Nuusbrief. Robert OPVOEDINGSWETENSKAPPE. Op pad met. Boodskap van die dekaan. Professor Robert Balfour. Inspireer tot innovasie Inspires to innovate

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Direkte en indirekte rede *

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

@ NWU Inspireer tot innovasie

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

@ NWU Inspireer tot innovasie

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Rut: n Liefdes Verhaal

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

30 jaar se toptalent tree op BINNE. NWU wil sy koolstofvoetspoor verklein Alumnus verken die heelal Kernkrag is veiliger as wat jy dink

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Exploring Information Systems in Nursing. Teologie saai uit na die eerste oopleersentrum. Boek oor Geskiedenis van Afstandsonderrig

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

'n Kolhou vir skoon lug

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

Fakulteit Opvoedkunde

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

24. TEOLOGIESE SKOOL EN OPLEIDING 24. THEOLOGICAL SCHOOL AND TRAINING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

STUDENTESENTRUM SPLINTERNUWE AIDS CREATES POVERTY CYCLE

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

VOLUME 6 No 5 September 2012 Personeelblad van die NWU. Bedreigde padda leef voort. Wen R600 met Eish! Een voet in Amerika en die ander een in Europa

CLASSICAL ASSOCIATION OF SOUTH AFRICA KLASSIEKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA

Lees binne: Nog foto's op p 16. Puk se KBMM trek internasionale. p 5. November Uitgawe 9

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Nelia Van der Walt. Stefan van der Walt

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Sy is gaande oor planne wat wérk. Ons bou stewige fondasies vir die toekoms. Stelsel vir finansies verander

Direkteur van die NWU-PBS nou voorsitter van die AHi

Tariewe

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch E-pos: Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

COHHUNfKE. fnholl1) Redaksioneel 2. Fakulteitsnuus 6. Internasionaal. Fakulteitslede besoek buiteland Buitelanders besoek die Fakulteit

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

8 No 5 Augustus 2014 Personeelblad van die NWU. Kook kos met sonkrag. Voorkoms van finansies verander. NWU reageer op bewerings van ontgroening

Kerssangdiens. SA Gemeente

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

2016/17. Voorgraadse fakulteitsbrosjure.

RAADSLEDE / COUNCILLORS

eish! PLEGTIGHEID lui nuwe era in Navorsers: die room van die oes VOLUME 8 No 7 Desember 2014 Personeelblad van die NWU

PROF. F.W. DE WET CURRICULUM VITAE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

VOLUME 5 NR ALUMNItydskrif

Die UV se uitwaartse dryf in Afrika

Transcription:

