Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Ons verwelkom ook vir Mev. Prinsloo na haar bevallingsverlof en is saam met haar dankbaar dat alles goed verloop het.

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die Hoërskool DF Malan

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Sterdansers by Vensters.

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Tariewe

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

SIZA takes the sting out of auditing

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Hoe om krag te spaar

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Die jaar se kaskar was

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Kos vir ons skoolkatte

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

14/2016 Schalk Reynders HOOF

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Spelling our way to a lot of prizes

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Finansies / Finances

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Vinkie. Laerskool Fairland

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Laerskool KENRIDGE Primary School

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Interskole: waar kan ons verbeter?

Transcription:

4 Augustus 2017 Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem. Ons is baie trots om te sê dat Juanique Cloete (onder 14), Randy Monsthiwagae (onder 14), Phillip du Plessis (onder 18) en Rieghardt du Preez (onder 18) verkies is tot die Gauteng-span vir dans en die Randjies gedurende hierdie toernooi verteenwoordig het. Die dansgroep het ook vier toekennings huistoe gebring, waarvan Randy Monsthiwagae 'n brons verwerf het vir sy solo dans, 'n silwer vir sy duet-dans en 'n Goue medalje vir die kleingroepdans. Rieghardt du Preez en Phillip du Plessis het ook 'n goue medalje huistoe gebring vir hulle kleingroepdans. Randy Monsthiwagae is ook verkies tot die Nasionale All Star Team sou daar 'n internasionale toer die jaar wees. Daar is wel volgende jaar 'n internasionale toer na China vir die dansers wat die All Star span maak. Ons is verskriklik trots op elkeen wat hierdie jaar betrokke was by die dans en gedurende die tyd presteer het en hulself geniet het. Dankie ook aan die Randjie-ouers wat hulle kinders so getrou ondersteun het en ook aan elke onderwyser wat 'n bydrae gemaak het en sterkte aan hierdie leerders toegewens het. Die koor het weer tydens die Julie-vakansie Grahamstad toe getoer, om deel te neem aan die Grahamstad Kunstefees. Soos vorige jare, het ons laataand, in twee lieflike busse, vertrek. Al verskil was, hierdie jaar het ons vir mnr. Booysen aan boord gehad... BLADSY 1 VAN 25

Die langpad is reeds deel van die toer. Ons stop vir ons eerste ontbyt by de Stijl hotel, langs die Gariepdam. Terwyl ons heerlik eet, kom die son oor die dam op. Elke jaar ewe mooi! Op pad soontoe (en terug), stop ons by die Daggaboer padstal, eers vir heerlike roosterkoek en tuisgemaakte gemmerbier en op pad terug vir varsgebakte hoenderpasteie of reuse worsrolle. (Moet nóóit daar verby ry nie!) Die koor het hierdie jaar weer in die koshuis van Hoërskool PJ Olivier tuisgegaan. Daar slaap en eet ons heerlik en van daar af stap ons maklik teen die steil bult af, na ons "venue", die Rhodes Chapel, waar ons vyf keer tydens die toer optree. Hierdie jaar het die Majazi-ensemble saam met ons getoer. Dié ensemble bestaan uit uiters talentvolle musici, wat die koor se program met uitstekende sang, viool, trekklavier, klavier en slagwerk aangevul het almal vriende van ons koorleier, Franco Prinsloo en besonder interessante mense. Die koor se konsert, wat hierdie jaar: "Let there be music : A Celebration of World Music", genoem is, was weereens 'n treffer by die fees. Die feeskoerant het 'n baie vleiende beriggie geplaas, ná die eerste optrede. 'n Toer soos hierdie, bied die geleentheid vir die kinders om verskeie produksies (of "shows") by te woon. Hulle raak binne 'n dag selfstandig en kuier lekker in die restaurantjies en die stalletjies by die Village Green. Dan spring hulle in 'n "Hopper", ry tot by die volgende kuierplek of vertoning en kuier verder. Laataand, (ons sluit 22:30 saam af) lui oom Norman se foon aanhoudend, want dan "het hulle die Hopper gemis" of " flou geword in die straat" of "nie besef dis al só laat nie"! Dan klim Norman maar in die koshuis se bussie en gaan laai die klomp op, want niémand stap die bult op as daar enigsins 'n ander uitweg is nie! Hierdie jaar het sonder erge insidente verloop (Seker oor die Hoof se teenwoordigheid?) en ons sien uit na volgende jaar se fees... ás dit nie oorvleuel met die 2018 Wêreldkoorspele nie! BLADSY 2 VAN 25

