VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Rut: n Liefdes Verhaal

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOëRSKOOL PORTERVILLE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Tariewe

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

Direkte en indirekte rede *

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

MALHERBE RP et HATTINGH R

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) v COMMERCIAL UNION VERSEKERINGSMAATSKAPPY VAN SA BPK

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

Transcription:

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 7548/2008 In die saak tussen:- K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA Eiseres en PADONGELUKKEFONDS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R AANGEHOOR OP: 9 NOVEMBER 2011 GELEWER OP: 17 NOVEMBER 2011 [1] Hierdie uitspraak handel met n bevinding van die hof oor eiseres se quantum. Die partye het die meriete van die saak geskik op die basis dat verweerder aanspreeklik is vir 80% van eiseres se skade. Die partye het ook die grootste deel van die kwantum geskik, soos blyk uit hul ooreenkoms van 9 November 2011, wat ingehandig is as bewysstuk Q en wat soos volg lees:

2 1. Die Verweerder erken die regsmediese deskundige verslae van: 1.1 Dr Kevin D Rosman - Neuroloog; 1.2 Dr Pieter Repko - Neurochirurg; 1.3 Mnr Brian R Mallinson - Sielkundige; en 1.4 Dr Marina van der Ryst - Opvoedkundige Sielkundige. 2. Die partye kom ooreen dat die Eiseres (in verteenwoordigende hoedanigheid) se algemene skade, voordat die merieteverdeling toegepas word, R300,000.00 (driehonderd duisend rand) beloop. 3. Afgesien van die berekening van die Eiseres se toekomstige verlies aan inkomste (paragraaf 4 infra) stem die partye toe tot n bevel in terme van die konsep bevel wat hierby aangeheg word, gemerk A, met die uitsondering van die volgende aspekte waaroor daar nie n ooreenkoms bereik is nie en sal die partye regsargument in die verband aan die hof voorhou, naamlik: 3.1 eiser is van mening dat die koste en fooie van die trustees nie beperk moet wees tot die meriete toedeling (80%) nie en dat die Verweerder 100% aanspreeklik moet wees vir die uitgawe. Die Verweerder is van mening dat

3 die koste en fooie van die trustees beperk moet wees tot die meriete toedeling; en 3.2 Verweerder is van mening dat die trust moet ontbind sodra die minderjarige kind 18 jarige ouderdom bereik. Eiseres is van oordeel dat dit nie die geval moet wees nie. 4. Die partye plaas op rekord dat die Eiseres se vergoeding, indien enige, met betrekking tot toekomstige verlies aan inkomste, in dispuut is. Die partye is dit egter eens dat SC Mphurwana (hierna Sivuyise ) in die post-morbiede toestand ongeskik is vir enige werk en nie in staat sal wees om die arbeidsmark te betree nie. Wat die pre-morbiede toestand van Sivuyise betref, is die volgende aspekte in dispuut, naamlik: 4.1 die tydperk wanneer Sivuyise die arbeidsmark sou betree; 4.2 die salarisskaal waarteen Sivuyise die arbeidsmark sou betree; 4.3 enige bevordering (met spesifieke verwysing na die salarisskale) en die plafon wat Sivuyise sou bereik; 4.4 die tydperk waarbinne Sivuyise die spesifieke plafon sou bereik; en 4.5 die gebeurlikhede wat van toepassing is op die berekening van Sivuyise se verlies aan toekomstige

4 verdienste. 5. Die partye het ooreengekom ten einde kostes te bespaar dat die Agbare Hof versoek sal word om die aspekte vervat in paragraaf 4 supra afsonderlik te bereg ooreenkomstig die bepalings van Eenvormige Hofreël 33(4). Nadat die aspekte deur die Agbare Hof beslis is, sal die partye vir Dr Robert J Koch versoek om, gegewe die Agbare Hof se uitspraak en die aspekte wat alreeds ooreengekom is, n akturele berekening te doen van die Eiseres se verlies aan toekomstige verdienste en sal die bedrag aldus deur Dr Koch bereken die bedrag verteenwoordig waarop die Eiseres geregtig sal wees as vergoeding vir verlies aan toekomstige verdienste. [2] Die aspekte vermeld in paragraaf 3 van die ooreenkoms betreffende die vergoeding van die trustees en die ontbinding van die trust, en in paragraaf 4 betreffende Sivuyise se toekomstige verlies aan inkomste, bly in geskil. Voor my het slegs Me Susan van Jaarsveld, n bedryfsielkundige, namens eiseres getuig. Die verweerder het geen getuies geroep nie. Ek het n bevel ingevolge Eenvormige Hofreël 33(4) gemaak dat die aspekte vermeld in paragrawe 4.1 4.5 afsonderlik bereg word. Die partye

