MEI Voorbladnuus Die Oog 20/20 Krieketuitdaging

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOëRSKOOL PORTERVILLE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hoe om krag te spaar

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Rubriek vir skeppende werk

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Hakka, Hakka Julle span sucka! Heke, Heke Die Bosbokke is Leke!

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Kerssangdiens. SA Gemeente

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Edgehog

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Dialoog en paragrawe *

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Die Trustees van Zevendal mag die reëls soos vervat in die dokument van tyd tot tyd aanpas om: die grondwet in stand te kan hou

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

G. J. du Preez

Sterdansers by Vensters.

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

Mosselbaai Munisipaliteit

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

die ArtKat Jaar program

Transcription:

MEI 2013 Voorbladnuus Die Oog 20/20 Krieketuitdaging Die 27ste April het aangebreek en die bosveldson het nog skaars sy eerste strale oor die krieketveld gegooi, toe die spelers en organiseerders reeds in rep en roep was om reg te maak vir die dag se opwinding. In hierdie uitgawe Voorbladnuus Troeteldiere Mediesemanewales Vra Dr. Pil Al die spanne was op tyd vir die aksie wat 11 uur begin het. Beide spanne het n oortreflike spel gelewer tot groot vermaak van die skare. Die Inwoners het hierdie jaar die Personeel, Moppers & Mowers, baie meer opdraand gegee as verlede jaar en hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Almal het n boul en kolfbeurt gekry beurt Tannie Bella Vermaak het die laaste kolfbeurt die bal n paar keer byna uit die park geslaan en die spel so amper-amper vir die Inwoners beklink. Die M&M het die toernooi met 1 lopie gewen, wat die telling op 142 lopies te staan gebring het. Ons hoop almal het middagete in die buitelig geniet. Dankie aan oom Bert en sy eetsaalpersoneel vir al die moeite om die kos daar te kry. Dit was heerlik! KVV Maandprogram Dieremaniere Humorhoekie Boekwurmbydrae Gaste Geen Troeteldiere! Ons het ongelukkig gaste, beide vakansiegangers en Inwoner-besoekers, wie nie die reël van troeteldiere ernstig opneem nie. In ontvangs is daar kennisgewings, in die vrywaringsform staan dit duidelik, en in die Gedragsreëls is dit gestipuleer dat geen troeteldiere die perseel ingebring mag word nie! Ons gaan besoekers die perseel weier indien daar gevind word dat daar n troeteldier, van enige tipe, in die voertuig is. Slegs troeteldiere wat vooraf deur die Trusteeraad goedgekeur is, mag hul intrek hier neem. Permanente viervoet-inwoners word nie op die stoep, admin gebou, mediese sentrum of swembad area toegelaat nie, jammer. Inwoners ons vra ook u hulp om die boodskap aan u gaste oor te dra.. Laat asb vir Woefie tuis.

