Beleid oor Botsing van Belange

Similar documents
REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MEDIABELEID 6P/ Goedgekeur. Raad van die Noordwes-Universiteit

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Finansiële aanspreeklikheid: Rehabilitering van myne en sluitingsertifikate PN Meyer

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

JAARVERSLAG FINANSIELE VERSLAG

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

WELCOME PINE GROVE PRODUCTION SALE 30 JANUARY 2018

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Departement Universiteitsbetrekkinge. UP-handelsmerk en korporatiewe identiteit

SELL Emigration 4 Day Massive Disposal Auction Earthmoving & Agricultural Equipment, Loose Assets & more.

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

Mosselbaai Munisipaliteit

Indien die aansoeker n BK is,

WELCOME STORMBERGER 11TH BULL SALE 1 SEPTEMBER 2017

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Rut: n Liefdes Verhaal

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Transcription:

Beleid oor Botsing van Belange Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurders Beleidseienaars Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur 2P/2.4.2.3 Adjunkvisekanselier: Navorsing, Innovasie en Tegnologie & Institusionele Registrateur IR en AVK:NIT Tegnologieoordrag en Innovasiesteun (vir aspekte m.b.t. tegnologieoordrag en kommersialisering) Institusionele Registrateur (vir aspekte m.b.t. Raadslede) Goedgekeur Raad Datums van goedkeuring Eerste goedkeuring op 24 November 2006 Eerste hersiening in 2010 Tweede hersiening en gevolglike goedkeuring op 15 Junie 2012 Derde hersiening en daaropvolgende goedkeuring op 20 Junie 2014 Wysigings Hierdie beleid is hersien soos vereis deur die wysigings aan die Wet op Hoër Onderwys en die Raadsbesluit. Datum van wysigings 2010, 2012 en 2014 Hersieningsdatum 2016 Prosedures ingevolge hierdie beleid Webadres van hierdie beleid Adres op die beleid-databasis Geen http://www.nwu.ac.za/content/policy_rules RMA SHARE /NWU Home/User Homes/AMANDA VAN DER MERWE (10935746)/RMA/2. Management/2.1.3 Policy development and review/2.1.3.2 Review/Policy documents2p-2.4.2.3-conflict of interest_a.docm

Beleid oor Botsing van Belange 1 Aanhef As ʼn toonaangewende universiteit in Afrika, gedryf deur die strewe na kennis en innovasie, met ʼn unieke institusionele kultuur gegrond op die waardes wat die Universiteit voorstaan, het die Noordwes- Universiteit hierdie Beleid oor Botsing van Belange aanvaar op 20 Junie 2014. 2 Beleidsverklaring Dit is die beleid van die Noordwes-Universiteit om ingevolge Artikels 27(7) en 34 van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997, soos gewysig) ʼn konsekwente en konstruktiewe stel riglyne te verskaf ten einde ʼn beleid oor botsing van belange te implementeer wat daarop gemik is om goeie korporatiewe bestuur te bevorder. 3 Agtergrond en probleemstelling Die Universiteit het ʼn verpligting om die integriteit van alle prosesse te beskerm en om ʼn omgewing daar te stel waarbinne die beste belange van die Universiteit gedien word. Belangebotsings kan voortspruit uit Raadslede en werknemers se betrokkenheid by privaat aangeleenthede of aangeleenthede van ander instansies en organisasies. Dit is dus belangrik om voorsiening te maak vir die bestuur van enige moontlike belangebotsings en om die Noordwes- Universiteit se besigheidspraktyke en beleide met die Wet op Hoër Onderwys (101 van 1997) en die waardestelsel van die Noordwes-Universiteit te belyn. Dit is belangrik dat enige potensiële belangebotsings openbaar gemaak word, en enige konflik behoorlik en in die beste belang van die Universiteit bestuur word. 4 Doel en toepasbaarheid Die doel van hierdie beleid is Om die geloofwaardigheid en integriteit van die Noordwes-Universiteit, sy Raadslede en personeellede te beskerm sodat alle lede op die hoogste vlak van bevoegdheid, integriteit en sekuriteit kan funksioneer sodat publieke vertroue intak kan bly; Om ʼn redelike balans te handhaaf tussen die moontlike wedywerende belange van lede van die Universiteit in hul toewyding en verbintenis tot die Noordwes-Universiteit, en hul betrokkenheid met eie of ander aangeleenthede; Om te verseker dat die Noordwes-Universiteit voldoende maatreëls implementeer wat alle Raadslede en werknemers in staat sal stel om by alle tersaaklike aspekte van beste besigheidspraktyk en wetgewing te hou, en om dit regdeur die Universiteit te bestuur met balans, regverdigheid en deursigtigheid. Hierdie beleid is van toepassing op Raadslede en lede van Raadskomitees; Alle NWU-werknemers, vastetermynkontrakwerkers en postdoktorale navorsers; Erepersoneel. 5 Riglyne en Definisies Die volgende riglyne en definisies word gebruik vir die doeleindes van interpretasie en totstandbrenging van ʼn prosedure vir die bestuur van botsende belange en die vereistes van wetgewing. Beleid oor Botsing van Belange 2

