Terugvoer oor wetenskapsleer 2003 met spesiale verwysing na die BWI en IT studente

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BenguFarm Bestelvorm

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Mandala Madness Deel 2

SIZA takes the sting out of auditing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Hoe om krag te spaar

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Tariewe

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

OMGEWINGSGESKIEDENIS EN DIE UITDAGINGS VAN

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

HOëRSKOOL PORTERVILLE

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GESTALT-GROEPTERAPIE MET VROЁE ADOLESSENTE NA DIE DOOD VAN N OUER EN DIE BENUTTINGSWAARDE VAN SCRAPBOOKING AS HULPMIDDEL. deur TARIEN HAMMAN

HOOFSTUK 3 J.W. POSTMA

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Transcription:

Terugvoer oor wetenskapsleer 2003 met spesiale verwysing na die BWI en IT studente S Froneman Ek was verlede jaar betrokke by die aanbieding van die wetenskapsleerkursus vir natuurwetenskapstudente (WTSL 221 A (NW/GW/ING) en aangesien ek die BWI groep gehad het, het ek dit goed gedink om by hierdie geleentheid (Simposium oor Grondslae en Etiek deur die Eenheid vir Bedryfswiskunde en Informatika) terugvoer te gee oor die verloop van die kursus in 2003. 1. Algemene werkswyse Alle tweedejaarstudente in die Fakulteit Natuurwetenskap is verdeel in groepe volgens hulle programme. Hierdie groepe is weer onderverdeel in kleiner groepe sodat elke dosent minstens 40 en hoogstens 70 studente per kontakgeleentheid gehad het. Die Wiskundegroep is tussen myself (S Froneman) en prof Spoelstra verdeel sodat hy grootliks verantwoordelik was vir die IT studente en ek vir die BWI studente. Die studiegids is deur prof Carools Reinecke ontwikkel. Die dosente het een keer per week n byeenkoms gehad om die leergedeeltes vir die week te bespreek sodat almal in fase kon bly. Prof Reinecke het ook by hierdie geleenthede verdere toeligting oor die studiegids gegee en transparante wat deur Grafiese Dienste ontwikkel is, uitgedeel. Die studente het twee klasse per week gehad. Voor elke klas moes hulle n groepopdrag voorberei wat deur die betrokke dosent nagesien is en n belangrike bydrae gelewer het tot die deelnamepunt. By die eerste kontakgeleentheid is die studente gevra om onderling in groepe van 3 5 te verdeel met die oog op die indien van die groepopdragte. Hierdie verdeling het verbasend glad verloop, vermoedelik omdat die aanvanklike indeling volgens programrigtings plaasgevind het en die studente mekaar reeds goed geken. Die studente het ook by die eerste kontakgeleentheid n voortoets afgelê om hul filosofiese geletterdheid te bepaal. Soos te wagte was daar n goeie korrelasie met akademiese vermoëns die chemiese ingenieurs en bedryfswiskundegroepe het die beste gevaar maar opvallend was die algemene gebrek aan n goeie geskiedenisagtergrond by al die studente. Twee interessanthede tydens die aanbied van die module was die vertoon van n fliek, The name of the rose, om die studente n beter prentjie te gee van omstandighede tydens die middeleeue en die nooi van n gasspreker, me Roelien Roos van die Fakulteit Regte, om die studente beter in te lig oor die werking van die nuwe grondwet. 2. Evaluering Soos reeds genoem het die groepopdragte n groot deel uitgemaak van die deelnamepunt. Benewens die weeklikse groepopdragte was daar ook twee spesiale groepopdragte wat vir geldpryse in aanmerking gekom het. Een was n