Bladsy 2 Mediese Manewales Fokus van die Maand: PANTSER JOUSELF TEEN GRIEP HIERDIE WINTER Die winter is amper hierso, en saam met die heerlike koue winteraande van kaggelvure en bekers koffie, is daar die realiteit van griep. Jong kinders, seniors en individue met respiratoriese probleme of verswakte immuunsisteme is meer vatbaar vir griep. WAT KAN JY DOEN OM JOUSELF TE BESKERM TEEN GRIEP Kry die griepinspuiting by jou dokter of apteker, of bestel een deur die Mediese Dienssentrum. April of vroeg Mei is die beste tyd, so kry sommer joune vandag of môre. Vermy onnodige kontak met voorwerpe soos roltraprelings, deurknoppe, ligskakelaars en krane in openbare plekke. Was gereeld jou hande en probeer om nie aan jou mond of neus te vat nie. Griepkieme word deur kontak versprei. Was krane en oppervlaktes tuis gereeld met onsmettingsmiddels. Indien jy griep het, gooi sakdoeke en tissues onmiddellik weg na gebruik. Griepkieme word ook deur die lug versprei en is aansteeklik vir minstens sewe dae of langer. As jy in die hoërisikogroep val, vermy mense met griep vir minstens een week of langer. Hou op rook. Rokers is meer v a t b a a r v i r k o m p l i k a s i e s w a t r e s p i r a t o r i e s e i n f e k s i e s k a n m e e b r i n g. Volg 'n gebalanseerde dieet wat op 'n daaglikse basis vyf porsies vrugte en groente insluit. Vra ook vir jou dokter oor vitamienaanvullers. NUUT Beste Dr. Pil Mediese Manewales Vra Dr. Pil Kan ek maer word sonder om oefeninge te doen? Ek is baie besig en te lui om dan nog in die aande te oefen. Gevra deur Vettie van Pretoria-Oos Beste Vettie Ek het al gehoor van n webtuiste waar mens kapsules met lintwurm larwes kan koop. Jy sluk die kapsule, wag vir die lintwurm om volwassenheid te bereik en siedaar! Jy word moeiteloos maer. Afgesien van n lewensbedreigende mediese toestand of deelname aan Survivor is dit die enigste manier waarvan ek weet om maer te word sonder om n vinger te lig. As jy te besig is om te oefen is jy ook te besig om te eet en dan sou jy in die eerste plek nie n gewigsprobleem ondervind het nie. Jy sal ongelukkig jou lywige kwessie by die horings moet pak en begin oefen. En natuurlik minder en gesonder eet. Onthou asseblief dat jou daaglikse stappies na die kafeteria, die bakkery en die yskas nie tel as oefening nie. Dieselfde geld vir jou doodsminagtende duike onder die rusbank in om die Smarties wat jy laat val het uit te haal. Ek stel voor dat jy so gou as moontlik by n dieetkundige of plaaslike gimnasium aanklop waar die vriendelike personeel jou sal help met n gesonde oefen- en eetprogram. En nee, dit tel nie as jou kardiovaskulêre oefening vir die dag as jou hart vinnig klop van vrees ten aanskoue van die oefenapparate nie. Groete Dr Pil Dr Pil se advies is tong-in-die-kies en is nie ʼn poging om ernstige mediese raad te verskaf nie. Skryf gerus vir Dr. Pil. Plaas u b riefie in ons Knipoog boksie in die admin kantoor

Bladsy 3 Klub Vlytige Voete Aprilmaand was n baie besige maand, maar al die projekte was besonder suksesvol. Die Meimaandprogram is as volg: 2 Mei: KVV-vergadering om 14:00 Olienhoutsaal. Ons nooi AL die dames van Die Oog uit. Kom help ons beplan aan die aktiwiteite. 6 Mei: Manne-uur om 08:30-09:30 in die teetuin. 6 Mei: Fliek om 18:00 in Tentkamplapa 8 Mei: Damesuur om 11:00 in die Saal 9 Mei: Hemelvaardiens om 11:00 in die Saal 11 Mei: Pannekoekaand saam met gaskunstenaar, Coenie Naudé, in Olienhoutsaal. Kaartjies teen R40.00 p/p by KVV-lede beskikbaar tot en met 8 Mei. 12 Mei: Kerkdiens om 11:00 in die Saal 13 en 20 Mei: Geen fliek nie 19 en 26 Mei: Kerkdienste om 11:00 in die Saal 27 Mei: Fliek in die Tentkamplapa. Lyndanse se tye het verander na Woensdae vanaf 16:30 tot 18:00 en Donderdae vanaf 17:30 tot 19:00. Juksiek begin nou om 15:00 en Wateroefeninge vanaf 15:30 Geniet die laaste warm dae, voordat die koue ons pak! Ons Vir Mekaar Brandbestryding Brandbestryding is ons almal se verantwoordelikheid, veral in n gemeenskap soos ons s n. Let asseblief dat alle inwoners versoek (maar eintlik verplig) word om n brandblusser vir die woning aan te skaf. Brandblussers 4.5kg DCP is by Jackie teen R350, installasie ingesluit, beskikbaar. Bestellings vir blussers sal geplaas word en n klompie op n slag bestel word. Hierdie is n baie mededingende prys. Indien u u eie blusser wil aanskaf, verwittig asb die administratiewe kantoor van u intensie, maar voer asseblief die aksie uit! Eie blussers sal nie deur die Landgoedpersoneel ge-installeer kan word nie. Onthou ook dat u self verantwoordelik is vir die instandhouding van die blusser. Die koste beloop minder as R200, afhangende van die toestand van die blusser, en moet jaarliks gedoen word. Hou kennisgewingborde dop vir die datum waarop die Tegnikuste sal uitkom om u blusser te diens. Ons bring weer onder u aandag dat vuurkomberse ook op aanvraag bestel kan word teen R230.00 stuk. Dankie aan al die inwoners wie reeds n blusser het! Ons bedank byvoorbaat almal vir die samewerking!

