Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Similar documents
Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Finansieel Gesproke 1

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Direkte en indirekte rede *

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOëRSKOOL PORTERVILLE

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

SIZA takes the sting out of auditing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Gefokus, standvastig en oopkop

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Mandala Madness Deel 2

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

streef na uitnemendheid

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Die toerismebedryf is hard hierdeur getref, selfs voordat die eerste fluitjie geblaas het.

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

N O V E M B E R

NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013

) waar van toepassing.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Transcription:

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September 2012 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

INHOUD DIE RISIKO VAN INFLASIE... 2 MARKOORSIG... 3 OBRENGSTABELLE... 4 SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE... 5 ONS MARKSIENING... 7 1

DIE RISIKO VAN INFLASIE Inflasie word dikwels in die pers en in beleggingsvoorstelle en verslae by Verso genoem. Maar wat is inflasie werklik en hoe beïnvloed dit beleggings? In ekonomiese terme is inflasie die toename in die prys van goedere. n Mandjie goedere word as verwysing gebruik om inflasie te bereken. Die mandjie goedere is aan die verbruikspatrone van n land gekoppel. Hieronder is n uiteensetting van die Suid-Afrikaanse verbruikersprysindeks (VPI). Namate pryse oor tyd verhoog, verminder die waarde van geld. Pensionarisse verlang dikwels na die goeie ou dae toe R100 nog genoeg was om n hele maand se kruideniersware te kon koop. Indien pryse met 5% styg, sal R100 in 2012 nie voldoende wees om die koste van goedere in 2013 te dek nie. In 2013 sal n individu dus R105 moet hê om die koste van die dieselfde mandjie goedere te dek. As inflasie in ag geneem word verloor jy dus geld deur dit onder die spreekwoordelike matras te bêre. n Belegging moet met ten minste inflasie tred hou om die verhoogde lewenskoste te dek. Dimson, Marsh en Staunton het Triumph of the Optimist: 101 Years of Global Investment Returns in 2002 gepubliseer, waarin hulle die bo-inflasie (reële) opbrengste van bateklasse oor die afgelope eeu in Suid-Afrika opgeteken het. Hieronder is n opsomming van die reële opbrengste vanaf 1900 tot 2001: Bateklas Reële Opbrengs (Voor koste) Aandele 7% Effekte 1.5% Kontant 0.9% Die opbrengste van effekte en kontant kan hoofsaaklik toegeskryf word aan rente-inkomste. Rente is egter belasbaar in die hande van die belegger. Na belasting, is die reële opbrengs van hierdie bateklasse dus negatief. Belasting op die opbrengs van aandele is minder. Dít, tesame met die hoë reële opbrengs, illustreer duidelik dat aandele noodsaaklik is om oor die langtermyn bo-inflasie opbrengste te verkry. Eiendom is n ander bateklas wat bo-inflasie opbrengste lewer, iewers tussen effekte en aandele. Bateklasse reageer verskillend in verskillende stadiums van n inflasie siklus. Dus kan die opbrengs van bateklasse maklik oor die korttermyn van inflasie afwyk, maar oor die langtermyn bied Dimson, Marsh en Staunton se navorsing n goeie raamwerk om die reële opbrengs van die verskillende bateklasse te bereken. Verso Multi Bestuurder, in samewerking met die beleggingskomitee, gebruik navorsing om die neutrale bateklas gewigte in die verskillende fondse toe te ken, maar oorweeg huidige inflasie en marktoestande wanneer aktiewe, taktiese bate-allokasie gedoen word. Opgestel: Diaan Janse van Rensburg 2

