Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Similar documents
Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Tariewe

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Harry en Frank Zeiler

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Mosselbaai Munisipaliteit

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mandala Madness Deel 2

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

Rubriek vir skeppende werk

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dialoog en paragrawe *

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

G. J. du Preez

n Evolusie van die kern sakebuurt van Potchefstroom in 1880

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Hoofstuk 16 ( )

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

SIZA takes the sting out of auditing

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Edgehog

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Kerssangdiens. SA Gemeente

AIDS HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No oaoo o, Selling price Verkoopprys: R2,50

Transcription:

Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand. Dit is op die oomblik moeilik om voor die rekenaar te sit. Die tuin en die blomme roep. Geskiedenis van n ou Horlosie Vandag iets oor n ou horlosie. My broer Francois het onlangs n ou horlosie gekoop. Op die wyserplaat staan LOHNER Pretoria. Ons het probeer om die geskiedenis van die horlosie en dus ook van Lohner na te vors. Ongelukkig het ek nog net die ou koerante gelees tot 1881, so ná 1881 het ek nie baie inligting nie. Dit is wat Francois oor die horlosie uitgevind het: Hier is die beloofde foto s van my Lohner horlosie. Die horlosie is gemaak deur die Lenzkirch Clock Factory of te wel die "Aktiengessellschaft Uhrenfabriek" geleë in Lenzkirch in die Swart Woud in Duitsland. Die maatskappy is in 1852 gestig deur Eduard Hauzer, en was in produksie tot ongeveer 1930. Die horlosie het behoort aan wyle Oom Frank Pullinger wat vroeër vanjaar oorlede is. Oom Frank het my vertel dat hy die horlosie gekoop het in die middel 1970's by 'n kollega wie se ma verstrengel geraak het in 'n wasmasjien by een of ander staatsinstelling. Ek is baie spyt dat ek nie meer besonderhede by oom Frank gekry het nie. Volgens die horlosie se serie nommer kon ek vasstel dat dit in ongeveer 1879/1880 gemaak is. As 'n mens in aanmerking neem dat dit 'n redelike tyd sou neem om 'n bestelling te Duitsland te plaas, te betaal, en te wag totdat die bestelling in Durban/Kaapstad ariveer per skip, en daarna per ossewa na Pretoria gestuur word, kan 'n redelike afleiding gemaak word dat die horlosie te Kerkplein verkoop is tussen 1881 en 1886, terwyl Lohner sy besigheid bedryf het in n gebou wat hy by William Skinner gehuur het. Op die agterkant van die horlosiegesig het ene "AK" datums gegraveer toe die horlosie gediens is. Die datums is 5/03,?/07,?/10,?/15, 1/27, 4/31/ 7/35. Ek het geen inligting oor die persoon nie, en sou bitterlik graag wou weet wie dit was. Ek het sopas die binnegoed gediens, en moes 'n rat sny vir die slagmeganisme. Die horlosie werk nou 100%, en hou baie goed tyd. Ek wonder of daar nog enige Lohner horlosies in die omtrek is? Groete, Francois

---------------------------------------------------------------------- Die eerste keer wat Lohner in n koerant genoem word is in 1877 toe daar berig word dat hy vanaf Port Elizabeth op pad is na Pretoria om n besigheid te begin. Hy bring n goeie voorraad Horlogies, Juwelierswaren en Fancy Goederen saam [V 1877-02-24]. In n volgende advertensie word gemeld dat hy n besigheid ge-open het in Pretoriusstraat naby die Waverley Hotel. In die winkel is daar baie Gold and silver watches, choice Jewelry, Clocks, Musical Boxes and Albums, Swiss Cottages &c. And a Splendid carved Swiss Musical Chair on hand. Repairs done cheap and with dispatch [V 1877-04-18]. Die Waverley Hotel was in Pretoriusstraat agter die eerste Raadsaal. In September 1976 is die eienaar S.H.J. Johnstone oorlede en sy weduwee het besluit om met die besigheid voort te gaan. Dit het seker nie toe goed gegaan nie want n jaar later adverteer sy dat die hotel te koop is. Dit word beskryf as n gebou met 11 kamers + stalle + 4 buitekamers en n aangrensende winkel. Alles was met n steenmuur omhein. Geen foto van die gebou kon tot dusver opgespoor word nie.