LIEF EN LEED Ons innige simpatie met die afsterwe van Shané Winsen in Graad 8 se ouma en Charné van der Merwe in Graad 10 se ouma. Stekte aan die familie en gesin. Toepassings-Olimpiade (RTT) Rondte 1 Op 17 April is almal se vakansie kortgeknip met n vol dag se opleiding vir die RTTolimpiade. Om enigsins n kans te staan, moet kandidate heelwat addisionele werk leer buite die kurrikulum dit het soos n fabriek gelyk met die rook wat uit almal se ore uitgetrek het! Vir die ouers wat Excel-boffins is, ons leer selfs Pivot-tables! So het ons, na baie oefen en voorbereiding, op 8 Mei, na skool, aan die eerste rondte van die olimpiade deelgeneem. Ons skool se leerders het besonder goed gevaar! Landswyd het 4632 kandidate deelgeneem, waarvan net die top 7% landswyd goud gekry het. Ons skool het agt kandidate wat goud verwerf het: (in volgorde van prestasie) Elmar Louw, Shan O'Neil, Sean Groenewald, Jaco Halvorsen, Armand Vlok, Dané le Roux, Stefan Mollema, Sean Strydom, Louis Henn en Kayla Jacobs. Tien leerders het silwer verwerf (top 21% landswyd): Michelle le Roux, Ashleigh Nel, Thomas Prins, Ruan Botha, Martin Meyer, Shany Bouwer, Ryan Verwey, Devoné Fourie, Su-Ané Greyling en Juané Raath en twee het brons verwerf (top 50% landswyd): Brandon Hall en Johnathan Nel. Baie geluk, julle! Rondte 2 Die top 15 kandidate uit hierdie groep is deur na die tweede rondte van die olimpiade. Die inligting wat die skool ontvang het, het gesê dat webontwerp (HTML) ook getoets sal word. Gevolglik, moes die Graad 11-kandidate deur die hele Graad 11 en 12- kurrikulum van HTML werk wat n werk om aan te pak?! Ons was almal baie vies toe dit op die oueind nie gevra is nie! Die tweede rondte van die olimpiade, geskied aanlyn. Die reëls is ongelooflik streng die vraestel is een uur lank, en die skool mag dit in twee sessies afhandel, maar dit moet binne presies twee ure geskied, met n maksimum van tien minute grasie. As iemand hulle toets ee minuut laat indien, sal hulle gediskwalifiseer word. So begin ons op 7 Junie om 12:00 skryf, en twee van die finaliste daag nie op nie. Tot Juffrou Claire se ontsteltenis, besef sy dat dié twee nie op die WhatsApp-groep was nie en dus was hulle nie bewus van die reëlings en tye nie! Martin het gesê hy sal dit nie kan maak nie, maar Shan wou dit graag doen, maar hy het sonder vervoer by die huis gesit. Juffrou Salomé het toe in haar motor gespring en inderhaas vir Shan by die huis gaan haal. Hulle het net-net betyds by die skool opgedaag en moes onmiddelik sit en met die vraestel begin. n Maand later is ons toe so dankbaar daarvoor Shan is aangewys as een van 15 landswye kandidate wat uitgenooi is om aan die finale rondte van die olimpiade in Kaapstad deel te neem! Hy en Sean Groenewald was gelykop in die tweede rondte BLADSY 3 VAN 25

albei eerste in Gauteng! Ongelukkig is die olimpiade se beleid dat daar net een leerder per skool uitgenooi word. Aangesien Shan een ekstra vraag in rondte een reggekry het, is hy gekies om te gaan. Shan vertel die res van die storie in sy eie woorde. Op 2 Julie het ek gevlieg na Kaapstad toe om deel te neem in die laaste rondte van die RTT-Olimpiade. Ek het in die aand eers geland en is dadelik na n restaurant toe geneem. Al 13 kandidate het in dieselfde Bed & Breakfast gebly vir die volgende drie dae van die all expenses paid trip. Twee van die kandidate kon dit ongelukkig nie bywoon nie. Die Toetse Foto 1: Die kandidate kuier lekker saam voor die kompetisie Die volgende oggend het ons nege uur se kant gery na die sentrum waar ons die finale toets gaan skryf. Ons het ons toetsreeks begin met n 30 minute toets wat tien punte tel, om te toets hoe ons vaardig ons met die gebruik van tegnieke soos cropping en mirror, ens. is om die bron van die foto op te soek, en ook om metadata van die foto te vind (soos waar dit geneem was). Die tweede toets was ee uur lank en het geen punte getel nie. Dit was net n leersessie sodat al die kandidate iets nuut uit die kompetisie kan leer. Dit was n uur lank, waarin almal geleer het wat n Dashboard is en ook hoe om een te maak. Kortliks is n Dashboard n interaktiewe koppelvlak waarop die gebruiker met die data kan kommunikeer en stel tipies resultate met grafieke en illustrasies voor. BLADSY 4 VAN 25

