waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BenguFarm Bestelvorm

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

U.O.v.s. - BIBLIOTEEK * *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

WESSELS V DE JAGER EN DIE REPUDIERINGSKONSTRUKSIE IN DIE INSOLVENSIEREG

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

$ DIE MODUS AS BOEDELBEPLANNINGSINS'TRUMEN'T IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG

ARTIKEL 2(3) VAN DIE WET OP TESTAMENTE: PRAKTIESE PROBLEEM BY LITIGASIE *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

THE POSSIBLE LEGAL DEVELOPMENT OF THE INTERGATION RULE IN THE SOUTH AFRICAN LAW OF CONTRACT BY MEANS OF THE DOCTRINE OF RECTIFICATION.

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

[ISSN ] TSAR

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

MEESTER VAN DIE VRYSTAATSE HOë HOF

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

DIE BESKERMING VAN LEWENSPOLISSE TYDENS SEKWESTRASIE -IS DAAR 'N LEEMTE?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

deur HENRIETTE FOWLER voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER LEGUM in die Departement Straf- en Strafprosesreg

Onlangse regspraak/recent case law

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

The dependants damages claim following the death of their breadwinner: Much ado about nothing?

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

REG EN PLIG INSAKE ONREGMATIGHEID

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Die verkryging van getuienis deur middel van gedwonge chirurgie

Transcription:

Die regte van trustbegunstigdes: waai? 'n Nuwe wind wat Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys Inleiding Dit blyk steeds die algemene opvatting in Suid-Afrika te wees dat trustbegunstigdes van diskresionêre inter vivos trusts, wat nog nie enige voordele in hulle guns aanvaar het nie, regteloos is. Hierdie opvatting word hoofsaaklik baseer op die uitspraak deur die voormalige Appèlhof in Crookes NO and Another v Watson and Others 1956 1 SA 277 (A), soos later nagevolg deur die Hoogste Hof van Appèl in Hofer and Others v Kevitt NO and Others 1998 1 SA 382 (SCA). In terme van hierdie twee beslissings word 'n trust inter vivos in wese beskou as 'n kontrak en meer spesifiek n beding ten behoewe van 'n derde. Vandaar die siening dat 'n begunstigde in die algemeen eers regte verkry na aanvaarding van voordele waarvoor voorsiening gemaak word in die trustakte. Veral wanneer dit kom by die wysiging van dié tipe trustaktes word die standpunt dan dikwels gehuldig dat sodanige trustaktes sonder inagneming van trustbegunstigdes en selfs tot nadeel van sulke begunstigdes, gewysig mag word, mits die betrokke begunstigdes nog nie enige voordele in terme van die trustkonstruksie aanvaar of verkry het nie. Die vraag is nou of die kontrak as uitsluitlike ontstaansbron van regte die enigste logiese konstruksie is wat aan 'n trust inter vivos gegee kan word? Dit word aan die hand gedoen dat so 'n eng konstruksie inderdaad nie die enigste en selfs nie eens die primêre konstruksie van die trust inter vivos behoort te wees nie. Juis die siening van die howe dat sommige trustbegunstigdes se regte geheel en al afhanklik is van kontraktuele verbintenisse, bring mee dat trustbegunstigdes soms regteloos kan wees ongeag die bestaan van n onafhanklike trustfiguur. So 'n situasie veroorsaak regsonsekerheid. 'n Trust inter vivos (soos immers alle tipe trusts) behoort veel eerder gesien te word as 'n unieke verskyningsvorm van 'n vertrouensverhouding waaruit daar 1 Published in DE REBUS MAY 2007

