OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

SIZA takes the sting out of auditing

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

DIE MULTIMODALE ONDERRIGTEKS GERIG OP 'N MULTIKULTURELE, TERSIARE STUDENTEGROEP

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Die invloed van selfgerigteleergereedheid op die aanleer van die blindtiktegniek

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Fokus op die Kliënt. Die toekoms in met Fleksieleer

C"k)o.-,t/1'l I /4-/ 1Cf17

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

KURRIKULUMDIFFERENSIASIE IN DIE VAK WISKUNDE GRAAD R VIR LEERDERS MET ERGE INTELLEKTUELE GESTREMDHEID IN INKLUSIEWE WES-KAAPSE SPESIALE SKOLE

HOOFSTUK 7 NAVORSINGSMETODOLOGIE

Verhoogde leksikografiese toeganklikheid in die oorgang van n toeristewoordeboek na n toeristegids as naslaanbron

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

DIE BYDRAE VAN PSIGODINAMIESE GROEPINTERVENSIES TOT ORGANISASIE- ONTWIKKELING. deur DIEDERIK JOACHIM GELDENHUYS. voorgelê luidens die vereistes

N EKSPLORATIEWE STUDIE NA DIE IDENTITEITSBEELD VAN N MENTOR

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die moontlikhede van n modelleringsperspektief vir skoolwiskunde

INLIGTINGSTEGNOLOGIE VIRAL TERNATIEWE VORME VAN ONDERWYSVOORSIENING. Esmarie Strydom B.A., B.Ed., H.O.D., M.Ed.

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

The doors of learning and culture shall be opened. Perspektiewe oor die verandering van institusionele kultuur.

DIE INVLOED VAN TAALVAARDIGHEID OP DIE MEETKUNDEDENKEVAN GRAAD 8 EN 9 LEERDERS

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOFSTUK 2 DIE FENOMEEN LEERGESTREMDHEID

N ONDERSOEK NA DIE GEBRUIK VAN GESELEKTEERDE INISIATIEFAKTIWITEITE IN DIVERSE JEUGGROEPE. deur CHARL YATES

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die invloed van diversiteit op die funksionering van skoolbeheerliggame in die Laingsburg Onderwysstreek

DIADIESE GESTALTSPELTERAPIE TEN EINDE N I-THOU VERHOUDING TUSSEN DIE OUER EN ADOLESSENT TE BEVORDER. deur CATHARINA ELIZABETH RABBETS

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

DIE ONTWIKKELING VAN <N EKOSISTEMIESE PROGRAM TER FASILITERING VAN SELFREGULERING BY KORPORATIEWE WERKERS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Inleiding. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie ISSN: (Online) , (Print)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

investigating the dialogue between craft and design a centre for the crafts in the inner city of Pretoria

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

DEUR RETHA MARTJIE DU TOIT TER VERVULLING VAN DIE VEREISTES VIR DIE GRAAD MAGISTER EDUCATIONIS

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Direkte en indirekte rede *

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Mandala Madness Deel 2

Die invloed van meerdere avontuur-gerigte ervaringsleerprogramme (AEL) op die retensie van indiwiduele gedragsveranderings: n Gevallestudie

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

Die rol van omgewingsopvoedingsaktiwiteite in die uitklaring van omgewingswaardes by graad 6 leerders

Die 2004 senior Harmony Suid-Afrikaanse Wiskundeolimpiade: n Analise van die resultate van die senior groep, tweede ronde

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Transcription:

OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2 2. OOP LEER 2 2.1 Oop leer in n Suid-Afrikaanse konteks 3 2.2 Soorte leer wat onder oop leer tuishoort 5 2.2.1 Gemengde leer 5 2.2.2 Betrokke leer 6 2.2.3 Buigsame leer 8 2.2.4 Studentgesentreerdheid 8 2.2.5 Leergesentreerdheid 9 2.2.6 Rekenaarondersteunde leer 9 2.2.7 Mobiele leer 10 3. OPSOMMING 10 1

