IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

Similar documents
IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

MALHERBE RP et HATTINGH R

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

Mosselbaai Munisipaliteit

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Direkte en indirekte rede *

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

SELL Emigration 4 Day Massive Disposal Auction Earthmoving & Agricultural Equipment, Loose Assets & more.

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

[1] Die applikante vra dat die huurkontrak ingevolge waarvan

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Transcription:

Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) In die saak tussen: Saak No: 2048 /2010 Saak Aangehoor: 28/05/2010 Datum gelewer: 11/06/2010 Ronel Lange Applikant en Northern Storm Trading 10 BK Respondent Coram: Olivier R UITSPRAAK Olivier R: [1]. Die applikant, me Ronel Lange, het op 27 November 2009 op ʼn dringende basis ʼn bevel nisi verkry dat die respondent, Northern Storm Trading 10 Bk, redes moet aanvoer waarom nie finaal gelas sal word nie dat die balju op bepaalde roerende bates beslag sal lê en dit aan die applikant sal oorhandig hangende die afhandeling van ʼn aksie deur die applikant

2 ingestel te word teen die respondent, en dat die applikant hangende die finalisering van sodanige aksie dan nie met die goed mag handel of dit vervreem nie. Daar is verder gelas dat die gemelde regshulp tussentyds sou geld hangende die keerdag, en dat die betrokke bevel op die respondent beteken kon word per faksimilee. [2]. Die balju het op sekere goedere beslag gelê en dit aan die applikant oorhandig en die applikant verlang nou bekragtiging van die bevel nisi. [3]. Die respondent opponeer die aansoek en ʼn antwoordende beëdigde verklaring van ʼn persoon genaamd Angela Berenice Isaks, wat haarself beskryf as ʼn meerderjarige vrou, is geliasseer. [4]. Die applikant voer in limine aan dat me Isaks se verklaring nie behoorlik beëdig is nie, en so ook nie die bevestigende verklaring van me Erika van der Bank nie, en dat die aansoek daarom op hierdie stadium beskou moet word as ongeopponeerd. Dit blyk dat in die geval van beide die betrokke verklarings die kommissaris van ede in die sertifikaat ingevolge regulasie 4(1) van die toepaslike regulasies 1, en in die verwysings na die gemelde deponente, woorde soos hy en sy (byvoorbeeld sy gewete ) gebruik het in plaas van, onderskeidelik, sy en haar. [5]. Op sterkte hiervan voer die applikant dan aan, en is ook namens haar gesubmitteer, dat geen behoorlik beëdigde verklarings geliasseer is nie, aangesien beide deponente tog beweerdelik vrouens is. [6]. Daar is na my oordeel geen meriete hoegenaamd in hierdie argument nie en is dit werklik jammer dat die Hof se tyd in beslag geneem word met argumente soos hierdie. [7]. Dit blyk baie duidelik dat die applikant die betrokke deponente ken en deeglik bewus is daarvan dat beide die deponente vrouens is. Daar word 1 Gepubliseer in GK R 1258 (SK 3619) van 21 Julie 1972, in terme van artikel 10 van die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede, 16 van 1963.

3 ondermeer verwys na ʼn gesprek wat die applikant se eggenoot (wat ook haar prokureur is) met me Isaks gehad het en die goedere is nog op 27 November 2009 op beslag gelê in die besit van me Van der Bank. Die applikant steun dan inderdaad ook op ʼn sessie-ooreenkoms waartoe sy ʼn party was, en waarin die einste me Isaks en me Van der Bank die respondent verteenwoordig het. [8]. Daar is gelukkig darem nie sover gegaan as om te suggereer dat twee ander persone, en inderdaad manspersone, wat toevallig dieselfde name as die twee dames het (of so voorgegee het), toe die moeite gedoen het om verklarings af te lê waarin uitvoerig gehandel word met die applikant se beweringe nie. [9]. Na my oordeel was daar in hierdie geval, ongeag of die betrokke voorskrif as gebiedend of aanwysend beskou sou word, substantiewe nakoming daarvan en voldoen die sertifikate, met in-agneming van alle feite hier beskikbaar, aan die wetgewer se doel 2. [10]. Die volgende is gemenesaak of nie werklik ernstig in geskil nie: [10.1] Die respondent het ʼn besigheid gekoop (as ʼn lopende onderneming) by Quick Leap Investments 339 (Pty) Ltd ( Quick Leap ). Die roerende bates wat by die koop ingesluit was, het dié ingesluit waarop nou reeds beslag gelê is op sterkte van die bevele van 27 November 2009. [10.2] In terme van klousule 21 van die koopkontrak is eiendomsreg op die voormelde bates voorbehou en sou dit in Quick Leap bly setel totdat die volle koopsom betaal was. 2 S v Munn 1973 (3) SA 734 (NC) 737H-738A; Nkondo v Minister of Police and Another 1980 (2) SA 362 (O) 365; Nkisimane and Others v Santam Insurance Co Ltd 1978 (2) SA 430 (A) 433H- 434E; Unlawful Occupiers, School Site v City of Johannesburg 2005 (4) SA 199 (SCA) [22]