5 het my ook versoek om n beslissing te maak betreffende die trust soos vermeld in paragraaf 3 van die ooreenkoms. [3] Me Van Jaarsveld is n bedryfsielkundige met n meestersgraad. Sy is vir die afgelope 17 jaar verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat in die menslike hulpbronne afdeling. Sy doen sedert 2003 regs-mediese ondersoeke en verslae. Sy het die minderjarige, Sivuyise Caiphus Mphurwana wat op 6 September 1996 gebore is, op 31 Augustus 2011 gesien, n onderhoud met hom gevoer en n verslag opgestel wat sy bevestig het. Aangesien dit gemeensaak tussen die partye is dat Sivuyise na die ongeluk op 24 Desember 2003 absoluut ongeskik is om te werk, is Me Van Jaarsveld se getuienis slegs relevant met betrekking tot Sivuyise se vermoëns voor die ongeluk. Sy het gekyk na sy intellektuele vermoëns en sy sosio-ekonomiese faktore wat n invloed op sy verdienvermoë sou kon hê. [4] Me Van Jaarsveld se gevolgtrekking is dat as Sivuyise nie in die ongeluk betrokke was nie, sou hy Graad 10 behaal het of moontlik n lae vlak Graad 12. Die eiseres aanvaar dat die hof moet werk op die basis dat hy slegs Graad 10 sou

6 behaal, as gevolg van beperkings van sy sosiale omgewing. Hy woon by sy vader en n neef in Butterworth. Sy vader het voorheen as kroegman gewerk maar verkoop tans beeste en het n taverne by sy huis. Sy vader het Graad 10 geslaag. Sy moeder is werkloos en het Graad 7 behaal. Sivuyise is die enigste kind van sy ouers, maar het n halfbroer en halfsuster. Sy halfsuster het op skool swanger geword, Graad 10 gedruip en is tans werkloos. Sy halfbroer het n Graad 7 kwalifikasie en doen tans stukwerk as pakker in n fabriek. Dit blyk dus dat Sivuyise se familie aan vaders- en moederskant ongeskoolde arbeid verrig of werkloos is en hulle kwalifikasies wissel van Graad 7 tot Graad 10. Me Van Jaarsveld se gevolgtrekking is dat, in die lig van Sivuyise se kognitiewe beperkings en sy sosio-ekonomiese agtergrond, hy instaat sal wees om Graad 10 te behaal of ten beste n lae vlak Graad 12. [5] Me Van Jaarsveld het met die Patterson pos-evaluasie stelsel gewerk om te bepaal wat Sivuyise sou bereik het as dit nie vir die ongeluk was nie. Die A-posvlakke op die Patterson skaal is ongeskoolde arbeid, soos n skoonmaker of interne bode. Vlak B is bietjie meer gevorderd, soos n lae

7 vlak klerikale pos byvoorbeeld n liasseerklerk. Die verskille tussen die A en B vlak is die verantwoordelikheid en die kennis van teorie wat nodig is. Vlak C is toesighoudende poste, D is middelbestuur en E is topbestuur. Volgens Me Van Jaarsveld sou Sivuyise nooit uit die A vlak beweeg nie. [6] Vir Sivuyise se lewe het Me Van Jaarsveld die volgende loopbaan senario voorsien, as hy nie in die ongeluk betrokke was nie: (i) (ii) Slaag Graad 10 op 17 jaar. Soek werk vir 6 12 maande, en doen in daardie periode stukwerk vir 2 3 dae per week teen R80 per dag. iii) Kry werk in informele sektor en verdien die mediuminkomste van R14 200,00 per jaar vir 2 3 jaar. iv) Daarna beweeg hy na die formele sektor as ongeskoolde werker op Patterson vlak A1 tot A2. Hy begin op die laagste vlak by A1 en gaan met 3 5 jaar intervalle op na Patterson-verdienste op vlak A2 of A3. v) Die praktyk is dat as n persoon sy werk doen, dan beweeg hy vorentoe, kry die normale verhogings en bevordering.

