DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE STAFAFDELING HOOF VAN STAF PERSONEEL

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Chemiese wapens in Suid-Afrika: die gifgasfabrieke by Klipfontein en Firgrove,

Mosselbaai Munisipaliteit

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

SIZA takes the sting out of auditing

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Direkte en indirekte rede *

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

n suiwer militere bestuur. 3

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Rut: n Liefdes Verhaal

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

3 BEHEER OOR DIE ONDERWYS IN DIE KAAPKOLONIE,

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 13, Nr 4,

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

n Besinning oor tegnologie in Publieke Administrasie

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

deur BOB RONALD JANSSEN voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in die vak INTERNASIONALE POLITIEK aan die

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

VERANTWOORDELIKHEIDSMODEL. VIR ~n. DEPARTEMENTSHOOF <VERPLEEGKUNDE:> AAN 'n. UNIVERSITEIT

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

DIE SUID-AFRIKAANSE STAATSDIENSKOMMISSIE: BEDREIGDE ONAFHANKLIKHEID 1

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Transcription:

DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE STAFAFDELING HOOF VAN STAF PERSONEEL Kapt R. Von Moltke* The origin of the Staff Section Chief of Staff Personnel can be traced back to the year 1912, when the Union Defence Force came into being. Changes occured in the command and control structure of the Union Defence Force (from 1957 the SADF), changes very often also affecting the Staff Section Chief of Staff Personnel. The history of Chief of Staff Personnel is depicted in this article from 1912 to the present date. Inleidend Die geskiedenis van die Afdeling Personeel as Stafafdeling van die Suid-Afrikaanse Weermag is onlosmaaklik verbonde aan die ontwikkeling en uitbreiding van die bevel- en beheerstruktuur van die SAW. Die ontstaan van die Atdeling Personeel kan teruggevors word tot in 1912 toe die Unieverdedigingsmag tot stand gekom het. Van tyd tot tyd het veranderinge plaasgevind in die bevel- en beheerstruktuur van die Unieverdedigingsmag en sedert 1957 van die SAW. Hierdie veranderings het by meer as een geleentheid ook die Afdeling Personeel geraak. Ter wille van die logiese benadering van die onderwerp word die geskiedenis van die Afdeling Personeel vervolgens benader aan die hand van die benaminge van die posbekleers van die afdeling soos dit sedert 1912 voorgekom het. Die tydperk van die Adjudant-generaal Met die totstandkoming van die Unieverdedigingsmag in 1912 het die personeelfunksie ten opsigte van militere personeel geresorteer onder die Afdeling van die Generale Staf. Maj (tydelik) J.J. Collyer het sedert 1 Julie 1912 die pos Stafoffisier, Generale Stafpligte beklee en in hierdie hoedanigheid ex officio opgetree as hoof van die Afdeling Personeel. Daar is op daardie stadium nie spesifiek na die Hoof van Personeel verwys nie, aangesien maj Collyer se beheerfunksie oorkoepelend van aard was. Gedurende 1915 is die pos Stafoffisier, Generale Staf hernoem na Hoofstafoffisier, Generale Staf en Adjudant-generaal (AG). Hierdeur is die personeelfunksie erken as afsonderlike staffunksie, maar dit was egter nog 'n 'tweehoed' -aanstelling en die posbekleer vir beide die poste Lt-genl R.F. Holtzhausen, SM Hoof van Staf Personeel sedert 1 Januarie 1981 was dieselfde persoon. Op 4 Junie 1917 het die Hoofstafoffisier, Generale Staf en Adjudantgeneraal die Hoof van Generale Staf (HGS) en Adjudant-generaal geword. Die pos van AG is op 5 Junie 1918 van die HGS geskei, hoewel die posbekleer nog vir meer as 'n jaar dieselfde persoon sou bly. Eers op 14 Oktober 1919 het Collyer opgehou om as AG te fungeer. Op 1 November 1919 is 'n afsonderlike posbekleer as AG aangestel toe It-kol W.E.C. Tanner AG geword het. In wese het dit daarop neergekom dat die AG afgestig het van die HGS. Daardeur het die Afdeling Person eel 'n volwaardige, selfstandige afdeling geword. 46