4 [10.3] Later is daar ʼn ooreenkoms aangegaan tussen Quick Leap, die applikant en die respondent, ingevolge waarvan Quick Leap al sy reg titel en belang, insluitende eiendomsreg in die roerende bates aan die applikant sedeer het. [10.4] Daar het toe ʼn dispuut ontstaan oor die vraag of sekere bates 3 veronderstel was om deel van die koopsaak te wees aldan nie. Die respondent, wat nog besig was om die balans van die koopsom af te betaal, het betaling gestaak en kennis gegee dat die koopkontrak gekanselleer is. [10.5] Skikkingsonderhandelinge het gevolg, maar dit was onsuksesvol. [10.6] Op 20 November 2009 het die applikant se prokureur betaling geëis van die volle uitstaande balans in terme van die koopkontrak 4, en in ruil daarvoor eiendomsreg van die betwiste goedere sonder benadeling van regte aangebied. [10.7] Die respondent het op sy beurt by herhaling lewering van die ander bates 5 aangebied, maar dan teen restitusie van die volle bedrag wat reeds as deel van die koopsom betaal is. [11]. In betoog namens die applikant is van die standpunt uitgegaan dat die regshulp wat nou versoek word steeds neerkom op ʼn tydelike (interim) interdik. Ek is nie so seker dat dit korrek is nie. Die feit dat die regshulp versoek word hangende die beregting van ʼn aksie is nie deurslaggewend nie. Dit is nie die vorm van die bevel nie, maar die effek daarvan, wat bepalend is by die vraag of dit finale effek het. Die bevel wat nou verlang word sou finaal wees wat hierdie aansoek betref, sou die partye se 3 wat nie deel van die bates vermeld in die bevele van 27 November 2009 was nie en waarop dus nie beslag gelê is nie. 4 Klousule 12 van die koopkontrak maak voorsiening daarvoor dat, by wanbetaling, die volle uitstaande balans betaalbaar sal wees. 5 dit wil sê daardie bates wat ingevolge die bepalings van die koopkontrak wel in die besit van die respondent geplaas is en ten aansien waarvan daar geen dispuut bestaan het nie.

5 regsposisies finaal definieer vir die periode totdat die aksie bereg is en sou nie later deur hierdie Hof gewysig kon word nie 6. [12]. Hoe dit ookal sy, die eerste vraag wat oorweeg moet word, is of die applikant ʼn saak uitgemaak het vir ʼn reg (hetsy ʼn duidelike reg of ʼn prima facie reg) op lewering van die bates. [13]. Die applikant steun in hierdie verband hoofsaaklik op die feit dat eiendomsreg op die bates in die koopkontrak voorbehou is en dat die applikant op grond van die sessie die houer van Quick Leap se reg, titel en belang in die koopkontrak is. [14]. Die vraag of die eiendomsreg op die goedere deur middel van so ʼn sessie op die applikant sou kon oorgaan 7 is nooit namens enige van die applikant of die respondent aangeraak in betoog nie. Ek meen egter dat die feit dat die respondent meegewerk het tot ʼn sessie van eiendomsreg na die applikant nadat die koopkontrak reeds gesluit was, niks anders kan beteken nie as dat die respondent in effek deur die sessie-ooreenkoms toegestem het om die betrokke goedere verder te hou namens die applikant as die nuwe eienaar. Dit sou neergekom het op ʼn vorm van konstruktiewe lewering van die goedere, wat sou beteken dat eiendomsreg wel sou oorgegaan het na die applikant 8. [15]. Dit sou beteken dat die applikant die eiendomsreg oor die betrokke goedere verkry het, maar dat die respondent ingevolge die koopkontrak geregtig was op die besit daarvan hangende die finale vereffening van die koopsom. [16]. Dit gaan nie hier soseer oor in wie die eiendomsreg van die goedere nou setel nie. Dit gaan eerder oor wie op hierdie stadium die reg het op die 6 Cronshaw and Another v Fidelity Guards Holdings (Pty) Ltd 1996 (3) SA 686 (A) 690; Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) 532I-533B; Jacobs and Others v Baumann NO and Others 2009 (5) SA 432 (SCA) [9]; Van Oudenhove v Gruber 1981 (4) SA 857 (A) 865I-866H. 7 Silverberg & Schoeman s The Law of Property, Badenhorst et al, 5de uitgawe, bl 200; Sakereg, Van der Merwe, 2de uitgawe, bl 330-333. 8 ABSA Bank Ltd v Myburgh 2001 (2) SA 462 (WLD) 466A-B.

