BENADERINGS TOT SOSIALE REKENINGKUNDE

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

'N KRITIESE BESKOUING VAN DIE UITWERKING VAN WETSVOORSKRIFTELIK HEID AS 'N OMGEWINGSFAKTOR OP FINANSiijLE VERSLAGDOENING SYBRAND BRONKHORST

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Tariewe

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

deur HENDRIK PETRUS LODEWYK MATTHEUS voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak VERGELYKENDE OPVOEDKUNDE aan die

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

PERSPEKTIEWE OOR EFFEKTIWITEIT VIR POLISIERING: POLISIE-EENHEDE IN LOUIS TRICHARDT

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Tariewe

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

Rut: n Liefdes Verhaal

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Mosselbaai Munisipaliteit

Direkte en indirekte rede *

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

AGTERGROND, PERSOONLIKHEID EN EKONOMIESE DENKE.

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Finansiële aanspreeklikheid: Rehabilitering van myne en sluitingsertifikate PN Meyer

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Transcription:

BENADERINGS TOT SOSIALE REKENINGKUNDE D.S. Lubbe Dept. Rekeningkunde en hoof van die Gencor Navorsingseenheid vir Ouditkunde Universiteit van die Oranje-Vrystaat BLOEMFONTEIN en Q. Vorster Skool vir Rekenmeestersopleiding Universiteit van Pretoria PRETORIA Abstract Especially during the Idle sixties and the seventies various authors have tried to develop techniques and models fo r social accounting. The different approaches discussed in this article are those o f Beams (1970), Linowes (1972), Seidler (1973) anda bt (1977). The advantages and disadvantages o f each o f these approaches are elucidated briefly, and examples are given o f the application o f some o f these approaches. 1. INLEIDING In die vorige artikei in hierdie reeks is kortliks ingegaan op die agtergrond van sosiale rekeningkunde, die probleme in verband met die ontwikkeling daarvan en die moontiike roi van die rekenmeestersprofessie daarin. In hierdie artikei word sekere van die benaderings tot sosiale rekeningkunde bespreek. 2. SOSIALE REKENINGKUNDE EN DIE OW ERHEID Dit val buite die bestek van hierdie artikei om sosiale rekeningkunde met betrekking tot die owerheidsektor te behandel. Verskeie skrywers wys egter daarop dat dit wenslik is dat sosiale rekeningkunde deur sowel die private as die openbare sektor toegepas moet word (vergelyk die oproep deur die president van die Bank of America in Estes, 1976:28). Mobley (1970:762) sluit albei hierdie sektore se optrede in by sy definisie die sosiale rekeningkunde (vergelyk ook Demers en Wayland, 1982:56). Diley (1975:17,18) wys daarop dat die stelsel van owerheidsverslagdoening nie ver- Koers 56(4) 1991:663-679 663

Benaderíngs tot sosiale rekeningkunde soenbaar is met sosiaal-verantwoordelike optrede van ondernemings nie. Om sy argum ent te staaf, gebruik hy die voorbeeid van n vervaardiger wat n fabriek oprig. Tydens die vervaardigingsproses word skadelike gasse vrygestel wat die verf aan die huise wat die fabriek omring sodanig beskadig dat die huise jaarliks geverf moet word. Volgens hom (p.l8) sal bogenoemde voorbeeld deur die bruto nasionale produk as groei of vooruitgang (die wins van die kontrakteur in verband met die oprigting van die gebou en dié van die verfhandelaars) gereflekteer word, terwyl die negatiewe gevolge geheel en a! gei'gnoreer word (vergelyk ook Langevin, 1982:13). 3. BEAMS SE BENADERING Beams (1970:657-661) was waarskynlik een van die eerste persone wat n vorm van sosiale rekeningkunde voorgestaan het. Sy voorstelie dek net een aspek van sosiale verantwoordeiikheid, naamlik besoedeling. Die invloed van besoedeiing op fabrieksgeboue en die omgewing is veral in sommige nywerheidsgebiede in die Verenigde State van Amerika n weseniike probleem. Die openbaarmaking van hierdie probieem in die finansiële jaarstate was die vertrekpunt van Beams se voorstelie. Volgens Beams kwalifiseer die uitwerking van besoedeling wat nie in die verlede aandag geniet het nie as aansuiwering van die bedrae van die vorige jaar, ingevolge algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk. In die lig hiervan stel hy voor dat voorsiening vir nywerheidsperseelagteruitgang {allowance for industrial site deterioration) uit verdeelbare inkom ste geskep word. Die invloed van besoedeling in die huidige jaar m oet volgens hom gekrediteer word na dié voorsiening met die debiet teen die uitgawerekening (industrial site deterioration). Indien uitgawes aangegaan word om die uitwerking van die besoedeling soos hierbo uiteengesit reg te stel, kan dit gedebiteer word teen die voorsiening. Lopende uitgawes met betrekking tot besoedeling moet volgens hom na n uitgawerekening vir nywerheidsperseelinstandhouding (industrial site maintenance) gedebiteer word. Die voordeel van Beams se benadering is dat dit aangetoon het dat argum ente ten gunste van sosiale verantwoordeiikheid nie so vergesog is as wat die kritici daarvan beweer het nie. Hy het selfs gepoog om sy argumente ten gunste van sosiale rekeningkunde te versoen met algemeen-aanvaarde rekeningkundige praktyk. Die grootste nadeel is dat dit slegs n enkele aspek van sosiale verantwoordeiikheid, naamlik besoedeling, behandel. Indien die omvang en erns van besoedeling in die VSA egter in ag geneem word, tem per dit hierdie nadeel. 664 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster Beams se benadering het waarskynlik die grondslag gelê vir verdere voorstelle (vergelyk Marlin, 1973:41-46) in verband met verslagdoening oor besoedeling en veral die sosiale oudit in dié verband. Die volgende is n konsepstel finansiële jaarstate volgens Beams se voorste! (Estes, 1976:62, 63): X Y Z COM PANY Balance Sheet December 31,19 Current assets $ Fixed assets Land (Note 1) $ Less allowance for industrial site deterioration (Note 2) S Building and equipment $ Less allowance for depreciation (note 2) jbqí je si JEES Current liabilities $ Long-term liabilities Stockholders equity ja a $m XYZ COMPANY Statem ent of Incom e and R etained Earnings for the Y ear ended D ecem ber 31,19 Sales Production costs M aterials $ m L abour D epreciation Industrial site deterioration (Note 2) Industrial site maintenance (Note 3) O ther production costs ja x $ Non-production costs jjxx Net income from operations Provision for income taxes Net income to retained earnings Retained earnings, January 1,19 S Less: Dividends S Delayed industrial site maintenance (note 4) Retained earnings, December 31,19 $ $ S ssn S Koers 56(4) 1991:663-679 665

