Dit begin alles hier. Natuurwetenskappe

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Fakulteit Opvoedkunde

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

Uit Moerdijk se pen Man en Media

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

JAARBOEK Nagraads. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. DEKAAN Prof GJ de Klerk. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

KURRIKULUMDIFFERENSIASIE IN DIE VAK WISKUNDE GRAAD R VIR LEERDERS MET ERGE INTELLEKTUELE GESTREMDHEID IN INKLUSIEWE WES-KAAPSE SPESIALE SKOLE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

2016/17. Voorgraadse fakulteitsbrosjure.

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

Belangrike biodiversiteitsgebiede en die implikasies vir mynbou Mariette Liefferink

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

JAARBOEK 2012 NAGRAADSE PROGRAMME. Vaaldriehoekkampus

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

Fakulteit Opvoedkunde. Dekaan: Prof M Robinson BA, HOD (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), MEd, DEd (UWK) JAARBOEK 2016 DEEL 6

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

Tariewe

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Inhoudsopgawe L.1 FAKULTEITSREËLS VIR DIE ONDERSKEIE KWALIFIKASIES...1 L.2 REËLS VIR DIE GRAAD HONNEURS BACCALAUREUS ARTIUM...10

INSKRYWINGSVORM

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOFSTUK 7 NAVORSINGSMETODOLOGIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Terugvoer oor wetenskapsleer 2003 met spesiale verwysing na die BWI en IT studente

Transcription:

Dit begin alles hier Natuurwetenskappe

VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling vir ʼn program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Die toepaslike Jaarboek kan op aanvraag by die Toelatingskantoor verkry word: E-pos: magda.fourie@nwu.ac.za of skakel 018 299 2636. ALGEMENE navrae Potchefstroomkampus Skakel of skryf gerus aan: Departement Bemarking en Kommunikasie (NWU- Potchefstroomkampus), Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520. NWU-Pukke NWUPUK 018 299 2772 087 2344 957 Toelating en koshuisverblyf Neem asseblief kennis dat die Universiteit weens bepaalde kapasiteitsbeperkings - die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie noodwendig tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle skolastiese prestasie gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings. Dieselfde geld vir koshuisinwoning. NWU-PUKKEtv navrae@nwu.ac.za www.nwupukvirtual.co.za nwu.ac.za 2016 NWU. Saamgestel deur die Dept. Bemarking en Kommunikasie (NWU-Potchefstroomkampus) in samewerking met die fakulteite en die Toelatingskantoor van die Potchefstroomkampus van die NWU.

Fakulteit NATUURWETENSKAPPE Inleiding n Kombinasie van wêreldklas navorsers en die heel nuutste fasiliteite en tegnologie verseker dat dié Fakulteit een van die mees gesogte instansies in Suid-Afrika is om jou opleiding as natuurwetenskaplike aan te pak. Samewerkingsooreenkomste met verskeie werkgewers sorg dat studente dikwels n spektrum van beroepsmoontlikhede en/of navorsingsgeleenthede regoor die wêreld tot hulle beskikking het na suksesvolle afloop van hulle studies. Grade, Studieprogramme En Kurrikulums Hoe kies ek n studierigting? Daar is n paar maniere hoe n mens te werk kan gaan om n studierigting binne die Natuurwetenskappe te kies. Kies volgens n program In die besluitnemingsproses, laat hierdie metode die student en die betrokke partye toe om na die groter prentjie te kyk. As die student nie onmiddellik seker is waarin hy/sy wil spesialiseer nie, besluit eers op n groter pakket of, n program. Fakulteit Natuurwetenskappe bied tien programme aan. Hulle is: Program: Aktuariële Wetenskap (programkode: 200123) Program: Kwantitatiewe Risikobestuur (programkode: 200166) Program: Finansiële Wiskunde (programkode: 200167) Program: Data-Ontginning/Bedryfsanalise (programkode: 200168) Program: Rekenaar- en Wiskundige Wetenskappe (Programkode: 200191) Program: Inligtingstegnologie (Rekenaarwetenskap) (Programkode: 264100) Program: Fisiese en Chemiese Wetenskappe (Programkode: 200190) Program: Omgewings- en Biologiese Wetenskappe (Programkode: 200118) Program: Toerisme (Programkode: 200119) Program: Stads- en Streekbeplanning (Programkode: 118101) Kies volgens n kurrikulum/hoofvakke Kurrikulums is die kleiner, meer spesifieke onderdele van die programme. Die naam van die kurrikulum is toonaangewend van wat die student se hoofvakke sal wees. Indien die student byvoorbeeld kurrikulum N167P (Mikrobiologie en Biochemie) kies, sal die student se hoofvakke Mikrobiologie en Biochemie wees. Die voornemende student kan ook, na aanleiding van sy/ haar vakke op skool, n kurrikulum keuse maak. Indien die student baie van Geografie en Rekenaarstudie hou, kan daar gekyk word na kurrikulums wat hieraan sou skakel bv. N166P (Geografie en Rekenaarwetenskap). n Voornemende student registreer eventueel vir een spesifieke kurrikulum waarvoor hy/ sy n Baccalaureus Scientiaegraad (BSc) verwerf.

Elke kurrikulum is deel van n program. Om te kan registreer, moet die student weet wat die programkode én die kurrikulumkode van sy/haar spesifieke studierigting is. Onderwysopleiding Daar is n ernstige tekort aan hoërskoolonderwysers met deeglike vakkennis in natuurwetenskaplike skoolvakke soos Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Inligtingstegnologie en Wiskunde. Die BSc-kurrikula wat toelating gee tot die Nagraadse Gevorderde Onderwyssertifikaat (NGOS) word duidelik in die jaarboek van die Fakulteit Natuurwetenskappe aangedui. Aantreklike beurse is beskikbaar aan NGOS-studente. Uiteensetting van APS-telling Die prestasie behaal in vier Aangewysde en twee NSC-vakke word in die berekening van die APS-telling gebruik. Die punt behaal in Lewensoriëntering word nie in berekening gebring nie. Taalmedium van die Fakulteit Alle klasse op die NWU se Potchefstroomkampus word in Afrikaans, die kampus se voertaal, aangebied. Tolkingsdienste is tans beskikbaar in sekere fakulteite. Raadpleeg die algemene inligtingsbrosjure oor watter kursusse getolk word. Baccalaureus Scientiae (BSc) Bedryfswiskunde en Informatika (BWI)-programme Kurrikulums Die duur van al die programme op Potchefstroom kampus vir hierdie graad is drie (3) jaar en word slegs voltyds en in Afrikaans aangebied. Al die Aktuariële modules word vertaal en keuse van studiemateriaal, asook eksamens en toetse kan in Afrikaans of Engels verkry word. Hou jy van Wiskunde? As Wiskunde jou gunsteling vak op skool is, moet jy dit oorweeg om in te skryf vir een van die Bedryfswiskunde en Informatika - (BWI-) kursusse wat deur die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika aan die Noordwes-Universiteit aangebied word. Die BWI- programme bestaan tans uit vier (4) kurrikulums: Kwantitatiewe Risikobestuur (200166 : N134P) Finansiële Wiskunde (200167 : N135P) Data-Ontginning/Bedryfsanalise (200168 : N136P) Aktuariële Wetenskap (200123 : N137P) Kontak die Sentrum vir BWI: 018 299 2575. Wat sê mense van BWI? The Centre for BMI hits the sweet spot between academic excellence and practical business skills. Due to this mix we find that BMI graduates are not only bright but hit the ground running with practical business skills. In short industry enjoy excellent