Die volgende en laaste toets was n volle vyf ure lank en het 90 punte getel! In daardie toets het ons vier hoofvrae gehad, n Word -vraag waar ons n opsomming moes maak van die waterkrisis in die Kaap met behulp van die data wat ons uit die ander vrae verkry het. Die tweede vraag was n Excel vraag waarin ons data oor die watergebruik van verskillende huishoudings gekry het waarop ons allerhande bewerkings moes doen. In die derde vraag moes ons n Dashboard op Excel skep met gebruik van ander data. Die laaste vraag was n Excel/Access -vraag. Die vraag het vir ons data in kodes op Excel en op Access gegee. Die betekenis van sommige kodes kon uitgewerk word op Excel ander in Access. Jy moes vrae oor die kodes beantwoord en berekeninge/antwoorde vir die vrae kry. Dit was n ongelooflike komplekse vraag wat ook die meeste punte getel het saam met die eerste Word vraag. Na die toets was almal in skok, maar om ons te help kalmeer het hulle vir ons pizza gebring. Hulle het ons toetse begin merk en ons ingeroep as hulle nie van die data kon vind nie. Ons moes wag tot die volgende aand om ons punte te kry. Uitstappies Die volgende oggend het hulle ons op n uitstappie geneem om die Information Systems Department van UCT te besoek waar ons met drie studente van UCT gepraat het (elk in n ander jaar van hulle studies). Ons kon leer wat hulle in die department doen en waaroor dit alles gaan dit was n baie opwindende ervaring! Daarna het ons op n rooi bus geklim, wat deur die Kaap ry, sodat ons die verskillende areas van die Kaap kon sien wat n mooi plek die berge en see lyk ongelooflik. Na die toer is ons by n winkelsentrum afgelaai waar ons vir onsself gaan kos koop het. Foto 2: Shan netwerk met al wat leef en beef! Prysuitdeling Die prysuitdeling was later daardie aand. Met n fees van n maaltyd aan die tafels, het ons na n verskeidenheid sprekers se fassinerende stories oor hulle sukses geluister. Ek het dit baie geniet om rond te loop en te network. Ek het met so n groot verskeidenheid mense gepraat; die eienaar van Stellenbosch Universiteit, die Direkteur van die IITPSA, die Vise-President van die IITPSA, die Superintendent-Generaal van die WCED, ens. BLADSY 5 VAN 25

Aan die einde van die funksie was dit uiteindelik tyd vir die prysuitdeling. Ek is ongelooflik bevoorreg om te sê dat ek n silwer plek gekry het, met n kontantprys van R3 000 en R2 000 vir die skool. Dit was n wonderlike ervaring ek het soveel interessante mense ontmoet en kontakte gemaak wat ek hopelik nog lank sal behou. Foto 3: Die finale rondte se deelnemers Foto 4: Wenners van links na regs: Heather Wimberley (silwer), Mia de Villiers (goud), Shan O'Neil (silwer) KULTUURPRESTASIES GEDURENDE JUN & JUL TALENT AMERICA Beide Lauren Blight (gr. 11) en Joanique Cloete (gr. 8) verwerf Federation of Performing Arts South Africa kleure en verteenwoordig Suid-Afrika in New York by Talent America. Lauren het vir die onderstaande afdelings en items ingeskryf en behaal die volgende. VOKAAL SOLO (15 17 jaar): 1 x solosang Rock eerste plek (trofee) 1 x solosang R & B - eerste (trofee) SANGER/LIEDJIESKRYWER (15 17 jaar): 1 x sanger/liedjieskrywer (eie komposisie Wild Ones ) - eerste plek (trofee) VARIETY NOVELTY (15 17 jaar): 1 x Self begeleiding - eerste plek (trofee) VOKAAL DUETTE (18 24 jaar): Rock - eerste plek (trofee) Pop derde plek (medalje) By die gala-geleentheid ontvang Lauren die volgende spesiale toekennings. 1. Algehele Afdelingswenner in haar ouderdomsgroep vir Sanger/Liedjieskrywer. 2. Tri Star Wenner (deelnemer met die hoogste punte in drie of meer afdelings). Lauren het ook n call-back van 'n agent gekry wat graag met haar wil werk. BLADSY 6 VAN 25