5.1 Raadslid, Raadskomiteelid, Universiteitslid ʼn Raadslid is ʼn lid van die NWU Raad soos beskryf deur die NWU-statuut. ʼn Raadkomiteelid is óf ʼn Raadslid óf ʼn eksterne spesialislid wat gekoöpteer is om op ʼn Raadskomitee te dien. Dit is ʼn vereiste dat Raadslede en Raadskomiteelede die NWU-Raad se Gedragskode moet onderskryf. ʼn Universiteitslid is óf ʼn werknemer / vastetermynkontrakwerker / postdoktorale navorser óf ʼn Raadslid óf ʼn Raadskomiteelid. 5.2 Ekonomiese belang Dit verwys na en is met inbegrip van Universiteitslede se belange (direk of indirek) met die verkryging van enige direkte of indirekte finansiële voordeel, aandeelhouding, bestuursposisie of raadslidmaatskap en enige ander fidusiêre verhouding (aanspreeklikheid om te beskerm en te presteer) by ʼn ander organisasie as die NWU. Dit sluit in enigiets van monetêre waarde of in natura, maar is nie beperk nie tot, salaris, kommissie, gelde, subsidies, toekennings, honorariums, ekwiteitbelange, intellektuele eiendomsregte, tantieme of geskenke. Ekonomiese Belang sluit enige en alle monetêre inkomste uit wat ʼn werknemer van die Universiteit ontvang het, insluitende projektoelaes, winsdeling, tantieme, interne onderrig- en navorsingstoekennings, publikasies, prysgeld, ens. Direk beteken in persoon en nie via ʼn entiteit soos ʼn privaat maatskappy, trust of BK waarby iemand gevestigde of nog ongevestigde belange het nie. Indirek beteken via ʼn maatskappy, trust, beslote korporasie, vennootskap of alleeneienaarskap, waarby iemand gevestigde of nog ongevestigde belange het, met die uitsondering van aandele in die JSE-gelyste maatskappye wat nie 5 (vyf) persent van sodanige gelyste maatskappy oorskry nie. Direk persoonlike betrokkenheid van Universiteitslid vir moontlike finansiële gewin in die besigheidsentiteit of persoon wat besigheid doen met die Universiteit. Indirek betrokkenheid van, insluitende maar nie beperk nie tot, ʼn eggenoot, kind of lewensmaat van die betrokke Universiteitslid vir moontlike finansiële gewin in die besigheidsentiteit wat besigheid doen met die Universiteit, waar ʼn belangebotsing of potensiële belangebotsing kan voorkom. 5.3 Belangebotsing ʼn Situasie waar ʼn persoon, soos ʼn staatsamptenaar, ʼn werknemer, of ʼn professionele persoon, ʼn privaat of persoonlike belang het wat ʼn effek kan hê op die objektiewe uitoefening van sy of haar amptelike pligte. ʼn Botsing tussen professionele verpligtinge en persoonlike en/of besigheidsbelange kom voor indien die individu poog om daardie pligte te vervul en terselfdertyd persoonlike gewin te verkry. ʼn Belangebotsing kan moontlik teenwoordig wees indien die potensiaal bestaan vir die persoonlike en/of besigheidsbelange van ʼn individu om in konflik te wees met professionele verpligtinge van die werknemer en die belang van die Universiteit. Dit kan ʼn finansiële belang wees, maar dit kan ook ʼn persoonlike belang wees, byvoorbeeld om ʼn spesiale voordeel vir ʼn eggenoot, lewensmaat of kind te verkry. Die toets of daar ʼn belangebotsing bestaan, is die vraag of die omvang van die moontlike diskrepansie tussen Universiteitslede se privaat belange en hul professionele verpligtinge aan die Universiteit van só ʼn aard is dat ʼn onafhanklike waarnemer met reg sou kon bevraagteken of die lid se professionele optrede of besluite bepaal of beïnvloed word deur oorwegings van persoonlike gewin, finansieel of andersins. Dit sluit in ʼn handeling, versuim of situasie wat voorkom (of selfs nie) datdit die objektiwiteit van ʼn lid se ontwerp, optrede of verslagdoening oor ʼn projek kompromitteer. ʼn Universiteitslid sal ʼn belangebotsing hê wanneer hy/sy ʼn direkte of indirekte (deur ʼn familielid of geassosieerde regsentiteit van die individuele lid, bv. maatskappy, beslote korporasie of trust) eksterne ekonomiese belang het wat die genoemde lid se gedrag en verantwoordelikhede by die NWU dalk kan affekteer of ʼn aansporing verskaf om dit te affekteer of dit sou kon affekteer. Met ander woorde, ʼn Universiteitslid wat aandele besit, ʼn direkteur is, in ʼn bestuurspos is, in enige posisie van mag is (vir of nie vir ekonomiese belang) in ʼn maatskappy of ander regsentiteit wat handelsbande met die Universiteit het hetsy as verkoper, verskaffer, subkontrakteur, lisensiehouer, lisensieverlener, verlener van ʼn toekenning, navorsingstoewyser of -ondernemer sal beskou word as iemand wat hom-/haarself in ʼn belangebotsing-situasie bevind. Beleid oor Botsing van Belange 3