Benaderings tol sosiale rekeningkunde Note 1: In addition to the exchange price, land is charged with outlays incurred to restore acquired sites to an acceptable level. Note 2: Deterioration of the industrial site that has taken place during the current accounting period is recorded as a charge to industrial site deterioration expense and credited to the allowance for industrial site deterioration. Outlays to re-establish a deteriorated plant site are charged to the allowance for industrial deterioration. Note 3: Industrial site m aintenance is charged for current outlays that are m ade to m aintain the industrial site by controlling pollution and disposing of industrial waste. Note 4: Retained earnings has been charged for deterioration of the industrial site that occurred in prior years but was not previously recorded; the credit was to allowance for industrial site deterioration. 4. SETHI SE BENADERING Verskeie skiywers het voorgestel dat n "standard of public s expectation on a given issue, based on the perform ance of the best-perceived firm", ontwikkel moet word (Filios, 1984:117). Prakash Sethi (1972-73:34) het die grootste bydrae geiewer tot die ontwikkeling van hierdie benadering en was ook die persoon wat die benadering eerste as die "perceived reality approach" omskryf het. Ingevolge hierdie benadering word dit wat n ondernem ing werklik bereik het, nie gemeet aan sy eie voorafopgestelde doelsteliings nie, m aar wel teen dié van die bestperceived firm (Filios, 1984:117). Hiervoigens moet n onderneming die volgende vier eksterne faktore (Filios 1984:117) in gedagte hou m et betrekking tot sy sosiale verantwoordelikheid: (i) (ii) (iii) (iv) existing legal constraints, anticipated legal constraints, pressure from the general public and special interest groups, and performance of other companies with which a firm is likely to be compared. Die feit dat die benadering gegrond is op die optrede en prestasies van n m odel - onderneming, hou in dat die benadering grootliks ingestel is op die mediumtermyn en langtermyn sosiale verantwoordelikheid van n onderneming. 666 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster Die benadering het die volgende voordele: * Dit is n meer objektiewe metode van sosiale rekeningkunde as baie van die ander metodes in die lig daarvan dat die ondernem ing se sosiale verantwoordelikheid aan n objektiewe standaard (dié van n moder-onderneming) gemeet word. * Die metode skakel die argument uit waarna deur teenstanders van die konsep van sosiale verantwoordelikheid verwys word, naamlik dat sosiale verantwoordelikheid bloot n ander vorm van advertensie is of dat daar bybedoelings met die toepassing daarvan kan wees. Die feit dat die onderneming in sy geheel vergelyk word met n m odel -onderneming, bring mee dat dit nie slegs kan skuil agter sekere fasette waar daar wel sosiaal-verantwoordelik opgetree is terwyl ander fasette verswyg word nie. * Die belange van die gemeenskap is n aspek wat die filosofie van sosiale verantwoordelikheid ten grondslag lê. Drukgroepe uit die gemeenskap het n groot rol gespeel om ondernemings te oorreed om die beginsel van sosiale verantwoordelikheid te aanvaar. Die feit dat die m etode onder bespreking die wil van die gemeenskap vooropstel, bring mee dat dit groot byval vind. Die benadering het die volgende nadele: Die ontwikkeling van n metode van sosiale rekeningkunde en die toepassing van die sosiale rekeningkunde is nog in n ontwikkelingsfase. Die feit dat Sethi se benadering grootliks op die medium en lang termyn ingestel is, beperk die huidige toepassing-smoontlikhede daarvan. * Die benadering lê nie spesifieke riglyne neer vir die kwantifisering en openbaarmaking van die sosiale verantwoordelikheid van n onderneming nie. * Die benadering berus daarop, dat met inagneming van die wil van die gemeenskap, n stel model -maatstawwe ontwikkel word waarteen n onderneming gemeet kan word. Die ontwikkeling van n objektiewe stel model -riglyne gaan nog baie navorsing verg. Die benadering meet n onderneming se sosiale verantwoordelikheid teen dié van n m odel -onderneming. Dié aspek mag moontlik teenproduktief wees en eie inisiatief demp in die lig daarvan dat n ondernem ing in so n geval nie sy eie doelstellings ontwikkel waarna gestreef kan word nie. * Die benadering lê riglyne neer om te probeer verseker dat n ondernem ing se Koers 56(4) 1991:663-679 667

