Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

BenguFarm Bestelvorm

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Hoe om krag te spaar

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

G. J. du Preez

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

SIZA takes the sting out of auditing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

407. Esegiël 38 & 39.

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Tariewe

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die wisselwerking tussen profeet en gehoor in die boek Esegiël

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

G. J. du Preez

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Filippense 4:10-20 as n gekwalifiseerde danksegging

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Tariewe

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Hier volg besprekings van verskillende mense van Ben du Toit se boek God? Geloof in 'n postmoderne tyd

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Sterdansers by Vensters.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRAAD 12

Transcription:

Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat Vandag omvat die Christen geloof byna twee biljoen gelowiges in byna duisende afgesonderde en eiesoortige denominasies en sektes. Van hulle, glo meer as 500 denominasies dat die vierde gebod (wat aanbiding op die sewende-dag van die week verlang) steeds bindend is op al die Christene. Vandag is Sewende Dag Adventiste met `n ledetal van byna 17 miljoen, die twaalfde grootste Christen denominasie in die wêreld en die grootste van die Saterdag-Sabbat houdende denominasies. Die sewende-dag Sabbat is baie kosbaar vir die Sewende-dag Adventiste. Die vierde gebod bevat die seël van God. Gevolglik is aanbidding op die sewende-dag Sabbat `n teken van lojaliteit aan die Skepper. In onlangse jare, was daar `n toenemende oproer oor die Christendom heen vir `n terugkeer na die Bybelse lunisolar kalender vir die vasstelling van tye van aanbidding. Hoewel Sondag-houdende Christene dit as `n interessante maar irrelevante geskiedenis beskou, vind die Saterdag-houdendes dié onderwerp dreigend. Saterdag- Sabbatariërs erken die belangrikheid van aanbidding op `n spesifieke dag: die sewende dag van die week. Die voorstel dat Saterdag nie die Bybelse Sabbat is nie, kan soos `n aanval voel op die einste fundamentele beginsels van hulle geloof sisteem. Vir Sewende-dag Adventiste, word dit verstewig deur die feit dat Ellen White, `n geïnspireerde boodskapper aan die finale generasie, `n Saterdag Sabbat herdenk het. Baie besware teen die lunar Sabbat was deur bekommerde Adventiste geopper. Hierdie argumente mag voldoende voel. Maar, die beginsel wat almal moet onthou is dat die waarheid hom nie self teenstaan nie. `n Noukerige analise bewys dat die lunar Sabbat enersyds Bybels is en andersyds ondersteun word deur beginsels te vinde in die geskrifte van Ellen G. White. Die eerste vraag wat baie Sewende-dag Adventiste vra wanneer hulle leer omtrent die lunar Sabbat is: Vraag/Beswaar: Het Ellen White geweet van die lunar-sabbat? Antwoord: Daar is geen duidelike bewys in die geskrifte van Ellen White dat sy ooit van die lunar Sabbat geweet het nie. Nogtans, het sommige stellings wat sy gemaak het aangedui dat sy somtyds meer weet as wat sy vrymoedig gevoel het om vryelik te deel:

Laas nag was `n toneel aan my voorgestel. Ek mag nooit vry voel om dit alles te verduidelik nie, maar ek sal `n gedeelte bekend maak. (Ellen White, Reflecting Christ, p. 243.) Tot nog onlangs toe het ek nie vrymoedig gevoel om oor hulle [hierdie sake] te praat nie, en selfs nou voel ek nie vry om al die dinge te openbaar want ons mense nog nie voorbereid is om alles te verstaan wat in die voorsienigheid van God sal ontwikkel te Avondale nie. (Testimonies,Deel 6, p. 181, klem verskaf.) Soos my broeders die uittreksels van briewe lees, het ek geweet wat om aan hulle te sê; want hierdie saak was weer en weer aan my voorgestel... Ek het nie vry gevoel om die saak uit te skryf tot op hede nie. (Special Testimonies for Ministers and Workers, No. 6, p. 47.) Om die lunar Sabbat te verwerp net omdat Ellen White eenvoudig maar net nie daarvan geweet het nie, is om die beginsels wat sy dikwels herhaal het, te verwerp: Ons moet nie dink, Wel, ons het al die waarheid, ons verstaan die hoof pilare van ons geloof nie en ons mag nou agteroorsit en rus op hierdie kennis, Die waarheid is `n toenemende waarheid, en ons moet wandel in die toenemende lig. Nuwe lig sal altyd oopgaan oor die [hemelse] woord... aan hom wie in lewende verbintenis is met die Son van Geregtigheid. Laat niemand tot die slotsom kom dat daar nie nog lig is om geopenbaar te word nie. Die ywerige, gebedvolle soeker na waarheid sal kosbare ligstrale vind wat skyn uit die [heilige] woord... Baie edelgesteentes is steeds verstrooi wat versamel moet word om deel te wees van die eiendom van die oorblyfsel volk.... (Ellen White, Counsels to Writers and Editors, pp. 33, 34.) Ons moet lewende geloof in ons harte hê, en uitreik na groter kennis en helder-wordende lig. (Review & Herald, Maart 25, 1890.) Suster White het sterk gewaarsku teen die verwerping van nuwe lig net omdat dit nuut is: `n Gees van fariseïsme het onder ons mense ingekom wie aanspraak daarop maak dat hulle die waarheid vir die laaste dae het. Hulle is self tevrede. Hulle sê, Ons het die waarheid. Daar is

geen lig meer vir die volk van God nie. Maar ons is nie veilig wanneer ons `n posisie inneem om nie meer enigiets te aanvaar as dit wat ons as waarheid beskou nie. Ons moet die Bybel neem, en dit noukerig vir onsself ondersoek. Ons moet in die myn van God se woord delf vir waarheid..... Sommige het my gevra of ek dink dat daar enige bykomende lig vir God se volk is. Ons verstande het só eng geraak dat dit wil voorkom asof ons nie verstaan dat....[hy]`n magtige werk vir ons wil doen nie. Toenemende lig moet nog op ons skyn; terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe. [Spreuke 4:18] (Review & Herald, Junie 18, 1889) Sommige mense het gevra: Vraag/Beswaar: Hoe kan die lunar Sabbat ware lig wees en nogtans nie aan die pioniers gegee was nie. Die Heilige Gees het só baie lig aan die pioniers gegee! Hoe kon hulle dit nie gesien het as dit waarheid is nie? Antwoord: Elke generasie het `n spesiale lig wat in hul tyd gegee is. Hierdie vermeerderde lig is beskikbaar aan almal wie hul harte sal verootmoedig en daarna soek. So vroeg as 1854 al, het Ellen White die eerste gelowiges gewaarsku: Domheid soos `n doodsheid, benewel die verstand van die meeste van diegene wat voorgee dat hulle glo dat ons die draers is van die laaste boodskap.... Julle laat julle harte te maklik aftrek van die werk van voorbereiding en die belangrike waarhede vir hierdie laaste dae. (Eerste Geskrifte, p. 119) Teen 1856 het James White, Uriah Smith, en J. H. Waggoner alreeds die jong Adventiste groepe vertel dat die Laodicente boodskap van toepassing is op die Sabbatariese Adventiste sowel as ander wie lou warm in hul Christelike lewens is. Selfs hulle het deeglike bekering nodig. Verder was hulle eensgesind in hul gevolgtrekking dat die derde engel se boodskap die finale boodskap was, aan die rebelse wêreld. En die Laodicente boodskap was die laaste boodskap aan `n kerk wat nie warm en ook nie koud is nie ( Die Laodicente Boodskap. Clarification of Major Doctrines, Hoofstuk 23, WhiteEstate.org/books.) J.H. Waggoner Die Laodicente boodskap is `n waarskuwing so reg uit die Hemel: Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal ek jou uit my mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. ( Openbaring 3:16, 17, OV)