Hierdie posisle het sedertdien onveranderd gebly en die Afdeling Personeel sou steeds al hoe meer verantwoordelikhede onder sy sambreel bykry, Tesame met die afdeling van die Kwartiermeester-generaal (KMG) en die afdeling vir Geneeskundige Dienste (SOGD) was die AG afdeling een van die drie stafafdelings wat naas die afdeling van die Generale Staf direk onder die Minister van Verdediging geresorteer he!. Die tydperk onmiddellik na die Eerste Wereldoorlog is gekenmerk deur grootskaalse besnoeiing van staatsuitgawes, Daar kon gevolglik oak nie vee I ontwikkeling of uitbreiding geskied aan die kant van die Unieverdedigingsmag (UVM) nie, Namate die ekonomie sterker geword het, kon kleinskaalse uitbreiding toegelaat word, Belangrike langtermyn uitbreiding van die UVM is teen die einde van die dertigerjare beplan en die nodige fondse is daarvoor bewillig, maar die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog het hierdie program verongeluk, Organisatories was daar feitlik geen verandering saver dit die Afdeling Personeel betref nie, In 1939 is die pas van die AG, wat toe bekend gestaan het as die AG en DGR (Direkteur-generaal Reserwes) opgegradeer na Direkteur-generaal, In 1940 is die DGR as afsonderlike pas afgeskaf en is die pas opgeneem in die afdeling van die AG, Die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog het belangrike implikasies gehad vir die UVM, Die geweldige toename in personeel as gevolg van die oorlog het oak uitbreiding van die Afdeling Personeel genoodsaak, Van belang in hierdie opsig was veral die geweldige taak wat na die oorlog gepaard gegaan het met demobilisasie, Nuwe afdelings moes spesiaal vir die doel geskep word, Gedurende 1942 is die pas van AG opgegradeer na generaal-majoor,1 Dit kan gesien word as 'n erkenning van die toenemende belangrikh/eid van die Afdeling Personeel, In teenstelling met die grootskaalse besnoeiing na afloop van die Eerste Wereldoorlog, is dieselfde beleid gelukkig nie na afloop van die Tweede Wereldoorlog gevolg nie, 'n Tydperk van ontwikkeling en heropbou het gevolg wat ongekend was in vredestyd in Suid-Afrika, Die na-oorlogse herorganisasie het onder andere ingesluit die instelling van Stafhoofde vir die drie weermagsdele, naamlik die Leerstafhoof, die Lugstafhoof en die Vlootstafhoof, 'n Inspekteurgeneraal is oak aangestel. Die drie Stafhoofde, tesame met die AG, KMG en Geneesheer-generaal (GG) het die HGS bygestaan in sy pligte, Die afdeling van die AG was teen 1946 georganiseer in 'n reeks ongekobrdineerde afdelings wat deur die Adjunk AG (Adj AG) en die AG beheer is, Die verantwoordelikhede van die Adj AG was so uitgebreid dat dit nouliks hanteerbaar was, Gevolglik is daar besluit am sekere personeel-onderafdelings (AG1: Offiisiere, AG4: Ander Range, AG2: RAG (Regteradvokaatgeneraal), AG5: Onderskeidings en Toekennings, HBM sowel as die Kapelaansdienste) direk onder beheer van die AG te plaas, Dit het meegebring dat die AG in so 'n mate belas is met administratiewe pligte dat hy nie meer aandag kon gee aan ander belangrike pligte nie, Dit het gelei tot 'n nuwe bedeling waarin nuwe paste geskep moes word, omdat uitbreiding van die Afdeling Personeel onvermydelik geword he!. Interne personeelskommelings het van tyd tot tyd plaasgevind, maar in wese het die organisasie van die AG. se afdeling dieselfde gebly, Die eerste belangrike veranderinge sou eers teen die einde van die vyftigerjare begin plaasvind, Die aanname van die Verdedigingswet, no 44 van 1957, het 'n nuwe era in die Suid-Afrikaanse militere geskiedenis ingelei, Belangrike veranderinge ten opsigte van die naam van die HGS en die UVM het oak in hierdie tydperk plaasgevind, Reeds in 1956 is die ampstitei van die HGS verander na die van Kommandant-generaal (KG), In 1957 het die naam UVM plekgemaak vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), Daar is oak begin am die stafafdelings op weermagsgrondslag te organiseer, Elke weermagsdeel was sedert 1957 betrokke by personeelaangeleenthede van sy weermagsdeel. Op 31 Desember 1960 is die pas van Inspekteur-generaal afgeskaf en het dit die Direktoraat Beplanning en Operasies van die Staf van die KG, SAW geword, Die Militere Inspektoraat se personeel is oorgeplaas na die afdeling van die' AG met ingang van 1 Januarie 1961, Die Adjudant-generaal word Hoof van Weermagsadministrasie Gedurende die sestigerjare moes daar kart-kart organisatoriese veranderinge ten opsigte van die bevel- en beheerstruktuur van die SAW plaasvind am tred te hou met die snelle ontwikkeling en uitbouing van die SAw' Die eerste belangrike opknapping van die bevel- en beheerstruktuur is in 1966 uitgevoer, Vier nuwe bevel- en beheerliggame is ingestel, te wete die 47