Benaderings tot sosiale rekeningkunde sosiale verantwoordelikheid met dié van n realistiese model -onderneming vergelyk word. Aspekte soos die unieke aard van ondernemings en buitengewone omstandighede laat egter twyfel ontstaan of realistiese riglyne vir alle ondernemings ontwikkel sal kan word. 5. CORCORAN EN LEININGER SE BENADERING Corcoran en Leininger (1970:34-47) se voorstelle vir n environment exchange report was een van die eerste pogings om n onderneming te help om oor sy sosiaie verantwoordelikheid versiag te doen. Dié benadering het as grondslag die wisselwerking tussen n onderneming en die gemeenskap. Die versiag word in twee hoofkomponente verdeel, naam lik insette en uitsette. E lkeen van hierdie kom ponente word weer onderverdeel in menslike hulpbronne en fisiese hulpbronne. Hierdie benadering het die volgende voordele: * Die opstelling van die versiag is relatief maklik en verg nie addisionele opieiding nie. * Vir die opstel van die versiag kan die meeste inligting wat nodig is uit n onderneming se normale rekordhouding bekom word. * Dit is n relatief goedkoop versiag om op te stel. * Die versiag is maklik om te verstaan en te interpreteer. Indien in gedagte gehou word dat sommige van die gebruikers van die versiag (byvoorbeeld ongeskoolde w erknem ers) nie oor uitgebreide finansiële kundigheid beskik nie, neem die toepassingsmoontlikhede van die versiag verder toe. * Die inligting soos vervat in die versiag is relatief maklik bevestigbaar, n faktor wat die uitvoering van n sosiale oudit aansienlik sal vergemaklik. * In vergelyking m et sommige van die ander benaderings (vergelyk byvoorbeeld Beams se benadering) verskaf Corcoran en Leininger se benadering n veel wyer beeld van n onderneming se sosiale verantwoordelikheid. * Die benadering lê nie vaste riglyne neer nie en is maklik aanpasbaar by die eiesoortige aard en omstandighede van n ondernem ing se sosialeverantwoordelikheidsprogramme. 668 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster * In die lig daarvan dat sosiale rekeningkunde nog in n ontwikkeiingsfase is, bied die benadering onder bespreking goeie moontlikhede vir n onderneming wat met sosiaie verslagdoening wii begin. Die benadering het die volgende nadele: * Dit lewer nie n wesenlike bydrae met betrekking tot die kwantifisering van die sosiale verantwoordelikheid van n onderneming nie. * Alhoewel die benadering meer inligting lewer in verband met die sosiale verantwoordelikheid van n onderneming as byvoorbeeld dié van Beams, lewer dit minder inligting as byvoorbeeld Estes se benadering. Die benadering is gegrond op die wisselwerking van insette en uitsette tussen die onderneming en die gemeenskap en bied nie n vergelyking tussen die doelstellings van n onderneming met betrekking tot sosiale verantwoordelikheid en die werklike resultate wat in dié verband behaal is nie. * Die vergelyking tussen die insette en uitsette van fisiese hulpbronne lewer n basis vir sinvolle vergelyking. Die bepaling van uitsette wat uit menslike hulpbronne voortvloei, is egter nie so maklik bepaaibaar nie en lewer nie so n goeie basis vir vergelyking nie. 6. U N O W ES SE BENADERING David Linowes (1972:58-61) se voorstelle vir socio-economic accounting was die eerste van die sogenaamde koste-voordeel-benaderings waardeur daar gepoog word om n netto-waarde te plaas op die sosiale verantwoordelikheid van n onderneming. Linowes se benadering behels dat n socio-economic operating statement jaarliks opgestel moet word saam met die finansiele jaarstate. Genoemde staat word in drie hoofdele verdeel, naamlik aspekte rakende mense (veral m et betrekking tot w erknem ers van die onderneming), * aspekte rakende die omgewing, en * aspekte rakende die produk wat vervaardig word. Koers 56(4) 1991:663-679 669

