PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Hoe om krag te spaar

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Dialoog en paragrawe *

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SIZA takes the sting out of auditing

Pasteur en Lister oorwin kieme *

G. J. du Preez

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

Rubriek vir skeppende werk

Sterdansers by Vensters.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Tonga die olifant - 01 *

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

AFRIKAANS KURRIKULUMADVIESDIENS LENTESKOOL

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Stede en bedienswaardighede *

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

University of Cape Town

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

GRENSE VIR DIE TAALWETENSKAP AAN DIE HAND VAN 'N GEGEWE RAAMWERK

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Transcription:

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 11 DATUM : NOVEMBER 2012 VRAESTEL : KYK- EN LEESBEGRIP, TYD : 2 UUR OPSOMMING en TAAL EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson Instruksies 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Afdeling A: Kyk- en Leesbegrip 30 Afdeling B: Opsomming 10 Afdeling C: Taal 40 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die VRAE wat jy kies korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Voer die opdragte, by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit. 5. Nommer in die middel van die bladsy. 6. Begin ELKE VRAAG op n NUWE bladsy. 7. Skryf met n BLOU PEN. 8. Trek n streep na elke afdeling. Sterkte!

2 AFDELING A : KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 KOERANTARTIKEL Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die vrae. DIE WIT T-HEMP 1. n T-hemp is n T-hemp is n T-hemp. Of is dit? Al die modehuise het minstens een ontwerper wie se volle aandag net aan T-hemde gewy word. As daar een item is waarin jy moet goed lyk, en ook een uitrusting is wat jou totaal onweerstaanbaar maak, is dit die wit T-hemp met n paar jeans. 2. Maar dit kom nie maklik nie. Mans wat deur die week weier om dood gesien te word in enigiets anders as n pak van die beste stof, dink niks daarvan om styl-harakiri te pleeg deur rond te loop in n een-groottepas-almal-t-hemp (gewoonlik gratis by n kongres ontvang) met n korporatiewe logo in die hoek nie. 3. Coco Chanel was die eerste ontwerper wat die wit T-hemp van werkers se lywe afgekyk en in n gesogte mode-bykomstigheid verander het. Sy was gek oor hoe dit skaam en diskreet onder haar bekende baadjies uitgeloer het. Vir die stylvolle noupassende T-hemde wat nou oral te kry is, moet ons vir die Amerikaanse ontwerper Donna Karan dankie sê. 4. T-hemde se oorsprong kan teruggevors word na die matrose van die vorige eeu wat moue aan hul werkfrokkies vasgewerk het sodat die koninklikes nie deur hul kaal arms beledig sou voel nie. 5. In 1901 het John Wesley Hanes van Noord-Karolina in Amerika die eerste T-hemp vervaardig om werkers op die katoenlanderye koel in die somer en warm in die winter te hou. 6. In 1932 is T-hemde vir die eerste keer vir bemarkingsdoeleindes aangewend in die bemarking van die fliek The Wizard of Oz, en in 1940 is Hanes se T-hemp deur die Amerikaanse weermag aangekoop. 7. Maar dit was in 1951 dat die damwal gebreek het toe Marlon Brando n pakkie sigarette in sy wit T-hemp se moue toegerol en in niks anders nie as die berugte T-hempie en spierwit onderbroekie 40 voet groot op die silwerdoek verskyn het. Opeens het n hele geslag tieners mal geword. 8. James Dean het die hempie verder gevoer tot die absolute simbool van cool in die 1955-fliek Rebel without a Cause, en het n leeftyd se wit T-hemde op plakkate en foto s verewig.

