Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Direkte en indirekte rede *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Tariewe

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Sterdansers by Vensters.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Helderberg Fishers Community

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hoe om krag te spaar

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

SIZA takes the sting out of auditing

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Rubriek vir skeppende werk

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

gflitse Puk-prof Power Alert se flitse soos dit op TV verskyn Mei/Junie Uitgawe 4

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

,SY CHRISTELIKHEID SAL GEEN BEPERKING WEES"

INGligting. Dekaan kyk terug. Prof Hansie Knoetze. Dekaan: Ingenieurswese.

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Boekbespreking / Book Review

die ArtKat Jaar program

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

Chris Brink. Anatomie van n omvormer. Amanda Botha. Samesteller

Transcription:

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk 10 November 2009 Mnr. Chris Windell Namens die Ondersteuningspersoneel Meneer die Vise-kanselier en mev Eloff, die Rektor Prof Annette Combrink, prof Daan van Wyk en mev van Wyk, eregaste, kollegas, dames en here en Pukke. Dit is vir my persoonlik baie aangenaam om en n voorreg om n dankwoord te rig aan prof Annette Combrink. Op n ligte noot moet ek bysê dat as haar senior 46 jaar gelede het sy dikwels (en met reg) en natuurlik met die nodige drif en flitsende oë na my verwys as die mislike oumeneer. Deesdae doen sy dit van tyd tot tyd nog steeds maar wil ek onmiddellik byvoeg... met deernis! Juis daarom is dit vir hierdie oumeneer n voorreg om n paar woorde, namens die ondersteuningspersoneel aan haar te rig. Nooit sou sy seker as hoofmeisie van die Hoërskool Vereeniging kon dink dat sy eendag die hoogste pos by n universiteit sou beklee nie. Na n kort onderwysloopbaan aanvaar sy n lektoraat by die PUK en gaan deur al die fases van lektor tot by professor. Uiteindelik ook die eerste vrou om die pos Dekaan van Lettere en Wysbegeerte te beklee en toe die onderskeiding om as eerste vrou die pos van Rektor te beklee. Dit ook behalwe die vele kommissies waarop sy gedien het. In kort n formidabele vrou. Dames en Here, as ek hier en daar Engelse aanhalings gebruik, dan is dit maar slegs omdat Engels haar vakgebied was en nog steeds is. Ons het in die vyf jaar wat sy as Rektor gedien het te doen gekry met n doen vrou. We will be judged by what we finish, not by what we start.

Van meet af aan het sy met entoesiasme, ywer, doelgerigtheid dinge begin aanspreek, maar ons is dit almal eens, dat haar sin vir humor haar sekerlik deur baie van die blou Maandae getrek het. Daar was geen tyd vir negatiwiteit in haar mondering nie. The most handicapped person in the world is a negative thinker en When you do things from your soul, you feel a river moving in you... a joy. Daar is mos n uitdrukking wat sê: Vision without action is dreaming. Action without vision is random activity But vision and action put together can change the world. So het Annette n dramatiese bydrae gelewer by heelparty monumente op die PUKkampus. Die droom van n klubhuis het gerealiseer, die droom van n Gesondheidsorgsentrum, Botaniese Tuin, Dak oor die Amfiteater, die Galery, die nuwe gebou by Fakulteit Teologie, HPI, die sg. Sport Village en les bes, Totius wat huis toe gekom het. As jy getuienis verlang, kyk rondom jou... As gevolg van haar lang verbintenis met die Puk was sy in n besondere gunstige posisie om die drome en aspirasies van beide Akademiese en Ondersteuningspersoneel te verstaan en aan te spreek. n Besonderse deernis en empatie met haar mense. We make a living by what we get. She made a life by what she gave. n Vrou wat besonder diensbaar was, nie net aan personeel nie, maar ook sterk op gemeenskappe buite die Universiteit gerig. So het ons haar leer ken: altyd besig om te doen en te dien, altyd bedrywig en aan die gang, maar doelgerig. Het nie stil sit geken nie! To be idle is a short road to death and to be diligent is a way of life; foolish people are idle, wise people are diligent.