1. INLEIDING Die interpretasie van terme soos oop, gemengde en betrokke leer (en ander verwante konsepte) wissel na gelang van die konteks. Hierdie dokument probeer om n gemene begrip te bevorder deur uit te vind wat hierdie terme vanuit die perspektief van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beteken. Oop, gemengde en betrokke leer word sowel nasionaal as internasionaal op verskillende maniere geïnterpreteer aangesien geen enkele definisie skynbaar die betrokke rolspelers tevrede stel nie. Hierdie dokument sal ook die teoretiese onderbou van verskeie aspekte van hierdie soorte leer ondersoek en dit waar nodig kontekstualiseer deur na praktiese voorbeelde van tussentreders aan verskillende hoëronderwysinstellings te kyk. Dit is ter wille van duidelikheid en algemene begrip nodig om die betekenis van oop leer, gemengde leer, betrokke leer, buigsame leer, rekenaarondersteunde leer (afstandsleer, aanlyn leer, e-leer en webgebaseerde leer), brongebaseerde leer, mobiele leer en ander belangrike onderwyskundige beginsels soos studente- en leergesentreerdheid te verduidelik. 2. OOP LEER Die Werkgroep oor Afstandsonderrig en Oop Leer (WGDEOL 2002:19) 1 het oop leer as volg gedefinieer:... n leerfilosofie wat gegrond is op buigsaamheid as beginsel ten einde toegang tot en billikheid in onderwys te verhoog. n Oopleerfilosofie impliseer dat hoëronderwysinstellings n verskeidenheid maniere bied om oop toegang tot leergeleenthede aan n wye verskeidenheid studente te bied. Studente word binne hierdie konteks toegelaat om te bepaal wat hulle wil leer, hoe hulle wil leer, wanneer en waar hulle wil 1 WGDEOL (Working Group on Distance Education and Open Learning). 2002. Distance Education and Open Learning in sub- Saharan Africa. A Literature Survey on Policy and Practice. Association for the Development of Education in Africa (ADEA). Februarie. 1-171. 2

leer en wat hulle volgende wil doen insake die rigting wat hulle loopbaan inslaan. 2.1 Oop leer in die Suid-Afrikaanse konteks n Program vir die transformasie van hoër onderwys (Departement van Onderwys 1997) 2 het bepaalde doelwitte vir die transformasie van die hoëronderwysstelsel aangestip. Die doelwit aangaande oop leer stel dit dat die ontwikkeling van n buigsame leerstelsel, insluitend afstandsonderrig, hulpbrongebaseerde leer en al die voorafgaande leervorme wat op oopleerbeginsels gegrond is, op sowel nasionale as institusionele vlak bevorder behoort te word. Die Ministerie van Onderwys verwag dat, ten einde billikheid en ontwikkeling as doelwit te bereik, hoëronderwysinstellings die verskeidenheid leerprogramme behoort uit te brei en inskrywings gebaseer op oop leer en afstandsonderrig behoort te vermeerder. Hierbenewens moet leer n fundamentele rol speel om die uitdaging om toegang uit te brei, die studentegroep te diversifiseer en gehalte binne n konteks van beperkte hulpbronne te bevorder, die hoof te bied. Oop leer maak dit dus moontlik dat leer in verskillende kontekste, op n veelheid terreine en teen die student se eie pas kan plaasvind, terwyl dit baie media en n verskeidenheid leer- en onderrigbenaderings benut. Die African National Congress (ANC) se dokument A Policy Framework for Education and Training het in 1994 oop leer beskou as n benadering wat n bydrae tot verhoogde toegang vir Suid-Afrika se voorheen benadeelde meerderheid sou lewer; hierbenewens sou dit geleenthede vir regstelling bied (ANC 1994:78) 3. Hierdie dokument definieer oop leer as volg: Oop leer is die filosofie oor die onderwyskundige praktyk wat n voorvereiste is om die onderwyskundige stelsel so te struktureer dat dit lewenslange leer in ons land bied. Oop leer beskryf n benadering wat 2 3 Departement van Onderwys. 1997. A programme for the transformation of higher education. General Notice 1196. Witskrif op Onderwys 3. Pretoria. Julie. ANC (African National Congress). 1994. A Policy Framework For Education And Training. African National Congress Education Department. Johannesburg. Januarie. http://www.anc.org.za/ancdocs/policy/educate.htm. 3

