ProAgri. Wiele. Waarna om te kyk. AgriTrader. Tal-Tec: Beheer vee maklik

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

SIZA takes the sting out of auditing

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Direkte en indirekte rede *

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HOëRSKOOL PORTERVILLE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Dialoog en paragrawe *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Hoe om krag te spaar

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

ProAgri. Die spilpunt wat kan dink. Flukse stroper: CLAAS laat wêreldrekords spat. Bemes met seebamboes. Gratis / Free

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ProAgri. John Deere FX: Plant soos blits. Agritech Israel Produseer meer met minder water. Gratis / Free

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Tariewe

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ProAgri. Gratis / Free. tegnologie vir die boer technology for the farmer. Junie / June 2018 No / Nr 220 ISSN

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Edgehog

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Rubriek vir skeppende werk

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Sitrus Snoei. 2 Snoei Toerusting. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

OKT 17 NR.3. R33 BUITE SA R28.95 excl VAT

Mosselbaai Munisipaliteit

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

G. J. du Preez

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Sterdansers by Vensters.

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

ProAgri. Equalizer: Belê in vleis; plant gras. Blink planne vir krag. Kry meer lammers per ooi. Georgië waardeer boere. Só moet n planter plant!

Transcription:

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Boord- en wingerdspuite: Waarna om te kyk Desember/December 2013 Nr / No 166 ISSN 1042 1558 Hoe stuit ek verblyfreg? Tal-Tec: Beheer vee maklik Wiele Toyota Hilux bly die boer se staatmaker Kies die regte bakkie vir jou plaas Olie vir seepgladde enjins Meganisasie Gewasproduksie Veeboerdery Hulpbronbestuur AgriTrader

Redakteursbrief Ek vertrou dat u net so lekker gaan lees aan hierdie Wiele-uitgawe as wat ek ry in ProAgri se Mahindra Genio wat deur Suri Montana tot ons beskikking gestel word. Meganisasie 3 Kies n bakkie: petrol of diesel? 6 Dis my Hilux, my brakkie en ek 9 Splinternuwe bakkies en trokke pronk by motorskou 12 Landbou het n dubbelkajuit-trokkie nodig 15 Mahindra baie bakkie vir min geld 16 Enjins loop seepglad met Caltex 19 Gebruikgereed trokbakke: MAN staan sy man nou gouer Gewasproduksie 22 Kies die regte spuit (2) 25 Great Plains is dubbeld en dwars die moeite werd Hulpbronbestuur 31 My familieboerdery - hoe kan ek uittree? 33 Verblyfreg - hoe kan dit beëindig word? 35 Tal-Tec vat ysters vas vir die veebedryf 36 Kleinveeboere vind baat by Landboukorrels Boeredag 37 Rumax dra wild deur droogte 39 Ken die koei se uier (2) Gereeld 38 ProAgri kuier by... die Kösters 40 Veilings 42 GeneGids 44 AgriTrader www.proagri.co.za ns ry vanjaar die oujaar uit Omet n uitgawe propvol wielenuus. Die klem val op bakkies en trokke, want wie kan nou boer sonder n bakkie of n trok? En as jy al ooit gewonder het wat die beste is, petrol of diesel, glo ek ons interessante inligtings-artikel gaan die keuse makliker maak. Dit is ook vir ons aangenaam om weer vir elke boer n spesiale ProAgri-kalender vir die komende jaar present te gee. Hang hom maar aan die spykertjie in die kantoor; daar is baie nuttige inligting in oor veilings en skoue en selfs die stand van die maan vir diegene wat oortuig is dat planttyd nie net van die reën afhang nie. Baie dankie aan ons adverteerders wat die Kalender moontlik gemaak het en wat ook deur die jaar gesorg het dat ProAgri elke maand nuus oor nuttige tegnologie aan ons boere kon deurgee. Ondersteun gerus ons adverteerders; hulle het uitmuntende produkte. ProAgri het vanjaar n videoproduksie-eenheid op die been gebring en ons is trots op die gehalte van die videos; dit vul beslis n leemte in die mark. Ons redaksionele geledere is ook aangevul met die toevoeging van Du Preez de Villiers wat beteken dat ons by baie meer plekke kan uitkom om nog lekkerder stories te skryf. Nooi ons gerus na boeredae en demonstrasies dis ons kos! Mag elke boer en sy mense op die plaas, asook al die hardwerkende maatskappyverteenwoordigers in die landbou, n welverdiende ruskansie kry en n geseënde Kersfees geniet. P Boer slim Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za Inhoudsopgawe / Contents 3 9 19 22 37 ProAgri ry die land vol met n Mahindra Genio bakkie, geborg deur Mahindra Montana. Hoor hoe jy as lid van georganiseerde landbou R10 000 kan wen! Skakel 012-524-9000. Voorblad In hierdie uitgawe Ons voorbladfoto is deur Johan Rothmann geneem op die Molopo- hoofweg met Botswana in die agtergrond. Die Toyota Hilux het Johan en sy vrou, Marietta, veilig en gerieflik na al 73 grensposte in die land geneem. Lees op bladsy 6 meer oor dié staatmakervoertuig en waarom boere op Toyota reken. SMARTPUBLISHING FREE MEDIA SPECIALISTS Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Klein advertensies Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za Uitleg & grafika Esta van Niekerk Navrae Engela du Plessis > 0861-777-225 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za Smart Publishing Business-to-Business: Agriculture ABC Jul Sept 2013 39 678 average copies per month Copyright 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon. ProAgri Hoofbestuurder Anneke Claassen > 0861-777-225 anneke@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler ProAgri 166 Desember / December 2013 1

Meganisasie Kies n bakkie (1) Petrol of diesel? n Petrolbakkie is oor die algemeen ratser en goedkoper as n vergelykbare dieselbakkie, maar n diesel is ligter op brandstof en sy enjin hou langer. Die vraag wat die boer moet vra, is of hy genoeg ry dat die brandstofbesparing die hoër prys regverdig. ie belangrikste werktuig op enige Dboer se plaas is sy bakkie. Waar planters en stropers buite seisoen n ruskansie kry, werk die boer se bakkie regdeur die jaar. Die bakkie se enjin is gewoonlik vroegoggend die eerste een op die plaas wat aangeskakel word en saans die laaste een om tot rus te kom. Die bakkie moet regstaan om die boer self gou-gou oral te besorg waar sy aandag nodig is. Dit moet gereeld dinge soos gereedskap, saad, lek, onderdele, brandstof, personeel, toerusting en diere oral op die plaas en tussen die dorp en die plaas vervoer. Dikwels moet n jong boer se bakkie ook n mooi nooi fliek of dans toe vervoer... n Bakkie wat sy man kan staan moet met sy vrag kan draf op die snelweg, in die stad, op die slaggatpad, die grondpad, die sinkplaatpad, die sandpad, die modderpad, die maanhaarpad en dikwels daar waar glad geen pad is nie. Maar die bakkie is vir die boer selfs meer as n werktuig en voertuig dit is in baie gevalle ook die boer se kantoor, sy mobiele werkswinkel en sy dinkplek waar hy tydens ritte sy boerdery beplan. So belangrik is die bakkie vir die boer, dat hy sy bakkie met byna dieselfde omsigtigheid moet kies as wat hy sy vrou kies. In die volgende paar aflewerings beskou ons n paar sake wat die boer gerus in ag kan neem wanneer hy n bakkie kies en ons skop af met die groot vraag: Petrol of diesel? Toe ons oupas nog jonk was, was die keuse maklik: Trekkers het dieselenjins gehad en bakkies petrolenjins. Petrol (en diesel) was destyds spotgoedkoop, daar was geen wetgewing oor uitlaatgasbesoedeling nie en brandstofverbruik was nie n faktor om in aanmerking te neem nie. Deesdae is daar, te danke aan die ontwikkeling van dieselenjintegnologie, al hoe meer bakkies, selfs klein bakkies, en passasiersvoertuie met dieselenjins. Dit stel die voornemende voertuigkoper voor n keuse. Laat ons eerste kyk wat gebeur in die tradisionele petrol- en dieselenjin wanneer dit werk: Inlaatslag Petrolenjin: Die suier beweeg ondertoe in die silinder en suig n mengsel van lug en verstuifde petrol in. Dieselenjin: Die suier suig net lug in. Kompressieslag Petrolenjin: Die suier beweeg boontoe en pers die mengsel van lug en verstuifde petrol saam tot enigiets van n agste tot n twaalfde van die oorspronklike volume. Dieselenjin: Die lug word enigiets van n veertiende tot n vyf-en-twintigste van die oorspronklike volume saamgepers en hierdie drukking laat die lug se temperatuur styg. Kragslag Petrolenjin: n Vonk vanaf die vonkprop steek die mengsel van lug en verstuifde petrol aan die brand sodat dit ontplof en die suier na onder dwing. Dieselenjin: n Inspuiter spuit die diesel deur so n klein opening in die ontbrandingskamer in dat dit verstuif en as gevolg van die hoë druk ontbrand en die suier in die silinder af dwing. Uitlaatslag In sowel die petrol- as die dieselenjin beweeg die suier na bo in die silinder en stoot die ontbrande gas deur die uitlaatklep na buite. Hierdie verskil in tegnologie bring die volgende verskille in tradisionele petrolen dieselenjins mee: Die ou dieselenjin het geen vonkverdeler, vonkproppe, vonkpropdrade en ontstekingsklos nodig nie. As daar nie water in sy ontbrandingskamers beland nie, sal hy in die ergste reën of selfs onder water loop solank sy luginlaat bo die water is. n Petrolenjin kan maklik vassteek as jy deur n plas of drif ry sodat daar water op die elektriese komponente spat. Petrol vernietig smeermiddels en brand die enjin, en diesel nie. Dieselenjins hou dus langer as petrolenjins. n Dieselenjin het meer wringkrag as n petrolenjin. Dit beteken dat die dieselenjin swaar vragte makliker kan sleep as n petrolenjin. n Dieselenjin het meer krag teen laer enjinomwentelinge. n Petrolenjin versnel vinniger as n dieselenjin en loop teen hoër omwentelinge. n Dieselvoertuig ry heelwat verder op n liter brandstof as n petrolaangedrewe voertuig. blaai om www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 3

Dieselenjins kan gloeiproppe hê om die ontbrandingskamer vooraf te verwarm sodat dit makliker in koue weer aan die gang gesit kan word. Dit beteken dat n mens eers n rukkie moet wag vir die gloeiproppe om hulle werk te doen voordat jy die enjin probeer aanskakel. n Dieselenjin is duurder as n petrolenjin en as gevolg van die hoër kompressie moet die olie meer dikwels vervang word. Met hierdie inligting as agtergrond, was die besluit in die verlede redelik maklik: n dieselenjin vir jou trekker en vragmotor wat harde donkiewerk moet doen, maar stadig beweeg, en n petrolenjin vir jou motorkar en bakkie, wat ligter is en waarmee jy vinnig en rats oor die weg wil kom. Sedertdien het die tegnologie egter drasties ontwikkel. Daar is nou petrolaangedrewe voertuie met brandstofinspuiting en elektroniese ontsteking wat al die kwale van vergassers en ontstekingspunte uitskakel en veel oordeelkundiger met die duur petrol werk. Ongelukkig gaan hierdie nuttige tegnologie met soveel ingewikkelde elektronika gepaard, dat foute net deur gespesialiseerde tegnici herstel kan word. Aan die ander kant is dieselenjins nie meer die swaar, lui, lomp kragosse van die verlede nie. Daarvoor het veral die koms van die turbo-aanjaer gesorg. Die turbo-aanjaer bestaan uit n turbine wat deur uitlaatgas aangedryf word (daar is ook aanjaers wat met ratte vanaf die krukas aangedryf word) en n kompressor wat lug in die ontbrandingskamers in forseer. Dit beteken dat daar heelwat meer lug in die ontbrandingskamers beland as wat die suier alleen voorheen met sy afwaartse inlaatslag kon insuig en dat daar dus meer lug en brandstof is om te ontbrand, sodat die enjin heelwat kragtiger is. Maar daar het die slim ingenieurs nie opgehou nie. Hulle het interverkoelers ontwerp wat die lug verkoel, en dus laat krimp, voordat die turbo-aanjaer dit in die enjin pomp. Dit beteken dat nog meer lug in die ontbrandingskamers beland, wat die enjin nog doeltreffender en wakkerder maak. Die jongste verbetering is drukbuisinspuiting, wat dieselenjins se doeltreffendheid nog verder verbeter het. Waar die dieselpomp van n tradisionele diesel-enjin elke spuit wat deur die inspuiters gegaan het afsonderlik onder druk moes plaas en deur n pypie moes aanstuur, wat n stadige en omslagtige en moeilik beheerbare proses was, werk die drukbuis op die beginsel dat daar genoeg diesel reeds onder druk in die buis is en dat die hoeveelheid wat na elke silinder moet gaan net op presies die regte oomblik en vir presies die regte duur elektronies afgemeet en uitgestuur word. Die drukbuis beteken heelwat beter enjinwerkverrigting, brandstofbenutting en vollediger ontbranding, wat skoner uitlaatgas verseker. Met die koms van die turbo-aanjaer, interverkoeler en drukbuisinspuiting, is die dieselbakkie nie meer die snorkende, swaar, stadige, rokende lomperd nie die dieselbakkie draf nou lekker saam op die snelweg sonder om die verkeer enigsins op te hou. Hy kan jou selfs n ongemaklike spoedboete op die hals haal. n Turbo-aanjaer bestaan uit n turbine wat met uitlaatgas aangedryf word en wat op sy beurt n kompressor aandryf wat lug in die dieselenjin se ontbrandingskamers inforseer om enjindoeltreffendheid drasties te verbeter. Nou bly dit vir die boer oor om sy keuse te maak op grond van die volgende werklikhede: n Dieselenjin is duurder as n petrolenjin, maar hou langer en behaal meer kilometer per liter brandstof. Dit is goedkoper om diesel te produseer as petrol, maar om een of ander duistere rede is die prys wat die verbruiker vir diesel en petrol betaal, deesdae min of meer ewe buitensporig hoog. Daarom is daar nie meer, soos in die verlede, n brandstofprysvoordeel vir die eienaar van n dieselbakkie nie; net die laer brandstofverbruik en langer enjinlewe. Met al die elektronika wat deesdae se dieselenjins het, is daar min te kies tussen petrol en diesel wat eenvoud van werking en koste van onderhoud en herstelwerk betref. n Turbo-aanjaer is n duur item en as hy breek, kan dit die eienaar van n dieselbakkie se sak gevoelig skud. Drukbuisinspuiting het dieselenjins se werkverrigting, brandstofdoeltreffendheid en uitlaatgasgehalte drasties verbeter. Die som wat gemaak moet word, is of die boer genoeg ry om die duurder dieselvoertuig op grond van sy gunstiger brandstofbenutting bo n petrolbakkie te bekostig. Hoeveel kilometer se dieselbesparing gaan dit verg om die hoër voertuigprys te regverdig? Daardie besluit kan verder beïnvloed word deur feite soos dat n petrolbakkie steeds vinniger is (maar nie meer baie vinniger nie), dat die dreun van n dieselvoertuig darem maar regtig mooier is (alhoewel hulle deesdae byna onhoorbaar stil loop) en of jy dikwels swaar vragte wil sleep. Oor hierdie sake moet elke boer maar vir homself besluit. P www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 5