Die beginsel van belangebotsing gaan nie daaroor of Raads- of personeellede hulle werk bevredigend doen nie (Toewydingskonflik), maar oor die vraag of hulle in ʼn posisie is om ʼn besluit te neem of te beïnvloed wat hul persoonlike belange ten koste van die NWU kan dien. 5.4 Toewydingskonflik Werknemers moet aan al die vereistes van hul indiensneming voldoen, en moenie toelaat dat eksterne aktiwiteite met hul NWU-verpligtinge inmeng nie. ʼn Toewydingskonflik kan in die meeste gevalle maklik gedefinieer en herken word aangesien dit ʼn merkbare vermindering tot gevolg het in die tyd en energie wat die werknemer aan NWU-aktiwiteite afstaan. Tyd wat aan eksterne aktiwiteite toegewys word, moet in die individuele werknemer se taakooreenkoms met die Universiteit gedefinieer word. 5.5 Taakooreenkomsproses Werknemers en hul onderskeie lynbestuurders kom jaarliks voor die tyd ooreen oor die take en uitsette wat van werknemers verwag word ten einde die oorkoepelende doelwitte van die Universiteit te bereik. Enige potensiële verbintenisbotsing en belangebotsing moet bygelê word deur aanvaarbare reëlings in die taakooreenkomsproses, en moet dienooreenkomstig verklaar word. 5.6 Tegnologieoordrag Die Noordwes-Universiteit het ʼn verpligting om sy navorsingsresultate te kommersialiseer. Tegnologieoordrag sluit in die proses om vennote, lisensiehouers of kopers te vind en die bedrag met hulle te beding wat in welke vorm ook al betaal moet word, sowel as terme en voorwaardes vir enige reg om sodanige resultate te benut. Hierdie proses vereis omsigtige bestuur en verskeie vaardighede ten einde die inkomste vir die Universiteit en sy personeel te optimaliseer. 5.7 Fidusiêr Wat op vertroue berus of waarby vertroue betrokke is. 5.8 Rekuseer Om te rekuseer is om sigself as regter aan ʼn saak te onttrek, of om nie langer daarby betrokke te wees nie. 6 Beleid en reëls 6.1 Onderliggende beginsels Die volgende beginsels lê die beleid ten grondslag: 6.1.1. Universiteitslede behoort nie in ʼn posisie te wees om die besluite van die NWU of sy geassosieerde of filiaalmaatskappye op enige wyse te beïnvloed wat die instansie of sy filiale negatief kan raak nie. 6.1.2 Lede van die Universiteit behoort nie direk of indirek met die kernbesigheid van die Universiteit mee te ding nie. 6.2 Beleidsbesonderhede en reëls m.b.t. Raadslede en lede van Raadskomitees 6.2.1 Elke lid van die NWU Raad of komiteelid van enige Raadskomitee van die NWU moet ʼn volledige verklaring doen oor sy/haar besigheids- en finansiële belange en fidusiêre rolle; sowel as dié van sy/haar gesinslede soos vereis deur die Wet op Hoër Onderwys (A27 van Wet 101 van 1997 soos gewysig) en ingevolge hierdie beleid. Hierdie verklaring moet gedoen word na aanstelling op die Raad of die betrokke raadskomitee, en moet jaarliks bygewerk word. 6.2.2 ʼn Sentrale register moet deur die Institusionele Registrateur bygehou word met die oog op verkrygingsprosesse by die NWU sodat daarna verwys kan word wanneer die Universiteit goedere en dienste wil verkry; hierdie register moet beskikbaar wees by alle vergaderings van die NWU Raad. 6.2.3 ʼn Raadslid of lid van enige Raadskomitee van die NWU moet van enige vergadering onttrek wat ʼn sakelysitem bevat waarby hy/sy ʼn direkte of indirekte finansiële, persoonlik of ander belang het. Beleid oor Botsing van Belange 4

