Kersfees... Die sterre (voorspel) vertel!! - Francois Humphries en Danie Barnardo

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

G. J. du Preez

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Kerssangdiens. SA Gemeente

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Hoe om krag te spaar

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Sterdansers by Vensters.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Dialoog en paragrawe *

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

G. J. du Preez

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Rubriek vir skeppende werk

INHOUD BAIE GELUK MET PRESTASIE!

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

NG Gemeente Meyerspark Desember 2017/Januarie 2018 - Jaargang 14 Uitgawe 11 Kersfees... Die sterre (voorspel) vertel!! - Francois Humphries en Danie Barnardo Hierdie gedeelte is geskryf na aanleiding van n mededeling tydens Bybelstudie deur Danie Barnardo. Danie is n geoloog en sterrekundige en lid van die Senior Bediening. Iewers in jou leeftyd het jy al n tydskrif of koerant oopgeblaai en die horoskoop gesien waar jou toekoms onder jou sterreteken voorspel word. Dis natuurlik louter bog, want hoe kan miljoene mense onder daardie sterreteken dieselfde volgende week of maand dieselfde ervarings beleef? Jy het ook moontlik al gekyk onder watter sterreteken jy gebore is Leeu, Kreef, Skerpioen, ensovoorts. Die sterretekens is eeue gelede al name gegee en besondere eienskappe is aan hulle toegedeel. Die ou Babiloniese sterrekundiges het hulle kennis van die hemelliggame vir ander doeleindes as persoonlike toekomsvoorspellings gebruik. So het hulle die weerpatrone ook vir hulle landbou ontleed. Hulle het egter ook die sterre gelees deur wisseling in die posisie van sterre samestellings te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit gemaak. Daar bestaan vandag rekenaarprogramme waarmee sterrekundiges die toekomstige posisie van planete en sterrestelsels bepaal. Dit is veral deur NASA, die Amerikaanse ruimte-agentskap, ontwikkel, om byvoorbeeld die posisie van die aarde, relatief tot die posisie van die maan, te bepaal wanneer n maanlanding beplan word. Die program kan natuurlik ook aangewend word om die posisie van sterrestelsels in die verlede ja selfs eeue terug te bepaal. In daardie dae het die benamings vir die sterrestelsels reeds bestaan en die Leeu sterrestelsel was toe bekend as die Leeu van Juda en die planeet Jupiter is beskou as die Koning van die planete. (Die Planeet Jupiter was in daardie tyd in die Leeu Sterrestelsel). Daar het n helder ster in die Leeu Sterrestelsel verskyn, wat vir die sterrekundiges in die ooste beteken het dat daar n koninklike gebore word en omdat dit in die Leeu Sterrestelsel verskyn het, sou dit in Juda gebeur. Die Wyse manne uit die Ooste, (waarskynlik Babilon), wat aan Jesus hulde gebring het, was sulke sterrekundiges. In Matt 2:1(b) tot 2 lees ons: Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys. In dieselfde tyd het daar ook n ander verskynsel in die posisie van die hemelliggame voorgekom. Die Koning van die planete, Jupiter, het in die sterre- (Vervolg bl 2)