aar is moontlik n saak daarvoor uit Dte maak dat n plaas sonder n Toyota-bakkie nie regtig n plaas is nie. Jy sien hulle ingeryg staan Sondag by die kerk, Woensdag by die veiling en Vrydag by die koshuis op die dorp. Dit is nou die blinkwit dubbelkajuit Hilux. Hy doen natuurlik ook sy deel op die plaas, maar die kanse is goed dat die permanente gereedskapkis, die voorraad ghrieslappe, die leë waterbottels tussen die oliekanne en die blok lek vir die agterste wildskamp op die ander Toyota lê; die ou bruin Landcruiser. So sal jy daaraan dink om hom te verkoop? vra ek vir Johan Vuurhous Pretorius van Lichtenburg. Wat, die 2-punt-5? Nee, die Cruiser, sê ek. Hoekom? vra hy met n oorblufde uitdrukking op sy gesig. Johan is wel besig om n prys te kry om moontlik die 3-liter Diesel Hilux in te ruil op n nuwe model, maar die Cruiser bly op die plaas; hy het werk om te doen. Sy petrolmodel het ook al 230 000 km op die klok sonder enige groot probleme. Sy pa was ook n Toyota-man, vertel Gawie Maritz, verkoopsbestuurder van Lichtenburg Toyota. Die reuse moderne gebou is n groot landmerk as Lichtenburg van die suide af ingery word. Gawie sê tradisie speel nogal n belangrike rol by n boer se keuse van bakkie, maar dit WEN! Met die oog op die bekende Dakartydren het Toyota n spesiale Dakar Hilux bekendgestel. Een van dié beperkte-uitgawemodelle is ook in die spel in n aanlynkompetisie wat op 14 Januarie 2014 begin. Skryf in op www.toyota.co.za. Dis my Hilux, my brakkie en ek deur Annemarie Joubert Foto: Johan Rothmann is nie nie al nie. Veral so midde-in die droogte dink die manne baie mooi voor hulle net koop, maar baie van hulle sal eerder n bietjie wag as om na n ander soort bakkie te kyk. Dit gaan daaroor dat die Hilux bekend en betroubaar is en bekend is vir sy betroubaarheid, sê Gawie. Hy sê n Toyota bied steeds die beste inruilwaarde van alle bakkies. Die ander oorwegings wat vir boere baie belangrik is, is naverkoopdiens en die beskikbaarheid van onderdele. Toyota is feitlik op elke dorp in die land. Niemand hoef te sukkel en te wag nie. Ons is daar waar die boere is. Johan sê elke Toyota het sy rol op Johan Vuurhous Pretorius van Lichtenburg sê elke Toyota op sy plaas het sy werk en elkeen doen sy werk pligsgetrou en voorbeeldig. Meganisasie die plaas. Die 3-liter enkelkajuit se ruim bak word byvoorbeeld gebruik om sakke meel op te laai wat aan winkels in die trust-gebied versprei word. Met n waentjie agter, vervoer hy maklik 2,5 ton meel sonder dat die Hilux swaarkry. Daar is geen probleme met die koppelaar of vere nie. Dit is maar net iets wat ek doen om inkomste aan te vul en ek wil nie die koste aangaan om byvoorbeeld n vragmotor te huur nie. Met die Hilux en die waentjie is dit ekonomies en vinnig en die res van die week kan die bakkie ander werk doen, sê hy. Johan glo ook as jy vir jou Toyota sorg, sal hy vir jou sorg, daarom sorg hy dat sy voertuie elke tienduisend kilometer gediens word. Terwyl die voertuie onder waarborg is, doen Toyota die werk, maar daarna doen hy dit self op die plaas, maar as daar enige probleem is, help die mense van Toyota hom vinnig. Johan gaan by Hilux bly as hy inruil. Jy sien mos hoe lyk die paaie hier in die omgewing dis net n Hilux wat hier sonder sukkel kan ry, lag hy. Neels Stander, wat n verteenwoordiger vir AgriAfrika in die westelike streek is, sê hy het sommer in drie jaar se tyd 270 000 kilometer op sy Hilux Raider Dubbelkajuit gesit en hy is baie tevrede. As ek na n boer toe moet ry, moet ek ry; daar is nie tyd vir sukkel nie, sê hy. Sy bakkie dien ook as lopende werkswinkel en hy ry genoeg boute, moere en passtukke saam om enige planter of ander stuk toerusting wat lol weer aan die gang te kry. Dit is ook nie net boere wat moeilike paaie aandurf nie. Johan Rothmann en 6 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

As die pad tussen jou plaas en die dorp só lyk, ry jy hom met n Hilux. sy vrou, Marietta het pas met n Toyota Hilux n opwindende projek afgehandel. Hulle het al 73 grensposte in die land besoek om n reeks reisartikels, en moontlik n boek, te skryf oor die diens by die grensposte en interessanthede in elkeen se omgewing. Johan sê: Ek het sedert 1999 al twee Toyota Fortuners en twee Toyota Hilux e besit. Ek ken dus die gehalte van die voertuie, maar na ons grenspostoer is ek weer van nuuts af beïndruk. Ons het in 50 dae meer as 12 000 kilometer met die Toyota Hilux (diesel) gery, waarvan omtrent twee-derdes op grondpaaie, sandpaaie en van Suid-Afrika se hoogste bergpasse was. Die enigste insident was toe die agterwiel se modderflap tydens n driepuntdraai teen n wal gedruk het en toe afgeruk is. Ek kon dit gelukkig maklik terugsit en dit hou nou nog. Al waaraan ek kon dink om die Toyota-dienssentrum te vra toe ek die bakkie na die toer vir die 60 000 km diens neem, was om die bande te wissel en weer te balanseer. Hy sê die bakkie is nie net stewig en betroubaar nie, maar het ook al die gerief wat nodig is vir so lang reis. Aangesien hulle op verskeie oorstopplekke moes uitkamp, is die bakkie ook toegerus met n daktent en alles wat nodig is. My vrou is net so beïndruk, al moes sy heeldag in die passasiersitplek sit. Dit is n ongelooflike voertuig! n Kitsopname deur ProAgri op n Landbou-gespreksforum op facebook (Landbou Sosiaal) toon ook dat daar geen gebrek aan lojale Toyota-ondersteuners is nie. So n paar van die opmerkings wat ons ontvang het is: self ook. Moet sê hulle verbaas my. Ry seker nie so sag nie, want dis sandwêreld, maar hulle hou. - Ons het 5 Hilux e, kan nie beter kry nie. - Ons ry almal Hilux vir werksbakkies en het nog nooit probleme gehad nie. En glo my as ek vir jou sê hulle werk hard in die veld, hulle sien nie baie teerpad nie. Hilux of Cruiser is al wat werk in die Kalahari. - Africa is Toyota country! - Alles loop reg altyd reg TOYOTA! - TOYOTA is 100%! - Ek het al alles gery in die laaste 10 jaar! En gaan nou by n Toyota bly. - Vandag is alle bakkies mos eintlik goed, maar as dit kom by herverkoopwaarde, dan is Toyota baas. - Ons het ons eerste Hilux in 1980 gekoop. Sedertdien was daar altyd n Toyota op die plaas. Ons het so tussendeur ander soorte bakkies ook probeer, maar na die gesukkel met hulle het ek besluit van nou af NET Toyota. Toyota het baie handelaars, goeie tweedehandse waarde en was nog altyd duursaam en redelik eenvoudig. Nuut! By die onlangse Johannesburgse Internasionale Motorskou is daar ook aangekondig dat die plaaslike Hilux- en Fortuner-stalmaats vir die 2014- model-jaar effens onder die snymes deurgeloop het. Die meeste van die veranderings is aan die binnekant, waar altwee modelle die nuwe swart voorpaneel kry (teenoor die gryse wat geleidelik uitgeskakel word). n Splinternuwe multimedia-stelsel (wat nou n grootskerm-monitor het) is deel van die standaard-toerusting in die hoëklas-hilux-modelle (3.0 D-4D en 4.0 V6-dubbelkajuite) sowel as die Fortuner 3.0- en 4.0-weergawes. Van die nuwe stelsel se eienskappe is n toestel waarmee n mens na foto s kan kyk, (of video s wanneer die voertuig stilstaan), n volkleur-kunsalbum en uitgebreide raakvlak-kategorieë soos om musiek af te laai. Die Hilux 3.0- en 4.0-dubbelkajuitmodelle kry, net soos die Fortuner 3.0- en 4.0-modelle, ook n trurat-monitor as deel van hulle standaardtoerusting. P Die nuwe Hilux 3.0- en 4.0-dubbelkajuit-modelle het nou ook n trurat-monitor as deel van hulle standaard-toerusting. Om deel te word van die Hiluxfamilie, besoek jou naaste handelaar of kyk na die volledige reeks modelle op www.toyota.co.za. - My Toyota Hilux is n 1984-model en hy het drie kinders leer bestuur (met die nodige duike), ry al die voer uit die lande uit, vervoer skape en werk soos n esel elke dag! - Hier ry 70% van die boere Toyota; ek www.proagri.co.za Johan Rothmann het pas 12 000 km in 50 dae in die Hilux afgelê. Hy en sy vrou, Marietta, het al 73 grensposte op Suid-Afrika se grense besoek. ProAgri 166 Desember / December 2013 7

Meganisasie Splinternuwe bakkies en trokke pronk by motorskou deur Du Preez de Villiers oere, vervoerkontrakteurs en ander Bwieleliefhebbers se oë het geblink om by die Johannesburgse Internasionale Motorskou te sien watter voortreflike nuwe bakkies en trokke van nou tot volgende jaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Elke uitstaller het sy beste voetjie voorgesit om die wenkenmerke van sy produkte ten beste ten toon te stel en te verduidelik. FAW wil aanleg in SA bou Die Sjinese reus, FAW, is stadig maar seker besig om n stewige vasstrapplek in Suid-Afrika en Afrika te kry met trokke wat al hoe meer beïndruk. Die groot nuus wat FAW tydens die skou bekendgemaak het, was dat hulle poog om hulle eerste aanleg in Coega in die Oos-Kaap voor die einde van die jaar te voltooi. Die aanleg sal 5 000 trokke per jaar kan vervaardig. SA steeds lewensbelangrik vir Isuzu-trokke Isuzu-trokke se Japanese afgevaardigdes spog met die splinternuwe NMR250 dubbelkajuit-nutsvoertuig wat ook met Automated Manual Transmission (AMT)-tegnologie toegerus is. AMT-toegeruste nutsvoertuie is so gewild dat hulle verkope die afgelope ses maande van 10% na 20% oor handratvoertuie gestyg het. Isuzu Trokke het die mediadag se bedrywighede met die loodsing van die nuwe N-reeks NMR250 dubbelkajuit geopen. Craigh Uren, hoof-operasionele bestuurder van Isuzu Trokke, sê dat die manier waarop die handelaarsnetwerk regoor die land, buite die metropole gestruktureerd is, baie sterk op landbou gefokus is en dat die handelsmerk steeds baie sterk op die platteland is. VOLKSWAGEN Amarok-konsep in Suid-Afrika Die Amarok R-Tipe konsepmodel, ook bekend as die Amarok Power Pick-up met sy 1-ton vragvermoë het baie belangstelling uitgelok. AFRIT AFRIT beteken bakbouers Philip Hattingh, Rynhardt Steenkamp en Louis Swart staan by die pragtige planter wat presies op een van AFRIT se netjiese sleepwaens pas. AFRIT is n familiesaak wat in 1968 gestig is. Ons het nou amper 50 jaar se ondervinding van bakbou en het n grondslag geskep wat op waardes en norme geskoei is. Ons doen alles in ons vermoë om in pas te bly met die jongste markuitdagings. As sleepwavervaardigers kan ons ook n bydrae lewer ten opsigte van die hedendaagse behoefte om die groen voetspoor te vergroot, sê Rynhardt Steenkamp, AFRIT se bemarkingskoördineerder. Daarvoor bou AFRIT hulle sleepwaens so lig as moontlik, maar ook so sterk as moontlik. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 9

Steven Mchaffie 011-841-2180 072-993-6320 stevenmch@cmh.co.za

Die P250 is n klein vastebaktrok met n dagkajuit en min fieterjasies - n regte werkesel. n Boer kan beestralies, of n bak met kante vir plaasprodukte monteer. Die enjin is feitlik onbreekbaar en het homself bewys in die magdom busse wat op plattelandse grondpaaie in Suid- Afrika loop. Allan Weber van Scania, die Sweedse trokvervaardiger, sê dat n Scania vir elke taak die bekende maatskappy n hoëgehalte vragmotor bied met n volledige naverkopediens. Scania roem daarop dat ons nie van agente gebruik maak nie. Al die takke in die land word uit een bestuursfunksie bedien, wat verseker dat ons diens deurgaans dieselfde bly. Tata verbeter by die dag Harneel Luther van Tata is trots op die nuwe verbeterde Tata Xenon wat nou ook met lugsakke spog. Tata se vragmotors het al diep spore in die Suid-Afrikaanse landboumark getrap. Die Indiese maatskappy se vier-, agt- en tientonners word oor die algemeen gebruik vir veevervoer en vir heen-en-weer tussen die dorp en die plaas. Sommige van die boere het n behoefte aan groter trokke en verkies die nuwe 6x4 Truck Tractor -dubbelas wat 308 kw en 1 660 Nm wringkrag lewer. Hino bou voort op n gevestigde naam Jan Lombard, senior bestuurder: Handelaarnetwerke, Sameera Khan, bemarkingsbestuurder en Sudesh Sanilall, senior bestuurder: Onderdele en kliëntediensnaverkope is seker dat die nuwe Hino 300 Crew Cab presies die regte trok vir die landboubedryf is. Hino stap al 41 jaar die pad met die Suid- Afrikaanse boer en het n volledige reeks trokke wat kan werk vir graan- en veevervoer. Ons en Toyota het reeds n deeglike en uitgebreide handelaar- en ondersteuningsnetwerk regoor Suid Afrika. Baie van ons takke op die platteland verkoop Hino en Toyota se produkte en is dus eenstop-verskaffers vir boere. Hino dek ook Namibië, Swaziland, Botswana en Lesotho en ons produkte is bekend omdat dit baie betroubaar is, sê Sameera Khan, bemarkingsbestuurder van Hino. Hino se onderdele-afdeling is ook baie indrukwekkend. Hulle onderskryf n Sewemaandebeleid, wat beteken dat as hulle argumentsonthalwe dié maand R20-miljoen se onderdele verkoop, moet hulle sewe keer soveel in voorraad hou. Ons tegniese ondersteuning vanuit Japan is uitmuntend en hulle verstaan al die Suid-Afrikaanse mark, wat baie in die boer se guns tel, sê Sameera. Maxus is die veiligste in SA Maxus is n Britse maatskappy wat destyds Leyland oorgekoop het. Soos heelwat ander motormaatskappye, het Maxus se aanleg ook Ooste toe geskuif en vandag word die voertuie onder Britse toesig deur die yslike Sjinese SAICmaatskappy aanmekaargesit. In Suid-Afrika word Maxus deur MG versprei, wat deel is van CMH (Combined Motor Holdings) wat al oor die 20 jaar oud is. P Links: Derrick Mabunda, verkoopsman, vertel dat hierdie die enigste trokkie in Suid- Afrika is wat aan voor-impak en omroltoetse onderwerp is. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 11

Meganisasie Landbou het n dubbelkajuittrokkie nodig deur Du Preez de Villiers n Fees vir die oog. Isuzu het onlangs, tydens hulle Trucking Experience wat saam met JIMS geval het, uitgesoekte gaste genooi om hulle trokke te bekyk en te beleef. ie boer wat kostedoeltreffend wil Dboer soek deurlopend na maniere om die uitgawekraantjie toe te draai sonder om werkverrigting, gehalte of gerief in te boet. Dit geld ook wanneer hy vir hom n nuwe werkesel moet aanskaf. Die belangrikste aspekte waarna gekyk word, is bestuursgerief, laaivermoë, gehardheid en langlewendheid laasgenoemde drie beteken dat die voertuig bestand moet wees teen ruwe plaasomstandighede en alles wat op die plaas verkeerd kan loop. Trokvervaardigers het die afgelope paar jaar ernstig daarop begin konsentreer om hulle klein trokkies meer gebruikersvriendelik, gerieflik en veelsydig te maak, soveel so dat al hoe meer boere die nut en waarde van die kleinboet-, intreevlaktrokke op die plaas begin besef het. Die neiging het dit vir die boer al hoe makliker gemaak om n maatpasvoertuig vir sy unieke bedrywighede te vind. is een van die voorste vier trokverkopers. Die maatskappy het met die logistiese rugsteun van GMSA, een van die reuse in Suid-Afrikaanse voertuighandel, n stewige voetspoor in die land. Smyt die koppelaar uit Isuzu-trokke is sinoniem met AMT (automated manual transmission), n rewolusionêre kragoordragstelsel wat ontslae geraak het van die koppelaar, wat n aansienlike deel van die onderhoudslas uitmaak. Dit beteken dat n trok met n gemiddelde lewensiklus van ongeveer 300 000 km wat met n AMT-kragoordragstelsel toegerus is, se onderhouds- koste tot R60 000 minder kan beloop, bloot omdat daar nie meer n koppelaar is om te vervang nie. Isuzu gebruik die ontwerp lankal reeds in hulle groter trokreekse en dit is onlangs ook tydens JIMS ook in hulle kleinste N-reeks onthul. Vir die bestuurder is AMT natuurlik n droom. Met dié koppelaarlose kragoordragstelsel kies die bestuurder met n eenvoudige wisseling op die rathefboom tussen outomaties en handrat. Kies hy handrat, kan hy met self die ratte met die rathefboom verander sonder die nodigheid om koppelaar te trap; kies hy outomaties wissel die trokkie self ratte Isuzu is stewig geplant in die land Isuzu-trokke het onlangs, tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JIMS), hulle nuwe NMR 250- reeks dubbelkajuit, (crew cab) 3-liter AMT-trok bekendgestel, wat dadelik die landbou se oog gevang het. n Klein trokkie met n dubbelkajuit en n allemintige 2,5-ton laaivermoë is mos net wat die moderne boer nodig het! Isuzu-trokke is reeds sedert 1980 in Suid-Afrika en spog dat hulle sedert 1986 die grootste verkoper in die Amerikaanse trokmark is. In Suid-Afrika besit hulle 10% van die markaandeel en Die Isuzu NMR 250 met AMT-tegnologie is in Oktober tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou geloods. 12 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

