Teologie. Voorgraadse fakulteitsbrosjure 2015/16.

Similar documents
2018/2019. Voorgraadse fakulteitsbrosjure. Laat vandag tel.

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

2016/17. Voorgraadse fakulteitsbrosjure.

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Feitegids. Kuns en kultuur. Verblyf Sport. Gesondheidsdienste. Vervoer, busdienste en parkering. Gelde en finansiële ondersteuning.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Fakulteit Opvoedkunde

SIZA takes the sting out of auditing

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

INSKRYWINGSVORM

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Direkte en indirekte rede *

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Mandala Madness Deel 2

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tariewe

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Feitegids

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Universiteit van Pretoria

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

2018/2019. Voorgraadse fakulteitsbrosjure. Laat vandag tel.

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

Mosselbaai Munisipaliteit

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Inhoudsopgawe L.1 FAKULTEITSREËLS VIR DIE ONDERSKEIE KWALIFIKASIES...1 L.2 REËLS VIR DIE GRAAD HONNEURS BACCALAUREUS ARTIUM...10

EERSTE WEERGAWE 2019

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

JAARBOEK Nagraads. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. DEKAAN Prof GJ de Klerk. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

Hoe om krag te spaar

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Tariewe

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Fakulteit Opvoedkunde. Dekaan: Prof M Robinson BA, HOD (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), MEd, DEd (UWK) JAARBOEK 2016 DEEL 6

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Transcription:

Teologie Voorgraadse fakulteitsbrosjure 2015/16 www.up.ac.za

ii Fakulteit Teologie 2015/16 Boodskap van die Dekaan Die Fakulteit Teologie aanvaar graag die uitdagings van die huidige tydsgewrig en het saam met die Universiteit die proses betree om die institusionele strategiese visie en missie vir die tydperk 2012 tot 2025 ten uitvoer te bring. Die besondere gees onder die personeel en studente in die Fakulteit maak hierdie uitdaging ook opwindend. Die Fakulteit Teologie beklemtoon graag uitnemendheid, veral ten opsigte van die akademie en terselfdertyd in die uitlewing van ons waardes. Die Fakulteit het n besondere karakter in die sin dat daar primêr met vennootkerke gewerk word. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) het in 1917 die eerste vennoot geword, terwyl die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) die grootste vennoot is. Die Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suider-Afrika (UPCSA) dra by tot die unieke aard van die Fakulteit en so ook die jongste vennoot, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika (VGKSA). Die Fakulteit glo dat elkeen van die kerklike vennote waarde toevoeg tot die kwaliteit en relevansie van die programme. Die Fakulteit Teologie geniet nasionale en internasionale erkenning vir hoë akademiese standaarde en vakkundige integriteit. Die volgende drie aansprake vorm die grondslag vir die fakulteit se vormgewing aan haar intellektuele uitnemendheid: Ons verbind wêrelde. Ons onderrig lewegewende teologie. Bewese uitnemendheid is ons waarborg. Die Fakulteit wil graag relevant bly en opleiding verskaf vir die kerk van die toekoms, nie van die verlede nie. Ons wil kerke ondersteun in hul bediening van vandag en môre. Daarom spreek ons sake aan soos middestadbediening, Afrika-Christenskap, publieke teologie, en gemeenskapsontwikkeling. Die oorhoofse navorsingstema van die Fakulteit is Ekodomie: lewe in volheid. Navorsing op die gebied van die etiek, die omgewing en geslag, asook teologiese of religieuse temas met sosiale implikasies is van besondere belang. Dit sluit xenofobie, diskriminasie en geweld in die gemeenskap in. Unieke temas wat plaaslik relevant is en tog ʼn internasionale reikwydte het, word hierby ingereken. Heelwat van die navorsing is ook interdissiplinêr van aard en sluit internasionale betrokkenheid in. Prof Johan Buitendag Dekaan: Fakulteit Teologie Die Fakulteit Teologie verwelkom graag voornemende studente wat gevorm wil word om predikante of ander geestelike werkers te word. Die vraag wat jy nou moet beantwoord, is die volgende: Jy verdien die beste! Waarom dan nie die Universiteit van Pretoria nie?