MARKOORSIG Die derde kwartaal is totaal oorheers deur spekulasie oor die potensiële optrede van die Europese Sentrale Bank (ESB) en die VSA se Reserwebank. Soos die meeste van u bewus is, is die onsekerheid in beleggingsmarkte sedert 2010 grotendeels veroorsaak deur die fiskale krisis in sekere Europese lande. Die lande wat oor hierdie periode die nuus oorheers het was Griekeland, Spanje en tot n mate Italië. Sedert die krisis begin het, was daar geweldige druk op die Europese Unie om met n oplossing vir die krisis vorendag te kom, om sodoende te verseker dat die probleme in Europa nie die res van die wêreld se ekonomiese groei benadeel nie. Ongelukkig, as gevolg van die gesloer om n oplossing te vind, begin ons nou duidelik die negatiewe impak op wêreld ekonomiese groei te sien. Selfs die Chinese ekonomiese sneltrein is besig om spoed te verloor en Chinese groei, hoewel nog steeds baie hoog in vergeleke met die res van die wêreld, gaan waarskynlik in 2012 die stadigste groei in meer as n dekade toon. By Verso Multi Bestuurder was ons reeds vanaf die begin van die krisis skepties oor die verwagting dat Europa vinnig n oplossing vir sy probleme sal vind. Wat veroorsaak dan die gesloer? Kom ons kyk na die VSA as n voorbeeld. Soortgelyk aan Europa, waar daar 17 lande is wat die Euro gebruik, het die VSA 52 state wat die VSA$ as geldeenheid gebruik. Beide Europa en die VSA het een monetêre beleid. Met ander woorde, in Europa is daar een Reserwebank, wat onder andere die rentekoerse bepaal vir al 17 lande wat die Euro gebruik. Dieselfde geld in die VSA met hul Reserwebank, wat die rentekoerse vir al 52 state bepaal. Die probleem kom egter na vore as dit by fiskale beleid kom. Die VSA het een fiskale beleid, wat van toepassing is op al 52 state. As een staat dus finansiële probleme het, word fondse herverdeel vanaf die ander 51 state na die staat wat in nood is. In Europa het elk van die 17 lande sy eie fiskale beleid. As een land dus probleme ondervind, is dit baie moeiliker om fondse te herverdeel. Nie een van die lande het insette oor die ander lande se begrotings nie. n Land kan dus oorspandeer om n gemaklike leefwyse te finansier (byvoorbeeld Griekeland). As só n land dan in die moeilikheid beland, moet hy aan die deur gaan klop by van een van die ander lande (byvoorbeeld Duitsland) wat hul begroting en spandering reg hanteer het. As mens mooi daarna kyk, is dit verstaanbaar hoekom Duitsland moeg is om geld aan Griekeland uit te leen. Normaalweg sou die land wat oorspandeer het se geldeenheid verswak, wat dan die land meer kompeterend sal maak. In Europa se geval het Duitsland met sy gesonde begroting dieselfde geldeenheid as Griekeland en Griekeland het dus geen natuurlike manier om met n verswakkende geldeenheid weer meer kompeterend te raak nie. Intussen moet die Europeërs werk met dit wat hulle het en Mnr Draghi (hoof van die ESB) het n plan aangekondig waarvolgens die ESB staatseffekte van enige land wat om hulp vra, sal aankoop. Met die aankope hoop hy om hierdie lande se koerse laer te dwing om sodoende die finansiering van hul skuld meer bekostigbaar te maak. n Paar dae na die ESB se plan bekend gemaak is, het Mnr Bernanke (hoof van die VSA Reserwebank) Quantitative Easing 3 aangekondig. Soos die naam aandui, is dit die derde rondte van n stimulus program om die VSA se ekonomie op n volhoubare herstelpad te kry. Die eerste rondte van die program, in die resessie van 2009, was redelik aanvaarbaar, aangesien dit uiters nodig was om stabiliteit na markte terug te bring. Die tweede rondte is egter erg gekritiseer deur veral ontluikende lande, aangesien die lande gevoel het dat dit inflasie in hul ekonomieë sou aanwakker as gevolg van die oortollige likiditeit wat dit sou meebring. 3