Opperbevel (bestaande uit die KG as voorsitter, die onderskeie afdelingshoofde en belangrike senior amptenare op uitnodiging van die KG wat as adviseurs vir die KG moes optree), die Verdedigingstaf, die Hoofkwartier Gesamentlike Gevegsmagte en die Hoofkwartier Maritieme Verdediging. Daarbenewens is 'n herindeling van die funksies van die AG en KMG gemaak en die ampstitels van die hoofde van die betrokke afdelings is verander na Hoof van Weermagsadministrasie 2 (HWA) en Hoof van Logistiekediens onderskeidelik. Die HWA, Hoof van Logistiekediens en GG was in hierdie stadium drie spesialisafdelings wat die KG in sy oorhoofse bevel- en beheerfunksie moes bystaan. Die verdediging van militere funksies en verantwoordelikhede tussen die KG en die Sekretaris van Verdediging het sedert die ontstaan van die UVM probleme veroorsaak en onnodige oorvleueling tot gevolg gehad. In 1966 is die Versterkomitee aangestel om in te gaan op die verdeling van funksies binne die Departement van Verdediging en spesifiek ten opsigte van die funksies van die Sekretariaat van Verdediging. Na aanleiding van hierdie komitee se bevindings is die pos van Sekretaris van Verdediging met ingang van 17 Oktober 1966 afgeskaf. Die funksies van die Sekretariaat moes noodwendig deur militere stafafdelings geynkorporeer word. Vir hierdie doe I was dit onder andere nodig om 'n afsonderlike finansiele beheerliggaam daar te stel om die rekenpligtige verantwoordelikheid van die Departement van Verdediging namens die KG te aanvaar. Dit het gelei tot die instelling van 'n vierde spesialisafdeling onder die Komptroleur.. Die Hoof van Weermagsadministrasie Hoof van Personeel word Verdere deurtastende ondersoek is ingestel om die integrasie van die destydse Sekretariaat finaal deur te voer. Die herorganisasie en herrangskikking is op 1 November 1968 finaal deurgevoer; met onder andere belangrike implikasies vir die Afdeling Personeel. Die Hoof van die Verdedigingstaf se organisasie is in twee eiesoortige afdelings verdeel, elk onder 'n Adjunkhoof van Verdedigingstaf met Administrasie (oorhoofse weermagsadministrasie) en Beplanning en Operasies respektiewelik as funksies. Verskeie administratiewe funksies van die Sekre- tariaat is aan die Verdedigingstaf oorgedra, sowel as sekere administratiewe funksies wat tot op daardie stadium deur die HWA behartig i Dit het meegebring dat die HWA slegs sy funksies ten opsigte van personeeladministrasie oorgehou het. Die personeeladministrasie ten opsigte van burgerlike personeel wat vroeer deur die Sekretariaat behartig is, is by die Afdeling Weermagsadministrasie ingedeel en die lite I van die beheerpos is op 1 November 1968 verander na Hoof van Personeel. Die afdeling het daarna bekend gestaan as die Afdeling Personeeladministrasie. Gedurende 1968 is 'n vyfde spesialisstafafdeling ingestel toe die afdeling Burgerlike Beskerming ingestel is. Hierdie voltooide proses van integrasie het meegebring dat die Sekretariaat van Verdediging in sy geheel ontbind is en dat die KG tegelyk hoofmilitere uitvoerende offisier, hoofrekenpligtige beampte en permanente hoof van die Departement van Verdediging geword het. Daardeur is die ideaal om die Departement van Verdediging as een geyntegreerde verdedigingsorganisasie onder 'n enkele hoof saam te snoer verwesenlik. Van belang in hierdie proses van integrasie en herorganisasie was ook die suiwering van die funksies van die Afdeling Personeel ten opsigte van personeel- en verwante personeelfunksies. Hierdie proses sou gedurende die volgende paar jaar voortgesit word totdat die Afdeling Personeel uiteindelik 'n stafafdeling sou word wat uitsluitlik verantwoordelik is vir personeelaangeleenthede van die SAW. Hoof van Personeel word Direkteurgeneraal Personeel Die snelle uitbreiding van die SAW as gevolg van die groeiende dreigemente teen die RSA het dit genoodsaak dat daar in 1970 weer organisatoriese aanpassings binne die bevel- en beheerstruktuur van die SAW gemaak moes word. Intensiewe ondersoek het getoon dat hoevlak departementele administratiewe beheer, waaronder byvoorbeeld hoevlak personeeladministrasie 'n steeds belangriker inslag in die groeiende Weermag gekry het. Gevolglik is daar besluit om die bostruktuur van die Departement van Verdediging sodanig te verander dat die KG net nege direkte beheerpunte binne sy Departement sou he. Bepaalde werksaamhede, veral met betrekking tot hoevlakpersoneelsake, algemene administrasie, doeltreffendheidstudies en KMG-aangeleenthede is gedelegeer aan die be- 48