Universiteit van Pretoria iii Inhoud Boodskap van die Dekaan...ii Voorgraadse studieprogramme... 1 Fakulteitshoogtepunte... 2 Waarom by die Fakulteit Teologie studeer?... 3 Wat behels die studieprogram?... 3 Voorgraadse studieprogramme in Teologie... 3 Nagraadse studieprogramme in Teologie... 5 Algemene inligting... 6 - Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting... 6 - Toelatingsvereistes... 6 - Aansoek om toelating... 6 - Taalbeleid en onderrigmedium... 7 - Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning)... 7 - Spesiale aanbod aan akademiese presteerders... 8 - UP-bankbesonderhede... 9 - Verblyf... 9 - Veiligheidsdienste... 9 - Internasionale studente... 9 Uitgegee deur die Kliëntedienssentrum in November 2014. Kommentaar en navrae kan gerig word aan csc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

1 Fakulteit Teologie 2015/16 Voorgraadse studieprogramme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse studieprogramme vir 2016 Ten einde te kan registreer vir die studieprogramme moet kandidate voldoen aan die minimum NSS/IEB/Cambridge-vereistes vir tersiêre studie sowel as aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/teologie Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za Studieprogramme Duur Sluitingsdatums Beroepe BDiv Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv-studie) [4 jaar] Sluitingsdatums: SA 30 September Nie-SA 31 Augustus NSS/ IEB Minimum vereistes vir 2016 Prestasievlak Afrikaans of Engels HIGCSE AS- Level A- Level 4 3 D D TPT 25 (23 24 toelating op grond van die NBT) Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie studieprogram word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). Dit is die eerste stap na MDiv-studie. BTh Baccalaureus Theologiae [3 jaar] Sluitingsdatums: SA 30 September Nie-SA 31 Augustus 4 3 D D 25 (23 24 toelating op grond van die NBT) Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie studieprogram word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). DiplTeol Universiteitsdiploma in Teologie [3 jaar] Sluitingsdatums: SA 30 September Nie-SA 31 Augustus 3 4 E E 22 (20 21 toelating op grond van die NBT) Beroepe: Predikante, pastore, priesters, lekepredikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Kandidate kan hulle kerkleiers raadpleeg oor die mees geskikte opsie. Die Universiteitsdiploma in Teologie is bedoel vir kandidate wat Graad 12 (of ekwivalent) voltooi het, maar sonder die universiteitstoelating wat normaalweg vereis word. Die Universiteitsdiploma in Teologie bestaan uit dieselfde vakke as die twee grade in Teologie en studente wat presteer, kan moontlik tot latere nagraadse studie toegelaat word. Hierdie studieprogram word slegs in Engels aangebied. Ek droom daarvan om nʼn akademikus te word, ʼn n teoloog van internasionale statuur. In die vormingsmaande van my studie het die Fakulteit Teologie reeds ruimskoots bygedra tot daardie droom. Ek sien uit na die intellektuele uitdaging en uitbreiding van kennis wat die volgende jare gaan meebring. Siyaphiwa M Maphanga

Fakulteitshoogtepunte Universiteit van Pretoria 2 Die Fakulteit Teologie is die grootste in sy soort in Suid-Afrika en lewer die meeste grade op, veral PhD s. Die Fakulteit het n groot aantal NNS-gegradeerde navorsers. Twee ooptoegang geakkrediteerde akademiese joernale is aan die Fakulteit gekoppel, naamlik HTS Theological Studies/Teologiese Studies en VE (Verbum et Ecclesia). HTS is n Instituut vir Wetenskaplike Inligting (IWI)-geakkrediteerde joernaal en is sowel die oudste as die grootste teologiese joernaal in Suid-Afrika. Die Fakulteit het die grootste navorsingsuitset van al die teologiefakulteite in die land. Die Fakulteit het navorsingsamewerking gevestig met universiteite in Afrika, Suid-Korea, Europa, die VK en die VSA. Die Fakulteit is internasionaal bekend vir sy programme in Pastorale Teologie, Septuagintstudies, Pentateugnavorsing en Openbare Teologie. Kontakinligting Yolanda Dreyer Tel +27 (0)12 420 2385 E-pos yolanda.dreyer@up.ac.za Rina Roos Tel +27 (0)12 420 2040 E-pos rina.roos@up.ac.za