Nog n bekende horlosiemaker en juwelier van ou Pretoria was Schultis & Schwar. Hulle was vir meer as 100 jaar in die bedryf. Ek onthou nog hul winkel in Kerkstraat net oos van Kerkplein. Nadat Lohner in die koerante begin adverteer het besluit hulle om ook so te maak en in Mei [V 1877-05-30] verskyn die advertensies van Lohner en August Schultis reg onder mekaar. Volgens n advertensie skuif Lohner in Augustus 1877 sy besigheid na n ander gebou op die hoek oorkant die Landdroskantoor [V 1877-08-15]. Dit is waar die Café Riche vandag is. In 1877 het die grond behoort aan William Skinner wat dit in 1873 vir n bedrag 675 gekoop het van die oorspronklike eienaar M.W. Pretorius. Op 8 April 1881 onderteken Skinner en Lohner n kontrak vir die verhuur van die gebou. The said William Skinner agrees to let, and the said Gottfried Lohner agrees to hire the building situated in Church Square on Erf No. 351 Pretoria comprising two rooms, at a rental of fifty pounds Sterling per annum payable monthly and commencing on the 8 th day of April 1881 and terminating on the 8 th day of April 1886. William Skinner is in Junie 1885 oorlede. Hoe lank Lohner op die perseel handel gedryf het is nie bekend nie. Sketse was in daardie tyd baie skaars in koerante. In De Volksstem van 11 Desember 1877 is daar in n Lohner advertensie n afbeelding van n sakhorlosie. In 1880 word sy naam ook in die koerant genoem - tydens die Munisipale verkiesing nomineer Lohner vir R.K.H. D Arcy en vir William Skinner as kandidate. Hierdie is n foto van die suid-westelike sy van Kerkplein. Heel regs op die foto [op die hoek van Kerkplein en Kerkstraat] is G. Lohner se horlosiemaker en juwelierswinkel. Moontlik is hy een van die persone wat voor die winkel staan. Ek sal nie nou oor die ander geboue op die foto skryf nie, dan word die brief te lank. Vir meer inligting verwys ek u na Dun-01 p20-30. Later skuif Lohner na n gebou in Kerkstaat net wes van Queenstraat. Dit is nie bekend wanneer Queenstraat uitgemeet is nie. Op die oudste kaart [Kaa-01] van Pretoria en ook die daaropvolgende een [Kaa-02] word Queenstraat nie aangedui nie. Eers op die kaart van 1989 [Kaa-04] wys dit dat n gedeelte van twee van die erwe afgesny is om Queenstraat te vorm. Op onderstaande foto lyk dit asof Queenstraat nognie uitgemeet is nie, dus die foto is heel moontlik voor 1889 geneem.

Hier sien ons Lohner se besigheid in Kerkstraat-Oos. Dit is net wes van Queenstraat. Die gebou het later bekend gestaan as Lohner se gebou. Bernhard en Mayer neem later Lohner se besigheid oor en vir baie jare daarna staan daar nog steeds op die winkel late G. Lohner. Sien ook n later foto in Dun-01 p106. Op bostaande foto sien ons n horlosie teen die muur tussen die venster en die deur. Later het hulle n staanhorlosie [pedestal clock] op die sypaadjie opgerig. Hier is Queenstraat klaar uitgemeet. Die gebou met die ronde geweltjie op die oorkantste hoek van Queenstraat was Calcutta House van M.H.H.D. & Co [Dun-01 p125]. In n gids van 1889 word G. Lohner aangegee as n spekulant met sy besigheid in Queenstraat [Dun-01 p106]. Wanneer hy sy horlosiemakersbesigheid verkoop het is nie bekend nie. In Longlands Directory van 1899 kom sy naam nie meer voor nie.

Bronverwysings Dun-01 Dunston, Lola. Young Pretoria 1889-1913. Pretoria, 1975. Kaa-01 Kaart van het Dorp Pretoria. Gemeet in 1857-1858 door A.F. du Toit. 2 Maart 1859. Kaa-02 Compass Sketch Map of Pretoria, Transvaal. Compiled in Royal Engineer s Office, Pretoria. 14.11.1879. Kaa-04 Van Vooren, J. en Oerder, J.H.: Kaart van Pretoria Z.A.R. (Schaal 400 Kaapsche [Rijnl.] voet = 1 Eng. dm) 1889. V = De Volksstem Groete tot volgende maand. Rosa Swanepoel --------------------------------------------------------------------- Die volgende van Hans de Kramer N.a.v. die navraag oor die vlieënde piering restaurant in jou jongste nuusbrief die volgende: - Daar behoort nog baie foto s te wees van die restaurant en ek sal ook baie graag een wil sien in jou nuusbrief. - Ek onthou dat ek ten tye van die afbreek van die vlieënde piering êrens gelees het dat iemand van Pretoria Noord die gebou in sy geheel gekoop het en dat hy van plan was om dit weer êrens anders op te rig. Dit sal interessant wees om te weet of die afgebreekte gebou nog êrens gestoor word. Groete Hans de Kramer ------------------------------------------------------------------ Paul Els het die volgende brief aan die Beeld geskryf. Wil graag vra dat een van julle verslaggewers gerus iets oor die Witkerk in Voortrekkerhoogte skryf. Die Kerk is volgende maand [28 Okt 2008] 80 jaar oud. Dit wil voorkom of die gemeente nie daarvan bewus is nie. Ek het Ds George Hugo laat weet. Die kerk se dak is beskadig en die DOW het nie fondse om dit te herstel nie. My gedagte is om dit 'n nasionale gebou te laat verklaar dat hulle dan die dak regmaak. MAAR my bekommernis is dat ek vermoed dat die gemeente so klein is dat die kerk in gevaar staan om gesluit te word of ander planne mee gemaak te word. Dis net 'n vermoede wat 'n ander persoon ook aan my genoem het. Die Kerk is die simbool vir baie, baie ou soldate en menigte is uit die kerk begrawe en getroud, selfs my eie seun. Kan ons maar net stil sit!!!!!!!!!!!!!! Laat weet - ek het die geskiedenis van die kerk Groetnis met 'n seer hart Paul J Els ---------------------------------------------------------------