PLAASGEWELD: EFFEK OP DIE LANDBOU-INDUSTRIE (Notas vir Kiewiet Ferreira tydens die Misdaadsimposium in Bloemfontein op 7 Maart 2007)

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SIZA takes the sting out of auditing

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

rr (r ~,~ VOORLOPIGE ONDERSOEK NA INFORMELE VESTIGING IN STELLENBOSCH

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

VEEDIEFSTALVERSLAG NASIONALE ROOIVLEISPRODUSENTE-ORGANISASIE (RPO) KONGRES. 11 en 12 September 2018

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

PERSPEKTIEWE OOR EFFEKTIWITEIT VIR POLISIERING: POLISIE-EENHEDE IN LOUIS TRICHARDT

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Direkte en indirekte rede *

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Nuwe minimum loon bedryg die gans wat die goue eiers lê

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

Universiteit van Pretoria

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

RAADSLEDE / COUNCILLORS

FishersNet. Aanslag op vissers gaan voort. Hulle kon nie wettig hulle bote op die see uitneem of hulpbronne oes om n bestaan te maak nie.

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

LUG VAARTSKEDULERING MET BEHULP VAN INTELLIGENTE AGENTE. deur JOSEF JACOBUS LANGERMAN VERHANDELING

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Transcription:

PLAASGEWELD: EFFEK OP DIE LANDBOU-INDUSTRIE (Notas vir Kiewiet Ferreira tydens die Misdaadsimposium in Bloemfontein op 7 Maart 2007) INLEIDING Richard Nixon, n vorige president van die VSA het in 1970 die volgende te sê gehad oor die VSA "This country need good farmers, good businessmen, good plumbers and good carpenters." Hy begin soos hy moes, met boere, hulle voed die nasie, hulle produseer voedsel wat relatief goedkoop op supermarkte se rakke kom. Mnr Raymond Ackerman het in sy outobiografie gesê "At the heart of the food economy are the men and women who produce and harvest the vegetables, fruit, grains, wine and so on. The South African farmer feeds this nation and exports some of the produce." Altwee hierdie persone benadruk die belang van landbou en volgehoue voedselvoorsiening aan n land se bevolking en die rol wat die landbousektor in die ekonomie van enige land speel. Die landbou is voorts ook n waardevolle sektor en onmisbaar

2 ten opsigte van sy bydrae tot sosiale welvaart, vrede en werkskepping in die landelike gebied. Suid-Afrikaners het gewoond geraak aan voedselsekerheid. Dit lei daartoe dat daar min steun is wanneer die landbou in krisistye, wat dikwels diepgaande struktuurveranderinge tot gevolg kan hê, vra vir begrip en bystand. Daar is verder feitlik n totale onkunde by die algemene publiek oor die direkte en indirekte bydrae van die landbou tot die ekonomie, insluitend die verskaffing van werkgeleenthede en die verdien van valuta. Daar is ook n algemene persepsie dat boere welvarend is en die hulpbronne het om selfstandig deur feitlik enige krisis te werk. Die landbou is nog altyd gesien as die hoeksteen van stabiliteit in die landelike gebied en die spil waarom ekonomiese ontwikkeling kan draai. Die stabiliteit van die gebied is nou onder konstante bedreiging weens die voortslepende hoë vlakke van aanvalle, moorde en algemene misdadigheid en verg dat gefokusde aandag aan die veiligheid van die boeregemeenskap gegee moet word. Die President het in sy staatsrede laasjaar die landbou, toerisme, waaronder eko-toerisme getel kan word, en biobrandstowwe uitgesonder om n bydrae te maak tot die regering se Versnelde en Gedeelde Groeistrategie van Suid-

3 Afrika (ASGISA). Indien die regering dit wil verwesenlik en daarmee saam stabiliteit in die land wil verseker, is dit noodsaaklik dat hy daarna streef om respek te kweek vir die fundamentele menseregte en vryheid. Dit wil blyk dat die meeste kwessies onderliggend tot plaasaanvalle deur middel van maatskaplike opheffing en verbeterde veiligheidstrategie aangespreek behoort te word. DIE PROFIEL VAN KOMMERSIËLE LANDBOU Uit die 2002 landbousensus blyk die volgende: Daar was n afname van 12 162 boerdery-eenhede sedert 1993 (in 2002 was daar 45 818 boerdery-eenhede). Dit verteenwoordig n gemiddelde afname van 1351 eenhede per jaar of 127 per maand. Daar het egter veel meer boere uit die bedryf getree as wat boerdery-eenhede verminder het, naamlik 22 620 wat n gemiddelde verlies van 2 513 boere per jaar of 236 per maand verteenwoordig. Dit beteken dat daar bykans twee ondernemers uitgetree het vir elke boerdery-eenheid wat met n ander een gekonsolideer het. Hoewel werkgeleenthede in die landbou verminder het, was dit teen n kleiner persentasie/koers as wat die geval is met boere, naamlik met 13.9 persent. Werkergetalle het met 152 445 tot 940 820 in hierdie periode afgeneem.