Op pad met Uitgawe 1 8 Februarie 2011 Boodskap van die dekaan Geagte Kollegas, Wat ʼn besige en vrugbare aanvang tot die jaar was dit nie tot dusver nie! Ek het in die Fakulteit in diens getree met die volgende eenvoudige idee: om met vakgroepe byeen te kom en ʼn reeks gesprekke (die eerste van vele hoop ek) met kollegas te hou, ten einde ʼn begrip te verkry van hulle behoeftes asook die omvang van hulle werk (programgebied, gemeenskapsprojekte en navorsing). Hoe divers is ons nie! Dit is met die oog daarop om hierdie diversiteit te verstaan, dat ek myself daartoe verbind om in 2011 soveel tyd as moontlik aan kollegas te bestee. Gesprekvoering fasiliteer samewerking wat ons weer in staat stel om ons kollektiewe visie te verwesentlik. NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOMKAMPUS Hierdie eerste maand alleenlik het die Dagbestuur van die Fakulteit alreeds eenkeer formeel vergader; het ek Skoolvergaderings asook Dagbestuursvergaderings van die Skole en ʼn daglange (is dit werklik moontlik?) Kampusbestuursvergadering bygewoon; met die direkteure van Bemarking en Finansies byeengekom en ten minste twee vergaderings met institusionele en kampusbestuurders bygewoon insake die opwindende toekoms van ons Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding; met amptenare van die unie byeengekom en navorsing met besoekende Britse akademici bespreek. Ek is ingenome met die personeelinsette t.o.v. inskrywings van nuwe studente, die stimulerende nagraadse kollokwium, asook die werk wat deur ons NGOS-kollegas van al drie skole onderneem is, ter voorbereidings vir die aanbieding van die NGOS-program as ʼn afstandsleerprogram. Ek het ʼn vergadering met ons susterkampusse geskeduleer vir binnekort. Sjoe! Onderrig is aan die beweeg by NWU! In die loop van besprekings met ons personeel en inaggenome die boeiende Grondslagfasekonferensie wat verlede week aangebied is, en die Neem ʼn Skool Aan - inisiatief (wat nog in die vroeë konsepstadium is), het dit vir my geblyk dat ons kollektiewe werk inspireer tot innovasie, en is die breë blik, diversiteit en omvang daarvan ʼn bron van voortdurende kritiese refleksie, asook verdere energie en wilskrag waardig. Professor Robert Balfour Ons het probeer om soveel nuus as moontlik te dek (en deel dit asseblief met u netwerk van wetenskaplikes en onderwysers elders in die land), en hoop om ʼn uitmuntende eerste uitgawe te hê. Hou aan om vir ons goeie nuus deur te stuur (ons beoog om een uitgawe per maand te publiseer, so as iets ons nie betyds bereik het vir publikasie in hierdie uitgawe nie, sal dit in die Februarie-uitgawe verskyn) EN hou aan met die goeie werk! What a busy and fruitful start to the year it s been so far! I commenced work in the Faculty with the following simple idea: to meet with subject groups and to have a series of short chats (the first of many I hope) with colleagues, in order to understand their needs and to gain a sense of the scope of their work (programme area, community projects and research). What a diverse group we are, and it is with a view to understanding this diversity that I commit myself to devoting as much time as possible to colleagues in 2011. Discourse facilitates cooperation and that in turn helps us to realise our collective vision. In just this first month the Faculty s Management Committee has already had one formal meeting; I ve attended School meetings, as well as School Management Committee meetings and a day-long (is it really possible?) Campus Management meeting; met with Marketing and Finance directors and attended at least two meetings with institutional and campus managers concerning the exciting future for our School of Continuing Teacher Education; met with union officials and discussed research with visiting academics from the UK. I am pleased with the registration efforts regarding our new students, the stimulating postgraduate colloquium, as well as the work undertaken by our PGCE colleagues across all three schools with respect to preparations for offering this programme as a distance programme. I have a meeting scheduled with our sister campuses for the near future. Wow! Education at NWU is really on the move! In the course of talking to our staff and taking in everything from the fascinating ECE conference hosted by the Faculty last week, to the Adopt-a-School initiative (still in an early conceptualisation phase), it seemed to me that our collective work inspires to innovate, and its breadth, diversity and reach are cause for continued critical reflection, and worthy of further energy and determination. We ve tried to cover as much news as possible (and please do share this with your networks of scholars and teachers elsewhere in South Africa), and hope to have a great first issue. Keep sending the good news (we re aiming to publish an issue every month, so if something didn t reach us in time for this issue, it will be published in the February issue), AND keep up the good work! Groete / Regards, Robert 1.

