In n neutedop: 2018 sover

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

My sê deur Amanda de Stadler

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Hoe om krag te spaar

Tariewe

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Dialoog en paragrawe *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Sterdansers by Vensters.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Rubriek vir skeppende werk

SIZA takes the sting out of auditing

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Die jaar se kaskar was

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

G. J. du Preez

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Kerssangdiens. SA Gemeente

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

100 DIE GETATOEEERDE K"

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Transcription:

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 22 Nommer 6 Januarie In n neutedop: 2018 sover Die onderwysers en leerders van R.R. Franks Laerskool in Eersterivier is baie opgewonde oor die boektrommel wat hulle ontvang. Die boektrommel is moontlik gemaak deur n skenking van die Bergheim Trust. LEES BINNE Die storie van die tog Richtersveld toe Beter Afrikaans

Februarie Akkerboompie Kleuterskool en Boempie Pre-Primêr in Centurion het elk n boektrommel in Februarie ontvang. Van Wyksvlei Primêr het n boektrommel ontvang. Chareldine lees vir die kinders n storie en praat met hulle oor hoe om met boeke te werk. Bladsy 2

Die storie van die tog Richtersveld toe Op Sondagoggend 18 Februarie vertrek ons douvoordag uit Stellenbosch met ʼn volgepakte Isuzu: 14 boektrommels, padkos en ʼn kamera. En water, natuurlik. Ons ry heerlik en is reeds 14:30 in McDougallbaai. Die pragtige ou gerestoureerde huisie voor op die see met ʼn lewende troetelperd op die grasperkie, steel dadelik ons harte. Ons gaan slaap vroeg uit afwagting vir die rit die volgende dag, die onbekende in. Ons eerste afspraak is met mnr. Kaptein in Sanddrif by die Laerskool Dryfsand. Eers leer die grondpad ons ʼn les ʼn pap band. Gelukkig is my metgesel bedrewe met dié soort dinge. Dis ʼn klein skooltjie met feitlik geen boeke nie. Ons trommel is nie naasteby genoeg nie, en die behoefte aan leesondersteuningsopleiding kom sterk deur. En gedurig drup daar mense uit die dorpie in om fotostate by die skool te kom maak. Kuboes is ons volgende stop. Kuboes is n afgeleë dorpie in die Richtersveld en was n eertydse sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap. Dit is n mooi dorp rondom n eenvoudige kerkkompleks wat dateer uit 1893. Kuboes word hoofsaaklik bewoon deur Namas en Basters. Die skool is vernoem na ʼn sendeling, Johan Hein, wat in 1844 vir die nomadiese bevolking gepreek het. Die skool hou die rekord as die enigste skool in die wêreld waar die Nama-taal onderrig word. Tog was dit vir my interessant dat die skoolhoof, me Cloete, sê dat die kinders baie tuis is in Engels en ook beter vaar daarin as in Afrikaans. Daar is ʼn geweldige tekort aan boeke en n dringende behoefte aan onderhoud wat die infrastruktuur betref. Onderwysers vra ook hulp met beplanning. Sonder ʼn noodwiel ry ons versigtig terug rigting Alexanderbaai. Wat ʼn oasis is die Laerskool Gaffie Maree nie. Dis of die groen van die Oranjerivier aansteeklik is. Die kinders blink en reageer op my stories soos kinders wat gewoond daaraan is om na stories te luister en nooit genoeg kan kry nie. Die skoolhoof, me Gesina Schreuder, volg ons na die Graad 3-klassie en kan nie haar hande van die boeke afhou nie. Ons vertrek die volgende dag voor die son opkom uit McDougallbaai om betyds 8:00 by die Elizabeth Wimmer Laerskool in die dorpie met die pragtige naam Lekkersing te wees. Tussen die berge wat verkleur met ʼn pad wat uitgestrek voor ons lê, word ons by ons kar gehaal deur me Saal, die skoolhoof. Ook hier kan ʼn mens sien watter invloed ʼn hoof op ʼn skool het. Me Saal weet wat kinders nodig het. Sy het selfs ʼn tiental ouers ook opgekommandeer. Ons het groot pret met ʼn storie oor ʼn leeu wat ons saam opmaak. Met vrolike harte ry ons verder met die wete dat elke kind se potensiaal hier na waarde geskat word. Bladsy 3

Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwysers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met sorg nota s van alles wat ek met die kinders doen, en is baie dankbaar vir die boeke. Sy wil ook baie graag verdere opleiding hê om die die kinders met lees te help. Hulle vra hulp om ʼn mediasentrum in te rig miskien kan ʼn ATKV-tak help? Ons gaan op ʼn kort namiddagrit in die Richtersveld Nasionale Park. Die mense van hierdie streek is nie groot op padaanwys nie en ook nie op padaanwysers in afgeleë dele nie. So neem ons die verkeerde pad by ʼn vurk in die pad wat daartoe lei dat ons in die sand vassit en noodgedwonge die nag in die veld deurbring. Die volgende oggend om 7:30 kom daar twee Iere, Venetia en Michael Ryan, verby wat ook die verkeerde pad geneem het en help ons uit. En, glo dit as jy wil, dis twee onderwysers waarvan een ʼn leeskundige is! Ons sal hulle volgende jaar onthaal wanneer hulle weer in Suid-Afrika is. Ten spyte van die drama met die gedwonge oornagting in die middel van nêrens, het ons tog n wonderlike ervaring gehad van die pragtige, maar ook harde landskap wat die mense in die Richtersveld definieer. By Port Nolloth Laerskool en Port Nolloth RK gesels ek lekker met die onderwysers oor Doen en Leer en almal is baie gretig dat ons in Mei moet kom opleiding doen. Oor die boeke is hulle baie dankbaar. Baie van die boeke sluit heerlik aan by die kurrikulum dwelmmisbruik, molestering, emosies, nasiebou en vreemdelingehaat. Op 22 Februarie groet ons McDougallbaai en ry op ʼn mistige oggend kenmerkend van hierdie streek in die rigting van Steinkopf. Die pad lê reguit voor ons met die bergwoestyn in die verte. Steinkopf is ʼn groot dorp, veel groter as die dorpe tot dusver. Die Laerskool Ferdinand Brecher is ʼn skool met 447 leerders. Me Cloete, die skoolhoof, verduidelik dat die skool ʼn voldiensskool is wat alle leerprobleme self moet hanteer. Leesondersteuningsopleiding sal hulle dus ook baie help. Toe ons stop by De Kleine Bewaarskool in Steinkopf, is mnr Donald Cloete onmiddellik by die bakkie met Julle kom om ʼn groot behoefte te vervul. Ons het baie min hulpmiddels!. Desondanks kuier ons lekker saam met ʼn vrolike groepie van honderd 3 5-jariges wat oopmond sit en luister na die stories van Babalela en Parmant. Mnr Cloete vra ook leesopleiding vir hom en sy personeel. Die volgende stop is Bulletrap se Babbelbekkies Kleuterskool. Dis ʼn baie klein skooltjie (10 Kinders) met baie speelgoed en bitter min boeke. Die voorsitter, Marolene Snyders, beman die aangrensende dorpbiblioteek waar kinders in die middae kom lees en huiswerk doen. Verder op teen die bult, om die volgende draai net om die hoek lê Bulletrap Laerskool, ook ʼn multigraadskool met 87 leerders. Mnr Makatees neem ons na die klas van me Van den Heever se grade 1-, 2- en 3-klas toe. Wat ʼn entoesiastiese groepie bekkige kinders. Dié groepie toekomstige dokters, onderwysers, mekenieks en ʼn horde polisiemanne luister met aandag na die verhaal van die drie ll e wat mens se drome verwesentlik: luister, lees en leer. Ons slaap lekker in die Springbok Inn en is 7:15 by Springbok Laerskool. Mnr Sadie, die hoof van hierdie skool met 516 leerders, neem ons na die grondslagfase-klassies wat ons net daar in die vierkant trakteer met die drie ll e en Die Groot Boek van Emosies. Bladsy 4