6 besit van die goedere, en meer spesifiek dan hangende die beregting van die aksie. [17]. Aan die een kant is daar die applikant, wie se saak dit is dat die respondent nie geregtig was om betaling te weerhou nie, dat die respondent hom dus skuldig gemaak het aan wanbetaling en dat die applikant gevolglik geregtig is op betaling van die volle uitstaande balans. In die kennisgewing van mosie 9 is dit dan ook in die vooruitsig gestel dat dit is wat die applikant in die aksie gaan vorder. [18]. Die applikant sou nie dan, bloot op sterkte van die koopkontrak en die sessie-ooreenkoms, op hierdie stadium geregtig kon wees op lewering en besit van die goedere nie. Die applikant sou mos nie spesifieke nakoming en restitusie tegelyk kon eis nie. [19]. Die respondent, daarenteen, se saak is dat die kontrak geldiglik gekanselleer is en dat besit van die goedere op hierdie stadium bloot getender moet word teen restitusie van die gedeelte van die koopsom wat reeds betaal is (en enige skade wat gely is as gevolg van die applikant se beweerde kontrakbreuk). Die besit van die goedere het in terme van die koopkontrak geldiglik oorgegaan na die respondent. [20]. Mnr Snellenburg, die advokaat vir die applikant, het gesteun op gesag tot die effek dat ʼn applikant in ʼn aansoek om ʼn tydelike interdik hangende vindikatoriese of kwasi-vindikatoriese gedinge nie nodig het om alles te bewys wat normaalweg by ʼn aansoek om ʼn tydelike interdik bewys sou moes word nie 10. [21]. Afgesien van die vraag op die applikant inderdaad nou steeds bloot ʼn tydelik interdik vorder, is die aksie wat in die vooruitsig gestel word ook nie van vindikatoriese of kwasi-vindikatoriese aard nie. 9 en gevolglik ook in die bevel nisi van 27 November 2009. 10 Stern & Ruskin NO v Appleson 1951 (3) SA 800 (W) 810-811; UDC Bank Ltd v Seacat Leasing and Finance Co (Pty) Ltd 1979 (4) SA 682 (T) 688G; Huthwaite v Wainer Ltd 1916 WLD 117; Hawkins Trustee v Corio Saw and Planning Mills 1923 WLD 125.

7 [22]. Daar sal dus hierin van die standpunt uitgegaan word dat die applikant al die normale vereistes van ʼn interdik, en inderdaad van ʼn finale interdik, moet bewys op hierdie stadium. [23]. Die vraag is dan of die applikant op ʼn ander basis as kontraktueel geregtig sou wees om in besit te wees van die goedere hangende die beregting van die aksie. [24]. Die applikant verklaar dat die goedere haar enigste sekuriteit is vir betaling van die uitstaande balans. [25]. Dié stelling kan strenggesproke nie korrek wees nie, aangesien me Isaks en me Van der Bank hulself as borge verbind het. Die submissie deur die applikant dat sodanige borgskappe nie... daadwerklike sekuriteit inhou nie, sonder enige verdere toeligting daarvan, is betekenisloos. [26]. Die feit is egter dat die applikant, sou sy om die een of ander rede nie in die aksie daarin slaag om spesifieke nakoming te kry nie en die koopkontrak as gekanselleer beskou sou word, geregtig sou wees op restitusie van die goed. Minstens op hierdie basis sou daar dus ʼn reg op lewering van die goed wees en sou die applikant ʼn belang hê in die tussentydse bewaring van die goed. [27]. Dit is gemenesaak dat die respondent op 30 November 2009 sou opgehou het om die besigheid te bedryf en dat die betrokke perseel deur ʼn ander instansie benut sou word. [28]. Die stelling in fundering dat die respondent moet in daadwerklike finansiële moeilikheid verkeer as Respondent besigheid gaan staak alvorens Respondent se Huurkontrak wat aangegaan is vir minstens 5... jaar nog ver van verstryking is, is niks meer as spekulasie nie en is uitdruklik deur die respondent ontken. Die respondent se verduideliking hiervoor is baie