Konferensies/ colloquia Grondslagfase Konferensie Dr. Ona Janse van Rensburg en die Grondslagfase personeel het vanaf 1 tot 3 Februarie 2011, by die Fakulteit, ʼn baie geslaagde Internasionale konferensie aangebied met die titel Research Development and Training in Early Childhood/Foundation Phase. Tydens hierdie konferensie het nagraadse studente, akademici, onderwysers en opleiers die geleentheid gekry om saam te werk, asook om idees oor onderwyspraktyke in vroeëre kinderontwikkeling uit te ruil. our vision is our children s future. - Die tema van die konferensie Die tema van die konferensie is our vision is our children s future. Die hoofspreker is prof. ML van der Lee van die Brock Universiteit en die tema van haar voordrag is An internation perspective on ECD. Dr Janette Kruger het gedurende Desember n konferensievoordrag met die titel Screencasts: Augmenting learning materials in open distance education by IADIS International Conference on Internet Technologies & Society (ITS 2010) in Perth, Australië gelewer. Sy het ook studiebesoeke aan Murdoch and Curtin Universities in Perth, Charles Sturt University in Wagga Wagga en die University of Queensland in Brisbane, afgelê. Spesiale lesings of seminare Die studiebesoeke het die moontlikheid van samewerking tussen die SVO en hierdie vier universiteite meegebring. Baie geluk aan dr. Ona Janse van Rensburg en haar kollegas met die aanbieding van dié konferensie. ACDE TCC vergadering Die jaarlikse vergadering van die Technical Committee van die African Council on Distance Education vind vanjaar op 17 en 18 Februarie 2011 op die Potchefstroomkampus plaas. Hierdie komitee bestaan hoofsaaklik uit visekanseliers en rektore van verskeie universiteite in Afrika wat by afstandsonderrig betrokke is. Seugnet Blignaut is die Noordwes-Universiteit se verteenwoordiger en het gereël dat die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding die gassheer van hierdie byeenkoms sal wees. Hierdie is ʼn wonderlike geleentheid vir blootstelling (internasionalisering) in Afrika en die groep sal ook die SVO se huidige sowel as die nuwe gebou besoek. Prof. Seugnet Blignaut Prof. Seugnet Blignaut het in Januarie 2011 n gevorderde ATLAS.ti opleidingskursus in Santa Barbara, Kalifornië, in die VSA bygewoon. Dit is aangebied deur Woolf Consulting. ATLAS.ti is n navorsingsprogram wat gebruik word gebruik vir kwalitatiewe data analise. Joany Fransman gaan vanaf 9-13 Februarie na Rzeszow, Poland, om n voordrag getiteld The practices of propective teachers in South- African and Canadian Mathematical Literacy teacher education programs: What works and what does not? by die Seventh Congress of the European Society for Research in Mathematics Education (CERME7) saam met haar studieleier van Kanada, te lewer. Oppad met

Nuus oor kollegas se konferensiereferate Die fakulteit het vanjaar drie intreeredes, nl. Prof. Elsa Mentz: 25 Februarie om 19:00 in die Konservatoriumsaal. Die titel van haar rede is n Sosiaal-konstruktiwistiese benadering tot die aanleer van programmeringsvaardighede: Implikasies vir die praktyk n SANPAD-navorsingstoekenning vir die bemagtiging van IT-onderwysers in voorheen benadeelde skole. Haar navorsing is gefokus om nie alleen die onderrig en leer van voornemende onderwysers wetenskaplik te fundeer en te verbeter nie, maar ook n verskil te maak in die onderrig van IT op skoolvlak. Onthou asseblief om voor 8 Februarie aan Elsabé Fraser telefonies of per e-pos te verwittig indien u die uitnodiging aanvaar. Algemeen Nuwe SVO-gebou Stygende getalle en n gebrek aan genoegsame spasie het daartoe gelei dat daar gedurende Junie 2010 begin is met die oprigting van die nuwe SVO-gebou langs B11. Bouwerk het fluks gevorder en die nuwe gebou sal in Maart 2011 betrek word. Volgens die boukontrakteur kan die eerste personeel heel moontlik die week van 21 Februarie begin om die nuwe gebou te betrek. Die amptelike inwyding van die gebou vind op 4 Mei plaas. SVO begin op 2 Maart 2011 om self sy program in Namibië te bedryf en nuwe kantore is reeds op Ondangwa en Windhoek geopen. Baie geluk aan die Opvoedkunde span wat op 31 Januarie tydens die Willem Scott-golfdag die geesbeker verower het. Kollegas, baie dankie vir die inligting wat via die direkteurskantore ontvang is.vir bydraes vir die Februarie/Maart uitgawe kan die volgende e-pos gebruik word: Edu-EnquiryPotch@nwu.ac.za. Die redaksie van hierdie nuusbrief maak staat op die korrektheid van inhoud van die afsender en vrywaar hulself dus teen enige foute wat gepubliseer word. Ons verwelkom voorstelle, regstellings of kommentaar oor die inhoud van hierdie nuusbrief. Akademiese besoekers vanaf ander universiteite. Die fakulteit ontvang besoek van vier personeellede van De Driestar Educatief in Nederland vanaf 14 tot 25 Februarie 2011. Jaap Braaksma (bestuurder) en Gerrit Heino (dosent) besoek die SVO. Marianne Golombek en Manita Hoeke, albei dosente, besoek die SVO. Drs. Andrew Abdool en Almero Kok sal optree as gashere vir hierdie besoekers. Ook word daar vanaf 28 Februarie tot 5 Maart nog vier besoekers van De Driestar Educatief verwag. Hulle is Rens Rottier, Bram de Muynck, Jos de Kock en Willem Poppe. Kollegas wat op akademiese verlof in die volgende of huidige maand oorsee is of nasionaal reis. Me Louise Postma en prof Petrusa du Toit is met akademiese verlof vir die eerste 6 maande van die jaar. Prof Ralph Mawdsley (Cleveland State University) besoek die Fakulteit en gee op 14 Februarie om 16:00, n lesing oor Onafhanklike skole en die reg in Amerika. Hy is 'n akademikus met hoë aansien in die Onderwysreg vakgebied. Hy het 'n baie indrukwekkende CV met meer as 500 artikels agter sy naam. Alle dosente, belangstellende studente, onderwysers en skoolhoofde word uitgenooi om die lesing by te woon. 3.