3 Fakulteit Teologie 2015/16 Voorgraadse studieprogramme Waarom by die Fakulteit Teologie studeer? Die Fakulteit Teologie is bekend vir sy verbintenis tot die volgende: Die Bybel. Dit vorm die basiese vertrekpunt vir die teologie. Spiritualiteit. Geestelike vorming is ʼn prioriteit. Akademiese uitnemendheid. Op akademiese gebied vergelyk die Fakulteit goed met van die bestes ter wêreld. Dosente. Dosente is bekende akademici en ook gerespekteerde kerkleiers. Studentelewe. Tokkelokke neem voluit deel aan die kampuslewe: toere, Jool, kampe, sportaktiwiteite, serenades en vele meer. Internasionale kontakte. Studente kan voordeel trek uit van die Fakulteit se vele oorsese kontakte. Daar is persone wat nie noodwendig teologie studeer met die doel om dit as n beroep te beoefen nie, maar om verskeie ander redes. Daar is byvoorbeeld mense wat teologie studeer omdat hulle dit interessant vind, of vir geestelike verryking, of om hulself beter toe te rus vir hulle werk. Die Fakulteit bied ook kursusse aan vir persone wat nie noodwendig teoloë wil word nie, maar wat hul eie lewens wil verryk. Daar is verskeie voordele daaraan verbonde om jou studies in jou eie vakgebied te verryk deur die insigte in en toepassings van teologie. Deur modules uit Godsdiensstudies in te sluit in ander studieprogramme soos rekenaarwetenskap, ingenieurswese, tale, sielkunde, maatskaplike werk of onderwys, word gegradueerdes in staat gestel om uiteindelik as beter toegeruste, ten volle ontwikkelde mense hul loopbane te betree. Wat behels die studieprogam? Teologie ondersoek die basiese lewensvrae: Hoe beïnvloed godsdiens en geloof mense se lewens? Hoe benader n mens etiese en morele kwessies in die werkplek? Hoe dra teologiese insigte by tot opbouende menslikehulpbronpraktyke? Hoe word n ekologiese bewussyn gekweek? Die Christen en landswette. Hoe dra godsdienstige waardes by tot onderlinge vrede en menslike verhoudings? Kan misdaad beëindig word deur n beroep te doen op mense se geloof en waardes? Wat is die sin en doel van die lewe? Waar vind n mens antwoorde op wesensvrae? Hoe vind n mens dieper insig in menswees, sodat jy n verskil in die wêreld kan maak? Sommige studente voel geroepe om as predikante, pastore, priesters, lekepredikers, sendelinge of jeugwerkers in die kerk te werk. Daarvoor is teologie die aangewese studierigting. Vir ander is hulle roeping om die gemeenskap te dien as maatskaplike werkers, ontwikkelingswerkers, sielkundiges, onderwysers, joernaliste of skrywers. Nog ander sal hulle bekwaam as ingenieurs en prokureurs of as entrepreneurs. Almal sal baat vind by n beter begrip van die mens en die samelewing. Voorgraadse studieprogramme in Teologie Die sewe hoofafdelings in die teologiese studie fokus op verskillende vrae oor die Bybel en die lewe. Ou-Testamentiese Wetenskap Die Ou Testament handel oor God se verhouding met Israel en hoe God vir die skepping en die mensheid sorg. In Ou- Testamentiese Wetenskap word sake soos lyding, liefde, en hoe om in God se teenwoordigheid te lewe, ondersoek. Nuwe-Testamentiese Wetenskap Die Nuwe Testament bied verskillende verhale en perspektiewe op die lewe van Jesus. In hierdie vak word die boeke van die Nuwe Testament en die eerste-eeuse Mediterreense konteks waarbinne hulle ontstaan het, ondersoek. Kerkgeskiedenis en Kerkreg Die geskiedenis van die Christelike kerk en die lewes en teologie van groot figure soos Augustinus, Thomas van Aquino, Johannes Calvyn en Martin Luther word bestudeer. Kerkreg handel oor die spesifieke wyse waarop verskillende denominasies hulself organiseer. Godsdiens- en Sendingwetenskap Die groot wêreldgodsdienste, naamlik Judaïsme, Islam, Boeddhisme en Hindoeïsme, en hulle verhouding tot die Christelike godsdiens word in Godsdienswetenskap ondersoek. Sendingwetenskap fokus op die deelname van Christelike geloofsgemeenskappe aan God se sending. n Holistiese benadering word gevolg. Dogmatiek en Christelike Etiek Dogmatiek bestudeer geloof in God. Wie is God en hoe dra geloof by tot mense se ervaring van die sin van die lewe? Etiek vra wat die regte ding is om te doen in n situasie. Wat maak dat mense reg of verkeerd optree in die komplekse wêreld waarin ons leef? Praktiese Teologie Praktiese Teologie handel oor wat Christen-gelowiges doen (geloofshandelinge) en hoe hulle hul geloof ervaar en uitleef. Die erediens en prediking, die betekenis van simbole en simboliese handelinge, hoe om mense wat in n krisis verkeer, te help, hoe geloof gevorm en onderrig word, asook n beter verstaan van ons leefwêreld, is die studieveld van die vak. Kontakinligting Prof Ernest van Eck Tel +27 (0)12 420 3804 E-pos ernest.vaneck@up.ac.za