2 Finansiële verslag - Pieter le Roux Daar is onderneem om u op hoogte te hou van die gemeente se finansies. Soos reeds berig is daar verskeie aksies aan die gang om kostes op alle vlakke te spaar. Dit is ongelukkig n langsame proses. Oktobermaand was finansieel n goeie maand en ons kon die maand afsluit met n oorskot. As gevolg van die Tiendemaand offergawe, die bootreis asook donasies wat ons ontvang het. Bid egter steeds vir proses vir wysheid en insig om dit suksesvol af te handel. Kersfees... (Vervolg bl 1) stelsel van Virgo die Maagd, inbeweeg en so aan die sterrekundiges van ouds die nuus gebring van n maagdelike geboorte. Met die rekenaarprogram waarvan melding gemaak is, is hierdie verskynsel as onomstootlike feite bevestig. Die wetenkap en die Bybel is nie twee teenstrydighede nie. God, die Almagtige en Alwyse het aan heidene die Groot Nuus van sy Geskenk aan die mensdom bekend gemaak en aan die mensdom die kundigheid gegee om eeue later die gebeure deur die wetenskap te laat bevestig. Die program waarna verwys word is Stellarium en dit kan afgelaai word vanaf http:// www.stellarium.org/. Hierdie gevordere rekenaartegnologie het egter ook die slim wetenskaplikes by NASA laat kopkrap. In hulle speel met die program het hulle eeue terug gegaan in tyd en op n rare verskynsel afgekom. Iewers, eeue gelede, het daar onverklaarbare ure voorgekom. Na vele gesoek, het iemand wat sy Bybelkennis deel met sy kollegas, vertel van n gebeurtenis in die Ou Testament waar die son stilgestaan het. Daarvan lees ons in Josua 10:12-13 soos volg: Die dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: Son staan stil in Gibeon, en maan staan stil in Ajalonlaagte! Die son het stilgestaan, die maan het nie geroer nie, totdat Israel sy vyande verslaan het. Dit staan so geskrywe in die Boek van die Opregte. Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie. Dit was die antwoord op die raaisel van die wetenskaplikes van NASA. Voorwaar, God is Skepper en Onderhouer van die heelal. Lief en Leed Pat Matthis is die afgelope maand oorlede asook Steyn de Lange se ma. Ons gebede en meegevoel gaan uit na hulle naasbestaandes. Boomslopings en snoei. Gratis kwotasies / versekering. Kontak Ernst 083 656 4992 / www.treecarepta.co.za Algemene Meubelvervoer Algemene meubelvervoer en langafstande. Bokse te koop. Skakel Kassie 086 111 1129 / 082 454 8159

3 Feba Radio - Johan Pretorius Een van die Bereik Bediening projekte wat deur ons gemeente ondersteun word is FEBA Radio (Far East Broad-Casting Association) n internasionale sending -organisasie wat die Evangelie van Jesus Christus deur middel van die radio uitdra. Anders as plaaslike Christelike radiostasies, fokus FEBA Radio sy senders sedert 1945 op die mins-bereikte mensegroepe van die wêreld in nagenoeg 54 lande, in meer as 60 tale, onder meer ook na Suid- Asië, die Midde-Ooste, die Horing van Afrika, Franssprekende Afrika, Malawi, Zimbabwe, Mosambiek en die eilande van die Indiese Oseaan. Programme word deur plaaslike inwoners van hierdie lande gemaak, daarom kan ons uitsaai in tale waarvan sommige mense nog nooit eers gehoor het nie. By FEBA (Far East Broad-Casting Association) Radio, staan ons dikwels verstom oor die Here se magtige vermoë om mense oor die lugweë in afgeleë plekke en geslote lande vir sy Koninkryk te bereik. Jaarliks ontvang ons +500 000 briewe en 1 000de SMS-boodskappe van luisteraars wat getuig van Jesus se kragtige ingryping in hul hopelose lewens deur middel van die evangelistiese radio-uitsendings van FEBA Radio in die Verre Ooste. Hierdie mense is woonagtig in lande waar daar geen godsdiensvryheid is nie lande in die Midde-Ooste en Verre Ooste. Hulle kan nie vrylik hulle geloof in Jesus Christus beoefen nie en kan vervolg word byvoorbeeld tronkstraf of selfs doodstraf (in Noord-Korea) of verwerping deur familie as dit bekend word dat hulle n Bybel het of tot die Christelike geloof bekeer is. n Voorbeeld is die verhaal van n Indiërmeisie Kamala. Kamala, one of the listeners in India, comes from a non- Christian background. She recently shared the following letter with the FEBA India staff: My family members are very hostile towards Christianity; whenever I start listening to the Bible dramas through my Speaker Box they try to stop me, by grabbing it from me and turning it off, so I choose to listen when no one is at home. I was very happy when I heard the Bible dramas for the first time. The content of the radio programs helps me understand the gospel. I believe Jesus is my Lord, and my faith in our Lord Jesus grows daily. FEBA Radio versprei n Degen DE16 sonkrag opwex radio wat vervolgde christene in staat stel om na die Goeie Nuus van die Bybel te luister. Die radio kos R650. Vir elke radio wat verkoop word, skenk FEBA Radio n tweede radio aan n christen luisteraar. Besef ons wat godsdiensvryheid vir ons beteken, om vrylik ons geloof te beoefen, kerk toe te gaan, Bybel te lees, ensovoorts. As u belangstel om by FEBA Radio betrokke te raak, kan u hulle kontak by 012 644 1639 / 082 670 3428 / e-pos: info@febaradio.co.za