6.2.4 ʼn Raadslid of lid van enige Raadskomitee van die NWU moet die voorsitter van ʼn vergadering skriftelik en vóór die aanvang van ʼn vergadering volledig in kennis stel van ʼn belangebotsing of moontlike belangebotsing in die sakelys van daardie spesifieke vergadering. Indien bevestig, moet die lid die vergadering verlaat vir die spesifieke item. 6.3 Beleidsbesonderhede en reëls m.b.t. Universiteitslid 6.3.1 Ingevolge Subartikels 34(4), 34(5) en 34(6) van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997 soos gewysig) moet elke Universiteitslid ná sy/haar aanstelling ʼn volledige skriftelike verklaring doen oor sy/haar besigheids- en finansiële belange en fidusiêre rolle; sowel as dié van sy/haar gesinslede. 6.3.2 Hierdie openbaarmaking moet jaarliks bygewerk word gedurende die taakooreenkomsproses, aan die betrokke bestuurder sowel as aan die Adjunkvisekanselier: Navorsing, Innovasie en Tegnologie. Lynbestuurders is verantwoordelik vir die behoorlike strukturering en bestuur van jaarlikse taakooreenkomsprosesse ten einde moontlike verbintenisbotsings te vermy, en om enige potensiële belangebotsing-situasies by die toepaslike volgende lynbestuurder aan te meld. Lynbestuurders is verplig om enige potensiële belangebotsing-situasies aan te meld. Die inligting wat gedurende die taakooreenkomsproses verkry word, moet in ʼn sentrale register opgeneem word met die oog op verkrygingsprosesse by die NWU; en moet na verwys word wanneer die Universiteit goedere en dienste wil verkry. 6.3.3 Geen personeellid mag direk of indirek met die Universiteit besigheid doen wat ʼn moontlike belangebotsing met die Universiteit sou kon behels nie, tensy die NWU Raad die besigheid goedkeur op grond van die volgende vereistes soos vervat in A34(5) van die Wet op Hoër Onderwys: 6.3.3.1 Die betrokke goedere, produkte of dienste is uniek; 6.3.3.2 Die verskaffer is ʼn alleenverskaffer; en 6.3.3.3 Die besigheid is in die beste belang van die Universiteit. Elke geval moet op eie meriete geëvalueer word. Wanneer verslag gedoen word ingevolge hierdie beleid, moet Universiteitslede skriftelik aansoek doen by die AVK: Navorsing, Innovasie en Tegnologie en motivering verskaf vir die vereistes soos uiteengesit in paragraaf 6.3.3.1, 6.3.3.2 en 6.3.3.3. Die AVK: Navorsing, Innovasie en Tegnologie kan die aansoek voorlopig goedkeur (of afkeur) ingevolge hierdie beleid en aanbevelings aan die Raad maak vir hul goedkeuring en/of bekragtiging. 6.3.4 Geen Universiteitslid mag namens die Universiteit hom-/haarself of enige entiteit waarby hy/sy ʼn direkte of indirekte finansiële belang het, kontrakteer nie. In hierdie verband sal die doel wees om enige direkte of indirekte persoonlik gewin te verkry wat nie deel uitmaak van die indiensnemingsverhouding wat die genoemde personeellid met die Universiteit het nie. 6.3.5 Indien ʼn potensiële belangebotsing-situasie ontstaan, moet die NWU verteenwoordig word deur werknemers wat nie direk of indirek betrokke is by die belangebotsing-situasie nie ten einde objektiwiteit te verseker en om die geaffekteer werknemer(s) teen onbehoorlike transaksies te beskerm. 6.3.6 Geen Universiteitslid met ʼn posgraad van direkteur of hoër mag besigheid binne sy/haar rapporteringslyn goedkeur of onderneem met ʼn entiteit waarby sodanige werknemer ʼn direkte of indirekte belang het nie. Hierdie verbod kan nie bekragtig word deur ʼn ander lynbestuurder in ʼn hoër rapporteringsposisie nie. Hierdie verbod beteken nie dat ander rapporteringslyne binne die Universiteit nie met die entiteit mag besigheid doen nie, solank die besigheid nie goedgekeur is deur die belanghebbende werknemer nie. 6.3.7 Indien ʼn Universiteitslid in gebreke bly om ʼn belangebotsing openbaar te maak, kan enige ander personeellid die betrokke bestuurstrukture inlig oor ʼn belangebotsing wat onder die persoon se aandag gekom het. 6.3.8 Personeellede mag ekonomiese belange in nie-universiteitsaangeleenthede hê, met dien verstande dat sodanige aktiwiteite nie tot moontlike toewyding- of belangebotsings lei nie. Indien enige moontlikheid van ʼn belangebotsing sou ontstaan, moet werknemers die potensiële belangebotsing-situasies openbaar maak. In sulke gevalle kan die Universiteit na sy uitsluitlike goeddunke besluit om die deelname van werknemers aan sodanige eksterne aktiwiteite te wysig Beleid oor Botsing van Belange 5

