Die Hoërskool DF Malan

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mandala Madness Deel 2

Rut: n Liefdes Verhaal

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Tariewe

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Tariewe

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

Sterdansers by Vensters.

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Finansies / Finances

Kos vir ons skoolkatte

VANUIT DIE FINANSIëLE KANTOOR

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

14/2016 Schalk Reynders HOOF

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Vinkie. Laerskool Fairland

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

Kerssangdiens. SA Gemeente

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

Ons verwelkom ook vir Mev. Prinsloo na haar bevallingsverlof en is saam met haar dankbaar dat alles goed verloop het.

Die jaar se kaskar was

OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

19/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

INSKRYWINGSVORM

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Vinkie. Laerskool Fairland

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek

Laerskool KENRIDGE Primary School

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Geagte Ouers / Voogde en Florries

HOëRSKOOL PORTERVILLE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Daar s n tsoenami op pad. bl. 2. PRG se son verrys in die Ooste

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SIZA takes the sting out of auditing

Geagte Ouers / Voogde en Florries

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Laerskool Gene Louw Primary

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

Transcription:

Die Hoërskool DF Malan Akademie is ons besigheid Nuusbrief: Junie 2017 Beste DF-Ouers Ons het aan die einde van n bedrywige tweede kwartaal gekom. Op akademiese terrein is daar eksamen geskryf, die wintersporte het hul programme gehad en op kultuurgebied is daar geredeneer, gedebatteer, gesing, musiek gemaak en massadeelname was aan die orde van die dag met die revue. Baie dankie aan almal wat so getrou oefen, deelneem en ondersteun. Pas die seekat-beginsel toe en trek nog vriende saam om onvergeetlike herinneringe te skep. Baie dankie ook aan die personeel vir hul harde werk die afgelope kwartaal. Wees verseker dat u insette nie ongesiens verby gaan nie. Meer inligting oor gebeure gedurende die afgelope kwartaal word later in die nuusbrief gegee. Graag vestig ek ouers se aandag op n paar belangrike datums. Volgens die beleid rakende vakveranderinge het die graad 10`s n laaste geleentheid om vakke vir die huidige jaar te verander. Hulle mag n maksimum van twee vakke verander en die veranderinge moet asseblief in samewerking met Eduhelp gedoen word. Die afsnydatum vir die veranderinge is 28 Julie 2017. Die graag 9`s het n vakkeuse-aand op die 27ste Julie en daar is n oueraand op 3 Augustus. Die leerders sal hul rapporte vir die tweede kwartaal op Vrydag 28 Julie ontvang. Ek vertrou dat u en u kinders n aangename en rustige wintervakansie sal beleef. Aan die personeel gun ek n welverdiende rustyd. Almal moet gedurende die vakansie genoeg energie ophoop om die derde kwartaal met ywer en entoesiasme aan te pak! Groete. Sias Conradie Belangrike Datums vir Julie 2017: 1-23 Skoolvakansie 24 Skool heropen (Dag 5) 26 Hokkie: CPT International Hockey Festival 27 Graad 9 Vakkeuse-aand 28 Hokkie: CPT International Hockey Festival 28-2 Oudtshoorn-naweek 30 Hokkie: CPT International Hockey Festival 30-31 Hokkie: Bromsgrove-toerspan 31 UP Wiskunde Olimpiade Volg ons op: Instagram, Facebook en Twitter: @dfmalanhs Let asseblief op dat slegs @dfmalanhs die skool se amptelike sosiale media rekeninge is.

Netbal : Hierdie DF Malan Netbalspeelsters is gekies vir die Westelike Provinsie en Wes-Kaap spanne en gaan aan verskillende Interprovinsiale en Suid-Afrikaanse Toernooie gedurende die Julievakansie deelneem. Verder is Adelle Claassen (onder 16-afrigter) gekies om `n WP-netbalspan af te rig. Johlene Pietersen en me. Elfreda Luyt is gekies om Wes-Kaap onder 18-spanne af te rig. DF is bitter trots op julle en wil graag dankie sê vir julle harde werk en toewyding. Foto s: Bo (van links na regs): Inge van Niekerk, Mika Lourens, Rachelle Human, Rayleigh Arendse en Bronwyn Loxton. Middel (van links na regs): Nienke Geldenhuys, Suné van Dyk, Eloise Esterhuizen, Lara Havenga en Kìara Smit. Onder (van links na regs): Emma Pretorius, Mia Pieters, Anja Perold, Anneke Human en Sabrina van Rooyen.