4 Badplaas 2017 - Ben du Plessis Daar word elke jaar n berig vir die Goeie Nuus oor hierdie epiese jaarlikse wegbreek van lede van die Senior Bediening geskryf, dat ek nouliks vanjaar iets nuuts kan skryf. Ek delf nou diep in my gedagtes om darem iets wetenswaardig te boek te stel. Ek glo nie dat almal weet waar in Badplaas ons vertoef nie. Kom ek openbaar die geheim: Dit is die Rotariërs se vakansieoord, regoor The Forever Resort, Badplaas, die bekende ou Aventura-oord. Ons was 22 seniors, met twee amper-seniors, die seun en skoondogter van Ben en Corrie. Hulle het met hulle vertrek huiswaarts gesê: Ons het dit baie geniet om saam met die kerk se seniors wat nog almal jonk van gees is, te kon vakansie hou! Van die 24-tal siele wat daar was, was daar vyf wat vir die eerste keer daar kom uitspan het. Die ander 17 is gereelde wegbrekers. Ek gaan nie almal se name noem nie, maar ek moet darem Hennie en Annatjie van Buuren noem. Dit was vanjaar die 17de keer dat hulle daar kom vakansie hou het. Hulle was ook dié persone wat die seniors bekendgestel het aan hierdie wonderlike vakansieoord. Wat maak hierdie oord só n unieke plek dat die seniors jaarliks terugkeer daarheen? Eerstens die 21 etes wat deur iemand anders voorberei en bedien word; ander mense ruim op en was skottelgoed; die rustige atmosfeer van die plek; die natuurskoon; al die afleidingsplekke wat besoek kan word en n program wat deur die dagbestuur van die Senior Bediening vir ons opgestel word. Afleidingsplekke wat gedurende ons verblyf besoek kan word is: Die Wieg van die Lewe waar ons God se skepping kan waarneem as ons kyk na die kristalle en fossiele wat in rotse vasgevang is, wat eers gebreek moet word sodat ons dit in verwondering kan sien; wildsritte naby die oord; n rustige vaart op die Vygeboomdam wat 35km in omtrek is; besoeke kan gebring word aan Chrissiesmeer wat, wanneer dit vol is, die grootste varswatermeer in die RSA is. Dan is dit 7km lank en 3km wyd met sowat 20 kleinere meertjies binne n omtrek van 10 km Charlotte het by geleentheid gesê, daar is net paddas om te sien!; Barberton, Carolina, Josefsdal- en Oshoek-grensposte; as jy n paspoort het, kan die Glasblaasfabriek, Ngwe-nya, in Swaziland besoek word. Een van die mooiste bergpasse in ons land is nou geteer en alhoemeer toeriste maak daarvan gebruik om vanaf Barberton tot by Josefsdalgrenspos te ry. Ons program vir sowat twee uur elke aand, vanaf 19:00, word gewissel: Ons gehoor en vaardigheid van stramvingers wanneer daar Bingo gespeel word, word getoets; wanneer rummy cup gespeel word, word jou vermoë getoets om nommerreekse te bou, te breek en weer nuwes te bou; Thirty seconds - vasvra toets jou algemene kennis; wanneer daar blindelings deur iemand op die alfabet gedruk word, word jou geheue getoets deur n naam, n van, n dorp en dier se naam wat met letter van daardie alfabet begin, neergeskryf jy kry maksimum punte as die name wat jy geskryf het, nie deur iemand anders geskryf is nie; die aand se speletjies word afgesluit met n geestelike gesprek met ds Niekie en op Donderdagaand het ons nagmaal gevier langs die onderdak verhitteswembad en -jakussie. Joana het haar bes probeer om ons stywe gewrigte, of alles wat behoort te buig, soepel te maak. Maar, o wee, wat n gesukkel en laggende klomp oumense! Ek sluit af: Daar is tog iets vir die oog onder ons, nie dit wat julle dink nie, maar die kaleidoskoop van kleure wanneer swemhanddoeke oor lywe gedrapeer word en n kleiner een soms op die hoof gedraai is soos n tulband. Ons sameroeper vir die Senior Bediening sal weer so om en by Mei 2018 begin vra vir mense wat die 15 chalets, in die vorm van n dubbelkamer, wil benut tydens die volgende wegbreek. Onthou jy hoef nie n ingeskrewe lid van die Senior Bediening te wees nie!