Toe ek ʼn juffrou daar uitvra oor die rassamestelling van haar klas, antwoord sy: Ek weet nie, ek het net kinders in my klas. En snaaks genoeg, toe ek terugdink aan die groep kinders met wie ek gepraat het, het ek dieselfde gewaarwording gehad. Ons hoop dat dit die toekoms van die meeste skole in SA gaan wees binne die volgende jare. Mens mag droom. Okiep Laerskool (739 leerders) floreer, weereens as gevolg van ʼn besielende hoof, mnr Saal. Hy vertel van sy voorleggings en pogings om die onderwys terug te kry, bedoelende dat ondinge soos die aanskuif van leerders sonder prestasie uitfaseer moet word. Hier sal ons boeke beslis benut word. Bimbo Kleuterskool in Okiep het 87 leerders. Hier is opleiding beslis baie nodig en die mense sien uit na ons moontlike terugkeer in Mei. Alle kinders word met potensiaal gebore. Omgewing en lewensomstandighede is uiteraard bepalend. Die kinders van hierdie streek met die pragtige melodieuse Afrikaans met ʼn eiesoortige klem en uitspraak, verdien al ons steun. Die gevaar bestaan dat hulle gaan migreer na Engels as gevolg van die stigma gekoppel aan Afrikaans en die idee dat Engels meer geleenthede bied. Hulle blootstelling aan Engels d.m.v. televisie en die sosiale media maak dat ons baie meer sal moet doen om te keer dat Engels Afrikaans ook hier verdring. Ons oorweldigende indruk na hierdie wonderlike reis? In die Richtersveld en omstreke woon daar sout-vandie-aarde-mense wat met groot toewyding baie vermag met min in n harde, maar pragtige landskap. Daar is groot behoefte aan die soort steun wat die ATKV met sy boektrommelprojek bied. Ons ontvang die volgende ondersteuningsbrief van Christien Neser vir ons reis na die Richtersveld: Dis n droom wat waar word. Julle gaan op n hengse uitgebreide trek. Ek wens baie dinge: - dat ek kon saamgaan - dat julle veilig sal reis - dat julle reën bring - dat dit nie te warm is nie - dar die boeke waardeer sal word - dat verhoudings gebou word en welwillendheid gekweek word - dat kinders sal lees - dat Afrikaans n sterker staanplek sal kry. DIPLOMA ʼn Kassier hoor ʼn ouma in ʼn winkel haar kleinseun hot en haar stuur: Diploma, gaan haal gou suiker en Diploma, nog 6 eiers ook, hoor. Die nuuskierige kassiere vra: En waar kom dié naam vandaan? Die ouma antwoord: Ek het my dogter universiteit toe gestuur en toe kom sy met hóm terug! Beter Afrikaans Daar is nou iets wat dit beter as die Bybel regkry om mens nederig te hou. En dit is Beter Afrikaans se taalvrae elke oggend op jou nugter maag. Probeer dit gerus. Dit verbeter jou Afrikaans en die stand van jou nederigheid. WWW.BETERAFRIKAANS.CO.ZA Bladsy 5

DOENDINGE IN AFRIKAANS NUUSBRIEF Redakteur: Amanda de Stadler Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe Bladuitleg: Sunflood Studios ALGEMENE INLIGTING Straatadres: Eenheid 2013, Datevoice House, Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600 Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599 Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743 Faksnommer: 021 880 1946 E-posadres: Amanda de Stadler: amandad@vva.atkv.org.za Chareldine van der Merwe: chareldinev@vva.atkv.org.za Webtuiste: www.atkv.org.za Bank: ABSA, Tjekrekening Rekeningnaam: ATKV Rekeningnommer: 0170166728 Takkode: 632005 Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende Swift Code : ABSA ZA JJ As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word. KOOPDINGE IN AFRIKAANS DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP: 1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100 2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20 3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160 4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120 5. Basic Afrikaans the top 1000 words and phrases teen R135 6. Joernaal van Jorik in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120 7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, n A3- formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120 (R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word) VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF Bladsy 6