3 9. Die 1960 s het n tydelike opsyskuif van die wit T-hemp beleef toe dit vervang is met n psigedeliese knoop-en-doop hippie-weergawe, maar in 1979 het John Travolta dit weer uit die kas geruk in Grease. Die wit T-hemp en leerbaadjie het die belangrikste bestanddeel van elke in klerekas geword. 10. Sedertdien is die wit T-hemp hier om te bly, en elkeen van Kate Moss (wat die uitgeteerde voorkoms in 1993 bekend gestel het deur met die wit T-hemp en broekie in Vogue te poseer), Zac Efron en Chris Hemsworth tot die belangrikste modeleiers en styltoonaangewers erken dit is n noodsaaklike bykomstigheid. 11. Wit T-hemde hoef ook nie duur te wees nie, en daarom kan jy jou klerekas met meer as een toerus. Let altyd op die snit en materiaal, en maak seker die hemp sal nie te veel rek en jou met n gapende nek en moue wat te groot is, laat nie. (Verwerk en aangepas uit: Jip, 4 September, 2011) 1.1 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en letter (A D) neer. Die stelling n T-hemp is n T-hemp is n T-hemp beteken dat A. n T-hemp baie belangrik is. B. alle T-hemde dieselfde is. C. n T-hemp nie uniek is nie. D. daar n onnodige bohaai oor T-hemde gemaak word. (1) 1.2 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf een sê vir ons dat sommige modehuise ontwerpers aanstel wat eksklusief T-hemde ontwerp? (1) 1.3 - Gee slegs die NOMMER en ANTWOORD. As jy n T-hemp aanhet, sal jy 1.3.1 (TWEE WOORDE) (1) en dit sal jou 1.3.2 (TWEE WOORDE) (1) 1.4 1.4.1 Wanneer dra welgeklede mans wel T-hemde? (1) 1.4.2 Hoe lyk dié T-hemde? (1) 1.5 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en letter (A D) neer. Die Japanese woord harakiri in paragraaf twee beteken

4 A. om selfmoord te pleeg. B. styl is baie belangrik. C. liewer dood as uit die mode. D. die T-hemp het n mode-dood gesterf. (1) 1.6 Waar het Coco Chanel die idee gekry om die T-hemp modieus te maak? (1) 1.7 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf drie beskryf Donna Karan se T-hemde? (1) 1.8 Hoe het die T-hemp sy oorsprong gehad? (1) 1.9 1.9.1 Wanneer het die eerste T-hemp die lig gesien? (1) 1.9.2 Wie het dié T-hemp gemaak? (1) 1.9.3 Wat het daartoe aanleiding gegee dat hy dié T-hemp gemaak het? (1) 1.10 Wat het die flieks The Wizard of Oz, Rebel without a Cause en Grease, wat die T-hemp betref, gemeen? (1) 1.11 Watter FRASE in paragraaf tien sê vir ons dat die T-hemp nooit uit die mode sal gaan nie? (1) 1.12 Watter TWEE aspekte is van belang by die keuse van n T-hemp? (2) 1.13 Hoe oud is die T-hemp vandag? (1) [18] VRAAG 2 ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie op die volgende bladsy en beantwoord die vrae. Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. 2.1 Haal EEN woord aan uit paragraaf 1, wat sê dat n sekere mening nie die waarheid is nie. (1) 2.2 Hoe verklaar die adverteerder dat hierdie mening onwaar is? (1) 2.3 Met watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE probeer die adverteerder ons oortuig dat hierdie CD of MP3 definitief goeie uitslae sal hê? (1)

5 2.4 Watter EEN woord sê dat daar nie n ander produk soos dié is nie? (1) 2.5 Die MP3 het meer inligting as die CD. 2.5.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 2.5.2 Motiveer jou antwoord op vraag 2.5.1 deur EEN woord aan te haal. (1) 2.6 Wat moet jy doen as jy hierdie CD of MP3 wil bestel? (1) Hypnet het tans die volgende sessie op CD en MP3 beskikbaar. Dis uniek! Dis effektief! Dit werk! [7]

6 VRAAG 3 TELEVISIEROOSTER Bestudeer die onderstaande televisierooster en beantwoord die vrae. Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. 3.1 Waarvoor staan die H na die program Erfsondes? (1)