kleer van 'n nuutgestigte pas van Hoof van Weermagsadministrasie. 3 Die HWA was 'n vierbenige beheerliggaam waarbinne ingesluit was die Direkteur-generaal Personeel, KMG, Direkteur-generaal Aigemene Administrasie en die Direkteur-generaal Bestuursdienste. Hiervolgens was die afdelingshoofde van genoemde vier spesialisafdelings direk verantwoordelik aan die Hoof van Weermagsadministrasie en nie meer aan die KG soos voorheen die geval was nie. Dit kan gesien word as 'n tussenbeheerpos wat moes dien am die aantal direkte beheerpunte binne die Departement van die KG te verminder. Op 29 September 1970 4 het die posbenaming Hoof van Personeel verander na Direkteur-generaal Personeel. Direkteur-generaal Personeel word Hoof van Staf Personeel Indringende ondersoeke is gedurende die volgende paar jaar gedoen ten opsigte van die bevel- en beheerstruktuur van die SAW. Na aanleiding van hierdie ondersoeke is belangrike aanpassings en veranderinge gemaak wat oak die Afdeling Personeel direk geraak het. Die paste van Bevelvoerende-Generaal Gesamentlike Gevegsmagte en Bevelvoerder Maritieme Verdediging is afgeskaf en die betrokke uitvoerende verantwoordelikhede is gedelegeer aan die Hoofde van die Leer, Lugmag en Vloot. Daardeur is 'n tussenbevelsvlak uitgeskakel en is die gevegsdienste direk onder beheer van die HSAW gebring. Die Geneeskundige- 5 en Kapelaansdienste asook KMG is as ondersteunigsdienste geplaas wat aan die HSAW verantwoordelik was, maar regstreekse verpligtinge gehad het teenoor die gevegsdienste am bystand te verleen wanneer verlang word. Die stafstruktuur is georganiseer op die grondslag van die gebruiklike staffunksies (in daardie stadium) van personeel, inligting, operasies en logistiek en hierdie patroon is eenvormig dwarsdeur die SAW toegepas. Op die vlak van die Verdedigingshoofkwartier het dit meegebring dat die HWA in verskeie komponente verdeel is binne die raamwerk van die nuwe stafstruktuur en dat 'n nuwe stafafdeling vir die bestuur van logistiek geskep is. Elke stafafdeling het 'n Hoof van Staf gekry wat regstreeks aan sy bevelvoerder verantwoordelik was - aan die HSAW in die geval van die Verdedigingstafafdelings en aan die Hoofde van die drie Weermagsdele in die geval van Leer-, Lugmag- en Vlootstaf. Dit het tot gevolg gehad dat die pas van HWA op 15 April 1974 afgeskaf is en die ampstitel DGP op dieselfde datum verander het na Hoof van Staf Personeel. Ten spyte van verdere veranderinge wat aangebring is ten opsigte van die stafstruktuur, byvoorbeeld die daarstelling van 'n vyfde stafafdeling, Hoof van Staf Bestuursdienste (wat later Hoof van Staf Finansies geword het), kan bogenoemde datum gesien word as die datum waarop Hoof van Staf Personeel in sy huidige indeling binne die stafstruktuur van die SAW tot stand gekom het. Voortspruitend uit die herorganisasie van die SAW bevel- en beheerstruktuur is die organisasie van Hoof van Staf Personeel (HSP) na 1974 aansienlik gewysig en uitgebrei. So byvoorbeeld is HBM op 1 Januarie 1975 afgedeel vanaf HSP na die Komptroleur, SAW. Die onderafdeling van die Regteradvokaat-generaal (RAG) wat sedert April 1974 funksioneel verdeel was tussen die Direkteur-generaal Aigemene Administrasie (DGAA) en HSP is op 1 April 1975 in geheel as die Direktoraat Militere Regspleging by HSP ingeskakel. Sedert daardie datum is HSP verantwoordelik vir die professionele beheer van die SAW se regsgeledere en regsaangeleenthede, die bestuur en beheer van tug reg in die SAW en die administrasie van aile wetgewing en die voortvloeiende delegasies. Verder is HSP oak aangewys as die Korpsbevelvoerder van die Korps van Professionele Offisiere vir lede waarvan hulle hoofkwartiere die administrerende instansie sal wees terwyl die beherende funksies aan die onderskeie gebruikers toegese is. Die Hoof van staf Personeel oefen oak funksionele beheer uit oar die volgende eenhede van die SAW: Die Militere Akademie, die Suid-Afrikaanse Verdedigingskollege, die Kollege vir Opvoedkundige Tegnologie en die personeel van sy onderskeie indiensnemingsentrums van die Direktoraat Mannekragvoorsiening op afgedeelde grondslag. Op 1 April 1976 is drie nuwe direktorate tot HSP toegevoeg, te wete Direktoraat Aigemene Personeeladministrasie (DAPA), Direktoraat Nasionale Dienspligadministrasie (DNDA), en die Direktoraat Burgerlike Personeeladministrasie (DBA). Die huidige samestelling van die afdeling van die Hoof van Staf Personeel sien as volg daaruit: Hoof van Staf Personeel is It-genl R.F. Holtzhauzen. Daar is drie Hoofdirekteure wat verantwoor- 49