productivity from day one and BMI graduates an accelerated career path - Pravin Burra (FASSA) Director Capital Markets, Deloitte & Touche I believe that this program has bridged a significant gap between very theoretical research and business reality. The success of candidates in getting jobs with the institutions with whom they have done their research projects clearly indicates how institutions value the project output but just as importantly that they know that they are employing individuals who can add value from day 1 - David Hodnett Deputy CEO: Barclays Africa Group Die SAS-instituut glo dat die wêreldleidende programme by BWI uitnemende kundiges aan ons kliënte lewer. Die kern van hierdie sukses word gevind in die gehalte van hulle studente, onderrig en leierskap. Murray de Villiers. General Manager: Alliances SAS THE POWER TO KNOW. BWI-studente werk in n aantal gebiede in ABSA wat wissel van Risiko, Interne Oudit, Inligtingsbestuur, Tesourie en Reguleringsverslagdoening tot by Barclays self. Die terugvoering van hierdie gebiede is konsekwent positief, met n hoë mate van waardering vir die volwassenheid en goed afgeronde, relevante kwantitatiewe risikokennis en -vaardighede van die gegradueerdes. Neels Erasmus, Hoof: ABSA Risiko Steundienste, ABSA Risiko Divisie Toelatingsvereistes vir die BWI- programme Wiskunde 70% (vlak 6). n APS-telling van ten minste 32. Hoe hoër jou Wiskunde-punt egter is, hoe beter is die kans dat jy vir n BWI-program aanvaar sal word. Watter skoolvakke het jy nodig? Alle programme vereis ten minste graad 12-Wiskunde. Hoewel dit nie n streng vereiste is nie, word alle leerders aangeraai om Rekenaarstudie (IT) te neem, en leerders wat die A- en B-been (Aktuariële Wetenskap en Kwantitatiewe Risikobestuur) wil volg, word aangeraai om Rekeningkunde te neem. Professionele kwalifikasies waarvoor jy voorberei word: FASSA Fellow of the Actuarial Society of South Africa FIA - Fellow of the Institute of Actuaries PRM Professional Risk Manager CERA - Certified Enterprise Risk Actuary Die Hons BSc Aktuariële Wetenskap program van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI) is geakkrediteer by die Institute and Faculty of Actuaries (IFA) om vrystelling vir CT1-CT8 (sien http://www.actuaries.org.uk) aan te beveel. Die Sentrum vir BWI is ook geakkrediteer vir dieselfde programme (A101 A103 en A201 A205) by die Aktuariële Genootskap van Suid Afrika (http://www.actuarialsociety.org.za/)

Die Hons BSc in Kwantitatiewe Risikobestuur is geakkrediteer deur PRMIA (Professional Risk Managers International Association) vir vlakke I en II van die PRM (Professional Risk Manager)-kwalifikasie. (sien http://www.prmia.org/) Na voltooiing van die Hons BSc is BWI studente goed voorberei om ook die FRM (Financial Risk Manager) en CFA (Chartered Financial Analyst) eksamens te skryf. Wat is risiko? Aangesien al vier BWI-programme hoofsaaklik op risiko konsentreer, moet die basiese elemente van risiko verduidelik word. Risiko verskyn in talle vorms, en elke persoon en organisasie het met risiko s te make. As kundiges met die meet en bestuur van risiko, spreek aktuarisse en risikobestuurders ʼn belangrike behoefte in ons samelewing aan. Hulle bydrae tot die samelewing se sielkundige, fisiese en ekonomiese welsyn is groot. As die risikobestuursprogramme, wat aktuarisse en risikobestuurders ontwikkel, nie bestaan nie, sal ons ekonomie nie kan groei soos dit wel gebeur nie. Dink na oor die volgende: Sal soveel mense bereid wees om ʼn huis te besit as daar nie brandversekering is nie? Sal ʼn maatskappy ʼn fabriek bou wat deur ʼn aardbewing verwoes kan word as dit nie deur versekering beskerm word nie? Sal mense vandag geld bestee en steeds seker wees van hulle toekoms as daar nie aftreeprogramme is nie? Sal die motors wat mense ry veilig wees as die onderdele nie deeglik getoets word met behulp van wiskundige tegnieke wat aktuarisse, ingenieurs en risikobestuurders algemeen gebruik nie? Sal ouers riskante en avontuurlike ontspanningsaktiwiteite soos rotsklim en ski beoefen as hulle kinders ʼn finansiële ramp sou beleef indien ʼn ongeluk gebeur? Sal die banke (en die geld wat daar gedeponeer word) veilig wees as hulle bates en laste nie versigtig bestuur word om finansiële risiko te beheer nie? Sal die opbrengs op ons beleggings hoog wees as finansiële instellings soos effektetrust, banke en versekeringsmaatskappye nie gesofistikeerde tegnieke gebruik om opbrengste te verbeter sonder om die risiko te veel te verhoog nie? Wat is data-wetenskap? Data-Wetenskap (bekend as Bedryfsanalise) verwys na die vaardighede, tegnologie, toepassings en praktyke vir voortdurende herhalende verkenning van reuse databasisse om insig te bekom en besigheidsbeplanning te bevorder. Data-Wetenskap kyk vorentoe met inagneming van besigheidsdoelstellings. Dink n bietjie aan die volgende: Die datapakhuise van sommige groot kleinhandelaars bevat