daarna streef om alle onnodige beperkings op leer te verwyder. Dit druk ons op die hart om onderwys op n buigsame manier aan te bied sodat soveel mense as moontlik regdeur hulle lewens in staat is om voordeel uit leergeleenthede te put. Ten einde dit reg te kry, moet ons ophou om aan onderwys te dink as iets wat tussen vier skoolmure plaasvind en slegs deur n pratende onderwyser gedoen kan word. Dit vra dat ons strukture en toestande daarstel wat leerders in staat stel om te leer waar, wanneer, wat en hoe hulle wil. Wat belangrik is, is dat dit nie net n kwessie van toegang is nie. Dit moet gehalte leer bied wat n redelike kans op sukses het. Die Witskrif van 1995 (Departement van Onderwys, 1995) 4 plaas groot klem op die waarde van onderwys en onderrig gegrond op oop leer as beginsel en stel dit as volg: Die Ministerie van Onderwys wil graag die ontwikkeling van n oopleerbenadering aanmoedig aangesien dit in lyn is met die nasionale onderwys- en opleidingsbeleid se waardes en beginsels wat hierdie dokument onderlê en op alle leerkontekste van toepassing is. Oop leer is n benadering wat die volgende beginsels kombineer: leerdergesentreerdheid, lewenslange leer, buigsaamheid in leervoorsiening, die verwydering van struikelblokke in toegang tot leer, die erkenning van krediet vir voorafleerervarings, die bied van leerderondersteuning, die daarstel van leerprogramme met die verwagting dat leerders suksesvol kan wees en die instandhouding van streng gehalteversekering oor die ontwerp van leermateriaal en ondersteuningstelsels. Suid-Afrika kan put uit die wêreldwye ervaring oor verskeie dekades wat betref die ontwikkeling van innoverende onderwysmetodes, insluitende die gebruik van geleide selfstudie en die 4 Departement van onderwys. 1995. White Paper on Education and Training. Notice 196 of 1995. Parliament of the Republic of South Africa, Cape Town, 15 March. 4

gepaste gebruik van n verskeidenheid media wat praktiese uitvoering aan oopleerbeginsels gee. 2.2 Soorte leer wat onder oop leer tuishoort Oop leer word beskou as n oorkoepelende term vir leer wat aan studente die geleentheid bied om in beheer van hulle eie leer te wees en wat die volgende leermodi insluit. 2.2.1 Gemengde leer Gemengde leer is n leermetode wat aanlyn-onderrighulpbronne en aktiwiteite wat deur persoonlike kontak gefasiliteer word, toepaslik kombineer. Hierdie leerbenadering sluit onder andere in: formele akademiese onderrig, groep- en individuele studie, tutoriale, hulpbrongebaseerde leer, diensleer en samewerkende leer wat sowel aanlyn as persoonlike aktiwiteite behels. Die aanlynkomponent kan e-leertegnieke, soos aanlynlewering deur webondersteunde leer of besprekingsborde en e-pos insluit, terwyl die persoonlike komponent kan wissel van tradisionele vorme van leer soos formele lesings, seminare en tutoriale tot praktiese sessies. Buigsame gemengde leer is die ideale benadering wat op nasionale en internasionale vlak deur baie hoëronderwysinstellings ondersteun word. Hierdie buigsaamheid word geskep betreffende toegang tot akademiese programme, leweringsmodi, assesseringsmetodes en tyd, plek en pas van studie. In die geheel word hierdie vermenging van kontaksessies en ander leweringsmedia gebruik om leer te bevorder en te optimaliseer. Gemengde leer word volgens die Institusionele Gehalteversekeringshandleiding, Afdeling 3, vir sowel residensiële as afstandsonderrig as n onderrig-leerstrategie aan die UV aanvaar. Residensiële onderrig en leer (deur verskillende vernuwende benaderings, strategieë en metodes te gebruik) vorm die kern van die UV se werksaamhede. n Gemengde leermodel is een wat n verskeidenheid leweringstyle insluit en vir verskillende behoeftes by die student en die organisasie voorsiening maak om die effektiefste leer te bereik. Die gemengde model, wat tans by die instelling infaseer word, impliseer dat modules aangebied word met n mengsel van die 5