voorlegging oor hoe om SA se posisie te verbeter op die wêreldranglys van kompeterende lande deur te kyk na determinante vir mededingendheid soos byvoorbeeld waardes, infrastruktuur en effektiewe bestuur. Die tweede opdrag was n evaluering van die module, naamlik hoe en in watter mate die module bygedra/of nie bygedra het tot elke student se program. Die res van die punt is saamgestel uit die semestertoetspunt. Die semestertoets en die eksamenvraestel is deur prof Reinecke opgestel en vir goedkeuring aan die dosente voorgelê. Daar is besluit om promovering toe laat, omdat gemeen is dat dit as aansporing sou dien vir die indien van goeie groepopdragte. Aanvanklik is daar nie n spesifieke persentasie genoem nie, maar studente is aangemoedig om in die boonste kwartiel te presteer. By die finale evaluering is n punt van 70% aanvaar as promoveringspunt. 3. Inhoud van studiegids Die studiegids het al die studiemateriaal bevat geen ander handboek is voorgeskryf nie. Om n idee te gee van die inhoud van die module word die inhoudsopgawe hieronder afgedruk. INHOUDSOPGAWE LEEREENHEID 1: WETENSKAPSLEER IN KONTEKS Leergedeelte 1.1 Die aard van Wetenskapsleer Leergedeelte 1.2 Wetenskap en professies Leergedeelte 1.3 Die Universiteit en Wetenskapsleer Leergedeelte 1.4 Die Nasionale konteks Leergedeelte 1.5 Nasionale waardes Leergedeelte 1.6 Wetenskapsleer: Slot perspektiewe LEEREENHEID 2: DIE WERKLIKHEID EN DIE WETENSKAP Leergedeelte 2.1 Die aard van kennis Leergedeelte 2.2 Die kenbare Leergedeelte 2.3 Metodes van die wetenskap LEEREENHEID 3: TEGNOLOGIE EN DIE WERKLIKHEID Leergedeelte 3.1 Tegnologie Leergedeelte 3.2 Stelsels Leergedeelte 3.3 Ontwikkeling en vooruitgang LEEREENHEID 4: BESKOUINGS OOR WETENSKAP EN TEGNOLOGIE Leergedeelte 4.1 Lewens en wêreldbeskouings

Leergedeelte 4.2 Die antieke wêreldbeskouing Leergedeelte 4.3 Die moderne wêreldbeskouing Leergedeelte 4.4 Die huidige wêreldbeskouing Leergedeelte 4.5 n Opkomende wêreldbeskouing Leergedeelte 4.6 Evaluering van wetenskapsleer Een van die interessanthede van die studiegids is die baie aanhalings wat voorkom. Dit gee n aanduiding van die groot hoeveelheid bronne wat geraadpleeg is in die samestelling van die studeigids. Vervolgens word n paar van my gunstelinge gegee. "In science we investigate the reality that is given; in technology we create a new reality." H. Skolimowski " Not only has the citizen become more vocal, but he has also in many instances begun to suspect that the people who make the major decisions that affect our life don't know what they are doing." C West Churchman I would willingly believe that the authority of the holy Scriptures is only intended to teach men those articles and propositions, which, necessary to their salvation and lying beyond human reason, can be taught and made believable by the very voice of the Holy Spirit. --- Galileo Yet there is an extraordinary gap between our technological overdevelopment and our social underdevelopment. Alexander Lazlow (Kreta: Julie 2003) Modern theory... is criticized for its search for a foundation of knowledge, for its universalizing and totalizing claims, for its hubris to supply apodictic truth, and for its alleged fallacious rationalism. Defenders of modern theory, by contrast, attack postmodern relativism, irrationalism and nihilism. S. Best & D. Kellner, p. 4, Post Modern Theory. All technical progress exacts a price, that is, while it adds something on the one hand, it subtracts something on the other. All technical progress raises more problems than it solves. The negative effects of technological innovation are inseparable from the positive, it is naïve to say that technology is neutral, that it may be used for