Die derde rondte was nog skaars aangekondig, toe het Brasilië reeds genoem dat die VSA doelbewus probeer om die VSA$ te verswak, om sodoende meer ekonomies kompeterend te wees en dat dit tot n valuta oorlog kan lei. Net n paar dae na Bernanke se aankondiging, het Japan ook n soortgelyke program aangekondig, wat n aanduiding is dat Brasilië waarskynlik korrek was met hul afleiding. Die plaaslike ekonomie gaan ook gebuk onder die verlangsaming in wêreldgroei. Die probleem word vererger deur die arbeidsonrus en stakings wat veral die mynbedryf in die derde kwartaal lamgelê het. Plaaslike ekonomiese groeiverwagtinge is reeds n paar keer deur die loop van die jaar afwaarts aangepas en die verwagte groei vir 2012 staan nou op slegs 2.6%. Dit is vanselfsprekend dat die groeikoers nie voldoende is om Suid-Afrika se werkloosheidsprobleem aan te spreek nie. Moodys het ook Suid Afrika se kredietgradering in die derde kwartaal verlaag. Die rede wat aangevoer is, is die regering se onvermoë om ekonomiese probleme aan te spreek, asook die onenigheid binne die ANC. Die verlaging in die kredietgradering hou die risiko in dat die rentekoerse waarteen die regering geld moet leen, kan styg. Selfs met die negatiewe plaaslike nuus het die JSE die kwartaal hoër gesluit, aangedryf deur die verwagtinge dat die Reserwebank se inmenging in Europa meer sekerheid sal bring en die VSA se QE3 positief sal wees vir maatskappyverdienste. TABEL A: MARK OPBRENGSTE TOT 30 SEPTEMBER 2012 OBRENGSTABELLE Bateklas Derde Kwartaal: 2012 12 Maande SA Aandele 7.26% 24.43% Hulpbronne 2.92% 2.98% Finansieel 6.52% 36.53% Industrieel 10.48% 36.70% SA Effekte 4.95% 16.99% SA Eiendom 10.98% 37.17% SA Kontant 1.33% 5.46% VPI 0.81% 4.99% Internasionale Aandele VSA$ 6.71% 21.59% Internasionale Effekte VSA$ 3.27% 5.07% Internasionale Kontant VSA$ 0.02% 0.07% Rand/Dollar 0.89% 2.64% TABEL B: VERSO MULTI BESTUURDER - OPBRENGSTE TOT 30 SEPTEMBER 2012 Derde kwartaal: 12 Maande 3 Jaar¹ Sedert Portefeuljes 2012 Aanvangs¹ Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Geldmark 1.32% 1.33% 5.41% 5.46% 6.07% 5.97% 7.14% 6.94% Inkomste Beplanner 1.97% 1.38% 7.58% 5.64% 6.73% 6.25% 8.63% 7.92% Beskermde Groei 3.04% 1.54% 11.41% 7.99% 7.78% 7.61% 10.73% 8.87% Gebalanseerde Groei 3.71% 1.77% 12.87% 8.99% 9.03% 8.61% 13.14% 10.06% Lang Termyn SA Aandele 1.68% 7.26% 12.24% 26.96% 10.18% 17.21% 11.79% 15.12% Lang Termyn Internasionale Aandele 8.12% 7.65% 19.04% 24.80% 6.87% 10.57% 5.32% 6.33% 1) Opbrengste langer as 12 maande is jaarliks 4

SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE Ons is van die opinie dat, as ons na die waardasie van Suid-Afrikaanse gelyste eiendom kyk, gelyste eiendom tans duur is en dat die huidige opbrengskoers nie voldoende is om beleggers vir die risiko te vergoed nie. Vir die rede het ons die blootstelling aan gelyste eiendom binne die Verso Beskermde Groei Fonds en die Verso Gebalanseerde Groei Fonds verminder en ons huidige blootstelling aan Coronation Strategiese Inkomste Fonds verhoog. Hierdie fonds is minder wisselvallig as gelyste eiendom en met die omskakeling het ons ook die blootstelling aan Suid-Afrikaanse effekte en buitelandse beleggings verhoog. In die Beskermde Groei Fonds het ons plaaslike kontant aangewend om ook die blootstelling aan buitelandse aandele te verhoog. INKOMSTE BEPLANNER BESKERMDE GROEI GEBALANSEERDE GROEI 5

VERSO LANGTERMYN SA AANDELE FONDS VERSO LANGTERMYN INTERNASIONALE AANDELE FONDS * Die Verso Lang Termyn SA Aandele Fonds, asook die Verso Lang Termyn Internasionale Aandele Fonds word as die aandeleboublok binne die ander Verso fondse gebruik. 6