noodwendig ook ex lege regte en verpligtinge spruit. Erkenning van die trustfiguur as n vertrouensverhouding 'n Omvattende ondersoek na die trustfiguur in verskeie ander regsjurisdiksies (te wete Engeland, Skotland, Quebec (Kanada), Louisiana (Verenigde State van Amerika) en Sri Lanka) het aangetoon dat die trustfiguur in al dié jurisdiksies beskou en aanvaar word as 'n vertrouensverhouding sui generis en dat trustbegunstigdes sonder regte aldaar onbekend is. (Sien in die algemeen Coetzee JP n Kritiese Ondersoek na die Aard en Inhoud van Trustbegunstigdes se Regte ingevolge die Suid-Afrikaanse Reg, 2006, Universiteit van Suid-Afrika, LLDproefskrif.) Bovermelde navorsing toon aan dat die trustverhouding nie net wêreldwyd nie, maar ook hier in Suid-Afrika as 'n vertrouensverhouding beskou word. (Sien onder meer Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker and Others 2005 2 SA 77 (SCA) 82B, 84F, 84H, 85A, 86E - H, 87C, 88G en 90A - D). In Suid-Afrika het die Hoogste Hof van Appèl in die geval van inter vivos trusts egter nog altyd begunstigdes se regte slegs beoordeel aan die hand van kontraktuele beginsels. Waar dit in die ander jurisdiksies wat ondersoek is eerstens gaan om die fidusiêre verhouding as primêre bron van die regte van trustbegunstigdes, gaan dit skynbaar in Suid-Afrika, volgens die howe se siening, tans primêr oor moontlike kontraktuele regte, alhoewel erkenning tog gegee word aan die feit dat 'n trustverhouding aanleiding gee tot 'n unieke vertrouensverhouding waaruit unieke regte en verpligtinge kan voortspruit. Nie net word daar in Suid-Afrika erkenning aan die algemene gedagte van n vertrouensverhouding (oftewel fidusiêre verhouding) tussen trustpartye van n trust verleen nie, maar dié vertrouensverhouding het ook hier te lande statutêre beslag gekry met die inwerkingtreding van die Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 (meer spesifiek artikel 9). (Sien in hierdie verband veral Van der Westhuizen se standpunt in Pase RP en Van der Westhuizen, WM November 2002, Wills and Trusts, 6e uitgawe, 57 e.v. waarmee saamgestem word.) Word artikel 9 van die Wet op Beheer van Trustgoed van naderby beskou, is dit insiggewend om daarop te let dat die wetgewer geen onderskeid tref tussen verskillende soorte trusts nie. Die 2 Published in DE REBUS MAY 2007

wetgewer het n algemeen geldende vertrouensplig vir alle trustees ten opsigte van alle Suid-Afrikaanse trustfigure opgelê. Fidusiêre aard van die regte van trustbegunstigdes Indien dit so is dat die trustfiguur in Suid- Afrika beskou word as n unieke vertrouensverhouding en die trustees dus altyd onderworpe is aan vertrouenspligte, word aan die hand gedoen dat begunstigdes se fidusiêre regte noodwendig as teenpool van n trustee se fidusiêre verpligtinge afgelei behoort te word. Hierdie reg van enige trustbegunstige behels dan dat die trustee(s) van elke trust waarvan hy/sy die begunstigde is, moet toesien dat die betrokke trustbepalings uitgevoer word ooreenkomstig die wense van die trustoprigter op so n wyse dat hy/sy reg laat geskied aan sy/haar vertrouensposisie as trustee. Hieraan kan n trustee slegs reg laat geskied indien die belange van benoemde trustbegunstiges altyd voorop gestel word - n trust word tog immers opgerig om tot voordeel te strek van iemand (of ten einde n bepaalde onpersoonlike doel te bereik). Hierdie gemeenregtelike vertrouensplig van trustees word, soos reeds aangetoon, in Suid-Afrika selfs statutêr herbevestig in artikel 9(1) van die Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 en daar word selfs verder in artikel 9(2) van dieselfde wet bepaal dat n bepaling in enige trustdokument wat die uitwerking sou hê dat n trustee vrygestel word van, of gevrywaar word teen aanspreeklikheid vir troubreuk, nietig is. Dit word aan die hand gedoen dat ná oprigting van die trust, nie eens die oprigter meer die trustees van hierdie vertrouensverpligtinge (oftewel teenpool van die begunstigde se regte) kan onthef nie. Die oprigter kan nog n rol speel by die moontlike kontraktuele wysiging van n trustakte, maar kan nooit weer die trustee onthef van sy/haar vertrouensverpligtinge jeens die trustbegunstigdes nie aangesien hierdie verpligtinge na ontstaan daarvan onafhanklik van die ontstaansbron en ex lege voortbestaan. Dit is so omdat dié verpligtinge nie deur toedoen van die oprigter ontstaan en daarna voortduur nie, maar deur regswerking. Gebaseer op die voorgaande ontstaan daar dus onmiddellik by totstandkoming van n trust vir die trustees van n trust n prestasieverpligting en vir die begunstigdes, as logiese teenpool, n vorderingsreg waarvan die inhoud wesentlik neerkom op die reg om te vereis dat trustees die trust behoorlik in stand sal hou en die trustbepalings en doel- 3 Published in DE REBUS MAY 2007