Joanique het vir die onderstaande afdelings en items ingeskryf en behaal die volgende. MODELWERK (12 14 jaar): 1 x Formeel eerste plek (trofee) VOKAAL SOLO (12 14 jaar): 1 x solosang Country eerste plek (trofee) 1 x solosang Broadway tweede plek (medalje) DANS SOLO (12 14 jaar): 1 x solodans Jazz eerste plek (trofee) 1 x solodans Hip-hop derde plek (medalje) 1 x solodans African Fusion derde plek (medalje) DRAMA SOLO (12 14 jaar): 1 x solo drama Legit Runner up IMTA (INTERNATIONAL MODEL AND TALENT ASSOCIATION): Amoré Vlok (gr. 9) verwerf die Suid-Afrikaanse titel en wen sodoende n allesinsluitende inskrywing na die internasionale kompetisie in New York. Meer as 2000 modelle van regoor die wêreld het aan die kompetisie deelgeneem. Tydens die kompetisie (15 23 jaar) verwerf sy: Eerste plek in die swimsuit afdeling; Derde plek in die jeans afdeling; Tweede plek in TV Beauty afdeling; Tweede plek Junior Model of the World; Vierde plek Most sought after by Model Agents - 45 agente wou haar weer sien vir n onderhoud. Tydens die week is sy een van twintig modelle (uit meer as 500) wat gekies word om vir n ontwerper sy klere te vertoon in New York op n runway vir n ontwerper, watter ongelooflike ervaring. KIDS WITH TALENT SA Tydens die streeksuitdunne: Nicola Kotze (15 17 jaar): Vocals en self-accompaniment eerste plek, 2 golden tickets Céhanè de Beer (15 17 jaar): Self-accompaniment eerste plek, golden ticket Stefan Kirsten (15 17 jaar): Kitaar en self-accompaniment dring deur na die ouderdomsgroep finaal Monique van Niekerk (15 17 jaar): Piano eerste plek, golden ticket Lauren Blight (15 17 jaar): Vocals eerste plek, self-accompaniment tweede plek, 2 golden tickets ) Tydens die ouderdomsgroep finaal verwerf. BLADSY 7 VAN 25

Nicola: Vocals en self-accompaniment eerste plek Céhanè: Self-accompaniment derde plek Monique: Piano derde plek Stefan: Kitaar derde plek 14 van die 50 finaliste van die ouderdomsgroep dring deur na die Grand Finale waar pryse ter waarde van R40 000+ te wen was. Monique, Céhanè en Nicola dring deur na die geleentheid. Tydens die spoggeleentheid neem die deelnemers in hulle oudersdomsgroep oor verskillende afdelings teen mekaar deel. Nicola: WEN die 15 17-jaar-afdeling ALGEHELE WENNER van die kompetisie (m.a.w. oor al die ouderdomsgroepe en afdelings). Hiermee slaan sy die volgende pryse los: n cd-opname, n fotosessie en n musiekvideo-opname ter waarde van R40 000. Greame Watkins het ook die geleentheid aangegryp om persoonlik met Nicola te werk. Céhanè het ook n kompliment van Joe Dippenaar (Swallow 15) gekry en n aanbod om in een van sy bands te speel en sing. AIDT (Association of International Dance Teachers) Ané Bierman het tydens die Preliminary Modern eksamen 100% verwerf. Daarmee slaan sy vir haarself die toekenning van most promising candidate en n beurs los tydens die AIDT se Modern Grade Bursary Awards. Thiné Venter behaal 98% vir Tap (Bronze Higher) en 94% vir Modern (Final Grade). Sy verwerf n tweede plek (gr 4 Modern) asook n borgskap van AIDT tydens die Modern Grade Bursary Awards. ALIANZA FLAMENCO FESTIVAL: Cari-Juané het tydens die vakansie aan die jaarlikse festival deelgeneem waar sy die trofee ontvang vir mees passievolle Flamenco danser oor alle ouderdomgroepe. BLADSY 8 VAN 25

SKOOLDANSLIGA ( street dancing ): Die volgende leerders kwalifiseer vir die Gauteng-dansspan. Babra Miribe (Nie Nationals toe gegaan nie. Dus nie amptelik Gauteng-kleure nie.) Randy Montshiwagae word opgeneem in SA-span. (een goud - onder 14 seuns; een silwer; een brons). Rieghardt du Preez (Gauteng onder 18 seuns wen SA). Phillip du Plessis (Gauteng onder 18 seuns wen SA). Juanique Cloete. SKOOLDANSLIGA ( street dancing ): Die volgende leerders kwalifiseer vir die Gauteng-dansspan. Babra Miribe (Nie Nationals toe gegaan nie. Dus nie amptelik Gauteng-kleure nie). Randy Montshiwagae (onder 14) word opgeneem in Nasionale All Star Team - een goud - onder 14 seuns (groep); een silwer (duo); een brons (solo). Rieghardt du Preez (onder 18) Goud (groep). Phillip du Plessis (onder 18) - Goud (groep). Juanique Cloete (onder 14). NOVI SAD DANCE FEST (in association with Talent Africa) Celia Britz (gr. 11) en Juanique Cloete (gr. 8) het aan die kwalifiserende rondte vir die International Dance Fest Novi Sad finale rondtes in November 2017 in Serbië deelgeneem. Celia Britz: Contemporary goud. Joanique Cloete: Hip-Hop goud Jazz goud Contemporary goud African Fusion goud. Beide Celia en Joanique kwalifiseer om SA te verteenwoordig by die internasionale kompetisie in Serbië. BLADSY 9 VAN 25