ONS MARKSIENING In die vierde kwartaal glo ons dat die beweging in beleggingsmarkte vir Suid-Afrikaanse beleggers hoofsaaklik deur drie faktore oorheers sal word. Dit is die voortslepende Europese krisis, die fiskale afgrond en skuldplafon in die VSA, asook die ANC se kongres in Mangaung. Al drie se uitslae is onvoorspelbaar, maar elkeen kan n direkte impak op beleggings hê. Na die plan wat die Europese Sentrale Bank (ESB) aangekondig het, het Mnr Draghi dit duidelik gestel dat die ESB niks verder in die korttermyn gaan doen om die ekonomie te stimuleer nie. Die lande wat finansiële hulp nodig het moet vir die nodige hulp aansoek doen. Die VSA se politici veg nou om die verkiesing in November te wen en soos ons verwag het gebeur daar niks om die sogenaamde fiskale afgrond, skuldplafon, of die regerings se skuldvlakke aan te spreek nie. Die fiskale afgrond hou n groot risiko in vir ekonomiese groei in die VSA en dit is krities noodsaaklik dat hulle gou besluit hoe die probleem aangespreek moet word, om te verhoed dat dit die ekonomie in 2013 negatief gaan affekteer. Plaaslik het ons die ANC se konferensie in Mangaung in Desember. Daar is nog baie onsekerheid of iemand Mnr Zuma as president gaan teenstaan en indien daar wel n teenstander sou wees, wie dit sou wees. Gedurende die kongres word daar baie tyd bestee om n groot aantal poste te vul, maar die belangrikste hiervan is die top ses poste binne die ANC. Die poste sluit in die pos van president, vise-president, sekretaris-generaal, vise-sekretarisgeneraal, nasionale voorsitter en tesourier-generaal. Tans word die poste gevul deur Jacob Zuma, Kgalema Mothlante, Gwede Mantashe, Thandi Modise, Baleka Mbete and Mathews Phosa. Graderingsmaatskappye, soos byvoorbeeld Moodys, wat Suid-Afrika se gradering in September 2012 afwaarts aangepas het, sal die uitslag van die kongres met n valkoog dophou. Moodys het die negatiewe vooruitsig op Suid-Afrika se gradering behou en sal die gradering eers heroorweeg na gelang van die uitslag van die Mangaung kongres. Moodys sal hier spesifiek fokus op die besluite wat geneem word en hoe dit ekonomiese groei en sosiale probleme in die toekoms gaan beïnvloed. As daar na inflasie en ekonomiese groei gekyk word, het die Suid-Afrikaanse Reserwebank genoeg skietgoed gehad om rentekoerse in September te verlaag. Die Bank het egter rentekoerse onveranderd gelaat en die hoofrede hiervoor was waarskynlik die groot tekort op die lopende rekening. Die tekort kan baie druk op die Rand plaas, wat verder vererger kan word as rentekoerse verlaag word. Ons verwag dat rentekoerse laag sal bly tot einde 2014. Die plaaslike aandelemark het in die derde kwartaal n paar keer n nuwe rekord hoogtepunt bereik. Die mark is in sy geheel waarskynlik vol geprys, maar die verdeling is baie skeef. Daar is sekere sektore wat baie duur is, soos byvoorbeeld die kleinhandelsektor en dan is daar sektore wat baie goedkoop is, soos byvoorbeeld die hulpbronsektor en meer spesifiek platinum aandele. Ons glo dat die groot verskil in opbrengs tussen die sektore in die toekoms sal omswaai en dit is belangrik om, voor so n gebeurtenis plaasvind, korrek geposisioneer te wees. Ons kliënte wat in die Verso Multi Bestuurder portefeuljes belê is, is reeds hiervoor geposisioneer en dit is nou n kwessie van geduldig wag vir die ommeswaai om plaas te vind. Kollektiewe beleggings is gewoonlik medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van winsdelende belange mag toe- óf afneem, en historiese prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse, en mag aandelebewys lenings aangaan. Vooruit pryse word gebruik. n Skedule met fooie en heffings en maksimum kommissies is beskikbaar op aanvraag van die maatskappy/skema. Kommissies en aansporingsbonusse mag betaal word, en indien wel, word dit in totale koste ingereken. Die Fonds mag gesluit word vir nuwe beleggers. n Fonds van fondse kollektiewe beleggings mag in ander kollektiewe beleggings belê, wat hul eie fooie hef en dus in n hoër fooiestruktuur vir sodanige portefeuljes mag veroorsaak. Grafieke en prestasiesyfers word bekom van MoneyMate vir enkelbedragbeleggings, insluitende inkomsteverspreiding, op n netto batewaarde-totnetto batewaarde grondslag. Syfers sluit nie aanvangsfooie in nie. Inkomste word herbelê op die datum wanneer die belegger geregtig is op die dividende. Ware beleggingsprestasie verskil na gelang van toepaslike aanvangsfooie, beleggingsdatum en datum van herbelê van inkomste. Kollektiewe beleggings word bereken op n netto batewaarde basis, en ouditeursfooie, bankkoste en trust fooie word gehef op die portefeulje. Die portefeuljebestuurder mag tot en met 10% van die markwaarde van die portefeulje leen om ontoereikende likiditeit te oorbrug, in geval van die afkoop van winsdelende belange. Cape Town Head Office / Kaapstad Hoofkantoor P.O. Box 4300, Tyger Valley, 7536, Bellmont Office Park, Twist Street, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Fax: 021 917 4108 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 4300, Tygervallei,7536, Bellmont Kantoorpark, Twiststraat, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Faks: 021 917 4108 E-pos: info@verso-is.co.za Port Elizabeth Office / Port Elizabeth Kantoor P. O. Box 64099, Greenacres, 6057, 3 rd Floor, Fairview Office Park, 66 Ring Road, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Fax: 021 917 4110 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 64099, Greenacres, 6057, 3 de Vloer, Fairview Kantoorpark, Ring Road 66, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Faks: 021 917 4110 E-pos: info@verso-is.co.za Directors/Direkteure: CJ Franken, CP Burger, NE Burger Verso Multi Manager (Pty) Ltd, Reg No. 2001/005392/07 An authorised financial service provider, license no 381 7