Navorsingsuitsette van personeel Hiermee die voorlopige publikasie-uitsette vir 2010 van die Fakulteit vir u inligting. Die NFA sal teen die einde Februarie oor die finale syfers van publikasieuitsette beskik en daarna in die publiseer. Met hierdie syfers bewys die fakulteit dat hy erns maak met die volhoubare proses om navorsingspublikasies konstant te verbeter. Die artikeleenhede staan tans op 28.51 en uitstaande finale gegewens van artikeleenhede wat in 2010 gepubliseer is dui daarop dat 33.32 verwag kan word. Die artikeleenhede was in 2009 n totaal van 30.79, wat toon dat die fakulteit se artikeleenhede met 2.53 vanaf 2009 na 2010 verbeter het. Die meeste publikasies is steeds in geakkrediteerde tydskrifte (SA:26 en ISI:20). Hierdie jaarlikse verbetering van publikasieuitsette reflekteer die erns van akademici in die fakulteit ten opsigte van die disseminasie van opvoedkunde navorsing wat in die fakulteit onderneem word. MEd en PhD studente wat pas voltooi of ingehandig het. Inligting sal met die volgende nuusbrief verstrek word. Verbetering van nagraadse kwalifikasies/toekennings: personeel Die aantal personeel van die Fakulteit wat in 2010 hulle nagraadse kwalifikasies verbeter het, is: 8 M-grade en 3 PhD-grade. Die personeel wat Meestersgrade ontvang het in Mei en September is: Mnr Sampie Lundie (Leer en Onderrig) Me Annemarie Loubser (Leerderondersteuning) Die res van die statistieke is as volg: Gepubliseerde geakkrediteerde artikels: 40 Aanvaarde geakkrediteerde artikels: 8 Artikels ingedien: 27 Artikels in proses: 45 Mnr Gerrie Benade (Leer en Onderrig) Me Joany Fransman (Wiskunde-onderwys) Me Jessica Pool (Leer en Onderrig) Konferensiebundels internasionaal gepubliseer: 5 Konferensiebundels nasionaal gepubliseer: 1 Internasionale projekverslae: 1 Boeke gepubliseer: 10 Referate internasionaal gelewer: 66 Referate nasionaal gelewer: 31 Hoofstukke in boeke gepubliseer: 18 Hoofstukke in boeke aanvaar: 4 Bydraes in ensiklopedieë: 1 NRF gegradueerdes: 5 Baie geluk aan al ons kollegas wat bygedra het om ons Fakulteit se naam hoog te hou. Oppad met Personeel wat hul Meestersgrade by ander Kampusse / Fakulteite verwerf het: Mnr Philip Modisakeng (Mafikengkampus - Leer en Onderrig) Me Nozi Kgati (London South-Bank University - Education for sustain ability) Mnr Pieter Swarts (Fakulteit Natuurwetenskappe - in Geografie) Baie geluk Sampie, Annemarie, Gerrie, Joany, Jessica, Philip Nozi en Pieter! Dit is baie goeie nuus en ons hoop dat baie meer navorsing hieruit sal volg. Die personeel wat Doktorsgrade ontvang het in Mei en September 2010 is: Me Joany Fransman (Wiskunde-onderwys) Dr Annamagriet de Wet (Onderwysreg) Dr Betty Breed (Rekenaarwetenskaponderwys) Dr Liesl van der Merwe (D.Mus) n Spesiale gelukwensing aan Annemagriet, Betty en Liesl julle het dié mylpaal gehaal! Ses personeellede het aan die einde van 2010 hul PhD-verhandelinge ingelewer vir eksaminering en twee personeellede MEd-skripsies, waarvan die uitslag eers in2011 beskikbaar sal wees.