Universiteit van Pretoria 4 Ek studeer vir die BThgraad en is tans in my derde jaar. Tydens my grootwordjare was ek n ʼnweetgierige kind wat wou weet hoe dinge tot stand gekom het, hetsy deur uitvindings, die geskiedenis of die invloed van geloof in ons hedendaagse lewe. Ek hoort tot die Y-generasie en meen dit het ʼn n rol gespeel in my nuuskierigheid oor waarom dinge gebeur. Ek glo ek is deur God geroep om ʼn n prediker van die Woord te wees en my passie is om deur die media te onderrig. Teologie is my liefde want dit verskaf aan my nuwe denke en ʼn n nuwe benadering tot al die vrae wat ek nog altyd gehad het. Dit rus my toe om krities en analities te wees en verskaf die nodige hulpmiddels om die Woord van God effektief oor te dra. Die dosente is op hoogte van navorsing en is gewillig om studente te help om ingewikkelde teologiese konsepte te verstaan. Hulle erken wanneer hulle nie antwoorde kan verskaf nie en skep ʼn interessante ruimte vir interaksie. Ek is passievol oor rolprentvervaardiging en die Noordelike Teologiese Kweekskool bied nou aan my die geleentheid om kort dokumentêre films te maak. Ek droom daarvan om my roeping te gebruik vir die vervaardiging van Christelike flieks en dokumentêre films. Katleho K Mokoena

5 Fakulteit Teologie 2015/16 Nagraadse Studieprogramme Godsdiensstudies Godsdiensstudies (vroeër genoem Bybel- en Godsdienskunde) is n kursus wat oop is vir enigeen wat in die godsdiens belangstel. Dit staan bekend as n lewensverrykingskursus en studente uit studievelde soos ingenieurswese, argitektuur, regte, musiek, politieke wetenskap, beeldende kunste en nog baie meer, volg die kursus. Die volgende vrae word gevra: Hoekom is mense godsdienstig? Wat het mense in die antieke tyd geglo? Hoe kan ons mense van ander godsdienste beter leer ken en respekteer? Vir meer inligting, raadpleeg dr Jaco Beyers Tel +27 (0)12 420 2777 E-pos jaco.beyers@up.ac.za Nagraadse studieprogramme in Teologie Baccalaureus Theologiae Honores BThHons Die doel van hierdie program is om studente in staat te stel om op n eerste nagraadse vlak gespesialiseerde kennis, vaardighede en toegepaste kundigheid ten opsigte van bepaalde gebiede van die teologie te verwerf. Magister Philosophiae in Toegepaste Teologie MPhil (Toegepaste Teologie) Die MPhil-program bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat reeds oor n driejarige, nieteologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan n baccalaureus beskik, met die oog op die toepassing van teologie op verskeie bedieningsterreine, asook die beroeps- of gemeenskapslewe. n MPhil-kursus wat spesialiseer in die Psalms word ook aangebied. Magister Divinitatis MDiv Die MDiv volg op die BDiv-program of die vorige vier jaar BTh-program. Dit is ʼn gedoseerde meestersgraadprogram wat fokus op gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede. Dit is gemik op die algemene bedieningspraktyk van kerklike bedienaars. Kerkspesifieke opleiding en vorming word in samewerking met kerklike vennote aangebied. Magister Theologiae MTh Hierdie program bied aan studente met die vier jaar BDiv of BThHons of gelykwaardige kwalifikasies die geleentheid om op meestersvlak in die teologie te spesialiseer en navorsing te doen. Daar is twee moontlikhede, naamlik n gedoseerde program met n mini-verhandeling, of n volle navorsingsprogram wat uit n verhandeling bestaan. Die gedoseerde komponent bied die moontlikheid om gespesialiseerde vaardighede in n bepaalde dissipline te verwerf. Philosophiae Doctor PhD Die programlyn wat met die drie jaar BTh via die BThHons na MTh gevorder het; of die programlyn wat met die vier jaar BDiv na die MTh gevorder het, vind die afsluiting in die PhD. Die uitkoms van die PhD is hoogs gespesialiseerde, navorsingsgebaseerde kundigheid en vaardigheid. Ek is tans n eerstejaarstudent in teologie. Tot dusver was die jaar ʼn n wonderlike avontuur en ek het geen twyfel in my gemoed dat teologie die regte keuse is nie. Die unieke samehorige gemeenskap van die Fakulteit Teologie het my nie slegs vanuit die staanspoor omarm nie, die studies is boonop interessant en insigryk. Vir my is my studie die antwoord op n roeping wat tydens my grootwordjare in die kerk al duideliker na vore gekom het my pa is ook ʼn n predikant. Oor die afgelope ses maande het ek as persoon ontwikkel, my geloof het verdiep en ek sien uit daarna om my reis voort te sit. Marina Kok