FIETSRY Die Eliminator Series gaan oor spoed, krag en vaardighede op die fiets. Dis n 800m baan wat fietryers toets om bene te laat brand teen volle spoed tot die einde. Net die top twee van elke wedren gaan deur na die volgende rondte. Dan ry die top vier van elke kategorie vir die titel van beste XCE-ryer in Gauteng. Die eerste wedren van die reeks het op 25 Junie plaasgevind by Northern Farms en Francois was derde in die O/16 kategorie. Die laaste wedren van die reeks het op 2 Julie by Wolwespruit in Pretoria plaasgevind en Francois het tweede geëindig in sy O/16 kategorie. Alhoewel Francois nog net 14 jaar oud is, moet hy in die O/16 kategorie deelneem en het hy n tweede plek in die Gautengreeks verwerf. Christiaan Blom het net voor die vakansie die Gauteng- Duathlon - span gehaal. Hy het toe die geleentheid gehad om gedurende die vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. O/15 & EERSTE SPAN KRIEKETTOER - MERENSKY Randburg se O/15 en Eerste krieketspanne het gedurende die Julievakansie aan die Merensky-krietweek in Tzaneen deelgeneem. Die Merensky-week word gebruik as voorbereiding vir die krieketseisoen en om ons sterkte te meet teen die ander krieketskole en, die belangrikste: om spangees en n wen-kultuur te skep. Daar het 22 skole, met groot name soos EG Jansen, Waterkloof, Garsfontein, Zwartskop en Merensky Hoërskool deelgeneem. Daar is vir vier dae elke dag 50 beurte per spanwedstryde gespeel met n T20 die laaste dag. Die manne was nog n bietjie stram die eerste dag of twee na die rugby en hokkie-seisoen. Die O/15-span het een wedstryd gewen en drie verloor, maar twee van die verlore was naelbyt en die seuns het mooi veggees teen die makroskole gewys en dit amper deurgehaak. O/15-Wedstryd #1 - Zwartkops Zwartkop wen met 85 lopies. Man van die wedstryd: Shaun Bowles met ses paaltjies vir 34 lopies in agt beurte. Evert teken 39 lopies aan en JD 31 lopies. BLADSY 10 VAN 25

O/15-Wedstryd #2 Garsfontein Verlede jaar by die Penryn O/14 toernooi het ons Garsfontein in twee wedstryde geklop. Dié jaar het die manne weer gewys hulle kan en mooi teruggebons na die eerste dag se verloor. Randburg wen met sewe paaltjies. AJ boul vyf beurt vir 28 lopies en drie paaltjies. JD teken 45 lopies aan, nie uit nie en Evert en Jason ondersteun met 27 en 28 lopies. O/15-Wedstryd #3 Volkskool Heidelberg Dié een verloor Randburg in die laaste paar beurte met 17 lopies, nadat ons 296 lopies jag. JD is die bouler van die wedstryd met vyf paaltjies in nege beurte en staan 21 lopies af. Al die manne het bygedra met die kolf, Shaun 35, Evert 36, AJ 42 en JD31. O/15-Wedstryd #4 EG Jansen Nóg n groot een vir die manne: Randburg trek hom amper deur, maar verloor met twee paaltjies. Die manne wat uitstaan met die kolf is Evert met 53 lopies en Jason met 69. Banele boul die eerste keer op die toer en kry drie 3 paaltjies en staan net vyf lopies af in een beurt. Die laaste dag reën uit, maar die Merensky-week was n groot sukses vir die seuns met goeie spangees en harde werk van al die spanlede. Shaun neem 12 paaltjies in die week, JD en Kahlim, agt paaltjies elk en AJ drie en Banele elk drie paaltjies. Ons Eerste-span vaar baie goed en wen drie van die vier wedstryde in die week. Die Eerste-span wen ook die Donderdagaand met die afsluiting vir die beste spangees van die week. Daar word ook n dream team gekies uit al die skole vir die week en Randburg-seuns maak ons trots met JD Schreuder wat ingesluit word in die O/15-span en Ruan Henning en Theunis Helmith in die Eerste-span. Baie dankie aan Randburg se krieketafrigters en ouers wat ons ondersteun het tydens die Merensky-week. Randburg se krieket staan vir geen skool terug nie en ons sien baie uit na n goeie krieketseisoen. GEWIGSTOOT Jaco Engelbrecht is in die SA-span wat in Londen gaan deelneem aan die IAAF Wêreld Kampioenskappe van 4-13 Augustus 2017 ingesluit. Die gewigstoot vind op Saterdag, 5 Augustus 2017 om 11:00. (SA-tyd) plaas en die finaal sal 21:35 op 6 Augustus plaasvind. Jaco is tans 22ste op die ranglys en sien uit na die uitdaging! JUDO SA-OPE Daniel Botha het die afgelope vakansie aan die Judo SA-Ope in Bloemfontein deelgeneem en 'n bronsmedalje in die spangevegte verower. Ongelukkig het hy in die individuele gevegte sy sleutelbeen gebreek. Dit gaan hom wel net tydelik terugsit! Volgende kwartaal is hy terug in volle vaart! Harde werk en deursettingsvermoë sal n mens altyd deurdra. Hy bring sy bronsmedalje saam skooltoe. BLADSY 11 VAN 25