So 'n dubbelkajuit waarin daar lag-lag ses mense kan pas met oorgenoeg pakplek is natuurlik die droomvoertuig om 'n gesinsekspedisie in Afrika aan te durf as die stoetveiling of oestyd agter die rug is... om te sorg dat hy deurgaans die goue balans tussen kraglewering en brandstofekonomie behou. Daarbenewens het die ratkas ook n ingeboude enjinbeskermingfunksie, wat toesien dat die voertuig in sy huidige rat bly totdat die omwentelinge veilig is vir die wisseling na die laer rat. AMT dra dus by tot verlaagde brandstofverbruik, minder koolstofvrystelling en laer operasionele koste. Asof AMT nie genoeg is nie, het die nuwe N-250 n nuwe sesgangratkas, wat die vorige vyfgangratkas vervang. Isuzu-trokke het plaaswiele Isuzu-trokke van Suid-Afrika se nasionale verkoopsbestuurder, Anton du Plessis, is baie geesdriftig oor die NMR 250 AMT. "Na vele versoeke uit die mark het ons daarin geslaag om AMT ook in die laer 2,5-tonsegment in te bring vir kleiner operateurs wat tradisioneel bakkies of ligte trokkies gebruik om vragte tussen 1,5 ton en 2,5 ton te vervoer. Nou kan harde werk moeiteloos met die hulp van AMT afgehandel word, verduidelik hy. "Hierdie nuwe model skep vir ons die geleentheid om splinternuwe markte te betree, waarvan een beslis die landbou is. Ons het weer die kol getref as dit kom by unieke behoeftes. Vragmotorbestuur was nog nooit so maklik en sonder spanning nie." As oorsese neigings dopgehou word, is die dae waarin boere hulle werkers agter op oop sleepwaens, trokke en bakkies vervoer dalk binnekort verby. Daarbenewens neig Suid-Afrikaanse boerderye ook in n rigting waar boere n kleiner aantal hoogs opgeleide werkers of tegnici in diens gaan neem om gespesialiseerde arbeidsvervangende masjinerie te bedryf. Hoogs geskoolde personeel is n baie belangrike bate en dit sal wys wees om hulle in die veiligste omstandighede te vervoer. Die N-250 dubbelkajuit bied n uitstekende antwoord op hierdie veranderende neiging. Vandag se trokkajuite lyk lankal nie meer soos n trok s n nie en Isuzu-trokke het ook nie agtergebly as dit kom by luukse ontwerpe en bestuurdersgerief nie. Die binnekant is knus en die kontroles en hefbome is mooi logies uiteen- gesit en gespasieer. Die klein en elegante rathefboom lyk meer soos n sportvoertuig as n trok s n. Met kragstuur, lugversorging en n stuurwiel wat kan kantel en hoër of laer stel, hoef geen boer bekommerd te wees dat hy voor sy dag gaan oud word nie. Op die toetsbaan het die N-250 ook sy man gestaan en swiep tussen kegels deur met die gemak en ratsheid van n springboksenter. Die remme het ook nie n snars toegegee tydens n noodstop nie en die trok kon vanaf 100 km/h binne net 20 meter dood stop. Die trokkie se berekende maksimum spoed is 122 km/h. Die dieseltenk bevat 75 liter en sy sluitbare klap beskerm jou duur brandstof teen diefstal. Die draaisirkel van die trok is 14,5 meter en die stuurwiel maak 4,5 draaie voor dit sluit. Met n wringkrag van 330 Nm teen 1 600 tot 2 700 omwentelinge per minuut en werkverrigting van 96 kw teen 2 800 omwentelinge per minuut, sal die trokkie enige taak op die plaas, hoe groot en swaar ook al, kan baasraak. Vergelyk appels met appels Enige voornemende koper en des te meer n boer wat n nuwe produk oorweeg, moet tog die eienskappe vergelyk met dit wat hy reeds ken. ProAgri het die NMR N250-trokkie met n standaard dubbelkajuitbakkie vergelyk en is baie aangenaam verras. Die trok het n onderstel van 3,4 m x 1,7 m waarop n bakwerk gebou kan word, wat aansienlik meer is as n dubbelkajuit- of enkelkajuitbakkie se bakruimte wat onderskeidelik 1,5 m lank x 1,5 m breed en 2,3 m lank x 1,5 m breed is. Die gemiddelde brandstofverbruik van die trokkie is 7,7 liter per 100 kilometer en die bakkie s n is 7,8. Die dubbelkajuit het n 5 jaar/120 km waarborg terwyl die trokkie se waarborg oor 24 maande strek, maar oor n oneindige aantal kilometer. As pryse vergelyk word, kos n dubbelkajuitbakkie van dieselfde 3-liter enjingrootte R400 000 terwyl die N-250 Crew Cab net R340 000 kos. n Verdere voordeel is dat jy 14% belasting op n werksvoertuig soos die trokkie kan terugeis, wat R47 600 terug in jou sak sit. n Deel daarvan moet jy gebruik om die bak van jou keuse op te sit, wat n baie spoggerige bak sal wees as jy al die geld gebruik, sê Anton. P Vir verdere navrae kan 08600 ISUZU (47898) geskakel word of www.isuzutrucks.co.za besoek word. Die N-250 sal soos sy grootboet, die N-300 sy plek volstaan op enige ruwe plaaspad. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 13

Spesiaal vir die boer: Mahindra baie bakkie vir min geld egoor die land reken al hoe meer Rboere op Mahindra om hulle bakkietake bekostigbaar, maklik en met voorbeeldige pligsbesef af te handel. Vir die boer wat die goedkoopste moontlike werkesel wil aanskaf, is die rateltaai Mahindra Bolero perfek. Hierdie enkelkajuitbakkie met sy groot grondvryhoogte en keuse tussen n diep gewone bak of n plat valkantbak, is in twee- of vierwielaandrywing beskikbaar. Sy betroubare 2,5-liter turbodieselenjin en gladde vierspoedratkas maak hom opgewasse vir enige taak op die pad of op die plaas en hy dra sy volle vrag van meer as n ton sonder kreun of kla. Vir die boer wat meer wil bestee, maar meer as volle waarde vir elke rand verwag, bied Mahindra die Scorpio, wat in twee- en vierwielaandrywing en met n enkel- of dubbelkajuit beskikbaar is. Van buite vertoon die Scorpio net so stewig en robuust as wat hy is, maar van binne bied hy gerief wat moeilik oortref kan word, soos n verstelbare stuurwiel, elektries beheerde kantspieëls, spoedbeheer en n veelsydige, kristalhelder klankstelsel. Die Scorpio se 2,2-liter mhawk-enjin met drukbuisinspuiting lewer al die krag wat jy wil hê, selfs vir swaar sleepwerk, en verblydend ekonomiese dieselverbruik. Mahindra se Genio gebruik dieselfde turbo-aangejaagde 2,2-liter dieselenjin as die Scorpio en lewer dieselfde aanskoulike werkverrigting. Die Genio bied jou n keuse tussen n enkel- of dubbelkajuit, maar is net met tweewielaandrywing beskikbaar. Die Genio het sagter lyne as die Scorpio of die Bolero, maar hy is steeds n taai en gewillige werkesel wat met of sonder vrag stabiel en rats reageer en vir geen hoogte stuit nie. Die verrassend ruim binneruim van die Genio is n toonbeeld van logiese ontwerpvernuf en gerief: akkurate binneen buitetemperatuuraanduiding, n ritrekenaar wat jou sê hoe ekonomies jy bestuur en hoe ver jy nog kan ry met die beskikbare diesel, twee lugsakke, elektries beheerde vensters, skitterende klankstelsel, wegvoubare armleunings tussen die voorste sitplekke, n smukspieëltjie met grimeerliggies in die passasier se sonskerm en doeltreffende lugversorging. Die Genio bestuur soos n droom en is die perfekte bakkie vir die baas van die plaas. As jy n Mahindra koop, kry jy die Meganisasie meeste waarde vir die minste geld, maar daar is nog meer goeie nuus: As jy lid van TLU SA is, kry jy, benewens jou waardevolle lidmaatskapvoordele, n korting van 5% op enige Mahindra, GWM, Citroën, Suzuki of Ssang Yong wat jy by Suri Montana koop. Hierdie korting beteken n volle R10 000 op n voertuig wat R200 000 kos en dit is meer as drie jaar se TLU SA-lidmaatskapgeld. Maar daar is nog meer goeie nuus. Na elke 15 voertuie wat TLU SA-lede by Suri Montana gekoop het, hou die handelaar n trekking waarin een van daardie vyftien lede geskenkbewyse van nog R10 000 kan wen. As jy meer wil weet van TLU SA-lidmaatskap, praat met Henk van de Graaf by 012-804-8031 of e-pos koms@tlu.co.za. Besoek gerus ook www.tlu.co.za. P Vir meer inligting oor die skitterende Mahindra-reeks, besoek www.surimontana.co.za of kontak Jaco Liebenberg by 012-524-9000 of jaco@surimontana.co.za. GEMAAK VIR PAAIE WAT NOG NIE BESTAAN NIE vanaf R159 900 vanaf R164 900 R10 000 kan gewen word deur n gelukkige lid van georganiseerde landbou! H/A Mahindra Montana Breedstraat 501, Montana Park, Pretoria Besoek gerus ons webblad by www.surimontana.co.za vir ons volledige reeks fabrikate Jaco Liebenberg 012-524-9000 jaco@surimontana.co.za vanaf R129 900 www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 15

Enjins loop seepglad met Caltex Delo 400-smering (jaar na jaar na jaar...) deur Du Preez de Villiers oe gemaak om te bepaal of die Hsmeermiddels waarop jy en jou trekkerenjin oor soveel jare staatmaak, regtig doeltreffend werk? Die beste manier is tog seker om die enjin aan die einde van sy leeftyd tot op die laaste boutjie uitmekaar te haal en elke onderdeel deeglik te ondersoek om te sien waar en hoe slytasie plaasgevind het. Caltex het onlangs besluit om n trekker wat sedert sy eerste dag net met hulle vlagskip-olie, Delo 400, gesmeer is, so uitmekaar te haal. Bly by die beste HJ Linde en Seuns is n groot aartappelboerdery buite Vryburg en hulle trekkers werk kliphard in die lande. In 2001 het pa Hansie n nuwe New Holland 8066 met n Iveco-enjin gekoop en van die begin af net Delo 400-olie in die trekker gebruik. Hy het die trekker getrou op elke 250 uur gediens en vandag staan die enjin op 16 000 uur 8 000 uur meer as die normale verwagte enjinleeftyd! Oom Hansie is 'n getroue kliënt van Suidwes Landbou in Vryburg, wat hulle Caltex-smeermiddels by Star Lubricants in Stilfontein aankoop. Star Lubricants is een van die 17 Caltex-agente landswyd wat die noordwestelike streek bedien en is verlede jaar as die beste Caltex-verspreider aangewys. JP Potgieter, hulle verteenwoordiger, het besluit dat Caltex Die span aan die stuur van sake tydens die trekkeraftakeling: Stephan Marais en JP Potgieter, van Star Lubricants; Fiaz Regal, Chevron Suid- Afrika; Eddie Legassick, eienaar: Star Lubricants en Louis Venter, motorwerktuig-kundige van Hansie Linde en Seuns boerdery. Voor hulle is die enjinonder-dele uitgestal wat slegs met Caltex se Delo 400 olie gesmeer is en na 16 000 uur se strawwe werk steeds lus is om voort te gaan. van hierdie prestasie te hore moes kom en die geleentheid moes benut. Die daad is kort daarna by die woord gevoeg. Ons is nie net n verspreider van Caltex se produkte nie. Ons voel soos vennote van hierdie reuse internasionale maatskappy en is daar om die Chevronen Caltex-handelsmerk in Suid-Afrika uit te dra. Ons goeie en gemaklike verhou- Delo 400 multigraad SAE 15W-40 is al lank in die land en het homself bewys as die smeermiddel van smeermiddels. Meganisasie ding met Caltex en die uitmuntende gehalte van Caltex se produkte gee ons die vrymoedigheid om die produkte met n oop gemoed by ons kliënte aan te beveel en te verskaf, sê JP. Sien is glo ProAgri is saam met n Amerikaanse filmspan genooi om getuies te wees tydens die trekkeraftakeling (tractor tear-down, noem die Amerikaners dit), wat onlangs by die New Hollandagentskap van Suidwes Landbou in Schweizer-Reneke se werkswinkel plaasgevind het. Dit is die standaard om n New Holland se enjin tussen 8 000 en 10 000 uur oor te doen, so toe ons hoor van n trekker wat op 16 000 uur nog loop, was ons baie verbaas en baie trots, sê Boy du Preez, Suidwes Landbou se tegniesediensbestuurder. Buiten die hooflaers, waar die boonste deklaag effens deurgewerk is, kon al die onderdele weer net so in die enjin teruggesit word sodat dit vir n onbepaalde tyd verder kan werk. Dit het vier dae geduur om die trekkeraftakeling te voltooi. Eerstens is die trekker afgeneem waar dit in die land werk. Daarna is elke enjinonderdeel sorgvuldig uitgehaal, skoongemaak en deeglik ondersoek terwyl elke beweging op kamera vasgelê is. Die Delo 400 multigraad SAE 15W-40- enjinolie word al jare lank regoor die wêreld as n puik produk gereken en het 16 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

geleer om die ekstra myl vir ons kliënte te stap en omdat ons weet dat ons een van die beste produkte denkbaar aanbied, gee dit ons soveel meer motivering om die beste diens te lewer, sê John. Barend van der Westhuizen, tegniese-ondersteuningspesialis van Caltex, beduie watter enjindele gewoonlik eerste verweer, maar in hierdie geval nog vlekloos is. oor die afgelope twaalf jaar telkens met lof aan nuwer, strenger bedryfsvereistes wat bykom, voldoen sonder dat daar aan die formule verander is! n Verdere merkwaardige eienskap van Delo 400 is dat dit n minerale olie is wat net so goed presteer soos die moderne sintetiese oliesoorte, terwyl dit steeds vier keer goedkoper is! Caltex se tegniese-ondersteuningspesialis vir produkte, John Green, het spesiaal vanaf Kalifornië na Suid-Afrika gekom om n ogie oor die uitmekaarhaalproses te hou en hy was ook in sy noppies oor die produk se prestasieresultate: Hierdie is n duidelike bewys van ons sukses. Die prestasie van Delo 400 multigraad SAE 15W-40 is te danke aan die hoëgraad-basisolies wat ons gebruik, tesame met deurlopende navorsing en die jongste tegnologiese formulasies wat in die ontwerp en vervaardiging van die produk gaan. Ons het n Nabyblik van die New Holland 8066 se Iveco-enjin se suiers na 16 000 uur se harde werk. Kom kyk vir jouself Caltex is vanjaar 76 jaar oud en doen baie moeite om hulle produkte deurgaans te verbeter om aan die ontwikkelende vereistes van die mark te voldoen. Natuurlik is die jongste uitdaging om die smeermiddels se koolstofvoetspoor so klein as moontlik te hou. Caltex beplan om die sleutelonderdele van die trekkerenjin te raam en om dit tydens Nampo by die Caltex-stalletjie uit te stal sodat boere met hulle eie oë kan sien watter skitterende resultate Delo 400-olie lewer. En natuurlik sal oom Hansie nie in die steek gelaat word as hy sy volgende aartappelseisoen binnegaan nie. Caltex gee vir hom n splinternuwe enjin sodat hy weer kan probeer om met Delo 400 en sy New Holland 8066 die grense van tegnologie te verskuif. P John Green, Chevron se tegniese-ondersteuningspesialis vir produkte uit Kalifornië, is baie beïndruk met en trots op die toestand van die Ivecoenjin wat 16 000 uur op die klok het. Vir meer inligting oor Delo-produkte besoek www.caltexdelo.com of skakel die Chevron Kliëntedienssentrum by 0860-30-08-60. Vir tegniese navrae stuur n e-pos na zalubricantstechsupport@chevron.com. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 17