Benaderings tot sosiale rekeningkunde Elkeen van die drie hoofgroepe word verdeel in n deel vir verbeterings (improvements) en n deei vir benadelings (detriments), n Netto Verbetering/benadeling word vir ellc van die drie groepe bepaal, asook n netto verbetering/ benadeling vir die onderneming as geheel. Elke stelling in die socio-economic operating statement word gekwantifiseer deur n interdissipiinêre groep kundige persone. Volgens Linowes (Estes, 1976:80) behoort n rekenmeester aan die hoof van so n span te staan en kan die ander lede bestaan uit n kundige sakeman, n sosioloog, n hoofam ptenaar betrokke by openbare gesondheidsdienste en n ekonoom. Linowes stel verder voor dat n soortgelyke onafhanklike groep persone verantwoordelik moet wees vir die sosiale oudit van die staat. Die verbeterings -deei van Linowes se staat behels uitgawes wat vrywillig deur die ondernem ing aangegaan is ter verbetering van die lot van individue (veral werknem ers), of verbeterings- of voorkom ingsaksies met betrekking tot die omgewing (byvoorbeeld die bekamping van besoedeling) en verbeterings rakende die veiligheid van die produk van die onderneming (byvoorbeeld n vermindering van die loodinhoud van brandstoo- Enige uitgawes in verband met bogenoemde voorbeelde wat ingevolge wetgewing, regulasies of ooreenkom ste aangegaan móét word (met ander woorde nie op n vrywillige grondslag nie), word nie as verbeterings op genoem de staat gereflekteer nie. Benadelings volgens die staat verteenwoordig uitgawes wat nie deur die onderneming aangegaan is in verband met die genoemde drie aspekte nie en wat deur n belanghebbende instansie (normaalweg n owerheidsinstansie) onder die ondernem ing se aandag gebring word. Linowes (1972:59) meld verder dat bogenoemde oproep deur die belanghebbende instansie van so n aard moet wees dat n "reasonably prudent and socially aware business management would have responded favorably". Die benadering het die volgende voordele: Dit is die eerste benadering wat alle aspekte van sosiale verantwoordelikheid wat openbaar gem aak wil word, kw antifiseer. In die lig hiervan bied dit n m eer gesofistikeerde wyse van verslagdoening en openbaarm aking van sosiale verantwoordelikheid as al die voorgaande benaderings wat nie op n koste-voordeelbenadering gegrond is nie. * Die benadering stel n sinvolle raam werk daar vir die openbaarm aking van n onderneming se sosiale verantwoordelikheid maar laat steeds ruimte vir die unieke aard en om standighede van n ondernem ing se sosialeverantw oordelikheidsprogramme. 670 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster * Die staat maak n sinvolle vergelyking van die sosiale verantwoordelikheid van n onderneming tussen verskillende tydperke moontiik. * Die benadering is baie realisties met betrekking tot die samestelling van die groep wat betrokke moet wees by die kwantifisering van die sosiale verantwoordelikheid en die opstel van die staat. * Die benadering help n onderneming om die diskriminasie tussen ondernemings wat sosiaal-verantwoordelik optree en dié wat nie sosiaal-verantwoordelik optree nie, uit die weg te ruim. Linowes argum enteer dat n onderneming wat sosiaalverantw oordelik optree, se wins volgens die finansiële jaarstate laer is as n soortgelyke onderneming wat nie sosiaal-verantwoordelik optree nie. Indien n socio-economic operating statement deel vorm van die jaarstate, sal dit vir lesers makliker wees om n sinvolle vergelyking te tref tussen die finansiële en sosiale posisie van n onderneming (vergelyk ook De Haven et al., 1978:7). * Die benadering is opgestel m et die sosiale oudit voor oë. Linowes het hom deurgaans ten gunste van n sosiale oudit uitgespreek en het selfs voorstelle gemaak oor die soort kundigheid wat ingesluit moet word by die saamstel van die groep persone wat die sosiale oudit moet uitvoer. Die benadering het die volgende nadele: * Die koste verbonde aan die toepassing van die benadering is veel hoer as in die geval van die benaderings wat vroeër in hierdie artikel bespreek is omdat n groep kundige persone uit verskeie dissiplines betrek word by die kwantifisering en opstelling van die staat. * Die feit dat slegs vrywillige bydraes kwalifiseer vir Verbeterings kan meebring dat ondernemings waarvoor daar weinig regulasies of wette bestaan, in der waarheid bevoordeel word in vergelyking met ondernem ings wat aan uitgebreide streng regulasies en voorskrifte moet voldoen. * Die argument dat slegs benadelings wat deur n belanghebbende instansie onder die ondernem ing se aandag gebring word, as sodanig beskou m oet word, kan bevraagteken word. Vir baie sosiaal-verantwoordelike optrede is daar nie omvattende wetgewing of regulasies w aaraan n ondernem ing se w erklike optrede gemeet kan word nie. Baie belanghebbende instansies (normaalweg owerheidsinstansies) beskik eenvoudig nie oor voldoende mannekrag om alle ondernemings se sosiaal-verantw oordelike optrede te m oniteer nie. U it die argum ent dat Verbeterings gegrond word op vrywillige bydraes terwyl benadelings beperk word Koers 56(4) 1991:663-679 671