delik is vir Bemanning, Mannekraginstandhouding en Mannekragontwikkeling, terwyl die Direkteure Stafdienste, Militere Reg en Bestuursdiens ook direk aan HSP verantwoordelik is. Vyftien Direktorate word beheer deur die Hoofdirekteure en baie effektiewe beheer word op hierdie wyse uitgeoefen oor die Afdeling Personeel van die SAW. Die personeelfunksie is sedert 1915 erken as afsonderlike Staffunksie binne die Suid-Afrikaanse Verdedigingsmag en is deur die jare gesuiwer van nie-personeelfunksies waarvoor die afdeling aanvanklik ook verantwoordelik was. Huidiglik is die afdeling van Hoof van Staf Personeel een van vyf stafafdelings van die Hoof van die SAW. In die lig van die totale aanslag teen Suid-Afrika is die doeltreffende uitvoering van die personeelfunksie dringend noodsaaklik. Daar kan met vrymoedigheid gekonstateer word dat die wyse waarop hierdie funksie binne die SAW deur die afdeling van Hoof van Staf Personeel beheer en bedryf word, doeltreffend voldoen aan die vereistes wat gestel word. Hoofde van die Afdeling Personeel sedert 1912 Adjudant-generaal 11. Kol R.C. Hiemstra 1. Lt-kol J.J. Collyer (Hoofstafoffisier Generale Staf en Adjudant-generaal) 2. T/kol W.E.C. Tanner (Hoof van die Generale Staf en Adjudant-generaal) 3. Lt-kol H.S. Wakefield 4. T/Kol B.J. Armstrong 5. Kol F.H. Theron 6. Brig L. Beyers (1942 bevorder tot genl-maj) 7. T/Genl-maj H.S. Wakefield 8. Brig W.H. Hingeston 2 Augustus 1915 14 Oktober 1919 1 November 1919 22 Junie 1933 17 Oktober 1933 2 Julie 1939 3 Julie 1939 8 April 1940 8 April 1940 4 November 1940 3 November 1940 31 Julie 1945 1 Augustus 1945 30 April 1946 2 Julie 1946 30 Julie -1948 9. Brig S.J. Joubert 10. T/Brig PH Grobbelaar 12. Genl maj C.H. Hartzenberg Hoof van Weermagsadministrasie 13. Genl-maj C.H. Hartzenberg 14. Genl-maj C.H.F. Markgraaf Direkteur-generaal Personeel 15. Genl-maj C.H.F. Markgraaf Hoof van Staf Personeel 16. Genl-maj C.H.F. Markgraaf 17. Lt-genl P.A. Ie Grange 18. V-Adm R.A. Edwards 19. Lt-genl G.J.J. Boshoff 20. Lt - g e n I R. F. Holtzhausen 1 Februarie 1981 Sien voetnota nr 4. 