Bergfiets: Die Hoërskool DF Malan is baie trots op die volgende twee bergfietslede: Luca Ruwiel (Graad 8): Provinsiaal: * Die Western Cape Cross Country Olympic Cup Series: Luca het hierdie reeks gewen deur al 4 die wedrenne in die reeks te wen. * Western Cape XCO Championship Race: Hier het Luca eerste plek behaal. *Luca het die eerste van 4 wedrenne in die WC XCM (Marathon) reeks gewen. Hy is dus nou die dubbele en algehele wenner in die Wes-Kaap. Nasionaal: * Luca is bekroon as die algehele wenner van die South African Olympic Cross Country Cup Series (gehou te Paarl, Pretoria, Bloemfontein en Pietermaritzburg) en is dus die Suid-Afrikaanse Sub-junior Seunskampioen. Baie geluk, Luca! Stèfke Tolmay (Graad 9): In die XCO WP-reeks het Stèfke 1ste plek behaal en in die XCO WP-kampioenskappe ook! Verder het sy 2de plek in die tweede South African Cross Country Olympic Cup Series-wedren behaal. Stèfke het dus WP-kleure vir bergfiets en ons is baie trots op haar.

Ons sal graag ook melding van Mulder Oosthuizen (Graad 11) wil maak: Mulder het in die SA-kampioenskappe gedurende 2016 n 3de plek 2016 verwerf en is ook as WP-kampioen in 2016 benoem. Hy het ook 2016 se Spur reeks gewen. Ons wil graag alle bergfietslede bedank vir hul bydraes tot DF se bergfietssukses. Hier volg van hulle name en van die kompetisies waaraan hulle deelgeneem het (let wel, as inligting ontbreek, is dit omdat dit nie verskaf is nie): Graad 12: Juan Louw: XCO (Bloemendal) en Eliminator reeks. Juan is ook die algehele wenner van die Yzerfontein Cycle Experience. Baie geluk, Juan! Graad 11: Xandré Olivier: Spur reeks (34ste plek) Danelle Kotze: 5de in die o.18-vroue kategorie in die 52km Yzerfontein Cycle Experience. Graad 10: Gunter Reingruber: WP XCO, SA XCO, Nissan Trailseeker Tulbach en Eliminator Reeks (3de seuns o.16). Graad 9: Grethe Geringer - Eliminator (2de) en WP-Kampioenskappe (4de). Anika Claassen: Eliminator-reeks en XCO s (3de, 4de en 5de rondtes). Reinhardt Sieberhagen: Eliminator-reeks. Albert Verwey: Eliminator-reeks. Lorraine Olivier: Eliminator-reeks (3de) en Bloemendal XCO. Graad 8: Francis Theron: Eliminator-reeks (semi-finaal). Leonard James: Eliminator-reeks. Dietrich Reingruber: WP XCO en SA XCO. Wynand Oberholzer: Eliminator-reeks. Christiaan Botha: Eliminator-reeks. Tristan Stewart: Eliminator-reeks. Zander Kruger: SA-Cup, WP-cup en Kampioenskappe, Eliminator Finaal (1ste), Wes-Kaap Maraton (3de). Francois Oosthuizen: WP-Kampioenskappe 2017 (7de), Eliminator 2de Rondte, Pretoria SA-Cup #2 2017, SA-Cup #3 2017 en Nissan Trialseeker in Tulbach. Jacques Bredenkamp: Eliminator, 99er (64km padwedloop) derde. Jacques is ook gekies vir die WP-skolespan wat aan die Nasionale Jeugfees in Outdshoorn gaan deelneem tydens die Junie skoolvakansie. Baie voorspoed, Jacques! Luca het Saterdag, 17 Junie, aan die finale van die SA XCO MTB Cup Series deelgeneem en die derde posisie behaal. Hy is dus aangewys as die algehele wenner van die reeks. Baie geluk aan ons nasionale Sub-Junior Seunskampioen!