tans inligting gemeet in petagrepe (1 miljoen gigagrepe). Hoe kan dit ontleed word en in hul sakebeplanning gebruik word? Hoe kan n kombinasie van maatskaplike netwerk- en ander kliëntedata gebruik word om kliëntegedrag in n telekommunikasieomgewing te voorspel? Elke keer as klante hul kredietkaarte in n kruidenierswarewinkel gebruik, het hulle magtiging daarvoor nodig. Bedrogopsporing in hierdie soort transaksie moet byna onmiddellik plaasvind. Aktuariële Wetenskap (Interpreted in English) (aangebied by die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika ) (programkode: 200123) Kurrikulum Aktuariële Wetenskap (200123 : N137P) Die toekoms is onseker. Sommige gebeure wat kan plaasvind, is ongewens. Risiko is die moontlikheid dat n ongewenste gebeurtenis sal plaasvind. Aktuarisse is kundiges in: Die evaluering van die waarskynlikheid van toekomstige gebeure; Die ontwerp van kreatiewe maniere om die waarskynlikheid van ongewenste gebeure te verminder; en Die vermindering van die impak van ongewenste gebeure wat wel plaasvind. Die impak van ongewenste gebeure kan emosioneel sowel as finansieel wees. Die vermindering van die waarskynlikheid van hierdie gebeure help om emosionele pyn te verlig. Tog kan gebeure soos die dood nie vermy word nie. Dit is dus baie belangrik om die finansiële impak daarvan te verminder. Aktuarisse is die voorste kundiges wat maniere kry om risiko te bestuur. Dit neem n kombinasie van sterk analitiese vaardighede, sakekennis en begrip van menslike gedrag om programme wat risiko beheer, te ontwerp en bestuur. Aktuarisse hou van wat hulle doen. Hulle werk is intellektueel uitdagend en hulle word baie goed betaal. Aktuarisse is sleutelspelers in die bestuurspan van die maatskappye wat hulle in diens het. In n snelveranderende wêreld met nuwe risiko s en die voortdurende behoefte aan meer kreatiewe maniere om dit aan te pak, is daar altyd geleenthede vir persoonlike en professionele groei in n aktuariële loopbaan, en die plesier van lewenslange leer. Die meeste aktuarisse werk in n aangename omgewing saam met ander kundiges en geniet die respek van hulle kollegas. Aktuarisse is die analitiese ruggraat van ons samelewing se finansiële versekeringsprogramme. Hulle is die breinkrag agter die finansiële beskermingsmaatreëls wat ons in ons persoonlike lewens geïmplementeer het sodat ons ons daaglikse lewe kan lei sonder om ons te veel te bekommer oor wat die toekoms vir ons inhou. Dit is die maatreëls wat ons teen die lewe se rampe beskerm. Die insig in risiko wat aktuarisse het, help ook om te verseker dat ons spaargeld hard werk vir ons sodat alles wat ons lief het en vir ons kosbaar is, kan groei en floreer. Die werk van aktuarisse is tot almal van ons se voordeel.

Wat maak Aktuariële Wetenskap aan die NWU uniek? Die aktuariële program aan die NWU is nou verweef met die Bedryfswiskunde en Informatika - (BWI-) program. Die BWIprogram is bekend in die finansiële bedryf en word deur Absa asook SAS finansieel ondersteun. Die beste presteerders in die Aktuariële Wetenskap-program kan ook aansoek doen om ʼn meestergraad in BWI te voltooi. Dit is ʼn unieke program wat op die behoeftes van die bedryf konsentreer en ook aan die studente unieke loopbaangeleenthede verskaf, veral in die finansiële sektor. Die fokus van die aktuariële program aan die NWU is op Ondernemingswye Risikobestuur, terwyl ander universiteite op spesialisgebiede soos pensioene, gesondheids- of lewensversekering konsentreer. Hierdie fokus is gekies omdat dit aansluit by die BWI se risikobestuur- en risikoontledingsfokusareas. Studente wat beoog om vir die BWI meestersgraad in te skryf, kwalifiseer in elke studiejaar vir Absa-beurse, afhangende van hulle akademiese prestasie. middel Watter vrystellings bied die NWU? Die NWU is tans geakkrediteer om vrystellingsaanbevelings vir vakke A101-A103, A201-A205 en A301 van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (ASSA), dit is vakke CT1 tot CT8 en CA1 van die IFA, te gee. ASSA het ʼn verdere genootskap beginselkursus F106 (Ondernemingswye Risikobestuur) geloods in 2010. Hierdie is tans ʼn fokus-area in die BWI meestersgraad en alhoewel dit nie lei tot vrystelling nie, word die kursus so aangebied om studente voor te berei op die professionele eksamen. Beroepsmoontlikhede As jy in die A-been (Aktuariële Wetenskap) van die BWI-program spesialiseer, is tipiese poste in die finansiële sektor: Aktuaris Risikobestuurder Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienssektor (byvoorbeeld Sanlam, Liberty, Old Mutual, Momentum, ABSA, SAS, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers). Belangrikste vakke Die kurrikulum is saamgestel uit die vakke Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Aktuariële Wetenskap, Ekonomie, Rekeningkunde en Geld- en Bankwese. Toelating tot nagraadse studie Die kurrikulum gee toelating tot die BSc Hons (Aktuariële Wetenskap) en kan ook toelating gee tot honneursstudie in Ekonomie of Statistiek. Na voltooiing van dié Honneursgraad kan studente aansoek doen om tot die MSc (Kwantitatiewe risikobestuur/aktuarieel) in BWI toegelaat te word. Kwantitatiewe Risikobestuur (aangebied by die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika ) (programkode: 200166) Kurrikulum Kwantitatiewe Risikobestuur (200166 : N134P)