Universiteit van Pretoria 6 Algemene inligting 1. Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting Kliëntedienssentrum (KDS) Tel +27 (0)12 420 3111 E-pos csc@up.ac.za Webwerf www.up.ac.za Ligging Universiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield, Suid-Afrika Posadres Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028, Suid-Afrika GPS-koördinate van kampusse Hatfield S25 45 21 E28 13 51 GIBS S26 07 46.2 E28 02 46.788 (56 km van Hatfieldkampus) Groenkloof S25 46 10 E28 12 34 (3.5 km van Hatfieldkampus) UP-sportkampus S25 45 10 E28 14 46 (1.2 km van Hatfieldkampus) Mamelodi S25 43 22 E28 23 56 (12 km van Hatfieldkampus) Onderstepoort S28 10 54 E25 38 52 (22 km van Hatfieldkampus) Prinshof S25 43 57 E28 12 10 (6 km van Hatfieldkampus) 2. Toelatingsvereistes Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is nʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met nʼn minimum prestasievlak van 4 (50% 59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder: Rekeningkunde Landbouwetenskap Besigheidstudies Verbruikerstudies Dramatiese Kuns Ekonomie Ingenieursgrafika en -ontwerp Geografie Geskiedenis Inligtingtegnologie Tale* Lewenswetenskappe Wiskundige Geletterdheid Wiskunde Musiek Fisiese Wetenskap Religieuse Studies Visuele Kunste *Weens die tale wat as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gebruik word, is dit raadsaam dat studente Engels en/of Afrikaans as ʼn Huistaal of as ʼn Eerste Addisionele Taal, tesame met enige ander taal van keuse, moet hê. Bykomende vereistes mag deur fakulteite en/of sekere studieprogramme gestel word. Voornemende studente in Graad 12 (finale skooljaar) moet hulle finale Graad 11-jaarpunt (promosiepunt) gebruik om aansoek te doen. Geen Graad 12-punte sal vir voorwaardelike toelating oorweeg word nie. Let daarop dat voornemende studente wat reeds die skool verlaat het, hul NSS/IEB*- sertifikaat moet gebruik om aansoek te doen. Verwys ook na Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa op bladsy 11). Addisionele keuringskriteria is van toepassing op aansoeke vir keuringsprogramme. Voorlopige toelating word toegestaan op grond van die uitslae van die finale Graad 11-eksamen (promosiepunt). Let daarop dat die finale Graad 12-uitslae deurslaggewend is vir toelating. Let asseblief ook daarop dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige studieprogram waarborg nie. Die berekening van ʼn Toelatingspunttelling (TPT) is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS-20- kredietvakke (insluitende vakke van die nie-aangewese vaklys, bv RTT, Toerisme, Gasvryheidstudies en Siviele, Elektriese & Meganiese Tegnologie, ens), deur gebruik te maak van die NSS-sewepuntgraderingskaal. Lewensoriëntering is ʼn 10-kredietvak, en word nie vir die berekening van die TPT ingesluit nie. Lewensoriëntering is ook nie ʼn fakulteitspesifieke vakvereiste nie. *Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board IEB) Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)- sewepuntgraderingskaal Prestasievlak Beskrywing Persentasie 7 Uitstaande prestasie 80 100% 6 Verdienstelike prestasie 70 79% 5 Wesenlike prestasie 60 69% 4 Voldoende prestasie 50 59% 3 Middelmatige prestasie 40 49% 2 Elementêre prestasie 30 39% 1 Nie behaal nie 0 29% Nasionale Normtoets (National Benchmark Test NBT) Die NBT is nie verpligtend vir alle studieprogramme nie. Verwys asseblief na die toepaslike studieprogramme in hierdie brosjure. Let asseblief daarop dat die Akademiese Geletterdheidstoets nie die NBT vervang nie. Kontakinligting Tel +27 (0)21 650 3523 Webwerf www.nbt.ac.za 3. Aansoek om toelating Aansoeke open op 1 Maart van die jaar wat die studiejaar voorafgaan. Aansoekvorms moet die KDS bereik voor die sluitingsdatum. Ons beveel aan dat jy aanlyn aansoek doen by www.up.ac.za/aansoeke. Sodra jou aansoekvorm verwerk is, sal jy ʼn agtsyfer UP-studentenommer ontvang. Jy is ook welkom om ʼn aansoekvorm van die webwerf af te laai. Dit word sterk aanbeveel dat jy ook ʼn tweede keuse studieprogram op jou aansoekvorm aandui. Verwys na www.up.ac.za/toelatingsinligting. Dit is nie raadsaam