1 Februarie 1950 11 Januarie 1953 12 Januarie 1953 30 April 1953 1 Mei 1953 14 Januarie 1959 1 Januarie 1960 30 November 1965 1 Desember 1965 14 Julie 1968 13 November 1968 29 September 1970' 29 September 1970' 15 April 1974 15 April 1974 30 April 1974 1 Mei 1974 30 September 1977 1 Oktober 1977 31 Januarie 1980 1 Februarie 1980 31 Januarie 1981 Kapt R van Moltke. SA SOD is verbonde aan die Militere Informasieburo van die SAW. Voelnolas 1. Hierdie opgradering was net lydelik. Brig L. Beyers is in 1942 bevorder tot genl-maj en sy opvolger. genl-maj H.S. Wakefield het dieselfde rang gehad. maar sy opvolger was weer eens 'n brigadier in die persoon van brig W.H. Hingeslon. Op 1 Desember 1965 is die DOS weer opgegradeer na die van generaal-majoor. 2. Die ampstitel AG is reeds op 1 November 1965 verander na HWA (sien Witskrif 1960 tot 1970, 1 Januarie 1966. p 5). 3. Oil is belangrik om daarop te let dat die pos van HWA waf op 1 November 1965 ingestel is 'n naamsverandering was sonder dat die funksies verbonde aan die DOS verander he!. Die vervanging daarvan deur HP dui 50

daarop dat HWA slegs die ampstitel van die afdeling personeel was. Die HWA pos van 1970 was 'n oorkoepelende beheerpos waaronder ook die afdeling personeel geval he!. 4. Die presiese datum is moeilik bepaalbaar. Volgens leer DGP/527/21, Inlae 71 dd 25 Februarie 1971 word die datum aangegee soos in the leks vermeld. Skeidingsblaaie is egter reeds op 24 Julie 1970 in leers geplaas om HP en DGP korrespondensie te skei. 5. Korrespondensie op DGP-Ieers is aangetref waarop die afdelingshoof reeds op 4 Julie 1970 as DGP geteken he!, terwyl hy op 26 Junie nog as HP geteken he!. 51

Q N - (Q (Q 0) c:,... cu Q) (I) Q) 'i:: o U).! -Q) Q) ea '-- Q..J!! -.Q Q) cu,...... (QCI) O)Q),... '-... I ""(1) C") '- Ol CO c: "tj, Q -c:.q '-. ex:,g S ex: Q) '- "tj U) It) c: (I) l- Ol CO E Q) Q) '-

'I:t In Cb -5 Cb.. t: -e ::J Q ""'- ClO 0') ""'- CI) Cb J!!..llC.Q ::J

c.n c.n