stellings stiptelik sal nakom - sien Levin and Another v Gutkin, Fisher and Schneier NNO and Others 1997 3 SA 267 (W) 284D. Verdere steun is te vinde in die mening van Wunsh (sien Law of Succession and Trusts 1995 Cases 1995 Annual Survey of South African Law 354, tydens die bespreking van die beslissing in Pentz v Gross and Others 1996 2 SA 518 (C) (voor die appèlhofuitspraak)) wat die stelling maak dat a beneficiary, even a contingent beneficiary, has a vested interest in the proper administration of a trust. Alhoewel die begunstigdes dus uit hoofde van die verbintenisreg regteloos mag wees, word aan die hand gedoen dat dit allermins die geval is kragtens die vertrouensplig wat tegelyk, dog sui generis, geld binne die Suid-Afrikaanse trustreg. Ongelukkig het ons hoogste hof tot op hede nog nie, as logiese uitvloeisel van hierdie vertrouensverhouding wat deur die hof self erken word, uitdruklik erkenning verleen aan die feit dat alle trustbegunstigdes beskik oor regte voortspruitend uit hierdie vertrouensverhouding nie. Die vraag is nou of die standpunt wat hier ingeneem word, naamlik dat alle trustbegunstigdes in die Suid-Afrikaanse reg ten minste oor fidusiêre regte beskik, enigsins te versoen is met die huidige siening van die howe? In Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C) het die vraag ter sprake gekom of n trustbegunstigde van n inter vivos trust op sekere inligting met betrekking tot die trustadministrasie geregtig sou wees. Dit was gemeensaak dat so n begunstigde die inligting slegs sou kon eis indien hy oor regte beskik het. Die begunstigde in die onderhawige trust het op die stadium van die hofgeding nog geen voordele van die trust aanvaar nie. Die feitelike situasie was dus dat die trustbegunstigde, in ooreenstemming met die eng kontraktuele konstruksie van inter vivos trusts, oor geen regte beskik het nie en dus regteloos en volgens die engere tradisionele siening remedieloos was. In sy soeke na die moontlikheid of n begunstigde op enige ander wyse regte kon bekom, vestig regter Slomowitz sy aandag op n moontlike fidusiêre verhouding tussen die trustee en alle begunstigdes. Hy verwys eerstens na die volgende stelling van regter Conradie in Hofer v Kevitt 1996 2 SA 402 (C) 408B: 4 Published in DE REBUS MAY 2007

I doubt that the office occupied by a trustee could by itself serve as a source of a fiduciary duty to a potential beneficiary. be any authority directly in point, I am of opinion that such a beneficiary may bring a representative action. Hierna distansieer regter Slomowitz (hierbo 812F) homself van hierdie siening waar hy opmerk: To my mind that cannot, expressed as a principle of general application, be the law. Met hierdie standpunt word saamgestem. Dit is eenvoudig histories verkeerd om standpunt in te neem dat die trustverhouding aanleiding gee tot n sui generis fidusiêre verhouding waaruit geen regte en verpligtinge voortspruit nie. Nie net is aangevoer dat die siening in stryd is met die posisie in verskeie ander regsjurisdiksies nie, maar ook in Suid-Afrika. Regter Slomowitz vind verdere steun vir sy siening in hoofregter Corbett se uitspraak in Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 628I waar laasgenoemde die mening uitspreek dat: While the rights of such beneficiaries are contingent, they do, as the Court a quo observed, have vested interests in the proper administration of the trust. Although there does not appear to In n poging om bogemelde twee, oënskynlik teenstrydige, standpunte te versoen, wys regter Slomowitz (in Doyle v Board of Executors hierbo 812H) daarop dat regter Conradie die aangeleentheid klaarblyklik net vanuit n verbintenisregoogpunt benader het, terwyl regter Corbett en ook regter Slomowitz self die aangeleentheid ook vanuit die publiekregtelike fidusiêre verhoudingsleer benader: Conradie J was, of course, not concerned with matters of administration, but rather with the power of donor and trustee, acting as principals, to revoke an unaccepted contract. In that context he held, as did the Appeal Court, that a trustee owed no duty to contingent beneficiaries. It seems to me, however, that the equation of a trust inter vivos with a stipulatio alteri has limits beyond which it may not be pressed. The duty which falls upon those who occupy a fiduciary position is often said to be sui generis. 5 Published in DE REBUS MAY 2007