Dringende Versoek: Enige iemand wat foto s of opnames gemaak het van die Kerskonsert in 2016, waartydens geld ingesamel is vir Hanno Fourie, moet asseblief kontak maak met die I-sentrum (isentrum@dfmalan.com). Ons benodig dringend nog beeldmateriaal van die aand. Koor: Ons is besonder trots op die koor wat die afgelope tyd so goed presteer het. Die koor het tydens die Tygerberg Internasionale Eisteddfod 90% behaal en in die Applous-kompetisie n goue sertifikaat ontvang. Hulle is met hulle puik Applous-optrede na Pretoria genooi vir die ATKV Applous finaal. Indien enige iemand betrokke wil raak of borgskappe wil gee om hierdie geleentheid vir al ons koorlede n moontlikheid te maak, sal ons dit hoog op prys stel. Kontak gerus vir me. Coetzee by Strever30@gmail.com. Musiek: Estea Marais (links) en Nicole Parker (regs) slaag albei UNISA Graad 5 Klavier met lof (83% en 82% onderskeidelik.) Albei die dogters is in graad 9 in die skool en Graad 5 Klavier is tans die vereiste praktiese standaard vir graad 12-musiek as vak. Jana Wolmarans (graad 10) presteer by die Stellenbosse Eisteddfod deur 2 x lof te behaal vir klavieritems.

Skaak: Tydens die tweede kwartaal het DF Malan se skaakspanne op die volgende datums pragtige uitslae gehad: Op 10 Mei teen JG Meiring het die o.15 s (6-0) en die o.18 s (5-1) gewen. Die spanne was: o.15-span: Karl Voigt Ané Pienaar Julian Milner Luca Kitshoff Hayden Pypers Liam Bath o.18-span: Damian Pietersen Nicholas Groenewald Ben Grünewald Benro Snyman Werner Bredell Jaco van Niekerk Op 12 Mei het die o.15 s 6-0 gewen en die o.18 s 2,5-3,5 teen Tygerberg verloor. Die spanne was: o.15-span: Karl Voigt Ané Pienaar Julian Milner Luca Kitshoff Hayden Pypers Liam Bath o.18-span: Damian Pietersen Nicholas Groenewald Timo Barnard Ben Grünewald Benro Snyman Werner Bredell Op 17 Mei wen die o.15 s 6-0 en die o.18 s verloor 2-4 teen Settlers. Die spanne was: o.15-span: Karl Voigt Ané Pienaar Julian Milner Luca Kitshoff Werner Bredell Hayden Pypers o.18-span: Damian Pietersen Nicholas Groenewald Timo Barnard Ben Grünewald Benro Snyman Liam Bath Op 19 Mei wen die o.18-gemengde span 3,5-2,5 teen Parow Hoërskool. Die span was: Karl Voigt Damian Pietersen Nicholas Groenewald Julian Milner Ben Grunewald Luca Kitshoff Op 26 Mei wen die o.18-gemengde span 5-1 teen Fairmont. Die span was: Karl Voigt Damian Pietersen Nicholas Groenewald Ané Pienaar Julian Milner Ben Grünewald DF Malan se o.18-span het op 16 Junie meegeding by die Topskole toernooi vir Distrik Noord te Hoërskool Ravensmead en het 4de in Distrik Noord geëindig.

Foto: Voor (van links na regs): me. Jo-Mi Müller, Jaco van Niekerk, Ané Pienaar, Luca Kitshoff en me. Celesté Wepener. Agter (van links na regs): Liam Bath, Benro Snyman, Ben Grünewald, Timo Barnard, Werner Bredell en Julian Milner. Baie geluk aan Karen Vergeest wat opgeneem is in die Wes-Kaap skaakspan. Baie geluk aan Ané Pienaar wat opgeneem is in die WP-skaakspan.