good and bad ends; the good and bad effects are in fact simultaneous and inseparable. All technological innovations have unforseeable effects. Jacques Ellul, as quoted by Wilson P Dizard. 4. Inhoud van groepopdragte n Paar van die groepopdragte en geselekteerde antwoorde word hieronder aangetoon om n beeld te gee van die inhoud van die groepopdragte asook die vlak van redenering van die studente. 4.1 Groepopdrag oor wetenskap en professies (Leereenheid 1.2) Hieronder volg twee uitsprake oor die wetenskap en professie. Bespreek die twee uitsprake en gee dan die mening van die groep oor die betekenis van elkeen. Scientific findings are always tentative and may prove erroneous or obsolescent, but their tentative guide is more valid and safe than any other approach to the world. Groep 6: Alhoewel niks in die lewe 100% bewys kan word (of aanvaar kan word nie) is die wetenskap die mees oortuigende benadering omdat dit oplossings bied. Ons stem nie saam dat wetenskap verouderd kan wees nie; as jou poging korrek uitgevoer is kan dié benadering 'n basis vorm wat nie verouderd nie. Groep 1: Dis beter om "tydelike" wetenskaplike feite te aanvaar, totdat dit verkeerd bewys word, eerder as om geen opinie daaroor te hê nie. Groep 8: In jou werk is dit die beste manier om deur 'n wetenskapsbril te kyk, want dit is op toepassing van die werk. Die Bybel is egter nie 'n wetenskaphandboek nie en as Christene is die veiligste manier om na die wêreld te kyk deur 'n Bybelse bril. Groep 9: Dus is 'n verkeerde feit of 'n oorbodige een beter as geen feit nie. Dit verskaf die speelveld vir die verbetering en verbreding van die kennis. Science adds to the professional commitment to know, to understand, to predict and ultimately to control the outcomes of the professional practice and interventions. Groep 4: Ons stem gedeeltelik saam met die stelling, want die wetenskap ontwikkel probleemoplossingtegnieke wat vereis dat jy die feite verstaan en hipoteses kan vorm met behulp daarvan, maar ons voel egter dat jy nie die uitkoms van die eksperiment kan beheer nie. Groep 1: Wetenskap is die soeke na kennis, om te verstaan sodat voorspellings gemaak kan word en sodoende kan ons die uitkomste beheer. Daarom is "basiese kennis" belangrik. As jy nie iets weet nie, gaan jy dit nie bevraagteken nie.

Groep 8: Uit jare se navorsing en resultate is daar 'n sekere patroon wat dinge volg. Hierdie patroon kan gebruik word om uitkomste in jou professie te voorspel en verstaan. Groep 9: Die kern van die aanhaling is "control". 'n Manifestasie van die kultuuropdrag van Genesis; dog, soos met alle fenomene, moet daar 'n balans gehandhaaf word tussen nonchalante aarts goedgelowigheid en godspeel. Gee julle kritiese evaluering oor die verhoudings waarin wetenskaplike en professionele modules deel van die drie programme uitmaak in Illustrasie 1.7.1. Natuurwetenskappe: Groepe 6: Daar moet verseker meer professioneel georiënteerde modules bygevoeg word. Wetenskaplikes betree ook die mark/besighede en kry baie te doen met mense. (Nie alle wetenskaplikes werk eendag in 'n lab nie!) Groep 3: Daar word gevoel dat die verhouding reg is, omdat professionele modules slegs die wetenskaplike beperk en die natuurwetenskappe moet so wyd moontlik gehou word om die wetenskaplike soveel moontlik geleenthede te gee. Groep 1: Te veel vakwetenskaplike kennis, geen kreatiewe stimulering of probleemoplossing nie. Dit moet praktykgerig wees en hulle moet 'n kursus aanbied om menseverhoudinge te verbeter. Groep 8: Vir ons as natuurwetenskapstudente is die verhouding onaanvaarbaar. Ons leer om wiskunde te doen, maar nie noodwendig hoe dit by ons professie aansluit nie. 4.2 Groepopdrag oor nasiebou (Leereenheid 1.5) Wat is volgens julle die konsensus oor die maniere waarop die skrywers (K Asmal & W James (edt.), in Spirit of the Nation, Reflections on South Africa s Educational Ethos) meen dat mense waardes kan aanleer, naamlik: (a) "as a result of necessity" Groep 6: basiese menslike waardes word aangeneem omdat dit ons voortbestaan verseker. Groep 8 Dit is waardes wat ons aanleer om te oorleef. (b) "by inspiration" Groep 3: Deur geïnspireer te wees, bou karakter. sal nie verdwyn as omgewing of situasie verander nie. Groep 8: Dit is waardes wat ons aanneem a.g.v. liefde wat ons daarvoor of 'n saak wat dit raak, het. Ons voel passievol en entoesiasties oor 'n saak en dit beweeg ons om die gepaardgaande waardes te handhaaf. (c) "through exposure"