Nuwe lig word nooit gegee aan diegene wie voel dat hulle alles weet wat noodsaaklik is vir verlossing nie. Want, deur hul eie nalatigheid, het die pioniers spoedig gesink in selfvoldaanheid, en geen verdere lig het uitgekom nie. Nogtans, maak dit NIE enige nuwe lig dwaalleer deur nalatigheid NIE. Diegene wie kleef aan ou gewoontes en wit grys dwaalleer het die feit uit die oog verloor dat lig voortdurend toeneem op die weg van almal wat...[yahushua] volg; waarheid is altyd besig om ontbloot te word vir die volk van God. Ons moet voortdurend vorentoe as ons, ons Leier volg. Dit is wanneer ons in die lig wandel wat op ons skyn, die waarheid gehoorsaam wat ons verstande verlig dat ons groter lig ontvang. Ons kan nie verskoon word vir die aanvaarding van net daardie lig wat ons vaders een honderd jaar gelede gehad het nie. As onse God-vresende vaders kon sien wat ons sien, en hoor wat ons hoor, sou hulle die lig aanvaar, en daarin gewandel het. As ons verlang om hulle getrouheid na te boots, moet ons die waarheid wat ons verstande verlig aanvaar, nes hulle dié aanvaar het wat aan hulle geopenbaar was; ons moet maak soos hulle sou gedoen het, as hulle in ons tyd geleef het. (Ellen White, Historical Sketches, bl. 197.) Laat almal wie die waarheid verlang ag slaan op die ernstige waarskuwing uit die pen van die Hemelse dienskneg. Vraag/Beswaar: As Ellen White `n fout gemaak het omtrent watter dag die ware Sabbat was, sou God haar reggehelp het! Sy kon nie só `n groot fout gemaak het en steeds `n ware profeet gewees het nie. As ek die lunar kalender aanvaar, moet ek Ellen White uitgooi met al my Adventis oortuigings! Antwoord: Dit is `n emosionele reaksie wat op vrees gebaseer is. Wanneer `n persoon werklik in die Skrifte en in die geskrifte van Ellen White geanker is, word `n skone harmonie gesien in alle waarhede. Die lunar Sabbat is maar net nog `n skakel in die goue ketting van waarheid, wat sy oorsprong in Eden het. "In verband met onfeilbaarheid, ek het nooit daarop aanspraak gemaak nie; God alleen is onfeilbaar. Sy woord is waarheid, en in Hom is geen sweem van verandering, of `n beduidenis van ommeswaai nie." (Brief 10, 1895, opgeteken in Selected Messages Deel 1, bl.37.) As die leerstellings van die Gees van Profesie uitlê dat Ellen White alle waarhede gehad het,(wanneer sy self gesê het dat meer lig nog moet kom) stel dit een of twee moontlikhede voor; óf daar is iets ernstig verkeerd met haar geskrifte, of, des te beter, is daar iets fout met die gelowiges se oortuiging. Nie een van die Bybelskrywers was onfeilbaar nie, want ALMAL het gesondig en dit ontbreek hulle van die heerlikheid van [Yahuwah]. (Sien Romeine 3:23.) Om Ellen White op `n hoër standaard as die Bybel skrywers te plaas is om haar diens `n oneer aan te doen want dit stel `n mens op om die verdere lig waarvan sy herhaaldelik gepraat het wat nog moet kom, te verwerp. Soos laat as 1892 het Ellen White uitdruklik gewaarsku: Ons het baie lesse om te leer, en baie, baie om af te leer. God en die hemel alleen is onfeilbaar. Diegene wie dink dat hulle nooit `n geliefde idée hoef op te gee nie, nooit `n geleentheid sal hê om `n opinie te verander nie, sal teleurgestel word. So lank as wat ons verbete vasklou aan ons eie idees en opinies, kan ons nie die eenheid het waarvoor Jesus gebid het nie. (Review & Herald, Julie 26, 1892)