4 Die bydrae van akkerbou en tuinbou tot totale boerderyinkomste het toegeneem maar inkomste uit diereproduksie het verminder. Waarskynlik het diefstal en markoorwegings hiertoe bygedra. Primêre landbou is verantwoordelik vir ongeveer 3% van die BBP van Suid-Afrika en die groter agrovoedselkompleks dra nog 15% by, dus in totaal n bydrae van 18%. Rofweg word 35% van Suid-Afrika se ekonomie deur landbou beïnvloed. In 2000 het die nagenoeg 50 000 kommersiële boere sowat R16 miljard se produkte uitgevoer wat ongeveer 10% van Suid- Afrika se totale uitvoere verteenwoordig. Hulle het ongeveer 900 000 werkers in diens of ongeveer 11% van die totale formele werksverskaffing in Suid-Afrika. Talle plaaswerkers woon op kommersiële plase en hulle kinders ontvang onderwys in plaasskole. Kommersiële plase verskaf dus n heenkome en behuising vir nagenoeg 6 miljoen gesinslede van die nagenoeg 900 000 werknemers en voorsien in hulle onderwysbehoeftes. LANDBOUPRODUKSIE BINNE N ONVEILIGE OMGEWING - HOE PRESTEER ONS BOERE Wêreldwyd, net soos in Suid-Afrika vind verstedeliking teen n ongekende tempo plaas. Teen die jaar 2025 gaan meer as 66% van die wêreldbevolking in stede woon en word bereken

5 dat daar 2,5 miljard meer mense gaan wees om te voed. In dieselfde tyd verminder natuurlike landbouhulpbronne steeds. Daar sal minder bewerkbare grond beskikbaar wees en selfs nog minder water om landbouproduksie in die toekoms te ondersteun. Nieteenstaande die veiligheidsbedreiging wat die Suid-Afrikaanse boer daagliks in die gesig staar beny die ganse Afrika, asook die res van die wêreld die Suid-Afrikaanse boer sy kundigheid op landbougebied wat steeds sorg dat in ons land asook in vele buurstate daar nie n tekort aan voedsel bestaan nie. In die totale prentjie van landbouproduksie in die wêreld en in Afrika is Suid-Afrika n uitsondering by uitnemendheid. Suid-Afrika beslaan nagenoeg 3,8% van die oppervlakte van Afrika en slegs 14% van die totale oppervlakte van Suid-Afrika is bewerkbare landbougrond. Nieteenstaande die beperkte oppervlakte bewerkbare landbougrond, produseer die Suid- Afrikaanse boer 25% van die mielies en 13% van die koring wat in Afrika geproduseer word. In die SADC streek produseer Suid-Afrika 58% van die mielies en 87% van die koring. Die totale graanproduksie van Suid-Afrika verteenwoordig nagenoeg 61,2% van die produksie in Suider Afrika en die totale rooi- en witvleisproduksie in Suid-Afrika verteenwoordig nagenoeg 66,6% van die produksie in Suider Afrika. Verder is

6 Suid-Afrika ook die voorste produseerder van suiker, melk en vars vrugte in Suider-Afrika. Geweldsmisdade soos manifesteer in plaasaanvalle, gemik teen die boerderygemeenskap het n uiters negatiewe effek op die winsgewende produksie van landbouprodukte en op langtermyn voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Daarbenewens het die effek van misdaad op die landbou ook n nadelige effek op die plaaslike ekonomie van landelike dorpe wat in n groot mate van die landbou afhanklik is vir hulle voortbestaan. Sowat 40% van die land se bevolking en meer as die helfte van die provinsies is primêr van die landbou afhanklik. Misdaad op plaaslike vlak raak dus nie net die boerdery nie, maar ook die plaaslike ekonomie, waarby ingesluit is verskeie ondernemings wat diensverskaffers aan die landbou is. KOSTE VAN MISDAAD VIR DIE LANDBOU Die welstand van en die vertroue in kommersiële landbou in Suid-Afrika word deur verskeie faktore beïnvloed. Die voorkoms van plaasaanvalle is maar slegs een van die bedreigings wat n nadelige effek op individuele veiligheid en die produksievermoë van kommersiële landbou het. Sedert 1991 het reeds meer as 9 600 plaasaanvalle voorgekom, waartydens meer as 1 560 moorde gepleeg is. Hierdie moorde