Dra mekaar Dis Maandagoggend. Ek skakel die rekenaar aan. Daar is n e-pos. René van die kerkkantoor skryf. Ons het die volgende gebedsversoek ontvang, en dan volg die gebedsversoek. Ek maak n nuwe e-pos oop en kopieer die e-pos adresse van 55 voorbidders op so n manier in die adreslyn in dat elkeen wat die gebedsversoek ontvang, net sy eie naam kan sien as n ontvanger. Daar is potensieel n paar meer as 55 persone wat met hierdie gebedsversoek na die Here gaan. Paulus skryf aan die Galasiërs Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal 6:2). Dit is presies wat die 55 E-voorbidders doen. Hulle dra almal die oproep om gebed na die Here se troon toe. Hoekom sal mens alleen n swaar las dra wanneer soveel ander daarmee kan help? Al wat jy moet doen om hierdie mekaarmense na jou kant toe op te roep, is om die kerkkantoor te nader met jou gebedsversoek. Doen dit byvoorbeeld deur n telefoonoproep (012 803 1531), of n briefie met jou gebedsversoek (in die kerk se posbus of in die kollektesakkie), of deur middel van n e-pos (ngmeyerspark@absamail.co.za). Alternatiewelik kan jy n predikant as middelman gebruik. Hy is dikwels die een wat van jou probleem bewus is. Jou versoek mag jou naam insluit of anoniem wees. Al wat belangrik is, is dat jy daardie eerste stap neem om jou gebedsversoek bekend te maak. Doen dit sommer nou. En onthou in die toekoms dat daar lasdraers beskikbaar is. Maar nou. In die verlede het dit dikwels gebeur dat ons n gebedsversoek uitstuur, maar daar kom nooit enige terugvoer nie hetsy positief of negatief. Deur te getuig van wat die Here gedoen het in antwoord op gebed, word jou geloof en dié van die voorbidders versterk. Die afgelope jaar was daar juis een so n getuienis wat ons almal aan die juig gehad het. Het jy n e-posadres? Is jy al n E-voorbidder? Word deel van die span deur René by die kerkkantoor se e-posadres van jou voorneme in kennis te stel. 5 n Jongmens se belydenis Ds Christiaan Ackermann Op Sondag 5 November het 5 jong mans hulle geloof bely. Wat n spesiale diens. Is dit nie amper n wonderwerk wanneer jong mense in hierdie dag en era dit steeds belangrik ag om hulle geloof te verkondig nie? Dit gee my hoop vir die toekoms. Ek weet sommige is bekommerd dat net 5 belydenis van geloof af gelê het, maar ek wil eerder sê, dankie Here, vir hierdie 5 jong mans. Sondag 5 November het my terug geneem na die dag toe ek voor die gemeente van my geloof in Jesus Christus getuig het. Kan jy dit nog onthou? Miskien is dit ver in die verlede en dalk iets wat jy nie regtig kan onthou nie, maar jy was deel van n dag van getuienis. Jy het op daardie dag n geleentheid gehad wat jy getuig het. Ja sommige wil dit as tradisie en gewoonte afmaak, maar ek wil dit eerder onthou as een van die spesiale dae waar ek onder andere van Jesus se liefde vir my getuig het. Ek sit eendag in ʼn restaurant en hoor 2 jong mense agter my praat oor hoe hulle tyd in die NG kerk nie vir hulle baie beteken het nie. Hulle is nou deel van n ander denominasie. Hulle praat daarvan hoe hulle gedwing was om amper Sondagskool by te woon. Daar het n hartseer oor my gekom, want ek besef net dat as dit nie was dat hulle gedwing was om Sondagskool by te woon nie, hulle waarskynlik nie die kennis van die Bybel gehad het wat hulle nou het nie. Dis n fondasie wat geskep is en hulle besef dit nie. Mag ek en jy deur Sondag 5 November weer aan Johannes 3:16 herinner word waar daar gepraat word oor God wat so lief vir die mensdom was (en steeds is) dat Jesus gekom het om vir ons die ewige lewe te gee.