8 eenvoudig, naamlik dat dit die respondent se saak is dat die koopkontrak, ingevolge waarvan die besigheid immers bedryf sou gewees het, reeds op 21 Oktober 2009 gekanselleer is, en dat enige skade wat ingevolge die huurkontrak gely mag word, van die applikant verhaal sal word. [29]. Dit was egter verder in fundering, en dus toe die bevele op 27 November 2009 toegestaan is, die applikant se saak dat die bates daarna beskadig mag word, gestoor mag word op plekke waar dit moeilik opspoorbaar is, verkoop, vervreem of gesteel kan word en selfs deur die respondent op ʼn ander perseel aangewend kan word. Dit alles sou ook maar na bespiegeling gelyk het, en moontlik onvoldoende gronde vir ʼn interdik gewees het, as dit nie was vir die applikant se getuienis dat sy onverwags en vanuit ʼn ander oord moes hoor dat die respondent besigheid gaan staak nie. Die weerhouding van sulke wesenlike inligting deur die respondent sou wel redelikerwys by die applikant dié vrese kon laat ontstaan het oor die goedere. [30]. Mnr Janse van Rensburg, die advokaat vir die respondent, het daarop gewys dat die respondent herhaaldelik restitusie van die goedere aangebied het en het geargumenteer dat dit dus onnodig was vir die applikant om hierdie aansoek te gebring het. [31]. Die probleem is egter dat die restitusie telkens aangebied is as deel van ʼn skikking van die geskil rondom die koopkontrak, en nie op die basis dat die applikant dan die goedere kon hou terwyl die dispuut rondom die koopkontrak steeds bestaan nie. Die aanbod was ook telkens voorwaardelik en onderworpe aan, ondermeer, restitusie van wat reeds betaal was. [32]. Mnr Janse van Rensburg se argument dat die aanbod minstens dit vir die applikant moes duidelik gemaak het dat die respondent nie die goed sou vervreem of tot niet laat gaan nie, moet opgeweeg word teen die

9 persepsie wat die respondent volgens die applikant geskep het dat sy die voorneme om besigheid te staak, van die applikant weerhou het. [33]. Dit is op hierdie feite wat die bevele van 27 November 2009 toegestaan is. Of dit die graad van dringendheid waarmee die aansoek toe gebring is, en die feit dat geen kennis vooraf aan die respondent gegee is nie, geregverdig het, is nie op hierdie stadium juis meer relevant vir sover dit die meriete aangaan nie. Ek keer egter later weer na hierdie aspekte terug by die oorweging van koste. [34]. Dit is so dat dit op hierdie stadium, in die lig van die inhoud van die antwoordende stukke, in geskil is of die applikant wel by ʼn ander bron moes hoor dat die respondent besigheid gaan staak. Dit is die respondent se saak dat dit reeds op 11 November 2009 aan die applikant se eggenoot en prokureur oorgedra is. [35]. Die probleem is egter dat dit nou blyk dat die respondent se prokureur op 26 November 2009 in ʼn skrywe berig het dat die respondent met effek van 4 Desember 2009 alle versekering op die inhoud van die betrokke perseel sou staak, wat natuurlik nie net die risiko ten aansien van die goed sou verhoog nie, maar ook moeilik versoenbaar sou wees met ʼn opregte bedoeling om later die goed terug te lewer as deel van restitusie. [36]. Afgesien hiervan blyk dit ook nou uit die repliserende stukke dat die respondent, toe die besigheid gestaak is, die goed net so gelos het in die gebou van die verhuurder, en waar ʼn ander instansie sou begin besigheid bedryf. Dit feit dat die balju toe reeds op die goed mag beslag gelê het uit hoofde van die bevele van 27 November 2009 (maar dit nog nie verwyder het en aan die applikant oorhandig het nie), doen nie afbreuk daaraan dat die goedere op dié wyse objektief beslis aan risiko s soos diefstal en beskadiging blootgestel sou gewees het nie.