tradisionele persoonlike metode en n verskeidenheid leweringstegnieke, veral n aanlynteenwoordigheid, te wete rekenaarondersteunde leer vir elke module. Die presiese aard van die voorgestelde mengsel sal van module tot module verskil. Byvoorbeeld, teoretiese modules mag geneig wees om n langer persoonlike komponent te hê, terwyl modules wat n groter klem op die toepassing van teorie het, n dominanter aanlynkomponent, wat probleemgebaseerde en hulpbrongebaseerde benaderings ondersteun, kan hê. Die gemengde model ondersteun verder die deel van menslike en onderwyskundige hulpbronne tussen kampusse deur kursusse via die kommunale leerbestuurstelsel aan studente op satellietkampusse beskikbaar te stel. Die UV bied twee leermodi, naamlik n gemengde modus vir residensiële studente en die verspreide modus vir afstandstudente. Die gemengde modus behels n mengsel van persoonlike en aanlyn leer. Elke program of module bepaal self sy eie verhouding of mengsel. Die verspreide metode behels n volledige aanlynprogram vir afstandstudente (afstandsonderrig). 2.2.2 Betrokke leer Betrokke leer behels die gebruik van aktiewe en interaktiewe metodes vir betrokkenheid. Hierdie metodes het ten doel om konseptuele begrip te ondersteun en behels intellektuele en praktiese aksies wat direkte terugvoer aan die student bied. Die term betrokkenheid word gebruik om n veelheid studentehandelinge en denke aan te dui; daar word geglo dat dit lewensbelangrik is vir n voorgraadse leerervaring van n hoë gehalte. Daar word wyd aanvaar dat aktiewe betrokkenheid by die leerproses studente aanmoedig om suksesvoller te leer. Kuh (2002:1 van 26) 5 beklemtoon die feit dat wie die student is of aan watter hoëronderwysinstelling hy/sy studeer, minder belangrik is as wat die student doen. Laasgenoemde is die hoeksteen van n betekenisvolle leerervaring wat tot akademiese prestasie bydra. Betrokke leer behels die gebruik van kennis wat tydens klaskontak in situasies in die werklike lewe verkry is. Op n wederkerige manier bevorder die ervaring leer, terwyl die leer die ervaring verdiep. Tradisionele leermetodes is as gevolg van die passiewe rol wat studente tydens formele lesings speel sonder 5 Kuh, G. 2002. The National Survey of Student Engagement: Conceptual Framework and Overview of Psychometric Properties. <http://www.indiana.edu/~nsse/html/psychometric_framework_2002.htm> 6