Ons dink ook aan Annette se besondere liefde vir die kunste in alle vorme. Is ook onlangs aangewys as Voorsitter van die direksie van Aardklop. Annette, as Rektor was jy vir ons n ware inspirasie as leier. Jy was nie n boss nie want n boss sê gewoonlike go! maar as ware leier het jy gesê let s go!. Wat jou daardie een sprongetjie bo ander leiers gee is die feit dat jy, as ek dit so mag sê, streetwise was en is. Jy gaan eintlik nie aftree nie, maar so ietwat skuins uittree want vanaf volgende jaar gaan jy nog bedrywig wees, want ons weet jy glo aan : If I rest, I rust. Jy gaan vorentoe nie meer op die verhoog sit nie, maar so saggies afskuif na die voorste gestoeltes. Baie dankie wat jy vir ons en die Puk-kampus beteken het. Baie dankie vir jou lojaliteit (soms blindelings) wat jy teenoor ons geopenbaar het. Baie dankie vir jou leiding. Mag jy in die jare wat voorlê baie goeie gesondheid ervaar en mag jy meer en meer intens die liefde teenoor jou gesinslede en kleinkinders beleef. Ons salueer jou!

Beste Prof. Daan van Wyk Mens kry leiers wat met teatraliteit, soms met tikkies van bombasme, soms gekruide tale en kunsmatige opgewondenheid tog werk gedoen kry. Dan kry jy leiers wat met rustigheid, nederigheid, beslistheid, skerpsinnigheid en intellek ook die werk gedoen kry en prof Daan van Wyk val in laasgenoemde kategorie. Dis natuurlik net mense wat spesialiseer in Numeriese Analise en Wiskundige Optimalisering wat ses onderskeidings in matriek kan kry toe n onderskeiding nog 80% was. Soos mens van enige hoofseun kan verwag het sy leierstalente ook op Universiteit gestalte gekry: Hoof van Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Dekaan Fakulteit Natuurwetenskappe Viserektor Akademie: Potchefstroomkampus Viserektor: Kwaliteit en Beplanning, Potchefstroomkampus van NWU. Prof van Wyk is natuurlik ook die uitsonderinge om te bewys dat brains and brawn saamgaan soos die feit dat hy vir die eerstespan rugby gespeel het, vir twee jaar die Ibbie rugbyspan afgerig het en Voorsitter/President van die Puk-rugbyklub vir elf jaar was. Ook 10jaar voorsitter van die Pukrugbyondersteunersklub. En natuurlik ook 4 jaar Adjunk-President van die Wes-Transvaalse Rugbyunie. Hierdie is maar net so bietjie agtergrond om die vele fasette van prof Daan te belig. Wat hom natuurlik gebalanseerd en sy voete op die grond gehou het, was sy huisvaderskap van twee manskoshuise. Om huisvader te wees ervaar mens soms sterk gevoelens van of fees of vrees! Afhangende van watter tyd van die jaar. Wat sê mens nou van n man wat diep spore in die geskiedenis van die PUK getrap het? n Volle 47 jaar diep! Daar is blywende indrukke op die gemoed van baie van sy studente en personeel. n Man wie se uitgangspunt eerder was: moenie foute soek nie, soek oplossings getuig dik ook nie van sy vakgebied nie?

Kommentaar van sy kollegas is die volgende- en wat wil n man meer as dit hoor? Wat my verstom het van Daan is dat hy tydens vergaderings na al die insette geluister het en dan rustig alles opsom en dit bondig saamvat en dit getuig van kennis en ervaring; Sy ewewigtige insette by vergaderings. Sy rustige en kalm geaardheid. Sy skerp en fyn sin vir humor. In kort: a man for all seasons. Prof Daan, ons wens jou n baie rustige BK-lose, UKB-lose, Senaatlose, vergaderinglose tyd toe. En, as dit mag iets werd wees onthou die lewe begin op 70, afhangende van jou bankbalans. Ons sal jou baie mis. Ons weet jy sal jou Alma Mater nie vergeet nie want eenmaal n PUK, altyd n PUK. Groete!