Benaderings tot sosiale rekeningkunde tot wetgewing en regulasies, spreek daar m oontlik n teenstrydigheid. Die benadering verseker dus nie dat benadelings objektief en onafhanklik bepaal en openbaar gemaak word nie. Dié feit werk ook beperkend in op die waarde van n sosiale oudit. Die kundige groep persone wat betrokke is by die kwantifisering van die sosiale verantwoordelikheid en die opstelling van die socio-economic operating statement behoort aktief betrokke te wees by die identifisering van benadelings en behoort hulle nie net te beperk tot dit w aaroor deur belanghebbende instansies verslag gedoen is nie. * Die benadelings volgens die voorstel van Linowes neem slegs die koste in ag wat die onderneming nie aangegaan het nie, maar neem nie moontlike koste vir regstellings wat deur die gemeenskap gedra sal moet word in ag nie. In sy staat word die volgende as n benadeling met betrekking tot die omgewing genoem: Estimated costs to have installed purification process to neutralize poisonous liquid being dumped into stream. Slegs die beraam de koste verbonde aan die installering van n suiweringsaanleg word dus in die staat in ag geneem. Die feit dat die giftige stowwe wat in die rivier gestort word, waterlewe in die rivier en die plantlewe langs die oewers bedreig en n moontlike gesondheidsgevaar vir mense inhou, word nie in die staat in ag geneem nie. Die koste om die skadelike uitwerking van die gifstowwe op die rivier reg te stel, word eweneens nie in die staat weerspieel nie. Mathews (1984:48) spreek die volgende kritiek uit teen die koste-voordeelbenadering: Cost benera analysis can produce problem atic decisions because of the com bination of present and future estimates of costs and benefits, the range of possible discount rates, and a need to force non-monetary measurements into the monetary form in order that cash flows may be discounted. There is always a possibility that cash (lows and discount rates may be arranged in order to obtain the result which is desired on political grounds. Bogenoemde kritiek is uitgespreek oor die koste-voordeelbenadering oor die algemeen en nie spesifiek teen Linowes se benadering nie. Hierdie kritiek geld dus eweneens vir die benaderings wat hierna bespreek word en wat ook op die koste-voordeelbenadering gegrond is. 672 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster 7. SEIDLER SE BENADERING Lee Seidler (1973:16-23) gebruik ook die koste-voordeelbenadering in sy voorstelle vir n sosiale inkomstestaat. Sy belangrikste bydrae is die onderskeid tussen n sosiale inkom stestaat vir ondernemings wat op winsbejag ingestel is en n sosiaie inkomstestaat vir nie-winsgewende organisasies. Mushkat (1980:23) grond sy argumente vir die noodsaaklikheid van sosiale rekeningkunde op Seidler se benadering deur dit van toepassing te maak op die New York-universiteit. Hy gebruik dié universiteit wat, soos die meeste ander in die VSA, n stryd om finansiële oorlewing voer, as voorbeeld vir sy kritiek teen finansiële rekeningkunde. Volgens die finansiële jaarstate van die universiteit ly dit vir etlike jare reeds verliese. Hierdie verliese is volgens Seidler die enigste barom eter waarvolgens die universiteit kw antitatief gem eet kan word. Die belangrikste rol wat die universiteit egter oor baie jare gespeel het en nog steeds op vele terreine van die Amerikaanse gemeenskap speel, word nie in die fínansiële jaarstate aangetoon nie. Mushkat (1980:23) het n vergelykende staat opgestel wat volgens horn n veel m eer realistiese beeld van die wins of verlies van die universiteit bied (vergelyk Lubbe, 1991:26-27). Seidler (Estes, 1976:87) stel die volgende sosiale inkomstestaat voor vir n onderneming wat ingestel is op winsbejag: Social Income Statement for a Profit-seeking Organisation Value added by production of the enterprise $ Add socially desirable outputs not sold Job training $ Health improvement of workers Employment of disadvantaged minorities O ther» 0L $ Less socially undesirable effects not paid for Air pollution $ W ater pollution Health problems caused by products O ther TSSÍ WÍ Net social profit (or loss) S In die lig daarvan dat daar n groot m ate van ooreenstem m ing is tussen Seidler se Koers 56(4) 1991:663-679 673