8 vi) Hy sou werk tot normale aftree-ouderdom van 65 jaar. [7] Sivuyise sou sy hele lewe op Patterson vlak A gebly het, en ongeskoolde werk gedoen het. Voorbeelde is: A1 = skoonmaker, A2 = rakpakker, A3 = Assistent van bestuurder van motor, of interne bode. [8] In kruis-ondervraging deur Mnr Kitching het Me Van Jaarsveld gesê dat al die werk wat sy voorsien wat Sivuyise ooit sou doen, is ongeskoolde werk, daar was geen skolastiese vereistes om daardie werk te kan doen nie. Die feit dat hy Graad 1 gedruip het, het geen invloed op haar vooruitskatting nie, want hy sou slegs ongeskoolde werk doen. Met verwysing na die feit dat Sivuyise se ouers nie ver gekom het met hul loopbane nie, is Me Van Jaarsveld gevra waarop sy haar siening baseer dat hy die formele sektor sou betree. Me Van Jaarsveld sê dat dit bekend is dat die huidige generasie verder kom as hul ouers. Ook sou Sivuyise bevoordeel word deur die beleid van Billike Indiensneming. Daar is tans verskeie inisiatiewe en projekte van staatsweë en informeel om voorheen benadeeldes te help vooruitgaan. Me Van Jaarsveld sê sy was konserwatief

9 in haar vooruitskatting; bowendien het sy net ongeskoolde werk oorweeg. Op die stelling dat werkloosheid tans 27,5% in die Vrystaat is en dat Sivuyise dus met beter gekwalifiseerde persone sou moes meeding vir poste, antwoord Me Van Jaarsveld dat sy hom slegs in ongeskoolde poste plaas. Daar moet mens fisiese werk doen, al die mededingers is op dieselfde vlak. Oorgekwalifiseerde mense word nie vir ongeskoolde werk oorweeg nie, want ervaring het bewys dat die aanstelling van oor-gekwalifiseerde mense in poste probleme skep. Betreffende die aftree-ouderdom in die informele sektor, sê Me Van Jaarsveld dat op 60 jaar iemand kwalifiseer vir n staatspensioen wat tans ongeveer R1 250,00 per maand is. Sy sê iemand wat reeds vergoeding ontvang vir sy ongeskiktheid, kan nie die bevoordeelde wees van n kindersubsidie nie. [9] In sy betoog handel Mnr. Zietsman met die verweerder se houding dat Sivuyise nie so vinnig vanaf die informele sektor na die formele sektor sou beweeg nie en wys daarop dat daar geen deskundige getuienis is om te toon dat Me Van Jaarsveld verkeerd is nie. Sivuyise se sosio-ekonomiese

10 omstandighede is in ag geneem deur Me Van Jaarsveld in haar bevinding. Sy sê ongeskoolde werkers beweeg makliker vanaf die informele sektor na die formele sektor as geskoolde persone. Sivuyise het gemiddelde intellek (IK = 102). Sy intellek beperk nie sy toetrede tot die ongeskoolde arbeidsmark nie. Mnr. Zietsman beklemtoon dat Me Van Jaarsveld getuig het dat ervaring geleer het dat die huidige generasie baie beter vaar as hulle ouers. [10] Wat gebeurlikhede betref, stel Robert Koch in sy boek The Quantum Yearbook, 2011, as n basiese beginsel, voor dat n halwe persentasie punt per jaar tot en met aftree ouderdom vir n kind van toepassing is. In die huidige geval sal dit n gebeurlikheidstoepassing van 23,5% verteenwoordig. Mnr. Zietsman verwys na drie sake: (i) BOTHA EN N ANDER v SANTAM BEPERK 1997 - Corbett en Honey, Vol V, B-39. Die hof het te doen gehad met n kind wat 20 maande oud was tydens die ongeluk en 8 jaar by die verhoor.