RUITERSPORT Celeste Ackerman in graad 8 het gekwalifiseer om deel van die Gauteng Central -span aan die Gauteng kampioenskappe vir show jumping deel te neem. Haar uitslae is soos volg. Qualifier drie vyfde en tiende plek Qualifier vier sewende en sewentiende plek 70cm TROMPOPPIE Mianda Venter, tans in Graad 8A, het die afgelope Trompoppie-seisoen groot hoogtes in die sport bereik. Daar is nie n skool in die omliggende areas wat Trompoppies aanbied nie en sy is gevra om vir KHS deel te neem hierdie seisoen. Dit het baie opoffering en tyd geverg om voor te berei. Gedurende die provnsiale byeenkoms, behaal haar span n eerste plek in al hulle items en tree as kampioen van kampioene uit die stryd. Hulle kwalifiseer om gedurende die SA-Kampioenskappe in Durban deel te neem. SAMCA - Suid-Afrikaanse kampioenskappe bestaan uit n President-liga en Elite-liga. KHS presteer baie goed en dring deur na die finaal, waar hulle algeheel tiende in die land uittree. Wat dit spesiaal maak, is dat hulle die enigste span van hul provinsie is wat dit in die Elite-kategorieë kon doen. Voorwaar n groot prestasie! Baie geluk, Mianda! BLADSY 12 VAN 25

SARIE Opsommig van artikel (soos per bladsy 21 van Augustus-uitgawe van Sarie). Die Sarie-artikel is deel van 'n reeks artikels getiteld: "Ons inspirasievroue" vir die Augustus-uitgawe van Sarie. Augustus is natuurlik vrouemaand en daarom vier Sarie 14 vroue wat die lewe waterpas in die oë kyk en hulle stempel op menigte platforms afdruk. Opsomming van my werk: Ek en my man, Janhendrik Burger, is mede-eienaars van ons eie produksiemaatskappy, Meerfout Films. Ons grootste projek tot op hede is die immergewilde reeks, Edik van Nantes, saam met Nataniël, wat tans in seisoen drie is. Ek dra verskeie hoede in die film- en televisie-industrie, insluitend vervaardiger, skrywer, produksie-ontwerper en filmresensent op Die Groot Ontbyt. Ek het onlangs my eerste projek as regisseur aangepak, naamlik die televisiereeks oor Sarie Voorbladgesig vir kyknet. TENNIS Albert Kirsten het in die vakansie in vier tennistoernooie gespeel. Drie van die vier was TSA (Tennis Suid-Afrika)-toernooie. Hy het hier baie goed gevaar en is na die vakansie vyfde in sy ouderdomsgroep in die land gekeur. Die laaste toernooi was n ITF (Internasionale toernooi). Hier het hy twee rondtes gewen in die O/18 ouderdomsgroep. RUGBY Randjies spog met vier Provinsiale Rugbyspelers. Hoërskool Randburg het vier seuns wat Goue Leeus O/16 behaal het. Hierdie vier seuns het vanaf 4 Julie tot 8 Julie in Vereeniging aan die Provinsiale week deelgeneem. Al vier het hulself goed van hulle taak gekwyt tydens hierdie week. Jaydian Petrus het in die Goue Leeus Welpie-span gespeel wat in die finaal ongelukkig teen die Valke verloor het. Terrence Goliath, Diego Swarts en Mickail Adams het in die Goue Leeus Akademie span gespeel wat vyfde algeheel geeïndig het. Hoërskool Randburg is BAIE trots op hierdie seuns en sien uit daarna om in die toekoms met hulle te spog. Netbal Baie sterkte aan ons O/15 A-span wat 5 Augustus aan die O/15-toernooi deelneem by Laerskool Concordia. Hierdie groep het tweede in hul liga geeïndig en ons hou styf duimvas vir julle. Baie dankie vir hal die harde werk gedurende die vakansie! BLADSY 13 VAN 25