enige interaksie minder suksesvol as aktiewe en interaktiewe onderrig. Aktiewe leer verskil op twee maniere van interaktiewe leer: Aktiewe leer word beskou as n dinamiese proses waarin die studente n aktiewe rol speel. Studente wat aktief aan leeraktiwiteite deelneem, behoort meer te leer as studente wat passief in die leerproses is, aangesien kennis deur aktiewe betrokkenheid gekonstrueer word. Aktiewe leer kan volgens Boyer (2002:51) 6 baie weë tot onderwys insluit en stel studente in staat om lewendige deelnemers te word wat hulle eie leer kan rig. Dit staan in kontras met die formele lesing wat n passiewe of oppervlakkige benadering tot leer skep. Interaktiewe leer verskil van aktiewe leer in die sin dat dit verhoogde wisselwerking tussen dosente en studente en tussen studente onderling behels. Studente word dus aangemoedig om binne n sosiale omgewing saam te werk. Die gebruik van interaktiewe lesings kan aktiewe leer aanmoedig. Interaktiewe leer kan dus beskou word as n onderwyskundige strategie wat studentedeelname verhoog, aandag en motivering verhoog en aan die dosent en die student terugvoer te bied deur weg te beweeg van n situasie waar inhoud in een rigting gelewer word na toenemende interaksie. Metodes wat aktiewe en interaktiewe leer fasiliteer, wat in die literatuur aan die hand gedoen word, sluit onder andere in: gevallestudies, demonstrasies, portuurbetrokkenheid, nabootsings, portuuronderrig en voorleggings, reflektiewe onderrig, probleemoplossing, ontdekking, ondersoek en aanlyn leer. Die volgende benaderings tot leer hoort ook onder betrokke leer tuis: konseptuele leer (moedig begrip eerder as memorisering aan); ontdekkingsleer (studente konstrueer hulle eie kennis deur ontdekking); ervaringsgebaseerde leer (leer waarin die student direk in aanraking is met die werklikhede wat bestudeer word); groepleer, ook samewerkende leer genoem (groepe studente werk saam om n gedeelde doel te bereik en tot mekaar se leer by te dra); 6 Boyer, K.R. 2002. Using Active Learning Strategies to Motivate Students. Mathematics Teaching in the Middle School 8(1):48-52. 7

probleemgebaseerde leer ( n onderrigmetode wat studente uitdaag om oplossings vir probleme in die werklike lewe te soek); reflektiewe leer (refleksie wat die student tyd bied om leer te prosesseer); hulpbrongebaseerde leer (leer deur blootstelling aan n verskeidenheid hulpbronne); selfgerigte leer ( n verminderde klem op die gebruik van lesings en n toename in die gebruik van selfgerigte onderrig-leerstrategieë); en diensleer (toegepaste leer wat op bepaalde gemeenskapsbehoeftes gerig is en by n akademiese program geïntegreer is. 2.2.3 Buigsame leer Buigsame leer is baie dieselfde as die studentgesentreerde filosofie in die sin dat dit die verskeidenheid leerstyle en behoeftes by studente erken. n Mens kan n verskeidenheid benaderings gebruik om vir studenteverskeidenheid voorsiening te maak en studente n groter keuse te gee in terme van wanneer, waar en hoe hulle leer. Buigsame leer sou onder ander kon insluit aanlyn leer (e-leer), afstandsonderrig, selfgerigte leer, gemengdemodus lewering, mobiele leer en leer teen eie pas. 2.2.4 Studentgesentreerdheid n Konsep wat verheldering nodig het, is studentgesentreerdheid. Dit is n onderrigleerkonsep wat met afstandsonderrig en oop leer verband hou. Hierdie benadering is gegrond op die gedagte dat studente die hooffokus van onderrig-leerpraktyke behoort te wees en aktief behoort deel te neem aan besluitneming wat hulle leer raak, met inagneming van hulle ervaring en konteks. In studentgesentreerde onderwyskundige praktyke vloei die inligting nie net in een rigting van die bron na n passiewe student toe nie. Die feit dat die student aktief deel van die onderrig-leerproses is, moedig eerder ondere andere onafhanklike en kritiese denke en analitiese vaardighede aan en rus die student hierbenewens met ander vaardighede toe. Studentgesentreerde onderwys is dus n onderwyskundige strategie waarin van die student verwag word om vir sy/haar eie leer verantwoordelikheid te neem. Die fokus is op die aktiewe betrokkenheid van die 8