De Waal (sien Die Wysiging van 'n Inter Vivos Trust 1998 TSAR 328 e.v.) wys daarop dat selfs waarnemende appèlregter Van Coller in Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA) die regsvraag omtrent die trustee se fidusiêre plig teenoor die begunstigde nie ondubbelsinnig beantwoord het nie, maar eerder besluit het om sy bevinding slegs te baseer op die vraag of die wysiging van die trust, soos wat dit in die onderhawige saak gedoen is, op n geldige wyse uitgevoer is. Dit word aan die hand gedoen dat die Hoogste Hof van Appèl in die Hofer-beslissing egter nie hierdeur die bestaan van n fidusiêre verhouding en dus die bestaan van fidusiêre regte vir trustbegunstigdes verwerp het nie. Wat die hof eerder gedoen het, was om klem te lê op dit wat die hof beskou het as die primêre bron van trustbegunstigdes se regte naamlik die kontrak (en in die proses die moontlike bestaan van fidusiêre trustverhoudings as selfstandige bron van regte vir trustbegunstigdes ondergeskik te stel). Die Hofer-beslissing kan beslis nie as gesag dien dat n trust slegs van kontraktuele aard is nie. Die regter maak geen bevinding in hierdie verband nie. Sy uitspraak is gebaseer op n bevinding dat die trust as n kontrak, meer spesifiek n stipulatio alteri, voor aanvaarding sonder tussenkoms van begunstigdes gewysig kon word, omdat hulle op daardie stadium nog geen kontraktuele regte bekom het nie. Alhoewel nie noodwendig met die uiteindelike resultaat van die Hoferuitspraak verskil word nie, word aan die hand gedoen dat die hof in sy benadering fouteer het. In Suid-Afrika word die bestaan van n fidusiêre trustverhouding erken. Dit is ook so dat die fidusiêre verhouding nie sy verpligtinge en regte ex contractu ontleen nie, maar ex lege (sien Coetzee 330 e.v.). Dit is jammer dat die hof, toe die geleentheid sig voorgedoen het, dié beginsel in trustverband nie in meer diepte in oorweging geneem het nie. As die hof sou bevind dat die begunstigdes ten spyte van die afwesigheid van kontraktuele regte in die betrokke geval steeds fidusiêre regte gehad het, maar, op die feite, daar nie n verbreking van die trouplig plaasgevind het nie, dan is dieselfde resultaat bereik, maar die hof sou n reuse stap vorentoe geneem het ten aansien van regsekerheid in trustverband. Om die beginsel egter totaal en al te ignoreer, is om n onreg te doen aan die hele historiese ontwikkeling van die suiwer trustfiguur en om die klem te laat val op die sekondêre ten koste van die primêre bron van die regte van trustbegunstigdes en daardeur verder 6 Published in DE REBUS MAY 2007

mee te werk tot die huidige regsonsekerheid. Regter Slomowitz (in Doyle v Board of Executors hierbo 813A) bevind aan die ander kant dat die ontstaansbron van hierdie fidusiêre regte nie noodwendig n kontrak hoef te wees nie. Hy verwys ter stawing van hierdie siening onder andere ook na n terloopse opmerking van appèlregter Steyn in Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 306A - C, naamlik that a trust may also have other than contractual incidents. Regter Slomowitz bevind uiteindelik dat trustees aan alle trustbegunstigdes fidusiêre pligte verskuldig is. Dit word aan die hand gedoen dat regter Slomowitz se siening die korrekte is. Daar is nou reeds by herhaling aangevoer dat die fidusiêre trustverhouding n verhouding sui generis is. In Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86F maak appèlregter Cameron nie een keer melding van die ontstaansbron van die trust wanneer hy hom uitspreek oor die fidusiêre aard van die trustfiguur nie. Belangrik is sy opmerking in dié verband: It may be said, adapting the historical exposition of Tony Honoré, that the English law trust, and the trust-like institutions of the Roman and Roman-Dutch law, were designed essentially to protect the weak and to safeguard the interests of those who are absent or dead. Alhoewel aan die hand gedoen word dat die regte van alle trustbegunstigdes primêr aan die fidusiêre verhouding tussen trustpartye ontleen word, is dit nie die enigste bron van dié regte nie. Juis weens die feit dat die ontstaansbron van n trust steeds beklemtoon word, kan verdere regte ook uit die betrokke ontstaansbron voortspruit. (Hiermee word byvoorbeeld bedoel saaklike regte in geval van die inter vivos bewindtrust, na aanvaarding van voordele, of vorderingsregte in gevalle van trusts mortis causa na dies cedit, ensovoorts.) Alhoewel die betrokke trustakte altyd die beginpunt sal vorm van n ondersoek na die moontlike regte van trustbegunstigdes, sal die trustakte op sy beste, n belangrike, maar sekondêre rol speel by die skepping van regte en verpligtinge. Die trustee het immers te alle tye steeds magte en verpligtinge - selfs by ontstentenis van n volledige trustakte - maar dan ex lege uit hoofde van die historiese feit dat die trustverhouding noodwendig altyd aanleiding gee tot n 7 Published in DE REBUS MAY 2007