Katy Ndlovu het gedurende die Junie-vakansie Gauteng verteenwoordig by die All Ages National toernooi. Dit was n ongelooflike ervaring en my eerste keer wat ek Gautengspan behaal het. Ons span GAMMA het vyfde geeïndig uit sewentien spanne. Ons het twee wedstryde verloor teen Mpumalanga en n ander Gauteng-span. Shannon Botha het in die vakansie van 3 Julie tot 6 Julie deelgeneem Aan die SA School Netball. Shannon is gekies as kaptein van die span. Al die nege provinsies was daar. Sy het op die eerste dag teen KwaZulu-Natal gespeel en gelykop gespeel 19-19. Hulle het hulle tweede en derde wedstryde gewen en die vierde wedstryd teen die Vrystaat verloor. Uiteindelik het hulle geeïndig as tweede in hulle poel. Hulle het in die semi's teen 'n Gauteng-span uitgespeel en met een punt verloor. Hulle het sesde in Suid-Afrika geeïndig. WESRAND RINGBAL Twanette Staunton in graad 10 is gekies om Wesrand Ringbal te verteenwoordig in die toernooi in Nelspruit in die week van 16 Julie tot 22 Julie. Sy het ook op die toernooi haar SA Kleure verdien. SANSSU VSA TOER 2017 deur Avian du Plessis Mei 2017 is ek gekies om deel te neem aan skietproewe wat bepaal wie in die toerspan na die VSA gaan wees. Ek het die span gehaal en is in die skoolvakansie na die staat Colarado Springs en het daar deelgeneem. Ons het ook lesse by 'n Olimpiese afrigter by die grootste Olympiese Skietopleidingsentrum in Amerika ontvang. Die Suid-Afrikaanse span, is in kleiner spanne van drie en my span (die 10m seunssporterspan) het 'n algehele derde plek verdien en 'n brons-medalje verwerf. Ons het vir die res van die tyd, wat ons nie geoefen het nie, in Colarado Springs getoer. Ons het byvoorbeeld na 'n berg gegaan met die naam "Pikes Peak", wat baie bekend in Colarado is. BLADSY 14 VAN 25

LANDLOOP - NOORDELIKE SKOLE LIGA Hoërskool Randburg het tydens die tweede kwartaal aan 6 ligas deelgeneem. Die volgende 16 atlete het deurgedring na die finaal van die individuele kompetisie wat 29 Mei by Rietvlei plaasgevind het. JUNIOR DOGTERS JUNIOR SEUNS SENIOR DOGTERS SENIOR SEUNS Shannon Botha Rynard Swanepoel Megan Diffenthal Daniël Viljoen Kari Burger Jean Mouton Rune de Beer Louis Fourie Anne Louw Tristan vd Walt Amber Jevon Kaylen Bootha Jaden Visser Shaan Klassen Andries Le Grange Klarika Keyter Rynard en Megan was was tweede en Shannon derde tydens die finaal. Al vier ons spanne het ook die finaal gehaal van die spankompetisie wat 5 Junie by Delta Park plaasgevind het gehaal! Die Junior seuns was tweede, die Senior seuns was vyfde, die juniordogters en seniordogters was derde. Dit was n groot prestasie om in drie van die vier afdelings medaljes te wen. Ons landloop is baie sterk en ons het baie diepte. Dankie aan elke atleet wat getrou deelgeneem het. Elke atleet het bygedra tot ons sukses. Ons sien uit na ons landloopkamp, 25-27 Augustus by Dinokeng. Dit beloof om weereens baie lekker te wees. Kunsklasse en Kunste Waardering Klub (KKWK) Teken jy graag? Wil jy graag leer skilder? Is jy n amateurfotograaf? Wil jy meer weet van visuele kunste? Hier is nou n ideale geleentheid vir al die aspirantkunstenaars vanaf Graad 8 tot Graad 12 om, onder andere, teken- en skildertegnieke aan te leer. Baie belangrik: jy hoef nie Visuele Kuns as vak te neem om deel te neem nie, maar die ywerige kunstenaars wat Visuele Kuns as vak het, kan ook kom deelneem. Ja, ALMAL is welkom! Hierdie kunsklasse het ook n persoonlike verrykings- en groei-element, bv: om jou algemene kunskennis te verbreed en kuns beter te verstaan. BLADSY 15 VAN 25

Leer ook onder andere van: fotografie; films; beeldhou; argitektuur, ens. Ons beplan om kenners in te kry wat interessante praatjies en werkswinkels sal aanbied. Daar sal ook geleentheid wees om kunsfilms en kunsuitstallings by te woon. Daar is ook die moontlikheid van n jaarlikse kunsuitstalling waaraan jy kan deelneem en waar jy moontlik van jou kunswerke kan verkoop. Kom leer saam om op n gemaklike manier kuns te beoefen en die wêreld van kuns te ontdek. Word nou deel van hierdie Kunsklasse en Kunste Waardering Klub (KKWK). Navrae: kontak Mnr. Jan Labuschagne by 084-319-6760 of kom gesels met my by die skool. ******************************************************************************** ALGEMEEN VSR - VERANDERING Gr 9D: Brendan Daniel & Phoebe Botha My School -Kaart! Graag versoek ons dat alle ouers asseblief u MY SCHOOL -kaarte gebruik. Die swipe van u kaart beteken gratis geld vir die skool wat ongelooflik baie vir ons beteken. Indien u nie oor so `n kaart beskik nie, is u welkom om aansoekvorms by ontvangs af te haal of hulle webtuiste te besoek. BLADSY 16 VAN 25