Groep 1: Waardes wat jy aanleer in jou gemeenskap, by jou ouers, rolmodelle, TV ens. Groep 8: Ons leer hierdie waardes by ander in ons omgewing. Ons raak gekondisioneer. Groep 9: Stel jou bloot aan soveel moontlike norme/sedes en kies daaruit vir jou die samestelling wat pas. (d) Wat is volgens die groep, die belangrikste van die drie vir die vestiging van waardes. Groep 2: Inspirasie, want hierdie waardes word nie op jou afgeforseer nie. Sal nie maklik verander nie. Groep 4: Al drie is belangrik om 'n totale waardestelsel aan te leer. Groep 6: In vroeë stadiums van jou lewe het inspirasie die grootste aandeel. As waardes goed gevestig is sal ander invloede soos blootstelling dit nie verander nie. Groep 9: 'n Fyn versnit van hierdie drie is moontlik die beste. (e) Inspireer die redakteurs julle om julle te beywer vir die bou van 'n suksesvolle SA? Groep 3: Ja, almal sal moet saamwerk, die ander partye in ag neem, uit sy gemaksone beweeg en deel hê aan 'n bou situasie. Groep 9: Nie konsensus nie: Lugtig vir enigiets wat ruik na 'n algemeen aanvaarde patrioties gekleurde inisiatief. Maar, om sonder passie te wees vir eie aarde is die breë weg na selfdestruksie. Dog, daar moet iets daadwerkliks gedoen word. (f) Is hulle pleidooi versoenbaar met die missie van die Universiteit? Groep 4: Ja, die Universiteit streef na die ontwikkeling van die mens met 'n Christelike grondslag en waardestelsel. Hierdie opvoeding loop lynreg met die redakteurs se siening van wetenskaplike opleiding en navorsing. Groep 8: Ja, ons studeer aan 'n waardegedrewe universiteit. Groep 9: Die Redakteurs propageer nie 'n spesifieke stel norme/waardes nie, maar wel norme en waardes as sulks. Die universiteit se spektrum is meer gefokus. 4.3 Lewens en wêreldbeskouing en die praktyk van n loopbaan (Leereenheid 4.1) In die definisie is gestel dat n mens se lewens- en wêreldbeskouing die mens se fundamentele oortuiging ten opsigte van die hele werklikheid is. Na verwerwing van julle grade gaan julle beroepslewe n belangrike deel van julle daaglikse werklikheid wees. Kies nou uit die sewe kenmerke van n wêreld beskouing ( 4.1.2) daardie twee karaktertrekke wat julle dink n