7 Fakulteit Teologie 2015/16 Algemene inligting om vir twee keuringsprogramme as ʼn eerste en tweede keuse aansoek te doen nie. Keuringsprogramme is studieprogramme met vervroegde sluitingsdatums en beperkte aantal plekke en moet verkieslik as eerste keuse op jou aansoekvorm aangedui word. ʼn Nie-terugbetaalbare aansoekheffing van R300 moet elke aansoek vergesel. Die volgende dokumente moet jou aansoek vergesel: - ʼn Afskrif van jou finale Graad 11-eksamenrapport waarop jou promosiepunt voorkom - ʼn Afskrif van jou ID of jou geboortesertifikaat Aansoekvorms wat gefaks, geskandeer, of per e-pos gestuur is, sal nie aanvaar word nie. Elke student moet slegs een aansoekvorm voltooi. Jy kan die vordering van jou aansoek aanlyn volg by die UP Portaal (Student Centre). Besoek www.up.ac.za/portal. 4. Taalbeleid en onderrigmedium Die Universiteit maak in sy algemene bedrywighede van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium óf Afrikaans óf Engels óf albei tale, indien daar n aanvraag is en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en ander dienste betref, is n student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer. Waar die Universiteit oor die vermoë beskik, word Sepedi addisioneel as n kommunikasietaal gebruik. 5. Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning) Universiteitsbestuurde beurse en lenings Doen aansoek tussen 1 Augustus en 30 September van die jaar wat jou studies voorafgaan by www.up.ac.za/feesfunding. Let asseblief daarop dat aansoekers vir sportbeurse ook ʼn aansoekvorm moet voltooi wat verkrygbaar is van die Sportsentrum, sportsinfo@up.ac.za, +27 (0)12 420 6060 of www.up.ac.za/sport. Universiteitsbestuurde toekennings Leerders doen nie aansoek vir hierdie toekennings nie. Hulle word outomaties na registrasie toegeken. Vir die spesiale kriteria, verwys asseblief na www.up.ac.za/feesfunding. Ander finansiële ondersteuningsopsies Edu-loan: www.eduloan.co.za The Bursary Register: Tel +27 (0)11 672 6559 E-pos slevin@mnet.co.za www.gostudy.mobi www.bursary.hcifoundation.co.za Prestasietoekennings nuweling-eerstejaarstudente: 2015* Gewaarborgde voorgraadse prestasietoekennings Leerders doen nie aansoek vir die onderstaande prestasietoekennings nie. Hierdie toekennings word gebaseer op akademiese prestasie. Kwalifiserende gemiddelde persentasie Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Fakulteit Gesondheidswetenskappe Fakulteit Veeartsenykunde Ander fakulteite 75% 79.99% R6 000 80% 89.99% R15 000 R6 000 R15 000 90% 100% R40 000 R20 000 R40 000 *Bedrae sal aangepas word vir 2016. Let wel: Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om waardes te wysig sonder vooraf kennisgewing. Sien asseblief www.up.ac.za/feesfunding vir die kriteria wat van toepassing is op die bogenoemde prestasietoekennings.

Universiteit van Pretoria 8 Algemene inligting 6. Spesiale aanbod aan akademiese presteerders Die spesiale aanbod aan akademiese presteerders is gebaseer op gemiddelde persentasies behaal in die eindeksamen van die finale skooljaar. Hierdie spesiale aanbod mag gewaarborgde toekennings, plasing in studieprogramme en/of koshuisplasing insluit. Vir meer inligting oor die Universiteit se spesiale aanbod aan nuweling-eerstejaarstudente, besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting. Gewaarborgde toelating tot ʼn nie-keuringstudieprogram van die student se eerste of tweede keuse Voorwaardes Aansoeke moet voor of op 1 Mei van die jaar wat die aanvang van studie voorafgaan, ontvang word. Die minimum vereistes vir toelating tot die gekose studieprogram moet nagekom word met die uitslae wat in die eindeksamen van die finale skooljaar behaal is. Daar moet voldoen word aan die minimum Nasionale Normtoets (National Benchmark Test NBT)-vereistes vir die betrokke studieprogram. Let asseblief daarop dat toelating tot keuringstudieprogramme nie gewaarborg kan word nie. Plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria 75% 89.99% 90% 100% Oorweging vir plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende: Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende: Die voornemende student moet: aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van studie voorafgaan; ʼn gemiddeld van tussen 75% en 89.99% behaal het in die eksamen waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram. Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria. Die voornemende student moet: aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van studie voorafgaan; ʼn minimum gemiddeld van 90% behaal het in die eksamen waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram. Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria. Ek waardeer dit dat die Fakulteit Teologie se dosente entoesiasties oor hulle werk is en tyd het vir ons as studente om ons sodoende in staat te stel om altyd ons beste te lewer en die beste te word wat ons kan. My droomwerk is dié van ʼn prediker van die Evangelie van Jesus Christus in die Evangelies-Presbiteriaanse Kerk. Bongakonke M Madela