Gebruikgereed trokbakke: MAN staan sy man nou gouer MAN se keuse van klaargemaakte bakke: die gordynbak, die toe bak en die valkantbak. tipte tydigheid is in die landbou Sbelangriker as in enige ander bedryf. Dit geld veral ook vir die vervoer van landbouprodukte. Landbou werk immers met produkte wat kan bederf en diere wat kondisie kan verloor. Daarom is tydige, betroubare vervoer van deurslaggewende belang vir enige boerdery. MAN, die vooraanstaande vervaardigers van trokke en busse, verstaan die boer se behoefte volkome en dit is een van die redes waarom boere, saam met die res van die Suid-Afrikaanse vervoerbedryf, bly sal wees om van MAN se nuwe program, Rygereed Trokke, te verneem. Voorheen het MAN sy ongelede trokke net in die onderstel-en-kajuitformaat verkoop. Die koper moes dan by die bakbouer van sy keuse n bak van sy keuse laat monteer. Die nadeel van hierdie werkwyse was dat etlike weke verloop het tussen die koopdatum en die datum waarop die kliënt uiteindelik sy nuwe trok se neus padwaarts kon stoot om sy aankoopkoste te delg en geld te begin verdien. MAN se Rygereed Trokke bied nou n keuse van n reeks trokke met reeds gemonteerde bakke, waarmee die kliënt vanaf die vertoonkamer regstreeks die pad kan aandurf en die trok kan laat begin werk. Die eerste trokke wat in die Rygereedreeks geloods is, is die MAN CLA 15.220 4 x 2 BB, die VW Constellation 13.180 4 x 2 BB en die VW Constellation 15.180 4 x 2 BB. Hierdie gewilde modelle is gekies vir hulle robuustheid en vir hulle kragoordrag- en veerstelsels wat spesiaal ontwerp is vir vervoerwerk in moeilike, uitdagende omstandighede. Voordat hulle bakbouer toe gaan, het hulle almal reeds fabrieksgemonteerde dagkajuite en al die standaard toerusting wat met die onderstel saamgaan. Die onderskeie bakke wat in die Rygereed-reeks beskikbaar is, is die gestandaardiseerde valkantbak, die toe bak en die spankabel-/gordynkantbak. Hierdie bakke se binnelengte wissel tussen 6,2 tot 7,5 meter en hulle kan wettige vragte van tussen 6,5 en 8,5 ton dra. Hulle binneruimtes strek van nagenoeg 36 tot 44 kubieke meter, wat hulle geskik vir vrag- sowel as volumevervoer maak. Die groot voordeel van die Rygereedreeks is dat die trok vir die eienaar kan begin geld verdien op dieselfde dag wanneer hy gekoop word, sê Bruce Dickson, hoof-uitvoerende beampte van MAN Truck & Bus Suid-Afrika. MAN sal natuurlik voortgaan om ook kaal onderstelle met kajuite te bemark vir die voordeel van daardie kliënte wat graag bakke volgens hulle besondere behoeftes wil laat vervaardig en monteer. Wat die Rygereed Trokke se klaargemonteerde bakke betref, het MAN Truck & Bus met groot omsigtigheid trokbakbouers gekies om bakke van die beste gehalte te vervaardig en te monteer. Terselfdertyd is gesorg dat die voertuigpryse so laag as moontlik bly. Volgens mnr Dickson maak die beskikbare modelle die keuse baie makliker vir kliënte omdat dit n logiese verteenwoordiging van gewilde opsies bied. Die hoofmikpunt is aanvanklik die mediumvragvervoerbedryf, maar Meganisasie daar sal later nog toevoegings tot die reeks gemaak word na gelang van gebruikers se behoeftes. Die eerste aanduidings is dat die Rygereed Trokke met groot opgewondenheid in die mark verwelkom word. Die feit dat n geskikte trok nou onmiddellik van die vloer af beskikbaar gestel kan word, beteken n belangrike tydbesparing wat dikwels n deurslaggewende verskil vir die kliënt kan maak, sê mnr Dickson. Die kliënt kies n doelgeskikte voertuig, onderteken die dokumente en span sy nuwe trok oombliklik in om vir hom te werk. Deel in Vervoerdoeltreffendheid Die MAN-kliënt kry nie net n voortreflike trok met n gebruikgereed bak nie, maar hy deel ook in die voordeel van Man Truck & Bus se Vervoerdoeltreffendheidsplan. MAN se manne besef dat daar jaarliks al hoe meer vervoer en verkeer op Suid- Afrika se paaie is. Terselfdertyd word energiehulpbronne al hoe skaarser, wat vervoer al hoe duurder maak. As een van die wêreld se voorste vervaardigers van vragmotors en busse lewe MAN n belangrike bydrae tot die voortdurende verbetering van vervoerdoeltreffendheid. MAN bied n omvattende doeltreffendheidsprogram om die koste van eienaarskap te verminder. Vervoerdoeltreffendheid ten opsigte van tegnologie, diens, die bestuurder en toekomstige kundigheid beskerm die omgewing en bied MAN se kliënte toegevoegde waarde. P Vir meer inligting oor MAN se vervoeroplossings vir die boer besoek www.mantruckandbus.co.za. Dis maklik om die gordynbak te laai en wanneer die gordyne laat sak en vasgemaak word, is die vrag veilig en beskut. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 19

se : Crop-Tech en sy handelaars onderneem: Ons is al die pad aan die boer se kant. Ons stel net deeglik getoetste, bewese werktuie aan boere beskikbaar. Ons sorg dat elke werktuig perfek werk wanneer dit afgelewer word. Ons verlaat nie die plaas voordat die boer gelukkig en tevrede is nie. Ons glo in langtermynverhoudings met kliënte. Ons beperk staantyd tot die absolute minimum. Ons staan pa vir al ons produkte en sorg dat die boer aan die boer bly. Ons is goed opgelei en ons mense verstaan die boer se saak. Ons streef onkreukbare eerlikheid en absolute vertroue na in al ons verhoudings. Ons lewer diens waarop die boer kan reken. die voorste naam in geenbewerking Daar s n Jumil-planter PERFEK vir jou plaas JM 7090/7080: Die groot boer se planter Hou tot 4 428 kg kunsmis en 961 kg saad Plaas 40 tot 1 400 kg kunsmis per hektaar akkuraat Beskikbaar met hidroulies aangedrewe vakuumwaaier of plaatuitmeter JM 3090/3080: Die gewilde keuse Tandemraam beskikbaar om twee planters aan een trekker te haak Plant verstommend akkuraat Beskikbaar met vakuum-en plaatuitmeting JM 3070/3060: Kontoere se baas Plant 4 tot 11 rye Beskikbaar met vakuum- en plaatuitmeting 17-duim voorsnykouters JM 3060 JM2670/2570: Stewige driepuntplanter Beskikbaar in modelle van 3 tot 6 rye Hou tot 530 kg kunsmis en tot 160 kg saad Beskikbaar met hidroulies aangedrewe vakuumwaaier of plaatuitmeter Trekkerkrag benodig: 45 kw vir die 3-rymodel; 75 kw vir die 6-rymodel JM2570 Geenbewerking is die praktyk van die toekoms, wat boere in staat stel om volhoubaar en winsgewend te boer. Maar geenbewerking is net moontlik met ʼn robuuste planter wat doeltreffend deur digte oesreste kan sny, in onbewerkte grond die perfekte saadbed, saadspasiëring en plantdiepte kan handhaaf en kunsmis akkuraat kan plaas presies waar die plantjie dit die maklikste kan bereik en die meeste nodig het. Sonder so ʼn planter is suksesvolle geenbewerking nie moontlik nie. Crop-Tech se volledige reeks Jumil-geenbewerkingplanters bied ʻn perfekte model vir elke boer, hoe groot of klein jou plaas ook al is, watter grondsoort jy ook al het, wat jy ook al wil plant en watter rywydtes jou ook al pas. Dit is maklik om ʻn Jumil-planter te kalibreer en ʼn plesier om met hom te plant. Dis maklik en vinnig om hom te onderhou en sy duursame, verseëlde laers vereis net een smeerdiens per seisoen. En by dit alles geniet jy die voordeel van Crop-Tech se puik naverkoopdiens. Vir geenbewerking met geen sukkel en geil oeste, praat met jou Crop-Tech-verspreider of met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7210 of sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za. JM5023: Die koringkoning Plant koring, hawer, gort, rog of selfs rys perfek in enige soort grond Plant 23 rye op ʼn slag Plant honderd persent eenvormig op hobbelrigste lande Gebou om te hou Hou 1 250 liter kunsmis en 950 liter saad en plant teen 12 km/u

al die pad aan die boer se kant ʼn Rotsvaste feit waarop die boer kan peiltrek, is dat Crop-Tech immer gereed staan om hom die beste werktuie en die beste diens te bied. Kyk net: Berthoud-spuite Noodsaaklik vir geenbewerking Aan die voorpunt van spuittegnologie Versoenbaar met presisieboerdery Duursaam en stabiel Beskikbaar met tenk van 800 liter met ʼn spuitbalk van 12 meter; ʻn tenk van 1 000 liter met ʻn spuitbalk van 16 meter; en ʻn tenk van 1 600 liter met die opsie van ʻn bykomende tenk van 1 000 liter voor aan die trekker en ʻn balk van 21 meter. Jumil Precisa 6m 3 -presisiestrooier Strooi kunsmis en kalk presies Verstelbare werpers vir korrel- en poeierprodukte Skakel by die trekker se GPS-stelsel in Plaas tussen 15 kg en 8 000 kg/ha akkuraat teen 4 kmu tot 15 kmu Eie hidrouliese stelsel Wielwydte verstelbaar van 1,8 tot 3,2 m Bergville: Jan Vermaak 083-625-7512 Bethal: Steve Meyer 083-538-2022 Bothaville: Nico Oelfken 083-409-5334 Brits: Bart Tijsen 082-960-5741 Butterworth: Fred Potgieter 083-605-9440 Dundee: Johan Pretorius 071-213-5184 Ermelo: Johan Hattingh 082-574-6219 George: Sidney Haddad 082-255-6038 Hartswater: Flip Bloem 083-456-0629 Heilbron: Bertus vd Westhuizen 058-852-1212 Hectorspruit: Henk Bezuidenhout 082-377-1933 Hoopstad: Hennie Roos 053-444-1900 Hopetown: Rudi Sutherland 082-771-9906 Kokstad: Wally Tolmay 083-457-6205 Kroonstad: Phil Bantjes 082-684-7583 Kirkwood: Riaan Pretorius 082-563-3607 Ladybrand: Lodie Minns 082-451-4573 Lydenburg: Kobus Coetzee 013-235-2871 Modderrivier: Albie van Niekerk 082-992-0276 Mooirivier: Craig Webster 082-450-4281 Newcastle: Manus Geldenhuys 082-313-1792 Oos-Londen: Gerrit Potgieter 083-659-8286 Ottosdal: Louwrens Rudolph 083-388-5291 Pietersburg: Christo Kuilder 073-499-4735 Pietermaritzburg: Ian Clark 084-277-2771 Port Elizabeth: Roelou Beer 082-569-1914 Port Shepstone: Bryan Taylor 082-320-4126 Reitz: Francois Visser 082-550-0543 Riviersonderend: Theuns Human 083-305-4391 Standerton: Dolf Volschenk 082-824-1821 Tarlton: Bart Tijsen 082-929-5850 Thabazimbi: Justin Piha 082-782-4908 Tzaneen: Willem vd Vyver 083-414-4238 Winterton: Jan Vermaak 083-625-7512 Crop-Tech het goed toegeruste handelaars vir deeglike diens dwarsoor die land Akkurate Jumil-misstrooiers Beskikbaar in verskillende groottes ʻn model vir elke boer Werk maklik en eenvoudig Betroubaar en duursaam Kompakteer nie jou land nie Vereis relatief min trekkerkrag Bekostigbaar JM 60 Plena-kuilvoerkerwer Sterk, stewige ontwerp en materiaal Super eenvoudig uiters betroubaar en duursaam Bandaandrywing Maklike snitlengteverstelling Lae onderhoudsbehoefte Prys baie gunstig JM-stropers Eenrymodel beskikbaar met sakvuller of graantenk van 730 liter en awegaar Tweerymodel met graantenk van 1 300 liter Monteer aan bykans enige trekker om eenheid te vorm Eenvoudig en maklik om mee te werk Betroubaar en verg geen ingewikkelde herstelwerk of diens nie Bekostigbaar

Kies die regte spuit: Spuit-spuit die bult uit et so belangrik as wat die spuit vir Ndie saaiboer is, so belangrik of dalk selfs belangriker is dit vir die vrugte- en wingerdboer. Ook hierdie boere is die prooi van n hele leërskare peste en plae, en sonder n doeltreffende spuit om homself te verdedig, is die vrugteboer gedoem tot gevoelige winsverlies. Net een plant wat met donsskimmel besmet is kan n hele wingerd aansteek, sê die kenners. Dan is daar nog witroes en blaaspootjie en ook by die produksie van ander vrugte en sitrus n verdere swetterjoel bedreigings wat die boer met sy spuit moet troef as hy enigsins n sukses van sy boerdery wil maak. Regdeur die plante se groei- en produksiesiklus moet die boer gereeld met sy spuit inspring om peste en plae tot verantwoording te roep. Maar daar eindig die spuit se rol in die wingerd en boord nie. Die strakke ekonomiese werklikheid wat n boer in die gesig staar, is dat hy die maksimum produksievolume van die hoogste gehalte moet lewer as hy wil oorleef. Hierdie mikpunte is nie haalbaar sonder blaarvoeding en groeireguleerders wat deur die spuit toegedien moet word nie. Dit alles beteken dat die boer nie kan bekostig om enigiets minder as n bul van n spuit as produksiebondgenoot te betrek nie. Boord- en wingerdspuite werk almal min of meer op dieselfde beginsel: Fyn druppeltjies spuitstof word binne-in n sterk windstroom vrygelaat om die hele ruimte rondom die plante wat bespuit word met n warrelende newel van spuitstof te omring. Dit verseker dat daar spuitstof op elke deeltjie van die plant beland om peste doeltreffend te bestry. Die spuit is so ontwerp dat die windstroom ook die plante se blare warrel om te verseker dat plae, soos blaaspootjie wat aan albei kante Gewasproduksie van die blaar wegkruip, deeglik met die spuitstof kennis maak. n Boord- of wingerdspuit bestaan dus basies uit n spuitstoftenk, n flink waaier wat n sterk windstroom opwek en n pomp wat die spuitstof deur sproeiers in die lugstroom plaas. Op hierdie basiese patroon is daar byna eindelose variasies soos verskillende soorte pompe, verskillende soorte en groottes waaiers wat boonop verstel kan word om meer of minder te blaas, verskillende soorte sproeiers vir verskillende toepassings en n groot verskeidenheid skramkappe en hulse waarmee die lugstroom op verskillende maniere na die bome of wingerd gevoer kan word om die spuitstof presies volgens elkeen se aard en behoefte toe te dien. Daar is abbamodelle wat aan die trekker se driepunthyser monteer vir kleiner boorde of wingerde en sleepmodelle van verskillende groottes; sommiges met verstelbare galgbalke wat toedieningsbuise met sproeiers in die bek tot bo-oor wingerdrye lig om etlike rye op n slag te bespuit. Die eerste vereiste wanneer n boer n boord- of wingerspuit aanskaf, is dus om n kundige handelaar te vind wat nie net alles van spuite weet nie, maar ook van die gewasse wat bespuit moet word. Kyk ook watter soort spuite die meeste boere in die omgewing gebruik. n Sekere soort spuit sal nie sonder rede die topverkoper in n sekere gebied wees nie, en vir die spuit wat die meeste in jou gebied gebruik word sal onderdele en diens waarskynlik ook geredeliker beskikbaar wees. Praat ook met medeboere n boer se raad is altyd prakties en op dure ervaring geskoei en boere is gewoonlik nie suining met betroubare en bruikbare inligting nie. Algemene vereistes waaraan n boord- of wingerspuit behoort te voldoen, is die volgende: Omdat tydigheid so n belangrike vereiste vir spuitwerk is, moet die Foto: Rovic Leers Dit is belangrik dat die warreling so plaasvind dat blare ook van onder af benat word. 22 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