10 [37]. Teen hierdie agtergrond meen ek dat die applikant ʼn saak daarvoor uitgemaak het (selfs op die totaliteit van die getuienis op hierdie stadium) dat sy ʼn gegronde vrees het dat die goedere, wat tans nog haar eiendom is, verlore mag raak of beskadig mag word. Die goedere sluit sensitiewe elektroniese toerusting in. [38]. Daar was geen ander remedie om dié risiko aan te spreek as ʼn interdik nie. Die borgskappe sou n alternatiewe wyse wees om betaling van die balans van die koopsom te bekom, maar nie om die goedere te beskerm nie. [39]. Vir soverre dit steeds nou sou gaan om tydelike regshulp, meen ek dat die bewaring van die goed, onderworpe daaraan dat die applikant nie daarmee mag handel nie en dit moet bewaar hangende die beregting van haar aksie, geen nadeel vir die respondent kan inhou nie. Dit moes mnr Janse van Rensburg dan ook toegee. [40]. Op dieselfde basis is dit duidelik dat die oorwig van gerief die applikant sou begunstig. [41]. Na my oordeel is die applikant dus geregtig op finale bevele, hangende die beregting van die aksie deur die applikant ingestel te word, ten aansien van die besit en bewaring van die betrokke goed. [42]. Normaalweg sou koste so ʼn uitslag vol, maar ek meen dat hierdie ʼn uitsondering op dié reël behoort te wees. [43]. Daar is geen aanduiding dat die applikant ooit gepoog het om met die respondent ʼn reëling te probeer tref rakende die besit en bewaring van die goedere hangende die beslegting van hulle dispuut nie. Daar is wel in repliek verwys na skikkingsonder-handelinge wat misluk het, maar dit blyk

11 glad nie asof dit gegaan het oor die bewaring van die goed hangende die beregting van ʼn aksie nie. Geoordeel aan die trant van vroeëre korrespondensie sou dit moontlik eerder gegaan het oor ʼn skikking van die geskil rondom die koopkontrak. [44]. Wat kennisgewing van die aansoek op 27 November 2009 betref, is daar na my oordeel geen saak hoegenaamd uitgemaak daarvoor dat die applikant van betekening 11 op die respondent verskoon moes word nie. Daar is nie eers ʼn enkele bewering ten aansien hiervan gemaak nie. [45]. Inteendeel, in paragraaf 17 van die funderende eedsverklaring is in die vooruitsig gestel dat kondonasie versoek sou word vir die betekening van faksimilee afskrifte van die stukke voordat die aansoek gerig word. So ʼn bevel was ook in paragraaf 7 van die kennisgewing van mosie verwoord, maar is nooit uiteindelik ʼn bevel gemaak nie. Daar is slegs gelas dat die ander bevele van 27 November 2009 per faksimilee beteken kon word. [46]. Die feit is egter dat die aansoek uiteindelik ex parte geloods is, maar na my oordeel kon die bewoording van paragraaf 17 van die funderende eedsverklaring die indruk geskep het by my ampsbroer wat die bevele op 27 November 2009 verleen het, dat die respondent wel per faksimilee kennis gehad het van die aansoek voordat dit gebring is. Ek laat my egter nie verder hieroor uit nie. [47]. Veel gewag is namens die respondent gemaak daarvan dat die applikant, terwyl die aansoek ex parte gebring is, nie sy plig van uiterste trou nagekom het nie, deurdat die applikant nie openbaar het dat die respondent by herhaling teruggawe van die goedere getender het nie. Die suggestie van die kant van die respondent was dat sodanige tender daarop sou gedui het dat die bring van die aansoek totaal onnodig was. Ek meen egter dat daar nie veel in hierdie argument steek nie, aangesien die tender van teruggawe telkens onderworpe gestel was daaraan dat die 11 in die een of ander vorm, al was dit ook kort