Benaderings tot sosiale rekeningkunde benadering en dié van Linowes, word die voor- en nadele van Seidler se benadering nie bespreek nie. Seidler begin sy sosiale inkom stestaat m et die value added by production of the enterprise wat die netto inkomste verteenwoordig en wat verkry word van die finansiële inkomstestaat. Deur hierdie benadering te volg, poog Seidier waarskynlik om sosiale en finansiele rekeningkunde sover m oontlik m et m ekaar te versoen. Die nadeel hiervan is egter dat sekere aspekte rakende die sosiale verantwoordelikheid van n ondernem ing (sowel positiewe as negatiewe aspekte) opgesluit kan wees in hierdie value added by production of the enterprise. Indien n ondernem ing byvoorbeeld n onregverdige hoe wins maak weens die feit dat dit in n sterk monopolistiese posisie is, sal dit wel daartoe lei dat die onderneming n hoe sosiale wins toon, ondanks die feit dat dit voortspruit uit sosiaal-onverantwoordelike optrede. Die benadering neem slegs desirable outputs not sold as positiewe bydraes in ag in die sosiale inkom stestaat. D ieselfde kritiek as by Linowes se verbeterings kan teen hierdie argument uitgespreek word. Seidler se benadering oor socially undesirable effects is m eer aanvaarbaar as dié van Linowes deurdat Seidler hierdie optrede nie beperk tot optrede wat deur n belanghebbende instansie uitgewys word nie. Die feit dat Seidler hom egter beperk tot sosiaalonverantwoordelike optrede not paid for, het egter ook tot gevolg dat die indirekte uitwerking van sulke optrede (byvoorbeeld lugbesoedeling wat veroorsaak is deur nie (te) betaal vir n lugfilter nie) buite rekening gelaat word. 8. ABT SE BENADERING Clark Abt en die ondernem ing Abt Associates waarvan hy die hoof is, het n groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van state wat op sosiale rekeningkunde gegrond is asook die uitvoering van sosiale oudits vir verskeie ondernemings. Abt (1977:148) se social audit approach sluit sowel die state in wat gegrond is op sy benadering tot sosiale rekeningkunde as die werklike sosiale oudit wat uitgevoer word. Die term audit wat Abt deurgaans in sy werke gebruik, is ongelukkig baie misleidend in die lig daarvan dat die term oudit in die algem ene spreektaal norm aalw eg nie omskrywend is van n sosiaal-rekeningkundige benadering nie (vergelyk ook Estes (1976:44-45) se kritiek in dié verband). N ieteenstaande hierdie kritiek sien Estes (1976:44) selfs die vroegste pogings van Abt as "one of the most ambitious social reporting efforts". A bt se benadering is ook gegrond op koste-voordeelbenadering en hy (H urley, 1982:55) omskryf dit as die "constituent impact approach". In sy benadering probeer hy 674 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster om die invloed wat die ondememing op die samelewing uitoefen, weer te gee en wel onder die vier hoofde van maatskappy, werknemers, klante en die gemeenskap. Die state wat Abt opstel, bestaan uit n sosiale balansstaat en sosiale inicomstestaat. Die volgende is die ses belangriicste definisies wat Abt (1977:256-259) in sy state gebruilc: Social assets arc resources which promise to provide future social and economic benefits and are a social asset to the company valued at their present worth. Social liabilities are future sources of economic or social cost and are valued at their present economic worth. Social equity or society s investment in the company is created by recognizing the difference between the net increase in value of social assets and social liabilities. Social benents are social or economic resources that are generated by company operations and have a positive impact or add to society s resources. Social costs are social or economic resources that are consumed by company operations and are a cost, sacrifice or detriment to society. Net social income or social profit is the social gain or loss to society resources that result from company operations. Abt (1977:52) sien dit as die uiteindelike doel dat daar slegs een stel state nodig moet wees om sowel die finansiële as die sosiale toestand van n onderneming aan te toon. Hy poog om sy benadering tot sosiale rekeningkunde sover moontlik te versoen met finansiële rekeningkunde, m aar Hurley (1982:55) meen dat hy te vergaan in n poging om finansieel-rekeningkundige tegnieke na te boots. D ie sosiale balansstaat en sosiale inkom stestaat van A bt A ssociates Inc. en die technical notes (tagtig daarvan) wat bogenoem de state vergesel, word weens die omvang daarvan nie hier weergegee nie. In die ontwikkelingstadium van sy benadering het Abt gepoog om alle items op die sosiale state te kwantifiseer vanuit die oogpunt van die gem eenskap. In sy latere pogings word sekere items steeds gekwantifiseer met die gemeenskap as uitgangspunt (byvoorbeeld die sosiale las met betrekking tot besoedeling), terwyl ander gekwantifiseer word m et die ondernem ing self as uitgangspunt (byvoorbeeld belasting betaal). Laasgenoemde benadering is baie m eer realisties as eersgenoemde, m aar vir n leser wat nie n diepgaande studie daarvan gemaak het nie, sal die kwantifisering en klassifisering van bedrae verwarrend wees. Die benadering van Abt sluit ook aan by die rekeningkundige verantwoording van menslike hulpbronne deurdat die huidige w aarde van die personeel van n onderneming gekapitaliseer word as n sosiale bate. Koers 56(4) 1991:663-679 675