belangrike rol gaan speel in julle wetenskaplike of professionele loopbaan. Gee by elkeen n kort motivering. Wêreldbeskouing is dryfkrag vir persoonlike lewe Groep 1: sterk pligsbesef. Jy glo dat jy n verskil kan maak in samelewing. Wêreldbeskouing is dinamies Groep 4: As gevolg van tegnologiese vooruitgang moet jou wêreldbeskouing dinamies wees om hierby aan te pas. Groep 9: Die wêreld verander en 50 jaar terug se wêreldbeskouing is o.a. polities en tegnologies verouderd. Wêreldbeskouing berus op religieuse grondmotief Groep 8: Ons werk met groot bedrae geld van ander mense en in n wêreld waar korrupsie hoogty vier, sal jy nie uitgevang word as jy hulle n rat voor die oë draai nie. Ons moet met verantwoordelikheid ons werk doen en daarvoor is ons religieuse grondmotief belangrik. Wêreldbeskouing is normerend Groep 4: n Norm is n maatstaf wat bepaal hoe iets behoort te wees. Norme is nodig vir vrae oor watter wetenskaplike toepassings toelaatbaar is en op watter wyse. God gee aan ons norme in sy Woord en in die Natuur, dus is daar n noue skakel tussen norme en religieuse grondmotief. 5. Aanbevelings, Probleme en Kommentaar 5.1 Studiegids Vanuit die dosente se perspektief was dit moeilik om met n ander dosent se studiegids te werk. n Mens het nie aan die begin n geheelbeeld van die module nie en daar kan stylverskille wees wat betref aanbiedingswyse en indeling van studiemateriaal. Van die studente het gekla dat die inhoud te veel is, terwyl ander gekla het dat die Engelse aanhalings te moeilik is. Een het gesê sy moes die heeltyd met n woordeboek byderhand sit tydens die bestudering van die studiemateriaal. Dit is natuurlik n ope vraag of dit nie juis deel van die leerproses is nie. Gesien teen die agtergrond van die uitslag van die geletterdheidstoets sou dit miskien raadsaam wees om die geskiedkundige verloop as raamwerk te gebruik vir die aanbied van die res van die leerinhoude. 5.2 Groepopdragte en evaluering Die groepopdragte het saam met die promoveringstelsel goed gewerk as motiveringsinstrument. Van die studente was egter ontevrede met die nasien van die opdragte deur verskillende dosente. Die evaluering was volgens hul mening nie eenvormig genoeg nie. Studente was ook nie geneë met die gebrek aan n eenduidig uitgewerkte memorandum nie. Hierdie ongelukkigheid kan grootliks toegeskryf word aan die gebrek aan ervaring van natuurwetenskapstudente met hoër kognitiewe vlakke van evaluering soos verteenwoordig deur opsteltipe vrae.

Weer eens kan genoem word dat dit juis een van die uitkomste van die module is om die studente meer bloot te stel aan hoër kognitiewe denke. 5.3 Aanbiedingswyses Die twee enkel periodes per week was nie voldoende om tyd in te ruim vir die bespreking van die groepopdragte nie. Daar word aanbeveel dat dubbelperiodes ondersoek word vir die volgende sessie. Sommige van die studente sou meer lesings deur deskundiges wou hoor. Dit kan oorweeg word vir onderwerpe soos byvoorbeeld kloning en die kwessies rondom aborsie. Daar moet egter gewaak word teen te veel gaslesings. Navorsing wys dat min leer plaasvind tydens konvensionele lesings. Studente wil gewoonlik net terugsit en vermaak word. Verder word die opbou van n vertrouensverhouding met die eie dosent belemmer, wat weer negatief deurwerk op die evalueringsproses. Die vertoon van die fliek is baie positief ervaar deur die BWI groep. Sommige studente het selfs in die eksamen situasies uit die fliek as voorbeelde gebruik in die beantwoording van die vrae. Dit was somtyds moeilik om in fase met die res van die dosente te bly. Dit is veral bemoeilik deur die breinvliesontstekings insident en openbare vakansiedae. Deel van die probleem was dat dosente nie altyd n geheelbeeld van die module gehad het nie en dus nie in staat was om vinnig kortpaaie te vind nie. 6. Samevatting Die aanbied van die wetenskapsleermodule was vir my persoonlik n verrykende ervaring. Ek vermoed dat ek meer geleer het as die meeste studente. Wat betref die nut van die module kan n mens maar net weer kyk na die volgende uittreksel uit die missie van die universiteit: Die etos wat gedurende die institusionele geskiedenis van 134 jaar ontwikkel het, kan beskryf word as inklusief-christelik en word gekenmerk deur 'n waardegebaseerde benadering tot wetenskapsbeoefening, bestuur en die kampuslewe. Hierdie benadering is in ooreenstemming met die huidige (postmoderne) begrip van wetenskap waarin klem geplaas word op dialoog in stede van konflik tussen wetenskap en godsdiens. Dit is ook in lyn met die strewe van hoër onderrig in Suid-Afrika om waardes en houdings te kweek wat kan lei tot die herinstelling van die etiese struktuur van die Suid-Afrikaanse samelewing.