Personeel Nuwe aanstellings: Ons verwelkom prof. Robert J. Balfour wat vanaf 1 Januarie 2011 die leisels van die Fakulteit as nuwe uitvoerende dekaan oorgeneem het. Prof. Balfour se verwelkomingsfunksie vind op 15 Februarie 2011 om 18:30 vir 19:00 in die vorm van n kaas-en-wyngeleentheid by Christa Galli plaas. Onthou om asseblief voor 9 Februarie 2011 vir Elsabé Fraser telefonies of per e-pos te verwittig indien u die uitnodiging aanvaar. Die volgende personeel word verwelkom: Skool vir Opvoedkunde Prof. Gerda Bender (Kurrikulumstudies). Me. Shan Simmonds (Kurrikulumstudies). Skool vir Kurrikulumgebaseerde Studies Me. Brenda Malan (Omgewingsopvoeding). Me. Elize Vos (Onderwysafrikaans). Me. Merna Meyer (Onderwys Kuns en Musiek). Me. Catrien Mulder (tydelik vir ses maande). Me. Ann Boonzaaier (praktiese onderwys, tydelik vir ses maande). Me. Karin Martens (tydelik aangestel in Me Louise Roodt se pos) Me. Amber Vanderwoude ( American Fellow wat behulpsaam is met die English Medium of Instruction-module. Sy gaan ook Skryfskole, veral met die oog op eerstejaars, aanbied). Bedankings / aftredes: Dr. Gerda Reitsma het bedank uit haar pos by Onderwystegnolo gie om 'n pos te aanvaar by Akademiese Steundienste. Dr. Liesl van der Merwe het uit haar pos by vakgroep Musiek be dank om 'n pos by die Musiek-konservatorium te aanvaar. Me. Louise Roodt bedank by die vakgroep Engels. Mnr. Kallie Botes tree na vyftien jaar diens aan onderskeidelik die POK en die NWU af. Hy help nog uit tot einde April. Ons wens hom ʼn geseënde rustyd toe. Dr. Charmaine Uys by die Skool vir Opvoedkunde (Grondslagfase) gaan na die Verenigde Koninkryk verhuis. Prof. Sechaba Mahlomaholo het n pos by die Universiteit van die Vrystaat aanvaar. Me. Francis Labuschagne het aan die einde 2010 afgetree na sy diens by die Universiteit aanvaar het in 1985. Sy was sedert 1988 sekretaresse vir die dekaanskantoor. Francis is nog steeds n groot hulp in die Dekaanskantoor totdat n nuwe sekretaresse aangestel is. Me. Tobiana Willemse. Sy was vanaf 1971-1988 by Menselike Bewegingskunde werksaam en vanaf 1991-2010 by Opvoeding swetenskappe betrokke. Mnr. Louis Kruger tree aan die einde van 2010 af nadat hy diens by die destydse POK begin het in 1984. Ons maak steeds van sy dienste gebruik tot die einde Junie 2011. ʼn Spesiale woord van gelukwense aan Albert Rabe wat die af tree-ouderdom van 65 op die 25ste Januarie bereik. Albert was die eerste personeellid wat saam met Prof. Spamer in 1993 by afstandsonderrig betrokke geraak het. Hy is nog tot 31 Desem ber ʼn permanente personeellid by SVO. Tans is hy besig om ʼn boek oor SVO se geskiedenis te skryf. Baie sterkte! Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding heet die volgende nuwe personeel welkom: Dr. Dirk van den Berg (Kurrikulumontwerper). Ons is baie dankbaar vir hierdie kollegas en personeel wat gehelp het om Opvoedkunde te bou, en waardeer hulle tyd en toewyding. Sterkte met die jare vorentoe en kom kuier gerus! Mnr. Hennie Esterhuizen (E-Leer). Mnr. Jan Khumalo (Onderwysbestuur en Leierskap). Mnr. Michael Loubser (Engels). Me. Dikeledi Mamiala (Wiskunde Geletterdheid). Dit is n aangename voorreg om al ons nuwe kollegas in die Fakulteit te verwelkom Ons vertrou dat u sal tuis voel en vooruitgaan in u loopbaan in Opvoedkunde. Bevorderings 5.