spuit betroubaar wees en vinnig en maklik werk. Die spuit moet daartoe in staat wees om spuitstof egalig en akkuraat, sonder onnodige vermorsing, op die gewas wat jy wil bespuit te plaas: digte blare, hoë bome, verskillende rywydtes, verskillende toedieningsvoorskrifte moet alles in ag geneem word. Die spuit moet robuust wees, veral waar wingerde of boorde op moeilik begaanbare terrein aangelê is. Die spuit moet slank genoeg wees om maklik tussen rye te beweeg, sy lyf moet glad en gelyk wees sodat takke en blare nie beskadig word nie en sy Foto: Rovic Leers 'n Gevorderde wingerdspuit met n hoogteverstelbare galgbalk, windbuise en verstelbare blasers met sproeiers om presiese spuitstofplasing moontlik te maak. werkende dele moet weggesteek wees sodat dit nie beskadig kan word nie. Die waaier moet so beskerm word dat dit nie beskadig kan raak nie, maar ook dat dit nie hande, vingers of enigiets anders kan beskadig nie. Die spuit se haakstelsel en disselboom moet so ontwerp wees dat daar skerp gekrink kan word om by een ry uit en die ander in te draai sonder n heenen-weerstotery. Die spuit wat jy koop moet by die beskikbare trekker en by die grootte van jou boerdery pas. n Spuit wat die naam werd is behoort pypkoppelpunte te hê vir handbespuiting. Banke sproeiers behoort afsonderlik oop- of toegemaak kan word vir gevalle waar net een kant van n ry bespuit word. Sproeiers en die lugstroom moet verstelbaar wees om voorsiening te maak vir die bespuiting van plante van verskillende groottes sonder vermorsing. Dit moet maklik wees om die spuit te vul, spuitstof te vermeng en te kalibreer sonder om met emmers en roerspane om die spuit rond te kloek. Die tenk moet skok- en korrosiebestand wees en die raam en masjinerie van die spuit moet teen roes en chemiese wegvreting beskerm wees. Daar moet n doeltreffende roerstelsel wees om die spuitstofmengsel deurgaans homogeen te hou. As die spuit vir verskillende gewasse gebruik word en ook vir die bespuiting van verskillende soorte plae op plante in verskillende groei- en produksiestadia, is dit nuttig as die sproeiers en sproeikoppe omgeruil kan word, as die waaierblaaie verstel kan word en as die waaierratkas teen meer as een spoed gestel kan word en ook n neutraalstand het sodat die waaier nie tydens handbespuiting loop nie. Die spuit se ratkas moet sterk en goed ontwerp wees om uiterste toestande te hanteer, veral op ongelyke terrein waar konstante enjinomwentelinge nie gehandhaaf kan word nie. Dit is wel duurder, maar hoe meer van die spuit se funksies vanuit die trekkerkajuit gesien en beheer kan word, hoe doeltreffender en vinniger kan jy spuit. Die spuit moet n doeltreffende filtreerstelsel hê om sproeierverstopping uit te skakel en die filtreerders moet maklik bereik en skoongemaak kan word. Dit is baie geriefliker en veiliger vir die boer as die pomp homself kan voorvoer (prime) en as dit so ontwerp is dat dit nie deur droogloop beskadig kan word nie. Dit moet maklik wees om die spuit te dreineer en skoon te maak. n Vindingryke spuitontwerp waar die tenk gesleep word, maar die pomp, waaier en verspreidingstelsel aan die trekker gemonteer is. Let op die lang, skoon disselboom wat die trekker in staat stel om knap te draai. Soos met alle ander landboutoerusting, is die finale belangrike oorweging by die aankoop van n spuit die handelaar. As die handelaar kundig en toegewyd is, as hy begrip het van boerdery en vir die boer se behoeftes, as hy gevestig en betroubaar is en as hy bereid is om die nodige onderdele, diens en opgeleide tegnici beskikbaar te stel, is die boer se keuse van n boord- of wingerdspuit veilig. P www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 23

2013 Lesersopname Interessante feite - Gemiddeld 3,1 mense lees elke eksemplaar van ProAgri en ons lesers is tevrede met die inhoud. 93% sê ProAgri is uitstekend of goed. - ProAgri beïnvloed boere se aankoopbesluite. Van ons lesers wat n omset van meer as R5 miljoen per jaar het, het 46% gesê hulle het aankope gedoen op grond van inlig ng wat hulle in ProAgri gekry het. Hierdie inlig ng word gebring met dank aan die hoo org van die 2013 Lesersopname: Jasper Hewi : 023-342-3438 rotrix@intekom.co.za www.rotrix.co.za 24 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

Gewasproduksie Great Plains is dubbeld en dwars die moeite werd André du Preez van Lichtenburg sê AgriAfrika se tegnologie-oplossings beteken dat hy die droë toestande baie beter kan hanteer, met n groot besparing op insetkoste. elfs na drie moeilike droë jare is SAndré du Preez van Lichtenburg nie bekommerd nie. Ek het nie n dag se bekommernis nie, want ek weet, as dit vandag begin reën, kan ek dadelik plant, selfs op die droëlandgedeeltes van my plaas, sê hy. Die meganisasie-oplossing wat hom soveel gemoedsrus gee, is die kombinasie van vertikale bewerking met n Turbo-max van Great Plains, gekoppel met tweelingry-plantwerk, ook met die hulp van n Great Plains-planter. Agri- Afrika het die Great Plains-kombinasie aan hom bekend gestel en onder die spilpunte pronk sy mielies en soja reeds in hulle netjiese dubbelrye. En ek het reeds baie insetkoste bespaar. Ek kan nog nie die som klaarmaak nie, maar ek kan nou al vir jou sê, dis BAIE! André sê hy het op boeredae na baie verskillende soorte toerusting gekyk, want hy het net besef dat stygende insetkoste en ongunstige weersomstandighede hom noop om met nuwe oë na planttyd te kyk. Die oorskakeling na minimumbewerking gaan vir André nie net oor besparing in dieselverbruik, hande-arbeid en tyd nie; dit gaan ook oor volhoubaarheid. Ons moet doen wat ons kan om oor die langtermyn vir ons nageslag net die beste te los en dit begin by ons grond. So werk die Turbo-max Die Turbo-max se geriffelde snykouters gly seepglad deur plantreste en berei die saadbed voor tot op n diepte van 15 cm. In een beweging kan stoppels gesny, kalk ingewerk en die saadbed glad en gereed gemaak word vir die planter. Die kouters kan tot ses grade na links of regs verstel word vir n meer aggressiewe bewerking, maar bly altyd regop om grond los te maak sonder om die kosbare lagie bogrond met sy organiese reste om te dolwe. Die agterste ry kouters beweeg tussen die voorstes vir fyn losmaakwerk sonder dat enige riwwe gelaat word. Die kouters in elke ry is 19 cm (7,5 ) uitmekaar gespasieer, wat beteken dat plantreste uiteindelik in stukkies korter as 9 cm gesny word. Die reste bly in n egalige laag op die grond ter wille van vogbehoud. Agter die snykouters volg n stel hamers om enige kluite te breek, waarna n roller die finale saadbedafronding doen. Neels Sanders, AgriAfrika se verteenwoordiger in die Noordwes-gebied, sê die voordeel van vertikale bewerking is dat daar geen blad gevorm word wat plantwerk moeilik kan maak nie. Dit is die eerste keer dat André die bewerking doen, maar sy plan is om volgende jaar net na strooptyd dadelik die Turbo-max deur te stuur om die stoppels te sny, sodat die afbreekproses van die plantreste bespoedig kan word. Net voor planttyd sal hy dan weer die lande sny om die saadbed voor te berei. Nou vir planttyd André het ook deur AgriAfrika n 24-ry Great Plains Yield-Pro-planter bekom, waarmee hy vanjaar sy mielies en soja geplant het. Die planter spog met Twin- Row -tegnologie, wat beteken dat elke ry eintlik n dubbelry is, met die mielies wat verspringend van mekaar geplant word. Die dubbelry se plante is naby genoeg aan mekaar om saam gestroop te word, maar ver genoeg van mekaar (20 cm) sodat elke plant meer lewensruimte het. Dit beteken beter wortelgroei, vinniger blaarontwikkeling en tot 30% meer kuilvoer wat van dieselfde aantal pitte gesny kan word. André is beïndruk met die groei en stand van sy mielies en soja, wat na planttyd soos blits stewig stelling ingeneem het. Hy sê die stamme het gouer ontwikkel en die blare maak vinnig n dakkie, wat help om vog te bewaar. Met die planter se werking is hy ook hoogs tevrede. Hy hou daarvan om self te plant en met die Yield-Pro wat die hektare sommer vinnig kafdraf, kan hy die tyd afstaan om dit self te doen. Saam met die minimumbewerking is André ook besig om nader aan n volledige presisiestelsel te beweeg en die planter het maklik by sy stelsel ingeskakel. Die planter is as demonstrasiemodel op n aantal plase gebruik voor hy op die Du Preez-landgoed n tuiste gevind het en daar was maar n paar groeipyne om alles reggestel te kry, maar André is baie tevrede met AgriAfrika se diens. Ek het vir Neels n stoorkamer ingerig waar hy sorg dat dat daar genoeg voorraad onderdele is, sodat ons nooit staantyd het nie. P Vir nog AgriAfrika-oplossings, skakel Marius Tolmay by 083-581-5709, 012-541-1121 of e-pos marius@agriafrika.co.za. Besoek gerus ook www.agriafrika.co.za. Selfs in sterk wind staan hierdie jong plantjies stewig. Let ook op die blaredak wat help met vogbewaring. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 25

26 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

OES gehalte LEMKEN bewerk en plant soos n droom Albatros Compact Solitair 9 Karat 9 Rubin 9 Solitair 9 LEMKEN GmbH (Duitsland) vervaardig landboumasjinerie sedert 1780 en die reeks werktuie is wêreldwyd bekend vir hulle duursaamheid, betroubaarheid en akkurate werksverrigting. Boere in die hele suidelike Afrika kan nou ook gehalte oes met LEMKEN se ondersteuning. Kontak een van ons goedgekeurde handelaars. LEMKEN het 'n verskeidenheid gehalte produkte op die mark. Doen vandag navraag! www.lemkem.com Verkope: Karel Munnik 082 412 2577 munnik@lemken.co.za Tegnies: Christo Prinsloo 082 893 1757 Prinsloo@lemken.co.za Onderdele: Frik Grobler 082 829 9291 Grobler@lemken.co.za Administratiewe kantoor: Monia Shears 072 597 0120 shears@lemken.co.za

30 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

Hulpbronbestuur My familieboerdery - hoe kan ek uittree? ie oorgang van n familie-onderne- van een geslag na die ander is Dming potensieel traumaties en navorsing toon dat die langtermynoorlewing van so n onderneming in n groot mate afhang van die deeglikheid van opvolgbeplanning deur die stigter. Een hindernis wat veral by familieboerderye ter sprake kom, is die gereedheid van die uitgaande geslag om van die onderneming afstand te doen omdat daar nie n uittreestrategie is nie. Selfs al is daar so n bedoeling en plan, kan dit nie altyd uitgevoer word nie omdat die plaas steeds geldelik vir die uittredendes moet sorg, wat veroorsaak dat hulle noodgedwonge betrokke bly. Daar is egter n oplossing vir ondernemings om seker te maak dat die oorgang skoon is en die uittredenes geldelik onafhanklik van die plaas kan uittree, sê Koos Nel, hoof: Agrimark by Old Mutual. Dit word n lewende koop-en-verkoopooreenkoms genoem, waarvolgens die onderneming fondse oordra vir belegging in die naam van die opvolger. Met hierdie geld kan die opvolger dan by die beplande uittrede van die ouer die belang oorneem. Die plan werk in breë trekke só: Die behoefte aan en omvang van die aftreekapitaal word bereken. Die onderneming en die opvolger gaan n ooreenkoms aan wat die reëling vervat. Die onderneming gee aan die opvolger n salarisverhoging, wat vir die boerdery belastingaftrekbaar is. Die opvolger betaal belasting op die salarisverhoging. Die opvolger neem n uitkeerpolis uit en teken n sekuriteitsessie ten gunste van die boerdery. By die beplande uittree-ouderdom, wat met die uitkeerdatum van die polis saamval, kanselleer die onderneming die sessie, en die opvolger kan die opbrengs gebruik om die aandeel of belang uit te koop wat dan die nodige aftreekapitaal vir die ouers verskaf. Die aftreekapitaal word dan sinvol en belastingeffektief belê, wat aan die ouers n gereelde inkomste gee. Die omstandighede en behoeftes van elke geval sal verskil, en dit is belangrik dat n geakkrediteerde finansiële beplanner al die verskillende elemente in ag neem. Die reëling moet dan in n ooreenkoms omskryf word. Old Mutual het regsadviseurs wat finansiële tussengangers kan bystaan en konsepooreenkomste kan opstel, sê Koos. Madelein Brits, spesialisregsadviseur by Old Mutual, sê elke opvolgplan verskil, maar die volgende is algemene reëls wat die proses kan vergemaklik: - Begin vroeg. Vroegtydige beplanning gun jou meer tyd en opsies. Die vervroegde oordrag van bates en belange aan opvolgers of n trust kan moontlik boedelbelasting bespaar. Dit sal ook betyds duidelikheid bring oor wie regtig in die plaas belangstel en hoe n billike verdeling gedoen kan word. - Wees objektief. Bepaal wat die onderneming nodig het om te oorleef en te floreer, en wees gereed om miskien te aanvaar dat jou gade en kinders nie die mas gaan opkom nie. Dit open dan ander geleenthede om die boerdery te struktureer en kundigheid van buite te kry. - Kry hulp. Raadpleeg jou boekhouer, prokureur en finansiële adviseur om seker te maak dat jou onderneming so belastingdoeltreffend as moontlik gestruktureer is en hoe moontlike regsprobleme tussen vennote en familie vermy kan word deur byvoorbeeld n familiegrondwet. n Boedelplan wat boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting, likiditeitsberekening en jou opvolgplan insluit, is n voorvereiste vir die proses. - Neem jou personeel in ag. Jou plan moet die gevestigde regte en verwagtinge van lojale bestuurders en werknemers in ag neem. Dit kan baie kortsigtig en nadelig wees om die waarde wat hulle toevoeg te ignoreer. - Kommunikeer duidelik. Dit sal almal wat betrokke is of geraak kan word, gemoedsrus gee en baie potensiële geskille voorkom. Dit sal opvolgers ook loon om hulle te omring met goeie mentors, soos finansiële adviseurs en sakekenners. Wees leergierig en ontwikkel jou eie talente deur die lesse van ander wat reeds die pad gestap het. Kies jou raadgewers en vriende met omsigtigheid en maak seker dis mense met wie jy n langtermynverhouding kan vestig, is Koos se raad P Vir meer besonderhede oor professionele opvolgbeplanning kan jou Old Mutual finansiële adviseur of makelaar gekontak word, of stuur n e-pos vir Koos Nel by: KNel1@oldmutual.com. Jy kan ook FABASA (Family Business Association of South Africa) kontak by www.fabasa.co.za om toegang tot geakkrediteerde familie-ondernemingskonsultante te kry. Old Mutual is die stigtersborg van FABASA. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 31

