direkte belang by die welstand van hulle kinders in die koshuise het, behoort hulle ook in so ʼn komitee verteenwoordig te word. Dit kan selfs sinvol wees om senior leerders in die koshuis in sodanige komitee verteenwoordiging te gee ten einde inklusiwiteit te bevorder en leerders self ook meer verantwoordelikheid vir hulle eie welstand te laat aanvaar. 5. DIE REG OP INWONING IN 'N KOSHUIS, EN TOELATINGSBELEID Kragtens artikel 29 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet No. 108 van 1996) het elkeen die reg op basiese onderrig. Daar bestaan egter geen grondwetlike (of enige ander) reg op koshuisinwoning nie. Dit is uitsluitlik die SBL wat toelating tot koshuise moet beheer en reguleer. 10 Dít beteken dat ʼn SBL ʼn afsonderlike beleid vir toelating tot koshuise behoort te hê. Al regsbepaling wat ʼn invloed op die SBL se bepaling van die toelatingsbeleid kan hê, is die grondwetlike verbod op onbillike diskriminasie. In die geval van skooltoelating, kan ʼn SBL byvoorbeeld nie ʼn leerder toelating weier omdat die leerder se ouer(s) nie die skoolgeld kan bekostig nie. Daarteenoor kán ʼn SBL ʼn leerder toegang tot ʼn koshuis weier indien die ouer(s) nie die losiesgeld kan bekostig nie. Eweneens sal ʼn skool nie ʼn leerder maklik op mediese gronde toegang kan weier nie (behalwe miskien as dit nie in die belang van die leerder is om toegelaat te word nie), maar kan ʼn koshuis dit wel doen as die leerder se toestand sodanig is dat dit vir hom-/haarself of vir ander leerders ʼn 10 Om meer hieroor te wete te kom, sien die dokument op die FEDSAS-webwerf onder die opskrif Die regte van beheerliggame mbt bewoning van koshuise sowel as dié onder die opskrif Toelating tot koshuise. 5 van 17

gevaar kan inhou. In antwoord op ʼn direkte vraag hieroor, word SBL e aangeraai om volledige inligting oor die mediese toestand van voornemende kosgangers te bekom. Die rede hiervoor is eenvoudig dat persone wat in koshuise toesig hou vir die volle duur van die leerder se koshuisinwoning in loco parentis teenoor sodanige leerders staan, en gevolglik ʼn groot verantwoordelikheid op hulle skouers neem ten aansien van die welstand van daardie leerders. Toesighouers sal moet weet watter krisisse moontlik kan opduik en watter behandeling nodig kan wees, en sal ook die ouers se magtiging moet hê om in noodsituasies gepaste en redelike stappe te doen om bystand te verleen of te verkry. In hierdie verband is dit baie belangrik om op die regsaard van die verhouding tussen leerder en skool te let. ʼn Leerder se reg op onderrig is ʼn statutêre reg, en ʼn ouer se plig om skoolgeld te betaal, is dus eweneens ʼn statutêre verpligting. Dit beteken byvoorbeeld dat die skool dus nie ʼn kontrak met ʼn leerder se ouers hoef aan te gaan om die regsverhouding tussen hulle te reël of die betaling van skoolgeld af te dwing nie. Daarteenoor is die regsaard van die verhouding tussen skool en leerder/ouer met betrekking tot koshuisinwoning inderdaad kontraktueel. SBLe word aangeraai om verkieslik skriftelike kontrakte met ouers aan te gaan om die partye se regte en verpligtinge ten aansien van koshuisinwoning te reël. 11 Aangesien gereelde klagtes oor departementele amptenare se inmenging in skole se koshuisplasings ontvang word, word daar beklemtoon dat onderwysdepartemente géén seggenskap hoegenaamd oor koshuisplasings of enige moontlike interne reëling wat skole ten aansien van koshuise tref, het nie. 11 FEDSAS se regsverteenwoordigers het reeds opdrag ontvang om ʼn standaardkontrak vir lede voor te berei. 6 van 17