9 Fakulteit Teologie 2015/16 Algemene inligting 7. UP-bankbesonderhede ABSA Tak: Hatfield Takkode: 632005 Rekeningnommer: 214 000 0054 Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer Vir internasionale transaksies: SWIFT-KODE: ABSAZAJJCPT Standard Bank Tak: Hatfield Takkode: 011545 Rekeningnommer: 012 602 604 Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer Let wel: Gebruik altyd jou agtsyfer UP-studentenommer as verwysing wanneer jy betalings maak. Laat ten minste vyf werksdae toe vir die verwerking van die betaling deur jou bank en behou die bewys van betaling (depositostrokie). Moenie jou depositostrokie na UP faks nie, tensy dit spesifiek van jou gevra word. Dit sal NIE die tyd bespoedig wat dit UP neem om jou betaling te verwerk óf diens op dieselfde dag verseker nie, veral nie tydens die registrasietydperk nie. As jy Absa se aanlyn-bankdienste wil gebruik, besoek www.up.ac.za vir bystand om aanlyn-bankdienste vir die eerste keer op te stel. Doen ʼn soektog met UNI as begunstigde en kies die students -opsie. UP se bankrekeningnommer, 214 000 0054, sal op die skerm verskyn wanneer die betaling gemaak word en jy sal toegelaat word om jou studentenommer as verwysing te gebruik. 8. Verblyf Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar in die Universiteit se koshuise. Koshuisplasing word gedoen op grond van akademiese prestasie (TPT) in Graad 11 en die datum waarop jy aansoek doen. Gevolglik word jy sterk aangeraai om vir koshuisplasing aansoek te doen in Maart van die jaar wat jou studie voorafgaan. Let asseblief daarop dat die vraag na koshuisverblyf die beskikbaarheid oorskry en toelating tot ʼn studieprogram kan daarom nie plasing in ʼn koshuis waarborg nie. Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis is slegs van toepassing op studente wat voldoen aan die minimum vereistes van die UP-spesiale aanbod aan akademiese presteerders. Aansoek vir koshuisplasing word gedoen op die aansoekvorm vir ʼn studieprogram. Koshuisplasing vind dan plaas NADAT ʼn voornemende student voorwaardelik toegelaat is tot ʼn studieprogram. ʼn Voorgeskrewe reserveringsfooi vir koshuisplasing is betaalbaar nadat jy skriftelik kennis ontvang het dat jy in ʼn koshuis geplaas is. Besoek asseblief www.up.ac.za/toelatingsinligting of www.up.ac.za/ accommodation. Privaatverblyf Die Universiteit kan ongelukkig nie verblyf aan alle aansoekers verskaf nie aangesien die aanvraag die beskikbaarheid oorskry. Vir meer inligting, verwys asseblief na www.up.ac.za/ accommodation. 9. Veiligheidsdienste Die Departement Veiligheidsdienste skep en verseker nʼn 24-uur veilige omgewing, verskaf toegangsbeheer tot alle kampusse sowel as 24-uur geslotebaan-televisiemonitering deur die UP Operasionele Bestuursentrum. Kontakinligting 24-uur Operasionele Bestuurder +27 (0)83 654 0476 24-uur UP Operasionele Bestuursentrum +27 (0)12 420 2310/2760 24-uur krisislyn +27 (0)80 000 6428 (tolvry) 10. Internasionale studente Alle nie-suid-afrikaanse burgers moet voor registrasie by die Afdeling Internasionale Studente aanmeld in die Kliëntedienssentrum op die Hatfieldkampus. Nie-Suid- Afrikaanse burgers moet bewys van hulle amptelike status in Suid-Afrika, asook ʼn bewys van voldoende mediesefondsdekking by die Afdeling Internasionale Studente in die Kliëntedienssentrum indien voordat hulle sal kan registreer. Kontakinligting Tel +27 (0)12 420 3111 E-pos csc@up.ac.za Webwerf www.up.ac.za/isd Ligging Kliëntedienssentrum Hatfieldkampus Stawende dokumente Alle nie-suid-afrikaanse burgers moet hul oorspronklike dokumente toon en twee afskrifte van elk van die volgende dokumente indien: Die Internasionale Studente-inligtingsvorm, voltooi en geteken n Geldige paspoort of ID (in die geval van studente met permanente verblyf in Suid-Afrika) n Geldige studiepermit geëndosseer vir studie aan die Universiteit van Pretoria, of een van die volgende: - n Studie-visum - n Asielversoekerstransit-visum - Vlugteling Artikel 24-permit - n Diplomatieke visum Bewys van mediesefondsdekking (mediesefondsdekking moet vir n jaar vooruit betaal wees, van Januarie tot Desember) Bogenoemde dokumente moet by n internasionale konsultant ingedien word en die inligting moet ingelees word voor jy kan registreer. Mediesefondsdekking vir studiepermithouers Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat studiepermithouers is, of wil aansoek doen om ʼn studiepermit moet, in terme van die Suid-Afrikaanse Immigrasiewet, oor voldoende mediesefondsdekking beskik vir die duur van hulle verblyf in