7 3.2 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en letter (A D) neer. Die letters OL na die program Isidingo beteken: ouerleiding Dit beteken dat A. net ouers na die program gaan kyk. B. net mense ouer as 18 na die program kan kyk. C. die ouer alles aan die kind(ers) moet verduidelik. D. die ouer(s) moet besluit of die kind na die program kan kyk of nie. (1) 3.3 Na watter program sal jy kyk as jy in die geskiedenis van ons land geïnteresseerd is? (1) 3.4 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en letter (A D) neer. In Isidingo vind Lolly n manier om onder n dekmantel te werk. Dit beteken dat sy A. n mantel dra wanneer sy werk om haar liggaam te beskerm. B. haar werk doen sonder dat iemand weet wie sy rêrig is. C. iets leer onder die leiding van n ander persoon. D. n manier gevind het om iets te ontdek. (1) 3.5 Paulus is eensydig as hy voorstel: dat Suid-Afrika wette teen besoedeling moet voorskryf wat alle lande in Afrika moet gehoorsaam. (Die wêreld vandag op sabc1) Verduidelik waarom hierdie voorstelling n voorbeeld van Paulus se eensydigheid is. (1) [5] TOTAAL VIR AFDELING A : [30] AFDELING B : OPSOMMING VRAAG 4 OPSOMMING In die onderstaande teks is veiligheidswenke wat jou sal help wanneer jy swem. Som dié veiligheidswenke in SEWE sinne op. Skryf die veiligheidswenke in volsinne neer. Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer. Laat n reël tussen die sinne oop. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

8 Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. VEILIGHEIDSWENKE VIR SWEMMERS Die volgende veiligheidswenke is deur lewensredders van al die hoofstrande in ons land gegee. Hulle is erg bekommerd oor die groot getalle sterftes op ons strande wat volgens hulle vermy kan word. As ʼn swemmer die volgende wenke in gedagte hou, sal die kanse om in die moeilikheid te beland, verminder word. Wanneer ʼn swemmer op die strand kom, is dit belangrik om seker te maak dat die lewensredders aan diens is lewensredders dra rooi en geel klere sodat dit maklik is om hulle uit te ken. Dis die eerste ding wat jy moet doen as jy wil swem. Maak seker jy ken die plaaslike strand toestande getye, kanale, winde en brekers asook die rotsagtige uitsteeksels. Jy sal daarom vorendag bewus wees van enige gevaar. Die lewensredders se instruksies moet ten alle tye gehoorsaam word en as jy in die see wil swem, moet dit altyd tussen die twee vlaggies op die strand wees. Moenie in die aand of laat-middag swem nie en jy moet ook nie swem waar daar geen lewensredders is nie, dit is gevaarlik en iemand kan verdrink. Indien jy nie ʼn sterk swemmer is nie, is dit raadsaam om nie verder as kniediep te gaan nie en gelyk met die strand te swem sodat dit nie nodig is om ver te swem as jy moeg raak nie. Jong kinders moet ten alle tye onder oë gehou word en onder verantwoordelike volwasse toesig wees. Moenie naby aflooppype, rotse, breekwaters en hawehoofde swem nie. Maak seker dat jy weet wat onder die oppervlakte van die water is en moenie duik as daar twyfel hieroor is nie. Moenie na ʼn groot maaltyd of as jy alkohol gedrink het, gaan swem nie, onthou: drinkers is sinkers. (Verwerk en aangepas uit: Weg, November, 2011) TOTAAL VIR AFDELING B : [10]

9 AFDELING C : TAAL VRAAG 5 STROKIESPRENT Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae. Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. 5.1 Herkryf die sin in die lydende vorm. Meneer Gouws het Laerskool Jan Celliers se rooi skoolbus versigtig bestuur. Begin só: Laerskool Jan Celliers se rooi skoolbus (3) 5.2 Herskryf die sin in die infinitief. Meneer Gouws bestuur Laerskool Jan Celliers se skoolbus. Begin só: Meneer Gouws is besig (2) 5.3 Herskryf die sin en gee die korrekte volgorde. Meneer Gouws en sy krieketspan is (Pretoria toe, op pad, vroeg vanoggend). (1) 5.4 Vul die korrekte voorsetsel in. Die krieketspan reis soos gewoonlik bus Pretoria toe. (1) 5.5 Skryf die onderstreepte getal in woorde. Daar is 17 seuns in die skoolbus; 11 krieketspelers en 6 van hulle vriende. (1) 5.6 Herskryf die sin in die indirekte rede. Meneer Gouws vra: Neelsie, wil jy n slukkie van my koeldrank hê? Begin só: Meneer Gouws vra of (2)