Vraag/Beswaar: The Great Controversy verwys herhaaldelik na Sondag verheffing as die fokus punt van die finale krisis. Die lunar Sabbat trek die aandag heeltemal af van die ware toets: Sondag teen Saterdag. Antwoord: Die Sewende-dag Adventiste Kerk was uitermate geseën van die Hemel met `n magdom van baie hemelse gawes. The Great Controversy wat deur Ellen White geskryf is, is só `n geskenk. Maar, die gevaar om te glo dat mens geestelik ryk en verryk geword het en aan niks gebrek het nie terwyl, mens in werklikheid eintlik geestelik ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie is die vele veronderstellings wat só `n geloofsoortuiging met hom saamneem. Adventiste het `n algehele eind-tyd scenario gebou rondom hul persoonlike interpretasie van die laaste hoofstukke van The Great Controversy. Die waarhede in hierdie boek vervat is die waarhede vir ons dag, maar die fokus was te bekrompe. Wat vér breër as net `n Sondag teen Saterdag stryd is, toon die finale gebeure wat tans linies opslaan `n veel breër konflik as wat voorheen gedink was. Die slagveld is veel groter as Katolieke teen Protestante of selfs Sondagaanbidders teen Saterdag Sabbatariërs. Die finale stryd is `n ontsaglike konflik tussen een volle godsdienstige sisteem en haar geestelik- vasgestelde aanbiddings kalender teen `n opponerende sisteem van aanbidding met sy valse kalender. Die beginsels van die finale skermutseling soos uitgelê in The Great Controversy is waar. Daar is tans ook opregte Christene in alle kerke, wie nie die Rooms Katolieke nagmaal aanvaar nie, en wie opreg glo dat Sondag die Sabbat is wat deur God ingestel is. God neem sulke opregtheid aan. Maar wanneer Sondagviering deur die wet verpligtend gemaak word en die hele wêreld ingelig is aangaande die verpligting van die ware Sabbat, dan sal diegene wat God`s gebod oortree om `n beginsel te gehoorsaam wat geen hoër gesag as die van Rome het nie, daardeur die pousdom vereer bokant God. Daardeur sal hulle hulde betoon aan Rome en aan die mag wat `n instelling wat deur Rome verorden is, verpligtend maak. Hulle sal die dier en sy beeld te aanbid. As mense dan die instelling verwerp waarvan God sê dat dit `n teken is van Sy gesag en in die plek daarvan `n instelling vereer wat Rome verkies het as die teken van sy oppergesag, sal hulle daardeur die teken van getrouheid aan Rome aanvaar, naamlik die merk van die dier. (Ellen White, The Great Controversy, bl. 449.) Nou dat die eeue oue sewende-dag Sabbat, soos bereken deur die oorspronklike kalender van die Skepping weer tot sy regmatige plek herstel word, word die merk van die dier baie duidelik.

Die spesiale karaktertrekke van die dier, en daarom ook van sy beeld, is die verontagsaming van God se gebooie. So sê Daniël van die klein horinkie, die pousdom: Hy sal dink om tye en wet te verander Daniël 7:25, NV. The Great Controversy, bl. 445.) Die merk van die dier word ontvang wanneer `n persoon aanbidding op enige dag gee, soos bereken deur enige kalender terwyl hy bewus is dat dit nie verorden is deur die Hemel nie. Almal wie verlang om hul Skepper te aanbid, sal kies om Hom te aanbid op die dag wat Hy nooit verander het nie: die sewende-dag Sabbat, bereken volgens Sy kalender, ingestel tydens die Skepping. Vraag/Beswaar: Die sewende-dag Sabbat is die platvorm van die Sewende-dag Adventiste Kerk! Ellen White het gewaarsku van mense wat pogings sal aanwend om die gestigte geloof van die kerk te verswak. Enigeen wat Saterdag as die Sabbat opsy wil sit, doen presies dit. Antwoord: Die sewende-dag Sabbat is nie die fundamentele geloofsoortuiging van die Sewende-dag Adventiste Kerk nie, nóg is dit uniek aan die Sewende-dag Adventiste. Daar is meer as 500 Saterdag-Sabbat houdende Protestantse denominasies! Adventiste self het die Sabbat leer ken van die Sewende-dag Baptiste! Die fondament van de Sewende-dag Adventiste geloof, die stewige platvorm waarop die pilare van geloof rus, is die reiniging van die tempel boodskap met sy ondersoekende oordeel. Net dit van die ganse kerk se oortuigings is uniek aan Adventisme. In `n visioen wat vroeg reeds in die bediening van Ellen White ontvang is, skryf sy: Ek het `n groep gesien, goed beskerm en standvastig, wat geen gehoor gegee het aan diegene wat die vaste geloof van diegene wou ondermyn nie. God het hulle met welbehae betrag. Aan my is drie trappe getoon, die eerste, tweede, en derde engele se boodskappe.... Ek is weer deur hierdie boodskappe geneem, en ek het gesien hoe duur die volk van God hulle ervaring gekoop het. Dit is verkry deur baie lyding en `n groot stryd. God het hulle stap vir stap voorwaarts gelei, totdat Hy hulle op `n soliede, onbeweeglike platvorm geplaas het. Ek het mense die platvorm sien nader en die grondslag daarvan ondersoek. Sommige het in blydskap dadelik daarop geklim. Ander het begin foute sien in die fondament. Hulle wou verbeterings aanbring; dan sou die platvorm beter wees en die mense baie gelukkiger. Sommige het van die platvorm afgestap om dit te ondersoek, maar hulle het gesê dat dit heeltemal verkeerd gemaak is. Maar ek het gesien dat byna almal