Bloemfonteinse opstelkompetisie: DF Malan het weer sy stem dik gemaak met die landwye opstelkompetisie. In die Junior Afdeling is skoonskip gemaak: Mila de Villiers (Eerste); Karen Vergeest (Tweede) en Ila Alberts (Derde). Dian Burger se werk is eervol vermeld. In die Senior Afdeling behaal Brigitte Dempers n tweede plek, Femke Swanepoel n derde plek en Nico van der Westhuizen se opstel word eervol vermeld. Baie geluk aan hierdie leerders! Foto (van links na regs): Dian Burger, Mila de Villiers, Karen Vergeest en Ila Alberts. School & Leisure: Ondersteun asseblief die skool deur n School & Leisure -kaart te kry en te gebruik. Die skool baat maandeliks hierby en ons vra vir u ondersteuning hiermee.

Graad 9 Vakkeuse-aand: Donderdag, 27 Julie 2017, vind die vakkeuse-aand vir graadnegeleerders en hul ouers/voogde in die Aktiwiteitsentrum plaas. Tydens hierdie aand sal die graadneges en hul ouers goed ingelig word oor die leerders se aanlegte soos bepaal deur die Differensiële Aanlegtoetse Vorm S (DAT-S). Aanleg is die potensiaal waaroor n leerder beskik en wat hom/haar in staat stel om n bepaalde vlak van vermoë met n gegewe hoeveelheid opleiding te bereik. Twee vorms van die differensiële aanlegtoetse is beskikbaar. Die gevorderde vorm is gebruik, aangesien sterk akademies georiënteerde kwessies ter sprake is. Tussen 18:45 en 19:00 word die leerders se DAT-S verslag en amptelike vakkeusevorm by die ingang van die Aktiwiteitsentrum uitgedeel. Ons wil stiptelik 19:00 met die terugvoering van die aanlegtoetse en bekendstelling van die verpligte - en keusevakke vir die senior fase begin. Die vakkeuse-aand is n wonderlike geleentheid vir die leerders om selfkennis en vakkennis op te doen. Dit kan help met vakkeuses. Die bydrae wat n differensiële aanlegtoets in vakkeuses maak, kan nie deur ander metings van prestasie of belangstellings vervang word nie. Onderwysers sal by uitstallings van die onderskeie vakke beskikbaar wees om vrae te beantwoord. Leerders sal die geleentheid kry om vakke wat in die senior fase aangebied word, te leer ken. n Datum om aan te teken: Donderdag, 27 Julie 2017, om 18:45 by Hoërskool DF Malan se Aktiwiteitsentrum. Die vakkeuse-aand maak gewoonlik 21:00 klaar. Dit is verpligtend vir alle graadnegeleerders. Indien n leerder dit nie kan bywoon nie, moet die leerder se ouer/voog n skriftelike verskoning aan die registeronderwyser voorsien. DF Gaan Groen: Ons is opgewonde om deel van n groter saak te wees. Ons wil graag u en u gesinne uitnooi om saam groen te gaan. Tydens die skoolvakansie versoek DF dat sy leerders, vriende en families n vetplantjie in n versierde tuna-blikkie of klein potplanthouertjie kweek. (As u nie weet hoe om die te doen nie, volg ons op @dfmalanhs op Instagram vir instruksies). U is welkom om alleen deel te neem, maar daar is ook die geleentheid om bypassende ontwerpe of kleure te gebruik om gesins-, paartjie, vriende-, span- en familie-plantjies te identifiseer. Ons wil dan versoek dat u n foto van u plantjie(s) neem en dié na bemarking@dfmalan. com sal e-pos. Ons sal hiervan n collage maak en dit so ver moontlik versprei. Die plantjies sal dan versamel word en op die skoolgrond geplant word, as geskenkies vir ouetehuise gegee word en as daar genoeg is, aan ander behoeftige instansies geskenk word. Vir navrae kontak gerus me. Mette Warnich.