SM STRUCTURES Oprigting, 53 mm sinkaluminiumdakplate, gegalvaniseerde kaplatte, ingenieurstekening en ingenieursertifikaat, en BTW ingesluit Ons is by die SAOG geregistreer vir uitvoer Spesiale aanbod: 2 van 12 x 25 x 4m R194 000 Struktuurgrootte Prys Grootte (m) 9 x 20 x 3,6 R93 000 12 x 25 x 4 R115 000 12 x 50 x 4 R194 000 15 x 30 x 4 R169 000 15 x 40 x 4 R214 000 18 x 30 x 4 R230 000 18 x 40 x 4 R326 000 20 x 30 x 4,5 R276 000 25 x 30 x 4,5 R436 000 Alle pryse terwyl voorraad hou Tel 011-786-1043 of 072-450-3105 of internasionaal +27-11-786-1043 (Ons voer wêreldwyd uit) Faks: 086-570-1026 E-pos: steve@smstructures.com Webwerf: www.smstructures.co.za

Hulpbronbestuur Verblyfreg: Hoe kan dit beëindig word? Tiaan van Dyk gee inligting oor slaggate met betrekking tot die wetgewing oor verblyfreg (ESTA-wet). Hierdie maand word die beëindiging van verblyfreg bespreek. wys prakties moontlik herstel kan word nie, hetsy geheel of gedeeltelik; die okkupeerder ʼn werknemer is of was, wie se verblyfreg uitsluitlik uit diens voortgespruit het en vrywillig bedank het in omstandighede wat nie op konstruktiewe ontslag neerkom nie; die hof oortuig is dat die oortreding wat die okkupeerder begaan het wesenlik is en die okkupeerder dit nie herstel het nie. erblyfreg kan slegs op sekere Vbeperkte gronde beëindig word (Fase 1) soos uiteengesit in Artikel 8 van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, en uitsetting kan net plaasvind as aan die vereistes van Art 9, 10 & 11 voldoen word (Fase 2). Dit is met ander woorde moontlik dat n okkupeerder se verblyf regsgeldig beëindig word, maar dat daar nie aan die vereistes van uitsetting voldoen kan word nie. Die gevolg is dat die okkupeerder op die grond aanbly al is die verblyf beëindig is dit nie n vreemde konsep nie?! Die wet maak egter ook vir dié situasie voorsiening. Fase 1 Verblyfregbeëindiging Verblyfreg van ʼn okkupeerder kan beëindig word op enige wettige grond mits sodanige beëindiging: Regverdig en billik is, met inagneming van alle tersaaklike faktore en in die besonder: Die billikheid van die ooreenkoms, n bepaling in die ooreenkoms of regsreël waarop die eienaar of persoon in beheer hom/haar beroep; Die optrede van die partye wat tot die beëindiging gelei het; Die belange van die partye, met inbegrip van die vergelykende ontbering aan die onderskeie partye indien verblyfreg beëindig word of nie beëindig word nie; Afwesigheid van redelike verwagting dat die ooreenkoms waaruit die verblyfreg voortspruit hernu sal word; Die billikheid van die prosedure wat deur die eienaar of persoon in beheer gevolg is, met inbegrip van die vraag of die okkupeerder voldoende geleentheid gebied is, of gebied moes gewees het, om vertoë te rig voordat ʼn besluit geneem is om die verblyfreg te beëindig. Verdere grond waarop verblyfreg beëindig kan word, is indien die verblyfreg slegs uit ʼn diensooreenkoms voortspruit en die okkupeerder uit die diens bedank het of ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge ontslaan is. As daar ʼn dispuut is oor die okkupeerder se diensbeëindiging (onderskei verblyfbeëindiging) dan moet die dispuut rakende diensbeëindiging eers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge afgehandel en gefinaliseer wees voordat verblyf beëindig kan word en voordat daar met ʼn uitsetting voortgegaan kan word. Die verblyfreg van n okkupeerder wat vir 10 jaar op die betrokke grond, of ander grond wat aan die eienaar behoort, gewoon het, en die ouderdom van 60 jaar bereik het; of n werknemer of voormalige werknemer van die eienaar of persoon in beheer wat as gevolg van swak gesondheid, besering of ongeskiktheid, nie in staat is om arbeid aan die eienaar of persoon in beheer te verskaf nie, (met ander woorde ouer of jonger as 60 jaar is) kan nie beëindig word nie, tensy sodanige okkupeerder: ʼn wesenlike en billike bepaling van die verblyfooreenkoms verbreek het, terwyl hy redelikerwys in staat was om daaraan te voldoen, en nie die gebrek herstel het nie, ondanks die feit dat hy een maand skriftelike kennisgewing gegee is om dit reg te stel, terwyl die eienaar wel voldoen het aan die bepalings van die ooreenkoms in verband met die okkupeerder se verblyfreg en die grondeienaar sy/haar pligte van regsweë nagekom het; die okkupeerder wesenlike verbreking van die verhouding tussen hom en die eienaar of persoon in beheer gepleeg het, en die verhouding nie redeliker- Die okkupeerder mag nie (Art 6(3)): ʼn ander persoon wat die grond okkupeer opsetlik en onwettiglik benadeel nie, opsetlik en onwettiglik wesenlike skade aan die eiendom van die eienaar of persoon in beheer aanrig nie, betrokke wees by optrede wat ander wat die grond of ander grond in die omgewing wettig okkupeer, bedreig of intimideer nie, of ongemagtigde persone in staat stel of help om nuwe wonings op die betrokke grond op te rig nie. Hierdie beperkings geld net vir okkupeerders wat 10 jaar of langer op die betrokke grond is en die ouderdom van 60 jaar bereik het. Hierdie okkupeerders staan nie-amptelik as langtermyn okkupeerders bekend. Na enige ander okkupeerders word nie-amptelik verwys as korttermyn okkupeerders. Indien ʼn langtermyn okkupeerder sterf, kan die verblyfreg van so langtermyn okkupeerder se gade of afhanklikes slegs beëindig word na afsterwe en met 12 maande skriftelike kennisgewing, tensy so n gade of afhanklike ʼn wesenlike verbreking begaan het, soos hierbo uiteengesit. As n korttermyn okkupeerder sterf, moet nog steeds aan die gewone vereistes vir verblyfbeëindiging soos hierbo uiteengesit voldoen word om die agtergeblewenes se verblyf te beëindig. P Volgende maand word die tweede deel van die proses, uitsetting, bespreek. Vir meer inligting, kontak Tiaan van Dyk by 082-825-8876. Hierdie is n inligtingsartikel. Vir regsadvies, kontak asb n prokureur. www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 33

Januarie 14 Mooibank Beefmaster-veiling - Wakkerstroom 23 Raadsvergadering - Parys 28 Limpopo Klubveiling - Bela Bela Maart 03 Raadsvergadering - Toer 04-06 Beefmaster Toer - Mpumalanga 21 Bos Blanco - Vroulikedierveiling - Kroonstad 27 Trigon Beefmaster Boeredag - Snowy River Balfour Belangrike datums Februarie 06 Beefmaster Alliance Vroulikedierveiling - Nigel 17-19 Keurderskursus - Natal 20 Elmic Beefmaster Vroulikedierveiling - Vrede 20 Stamboekvergadering April 16 VAN DEV & Janzel Beefmaster-veiling - Lichtenburg 23 Nooitverwag Beefmaster-veiling - Ermelo 29 Stamboek / Vleissentraal Elite 2014 Bulgroei-toetskompetisie 30 Stamboek Elite 2014 Teeltsimposium Junie 19-22 Royal Skou Pietermaritzburg 2014 Mei 06 Tait Beefmaster-veiling - Ottosdal 13-16 Nampo - Bothaville 22 Stamboekvergadering Julie 02 Val Boeredag 08 Raadsvergadering en Algemene Jaarvergadering - Parys 09 Nasionale Veiling / National Auction - Parys 16 Makiti-veiling - Makiti 17 Noordwes Klubveiling - Lichtenburg 23 Milestone Beefmaster-veiling - Bethal 25 Trimaster-veiling - Heilbron 29 5 X 5 Beefmaster-veiling - Amersfoort 30 Human Beefmaster-veiling - Steynsrus 30 M E Muller en Seuns-veiling - Dundee 30 Oos-Transvaal Alleras Bulveiling Ermelo September 03 Ivukile Beefmaster-veiling - Aliwal Noord 03-06 Mooreesburg Skou 04 Oos-Vrystaat Veldbulklub-veiling - Vrede 05 Elliot Skou Bul- en Ramveiling - Elliot - JH Vorster / Anton Reabow 10 Trigon (Sarwipi, Snowy River, Dunel) Veiling - Greylingstad 11 Quardsen Beefmaster-veiling - Senekal 11 East Coast Sale - Amberdene Impact and Hart - Komga 16 Jela Beefmaster-veiling - Klerksdorp 17-20 Agri Mega Week - Bredasdorp 18 Super 6 Beefmaster-veiling - Bela Bela 19 Barkly Beefmaster-veiling - C W Hardie - Barkly Oos 25 Raadsvergadering Parys Augustus 01 Shawe Beefmaster Viewing Day - Dundee 06 Elmic Beefmaster-veiling - Brakvlei Vrede 06 Beefmaster Alliance Opedag - Nigel 06 Thytus Beefmasters-veiling - Vryheid 07 Petana Boeredag - Wolmaransstad 07 Beefmaster Alliance-veiling - Nigel 08 Corbett Beefmaster-veiling - Plaas Shearwood - Sterkstroom 12 Alzu Beefmaster-veiling - Middelburg 13 Stamboekvergadering 13 Petana en Oktavia Beefmaster-veiling - Wolmaransstad 13 Ottershaw Beefmaster- veiling - Tweespruit 14 Shawe Beefmaster-veiling - Dundee 19 Alle Ras Bul en Ramveiling - Greylingstad 19 Sandspruit en Amakosi Beefmaster- veiling - Ladysmith 20 Southern Natal Beefmaster Sale - CCM Farm CC - Sale - Swartberg 21 Bos Blanco Beefmaster-veiling - Kroonstad 22 Bulls on Grass Sale - Queenstown 26 Midlands Beefmaster Sale - Quarrielaagte - Somerset East 26 Rockvally Beefmaster- veiling - Potchefstroom 27 W O Beefmaster Veiling - Vrede 27-31 Pretoria Skou Pretoria Oktober 02 Van Pletzen Beefmaster-veiling - Jamestown 04 Isa Cattle Co s 53rd Bull Sale - San Angelo - Texas 08 Excel en Fouche Beefmaster-veiling - Gerdau 15 Bos Blanco en Bunker Beefmaster Produksieveiling - Vryburg 30 Stamboek - AJV / AGM Tel 056-817-2404 Faks 086-511-7721 Posbus 1977 Parys 9585 beefmastersa@telkomsa.net 34 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

oem die naam Tal-Tec in enige Ngesprek oor die Suid-Afrikaanse veebedryf en koppe sal instemmend knik as woorde soos sigbaar, prakties, gerieflik en vindingryk daarmee saam gebruik word. Die stigters van hierdie merkwaardige familie-onderneming was oom William Talbot, n ingenieur wat graag wou boer en sy seun Peter, n algemene tegnikus (millwright) wat in die staalbedryf in Pretoria-Wes sy loopbaan gebou het. Oom William het in 1970 n beesplaas naby Vaalwater gekoop, waar hy en Peter deeltyds begin boer het. Die streek is deurtrek van bosluise en hulle moes baie moeite doen om die beeste teen hartwater en rooiwater te beskerm. Oom William het gereken dat dit nie ekonomies sin maak om die beeste deur n dompeldip te stuur nie en ontwerp toe in 1974 n spuitdip wat bestaan uit n tenk vol dip wat bo-op n drukgang gemonteer word sodat diere wat onderdeur gejaag word, deeglik benat kon word. Die bure het gou agtergekom dat hierdie patent uitstekend werk en al hoe meer van hulle het van al hoe verder af by oom William opgedaag met versoeke om vir hulle ook dipgange te bou. Skoue bring voete en idees Na 1974 het sy veehanteringsprodukte so gewild geword dat hy nie anders kon as om ernstiger te begin vervaardig nie, en waar was n beter plek vir bekendstelling en bemarking as by die destydse Pretoria-skou met sy n sterk landboukomponent? Toe die boere die eerste spuitdip sien, wou hulle ook n stewige drukgang hê en kort daarna n betroubare nekklamp Soos my oupa, glo ek vandag nog dat skoue die beste plek is om te bemark, sê Greg Talbot, meganiese ingenieur en derdegeslag besturende direkteur van Tal-Tec. By skoue maak ons kontak met boere en hulle kan aan die ysters voel en my vertel wat hulle behoeftes is. Ons bemarkers kry ook terugvoer van bestaande kliënte en gebruik soms die raad om verbeteringe aan te bring. Tal-Tec het n gedugte span met jare se ondervinding: Kobus Bronkhorst, verkope; Lorraine Keyser, verkoopssekretaresse; Richard Maja, masjienoperateur; Greg Talbot, besturende direkteur; Josaya Sithole, voorman, en Jacques Beukes, produksiebestuurder. Tal-Tec vat ysters vas vir die veebedryf deur Du Preez de Villiers Greg Talbot, besturende direkteur van Tal-Tec, by rye en rye produkte wat by Tal-Tec se fabriek op Brits gereed staan om na boere regoor Suidelike Afrika versprei te word. Ry die golf Twaalf jaar gelede het Tal-Tec n vastrapplek in Afrika gekry toe hulle by die Lusaka-skou kon uitstal. Vyf jaar later het hulle n agent, Livestock Services in Zambië, aangestel en dit was ook nie lank nie toe het hulle vir Agra in Namibië, Montrade in Botswana en Coopers in Zimbabwe aangestel om hulle produkte in Suider-Afrika te versprei. Agente maak dit vir ons moontlik om trokvragte toerusting op te stuur, want enkele bestellings is onekonomies, sê Greg. Sedertdien ry Tal-Tec op die kruin van die landbou-ontwikkelinggolf in die subkontinent. In Suid-Afrika versprei n hele aantal koöperasies Tal-Tec se produkte. Boere moet fokus op boer Boere is vindingryk as dit by probleemoplossing kom en baie reken dat hulle self hulle eie drukgange en klampe kan bou. Ek voel net n boer moet eerder op boer konsentreer en nie op die ingenieurswese nie. Die tegnologie en metodes wat ons deesdae gebruik, is baie gespesialiseerd en waarborg n baie beter produk. Aangesien ons staal baie goedkoper kan aankoop, is Tal-Tec baie mededingend met die boer se werkswinkel. Tal-Tec se verkoopspan werk landwyd en almal is opgelei om boere met probleme te help. Daar is ook n tegnikus voltyds op die pad om groter probleme op te los. Ons ondervinding in die mark, ons voetspoor en ons jarelange verhouding met koöperasies gee ons n voorsprong bo ons mededingers, sê Greg. Tal-Tec se mense besef dat veehanteringstoerusting aan uiterste weerstoestande, gespierde diere en dikwels aan hardhandige behandeling blootgestel word. Daarom word ons produkte so ontwerp en vervaardig dat dit vir baie jare die boer getrou kan help om sy vee sonder sukkel te hanteer, sê Greg. P Godfrey Ngobeni gebruik hierdie gevorderde masjien om plate te buig en te sny. Belangstellendes kan vir Greg Talbot kontak by 012-250-2188 of greg@taltec.co.za of besoek www.taltec.co.za vir puik inligting, ook in Afrikaans. Vee & veilings www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 35