Klerebank Mev. Anneke Teklenburg, wat die klerebank behartig, sal op Woensdagmiddae van 13:00 tot 14:15 in die klerebank wees vir enige leerder of ouer wat klere wil koop. Ondersteunersdrag is ook by die klerebank beskikbaar. Ons rig graag n versoek aan alle ouers en oudleerders om asseblief skoolklere wat nie meer gebruik word nie, veral skoolbaadjies, aan die klerebank te skenk. School Communicator Ons rig `n versoek aan alle nuwe Randjie-ouers / -voogde om die School-communicator af te laai vir hul rekenaars (by http://www.school-communicator.com/) of vir Smart phones (by http://schoolcommunicator.mobi/). Randjie Gebedswag (Randjie-ouers & -onnies wat bid) Kom bid saam vir ons kinders en die skool. Woensdagoggende om 07:30 in die Raadsaal. CSV Elke Woensdag, tweede pouse in B1. Almal is welkom. ******************************* ADVERTENSIES NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT HOËRSKOOL RANDBURG GEEN VERANTWOORDELIKHEID OF AANSPREEKLIKHEID VIR ADVERTENSIES AANVAAR NIE. BLADSY 17 VAN 25

BLADSY 18 VAN 25

FOR SALE: BLADSY 19 VAN 25

15 Malcolm Road, President Ridge, Randburg Detached house, tiled floors throughout (no carpets). 3 beds (main with reverse-cycle air-conditioning) 2 baths (main en-suite) Lounge with Jetmaster fireplace Dining room Kitchen Entrance hall Large tiled patio Double garage Maids quarters (possible 4th bedroom/flatlet?) Pool (new filter, leaf cover & safety net) Grassed garden with large established trees Behind Hoerskool Randburg Near Brightwater Commons Near President Ridge bird sanctuary (abundant bird life). Asking R1 720 000. Contact Joria at Uptown Living: 083-527 1632 Musiekles vir beginners van enige ouderdom! Klavier, kitaar, blokfluit. Teorie ingesluit. R100 per les. Gerieflik ingerigte lokaal in mooi tuin. Veilige parkering. Studio @ Kentlaan 236 Kontak Elsa Nel: 083 271 7234 BLADSY 20 VAN 25

BLADSY 21 VAN 25

BLADSY 22 VAN 25

SANDLER PHYSIOTHERAPY AND REHABILITATION Practice Number: 0372943 455 Jan Smuts Avenue I Unit 6 Balien Properties I sandlerphysiotherapy@gmail.com I 011 077 3030 For all your physiotherapy requirements, charged at medical aid rates. This practice has 2 passionate and dedicated physiotherapists, specialising in sports injuries, neurology and general conditions. Private treatment rooms and a fully equipped rehab gym with state of the art equipment. We provide home visits if necessary. Address: 455 Jan Smuts Avenue Hours: Monday to Friday: 07:00-17:00, Saturday 07:00-12:00 Contact details: 011 077 3030 / 071 060 6567 or email at sandlerphysiotherapy@gmail.com Email: Althusroelofse@gmail.com Phone Number: +27 81 043 6384 [Academic Record, Proof of Registration, and High-School Certificates available on r BLADSY 23 VAN 25

LEASE NOTE: STUDIO HOURS ARE MONDAYS TO THURSDAYS 06H00 TO 20H00; FRIDAYS 06h00 TO 12H00 & SATURDAYS 07H00 TO 12H00. WE ARE CLOSED ON SOME PUBLIC HOLIDAYS. BLADSY 24 VAN 25

Augustus 7 8 9 10 11 12 13 Toets 2 Krieket: 1 ste -span & o/15 tn. Verjaar: R Viljoen Verjaar 09/08: Tracey Vrouedag Toets 3 Gr 9 vakkeuse oueraand Drama Prakties: Voorbereidende Landloop: Klubkampioenskap Rugby: Verseker (¼) Monument (t) (in die week) Gr 12 Fis Wet-klas 14:00-15:30 Mbatha Koor: Oefening 18:30 (saal) Eksamen 12:00-17:00 (Eksterne Eksaminator) 14 15 16 17 18 19 20 Toets 4 Kriewelfees IT Programmerings-olimpiade Rondte 1 Krieket: 1 ste -span & o/15 tn. Dinamika (w), 2 de -span tn. Monument (t) & o/14-span tn. Alberton High (t) (in die week) Gr 12 Fis Wet-klas 14:00-15:30 Verjaar: G Otto Kriewelfees Koor: Oefening Gr 11 Ontwerp: uitstappie (hop-on hop-off. Bustoer JHB) 09:00-14:00 Kriewelfees: Gr 12 Drama konsert Gr 12: GVS PAT 2 (08:00-14:00) Kriewelfees Fotodag: Groepe Netbal: Fast 5 40 Days Kriewelfees: Steraand Gr 9 Vakkeuse-vorms in Kriewelfees: Winterkonsert & kunsuitstalling Rugby: Verseker (½) Landloop: D10 Distrik (Ruimsig) BLADSY 25 VAN 25