12 reeds betaalde gedeelte van die koopsom terugbetaal word. Ek glo nie dié inligting sou op 27 November 2009 gemiliteer het teen die regshulp wat versoek is nie. [48]. Die applikant het ook nie na my oordeel op daardie stadium ʼn saak daarvoor uitgemaak dat dit geregtig was om die aansoek met so ʼn graad van dringendheid te loods nie. [49]. Die aansoek is eers op 27 November 2009 uitgereik, om nog dieselfde middag om 14:00 aangehoor te word. Die applikant het twee redes hiervoor aangevoer. [49.1] Ten eerste het die applikant aangevoer dat sy beskik oor inligting dat die besigheid se deure op 30 November 2009 sou sluit. Dit was natuurlik blatante hoorsê-getuienis. Geen saak is daarvoor uitgemaak dat ʼn verklaring nie by die bron/ne verkry kon word nie, en geen verklaring is gemaak dat die applikant rede gehad het om te glo dat die inligting korrek was nie 12. Dit is ook nie in die funderende eedsverklaring openbaar wanneer die inligting tot die applikant se kennis sou gekom het nie. Dit was eers nadat die respondent beweer het dat die applikant die betrokke kennis reeds vanaf 11 November 2009 gehad het, dat die applikant in repliek beweer het dat sy baie laat gedurende November 2009 bevestiging gekry het dat Respondent die besigheid gaan staak ; wat dit ookal mag beteken. [49.2] Dan is daar verder beweer dat die applikant eers die aand van 26 November 2009 besef het dat die aansoek, weens die 12 Southern Pride Foods (Pty) Ltd v Mohidien 1982 (3) SA 1068 (C)

13 inhoud van klousule 23 van die koopkontrak, nie in die Landdroshof vir die distrik Gordonia gebring kon word nie, maar in hierdie Hof gebring sou moes word. Dit is onnodig om op hierdie stadium te handel met die vraag of die Landdroshof, nieteenstaande enige toestemming wat in die koopkontrak mag voorkom, in elk geval bevoeg sou gewees het om hierdie tipe bevele te verleen. Wat egter duidelik is, is dat die aansoek op die beste vir die applikant ook maar iewers op 27 November 2009 dan in die Landdroshof gebring sou gewees het, wat dieselfde implikasies sou gehad het wat dringendheid betref. [50]. Die applikant het verder die respondent genoodsaak om die aansoek te opponeer, deur nie alleen van meet af aan ʼn kostebevel teen die respondent te versoek nie, maar sommer ook nog ʼn bestraffende kostebevel. [51]. Ek twyfel of die blote feit dat die respondent nie die applikant mag ingelig het van die voorneme om besigheid te staak nie, selfs op 27 November 2009 genoegsaam sou gewees het vir enige kostebevel teen die respondent; laat staan nog ʼn bestraffende kostebevel. [52]. Mnr Snellenburg het dan ook uiteindelik die bestraffende komponent abandoneer, maar volhard met ʼn versoek dat die respondent al die koste sal betaal, en aan die hand gedoen dat die feit dat die respondent nie die applikant ingelig het dat besigheid gestaak sou word nie, so ʼn bevel sou regverdig. [53]. Of die respondent die applikant aldus ingelig het, is egter in geskil en kan nie op die stukke besleg word nie. Inteendeel, vir soverre dit op hierdie

14 stadium oor finale regshulp sou gaan, sou die respondent se weergawe hieroor aanvaar moes word 13. [54]. Verder moet die feit dat die respondent die goed op die perseel gelaat het toe besigheid gestaak is, gesien word teen die agtergrond daarvan dat die balju toe reeds op die goed beslag gelê het met die oog daarop om dit dan, ingevolge die bevele van 27 November 2009, aan die applikant te oorhandig. Alhoewel dit moontlik nie die veiligste wyse van optrede was nie, dui dit sekerlik ook nie op roekeloosheid of moedswilligheid aan die kant van die respondent nie. [55]. Aan die ander kant meen ek dat die respondent, in die opponering van die aansoek, heelwat verder gegaan het as om net teen die kostebevel te veg, wat onnodig was. Mnr Janse van Rensburg het dan ook, soos reeds gemeld, in betoog toegegee dat die tussentydse bewaring van die goed deur die applikant nie die respondent kan benadeel nie. [56]. Ek meen dat die redelike benadering van die kant van die respondent, veral inaggenome die voormelde toegewing, sou gewees het om toe te stem daartoe dat die applikant dan die goed bewaar, tussentyds en onderworpe aan ʼn verbod teen enige handel daarmee, maar dat die applikant haar eie koste dra. Dan sou die respondent waarskynlik geen koste opgeloop het nie. Bewaring deur die balju (wat in betoog namens die respondent voorgestel is) sou onnodige onkoste meebring in die omstandighede van hierdie geval. [57]. Na my oordeel sou ʼn billike kostebevel een wees dat die applikant die helfte van die respondent se koste betaal. [58]. Mnr Janse van Rensburg het daarop gewys dat die aanhoor van die aansoek aanvanklik op 26 Maart 2009 sou plaasgevind het en dat die respondent se plaaslike prokureur eers op 17 Maart 2010 ʼn kennisgewing 13 Staatsdiensliga van Suid Afrika en Andere v Minister van Waterwese 1990 (2) SA 440 (NC) 443G.