yk watter siektes Kwas nege maande gelede in jou omgewing. Dit is die siektes waarvoor jy gereed moet maak wat moontlik oor drie maande kan uitbreek, was een van die boodskappe van die bekende veegesondheidskenner, dr Faffa Malan, aan kleinveeboere by die Landboukorrels Boeredag. Sy lesing het oor Biosekuriteit op die plaas gehandel. Hy het n paar siektes, peste en plae bespreek wat in die nabye toekoms dalk die hoof gebied moet word: Ons moet gereeld n idee kry van hoe die siektes in die land lyk om Biosekuriteit te verseker. Plattelandse veeartse moet plaaslike veesiektes aanmeld en jy as boer moet jou veearts aanmoedig om dit getrou Só maak jy... Landboukorrels Boeredag word gesamentlik deur TLU SA Sentraal, ProAgri en Radio Pretoria by Cullinan aangebied. Dit word elke jaar die eerste naweek van Oktober gehou. Die Vrydag word praktiese boerderylesings en demonstrasies aangebied en die Saterdag is n familiefeesdag. Merk solank op 2014 se kalender 3 en 4 Oktober. Die hooftema is beesboerdery. Hennie du Toit van Crop-Tech verduidelik aan boere by die Landboukorrels Boeredag hoe die Jumil-planter die bogrondse organiese materiaal netjies kan deursny en slootjies maak om die pitte almal presies ewe diep te plant. Kleinveeboere baat by Landboukorrels Boeredag te doen. Die plattelandse veeartse stel kaarte op van watter siektes waar in die land voorkom. Jy as boer moet veral fyn let op die siektes van nege maande gelede sodat jy nou gereed kan maak vir die siektes wat dalk oor drie maande kan uitbreek, het hy gesê. Die groot probleem met die beskikbaarheid van entstof het voorrang geniet in die bespreking. Dr. Faffa sê boere moet vroegtydig hulle bestellings by die koöperasie plaas. Ons moet praktiese planne maak as Phil Rawlins, Dorperinspekteur, se veehanteringsdemonstrasie het groot byval gevind. ons nie entstof het nie en soveel moontlik doen om siekte-uitbrake te verhoed. Hoe lyk jou hekke en drade en jou vermoë om vreemde diere uit te hou? Hoe lyk jou veearts se skoene as hy op jou plaas aankom, en van watter plaas af kom hy? Wat maak jy met jou karkasse: het jy n put waarin jy dit gooi? Waar bêre jy jou spuite en hoe lank hou jy jou naalde? Hoe skoon is jou mediese toerusting en siekeboeg? was dringende vrae wat dr Malan aan die boere gestel het. Rudi Kuschke van K2 Agri het oor aangeplante weiding gesels. Daar bestaan nie aangeplante weiding wat nie bestuur hoef te word nie. Bestuur behels bemesting en bemisting en die stabilisering van n veeproduksiestelsel om dit meer bestendig te maak, diereproduksie te verhoog en veegehalte en -prestasie te verbeter deur die drakrag per hektaar te verhoog. Rudi het ook n baie interessante feit oor gronderosie met die boere gedeel: n Millimeter grond wat n boer per hektaar deur wind- of watererosie verloor, verteenwoordig tien ton en dis die gedeelte waar al jou bemestingstowwe sit. Tydens die demonstrasielesing het Phil Rawlins, n inspekteur en beoordelaar van die Dorpervereniging, verduidelik hoe skape se pote versorg moet word, stertjies geknip word, tatoeëring en brandmerk gedoen moet word en hoe die dier korrek ingespuit moet word. Prof Chris Dannhauser, n weidingskonsultant, het gepraat oor die bestuur en verbetering van jou veld asook probleemplante. Hy sê: "Slangbos of bankrotbos raak deesdae n baie groot probleem en dit is nie oorbeweiding se skuld dat dit versprei nie. Dié onkruid moet in geen omstandighede gebrand word nie! Dit het n ander baie interessante bekampingsmetode. 1 teelepel sout rondom n klein plantjie se stam sal sy einde beteken en 4 eetlepels kalksteenammoniumnitraat maak n plant van 500 mm hoog, dood. Om van groot hoeveelhede bankrotbos ontslae te raak, werk 4 ton kraalmis per hektaar onder drukbeweiding die beste. Ulrich Muller van Voermol het oor die doeltreffende voeding van lakterende skape en lammers gesels. Ons moet onthou dat skape wat op pragtige groen weiding loop baie mooi lyk, maar daar is heelwat faktore wat hulle prestasie kan beperk. Eerstens kan daar n fosfortekort in die weiding voorkom, wat aangevul moet word. Tweedens is die vog in die gras tot 85%, wat sal veroorsaak dat die dier nie genoeg gras kan vreet om voldoende energie daaruit te verkry nie. Derdens kan die bruikbare proteïen in groen weiding ook te min wees. Na die lesings is daar praktiese demonstrasies met werktuie wat veral vir veeboere geskik is, gedoen. Sarel Opperman, verteenwoordiger van Afgri Delmas, kon vir die boere wys hoe doeltreffend een van Falcon se grassnyers harde veldgras kan vasvat. Hennie du Toit, bestuurder van Crop-Tech, het een van sy Jumil geenbewerkingplanters aan die boere gedemonstreer. P Vir meer inligting oor Landboukorrels Boeredag stuur n e-pos na sentraal@tlu.co.za. 36 ProAgri 166 Desember / December2013 www.proagri.co.za

Rumax dra wild deur droogte it is die beste belegging wat ek nog Dgemaak het, sê Sakkie Liebenberg van Rietpan naby Lichtenburg onomwonde. Kyk hoe sleg lyk die veld, maar kyk net die kondisie van my wild. Die wild, skape en beeste geniet die voordele van die kragkos wat Rumax se pilaanleg in maklik hanteerbare pille uitdruk. Die resep is jou keuse, die grootte van die pille kan gestel word en vir die res kan jy op Rumax reken. Sakkie sê met die Rumax-pilaanleg is daar geen voervermorsing nie. In die verlede het die wind lekker saamgeëet wanneer hy en sy seun, Roland, die krippe gevul het en dit was onmoontlik om seker te maak dat die diere die regte aanvullingsbalans inkry. Nou is elke pilletjie gevul met al die regte bestanddele en die tarentale kom pik nie meer die stukkies mielie uit nie. Die gehalte van die proteïen-aanvulling is ook beter, want met die deurpersingsproses word die pilletjies goed warm en volgens Sakkie is gaar proteïene altyd beter as rou proteïene. Die pille word in bakke gelaat om af te koel en dan netjies in 50-kg sakke verpak en toegewerk. Aansienlik minder ruimte word vir opberging gebruik, dit is makliker om plae soos rotte te bestuur en agterna is die hantering ook baie eenvoudiger, want elke voerplek kry sy sak. Na so 50 ton se voerverwerking het die pilaanleg homself betaal, as jy dit sou vergelyk met die koöperasie se pilpryse, sê Sakkie. En wanneer die aanleg nie pille maak nie, meng hy lek. Hy sê hy het goed rondgekyk voor hy die Rumax-pilmasjien aangeskaf het, want hy wou seker maak hy koop by n gevestigde maatskappy met n goeie naverkoopdiens en hy was nog geen oomblik spyt oor sy keuse nie. Selfs met die fabriek so ver as Worcester het hy nog nooit nodig gehad om langer as n dag vir enige onderdeel te wag nie. En weet jy wat, as jy hulle bel is almal vriendelik en behulpsaam, van die dame wat die foon antwoord tot die tegniese span. Almal praat my taal en jy is sommer lus om met hulle sake te doen, sê Sakkie. P Jaco Pieters van Rumax kan jou help met die regte masjien vir jou plaas. Skakel hom by 082-335-3970 of besoek www.rumax.co.za om na die volledige reeks Rumax-voerhanteringsmasjiene te kyk. Meer krag, minder volume en geen vermorsing maak pilmaak die moeite werd. Roland en Sakkie Liebenberg van Rietpan by Lichtenburg sê die Rumax-pilaanleg is die beste belegging wat hulle in die tyd van droogte kon maak. Vee & veilings www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 37

wee broers wat vir hulle n nis in die Tveebedryf uitgekerf het, is Heiko en dr Hinner Köster. Hulle het op n groot Herefordplaas naby Vryburg grootgeword terwyl hulle pa, Hans, en ma, Heide, die wêreldbekende Vicedale Herefordkudde, wat vanjaar 66 jaar oud is, opgebou het. Na skool het die twee broers hulleself akademies op die hoogste vlak in die Veekunde-gebied onderskei. Heiko het sy meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria in Veekunde ontvang en dr Hinner het sy doktorsgraad in Dierevoeding by Kansas State Universiteit in die VSA verwerf, waar hy steeds deeltyds as buitengewone professor optree. Albei broers het diep spore in die bedryf getrap by verskeie groot landbou-maatskappye. Dr Hinner, Heiko en hulle pa sou ook later die enigste Suid-Afrikaners wees wat op verskillende tye die land op die Wêreld-Herefordraad sedert 1972 verteenwoordig het. Heiko se vrou, Esté, tans professor in Diereteling by die Universiteit van Pretoria, tree ook reeds etlike jare op as tegniese raadgewer op dieselfde Raad sowel as die SA Herefordraad. Sy is ook n aandeelhouer in die boerdery. Vandag tree die Kösterbroers op as konsultante en is ook aandeelhouers van verskeie tegnologies gedrewe maatskappye in die landbou. Lus vir n uitdaging Die groot knelpunt in enige veeboerdery is maar die beperking op grond, want elke grootvee-eenheid het sy spesifieke vasgestelde aantal hektaar per jaar nodig om op te wei. Die Kösters het egter besluit om hierdie uitdaging die hoof te bied en sewe jaar gelede 24 hektaar buite Cullinan gekoop om n hoogs gevorderde en vindingryke boerdery op die been te bring. Hoendermis as goedkoop kunsmisbron Hier was destyds slegs vier huise vir vrylopende lêhenne toe ons die plaas in 2006 gekoop het, sê dr Hinner. Vrylopende hoenders is egter heelwat minder ekonomies en daarom het ons hulle geleidelik vervang met gewone lêhenne in hokke. Vandag is net 6 500 van die 100 000 henne vrylopend. Die hokhoenders se mis word netjies met n spesiale skraper onder die hokke Die Kösters verrig wondere op 24 hektaar Dr Hinner Köster by hulle spog stoetbul, WDW 08 0082, waarvan daar al baie semen verkoop is. Die bul is ook tans n top Hereford-semenverkoper in die land. Agter hulle is ook een van Vicedale se top koeie, die Dorperstoet en hoenderhuise. uitgeskraap, waar dit in n afvoersloot val om deur n awegaar op n wa gelaai te word. Die mis is dan uiters geskik vir bemesting op die 13 hektaar aangeplante weiding wat hoë kwaliteit weiding aan die groot getal diere op die plaas lewer. Beeste en skape voltooi die sirkel Met my pa se aftrede is die Vicedale-kudde verkoop, maar ons het die beste 30 beeste as kernkudde hierheen gebring, sê dr Hinner. Omdat ons van Vryburg af kom, wat n baie gesonde gebied is, het die klimaat in hierdie streek met sy bosluisverwante siektes ons n verwagte moeilike tyd gegee. Ons moes vir die eerste twee jaar prestasie en gesondheid inboet om die Herefordkudde eers immuun teen hart- en rooiwater te maak. Vandag is die Hereford-kudde n allemintige 100 eenhede sterk en uiters goed aangepas by die uitdagende omstandighede. Die kikoejoegras wat die Kösters aangeplant het, tesame met raaigras wat in die winter oor die kikoejoe gesaai word, is veral geskik vir skaapboerdery en hulle het reeds n spogkudde van 350 Stoetdorpers tesame met die Herefordbeeste op die been gebring. Die gedagte is om uiteindelik drie skaapstoeterye van 150 ooie elk te vestig en hulle is reeds besig om deur n intensiewe embrioprogram 100 Dohne-Merinoembrios van die top ramme en ooie in die land in kommersiële ooie in te plant. Biosekuriteit is n geweldige uitdaging in so n gekonsentreerde boerdery. Die Kösters moet doodseker maak dat elke persoon en trok wat op die plaas aankom die regte prosedure volg om siektes te voorkom. Hierin word groot sukses behaal vanweë die streng beheer wat gevolg word. waardige boerdery is die toegewyde bestuurspan, Jackie en Bekkie Strydom, by die eierbedryf en Louwrens Kemp (self met n graad in Veekunde) by die veebedryf. Ek en my broer het nog baie planne en die moontlikhede is wyd. Ons gebruik n wetenskaplike grondslag, maar met n baie praktiese uitkyk. Vir voornemende boere wat die behoefte het om deeltyds te boer, is dit belangrik om jou bestaande werk te behou en eers die konsep te verstaan en die boerdery geldelik gesond te kry voor jy voltyds begin boer. Hierdie model is hoogs intensief en jy kan baie maklik jou vingers verbrand, veral ook omdat dit n aanvanklik kapitaalintensiewe bedryf is, sê Heiko. P n Vroeëre lugfoto van Ukhebe, die Kösters se plaas buite Cullinan. Hou jou hand op die pols Dit verg uiterste fyn beplanning, intensiewe bestuur en n sinvolle wetenskaplike benadering om suksesvol op so n klein stukkie grond te boer. Heiko, Esté en dr Hinner span hulle gesamentlike kennis en ervaring ten volle in om dit te laat slaag. Deel van die sukses van die merk- Dr Hinner en Heiko Köster se seuns, Bernhard en Leo, voor hulle wêreldbekende Vicedale Herefordstoetdiere. Net soos Heiko se dogter, Emma, stel dié twee nefies baie belang in hulle ouers se boerdery. 38 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

Ken die koei se uier (2) Vee & veilings root belangstelling is ontlok met die Geerste artikel in ons suiwelreeks oor die koei se uier. Dr Gerrit Viljoen, n veekonsultant van Zeerust, vertel nou meer oor die wonderlike manier waarop melk gevorm word. Die vorming van melk Bloed, belaai met voedingstowwe, vloei deur middel van die onderhuidse abdominale arterie (beter bekend as die melkaar) na die uier, waar dit in klein are vertak wat elke alveolus omring. Die selle rondom die buitewand van die alveolus het die vermoë om voedingstowwe te onttrek en hierdie voedingstowwe word dan, deur middel van n ingewikkelde proses, in elke sel in melk verander. Namate die selle voller word, word die gevormde melk via die apikale deel (top) van die sel deur middel van diffusie (vloeistofmenging) in die lumen (buisholte) van die alveolus gestort. Sodra die lumen vol word, word die melk in kleiner melkbuise gestort vanwaar dit verder na die groter melkbuise gevoer word, dan na die uiersinus (uierholte) en laastens na die speensinus waar afsluiting vir verdere vloei deur die sluitspier (sfinkter) plaasvind (sien skets). Namate al bogenoemde opgaarplekke voller word, begin dit n teendruk op te bou Alveoli Hoofmelkbuis Uiersinus Speensinus Sluitspier (sfinkter) Speenkanaal Skematiese voorstelling van die koei se uier tot teenaan die selle van die alveoli, maar aangesien die interne druk in die selle hoër is as die teendruk en die inhoud daarvan nie meer deur middel van diffusie uitgestort kan word nie, bars die apikale deel van die selle en kan dit selfs bietjie bloeding veroorsaak wat oplaas in die melk sigbaar kan wees (melktyd het in daardie stadium reeds aangebreek). Die apikale deel van die sel genees egter gou weer, maar indien aanhoudende barsting of oopbreek daarvan plaasvind, gaan daardie werking van die alveoli tot niet en vind daar n verlaging van melkproduksie plaas. (Die fabriek is besig om afgebreek te word.) Die alveoli word egter tydens die rusperiode voor die volgende kalwing weer opgebou. Die onttrekking van melk Melkkoeie reageer op n gekondisioneerde refleks soos die suig van die kalf, die klank van melkgereedskap, die was van die uiers ensovoorts ten einde hulle melk neer te laat of te laat sak. Wat in wese gebeur, is dat die gekondisioneerde refleks n afskeiding van die hormoon, oksitosien, deur die hipofise in die voor- en agterlob van die brein teweegbring. Hierdie hormoon gaan via die bloedstroom na die uier en prikkel die netwerk van fyn spiertjies (myoepite-liële selle) rondom elke alveolus sodat hulle korter kan word (sien skets van alveolus in eerste artikel). Hierdie sametrekking rondom die alveolus veroorsaak dat die melk uit die lumen gepers word. By die aanvang van die melkproses is daar egter reeds sowat 40% van die totale produksie van die spesifieke melking in die afleikanale, uiersinus en speensinus teenwoordig, terwyl die res van die melk in die alveoli teenwoordig is. Die afskeiding van oksitosien duur egter slegs sowat vyf tot sewe minute en dit is dus belangrik dat al die gevormde melk wat in die uier teenwoordig is gedurende daardie tyd onttrek moet word, want alle melk wat in die uier agterbly, veroorsaak dat die teendruk waarna hierbo verwys is, gouer sal plaasvind en barsting van die apikale deel van die selle gouer sal voorkom. Enige steuring gedurende die sakproses, soos die val van n emmer, hard praat of enigiets wat maak dat die koei skrik, veroorsaak dadelik die afskeiding van adrenalien wat ook via die bloedstroom by die uier uitkom en ook inwerk op die fyn spiertjies rondom die alveolus. Dit veroorsaak egter dat die sametrekking wat deur oksitosien teweeggebring was, verbreek word en gestaak word. Die afskeiding van adrenalien duur egter net sowat een minuut, maar dis een minuut of sowat 20% van die saktyd wat verlore gaan en volle lediging kan dus nie plaasvind nie. Volgende maand sal die melkbaarheid van die uier in die laaste aflewering van die reeks bespreek word. P Belangstellendes kan dr Gerrit Viljoen by 083-282-9934 skakel of veekonsultante@gmail.com kontak vir meer inligting. LUSERN Eerste graad vierkantige bale 20-23 kg beskikbaar vanaf plaas in Zeerust distrik. Kontak Gerrit 083-282-9934 www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 39