6. FINANSIËLE BESTUUR 6.1 Algemeen Al die bepalings oor finansies in die Skolewet het met skoolgeld te doen. In die Skolewet self is daar geen bepalings oor koshuislosiesgeld of oor koshuisfinansies in die algemeen nie. Die enigste voorskrifte oor die finansiële bestuur van koshuise verskyn in paragraaf 146 tot 150 van Norms and Standards for School Funding. 12 Hierdie paragrawe lui soos volg: Hostel costs 146. Records. Schools with hostels must keep a separate account for all recurrent costs associated with hostels, and a record of the number of learners staying at each hostel. Such accounts and records will be subject to unannounced audits by officials of the PED. 147. Hostel fee. The school must charge each learner staying in the hostel a hostel fee equal to the average running cost per learner in the hostel. No blanket crosssubsidisation of hostel costs from fee income is permitted. However, if the SOB wishes to exempt particular learners from hostel fees, it may do so by recording the necessary book-keeping transfer. 148. Hostel subsidy. The PED must, in turn, set aside a budget item for hostel subsidies. These hostel subsidies are not a part of the school allocation referred to in paragraphs 85 to 145. Schools with hostels will be paid pro rata out of this budget for each of their learners 12 Die volledige dokument is op FEDSAS se webwerf beskikbaar. 7 van 17

(a) (b) (c) whose transport time to the school is greater than 1½ hours; if there are no available school places near the learner's parents' place of residence; and whose parents cannot afford the per-child hostel cost. 149. The PED may adjust these criteria in order to ensure that the subsidy per learner is meaningful, while recognising that this may decrease the number of learners thus covered, requiring a tightening of the targeting criteria. 150. Subsidies for hostel costs incurred by learners with special education needs enrolled in ordinary public schools will be provided by the Provincial Education Department in accordance with the overall funding approach used for such learners. Die volgende behoort vermeld te word: Die aparte rekening waarna paragraaf 146 verwys, moet as ʼn grootboekrekening en nie ʼn bankrekening nie begryp word, aangesien ʼn skool kragtens artikel 37(3) van die Skolewet slegs oor een bankrekening mag beskik. Die bepaling oor onaangekondigde oudits deur amptenare is waarskynlik ook ongeldig, omdat dit strydig is met bepalings van die Skolewet, en klaarblyklik ook wesenlik teen die bepalings van artikel 33 van die Grondwet oor regverdige administratiewe optrede indruis. Koshuisbegrotings moet minstens gelyk speel. Koshuise mag nie uit skoolgeld gesubsidieer word nie, maar skoolgeld kan uit losiesgeld of wins uit koshuise gesubsidieer word. 8 van 17

Die provinsiale onderwysdepartement kán leerders se losiesgeld subsidieer, maar is nie verplig om dit te doen nie. Wanneer die departement wél ʼn leerder se koshuisgeld subsidieer, is die implikasie in die lig van die eerste sin van paragraaf 147 hier bo natuurlik dat die departement nie die subsidiebedrag eensydig kan vasstel nie. Kragtens hierdie sin moet die losiesgeld wat gehef word gelykstaande wees aan die gemiddelde bedryfskoste per leerder. In sommige provinsies (Vrystaat by name) sluit die onderwysdepartement plaasskole, en plaas die leerders dan met die toestemming van die SBL e in koshuise in dorpe en stede. Die departement betaal dan die losiesgeld van daardie leerders aan die skole. As die departement self verantwoordelikheid vir daardie leerders aanvaar, is die implikasie dus dat die departement ook die kontrak vir koshuisinwoning met die SBL/skool sal moet sluit. 6.2 Die begrotingsproses Aangesien die bepalings van die Skolewet nie direk met losiesgeld te doen het nie, is die prosedure vir die bepaling van losiesgeld ietwat eenvoudiger as dié vir die bepaling van skoolgeld. Eerstens het ouers nie, soos met skoolgeld, ʼn keuse of losiesgeld gehef moet word nie. Tweedens word die omvang van losiesgeld natuurlik ook net deur die omvang van koshuise se bedryfskoste bepaal. Dit kom dus bloot op ʼn rekenkundige berekening neer. Derdens kan ʼn SBL besluit presies hoe die geld betaal moet word. So byvoorbeeld kan ʼn deposito (anders as in die geval van skoolgeld) vereis word alvorens ʼn koshuisplek toegeken word; volle vooruitbetaling van die hele jaar of kwartaal se koshuisgeld kan 9 van 17

