IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA. (Gehou te Kaapstad)

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

BenguFarm Bestelvorm

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

RAADSLEDE / COUNCILLORS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

Rut: n Liefdes Verhaal

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

Mosselbaai Munisipaliteit

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Skripsie ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister Legum aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

Mandala Madness Deel 2

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

Transcription:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (Gehou te Kaapstad) Saak No: C 141 / 2000 In die saak tussen: Applikant en Respondent UITSPRAAK 1

LANDMAN R : 1.Die Stadsraad van Villiersdorp, wat naby die Theewaterkloofdam in die Weskaap geleë is, het besluit om aansoeke vir n krediteure klerk in te wag aangesien die vorige bekleër van die pos, Mev Wilkinson, bedank het. Die advertensie is deur die Raad se Regstellende Aksie Komitee (die RAK) opgestel. Dit lees soos volg: Vakature: Krediteure Klerk. Aansoeke word ingewag van persone met die nodige ondervinding en kwalifikasies vir aanstelling in bogenoemde vakature. Kwalifikasies: Matriek met rekeningkunde asook rekenaar opleiding. Ondervinding: Lone en Salaris en rekenaar stelsels. Pligte: Pligte behels onder andere Krediteure, Salarise en Lone en Rekonsiliasies. Diensvoordele: Soos van toepassing op posvlak 5 van n Graad 4 Plaaslike Owerheid.... n Volledige Curriculum Vitae, tesame met dokumentêre bewys van kwalifikasies en ondervinding moet die ondergetekende bereik voor of op Dinsdag, 15 Junie 1999. 2.Negentien persone het vir die pos aansoek gedoen. Die RAK, wat Raadslid Ferndale, die burgemeester insluit, het n kortlys van 6 persone opgestel. Die persone was mnr L Johnson, me E Aucamp, me J Du Plessis, me JJ Smith, mev S De Kock, en me M Pestana. Anvanklik is mev De Kock nie genomineer nie. Maar op aandrang van mnr Wentzel, die Stadstesourier, is haar naam ook op die kortlys geplaas. 3.Me Smith is n bruinvrou. Mnr Johnson is n bruinman. Die ander is blanke vroue. Uitnodigings om n onderhoud by te woon is aan die kandidate op die kortlys gestuur. Die onderhoude is egter uitgestel. Voor die onderhoude op 9 Julie gevoer is, het die RAK weer vergader. Tydens die vergadering het dit geblyk dat vakbonde besorgd was dat: daar moontlik n probleem kan wees met die ondervinding wat benodig word vir die vakature in die Tesourie Afdeling. Die Stadsklerk meld dat hy met Wekpro geskakel het en dat aan hom bevestig is dat n persoon wat nie aan die kwalifikasies wat in die advertensie uiteengesit was, voldoen nie, nie vir n onderhoud genooi kan word nie. Indien die Komitee van meining is dat so n persoon wel genooi behoort te word, moet die pos weer geadverteer word en moet daardie vereiste in die advertensie weggelaat word en/of gewysing word.