15 ontvang het dat die aansoek eers op 28 Mei 2010 sou aangehoor word. Hy het aan die hand gedoen dat die applikant vir die verspilde koste daardeur teweeggebring aanspreeklik moet wees. [59]. Dit blyk egter dat die respondent se prokureur alreeds vroeër telefonies gewaarsku is dat die datum van 26 Maart 2010 nie vir die applikant se advokaat geleë was nie en toe reeds gewaarsku is dat die saak nie op daardie datum sou aangehoor word nie. Ek meen dus nie dat daar enige basis is waarop die applikant vir enige verspilde koste wat denkbaar toe nog steeds kon voortgespruit het uit die feit dat daar op 17 Maart 2010 ʼn kennisgewing geliasseer is dat die aansoek eers op 28 Mei 2010 aangehoor sou word, aanspreeklik gehou kan word nie. [60]. Die vreemde ding is egter dat dit lyk asof die aansoek toe bloot terrolle geplaas is vir 28 Mei 2010, en nie na daardie datum uitgestel is deur die Hof nie. Die aanvanklik keerdatum was 15 Januarie 2010. Dit is op laasgemelde datum verleng tot 26 Maart 2010, maar dit blyk glad nie dat die saak toe op 26 Maart 2010 voor die Hof gedien het en uitgestel is na 28 Mei 2010 nie. Geen so ʼn aantekening verskyn op die hoflêer nie en dit wil voorkom asof iemand bloot gegaan het en, waar daar op 15 Januarie 2010 op die lêer aangeteken was dat die saak uitgestel is na 26 Maart 2010 en dat die keerdatum na daardie datum verleng is, daardie datum gaan verander het om te lees 28 Mei 2010. [61]. Dit sou natuurlik totaal onaanvaarbaar wees dat daar op hierdie manier verander word aan ʼn hoflêer, en so die indruk geskep word dat die saak reeds op 15 Januarie 2010 uitgestel is tot 28 Mei 2010. Navrae by die Griffier kon geen lig hierop werp nie. [62]. Die verdere gevolg is natuurlik dat, as die saak nooit in ʼn Hof geroep is op 26 Maart 2010 nie, die keerdatum nooit op daardie datum verleng is nie en gevolglik verval het.

16 [63]. Dié probleem kan egter oorkom word deur die betrokke bevele (uitgesonder dié wat reeds uitgevoer is) nou maar weer te verleen, wat dieselfde effek sou hê as wanneer die bevele nisi bekragtig sou word. [64]. Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak: 1. Die applikant word gelas om die goedere waarop uit hoofde van die bevele van 27 November 2009 beslag gelê is, te bewaar hangende finale beregting van die aksie na verwys in paragraaf 3 van die bevele van 27 November 2009, en ingestel te word binne 30 dae ná datum van hierdie bevel. 2. Die applikant word verbied om, hangende finale beregting van sodanige aksie, met sodanige goedere te handel of dit te vervreem. 3. Die applikant word gelas om die helfte van die respondent se koste van die aansoek te betaal. C J OLIVIER REGTER NOORD-KAAPSE PROVINSIALE AFDELING Nms Applikant: In opdrag van: Nms Respondent: In opdrag van: Adv N Snellenburg Duncan & Rothman, Kimberley Adv F Janse van Rensburg Elliott Maris Wilmans & Hay