Wat is Kwantitatiewe Risikobestuur? Die belangrikheid van risikobestuur tot op die hoogste vlakke van organisasies word deesdae al hoe meer erken, waar dit in sy breedste vorm bekend staan as Ondernemingwye Risikobestuur (ORB). Die belangrikste tipes is mark-, krediet- en operasionele risiko. Markrisiko is die risiko dat veranderings in die finansiële markpryse en -koerse die waarde van die firma se posisies sal verlaag. Kredietrisiko is die risiko dat n verandering in die kredietgehalte van n teenparty die waarde van die bank sal raak. Operasionele risiko verwys na potensiële verliese wat die gevolg is van onvoldoende stelsels, bestuursmislukking, foutiewe kontroles, bedrog en menslike foute. Kwantitatiewe Risikobestuur aan die NWU dek die volle reeks onderwerpe in hoofstroomrisikobestuur en -ontleding en die toepassings daarvan. Die kurrikulum sluit byvoorbeeld markrisiko, kredietrisiko, operasionele risiko, volatiliteitsmodellering, kredietmodelle, Basel II regulasies en -benaderings, tydreeksontledings, statistiese modelle en waarskynlikheid, prysing en verskansing van afgeleide instrumente, bateprysdinamika, risiko-ontleding, rentekoerse en valutaprosesse, beleggingsbesluitneming, sowel as ander statistiese vakke van belang vir praktiese finansiële modellering in. Dit sluit praktiese ontledings met die jongste sagtewarepakkette soos SAS Risk Dimensions, SAS Operational Risk, SAS Credit Solutions, BARRA en ALMAN in. Loopbaangeleenthede in Kwantitatiewe Risikobestuur? As jy in die B-been van die BWI-program spesialiseer, is tipiese poste in die finansiële sektor: Mark- of Kredietrisiko-analis/bestuurder Handelsbankier Korporatiewe Bankier Tesourie-analis Risiko-analis/bestuurder Besluitondersteuningsanalis Beleggingsanalis Finansiële Ingenieur Waar gaan ek werk? Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienstesektor (byvoorbeeld Absa, SAS, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en Pricewaterhouse- Coopers). Belangrikste vakke Die kurrikulums word saamgestel uit die vakke Bedryfswiskunde, Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Aktuariële Wetenskap, Ekonomie, Rekeningkunde en Geld- en Bankwese. Toelating tot nagraadse studie Nadat die kwalifikasie verwerf is, kan studente, afhangende van die kurrikulum wat voltooi is, inskryf vir n honneursgraad in een van drie (3) spesialisrigtings: Kwantitatiewe Risikobestuur, Data-Ontginning.

Die kurrikulums verleen ook toelating tot nagraadse studie in Ekonomie, Statistiek, Wiskunde of Rekenaarwetenskap. Ná voltooiing van die Honneursgraad kan studente aansoek doen om tot die MSc in BWI toegelaat te word. Finansiële Wiskunde (aangebied by die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika ) (programkode: 200167) Kurrikulum Finansiële Wiskunde (200167: N135P) Wat is Finansiële Wiskunde? Finansiële Wiskunde is ʼn florerende gebied van die moderne wetenskap. Die talle toepassings het noodsaaklik geword vir die daaglikse funksionering van die wêreld se finansiële instellings. Gevolglik is ʼn deeglike kennis van die beginsels en tegnieke van finansiële ingenieurswese noodsaaklik vir n verantwoordelike benadering tot die verhandeling, batebestuur en risikobeheer van ingewikkelde finansiële posisies. Finansiële Wiskunde aan die NWU dek ʼn verskeidenheid onderwerpe in hoofstroom wiskundige finansiering en die toepassings daarvan. Die kurrikulum sluit byvoorbeeld die prysing en verskansing van afgeleide instrumente, bateprysdinamika, risiko ontleding en uiterste gebeure, rentekoerse- en valutaprosesse, kredieten inflasie-gekoppelde produkte, reële opsies, stogastiese optimalisering en beheer, en beleggingsbesluitneming, sowel as ander wiskundige vakke van belang vir praktiese finansiële modellering in. Dit sluit praktiese ontledings met die jongste sagtewarepakkette soos SAS Risk Dimensions, SAS Optimisation, en SAS ETS in. Loopbaangeleenthede in Finansiële Wiskunde As jy die W-been van die BWI-program spesialiseer, is tipiese poste in die finansiële sektor: Finansiële Produkontwikkelaar Gestruktureerde Finansieringspesialis Finansiële Ingenieur Finansiële Wiskundige Waar gaan ek werk? Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienstesektor (byvoorbeeld Absa, SAS, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers). Belangrikste vakke Die kurrikulums word saamgestel uit die vakke Bedryfswiskunde, Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Aktuariële Wetenskap, Ekonomie, Rekeningkunde en Geld- en Bankwese. Toelating tot nagraadse studie Nadat die kwalifikasie verwerf is, kan studente, afhangende van die kurrikulum wat voltooi is, inskryf vir n honneursgraad Finansiële Wiskunde of Data-Ontginning.

Die kurrikulums verleen ook toelating tot nagraadse studie in Ekonomie, Statistiek, Wiskunde of Rekenaarwetenskap. Ná voltooiing van die Honneurs graad kan studente aansoek doen om tot die MSc in BWI toegelaat te word. Data-Ontginning / Bedryfsanalise (aangebied by die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika ) (programkode: 200168) Kurrikulum Data-Ontginning/Besigheidsintelligensie (200168 : N136P) Wat is Data-Ontginning/Bedryfsanalise? Bedryfsanalise is n snel ontwikkelende gebied waarvan die toepassings n wye reeks industrieë dek. Die gebied is ideaal geskik vir daardie studente wat n aanleg vir Wiskunde en n lewendige belangstelling in rekenaarprogrammering het. Tans is daar talle werkgeleenthede in verskillende bedryfsektore, bv. die finansiële, industriële, kommunikasie-, kleinhandel- en mynbousektor. Bedryfsanalise (soms genoem Data-wetenskap) verwys na die vaardighede, tegnologie, toepassings en praktyke vir deurlopende herhalende verkenning en ondersoek van reuse databasisse om insig te bekom en sakebeplanning te bevorder. Programmatuur vir Bedryfsanalise is gewoonlik gebaseer op wiskundige algoritmes wat ontwikkel is om groot datastelle te ontleed (waarna dikwels verwys word as Big Data). Dit stel gebruikers in staat om data vanuit baie verskillende dimensies of hoeke te ontleed en te kategoriseer, en die verhoudings wat geïdentifiseer is op te som en dit te gebruik vir voorspellingsanalise. Bedryfsanalise word vandag primêr gebruik deur maatskappye met n sterk verbruikersfokus kleinhandels-, finansiële, kommunikasie- en bemarkingsorganisasies. Dit stel hierdie maatskappye in staat om verwantskappe te bepaal tussen interne faktore soos prys en produkposisionering, en eksterne faktore soos ekonomiese aanwysers, mededinging, markgebeurtenisse en kliëntedemografie. Dit stel hulle verder in staat om te voorspel wat die impak sal wees van bepaalde aksies of gebeure op verkope, kliëntetevredenheid en korporatiewe winste. Met bedryfsanalise sou n kleinhandelaar verkooppuntrekords van kliënte se aankope kon gebruik om toegespitste promosies van stapel te stuur, gebaseer op n individu se aankoopgeskiedenis. Deur sosialenetwerkdata te voeg by kliëntedata kan n telekommunikasiemaatskappy byvoorbeeld voorspel watter kliënte na sy mededingers sal verskuif. Bedryfsanalise aan die NWU dek n volle reeks onderwerpe in hoofstroombedryfsanalise en die toepassings daarvan. Die geïntegreerde kurrikulum sluit byvoorbeeld in praktiese data-ontginning, statistiese tydreeksanalise, oorlewingsmodelle, statistiese modelbou, neurale netwerke, multikriteriabesluitneming en databestuur, asook ander statistiese en inligtingstegnologie-rigtings wat daarmee verband hou. Dit sluit praktiese analises in met die modernste programmatuurpakkette soos SAS Enterprise Miner,