4.Die RAK besluit egter om voort te gaan met die onderhoude en om die res van die skrywe van die vakbonde op n later stadium te hanteer. Dit is ook besluit dat die onderhoude op Vrydagoggend, 9 Julie 1999 om 10:00 gehou sal word. 5.Op 9 Julie 1999 vergader die RAK. Onderhoude word met die 6 kandidate gevoer. Die komitee bestaan uit die volgende stemgeregtiges: Raadslede Ferndale (Burgemeester), Brinkhuys, Hoko, Mnre Oncke en Barnard (IMATU) en Mnre Dick en Shuma (SAMWU). Mnr Cronje, die Stadsklerk, Hoofklerk en Klerk/Tolk het ook die vergadering bygewoon. 6.Na afhandeling van die onderhoude, word elke stemgeregtigde lid van die RAK die geleentheid gegun om sy keuse bekend te maak en sy keuse te motiveer. Slegs twee van die kandidate word voorgestel, naamlik me Smith en me Pestana. Die RAK gaan oor tot stemming. Mnre Oncke en Barnard stem ten gunste van me Pestana. Die ander lede stem ten gunste van me Smith. 7.Dit is gemeensaak dat die burgemeester mnr Ferndale, wat ten gunste van me Smith se aanstelling gestem het, die oupa is van haar kind. Die burgemeester se seun, mnr Mario Ferndale, is die pa van die kind. Die RAK beveel by die Raad aan dat me Smith as krediteure klerk aangestel word. Die Raad oorweeg die aanstelling op 12 Julie 1999. Die Raad besluit dat me Smith aangestel word en dat sy op 19 Julie vir diens by die Tesourie Departement moet aanmeld. Mnr Ferndale het weer eens aan die verrigtinge deelgeneem. Me Smith het aangemeld en beklee steeds die pos. 8.Mev De Kock, sowel as me Pestana en me Aucamp was ontevrede met die aanstelling. Mev De Kock het n geskil na die KVBA verwys wat op sy beurt dit na die Weskaapse afdeling van die SA Bedingingsraad vir Plaaslike Bestuur verwys het. Toe dit blyk dat die geskil nie bygelê kon word nie, word dit na hierdie hof verwys. Mev De Kock beweer, in haar pleitstukke, dat sy n geskikte kandidaat vir die pos was aangesien sy oor al die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik het. Daarbenewens het sy vyf maande in die pos waargeneem. Mev De Kock beweer verder dat sy die kandidaat met die beste kwalifikasies, opleiding en ervaring vir die pos van krediteurs klerk was. Sy beweer dat me Smith by mnr Ferndale se seun, inwoon en ook n kind by hom het. Mev De Kock beweer dat me Smith nie oor die nodige kwalifikasies, opleiding, ondervinding of vermoë beskik om die werk te doen nie. Mev De Kock beweer dat die Munisipalitieit van Villiersdorp op grond van haar ras, kleur en etniese herkoms (ek sal na hierdie gronde as ras verwys) gediskrimineer het, en alternatiewe 3

op grond van die feit dat sy geen familieverbintenis met die burgemeester van Villiersdorp het nie (nepotisme). Sy beweer dat die Munisipalitiet n onbillike arbeidspraktyk soos bedoel in item 2(2)(a) van Bylae 7 van die WAV gepleeg het. 9.Sy voer verder aan, indien die Raad aanvoer dat die diskriminasie geregverdig is, beweer sy dat die aanstelling vir die pos van krediteure klerk, nie n aanstelling is soos beoog word in item 2(2)(b) van Bylae 7 van die WAV nie. Sy voer aan dat (a) die respondent op daardie tydstip nie n beleid of program vir regstellende aksie gehad het nie; (b) die advertensie vir die vakante pos van krediteure geen melding gemaak het van n aanstelling ingevolge n beleid vir regstellende aksie nie; (c) van die ses persone met wie daar onderhoude gevoer is, alvorens n aanstelling gedoen is, vier blanke dames was; en (d) geen swart persone vir n onderhoud, alvorens n aanstelling gedoen is, genooi is nie; (e) geen objektiewe of billike kriteria gebruik is deur die Raad by die voer van onderhoude, alvorens n aanstelling gemaak is nie. 10.Mev De Kock verlang dat sy in die pos van krediteure klerk of n gelykwaardige pos met terugwerkende krag vanaf 13 Julie 1999 aangestel word alternatiewelik dat vergoeding aan haar toegestaan word gelykstaande aan 12 maande se besoldiging en die koste van die geding. 11.Mev De Kock het getuienis gelewer asook dr Scholtz en me Wright. Mnre Cronje, die destydse Stadsklerk, Groenewald, die Hoofklerk, en Raadslede Spilhaus en Brinkhuys is deur die Munisipaliteit as getuies geroep. Nadat die getuienis aangehoor is, het dit geblyk dat die volgende feit gemenesaak is: (a)mev De Kock beskik oor n Matriek sertifikaat maar sonder Rekenkunde. (b) Die RAK was bewus van haar rekenaar ondervinding. En het ook geweet dat sy,