7 sluit die boer, plaaswerkers en hulle gesinslede in. Die onlangse verlede is ook gekenmerk deur verskeie brutale aanvalle op die boeregemeenskap. Sonder n veilige en vooruitstrewende kommersiële landbousektor is voedselsekuriteit en landelike stabiliteit in Suid-Afrika ook nie gewaarborg nie. Die boeregemeenskap se reg tot veiligheid, is een van die belangrikste regte van die land se demokratiese bestel, wat deur misdaad aangetas word. Die reg van boere, plaaswerkers en lede van hulle gesinne op lewe, eiendomsreg in al sy vorme en die reg om ekonomies aktief te wees word in n toenemende mate deur misdaad bedreig. Onderstaande grafiek gee n aanduiding van die aantal plaasaanvalle en moorde wat gedurende die aanvalle gepleeg is sedert 1991, volgens Agri SA se inligting.

GETAL 8 AANVALLE EN MOORDE OP PLASE EN KLEINHOEWES VANAF 1991 TOT DESEMBER 2006 1200 1 011 1 002 1000 906 838 800 769 813 710 600 400 327 365 442 443 551 468 434 512 638 200 66 63 84 92 121 109 85 142 144 144 147 112 75 92 58 73 0 1991 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 Aanvalle Moorde Sedert 2003 was daar n afname in die aantal plaasaanvalle en moorde wat tydens die aanvalle gepleeg was. Die tendens het egter in 2006 n opwaartse neiging getoon met n toename in beide die aantal aanvalle en moorde wat voorgekom het. Die landelike misdaadprentjie in 2006 het ook bykans dieselfde tendense gevolg as in 2005, behalwe vir n redelike skerp toename in plaasaanvalle in die Noordwes provinsie. n Afname in moorde in Gauteng het voorgekom terwyl dit weer in Mpumalanga toegeneem het. Behalwe vir gewapende rowe wat hoog is, is die ander tipe misdade wat tydens plaasaanvalle

9 gepleeg word, relatief laag. Die grondhervormingsproses bring ook ernstige frustrasie wat lei tot spanning tussen eisers en grondeienaars. Wilde politieke beloftes en verklarings deur politici verhoog hierdie spanning wat tot verdere frustrasie en wrywing aanleiding gee. Dit lei daartoe dat betreding op boere se grond plaasvind, asook die diefstal van heinings wat hierdie konflik verhoog. Intimidasie wat moeilik polisieërbaar is, dra verder by tot die koste van misdaad. Die volgende dui as voorbeeld van die effek van intimidasie op landbouproduksie: In die Umvoti distrik is nagenoeg 1 100 hektaar aan landbouproduksie onttrek; In die Kranskop distrik is nagenoeg 10 000 hektaar onttrek weens misdaad en intimidasie. Die volgende landbousektore word gebruik as voorbeeld om die omvang en koste van misdaad teen die landbougemeenskap te illustreer. In n studie oor misdaad en geweld wat in 1996 deur die bosbousektor uitgevoer is, het respondente gemeld dat hulle alle nuwe uitbreidingsplanne uitstel as gevolg van die geweldsituasie in die land. Die uitstel van sodanige nuwe beleggingsplanne het n verlies aan 5 258 nuwe werksgeleenthede beteken. Hierdie syfer verteenwoordig

10 ten minste 40% van die 37 288 werkers wat op daardie stadium in die sektor in diens was. Die potensiële koste vir die bosbousektor weens misdaad in daardie tydperk het sowat R57,9 miljoen beloop. Veediefstal, in die veesektor, is sedert die begin van kommersiële landbou n groot probleem en bly steeds een van ons oudste en mees voortdurende probleme. Die uiteindelike effek van veediefstal moet oor die medium tot lang termyn gesien word. Gesien in die lig van die gemak waarmee kleinvee gesteel word, verklein al hoe meer en meer boere hul kuddes of verkoop in totaliteit hulle kleinvee. Dit is veral sigbaar rondom dorpe en groter sentra. In die Wasbank distrik het 3 boere hulle skaapboerdery tot niet gemaak en n verdere 3 het aangedui dat hulle hulle skaapkudde gaan verminder sodat hulle hulle kuddes meer kan beveilig. Alhoewel veediefstal nie `n direkte impak het op die gemeenskap nie, het dit definitief n impak op die totale ekonomie van Suid-Afrika, veral as mens in gedagte hou dat die lewende hawe sektor een van die sektore is wat die grootste bydraer is tot die bruto waarde van landbou produksie. Gedurende die periode 1 Oktober 2006 tot 31 Desember 2006, is 16 579 beeste, 32 632 skape en bokke gesteel. Gedurende die periode is daar 394 beeste en 3 670 skape en bokke meer gesteel vir die ooreenstemmende periode in 2005. Die totale waarde van beeste wat gesteel is vir die periode beloop R124 miljoen en die