11 Mynhardt R moes die gebeurlikhede bepaal. Daar is twee kategorieë gebeurlikhede. Eerstens gewone gebeurlikhede soos die effek van inkomstebelasting, lewensverwagting en inflasiekoerse. Hierdie faktore is reeds ingebou in die aktuaris se berekeninge (B4-467). Die tweede kategorie is spesiale gebeurlikheidsfaktore. Die normale, of geykte gebeurlikheidspersentasie is 10 15% (B4-51). Dit is die vertrekpunt. Faktore wat Mynhardt R oorweeg is: i) Dat die kind se werkloopbaan voor die gewone aftree-ouderdom tot n einde kom. ii) Dat die werkloopbaan deur langdurige siekte onderbreek kan word. iii) iv) Werkloosheid. Die dogter sou waarskynlik trou en n gesin begin en werk onderbreek, wat Mynhardt R as n waarskynlike faktor aanmerk. By die behandeling van die faktore wat in die geval voor hom n hoër aftrekking as die normale sou vereis, noem Mynhardt R die volgende:

12 (a) Die kind was baie jonk en het nog nie skool begin gaan nie. Daar was geen aanduiding van wat haar waarskynlike loopbaan sou wees nie. Die hof vind dat die jeugdige ouderdom en gebrek aan kennis oor die kind se vermoë of belangstelling die hof in n groot mate kortwiek. b) Die sosiale milieu van die kind. Die kind sou moontlik met haar moeder identifiseer en n huisvrou word, n 50/50 kans. (c) Daar is geen werksgeskiedenis waaruit n projeksie gemaak kan word nie. Dit sou bloot spekulasie wees om te sê wat die kind se werksituasie in die toekoms sou wees. Daar is geen vaste gegewens om so n projeksie te staaf nie. d) Die bepaling van die aftreeouderdom op die ooreengekome 62½ jaar sou haar verdienste negatief beïnvloed.

13 (e) Die geprojekteerde inkomste is op n gemiddeld geneem, terwyl dit moontlik hoër kon wees. Sy het n hoë IK gehad. Regter Mynhardt verwys na n beslissing waar die hof gesê het dat waar die eiser jonk is daar ruim voorsiening vir gebeurlikhede gemaak moet word (B4-59), maar 30% afgetrek is. Mynhardt kom dan tot die gevolgtrekking dat veral omdat die kind nog baie jonk is en op baie aspekte geen werklike patrone gevestig is nie, 20% toegelaat moet word. ii) BENJAMIN NO v THE ROAD ACCIDENT FUND (2005) - Corbett en Honey, Vol V, B2-205 Die hof het met n meisie te doen gehad wat 8 jaar oud was tydens die botsing en 15 by die verhoor. Twee faktore word aan die hof voorgehou om n groter gebeurlikheidsvoorsiening as normaal toe te laat: (i) Sy mag dalk nie haar medikasie gereeld neem nie; (ii) Haar lewensverwagting is minder.

14 Davis R vind dat hierdie oorwegings nie stuk hou nie en laat 15% toe. iii) COMBRINCK v PADONGELUKKEFONDS (2001) Corbett en Honey, Vol V, B-81. Die hof het met n 14-jarige dogter te doen gehad en laat 20% toe. [11] Mnr. Kitching verwys oor gebeurlikhede na die faktore vermeld in Corbett en Buchanan, Vol II, 2e Uitgawe, Bl. 51 en 52. Daar word algemene faktore genoem wat die aktuaris in ag geneem het by sy berekeninge en waarop ek nie by die bepaling van die spesifieke gebeurlikhede van hierdie saak ag moet slaan nie. Mnr. Kitching verwys na AA MUTUAL INSURANCE ASSOCIATION LTD v MAQULA 1978 (1) SA 805 (A) op 813 waar die hof gebeurlikheidsaftrekkings van 50% toelaat op grond van eiser se swak werksgeskiedenis. Mnr. Kitching verwys ook na KRUGELL v SHIELD VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK 1982 (4) SA 95 (T) by 105 E waar die hof 35% gebeurlikhede afgetrek het. Die feite in KRUGELL se saak was dat die eiser n 42-jarige elektrisiën was. Van Dijkhorst R bevind dat as gevolg van sy

15 besering sou eiser waarskynlik nie sy ou werk sou hervat nie (104 H). Die hof pas n 34% gebeurlikheidsaftrekking toe. Omdat daar betreffende Sivuyise geen werksgeskiedenis is nie en omdat slegs ongeskoolde werk oorweeg is, is daar in Sivuyise se geval geen basis om 35% af te trek nie. [12] In Sivuyise se geval is die enigste faktore wat gebeurlikhede beïnvloed sy jeugdige ouderdom en sy sosio-ekonomiese omstandighede. Hy sou ongeskoolde werk doen. Hy het nie, soos in BOTHA se saak die risiko geloop as vrou om kinders te kry nie. Bloot as gevolg van sy jeugdige leeftyd kon baie meer dinge in sy lewe gebeur en daardeur word die onsekerheid groter as normaal. Daar moet meer as die gebruiklike of geykte 15% toegelaat word, maar daar is geen basis om meer as 20% toe te laat nie. Twintig persent lyk na die juiste syfer om toe te laat vir gebeurlikhede. [13] GEVOLGTREKKING: Daar is geen basis om Me Van Jaarsveld se getuienis te bevraagteken nie. Daar is geen weerleggende getuienis aangebied nie, en daar is geen oortuigende redes gegee