vanweë haar tydelike waarneming van die pos van krediteure klerk in die Villiersdorp Munisipaliteit bekend was met die Abacus rekenaarstelsel. (c) Twee stemgeregtigde lede van die RAK het mev De Kock as onbekwaam vir die pos beskou. Hulle persepsie is dat sy, om dit plat te stel, 'n gemors gemaak het van die bank rekonsiliasie state. Dit is te betwyfel of dit wel die geval was. (d) Geen geleentheid is aan mev De Kock by die onderhoud verleen om haar kant van die saak ten opsigte van die bank rekonsiliasie state aangeleentheid te stel nie. (e) Na die oordeel van die RAK was slegs me Smith of me Pestana geskik vir aanstelling in die pos. Nadat die komitee gestem het, is me Smith aangewys as die suksusvolle kandidaat. (f) Voor die uitwysing van me Smith is die bevolkingssamestelling van Villiersdorp voorgehou om te bepaal of die aanstelling die diversiteit van Villiersdorp se bevolking weerspieël. (g) Me Smith beskik oor 'n sertifikaat en diploma in rekenaar studies. Die standaard van die sertifikaat en diploma is in twyfel getrek maar geen deskundige getuienis is aangebied nie. Ek is bereid om die aanname te maak dat die kwalifikasies heel basies is. Me Smith beskik oor 'n Matriek sertifikaat met Rekenkunde as vak. Die punte wat sy behaal het, is baie swak. Me Smith het basiese ondervinding met salaris en lone maar waarskynlik het sy nie kennis van die Abacus of die Payday rekenaarsisteme wat vir salaris en lone by Villiersdorp gebruik word nie. (h) Me Smith is die moeder van die kleinkind van die burgemeester, Raadslid Ferndale. 5

Dit is taamlik algemeen bekend in Villiersdorp. i)me Pestana het nie ondervinding van lone en salarisse nie. 9.Mev De Kock het nie die vereistes van die pos aangeval nie. Sy het ook nie beweer dat die vereistes gemik is, of die uitwerking het, dat dit teen haar op grond van haar ras (blank), geslag (vroulik), etniese herkoms (Afrikaans) diskrimineer nie. Sy maak ook nie staat daarop dat die advertensie teen haar weens die afwesigheid van n verwantskap met die burgemeester diskrimineer nie. 10.Adv Klopper, wat namens mev De Kock verskyn het, het aangevoer dat die Raad afstand gedoen het van die vereistes van formele kwalifikasies soos uiteengesit in die advertensie. Dit was egter nie haar saak in die saakstelling nie. Dit word betoog dat aangesien mev De Kock en die ander kandidate, wat nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie, vir onderhoude uitgenooi is, dui aan dat die Raad afstand van die vereistes gedoen het. Na my mening het die Raad hulle by die vereistes gehou. Nog minder het die Raad afstand daarvan gedoen. Inteendeel die besluit om nie die pos te heradverteer nie, 'n voorneme bevestig om aan die kwalifikasie vereistes van die advertensie aan te dring nie. 11.Die RAK was reeds op 5 Julie van mening dat mev De Kock nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie. Dit kan n rede wees waarom sy nie as 'n finalis vir die pos gekies is nie. Geen notule van die gesprekke of die motivering van gunsteling kandidate is gehou nie. Die getuies kon nie die detail onthou nie. 12.Die kernvraag is of mev De Kock bewys het dat die Raad teen haar op grond van ras of het nepotisme, dws voortrekkery, opgetree het. 13.Die lede van die RAK, altans die vier wat getuig het, was daarvan bewus dat die burgemeester die oupa was van me Smith se kind. Bowendien het mnr Brinkhuys getuig dat die verhouding tussen me Smith en Mario Ferndale nog voortduur. Die Raad se getuies het geweet dat die saak, onder andere, oor nepotisme handel. Nie een van die Raad se getuies het gedink dat dit n probleem was dat die burgemeester die ma van sy kleinkind op die kortlys plaas nie, ten gunste van haar stem en deelneem aan die bekragtiging van die aanbeveling van die Raad nie. 14.Op die sesde en finale dag van die verhoor is n skrywe ontdek wat aantoon dat mnr Cronje, die stadsklerk, reeds