studente in die verwerwing van kennis en vaardighede. Studentgesentreerde benaderings sluit onder andere die volgende in: 2.2.5 Leergesentreerdheid Die UV streef volgens sy Onderrig-leerbeleid daarna om n leergesentreerde en kennisgebaseerde onderrig-leeromgewing te bevorder. Onderrig-leeraktiwiteite vind hoofsaaklik in akademiese programme plaas en lei studente om bepaalde uitkomste te bereik. In n leergesentreerde benadering werk nie net dosente en studente saam nie, maar alle afdelings en aktiwiteite van die instelling werk saam om n leergemeenskap te vestig wat n verdieping van insig en n verbreding van perspektief aangaande leer en die toepassing daarvan bevorder. 2.2.6 Rekenaarondersteunde leer Die terme e-leer, aanlyn leer, afstandsonderrig of afstandsleer word in rekenaarondersteunde leer dikwels uitruilbaar gebruik. Aan die UV, beteken dit egter die volgende: E-leer dui hoofsaaklike op onderrig- of leeraktiwiteite wat rekenaars en interaktiewe netwerke behels, d.w.s via die internet en/of intranet. Webgebaseerde leer is die lewering van leermateriaal en -aktiwiteite in n webformaat met n webblaaier. Bykomende media soos CD-ROM kan ook daarby ingesluit word. Webgebaseerde leermateriaal word gewoonlik deur middel van n webblaaier van n webwerf herwin. Aanlyn leer word geassosieer met leer waar die leerinhoud geredelik beskikbaar/toeganklik is in n rekenaaromgewing wat op die web of die internet kan wees. Afstandsonderrig 7 of afstandsleer behels interaksie tussen studente en dosente oor n afstand heen, dit wil sê, n leerbenadering waarin die studente vir n aansienlike deel van hulle leer deur n fisiese afstand van hulle dosent verwyder is of in tyd terwyl die dosent en student in n tradisionele 7 WGDEOL (Working Group on Distance Education and Open Learning). 2002. Distance Education and Open Learning in sub- Saharan Africa. A Literature Survey on Policy and Practice. Association for the Development of Education in Africa (ADEA). February. 1-171. 9

benadering van aangesig tot aangesig ontmoet. Die afstandsbenadering, van die kampus af, word deur middel van tegnologiese media gefasiliteer, hoofsaaklik rekenaarondersteun. SAIDE (2000:52 )8 beskou afstandsonderrig as: n Stel onderrig- en leerstrategieë (of onderwyskundige metodes) wat gebruik kan word om ruimtelike en temporele skeiding tussen onderriggewers en leerders te oorkom. Hierdie strategieë of metodes kan by enige onderwyskundige program geïntegreer word en kan potensieel in enige kombinasie met onderrig- en leerstrategieë gebruik word om onderwys te voorsien (insluitend dié wat vereis dat leerders en onderriggewers op dieselfde tyd en/of plek saam moet wees). 2.2.7 Mobiele leer Daar word na die gebruik van mobiele toestelle in die onderrig-leerproses as mobiele leer (m-leer) verwys. Mobiele draadlose leer word al hoe meer aanvaarbaar in hoëronderwysinstellings en word oor die algemeen beskryf as leer enige tyd, enige plek. Hierdie soort leer behels die lewer van elektroniese leermateriaal in sowel verbale en/of visuele formaat deur middel van mobiele draadlose toestelle. Hierdie toestelle sluit onder andere selfone, ipods, persoonlike digitale assistente en handpalmrekenaars in. Die UV se kort- en mediumtermynbeplanning insake die elektroniese netwerk reflekteer alreeds n responsiwiteit jeens die gevolge van mobiele leer. 3. OPSOMMING Ter opsomming die UV beskou oop leer as n studentgesentreerde onderrigleerbenadering wat buigsaam ontwerp is om in studente se individuele behoeftes te voorsien en behels onderwyskundige ingrepe waarin baie fasette van die leerproses onder die student se beheer staan. Die student is die fokus van die onderwyskundige proses en word as n aktiewe deelnemer aan n interaktiewe proses beskou. 8 SAIDE (South African Institute for Distance Education). 2000. Information and Communication Technologies and South African Higher Education, A discussion paper prepared for the Council on Higher Education, Johannesburg: SAIDE. 10