of te beperk ten einde die moontlike belangebotsing uit te skakel onderhewig aan die beperkings wat ingestel is op werknemers wat besigheid doen met die Universiteit ingevolge Artikel 34 van die Wet. 6.3.10 Werknemers met ekonomiese belange by tegnologieoordragprojekte van die Universiteit word nie toegelaat om deel te neem aan tegnologieoordragonderhandelings met organisasies waarby hulle ʼn belang het nie. 6.3.11 Geen werknemer mag in sy/haar persoonlike hoedanigheid of in ʼn ex officio-hoedanigheid namens die Universiteit op enige raad aangestel word as direkteur alvorens hy/sy aan die Universiteit bewys gelewer het dat hy/sy die regsaanspreeklikheid (fidusiêre plig) van so ʼn aanstelling verstaan nie. 7 Hoe om belangebotsing-situasies te hanteer Moontlike gevalle van belangebotsing moet bestuur word om die geïdentifiseerde konflikte uit te skakel of te verminder. Strategieë wat gevolg kan word om moontlike belangebotsings te bestuur, kan die volgende insluit: a. Openbaarmaking van sodanige belang, onder meer aan borge en ander belanghebbendes; b. Monitering van die proses, projek/program, deur onafhanklike evalueerders; c. Wysiging van die wetlike struktuur van die verhouding; d. Wysiging van die indiensnemingsvoorwaardes en/of verantwoordelikhede van geaffekteerde werknemers (bv. 5/8 of kontrakaanstelling met ʼn gewysigde taakooreenkomsproses, eerder as ʼn voltydse aanstelling); e. Diskwalifikasie van geaffekteerde werknemers van deelname aan die projek of betrokkenheid by die besigheid; f. Onttrekking uit die projek of besigheidsplan deur die NWU; g. Aflegging van die belang deur geaffekteerde werknemers; en h. Beëindiging van die verhouding wat aanleiding gee tot die werklike of potensiële belangebotsingsituasie. Oorspronklike gegewens Frik van Niekerk(10935746) RMA SHARE\2P-2.4.3_conflict of interest_a.docm 15 Julie 2014 Lêerverwysing: 2P/2.4.2.3 Beleid oor Botsing van Belange 6