SAS ETS, SAS Rapid Predictive Modeler, SAS Enterprise Guide en SAS Forecast Studio. Loopbaangeleenthede in Bedryfsanalise? In elke besigheidsektor kom bestuurders te staan voor die uitdagings van groot datastelle en hulle het mense nodig wat beskik oor gevorderde analitiese vaardighede ten einde die besigheidsgeleenthede te ontgin wat in hierdie datastelle opgesluit lê. Individue met gevorderde analitiese vaardighede is tans hoog in aanvraag. As jy sou spesialiseer in die I-been van die BWI-program, sou tipiese werkgeleenthede die volgende wees: Datawetenskaplike Kwantitatiewe Strateeg Kredietrisiko-analis/-bestuurder Besluitondersteuningsanalis Finansiële Statistikus Data-ontginningsanalis E-handelsbesigheidsanalis Bedroganalis Databasisbemarkingsanalis Waar gaan ek werk? Meestal in groot maatskappye (bv. Foschini, Woolworths, Edgars, Makro, Absa, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers), SASOL, AngloPlatinum of TELKOM. Belangrikste vakke Die kurrikulums word saamgestel uit die vakke Bedryfswiskunde, Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Aktuariële Wetenskap, Ekonomie, Rekeningkunde en Geld- en Bankwese. Toelating tot nagraadse studie Nadat die kwalifikasie verwerf is, kan studente, afhangende van die kurrikulum wat voltooi is, inskryf vir n honneursgraad in een van die spesialisrigtings: Kwantitatiewe Risikobestuur of Dataontginning. Die kurrikulums verleen ook toelating tot nagraadse studie in Ekonomie, Statistiek, Wiskunde of Rekenaarwetenskap. Ná voltooiing van die Honneursgraad kan studente aansoek doen om tot die MSc in BWI toegelaat te word. Rekenaar- en Wiskundige Wetenskappe (Programkode: 200191) Kurrikulums Fisika en Rekenaarwetenskap (200191 : N153P) Rekenaarwetenskap en Statistiek (200191 : N156P) Rekenaarwetenskap en Wiskunde (200191 : N157P) Statistiek en Wiskunde (200191 : N158P) Wiskunde (200191 : N159P) Rekenaarwetenskap en Ekonomie (200191 : N175P) Wiskunde en Ekonomie (200191 : N176P)

Beroepsmoontlikhede Opwindende loopbane, veral na suksesvolle nagraadse studie, wink in n groot verskeidenheid instansies soos die WNNR, NECSA, MINTEK, ESKOM, SASOL, Mittal Steel SA, SABS, DENEL, AECI, MNT en talle nywerhede en ander organisasies. Daar is n groot aanvraag vir goed gekwalifiseerde onderwysers in Fisiese Wetenskappe, Inligtingstudies en Wiskunde. Toelatingsvereistes Fisika en Rekenaarwetenskap (N153P), Rekenaarwetenskap en Statistiek (N156P), Rekenaarwetenskap en Wiskunde (N157P) en Statistiek en Wiskunde (N158P) Wiskunde vlak 5 (60-69%) / Fisiese Wetenskap vlak 4 (50%- 59%) APS-telling: 24 Wiskunde 1. i n Student wat enige module in Wiskunde wil volg, uitgesonderd Wiskundige Tegnieke (WISN112,WISN113 of WISN123), moet in die graad 12-eksamen in Wiskunde n punt van minstens 60% (vlak 5) of minstens 70% (vlak 6) in n ander eksamen in Wiskunde wat die Senaat as gelykwaardig aan bogenoemde ag, behaal het. Opmerkings Studente wat nie hieraan voldoen nie, maar in Wiskunde wel n punt van minstens 50% (vlak 4) of minstens 60% (vlak 5) in n ander eksamen in Wiskunde wat die Senaat as gelykwaardig aan bogenoemde ag, behaal het, word toegelaat tot n opknapkursus in Wiskunde wat in Januarie deur die Skool vir Rekenaar-, Statistiese en Wiskundige Wetenskappe aangebied word. Indien sodanige studente voldoende presteer in die toetse wat tydens hierdie kursus afgeneem word, kan hulle in aanmerking kom vir toelating tot studie in Wiskundemodules. 1. Voornemende studente wat nie aan die graad 12-vereiste voldoen om vir WISN111 in te skryf nie, en ook nie die opknapkursus bygewoon het nie, kan in die tweede studiejaar toelating tot WISN111 verkry deur in die eerste studiejaar die module in Wiskundige Tegnieke (WISN112, WISN113 of WISN123) te slaag, met dien verstande dat persone wat langs hierdie weg toelating wil kry tot programme wat andersins vir hulle ontoeganklik sou wees, in ag moet neem dat hulle moontlik nie hulle studie in die minimum tydperk sal kan afhandel nie. 2. ʼn Student wat Wiskundige Tegnieke (WISN 112, WISN 113 of WISN 123) wil neem, moet aan die programvereistes van die program waarvoor hy/sy wil inskryf voldoen. Indien n student Wiskundige Tegnieke (WISN 112, WISN 113 of WISN 123) wil neem om toelating tot WISN 111 in die volgende jaar te verkry, of vir nie-graaddoeleindes, moet hy/sy óf in die graad 12-eksamen in Wiskunde ʼn punt van minstens 40% (vlak 3) óf minstens 50% (vlak 4) in ʼn ander eksamen in Wiskunde behaal het wat die Senaat as gelykwaardig aan voorgenoemde ag.