11 verlies aan skape en bokke beloop R24 miljoen. Om die werklike waarde per jaar te bepaal kan hierdie syfers met 4 verdubbel word. Die volgende is n aanduiding van die direkte effek wat die diefstal van vee op die landbou het: In die Underberg distrik is 2 300 hektaar en in Queenstown n 1 000 hektaar onttrek aan veeproduksie. So kan daar ook ander voorbeelde aangehaal word waar veeproduksie beëindig is weens die effek van misdaad daarop. Selfs opkomende boere vind dit moeilik om met veeproduksie voort te gaan weens die effek van veediefstal. In die geval kan daar verwys word na die Qwa-Qwa boere wat hulle veeboerdery moet staak weens die voortdurende diefstal van hulle vee. Dit is moeilik om die totale koste van veediefstal aan die ekonomie te bereken, aangesien dit nie net lewende hawe is wat gesteel word nie, maar ook die koste van salarisse van polisie beamptes sowel as plaaswerkers, asook die koste om die diere op te spoor en die oprigting van strukture om hulle veilig te hou, moet daarby ingereken word.

12 Die landbousensusopname soos deur Statistiek SA in 2002 gedoen is, het die volgende resultate opgelewer rakende die koste van misdaad vir die landbousektor: Diefstal van vee R483,6 miljoen; Diefstal van gereedskap, implemente en toebehore R204,8 miljoen. Toerusting soos spilpunte en die diefstal van elektriese kabels lei tot groot verliese vir die landbou. In die Mtubatuba distrik is besproeiingstoerusting ter waarde van R64 000.00 en in die Inkwaleni distrik ter waarde van R200 000.00 gesteel en vir skrootmateriaal verkoop. Hierdie syfers verteenwoordig enkele boere se verliese. Skade aan gebou en voertuie R99,5 miljoen. In die Camperdown distrik is n skuur met 4 trekkers afgebrand, waarvan die koste R500 000.00 beloop het. Boere ervaar ook verliese weens die afbrand van weiding wat weer addisionele koste meebring wanneer voer aangekoop moet word om diere te voer. Die steel van plaasprodukte beloop R443,7 miljoen en sluit hoofsaaklik in die verliese aan groen mielies, suikerriet en ander bederfbare produkte. Dit kan verwag word dat die koste van misdaad in 2007 meer sal wees as wat in die landbousensusopname van 2002 bevind is.

13 Die winsgewendheid van die landbousektor, en dus die boer, is reeds onder druk weens n verskeidenheid faktore. n Situasie wat uiteraard verder sal versleg weens die misdaad wat negatief op die sektor impakteer met die gepaardgaande materiële skade wat dit tot gevolg het en n verlies aan enterpreneurskap. DIE IMPAK VAN GEWELDSMISDAAD OP DIE INDIVIDU Volgens Dr Friedman, n deeltydse dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê sy "we are clearly a nation in trouble as we begin to get in touch with the research that is showing the long term detrimental effects of victimisation - not only on victims, but also on bystanders and ultimately on the whole society." Ek wil graag twee nagevolge en rimpeleffekte van hoe geweldsmisdade impakteer op die landbousektor, aanraak: i) Ekonomiese en mediese koste van geweldsmisdaad Trauma as gevolg van geweldsmisdaad soos moord, poging tot moord en gewapende roof het n negatiewe invloed op die ekonomiese volhoubaarheid van die landbou. Alhoewel daar nie onlangse statistiek in dié verband beskikbaar is nie, is n syfer van nagenoeg 900 000 voltydse werknemers in die landbou waarskynlik