toe me Smith gedurende April 1999 aansoek vir n kassasierepos by die munisipalitiet geoen het, regsadvies by WEKPRO ingewin. WEKPRO is gevra of dit wenslikheid was dat die burgemeester aan die verrigtinge van die keurkomitee deelneem? n Negatiewe antwoord is ontvang. Dit is aan die burgemeester oorgedra. Hy het hom toe van die komitee onttrek. Dit is onmoontlik dat niemand gedink het dat hierdie inligtig nie tersake was nie by die beoordeling van me Smith vir die krediteure klerk se pos. Ek is vas van oordeel dat die belangrike brokkie inligting opsetlik deur die munisipaliteit se getuies verswyg is met die doel om die hof te mislei. 15. n Tweede skrywe is ontdek wat deur me Smith aan die Raad geskryf het toe sy uitvind dat sy nie die kassasierspos ingepalm het nie. Sy het beswaar aangeteken, onder andere, omdat die burgemeester nie die verrigtinge bygewoon het nie. 16.Toe me Smith in Julie aansoek doen vir die krediteure klerk pos het die lede van die RAK moontlik aan amnesia gely? Hulle onthou nie die advies van WEKPRO nie. Die burgemeester onttrek homself nie en die stadsklerk vergeet dat die regsadvies insgelyk van toepassing is op die situasie. Ek is van oordeel dat die gemeenskaplike gevoel dat dit nie belangrik was dat die burgemeester se belang by die aanstelling van me Smith nie saak maak nie, tesame met die verswyging van relevante getuienis is genoegsame bewys dat die lede van die RAK, ten minste passief, nepotisme te laat seëvier. Die burgemeester, wat nie getuig het nie, het me Smith bevoordeel en dus daartoe bygedra het dat teen die ander kandidate gediskrimineer is. 17.Die vraag of mev De Kock van die verwantskap bewus was en nog steeds aan die verrigtinge deelgeneem het, is nie volledig uitgepluis nie. Die Munisipaliteit het nie gepleit dat sy geweet het van die tersaaklike feite en nog steeds die onderhoud bygewoon het nie. Die vraag is nie aan haar gestel nie. Mnr Brinkhuys het nie geweet of sy bewus was van die feit. Ek moet dus aanvaar dat sy nie geweet het nie. 18.Indien mev De Kock aangedring het op 'n hersiening van die aanstelling van me Smith en die tersydestelling van die aanstelling, soos aanvanklik geëis is, en mits me Smith as 'n party tot die aksie gevoeg was, sou die hof die aanstelling tot niet kon maak. Die RAK en die Raad 'n onreëlmatigheid gepleeg het omdat die burgemeester by drie geleenthede hom aan die verrigtinge weens sy verwantskap met me Smith moes onttrek het. Vergelyk Snyman v Liquor Licensing Council Windhoek (2) 1963 (1) SA 460 (SWA). Mev De Kock het nie op die tersydestelling van me Smith se aanstelling aangedring nie. Sy het hierdie regshulp laat vaar. Die hof kan nie met Me Smith se aanstelling inmeng nie. 7

19.Alhoewel ek bevind het dat die pos aan me Smith, as gevolg van neoptisme geskeid het, baat dit nie mev De Kock nie. Alhoewel sy moontlik geskik was vir die pos, beskik sy nie oor die formele kwalifikasies nie. Die hof kan nie inmeng met die RAK se daarstelling van die vereistes vir die pos nie. Daarbenewens is daar die persepsie by sommige lede van die RAK dat sy die bankrekonsiliasestate nie na wense hanteer het nie. Hierdie persepsie is dalk nie regverdig nie, maar dit dui nie op die aanwesigheid van diskriminasie nie. Mev De Kock het nie onder die twee finaliste getel nie. Me Pestana sou die pos gekry het indien sy dit geëis het. Mev De Kock kom nie in aanmerking nie. Sien Abbott v Bargaining Council for the Motor Industry (Western Cape)1999 20 ILJ 330 (LC) op para 18. Mev De Kock is dus nie op enige tasbare regshulp geregtig nie. 20.Mev De Kock het egter bewys dat die pos deur middel van neoptisme gevul is. Sy is op n verklarende bevel geregtig. Nepotisme druis in teen ons grondwetlike die waardes en moet die hof sy afkeur wys. Bowendien het die munsipaliteit die hof om die bos probeer lei. n Toepaslike bevel toe koste sal die misnoë van die hof tuisbring. 20.1. Dit word verklaar dat die aanstelling van me JJ Smith as krediteure klerk deur die respondent, die Munisipaliteit van Villiersdorp, te weeggebring is deur nepotisme en daardeur is teen, onder andere, die applikant gediskrimineer soos bedoel in item 2(1)(a) van Bylae 7 tot die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 20.2. Die Respondent word gelas om die applikant se koste te betaal. GETEKEN TE BRAAMFONTEIN HIERDIE 26ste DAG MAART 2001 A A LANDMAN Regter van die Arbeidshof van Suid Africa 12, 13, 14, 15, 16, 19 Maart 2001 26 Maart 2001

Adv Klopper in opdrag van De Wet Prokureurs Adv Vermaak amptenaar van WEKPRO 9