Wiskunde en Ekonomie (N176P) Rekenaarwetenskap en Ekonomie (N175P) Wiskunde vlak 5 (60-69%) APS-telling: 24 Toelating tot nagraadse studie As die kwalifikasie suksesvol verwerf is, verleen dit toegang tot nagraadse studie in enige een van die hoofvakke van die gekose program Goeie beurse is vir nagraadse studie beskikbaar. Dit is onderhewig aan keuring. Inligtingstegnologie en Rekenaar Wetenskap (Programkode: 264100) Kurrikulum Inligtingstegnologie en Rekenaarwetenskap (IT) (264100 :N150P) Hierdie program en kurrikulum is só saamgestel dat studente toegerus word om met vertroue toe te tree tot die terrein van inligtingstegnologie en om vir dié industrie in Suid-Afrika, en elders in die wêreld, tot waardevolle diens te kan wees. Beroepsmoontlikhede Programmeerders, stelselontleders- en ontwerpers, databasisontwerpers, databasisadministrateurs en IT-probleemoplossers is alles deel van hierdie studente se beroepsmoontlikhede. Belangrikste vakke Die kurrikulum is ontwerp na aanleiding van beplanningsessies met individue uit die industrie. Dit bestaan hoofsaaklik uit rekenaarmodules waarvan die inhoud grootliks gebaseer is op inhoude van die internasionale kurrikulum, Computing Curricula: Computer Science. Die hoofstrome is programmering in die wyer sin, stelselontleding en ontwerp en databasisse. Hierdie strome word ondersteun deur tradisionele en moderne rekenaarmodules asook enkele modules uit Statistiek, Wiskunde, Rekeningkunde en Ondernemingsbestuur. Die kurrikulum is só saamgestel dat dit tred kan hou met moderne ontwikkeling daar word onder andere klem gelê op die ontwerp, ontwikkeling (ook programmering) en aflewering van gerekenariseerde stelsels, die oplossing van IT-verwante probleme, bestuur van inligting en inligtingsbronne en entrepeneurskap. n Volledige kursusuitleg is beskikbaar in die nuutste Jaarboek op ons webwerf www.nwu.ac.za/p-ns/index.html Toelatingsvereistes Wiskunde vlak 4 (50-59%) APS-telling: 24 Toelating tot nagraadse studie As die kwalifikasie suksesvol verwerf is, verleen dit toegang tot nagraadse studie in Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels - onderhewig aan keuring.

Fisiese en Chemiese Wetenskappe (Programkode: 200190) Hierdie programme rus die student toe met intellektuele en praktiese vaardighede in die Fisiese en Chemiese Wetenskappe. Suksesvolle studie, veral nagraadse studie, in een van hierdie programme bied opwindende geleenthede in navorsing en ontwikkeling, onderwys in die hoër en sekondêre onderwyssektore, gehaltebeheer, bemarking en verkope, asook bestuur en konsultasie in dié veld van spesialisasie. Kurrikulums In hierdie program kan die student tans uit die volgende kurrikulums kies. Chemie en Fisika (200190 : N151P) Chemie, Wiskunde en Toegepaste Wiskunde (200190 : N152P) Fisika en Wiskunde (200190 : N154P) Fisika en Toegepaste Wiskunde (200190 : N155P) Chemie en Biochemie (200190 : N174P) Fisiologie en Chemie (200109 : N177P) Omgewings- en Biologiese Wetenskappe (Programkode: 200118) In hierdie program kan die volgende kurrikulums gekies word: Chemie en Plantkunde (200118: N149P) Chemie en Dierkunde (200118: N161P) Chemie en Mikrobiologie (200118: N168P) Chemie en Geologie (200118: N180P) Beroepsmoontlikhede Uiteenlopende beroepsmoontlikhede is beskikbaar in n verskeidenheid nywerhede en ander organisisasies. Petrochemiese industrie (SASOL, AECI, OMNIA, Sentrachem, SAB) Universiteite en sekondêre skole Regeringsorganisasies (SABS, MNR, NECSA, MINTEK) Farmaseutiese nywerheid Waterrade Forensiese laboratoria Tekstielbedryf Landbousektor Belangrikste vakke n Volledige kursusuitleg is beskikbaar in die nuutste Jaarboek op ons webwerf www.nwu.ac.za/af/natuurwetenskappe Toelatingsvereistes Wiskunde vlak 5 (60%-69%) Fisiese Wetenskap vlak 4 (50%-59%) APS-telling: 24 Toelating tot nagraadse studie As die kwalifikasie suksesvol verwerf is, verleen dit toegang tot nagraadse studie in enige een van die hoofvakke van die gekose program. Goeie beurse is vir nagraadse studie beskikbaar. Dit is onderhewig aan keuring.

Omgewings- en Biologiese Wetenskappe (Programkode: 200118) Kurrikulums Toelatingsvereistes Dierkunde en Mikrobiologie (200118 : N163P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Plantkunde (200118 : N164P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Fisiologie (200118 : N185P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Fisiologie en Mikrobiologie: (200118 : N186P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Biochemie (200118 : N160P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Chemie (200118 : N161P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Mikrobiologie en Biochemie (200118 : N167P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Mikrobiologie en Chemie (200118 : N168P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Mikrobiologie en Plantkunde (200118 : N169P): *Wiskunde vlak 4, Fisiese Wetenskap vlak 4 Plantkunde en Biochemie (200118 : N170P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Plantkunde en Chemie (200118 : N149P): *Wiskunde vlak 5, Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Geografie (200118 : N162P): * Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geografie en Plantkunde (200118 : N165P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geografie en Rekenaarwetenskap (200118 : N166P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geologie en Geografie (200118 : N147P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geologie en Plantkunde (200118 : N148P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geologie en Mikrobiologie (200118: N181P): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Dierkunde en Geologie (200118: N182): *Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 Geologie en Chemie (200118 : N180P): *Wiskunde vlak 5 en Fisiese Wetenskap vlak 4 *Toelatingsvereiste Beroepsmoontlikhede Universiteite: Dosente en navorsers Navorsing: Raad vir Geowetenskap, Mintek, Miningtek van die WNNR, WNK en LNR. Privaatsektor: Konsultasie-maatskappye wat verband hou met siviele ingenieurswese, industrieë en omgewing verwante sake soos besoedeling en rehabilitasie van versteurde gebiede; mineraalontginningsbedryf, eksplorasiemaatskappye, bankwese (projekfinansiering), omgewingsbewaringskonsultasiemaatskappye Entrepreneurs: met hul eie konsultasiebesighede. Regeringsdepartemente:

Geoloë en aardwetenskaplikes is aktief in die volgende velde: Mynbougeologie Eksplorasiegeologie Omgewingsgeologie Ingenieursgeologie Mineralogie en geochemie Navorsingsgeologie Vir meer inligting oor hierdie opwindende beroepe, besoek die volgende webtuiste www.nwu.ac.za/af/content/geologie-loopbane Toelatingsvereistes Wiskunde vlak 4 (50%-59%) of Wiskunde vlak 5 (60%-69%) *(Sien onder kurrikulums) Fisiese Wetenskap vlak 4 (50%-59%) APS-telling: 24 Toelating tot nagraadse studie As die kwalifikasie suksesvol verwerf is, verleen dit toegang tot nagraadse studie in enige een van die hoofvakke van die gekose program Goeie beurse is vir nagraadse studie beskikbaar. Dit is onderhewig aan keuring. Toerisme (Programkode: 200119) Kurrikulums Daar is tans drie kurrikulums waaruit studente kan kies. Die doel van die kurrikulums is om studente toe te rus met grondige omgewingsbiologiese-, toerismebestuurskennis en vaardighede sodat alle aspekte van ekotoerisme beplan, ontwikkel en bestuur kan word en om die tekort aan opgeleide bestuurders in die veld van natuurbewaring en volhoubare ontwikkeling te verlig: Plantkunde en Dierkunde (200119 : N171P) Geografie en Plantkunde (200119 : N172P) Geografie en Dierkunde (200119 : N173P) Beroepsmoontlikhede Die kwalifikasie is primêr gerig op die toerismebedryf in die algemeen, maar n persoon wat hierdie program voltooi het, sal by n groot verskeidenheid instansies in die privaat- en openbare sektor in aanvraag wees. Toelatingsvereistes Wiskunde vlak 4 (50%-59%) Fisiese Wetenskap vlak 4 (50%-59%) APS-telling: 24 Toelating tot nagraadse studie As die kwalifikasie suksesvol verwerf is, verleen dit toegang tot nagraadse studie in enige een van die hoofvakke van die gekose program Goeie beurse is vir nagraadse studie beskikbaar. Dit is onderhewig aan keuring. Stads- en Streekbeplanning (Programkode: 118101) (interpreted in English) Die duur van al die kurrikulums in hierdie program is vier (4) jaar en word slegs voltyds aangebied.

Kurrikulums Die enkele kurrikulum in hierdie program is ontwerp om professionele stads- en streekbeplanners op te lei om te sorg vir die ontwikkeling van stedelike en landelike gebiede om die lewenskwaliteit van ons land en sy mense te verbeter. Stads- en Streekbeplanning (118101 : N183P) Die stads- en streekbeplanner is betrokke by n wye verskeidenheid beplanningstake, onder andere: ontwerp en stigting van dorpsgebiede, insluitend sakegebiede en rekreasie-areas, lewensvatbaarheidstudies van bogenoemde, geïntegreerde ontwikkelingsplanne, landelike ontwikkeling, stedelike vernuwing strategieë, wysiging van grond gebruikregte, strategiese beplanning en projekbestuur, daarstelling van grondgebrukikbestuurstelsels en spesialisadvisering oor eiendomsontwikkeling. Belangrikste vakke Daar is net een kurrikulum in hierdie program. In hierdie kurrikulum is Geografie en Omgewingsbestuur en Ekonomie saam met Stadsen Streekbeplanning die vier(4) kernvakke. Die kurrikulum bevat ook modules van Ingenieurswese vir Beplanning, Projekbestuur, Privaatreg, Statistiek, Wiskunde en Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels. Toelatingsvereistes Wiskunde vlak 5 (60%-69%) APS-telling: 28 Onderhewig aan n keuringseksamen Aansoeke sluit 30 Junie Beroepsmoontlikhede Ná voltooiing van die studie kan n student vir beplanningsposte in die staatsdiens, provinsiale owerheid, distriksowerheid, plaaslike owerheid, privaatsektor, universiteite en technikons aansoek doen. Hierdie poste is slegs beskikbaar vir professionele stadsen streekbeplanners. Jy kan ook jou eie onderneming begin en sodoende werk skep. As projekbestuurder van plaaslike ontwikkelingsprojekte kan jy waardevolle bydraes lewer tot werkskepping en die bekamping van armoede. Toelating tot nagraadse studie Suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie verleen toegang tot studie vir die kwalifikasie M Art et Scien (Bepl). Vakbeskrywings Nie al die vakke wat in die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied word, word ook op skool aangebied nie. Daarom word die aard van die vakke hieronder kortliks beskryf. Biochemie Biochemie is die studie van die molekulêre basis van lewe. Lewende organismes soos mense, diere, plante, swamme, bakterieë en ook virusse is opgebou uit unieke chemikalieë. Omdat hierdie chemikalieë so anders is

as die chemiese verbindings wat in nie-lewende sisteme voorkom, noem ons hulle biomolekules. Deur die struktuurfunksieverband van biomolekules te bestudeer, dra biochemici onder andere by tot die ontwikkeling van entstowwe en terapieë vir aansteeklike siektes, die genetiese manipulasie van organismes en die verstaan van die molekulêre basis van ensiemwerking, fermentasie, erflikheid, aangebore siektes, kanker en die ontwikkeling van verpersoonlikde medisyne. Chemie Alle materie bestaan uit sub-mikroskopiese deeltjies, naamlik atome, molekules en ione. Die eienskappe en gedrag van dié deeltjies en hulle verbindings bepaal uiteindelik die eienskappe en gedrag van die materie. Chemie is die studie van materie en die doel daarvan is om die eienskappe en gedrag van die samestellende deeltjies te wysig tot voordeel van die samelewing. Produkte soos kunsmis, seep, waspoeier, tandepasta, insekdoder, plastiek, rubber, brandstof, gom, verf en medisyne is die gevolg van chemiese navorsing en word deur die chemiese nywerheid vervaardig. Hierdie nywerheid is die ruggraat van die moderne samelewing. Dierkunde Dierkunde behels die bestudering van diere sodat die mens op n verantwoordelike wyse oor die Skepping kan heers. In Dierkunde word die diereverskeidenheid, hul wisselwerking met mekaar en met die omgewing, sowel as hul bou en funksie bestudeer. Dit is van kardinale belang dat ons die diere (en natuurlik ook die plante) wat die planeet met ons deel, so deeglik as moontlik sal ken. Die lewe en welsyn van die mens word op verskeie maniere deur diere beïnvloed. Ons is van diere afhanklik as bron van voedsel, as metgeselle in die vorm van troeteldiere, as integrale deel van die ekostelsel en ook as bron van arbeid. Ons ding met verskeie diere mee. Dit sluit in die diere wat ons voedselbronne bedreig asook dié wat mens en dier parasiteer. Dierkundiges word in verskeie rigtings benodig. Sommige hiervan is: biosistematiek, dierkundenavorsing, ekologie, ekotoksikologie, epidemiologie, landbou, natuurbewaring, natuurhistoriese museums, omgewingsbestuur, onderwys, parasitologie, plaagbeheer, taksidermie, varswater-en marienenavorsing en veeartsenykunde. Fisika Fisika probeer om verskynsels wat in die natuur waargeneem word, in terme van wetmatighede saam te vat, bv. die bewegingswette van Newton. Sulke wette word geformuleer om ons kennis van die stoflike natuur wetenskaplik aan te bied. Fisika, saam met die vakke Chemie en verskeie afdelings van Wiskunde, vorm die basis van die Wetenskap en Tegnologie. Hierdie vakke vorm ook deel van die kurrikulums van Ingenieurswese en verskeie ander toegepaste velde. Die missie van die Vakgroep Fisika bestaan hoofsaaklik uit opleiding, terwyl navorsing gedoen word in Astrofisika en Ruimtefisika binne die Sentrum vir Ruimtenavorsing. Hierdie Eenheid is ook betrokke by die Suid- Afrikaanse Nasionale Antarktiese Sentrum waar navorsing in Antarktika gedoen word. Fisika gee aan n mens n unieke benadering tot probleemoplossing, n logiese wetenskaplike denkwyse asook insig