Universiteit van Pretoria 10 Algemene inligting Suid-Afrika. Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat van voorneme is om aan die Universiteit van Pretoria te studeer, kan aansluit by een van die volgende mediesefondsskemas: Momentum Health (Ingwe-opsie) Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar. Tel +27 (0)12 671 8749 (Centurion-kantoor) of +27 (0)86 010 2493 E-pos studenthealth@momentum.co.za Webwerf www.ingwehealth.co.za BestMed Mediese Skema (Blueprint-keuse vir studente) Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar. Tel +27 (0)12 339 9800 of +27 (0)86 000 2378 of +27 (0)86 000 BEST Faks +27 (0)12 323 4106 of +27 (0)12 339 9900 E-pos lineyl@curemed.co.za Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa HESA) ʼn Volle of buitelandse voorwaardelike vrystellingsertifikaat is ʼn voorvereiste en van toepassing op nie-suid-afrikaanse burgers en studente wat nie oor ʼn Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-kwalifikasie of die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board IEB)- kwalifikasie beskik nie en vir voorgraadse studie by die Universiteit van Pretoria wil inskryf. Hierdie sertifikaat kan slegs van HESA verkry word. Kontakinligting Tel +27 (0)12 481 2821 Faks +27 (0)12 481 2843/50 E-pos info@hesa.org.za Webwerf www.hesa.org.za Ligging Unisa Sunnysidekampus Gebou 3 Vlak 1 hv Rissik en Steve Bikostrate Sunnyside Pretoria Ek studeer tans vir n BTh-graad met Sielkunde as my keusevak. Ek het op die punt gestaan om aansoek te doen vir die graad BA (Algemeen) toe ek een oggend wakker word met die oortuiging dat ek teologie moet studeer. Ek glo dit is my roeping om mense op elke moontlike wyse te help. Deurdat ek hierdie twee studievelde kombineer, sal ek in staat wees om mense op sowel n sielkundige as geestelike vlak te verstaan. Ek kan met eerlikheid sê ek is waar ek moet wees. Ek geniet die kursus en is meer passievol oor God as voorheen, my studies laat my werklik gelukkig en vervuld voel. Shanté le Roux

11 Fakulteit Teologie 2015/16 Algemene inligting Toelatingspunttelling (TPT)-omskakeling Die volgende tabelle kan gebruik word om jou punte/simbole na ʼn toelatingspuntteling (TPT) om te skakel wanneer aansoek gedoen word vir studie by die Universiteit van Pretoria (UP). Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel TPT (vereiste vlak vir vakke sowel as algehele TPT) NSS/IEB SC HG M-telling SC SG M-telling HIGCSE NSSC HL AS-Level IB SL IGCSE/ GCSE/ NSSC OL/ O-Level Graad 11* 7 7 (80 100%) A 1 A 7 A 6 6 (70 79%) B A 2 B 6 B IGCSE/ GCSE/ NSSC OL/ O-Level Graad 12** 5 5 (60 69%) C B 3 C 5 C A 4 4 (50 59%) D C 3 D 4 C B 3 3 (40 49%) E D 4 E 3 D C 2 2 (30 39%) F E 2 E D/E 1 1 (0 29%) G F 1 F F/G * TPT-omskakeling vir Graad 11-gelykstaande kwalifikasies alleenlik en vir voorwaardelike toelating en keuringsdoeleindes ** TPT-omskakeling vir Graad 12-gelykstaande kwalifikasies nie vir finale toelating nie en moet saam met Advanced Subsidiary Level en Advanced Level geneem word vir vrystelling Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel alleenlik vir Cambridge Advanced Level en IB Higher Level Vereiste vlak vir vakke TPT Vereiste vlak vir algehele TPT A-Level 7 10 A 7 6 8 B 6 5 7 C 5 4 6 D 4 3 5 E 2 4 1 3 NSS Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008) IEB Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board IEB) SS HG Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008) SS SG Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008) HIGCSE Higher International General Certificate of Secondary Education A-Level Advanced Level AS-Level Advanced Subsidiary Level IB International Baccalaureate Schools (Higher Levels and Standard Levels) IGCSE International General Certificate of Secondary Education GCSE General Certificate of Secondary Education NSSC Namibia Senior Secondary Certificate O-Level Ordinary Level IB HL