O Welstand Verskeie van ons personeel se kinders het matriek met sukses voltooi en ons gelukwense ook aan die ouers en hul kinders. Die Fakulteit dink aan SVO-kollegas wat tans chemoterapie ontvang. Hulle bly in ons gebede en ons wens hulle beterskap en spoedige herstel toe. Studentenuus (vanaf ons onderwysraad) Onderwysraad 2011 Besondere prestasies van personeel en studente, asook besondere ontwikkelings en gebeure SANPAD-toekennings: Proff. E Mentz, Carisma Nel, Dr Marthie van der Walt. Elize Harris - Het die ABSA bronsmedalje as die beste M-student op Potch kampus in die Geesteswetenskappe verower. Elize Harris -Ontvang die Rapporttoekenning vir beste dosent in die Fakulteit. Prof. Sechaba Mahlomaholo (oud kollega) het as gas-outeur vir 'n uit gawe van die South African Journal for Higher Education opgetree, waarin van die referate wat by die colloquium: Creating Sustainable Empowering Learning Environments through Scholarship of Engage ment van 20 en 21 Augustus 2009 gelewer is, ook verskyn. Sommi ge referate gaan in Acta Academica en in 2 boeke wat onderskeidelik deur SUN-uitgewers en Wits University Press uitgegee word, verskyn. 'n Brief van gelukwense en waardering is van die Gauteng Departe ment van Onderwys ontvang vir die uitstaande navorsingsprojek wat dr. Ona Janse van Rensburg vir hulle onderneem het oor die skoolgereedheid van Gr. R-leerders. Ona Janse van Rensburg Agter van links na regs: Henry Blignaut (onder voorsitter), Andri LubbeFrancois (kultuur), Bisschoff (akademie).voor van links na regs: Hilde-MarieLampbrecht (sport), dr. Andre Haasbroek (Hoof Afdeling Studente Ontwikkeling/Voog Onderwysraad),Charles Holtzhausen (voorsitter), me. Laurie-May Henrico(Sekretaresse ASO), Emmylou La Mont / Lourens (SJGD). Eerste jaars foto s Ontbyt vir die eerstejaars gehou deur die Onderwysraad van die Fakulteit Prof. Philip van der Westhuizen is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangewys as die sameroeper vir die keurkomi tee vir die Stalsprys in Opvoedkunde, Bewegingskunde en Rekreas iekunde vir die termyn 2010 tot 2013. Hy is ook verkies tot die Institu sionele Navorsingsteun-kommissie van die NWU. Dr. Charmaine Uys het skriftelike kommentaar aan die portefeuljeko mitee vir Basiese Onderwys gestuur oor nuwe beplande beleid oor Grondslagfase. Sy is genooi om vanaf 27 tot 29 Julie 2010 voor die portefeuljekomitee in Kaapstad te verskyn om haar voorlegging toe te lig. Dieselfde eer het prof. Hennie Steyn ook te beurt geval. Prof. Seugnet Blignaut ontvang befondsing vanaf die NRF vir n nuwe projek, Technology Enhanced Learning of Everyday Skills in an Open Distance Learning Environment, waarvan sy die projekleier is. Sy het ook n C2-gradering van die NRF. Prof. Mahlomaholo het n NRF-toekenning ontvang vir sy projek: Knowledge Fields in Education Research in South Africa 2011/2013 Prof. Izak Oosthuizen het ná 'n volgende rondte evaluering deur die NRF, weer 'n C-navorsingsgradering gekry het. Langdienstoekennings is deur die volgende personeel tydens die openingsgeleentheid van die jaar ontvang: Prof Kobus Mentz 25 jaar Dr Tiaan Kirsten 15 jaar Mnr. Braim Pienaar 10 jaar Dr. Betty Breed 10 jaar Dr Annalie Roux 10 jaar Oppad met Dr Ronel van Oort 10 jaar Baie dankie, kollegas vir die jare diens en geluk met die toekennings.