16 waarom haar konklusies nie rasioneel is en uit die aanvaarde feite voortvloei nie. [14] Die vrae in paragraaf 4 van bewysstuk Q moet soos volg beantwoord word: 4.1 Die tydperk wanneer Sivuyise die arbeidsmark sou betree. Hy sou in 2014 die informele arbeidsmark betree met n inkomste van R14 200,00 wat sou groei teen 5% per jaar in 2015. In 2016 sou hy die formele arbeidsmark betree. 4.2 Die salarisskaal waarteen Sivuyise die arbeidsmark sou betree. R14 200,00 wat sou groei teen 5% per jaar. 4.3 Enige bevordering (met spesifieke verwysing na salarisskale) en die platform wat Sivuyise sou bereik. Sy inkomste van R14 200,00 sou vanaf 2015 groei teen 5% per jaar en hy sou in 2021 die platform bereik van die inkomste van n werker op n A3 posvlak gemeet op die mediaan soos per die Patterson Skaal.

17 4.4 Die tydperk waarbinne Sivuyise die spesifieke platform sou bereik. Na drie jaar in die formele sektor, dus in 2021, op die mediaanvlak inkomste. 4.5 Die gebeurlikhede wat van toepassing is op die berekening van Sivuyise se verlies aan toekomstige verdienste. Afgesien van die normale aktuariële toelatings wat in alle gevalle gedoen word, is die spesiale gebeurlikheidsfaktore 20%. [14] Wat die trust betref, is die verweerder van mening dat die koste van die trustee beperk moet word tot die meriete toedeling 80% en dat die trust moet ontbind wanneer Sivuyise 18 jaar oud word. Mnr. B.R. Mallinson, die sielkundige wie se verslag nie in geskil is nie (paragraaf 1.3 van Q ), sê op bladsy 22 van sy verslag in paragraaf 5: Any funds awarded to Sivuyise should be adequately protected throughout his life span.

18 Dit is dus buite geskil dat die trust vir Sivuyise se hele lewe moet bestaan. Dit moet nie ontbind as hy 18 jaar oud word nie. Mnr. Kitching sê dat volgens die getuienis sou Sivuyise sy eie geldsake kon behartig voor die ongeluk, dus moet slegs 80% van die kostes van die trust toegelaat word. Geen gesag is deur hom aangevoer nie. In BOTHA se saak het die verweerder n onderneming gegee om die kurator bonis se koste te betaal (B4-79, paragraaf 3.2). [Sake] Mnr. Zietsman sê dat Mnr. Mallinson ook daarop wys dat Sivuyise vergeetagtig is, wat n verdere rede vir lewenslange beskerming van sy toekenning in n trust is. Wat die betoog dat slegs 80% van die koste van die trust toegelaat moet word, meen ek dat die eiser reeds gepenaliseer is by die maak van die verdeling in die toekenning van n verminderde bedrag aan hom. As 20% van die trust se uitgawes uit die corpus van die trust betaal moet word, word eiser twee keer gepenaliseer weens sy bydraende nalatigheid. Die verweerder moet die volle koste van die trust betaal.

19 [15] BEVEL: 1. Verlof word aan die partye verleen om weer hierdie hof te nader nadat die aktuariële berekeninge ooreenkomstig die bevindinge in hierdie uitspraak gedoen is, wat die bedrag van toekomstige verlies aan inkomste bepaal. 2. Verder word n bevel gemaak in terme van die konsepbevel aangeheg by bewysstuk Q soos gewysig deur paragraaf 1 hierbo. A. KRUGER, R Namens eiseres: Namens verweerder: /sp Adv. P.J.J. Zietsman In opdrag van: Honey Prokureurs BLOEMFONTEIN Adv. J.A. Kitching In opdrag van: Webbers BLOEMFONTEIN