vereis word; bewys kan geverg word van die ouers se betaalvermoë indien koshuisgeld nie vooruit betaal word nie, ens. Aangesien koshuiskoste egter deel uitmaak van ʼn skool se inkomste en uitgawes, sal dit wél by die skool se begroting ingesluit moet word wat ooreenkomstig die bepalings van artikel 38 en 39 van die Skolewet vir goedkeuring aan die ouers voorgelê word. Dié begroting word egter eintlik meer vir kennisname as vir goedkeuring voorgelê. 6.3 Die toedeling of toewysing van koshuisgeldbetalings Dit gebeur toenemend dat ouers koshuisgeld betaal, maar nie skoolgeld nie, omdat hulle weet dat dit vir skole moeiliker is om betaling van skoolgeld af te dwing as in die geval van koshuisgeld. Lede word in hierdie verband na die regsmening onder die opskrif Finansies op die FEDSAS-webtuiste verwys. 13 Die beginsels van ʼn SBL se reg om by ontvangs van betalings sodanige geld aan spesifieke skuld toe te wys, moet in die koshuisverblyfkontrak met ouers vervat word ten einde enige moontlike geskille hieroor uit te skakel. 6.4 Versuim om koshuisgeld te betaal Wanneer ouers versuim om skoolgeld te betaal, het die SBL in werklikheid maar net een regsmiddel om die betaling daarvan af te dwing, en dit is die regsproses. Hierdie proses is natuurlik ietwat omslagtig vanweë die bepalings van artikel 41 van die Skolewet. Laasgenoemde voorskrifte is egter nie op losiesgeld in skoolkoshuise van toepassing nie. Al wat die partye se regte en verpligtinge in hierdie verband reguleer, is die bepalings van die kontrak tussen hulle. Gewoonlik geld die beginsel van geen betaling, 13 Hierdie regsmening is ongelukkig net in Engels beskikbaar. 10 van 17

geen verblyf. Kosgangers sal dan ook regtens uit die koshuis gesit kan word as die koshuisgeld nie betaal is nie. Uit die aard van die saak sal daar van beheerliggame vereis word om hierdie stap met groot sensitiwiteit te hanteer, en dit eerder met die ouers as direk met die leerder te bespreek. Ouers of diegene wat die kontrak vir koshuisverblyf onderteken, sal uit die aard van die saak ook, sonder voorafnakoming van die streng vereistes van artikel 41 van die Skolewet, vir betaling van koshuisgeld gedagvaar kan word. Uitsetting uit ʼn koshuis op hierdie gronde kan nie met skorsing uit die skool saamgaan nie. Sodanige uitsetting beteken ook nie noodwendig skorsing uit die skool nie, aangesien die ouers bloot alternatiewe verblyfreëlings, soos private losies, kan tref. 7. DISSIPLINE EN GEDRAGSKODE Die voorskrifte van die Skolewet met betrekking tot skole se gedragskodes en tugstappe in skoolverband (skorsing en uitsetting) 14 is hoofsaaklik op skoolbywoning, en nie op koshuisinwoning nie, gerig. Uit die aard van die saak sal beheerliggame ʼn aparte gedragskode vir koshuise, of minstens reëls wat net op koshuise van toepassing is, moet hê, omdat die omstandighede van skole en koshuise wesenlik verskil. 15 Skole het byvoorbeeld geen regsbevoegdheid oor dagskoliere wat hulle buite skoolverband wangedra nie. Dit is egter anders gesteld met leerders in koshuise, omdat daardie leerders solank hulle in die koshuis bly 24 uur van die dag onder toesig van die skool is. 14 Sien artikel 8, 8A en 9 van die Skolewet. 15 Die dokumente waarna in voetnota 9 hier bo verwys word, geld ook in hierdie verband. 11 van 17