6 Die Oktober Lente-ete voorwaar n wow! geleentheid - Monica Anderson Sommer so met die inloop in die voorportaal van die saal het almal wat inkom stil gaan staan en met verwondering en waardering gekyk na die blommeprag. Daar was: Blomme in die voorportaal blomme in die saal blomme op die verhoog blomme oral waar jy kyk en oral, ai, so mooi! (Met dank aan C Louis Leipoldt) Die tafels was pragtig gedek. Elke tafel versier met ten minste vier potjies van die fraaiste blomme. Groot was ons blydskap toe ons verneem die vroulike geslag aan die tafels mag elkeen n ruiker blomme op sy oase huis toe neem. (Skrywer het ongelukkig versuim om haar ruiker te neem, hoop die dame wat dit geneem het, het veel plesier daarmee gehad). Onse ds Niekie was die seremoniemeester en het ons op sy eie gepaste spitsvondige manier besig gehou. Die spyse of te wel, verskillende geregte, was uiters geslaag vir veral ietwat verouderde tande. Daar was met belangstelling verneem na resepte, veral na die marinade van die hoenderboudjies asook die patatgereg en die cous-cous slaai. Daar was vir n wyle ietwat verwarring of die lekker koue groen sop weliswaar van avo s of komkommer gemaak is, maar dit het nie afbreek gemaak aan die lekkerte daarvan nie. En dan het ons gekuier en gesels soos net die Meyersparkse gemeentelede kan. Ons is mos deur die jare soos familie! Die nuwelinge wat slegs so twee, vyf of tien jaar hier woon is reeds ingeburger en deel van die veterane. Voorwaar n geseënde gemeente! Vele dank aan die jongere dames van die gemeente wat altyd so getrou daar is met beplanning, voorbereiding, bedien, afdek en opruim. Hulle aandeel aan die heuglike dag word opreg waardeer. n Laaste groot dank gaan aan ons Hemelse Vader wat deur baie jare sy hand oor ons as gemeente gehou het. Ons gebede is dat ons as gemeente steeds sal leef en handel volgens sy wil. Kersgroete Die redaksie van die Goeie Nuus wens al ons lesers n geseënde Kersfees en n baie voorspoedige nuwe jaar toe. STIENIE NAUDE Far Properties 16 jaar ondervinding van eiendomsverkope in area Koop/verkoop of markwaardasie Skakel my asb. 082 335 0720 Herstel van meubels Ek spesialiseer in die herstel van tappe asook die vervanging van riempies van stiplekke van stoele, maar alle ander tipe houtwerk word ook gedoen. Meubels sal gehaal en weer afgelewer word. Kontak Gerrit Viljoen (083 282 9934) Alpha Male Barber Shop #keep it handsome Cnr Margaritha & Manser Str Meyerspark (across Laerskool Meyerspark) Tel: 073 985 3073 Gents R 70 Boys R 60 Pensioner R 60 Pensioner Wednesday R 50 Dads & Lads R110 Bring@Buddy R120 Shaves R 70 Nose & Ear wax R 40 Prices only valid for 2017