Benaderings tot sosiale rekeningkunde n Verdere belangrike aspek van Abt se benadering is dat die netto sosiale inkomste nie oorgedra word na die sosiale balansstaat (in vergelyking met finansiëie rekeningkunde waar dit as n reserwe getoon word) nie. Volgens dié benadering is dit nie moontlik om n reserw e op te bou uit die netto sosiale inkom ste nie, m aar die voordeel word volgens die sosiale inkomstestaat onmiddellik as n dividend aan die betrokke vier groepe (company/stockholders, staff, clients/general public, community) deurgegee. Abt was waarskynlik die eerste skrywer wat n onderskeid gemaak het tussen finansiele en sosiale bankrotskap. Hy (1977:58) stel dit soos volg: Bankruplqi - the banc of business life - is an inability to meet the liabilities a business has incurred. Financial bankruptcy occurs when a rirm's liabilities exceed its assets, and its creditors are unwilling to extend further credit. The m etaphor of m oral bankruptcy is applied to individuals or institutions that have exhausted their m oral capital, having run out of moral assets, so to speak, in paying for their moral liabilities. 'Social bankruptcy" is a term that can be used either metaphorically or literally, but here we propose to use it literally. If a firm s social liabilities exceed its social assets, and the lenders of social assets are unwilling to extend further credit, the firm is socially bankrupt. This may not be immediately apparent, because social solvency is not yet commonly measured as is financial solvency. Die benadering het die volgende voordele: Dit is gegrond op die koste-voordeelbenadering wat meebring dat daar n netto syfer bepaal word van die onderneming se sosiaal-verantwoordelike optrede. * Die benadering verdeel die ondernem ing in vier hoofafdelings soos hierbo vermeld, wat meebring dat die sosiaal-verantwoordelike optrede met betrekking tot die vier verskillende belangegroepe afsonderlik beoordeel kan word. Die benadering bied ooreenstem m ende bedrae van die vorige jaar wat sinvolle vergelykings tussen byvoorbeeld verskillende jare moontlik maak. * Die benadering is oor n aantal jare in die praktyk beproef en verbeter. Verder bring die feit dat Abt Associates die benadering tydens konsultasies in verskillende ondernemings getoets het mee dat dit veel meer as bloot n teoretiese model is. * Die benadering is nie gegrond op radikale nuwe grondslae nie en poog om sosiale en finansiële rekeningkunde sover moontlik met mekaar te versoen. Die benadering is deur Abt Associates in verskillende ondernemings aan n sosiale oudit onderwerp en die feit dat die ouditeerbaarheid van die state reeds bewys is, 676 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vorster verhoog die toepassingswaarde daarvan. Abt (1977:49-52) het self n aantal verhoudings ontwikkel wat as analitiese prosedure tydens die sosíale oudit toegepas lean word. * Die benadering verskaf veel meer inligting as die ander benaderings wat in hierdie artikel bespreek is en dit bring ook mee dat veel m eer vergelykings en neigings m et betrekking tot n ondernem ing se sosiale verantwoordelikheid bepaal kan word. * Abt se benadering beperk hom nie tot n sosiale inkom stestaat soos die vorige benaderings nie, maar stel ook n sosiale balansstaat voor. Laasgenoemde staat belig n onderneming se sosiale verantwoordelikheid - ook vanuit die oogpunt van sosiale bates en laste - iets wat nie by die vorige benaderings voorkom nie. Die benadering het die volgende nadele: * Die benadering is moeilik om te verstaan en dit is te betwyfel of sommige van die groepe (byvoorbeeld werknemers en lede van die publiek wie se belange in die state gereflekteer word) in staat sal wees om die state te vertolk. * Abt se argumente aangaande die klassifisering van die items in die sosiale state is feitlik deurgaans op aanvaarbare beginsels gegrond. Dit verg egter n deeglike studie van die filosofie daaragter om te begryp waarom n item soos pollution to the environment caused by company operations in die sosiale inkomstestaat as n sosiale voordeel vir die ondernem ing/aandeelhouers getoon word asook as n sosiale koste vir die klante/breë publiek. * Die kwantifisering van sekere items in die state is uiters moeilik. n Item soos die huidige waarde van die werknemers wat as n sosiale bate op die balansstaat getoon word, is nie maklik berekenbaar nie en Abt gee ook in sy geskrifte weinig leiding met betrekking tot die berekening daarvan. Die sosiale koste kan oor die algem een redelik maklik bepaal word, m aar die sosiale voordele wat uit die optrede van n onderneming voortvloei, is nie so maklik bepaalbaar nie. * Die benadering bied nie n bondige beeld van die onderneming se sosiale verantw oordelikheidsaktiw iteite nie. Die state onder bespreking het tagtig technical notes en dit verg heelwat studie om n geheelbeeld daaruit te vorm. * Soos reeds verm eld, is die argum ente van Abt aangaande die klassifisering en openbaarm aking van die items in die sosiale state feitlik deurgaans op aanvaarbare beginsels gegrond. Daar is egter enkele gevalle waar sy benadering moontlik Koers 56(4) 1991:663-679 677

Benaderings tot sosiale rekeningkunde nie konsekwent is nie. Die item pollution to the environment caused by company operations w ord in die sosiale inkom stestaat as n sosiale voordeel vir die m aatskappy/aandeelhouers getoon en as n sosiale koste vir die k lan te/b reë publiek, terwyl die accumulated pollution to the environment caused by company operations in die sosiale balansstaat as n sosiale las vir die breë publiek/ gemeenskap getoon word. D ie item training investment in staff w ord in die sosiale inkomstestaat as n sosiale koste vir die m aatskappy/aandeelhouers getoon en die item training investments as n sosiale bate in die balansstaat. Die vraag ontstaan nou of die training investment in staff nie ook as n sosiale voordeel vir die personeel in die sosiale inkomstestaat getoon moet word nie. Abt se benadering word reeds sedert 1971 met welslae toegepas in die state van Abt Associates. Die kritiek daarteen is egter dat hierdie relatief ongekompliseerde onderneming konsultantdienste lewer, terwyl veel meer navorsing nodig is alvorens die benadering in byvoorbeeld groot vervaardigingsondernemings toegepas kan word (vergelyk AICPA, 1977: 228, 229). Die koste verbonde aan die toepassing van die benadering is veel hoër as by die vorige benaderings in die lig daarvan dat dit baie tyd in beslag neem om daarmee vertroud te raak, asook dat die kwantifisering van items tydrowend is en gespesialiseerde kennis verg. 9. SLOT In hierdie artikel is n aantal benaderings tot sosiale rekeningkunde bespreek en is die belangrikste voor- en nadele van elkeen uitgewys. Hoe hierdie benaderings versoen kan word met die teorie en praktyk van konvensionele finansiele rekeningkunde, is egter nie oorweeg nie. In die volgende en laaste artikel in hierdie reeks word n enkele verdere benadering beskou, en die versoenbaarheid daarvan met die teorie van konvensionele rekeningkunde oorweeg. 10. BIBUOGRAFTE ABT, C.C. 1977. The social audit for management. New York : Amacom. AICPA. 1977. The m easurem ent of corporate social performance. New York : American Institute of Certified Public Accountants. BEAMS, F A. 1970. Accounting for environmental pollution. The New York Certified Public AccounlanI, 40:657-661. CORCORAN, A.W. & LEININGER, W.E. 1970. Financial statem ents - who needs them? Financial Executive, 38:34-47. 678 Koers 56(4) 1991:663-679