In hierdie verband is dit belangrik om te herhaal dat die bepalings van die Skolewet nie op skorsing en uitsetting uit koshuise van toepassing is nie. ʼn SBL kan dus ʼn leerder vir langer tydperke uit ʼn koshuis skors as wat die Skolewet vir skorsing uit skole voorskryf. ʼn SBL kan ook ʼn leerder permanent uit die koshuis sit, terwyl slegs die Onderwyshoof van ʼn provinsie ʼn leerder permanent uit ʼn skool kan skors. Die departement het hoegenaamd geen seggenskap oor uitsetting uit koshuise om welke rede ook al nie. 8. BENUTTING OM INKOMSTE TE GENEREER Uit hoofde van die bepalings van artikel 20(2) van die Skolewet, is ʼn SBL geregtig om eiendom wat deur die skool beset word, vir fondsinsamelings-, gemeenskaps- en sosiale aktiwiteite beskikbaar te stel, en wel op redelike en billike voorwaardes, wat die heffing van huurgeld kan insluit. Daar is in hierdie verband ook reeds ʼn paar belangrike dokumente op FEDSAS se webwerf wat van hulp kan wees. 16 Dit gebeur dikwels dat departementele amptenare daarop aandring dat koshuise tydelik of selfs permanent deur die staat gebruik word. In een geval wat onder FEDSAS se aandag gebring is, het amptenare eenvoudig ʼn skoolhoof op kort kennisgewing aangesê om bestaande verhuringsooreenkomste wat vir ʼn skoolvakansie getref is te kanselleer, sodat die departement die koshuis vir sy eie konferensieverblyf kan benut. In ander gevalle beset die departemente koshuise as kantore of iets dergeliks sonder om die skool op enige wyse daarvoor te vergoed. Sodanige optrede is onreëlmatig en onwettig. Wat hierdie aspek betref, bevind die 16 Sien onder Voorbeelde die dokument Huurkontrak vir eiendom ; onder Eiendom die dokumente Aanspreeklikheid mbt verhuurde eiendom, Openbare skole se regte tav vaste eiendom en Wooneenhede op skooleiendom ; onder Finansies die dokument Sakebedrywighede op skoolterreine, en onder Koshuise die dokument Regte van beheerliggame mbt bewoning van koshuise. 12 van 17

departement hom in presies dieselfde posisie teenoor die skool as enige ander huurder van die koshuis en koshuisfasiliteite. Amptenare het ook al eenvoudig daarop aangedring dat koshuise ontruim word sodat dit as kantore ingerig kan word, of dat koshuise wat in onbruik verval het vir gebruik deur die departement beskikbaar gestel word. Die enigste en korrekte prosedure wat in sodanige geval gevolg moet word, is die prosedure ingevolge artikel 13 van die Skolewet, naamlik dat die LUR die skool se reg op besetting en gebruik van die betrokke grond en gebou(e) moet beëindig op die wyse wat in artikel 13 voorgeskryf word. 9. INSTANDHOUDING EN VERBETERING ʼn Baie belangrike vraag oor hierdie aspek is of die werksaamheid waarna in artikel 21(1)(a) van die Skolewet verwys word, aan die SBL toegeken is al dan nie. As dit nie toegeken is nie, het die SBL nie die bevoegdheid om instandhoudings- en verbeteringswerk aan die koshuis te doen nie. As die betrokke werksaamheid wél aan die SBL toegewys is, geld die posisie soos reeds omvattend bespreek in die dokument Openbare skole se regte ten aansien van vaste eiendom wat op die FEDSAS-webwerf te vinde is. 10. PERSONEEL IN KOSHUISE Die kwessie van personeelvoorsiening aan skole met koshuise, en die beheer oor daardie personeel, is sekerlik die mees omstrede en moeilikste kwessie aangaande koshuisbeheer en -bestuur. 13 van 17