vasgestaan het op die platvorm, en hulle het diegene wat van die platvorm afgeklim het gemaan om hul geklaag te staak, want God is die Meesterbouer en hulle is besig om teen Hom te veg. Hulle het weer vertel van die wonderbare werke.... wat hulle tot die vaste platvorm gelei het, en saam het hulle hulle oë hemelwaarts gerig en God met `n groot stem geloof. (Eerste Geskrifte, bl. 259.) Die soliede, onbeweeglike platvorm, waarvan in die visioen melding gemaak word is die fondament waarop Adventisme gebou was. Ellen White het die fondament duidelik verwoord as die leerstelling van die heiligdom. Die skrifte wat bo almal uitstaan as beide die fundamentele en sentrale pilaar van die Advent geloof was die verklaring. Tweeduisend-driehonderd aande en mores dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word. [Daniël 8:14] Dít was bekende woorde aan al die gelowiges in die spoedige koms van Jesus. Duisende monde het hierdie profesie met blydskap herhaal as die wagwoord van hul geloof. Almal het gevoel dat op die gebeure wat daarin na vore gebring word steun hul hoogste verwagtinge en hul mees gekoesterde hoop. Hierdie profetiese dae sou eindig, soos aangedui, in die herfs van 1844. (Ellen White, The Spirit of Prophecy, Deel 4, bl. 258.) Op hierdie soliede fondasie rus alle pilare van die Adventiste geloof, die sewende-dag Sabbat inkluis. Die dienste van die heiligdom is die hoogtepunt van die godsdienstige jaar met die reiniging van die heiligdom op die Versoendag. Hierdie heilige byeenkomste was almal bereken deur die Bybelse luni-solar kalender. Dit was die einste kalender wat deur die Milleriete gebruik was om Oktober 22 as die Versoendag in 1844, as die einddatum van die 2300 dae profesie van Daniël 8. Adventisme is gegrondves in die luni-solar kalender van die Skepping. Sonder hierdie kalender sou daar nie `n 22 Oktober 1844; geen reiniging van die heiligdom boodskap; geen heiligdom leerstelling, gewees het nie, punt! Die Hemel het Miller se beweging gebruik om die kennis van die Skepper se kalender weer in die wêreld te herstel. So vér terug as April, en toe in Junie en Desember 1843, en in Februarie 1844...[het William Miller en sy geloofsgenote] tot `n definitiewe slotsom gekom. Dit was dat die oplossing van Daniël se profesie afhanklik was van die antieke of oorspronklike Joodse vorm van luni-solar tyd, en nie op die veranderde moderne rabbynse Joodse kalender nie. (L.E.Froom, Prophetic Faith of our Fathers, Deel 4, bl. 796, klem verskaf.) Die Miller beweging was ywerige studente van beide die Bybel en geskiedenis. Hulle het die antieke kalender van die Skrifte deeglik nagevors en dit gebruik om die einddatum van die 2300 dae profesie op die Versoendag