40 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 41 Vee & veilings

Lady Grey distrik Veldgrootgemaakte Brafordbulle en Dormerramme te koop Skakel Johan Potgieter 051-603-7054 \ 083-701-3552 FITZHENRY FARMING (Mike & Craig) 27 ste Produksieveiling op DINSDAG, 21 JANUARIE 2014 om 12:00 te DE HOEK, INDWE Aanbod: 70-2T Poens en horing Merinoramme 250 - Kudde ooie (150 dragtig/150 droog) Gasverkoper: Trevor Stötter 150 Dragtige slyt kudde ooie 3 maande wol Mike Fitzhenry: 082-375-1949 Craig Fitzhenry: 082-856-9272 epos: csdevon@telkomsa.net 42 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

BELÊ IN GOUE GENE Die Hugenoot is n ras geteel uit Afrika vir Suid-Afrika met goud oor sy lyf en goud is sy are. www.hugenootsa.co.za Tel: 083-449-3227 witrots@hugenootsa.co.za GEBRUIK SLEGS BULLE met die $X-brandmerk. Hulle beskik oor prestasiesyfers en u het die ondersteuning van die Genootskap. Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0900 Epos: sussex@studbook.co.za Webblad: www.sussex.co.za www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 43

AgriGids If you want to produce the most marketable tender meat per ha with the lowest cost & effort The Tuli is your natural choice hermy@lucret.co.za T 028 215 8917 C 073 180 6471 F 086 691 6046 PO BOX 192 CALEDON 7230 Tuli Cattle Breeder s Society Posbus 270 Bloemfontein 9300 Tel: 051-410-0958 Faks: 086-218-8246 Epos: liezel@studbook.co.za www.tulicattle.co.za AgriTrader Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer 40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 of 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za Engela du Plessis (Pretoria) 012-342-5141 engela@proagri.co.za Adele van Tonder (Pretoria) 012-342-5141 adele@proagri.co.za Damvoerings Dam linings Ratsbrand Brand sonder sukkel, sonder vlam Reservoir linings Mesh dams Die brandmerk van beeste word al strenger deur die owerhede toegepas. Die moeisame taak neem tyd en tyd is geld. Ratsbrand brandysters werk van die bakkie- of trekkerbattery. Geen vlam benodig nie en die merk is binne minder as 20 sekondes warm. Merk al drie letters op een slag. Toerusting om te onthoring ook beskikbaar. Earth dam linings 072 279 3294 Zinc dams 44 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.tatamatarps.co.za Fnuik die dieseldiewe Diesel-diefstal is verby met n teen-opsuigsif (Anti Siphoning Device) in die nek van jou dieseltenk! Installeer op jou plaas in n radius van 400km om JHB. Maatgebou vir die meeste trokke, masjiene en trekkers. Fig Tree Industrial &Transport Supplies cc. Chris Davel 072-634-1900 chrisdavel@vodamail.co.za Groen-reeks laedruk songeisers 100 liter, 10 buise vanaf R2 195 150 liter, 15 buise vanaf R3 595 Pryse sluit BTW in 2 jaar waarborg Skakel Wynand Boshoff by 084-581-1599, wynand@ratsbrand.co.za of besoek www.ratsbrand.co.za Gratis aflewering 100km vanaf Cullinan The Sun Pays Bekostigbare songeisers Hittepyp hoëdruk 5 jaar waarborg Laedrukstelsels vanaf: 50 liter, 6 buise R2 595 R4 995 100 liter, 12 buise R3 395 R8 495 150 liter, 18 buise R4 295 R11 395 200 liter, 24 buise R5 295 R13 995 250 liter, 30 buise R5 795 WEES VERSIGTIG! Ons gebruik die volume IN DIE TENK. Om die buise in te sluit, is nie eties nie 012-734-0915 sunpays@hotmail.com 0860-SUNPAY (086-078-6729) www.thesunpays.co.za www.proagri.co.za

Vir al u plaasbenodigdhede sedert 1968 Verskuifbare beeskrale Baallaaiers en -vurke Skale en nekklampe Hooi-ringvoerders Kalfkanteltoestelle Selfvoerders Spuitdippe Landrollers Suipkrippe Laaibanke Fabriek: 033-263-1056 Kantoor: 034-325-9960 Faks: 086-548-4790 Sel: 082-871-0123 E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za Sleepers for Gardens and Furniture All Lengths, All Grades, Always Available. TEL: 012-664-5805/7103 CELL: 082-569-8168 jaymel@mweb.co.za www.sleepersales.co.za DIY Green House Tunnels Ecological Economical Sustainable Reliable Quality driven Tel: 081-392-6048 Email: ecotunnels@gmail.com www.eco-tunnels.co.za BURNTAG Marieta: 082-319-0834 022-433-4879 burntag43@gmail.com Vlekvrye staal brandysterstel vir die merk van vee-oorplaatjies. Brand permanente, sigbare identifikasienommers in sekondes! Verhit met kersvlam AgriGids www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 45

AgriGids Pas matriek geskryf? Bastion bied n toekoms aan jongmense wat wil uitstyg Ons studente kry opleiding in: BBP-beskerming Forensiese ondersoeke Taktiese beveiliging Selfverdediging Spoorsny en oorlewing Navigasie Duikwerk en bootvaart Wapenhantering...en vele meer. Hanteer 1 ton massasak met 60 kw trekker. Ons los probleme op! Intensiewe 12-maande kursus Uitplasing na werkgewers Doen NOU aansoek. Volgende inname Januarie 2014 Skakel Frik Wentzel by 083-481-0107 www.bastiontraining.com ilzewentzel@mweb.co.za deon@bastiontraining.co.za 46 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

AgriGids Mag u Kersfees vol vrede, vreugde en veiligheid wees en mag 2014 net voorspoed inhou! Seënwense van almal by ProAgri Plastic Droppers Ideaal vir: - Die stut van jong bome en plante - Draadheinings soos Bonnox - Heinings in bergagtige- en vleigebiede - Groente in tonnels - Geen isolators nodig - Baie sterk en solied - Liggewig - Unieke greep ontwerp: riwwe - UV beskermend vir 20 30 jaar - Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) - Ideaal vir elektriese heinings - Goedkoper as hout of staal! www.plasticdroppers.co.za Aflewering moontlik Nou vir ons nuwe Y-paaltjie: - Sterk en rigied - Vuurbestand - UV beskermend - Goedkoper as hout of staal! - Tussen in paaltjie, vervang NIE Y-paaltjie nie Plastic dropper: Net R4 per meter! Solied met riwwe Net R3 per meter! Isak Tel: 083-250-5363 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60% www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 47

AgriGids TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: Winter-lek en lekblokke Lek-konsentrate vir self meng Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis Vee merktoerusting Surrogaat melkprodukte Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild Voer- en drinkbakke/krippe Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447-2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein Scarab Water Treatment Wastewater Treatment Systems Does your septic tank smell? Has your French drain failed?... Again? Are you polluting the neighbour s borehole water? Are you compliant with the National Water act? Would you really like to reuse your water? Each Scarab System is designed to comply with the National Water act is simple to install, maintain and operate requires NO chemicals (Ozone optional) uses minimal power is almost maintenance free produces clear and odourless water is modular to suit new loadings is sized from the single house to large estate. The Scarab System is: Featured in the Dept of Water Affairs best practices guideline policy. Listed as a top 100 SA company for its technology in 2004, 2005 and 2006 and for receiving the Bio2Biz award in 2006. A preferred supplier to the Dept of Health - Rural Clinics (KZN). Featured on SABC Business Update. No more honey-suckers needed!! Johan Carr Cell: 082-535-4576 Tel: 014-736-3463 Fax: 086-736-8267 Email: scarabwaterlimpopo@gmail.com Web: www.scarabsa.co.za 48 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

Kontak ons: Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 Email ons: info@nictrailers.co.za Web: www.nictrailers.co.za DESEMBER-AANBOD terwyl voorraad hou! AgriGids Ons GEWILDSTE wa NIC 12 : 3 x 1.6 x 1.8 met 16 Wiele, Bul-skeiding uithaalbaar en monteer teen sykant van wa, Ramp, Veiligheidspype, Verbeterde inloopstelsel, Is ook beskikbaar in dubbeldekker met 2 600 kg Knott-haak en nog vele meer! Ons bou n doelgeboude wa volgens jou KEUSE en ruil waens in! 27 Waens beskikbaar op n spesiale aanbod, terwyl voorraad hou! MOENIE VERDER SUKKEL NIE, KOM KOOP HOM EN GENIET HOM DIT IS n GOEIE BELEGGING! VERMILLIAN VERF Sedert 1980 jou nuwe dimensie in verftegnologie Solar Aircon Hitteweerkaatsende dakverf, isoleer koue, keer uitsetting en inkrimping deur nanotegnologie. 20 L @ R769.99 Rooi/Grys Oksied Staalonderlaag, voorkom roes en verwering Dubbel Veniel muurverf Binne en buite, akrilliese basis, wasbaar, 10 jaar lewensverwagting. Dak- & plaveiselverf 10 jaar lewensverwagting, UVen waterbestand, super akrilliese afwerking. Vloerseëlende rubberisering Maak maklik skoon, bestand teen alge en bakterieë, verhoed vrotpootjie. Distemper Neutraliser Seël alle oppervlaktes, dood bakterieë, verlaag mortaliteit by vee. 5 L @ R119.99 5 L @ R249.99 Regstreeks van die fabriekswinkel 20 L @ R489.99 20 L @ R829.99 Aluminiumverf Vir finale staalbedekking, verdunnerbasis, bleikbestand. 5 L @ R209.99 Verust Korrosiebestand, roesbehandeling en voorkoming, verf regstreeks op roes, onderlaag. Vanaf 20 L @ R579.99 Nou! 5 L @ R479.99 www.vermillianpaint.com Sedert 1980 Since Fabriek: 010-591-1010 012-335-4218 Eloffsdal: 012-335-0330 Elarduspark: 012-345-4273 PTA Wes: 012-327-2972 Gezina: 012-329-0101 Bon Accord: 087-830-2257 PTA-Noord: 012-546-3350 Capital Park: 012-335-4124 Faks: 086-273-9500 Agente: Springs: Alwyn 072-192-2106 Noord-Kaap: Nisan 081-044-9708 Wes-Kaap: Jaques 084-091-4528 Vrystaat: John 083-628-5688 www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 49

AgriGids 50 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 49 AgriGids

AgriGids OMGEWINGSVRIENDELIKE PLAAGBEHEER Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid-Afrikaanse vlieë Hoe werk hierdie program? Vliegparasiete (Muscidifurax raptor) word in n insektarium geteel en is beskikbaar in klein pakkies van 5 000. Hierdie parasitiese wespes word gereeld by vliegbroeiplekke op die plaas losgelaat. Die volwasse wesp steek die papie van die vlieg, dood dit in die proses en lê eiers in die papie. Die eiers teer op die dooie vliegpapie en ontwikkel in n wespe. Die wespe broei binne 19-21 dae uit en begin dan die soektog na vliegpapies as voedsel en waarin hulle kan eiers lê. SLIM BEHEER VAN VLIEË BISA bied u: Vliegbeheer op die natuurlike manier. Langtermyn ekonomiese voordele. Minder chemiese besoedeling. n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie. BISA het agente landwyd. Vir meer inligting, nader: Besturende Direkteur Arno Moore (PhD) Sel: 083-270-4866 E-pos: arno@bioinsectsa.com Kantoor Helouise Rumbles Tel: 042-286-0978 E-pos: bisa@bioinsectsa.com www.bioinsectsa.com 52 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

AgriGids Ons verkoop nuwe en gebruikte Case-trekkers, stropers, planters en plaaswerktuie ERMELO: 017-8111-070/1 BETHAL: 017-647-4295/6 9-tand once-of tiller met roller aan. Baie goeie toestand. Net 2 seisoene gewerk vir R80 000 +BTW Gearinghoff 2010 12-ry.91m Foldable Goeie toestand 4000 ha gestroop vir R750 000 +BTW 1750 John Deere Planter 4rye. Goeie toestand met gifbak op vir R120 000 +BTW JD 494 plukkerkop R 120 000 + BTW 2004 Case MXM 190 R 450 000 + BTW 2006 Case Axial Flow 2388 R 900 000 + BTW 1,8m Falcon Slasher Goeie toestand vir R20 000 Ou CASE 580 TLB alles werk op hom vir R130 000 +BTW Claas Baler 46 Goeie toestand vir R130 000 +BTW Case 1020 30ft tafel R 195 000 + BTW Bell 315 TLB R 385 000 + BTW Ons is agente vir Probe-batterye, kontak ons vir die beste pryse. Ons maak al u hidrouliese pype en koppelstukke terwyl u wag!!!!! Ons beskik oor n wye reeks Baldan- en planteronderdele. Nantie van Staden 072-149-4277 Ruan van Niekerk 083-450-4935 www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 53

AgriGids 5 TON MALLIGHEID IN BRAKPAN 011-744-0363/4 Spesiaal! info@tatabrakpan.co.za Nuwe TATA LPT913EX 5-tonner Valkantbak ingesluit Padwaardigheidsertifikaat ingesluit 3-jaar / 300 000 km waarborg Valkantbak ingesluit Gratis dienste slegs in Brakpan tot 20 000 km Gratis 21-punt nagaandiens Lisensie en registrasie uitgesluit R249 995 DINK DINK BTW uitgesluit Tot 31 Desember 2013 BOKSBURG 011-383-9540/1 54 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za

AgriGids Can be customized according to your needs! HuntingBuddy Game viewer www.proagri.co.za ProAgri 166 Desember / December 2013 55

Tweedehands Republic Bus &Truck Dink TATA, Dink RBT NOU OOP IN BOKSBURG R152 404 BTW uitgesluit R174 995 BTW uitgesluit R219 995 BTW uitgesluit 2 Ton Valkante 3 Ton Onderstel-kajuit 4 Ton Onderstel-kajuit R398 167 BTW uitgesluit R402 000 BTW uitgesluit R368 000 BTW uitgesluit 10 Ton Onderstel-kajuit 8 Ton Wipbak 8 Ton Valkante 2 in voorraad R495 000 R949 995 BTW uitgesluit BTW uitgesluit 3 in voorraad R399 000 BTW uitgesluit onmiddellik beskikbaar 38 sitplek bus Nuwe 65-sitplek bus - Marco Polo 28 sitplek bus - Marco Polo R874 423 BTW uitgesluit R435 686 BTW uitgesluit R935 000 BTW uitgesluit 16 Ton Onderstel-kajuit 3 Ton 4x4 Onderstel-kajuit 6m Menger TATA-reeks nou beskikbaar in 2 tot 13.5 ton-voertuie met n 3-jaar waarborg/300 000km waarborg. Toetsbestuur enige van ons uitstekende voertuie vandag. EAST RAND MALL H/v Rietfontein & Northrandweg (Oorkant East Rand Mall) 011-383-9540/1 E-pos: info@tatabrakpan.co.za Herman: 076-430-0705 Jeff: 076-430-0715 Cornel: 084-532-6950 TATA BRAKPAN Voortrekkerweg 312 Brakpan 011-744-0363/4 56 ProAgri 166 Desember / December 2013 www.proagri.co.za