In die eerste plek word die wesenlike verskil tussen personeelvoorsiening vir onderrigdoeleindes, en personeelvoorsiening vir koshuise nogmaals beklemtoon. Die rede vir hierdie verskil is geleë in die feit dat daar ʼn grondwetlike reg op onderwys is, maar nie ʼn grondwetlike reg op koshuisinwoning of skoollosies nie. Daar is trouens geen statutêre verpligting op die staat om personeel aan koshuise te verskaf nie, en sommige provinsiale onderwysdepartemente het selfs sodanige poste heeltemal afgeskaf. Behalwe in die geval van skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes, waar ʼn ander stel regsreëls en -beginsels geld, is die onderwysdepartement dus nie verplig om skole van koshuispersoneel te voorsien óf om hulle te betaal nie. Waar die onderwysdepartement dit wél doen, bewys die departement skole eintlik ʼn guns. Of koshuispersoneel nou deur die staat of die SBL vergoed word, maak egter nie ʼn verskil aan hulle verantwoordelikhede en verantwoordbaarheid nie. Hulle bly verantwoordelik en verantwoordbaar teenoor die SBL. Dit is van wesenlike belang dat behoorlike kontrakte met koshuispersoneel gesluit word. FEDSAS se webwerf bevat reeds standaardkontrakte wat met personeel in diens van die skool (die sogenaamde SBL-poste) aangegaan moet word. 17 Selfs personeel wat reeds in die staat se diens staan (soos byvoorbeeld skoolhoofde wat ook as superintendente van koshuise dien) sal kontrakte met die SBL moet aangaan. Die vereistes van artikel 38A van die Skolewet sal ook in hierdie verband nagekom moet word. 18 17 Hierdie kontrakte is onder die hofie Voorbeelde op die FEDSAS-webwerf te vinde. 18 Vir ʼn volledige bespreking van artikel 38A, sien die dokument onder die opskrif Artikel 38A- opinie en Guidelines for implementation of section 38A op die FEDSAS-webwerf. 14 van 17

11. REGSAANSPREEKLIKHEID Die kwessie van aanspreeklikheid vir verlies of skade wat mense of instellings as gevolg van handelinge kan ly wat met koshuisverblyf verband hou, het na ons beste wete nog nie voor ons howe gedien nie, en bly ʼn tameletjie vir SBL e. FEDSAS het reeds ʼn regsmening oor die omvang en trefwydte van die bepalings van artikel 60 van die Skolewet verskaf. 19 Sedert daardie regsmening egter geskryf is, is artikel 60 van die Skolewet gewysig om die staat slegs vir verlies of skade wat met skoolaktiwiteite verband hou, aanspreeklik te maak. Vantevore het die artikel na opvoedkundige aktiwiteite verwys. Die gewysigde artikel lees nou soos volg: (1) (a) Behoudens paragraaf (b) is die Staat aanspreeklik vir enige skade of verlies wat veroorsaak word as gevolg van enige daad of versuim in verband met enige skoolaktiwiteit wat deur ʼn openbare skool bedryf word en waarvoor sodanige openbare skool aanspreeklik sou gewees het by gebrek aan die bepalings van hierdie artikel. (b) Waar ʼn openbare skool versekering uitgeneem het en die skoolaktiwiteit een van die gebeurlikhede is wat deur die versekeringspolis gedek word, is die Staat se aanspreeklikheid beperk in die mate dat die skade of verlies nie ingevolge die polis vergoed is nie. Die begrip skoolaktiwiteit word soos volg in artikel 1 van die Skolewet omskryf: skoolaktiwiteit enige amptelike opvoedkundige, kulturele, ontspannings- of sosiale aktiwiteit van die skool op of buite die skool se perseel;... 19 Die volledige dokument is onder die opskrif Artikel 60 van die Skolewet op die FEDSAS-webwerf beskikbaar. 15 van 17