in 1844 vas te stel. Dit het hulle met die volle bewustheid gedoen met die wete dat die moderne Joodse kalender verander was en nie meer langer in ooreenstemming met die Bybelse metode van tydsberekening was nie. Die merkwaardige standpunt van die Miller beweging, in 1843 en 1844, in die verwerping van die huidige Rabbynse kalenderbeginsels, en die herlewing van die oorspronklike Joodse jaar van die kruisigings periode.... sodat hulle die afsluiting van die 2300-jaar periode korrek mag vasstel, het helder, kundige denke, intensiewe navorsing, buitengewone morele waagmoed, en opregte heldhaftige, beslissende aksie gekos. Hulle het alles op hierdie kritiese punt gewaag... Deur `n deeglike bestudering van die Karaite protes van die Middel Eeue teen die Rabbynse afvalligheid van die kalender, het hulle die vroeë kalender beginsels wat voorgestaan was deur die Karaites, uiteindelik willens en wetens en onherroepelik aanvaar, herstel, en toegepas op hul tyd-profesie probleem. En dit het hulle stoutmoedig gedoen teen die hele liggaam van die Rabbynse geleerdes en die algemene gewoontes van Jodedom..... Die oorweldigende idees en vooroordele teenoor die Joodse gebruike het as `n afskrikmiddel gestaan teen herlewing en die toepassing van die ware kalender deur die Miller- beweging, net soos die toewyding van die Christendom ons bespotting van Sondag heiliging en onse herlewing van die ware Sabbat, vir ons moeilik gemaak het. (Grace E. Amadon, Courageous Action of Millerites On Jewish Calendar Problem, Collection 154, Center For Adventist Research, Andrews University, pp. 1, 3 & 5.) Die Skrifte stel net een kalender voor: die kalender van die heiligdom dienste. Hierdie kalender, noukerig ondersoek en herstel deur die Miller-beweging, is die enigste wyse waarop die ware Sabbat van die Bybel vasgestel kan word. Die fondasie van die Adventiste geloof is die heiligdom. Die Sewende-dag Sabbat is `n pilaar wat rus op daardie onbeweeglike platvorm. Die lig wat geskyn het in die dae van ons vaders, was `n herinvoering van die Bybelse kalender vir die vasstelling van die jaarlikse feeste, insluitende die Versoendag. Die lig wat skyn in ons dag, is `n herstel van dieselfde kalender vir die vasstelling van allehemels vasgestelde tye van aanbidding insluitende die weeklikse fees, die Sewende-dag Sabbat.

Die leerstelling van die lunar- sabbat verwar nie die geloof eens oorgelewer aan die heiliges nie. Dit word daardeur bevestig! Lig is toenemend. Terwyl dit baie verwarrend voel om vorentoe te tree voor vriende, familie en selfs pastore, sal die Verlosser almal wie op Hom vertrou veilig lei in die kennis van die beproewende waarheid vir hierdie tyd. Die Voorspraak vir ons verlossing lei Sy volk stap vir stap, om hulle te reinig vir en gereed te kry vir die hemelvaart sonder om te sterwe, en om diegene agter te laat wie neig om weg te trek van die liggaam, wie nie gewillig is om gelei te word nie, en tevrede is met hul eie geregtigheid. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Geen groter misleiding kan die menslike verstand mislei as dit wat die mens lei om toe te gee aan `n self-versekerde gees, wat glo dat hulle reg en in die lig is, terwyl hulle wegtrek van God se volk, en hulle gekoesterde lig duisterns is. (Ellen White, Testimonies, Deel 1, bl. 333.) Die ware Sabbat, soos bereken deur die hemels-ontwerpte kalender van die Skepping, is `n teken van getrouheid aan die Skepper. Vertrou die behoud van jou siel toe aan jou Skepper. Dit is veilig om Hom te vertrou! Almal wie opreg verlang na die kennis van waarheid sal toenemende lig ontvang.