D.S. Lubbe en Q. Vonter D E HAVEN, D.L. & DE HAVEN, C.S. 1978. Change in moral awareness; A positive approach to social I responsibility. The Woman CPA, 40:7-8. D EM ERS, L. & W AYLAND, D. 1982. C orporate social responsibility: Is no news good news? Canadian Chanered Accountant, 115(2):56-60. DILLEY, S.C. 1975. Practical approaches to Social Accounting. CPA Journal, ^5:11-21. ESTES, R. 1976. Corporate Social Accounting. New York : John Wiley & Sons. FILIOS, V.P. 1984. Social accountability and its auditing. Socioeconomic Plan, ls(2):in-125. HURLEY, J.F. 1982. Social responsibility accounting for business. Lincoln. (Ongepubliseerde proebkrif - The University of Nebraska.) langevin, M. 1982. Corporate social responsiblity accounting. A Canadian empirical study. Syracuse. (OngepubUseerdc procfskrif - Syracuse University.) LINOWES, D.F. 1972. An approach to socio-economic Accounting. Conference Board Record, 9:58-61. LUBBE, D.S. 1991. Argumente oor sosiale verantwoordelikhcid: n oorsig. Acta Academica, 42. M a r lin, J.T. 1973. Accounting for pollution. Joum a/of Accountancy, 135(2):41-46. M ATHEW S. M.R. 1984. Towards a m ore socially relevant accounting. Palm erston N orth : Massey University. M o b l e y, S.C. 1970. T he challenges of socio-econom ic accounting. The Accounting Review, XLV(4):762-768. MUSHKAT, M. 1980. Societal accounting: An evaluation. SAIPA, 15(l):13-26. SEIDLER, L J. 1973. Dollar values in the social income statem ent world. New York : Peat Marwick Mitchell & Co. SETHI, S.P. 1972-1973. Getting a handle on the social audit. Business and Society Review/Innovation, 4:31-38. f^ers 56(4) 1991:663-679 679

r ~ r x l» i f i s f ^ i í í o» ) «. v i S J Í J - i» 5 á T w «5 /, ï M ^ í l. T f ( i á l í * C! > ^ M &4 ï C 3 i T 3 P! ^ Í i í, í > f ' Í b. r ^ -.-í ' o i v í ^ 3< ' ' v ; V ' t.. ' :,. ] - i O ; J V J J. Í J.» i a < ( á «! V I M f i a e a a c B y B * S ««í * m!3 f '. H. l, Y 3 J í n j H...,, _ ^ ^ ' f ' - í * t i f s V, ' í í» í *. :1 á i u v a t i i»».! I V l f j i ^» t i> t o : l í «' N a ^ á á ^ V y w M i k T a v S k U it Á t l i w P ' S I 2-0. S C U U ' r «a i f c *»! w i» * r f * «< t o v. t * r r r B * i < i * * «r Í» í>.m «7 '»ioy Jitw» wawiti^.i-.i*í>!ti.'4i>>«lé: ni wwi» W>v.a.ÍTVl.U1>l?Uaiaí.. I- H,- ;>. «'. V r e. úi-! a i S *» Ï L». ', í r r - K V ' - i. - - - j, T? : j i i, T :;( - I. v i i n c r i ' ^ ^ j #. ^ i s t r í «* í i t ' k!.: r :, r ' l t t f i» ' y i i r t ím. 'i'f ' ' ( 4 < -:i ''i5 ' ; ' ' - i ^!. y v. "..... ' ' i o í... _. ' ", " i : J - :,, t, ;, -»...( ' V1K>r, c r OirfJi.' - -. l'ifírl» ItK' llhttiw hlm.kí^'1/-^f 1«Í!.B Ï ' J ' I I * ; ',. - v. - r x - -> r t j i». = ;. v í i i > r : r.. - ; a f U «i «í ) f f t o»!? í > -. (.! k - i i» i c, h. -, «. / f o r. - í ; - c, O. ^ V ' j í r í^., t ^ ^ l c S í t i i c f.1 i l I^ *C 1 «S «T f t ^. «r Í /! í - - n.. ' - '^ 1 ; i. ' f s-':'.'" j * *.H f ( ^ '1 ' '! «v : t í i iu > f ;- 1:. ««M j í í ' í F A i - l B. ', :* : "'. v. - j v M. ' ^ u -í-: ; 1» - «a e a j i i r j ' " r. K. w, i j i. n r «.'.. I ' V B L T T v ^ i r t o u T E n f i» > t u «: <*.>) N *» T? V o r i í t i p u j i i m n l ' i - 'D i- - jí ". j' n t.- ' ;* A L - t j r a j. ^ r i i t a >4 > i U «i i s ; - «" X r v r i» '* * < < W ' í «i» ^ liw H. '... I -, - v a : I. - ' * I ' -. - : ;, 1* z J a S P ^ f. H /. '4 '..'-. I v i*! } «o í * w w - t - í í i - ' í a r \ T - c i. «, " I " 680