Hokkiepaviljoen: Op Maandagoggend, 19 Junie, tydens n seremonie by DF Malan, is die terrein aan die kontrakteur wat die hokkiepaviljoen gaan oprig, oorhandig. Die projek behels `n dakkonstruksie op die huidige paviljoen. Dit sal ouers en ondersteuners skuiling bied teen die son en reën. Die koste verbonde aan die projek is R250 000 en dit behoort teen die einde van die Julie-vakansie afgehandel te wees. DF spog met n ryk geskiedenis van hokkieprestasies. Daar is tans 20 provinsiale spelers in DF Malan en die skool het al spelers soos Farah Fredericks (SA o.18 en SA dames), Simoné Strydom en Chrissie Haupt (SA o.18 en Jeug Olimpiese Spele), Johann Wentzel (WP o.21 Mans), Jean de Kock (NW o.21 Mans) en Corné Pauw (NW o.21 & Senior Mans) opgelewer. Die sport groei ook binne die skool, met 320 leerders wat hokkie beoefen. DF bied ook n somerliga aan waar gemengde spanne (van geslag en ouderdom) teen mekaar speel, ongeag van die sport wat hulle amptelik vir DF speel. Alle dogters-doelwagters binne DF woon n doelwagterskliniek wat deur Simon Mason (olimpiese doelwagter vir Brittanje) aangebied is, by. Me. Rona Roelofse bied saam met DF die jaarlikse Nasionale Hokkiekursus aan waar spanne van oral in die land deelneem. Hierdie jaar is die 15de kursus aangebied met 40 spanne wat deelgeneem het. Beide die Hokkie 5 s (tydens vakansies) en die o.14-hokkiekursus is ook baie gewild, met 36 spanne wat verlede jaar deelgeneem het. DF glo dat die hokkiepawiljoen net nog n stap na die hokkiesukses van die skool sal wees. Foto (van links na regs): mnr. Theo Coetzee (Struktuur-ingenieur - TCCE Consulting), mnr. Sias Conradie (Skoolhoof), Japie Lambrechts (Hoofkontrakteur - ipm Konstruksie) en mnr. Peet van Biljon (Argitek - Van Biljon Barnardo Argitekte).

Seunshokkie: Baie geluk aan die volgende leerders wat WP Noordsone-spanne vir seunshokkie gemaak het: Jacques de Vos (o.18) Mikhail van Greunen (o.18) Ruben van Biljon (o.18) Rienhardt van Eeden (o.16) DF-hokkie: In die Junie/Julie-vakansie het ons 14 dogters en 4 seuns wat verskeie WP-spanne verteenwoordig. DFM bied ook die gewild Hokkie 5 e toernooi (19 tot 21 Julie) vir laerskoolspelers, asook graad10-dogters en -seuns aan. Die 3de kwartaal is n kort maar besige kwartaal en dit skop met die Cape Town International Hockey Festival af waar ons Premierspan Seuns, Premierspan Dogters en o.16a- Dogters op spesiale uitnodiging gaan deelneem. Die toernooi begin Woensdag 26 Julie en maak Sondag 30 Julie klaar. Sterkte aan hierdie drie spanne vir die toernooi. Op 29 Julie is die Oudtshoorn Sportdag. Sterkte aan al ons hokkiespanne wat daar gaan deelneem. Op 30 en 31 Julie speel ons Premierspan Dogters, o.16a-dogters, o.18a-seuns en o.16a-seuns tuis teen Bromsgrove (Engeland). Op 1 Augustus speel ons Premierspan Seuns tuis teen Oakham, ook van Engeland af. Van 2-9 Augustus speel DFM Dogters Premierspan in die Top 5 Night Series wat deur Bloemhof aangebied word. Sterkte aan al ons spelers wat in die vakansie deelneem aan provinsiale toernooie; ons hoop dit sal goed gaan.

DF se Alroy Dixon op pad na Bahamas! DF se Alroy Dixon is op pad na die Bahamas. Mnr. Dixon is gekies as besturende afrigter van die atletiekspan wat na die Statebond Jeugspele in Nassau, Bahamas, tussen 19-23 Julie sal deelneem. Hierdie is n besonderse groot eer en DF wens hom alles van die beste toe. Ons vertrou dat SA beter as die vorige keer (waar ons n 2de plek behaal het) sal presteer en dat mnr. Dixon tot die land se sukses sal bydra. DF Interskoledans: Hou 11 Augustus oop vir n heerlike fees! Alle ouers word uitgenooi om n dans in die Aktiwiteitsentrum by te woon. Verdere inligting sal binnekort verskaf word.