14 realisties. Dit impliseer dat n gemiddelde aantal werknemergesinne van nagenoeg 24 aan n individuele boer gekoppel kan word en verteenwoordig 118 afhanklikes. Hierbenewens maak die landbou noodwendig steeds in n groot mate van deeltydse werknemers gebruik. Die ekonomiese uitwerking van moorde en aanvalle sal van plaas- tot -plaas verskil, terwyl die uitwerking van trauma moeilik kwantifiseerbaar is. Die lewenstog van n beduidende aantal mense, benewens die boer en sy gesin, word egter deur hierdie tipes misdaad ontwrig. So byvoorbeeld word geraam dat indien n boer vermoor word, dit sowat 18 maande neem voordat die plaas weer op dieselfde vlakke as vóór die moord kan produseer. In Suid-Afrika kan meer as 16% van alle sterftes toegeskryf word aan trauma, wat aansienlik hoër is as die Wêreldgesondheidsorganisasie se globale syfer van 5,2%. Dit is dus duidelik dat die enorme omvang van misdaad verseker dat misdaad in Suid-Afrika buitengewoon duur is vir die gemeenskap en individue. Mediese rekeninge ná n plaasaanval kan soveel as R200 000 beloop. Die ekonomiese koste van misdaad vir die slagoffers kan ook die volgende insluit :

15 Produktiewe jare wat verlore gaan in die geval van slagoffers wat sterf of ernstig beseer is; Verlore werksdae; n Afname in produktiwiteit ná viktimisering as gevolg van post-traumatiese stres en n gebrek aan selfvertroue; Verlore werksdae weens die ondersoekbeampte se bedrywighede en hofverrigtinge; Verlore werksdae waar verlore en beskadigde eiendom vervang moet word asook die BTW koste betaalbaar; Versekeringspremies en betalings vir private sekuriteit; Verlore en beskadigde eiendom; Mediese uitgawes. Dit is belangrik om daarop te let dat, terwyl al hierdie faktore koste vir die individuele slagoffer impliseer, raak sommige ook die ekonomie deurdat dit n oordrag van inkomste van een persoon na n ander weerspieël. ii) Die fisiologiese gevolge van geweld Empiriese en kliniese navorsing toon dat die lyding van slagoffers nie beperk is tot fisiese en ekonomiese verlies nie maar dat fisiologiese trauma ook n belangrike faktor is. Op individuele vlak het navorsingstudies die

16 traumatiese stres wat slagoffers van misdaad ondervind uitgelig as een van die mees dramatiese en kommerwekkende bevindinge. Waar misdaad in die boeregemeenskap voorkom is dit nie slegs die gesinslede wat traumatiese stres ondervind nie, maar ook hul bure en die breër gemeenskap waar die slagoffer geboer het. WAT DOEN AGRI SA AAN DIE MISDAADPROBLEEM? Om n bydrae te maak tot n veiliger landelike omgewing, maak die Agri Securitas Trustfonds van Agri SA op n gereelde basis aanvullende finansiële bydraes tot die landbougemeenskap se beveiligingsinisiatiewe. In die opsig is meer as 70 projekte reeds ondersteun en sluit die volgende in: Die finansiering van trauma beradingswerkswinkels waar berading verskaf word aan slagoffers van plaasaanvalle en ook die opleiding van predikante, lede van die polisie en maatskaplike werkers om hulle in staat te stel om traumagevalle te kan hanteer; Vrystaat Landbou se inligtingsinsamelings inisiatief waar daar voorkomend opgetree word om plaasaanvalle te voorkom, en in die verband is daar reeds in die Vrystaat daarin geslaag om die afgelope 2 jaar meer as 100 plaasaanvalle te kon voorkom;

17 Die finansiering van goedgekeurde valhekke in samewerking met die polisie waartydens voertuigmonitering gedoen word; Die verskaffing van radio s en radionetwerke om noodkommunikasie te verbeter; Die finansiering van inligtingsbrosjures wat daarop ingestel is om beveiligingswenke aan die boeregemeenskap beskikbaar te stel oor hoe hulle hulle eie omgewing meer veiliger kan maak. AFSLUITING Die landbou, wat alle ekonomiese aktiwiteite insluit, van die verskaffing van boerdery-insette tot die boerdery en waardetoevoeging, bly n belangrike sektor in die Suid- Afrikaanse ekonomie. Dit verskaf voedsel en vesel om in twee van die basiese menslike behoeftes te voorsien en word die landbou as ruggraat beskou van groei en ontwikkeling in die landelike gebied. n Suksesvolle en stabiele landbousektor is afhanklik van n stabiele landelike omgewing en n stabiele landelike omgewing kan net bestaan indien dit vry is van geweldsmisdaad en algemene misdadigheid.