en n uitkyk op die wêreld waarin ons leef. Hierdie vaardighede dra daartoe by dat n fisikus maklik aanpas in ander beroepe as net die beoefening van Fisika. Die Vakgroep Fisika het n uitgebreide beursskema wat daarop gemik is om uitstaande studente as fisici op te lei en die groot tekort aan natuurwetenskaplikes in Suid-Afrika teen te werk. Geografie en Omgewingsbestuur Verskillende eienskappe van die natuurlike omgewing (bv. klimaat, minerale, topografie, oseane) het tot gevolg dat die mens verskillende aktiwiteite op die aardoppervlak vestig (bv. n myn, n plaas, n stad of n vakansie-oord). Verskillende aktiwiteite beïnvloed die natuurlike en die sosioekonomiese omgewing op verskillende maniere (bv. besoedeling of sosio-ekonomiese en eties-morele probleme). Geografie en Omgewingsbestuur bestudeer hierdie totale mensnatuursisteem met die doel om grondgebruikspatrone, asook die gepaardgaande invloede op die omgewing, te verstaan en te bestuur. Geologie Die vakgroep Geologie fokus op n geologiese benadering in omgewingswetenskappe met n sterk onderbou in grondkundige en biologiese of chemiese aspekte. Vakgebiede soos Grondkunde en Verwering, Gronddegradasie en Neotektoniek, Omgewingsgeologie, Suid-Afrikaanse Geologie, Struktuurgeologie, Sedimentologie, Stollingspetrologie, Stratigrafie, Mineralogie, Kristallografie, Veldstudies, Ekonomiese Geologie, Geochemie, Geohidrologie, Ingenieursgeologie en Geofisiese metodes word gedek. Mikrobiologie Mikrobiologie behels die ontsluiting van die geheimenisse van mikroskopiese lewe en die toepassing daarvan in die moderne samelewing. Die interaksies van virusse, bakterieë, archaea en fungi met die omgewing, hul industriële aanwending en kliniese belangrikheid beïnvloed byna elke terrein van die menslike lewe. Voorgraadse studie in Mikrobiologie sluit die studie van verskillende tipes mikrobes asook toepassings in mikrobiese ekologie, genetika en industriële mikrobiologie in. Plantkunde Plante vorm die brug tussen die biosfeer en sy energiebron, die son. Plante is verder ook die bron van suurstof, voedsel, fossiele en resente brandstof, vesel, medisyne en boumateriaal. Plante, soos onder andere snyblomme, word wêreldwyd gekweek en aangeplant vir hulle estetiese waarde. Studies in die basiese bou, identifisering, klassifisering en funksionering van plante, die interaksie met ander organismes en die omgewing, asook toegepaste aspekte van die vakgebied, is dus absoluut noodsaaklike boustene in die opleiding van plantkundiges omgewingswetenskaplikes. Plantkundiges hou hulle besig met die mees fundamentele vraagstukke en behoeftes van mens en dier en is in aanvraag en

in rigtings soos: biosistematiek, plantkundige navorsing, ekologie, ekotoksikologie, biochemie, landbou, natuurbewaring, bestuur van botaniese tuine, omgewingsbestuur, onderwys, plaagbeheer, varswater- en marienenavorsing, tuinboukunde, gewasproduksie, biotegnologie, planteteler, kweekhuisbestuur, rehabilitasie en watersuiwering. Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie (IT) Die vakgebiede behels n studie van probleemoplossingsbenaderings asook n studie van die rekenaar en al sy fasette met betrekking tot samestelling, toepassing en gebruike. Die probleem oplossingsbenadering is onderliggend aan al die werk wat behandel word. Die ontwerp en opstel van n algoritme (die stap-vir-stap prosedure vir die oplos van n probleem) en die skryf van n korrekte rekenaarprogram en die uitvoering daarvan op n moderne rekenaar is n stimulerende en intellektueel-lonende ondervinding. Kennis van Rekenaarwetenskap en IT verleen toegang tot n groot verskeidenheid uiters interessante en lonende betrekkings in die rekenaarindustrie en privaat- en openbare sektore. Statistiek Statistiek behels onder meer die bestudering van dataontledingsmetodes. In laboratoriums, handelsinstellings en fabrieke word data daagliks ingesamel wat só verwerk moet word dat sinvolle inligting daaruit verkry word. Statistiek verskaf die tegnieke daarvoor en is dus vir baie studierigtings belangrik en toenemend noodsaaklik. Toegepaste Wiskunde Toegepaste Wiskunde is die vak waarin brûe gebou word tussen Wiskunde en die praktyk. Die vak Wiskunde het te doen met abstrakte begrippe ten einde logiese strukture daar te stel. Toe-gepaste Wiskunde het ten doel om werklikheidsprobleme deur middel van wiskundige tegnieke op te los. In Toegepaste Wiskunde word hoofsaaklik gekonsentreer op terreine wat van nut is in Ingenieurswese, Fisika en Rekenaarwetenskap. Wiskunde Wiskunde bestaan op skool uit algebra, meetkunde, analitiese meetkunde, trigonometrie en differensiaalrekening. Al hierdie afdelings word op universiteit verder bestudeer. Geen student in Fisika, Chemie, Ingenieurswese, Statistiek of Toegepaste Wiskunde kan in hierdie vakke vorder sonder n deeglike kennis van verskeie afdelings van Wiskunde nie. Die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die NWU is verbind tot kwaliteit en kundigheid. Die onderrig wat jy hier ontvang berei jou voor op n moderne, snelveranderende werksomgewing wat aanpasbaarheid, praktiese vaardighede, n multidissiplinêre aanslag en spanwerk vereis. By die Fakulteit word gebalanseerde, kritiese denkers ontwikkel en ondersteuning word aan voor- en nagraadse studente gebied om hulle volle potensiaal as natuurwetenskaplikes uit te leef.