In ʼn uitspraak 20 deur Bertelsman, R. is die betekenis van opvoedkundige aktiwiteit soos volg ontleed: Mnr Ras betoog namens die applikant dat die reeks beslissings ten aansien van die belasbaarheid al dan nie van onroerende eiendom waarop skole bedryf word, soos onder andere Marist Brothers v Port Elizabeth Municipality 1949 (4) SA 698 (A) en Clarenseville (Pty) Ltd v Cape Town Municipality 1974 (4) SA 974 (K) betrekking het op die vraag of geboue eksklusief vir opvoedkundige doeleindes gebruik word, en dus nie direk van toepassing is op die onderhawige probleemstelling nie. Die advokate en ek kon geen gesag vind wat direk op die punt is nie. Die gemelde beslissings, en beslissings soos Christian Brothers v Kimberley Municipality 1936 AD 220 beklemtoon egter dat n mens n onderskeid moet tref tussen aktiwiteite wat suiwer verband hou met die beoefening van die opvoedkundige taak van die skool en ander bedrywighede. Opvoedkundige doelstellings kan al na gelang van omstandighede die huisvesting van skoliere insluit, en (afhangende van die bewoording van die betrokke statutêre bepalings, belastingwette of plaaslike verordeninge), die gebruik van ander geboue vir die verkoop van boeke, die bedryf van n biblioteek, ensovoorts ook onder die primêre aktiwiteite van n opvoedkundige inrigting tuisbring. In hierdie verband kan n mens na buitelandse gesag verwys wat die advokate op my versoek nagegaan het, soos byvoorbeeld Ryde Municipal Council v MacQuarie University [23/41] HCofALL; Attorney-General (ACT) v Commonwealth of Australia 1995.739; International Cellars (Pty) Ltd v Federal Commissioner of Taxation 109.497 (Federal Court of Australia, General Division). 20 Die volledige uitspraak is onder die naam Hoërskool Ferdinand Postma oor die bedryf van besigheid by skole op die FEDSAS-webwerf beskikbaar. 16 van 17

Hieruit is dit dus duidelik dat die hof van mening was dat opvoedkundige aktiwiteit koshuisverblyf sou kon insluit. Die vervanging van hierdie begrip met skoolaktiwiteit het klaarblyklik dié posisie verander. Skole sal nou self aanspreeklikheid vir moontlike verlies of skade voortspruitend uit koshuisbewoning moet aanvaar. Dit sal nie net deliktuele skade nie, maar ook kontraktuele skade insluit. 21 SBL e word gevolglik aangeraai om omvattende versekering teen eise om deliktuele skadevergoeding uit te neem en om te verseker dat eiendom ook behoorlik verseker is. In teenstelling met die geval van skoolaktiwiteite, sal dit ook raadsaam wees dat ouers skole teen moontlike eise vanweë verlies of skade wat die ouers weens koshuisbewoning kan ly, vrywaar. Sodanige vrywaring sal egter nie as verweer teen eise van minderjarige leerders opgewerp kan word nie. 22 12. KOSHUISBELEID FEDSAS ontwikkel tans ʼn omvattende konsepkoshuisbeleid vir ledeskole. Die oogmerk is om die beginsels in hierdie dokument so ver moontlik by die beleid in te sluit, en om ons lede soveel moontlik beskerming te bied. Paul Colditz 10 Maart 2009 21 Sien in hierdie verband die dokument onder die opskrif Openbare skole se aanspreeklikheid vir kontraktuele skade op die FEDSAS-webwerf. 22 Sien in hierdie verband die dokument onder die opskrif Vrywaring of afstanddoening deur ouers op die FEDSAS-webwerf. 17 van 17