Baie Geluk aan Pos Ons vra steeds hulp met die pos. Groot dankie aan die Bystandnommers Aftreelandgoed (algemene noodbystand) 078 803 1479 Mediese Noodnommer - 079 217 5323 Sekuriteit - 083 260 1524 Bladsy 4 Inwoners wat gedurende April verjaar het! paar wat nog hand bysit. Ontvangs Kantoor 014 743 4600 (Verwitting ontvangs van besoekers by hierdie nommer) Dieremaniere Diegene wat stap geniet, het waarskynlik al in ons eie Wildskamp gaan stap en beleef wat alles daar groei en rondhardloop. Met aankoms is een reël baie duidelik Ons diere, goggas en plante kry voorkeur hier! Kallie en Marie is ons grootste inwoners. Kallie die Kameelperd het gedurende 2006 hier sy intrek gekry en Marie 2010. Tot op hede het ons nog nie klein kameelperdoogies nie maar ons is seker die twee werk aan die saak. Ons prag-koedoe s is voorwaar iets om te aanskou. Drie-draai horings word mee gepronk en ons kudde staan nou op bykans agtien. Blesbokke en rooibokke maak u uitstappie n visuele plesier met hulle aanwesigheid. Vroeg in die oggend kan die eggo s van die sebra s se geblaf van vêr gehoor word soos wat hulle die nuwe dag groet. Ons Wildskommitee werk hard om na ons kamp om te sien. Gedurende die begin van Mei word ongeveer 300 bale eerstegraadse lusern vir ons diere, binne en buite die kamp afgelewer om te sorg vir die winter maande wat voorlê. Baie dankie Western Breeze vir die finansiële bystand. Geen vure word in die kamp toegelaat nie, maar pak gerus n piekniekmandjie en gaan sit by die ou huis passop net vir die hiëna wat vir u om die deur loer. Humorhoekie Blapse in kerkblaadjies Dames, moet nie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor O blye dag gaan sing. Klaas Buitendach en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig n mooi vriendskap wat in hule skooljare begin het. n Boondjiesopaand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring n baadjie saam ingeval dit windering en onplesiering raak. Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.

Welkom aan al ons nuwe Intrekkers wat by ons aangesluit het. Ons weet julle sal baie gelukkig hier op ons pragtige Landgoed wees. Page 5 Inwonerinsette Stories,Grappies of Foto s Daar staan n houer in die administratiewe kantoor met die vriendlieke gesiggie van Kallie Knipoog op. Hy nooi almal uit om interessante insette in te dien wat ons dalk vir die Maandelikse Inligtingsbrief kan gebruik. Boekwurmbydrae Al ooit gewonder wat is die vreemde nommertjies wat agter op ons boeke verskyn? Wel, hier is n kort verduideliking. Anders as fiksie; wat alfabeties volgens skrywer geklassifiseer word, word nie-fiksie volgens die Dewey Desimale Stelsel geklassifiseer. Dit is n stelsel wat wêreldwyd deur alle biblioteke gebruik word. Volgens Dewey is daar 10 hoofgroepe: 1. 000: Computer science, information & general works 2. 100: Philosophy and psychology 3. 200: Religion 4. 300: Social sciences 5. 400: Language 6. 500: Science 7. 600: Technology 8. 700: Arts and recreation 9. 800: Literature 900: History and geography Boek van die maand: I dared to call Him Father deur Bilques Sheikh, n moslemvrou wat tot bekering gekom het. n Moet-lees! Ons legkaarte en DVD s word oog gemerk sodat ons mooi rekord van alles kan hou. Wanneer u n artikel uit die leeskamer neem, vra ons mooi dat u die boekregister invul met die gegewens van die media wat geneem word. Ons vra ook dat u dit terugbring sodra u daarmee klaar is sodat ons ander inwoners ook genot daaruit kan put. Kantoorure Baie dankie aan almal wie saam met ons werk en by ons kantoorure hou. Dit gee vir ons tyd om by al ons administratiewe funksies uit te kom!