unieke vertrouensverhouding. Cameron et al (sien Cameron E, De Waal M, Wunsh B, Solomon P en Kahn E 2002, Honoré s South African Law of Trusts, 5e uitgawe, Juta & Kie 262) verwys in hierdie verband daarna dat the trustee must give effect to the trust instrument, properly interpreted, as far as it is lawful and effective under the law of the place where the administration is to take place. (Hier word byvoorbeeld gedink aan artikel 9(2) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed wat hierbo bespreek is.) Hieruit blyk ook dat die inhoud van die trustakte ondergeskik is aan die reg van die betrokke jurisdiksie waarin die trust funksioneer en dus ook aan die werking en beginsels van, byvoorbeeld, fidusiêre verhoudings in Suid-Afrika. Appèlregter Cameron se siening in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) is insiggewend waar hy in dié verband weereens duidelik aandui dat die grondidee van n trust die skeiding is van eienaarskap aan die een kant en die genot daarvan aan die ander kant - anders gestel, die beginsel dat die persoon wat beheer moet uitoefen oor die trustbates dit nie vir hom- of haarself doen nie, maar ten behoewe van n ander. Volgens appèlregter Cameron ontleen die trustee juis sy/haar fidusiêre verpligtinge (en dus die trustbegunstigde sy/haar regte) aan hierdie beginsel. In dié verband merk appèlregter Cameron in die Parker-saak 87D op: And it is separation that serves to secure diligence on the part of the trustee, since a lapse may be visited with action by beneficiaries whose interests conduce to demanding better. As daar voor die Doyle- en Parkerbeslissings nog enige twyfel bestaan het dat n trustbegunstigde altyd beskik oor fidusiêre regte, of selfs aanvaar is dat die Hofer-beslissing weggedoen het met die trustbegunstigdes se fidusiêre regte teenoor die trustee, word aan die hand gedoen dat sodanige twyfel nou deur die Doyle-beslissing en ook die Hoogste Hof van Appèl (by monde van appèlregter Cameron wat terloops mede-outeur van The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) en Honoré s South African Law of Trusts (2002) (5e uitgawe) is) in die Parker-beslissing uit die weg geruim is. Die feit dat alle trustbegunstigdes regte mag hê, het egter nie nou tot gevolg dat trustaktes glad nie meer gewysig mag word nie. Wat dit wel meebring, is bloot 8 Published in DE REBUS MAY 2007

caveat trustee: Elke trustee het altyd n fidusiêre plig teenoor elke trustbegunstigde wat behoorlik nagekom moet word voordat trusteebesluite (wat insluit trustwysigings) goedsmoeds geneem word want al kom die trustee se optrede nie neer op kontrakbreuk nie, mag dit steeds in bepaalde omstandighede neerkom op troubreuk. COETZEES ING (No 2004/007174//21) Prokureurs * Transportbesorgers * Notarisse Attorneys * Conveyancers * Notaries Japie Coetzee BProc (UOVS), Dip Tax Prac (RAU), LLM (Unisa), LLD (Unisa) 5 PARYS Buitenstr 25 Buiten St (056) 811 2191 (W) * Fax (056) 811 2239 PARYS RSA (056) 811 3620 (H) * Sel/Cell 082 7717 167 9535 mail@coetzs.co.za * www.coetzs.co.za 9 Published in DE REBUS MAY 2007