10 5.7 Herskryf die sin in die ontkenning. Het Neelsie al sy toebroodjies met meneer Gouws gedeel? (2) 5.8 Herskryf die sinne met die voegwoord tussen hakies. Meneer Gouws is baie haastig. Die span begin om eenuur speel. (aangesien) Begin só: Aangesien... (3) 5.9 Gee een woord vir die woorde tussen hakies. Meneer Gouws is die (een wat die krieketspelers afrig). (1) 5.10 Herskryf die sin in die teenwoordige tyd. Meneer Gouws het nie sy veiligheidsgordel vasgemaak nie. (2) 5.11 Herskryf die sin soos aangedui. Neelsie wil nie laat wees vir sy krieketwedstryd nie. Deon wil nie laat wees vir sy krieketwedstryd nie. Begin só: Nie alleen... (2) 5.12 - Pas die TAALFASET in KOLOM B by die VOORBEELD in KOLOM A. - Skryf slegs die NOMMER en LETTER neer. KOLOM A KOLOM B 5.12.1 Omdat daar baie seuns in die bus is, sit Neelsie en Deon voor by Meneer Gouws. 5.12.2 Die koeldrankbottel word deur meneer Gouws vasgehou. 5.12.3 Nòg Neelsie nòg Deon het al in Pretoria gespeel. 5.12.4 Meneer Gouws behoort sy oë op die pad te hou. 5.12.5 Die paaltjiewagter op wie die span gereeld staat maak, is in die hospitaal. A. skeibare werkwoord B. ontkenning C. voegwoord D. lydende vorm E. infinitief F. voornaamwoord (5) [25]

11 VRAAG 6 GRAPPIE Bestudeer die onderstaande grappie en beantwoord die vrae. Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. 6.1 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies. Hoe weet jy die (skilpad) is n alkoholis? (1) 6.2 Kies die korrekte werkwoord tussen hakies. n Alkoholis (gebruik / verbruik / misbruik) alkohol omdat hy of sy te veel drink. (1) 6.3 Gebruik die woord in hakies in n sin sodat dit n ander betekenis het. Die skilpad se (dop) is sy huis; die skilpad kan nie daarsonder leef nie. (1) 6.4 - Kies die KORREKTE idioom wat dieselfde beteken as die onderstaande sin. - Skryf net die vraagnommer en letter (A D) neer. Hy is dronk. A. Hy trap twee diep spore. B. Hy trap diep in sy spore. C. Hy loop twee lang spore. D. Hy loop twee rye spore. (1) [4]

12 VRAAG 7 SPOTPRENT Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae. Begin die vraag op n NUWE BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY en skryf die antwoord ONDER die nommer. Maak seker jy weet wat van jou verwag word met elke vraag. 7.1 Verdeel die woord in hakies in lettergrepe. Soek die (gevaarlike) wapens (1) 7.2 Skryf die woord in hakies neer en onderstreep die stam. Soek die (gevaarlike) wapens (1) 7.3 Gee die korrekte spelling van die woord in hakies. Oom Kallie se seun, Janneman, het n (snoeisker) in sy hande. (1) 7.4 Gee die korrekte Afrikaans vir die woord in hakies. Oom Kallie en sy seun, Janneman, het albei (moustaches). (1) 7.5 Gee die korrekte betreklike voornaamwoord van die woord in hakies. Die stoel (op wat) oom Kallie sit, is oud en van hout gemaak. (1)

13 7.6 Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies. Tannie Drienie is n (vet) vrou omdat sy so baie tyd in die kombuis deurbring. (1) 7.7 Gee die trappe van vergelyking van die woorde tussen hakies. Janneman is 7.7.1 (oud) as sy seun, Kosie, maar oom Kallie is die 7.7.2 (oud). (2) 7.8 Gee die korrekte samestelling van die woorde tussen hakies. Kosie en sy broer, Gertjie, dra beide (kind + skoene). (1) 7.9 Herskryf die sin in die verlede tyd. Tannie Drienie rol die deeg op die tafel uit. (2) [11] TOTAAL VIR AFDELING C : [40] TOTAAL VAN DIE VRAESTEL : [80]