Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE REGTE VAN KINDERS UIT HOOFDE VAN ARTIKELS 26 EN 28 VAN DIE GRONDWET

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

10 GRONDWETUITLEG Inleiding

DIE BETEKENIS VAN DIE BEPALINGS VAN DIE 1996 GRONDWET DIE AANHEF EN HOOFSTUK 1 ISSN VOLUME 1 No 1

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

SAAMWOONVERHOUDINGS TUSSEN PERSONE VAN DIESELFDE. Skripsie voorgel6 ter gedeeltelike nakoming van die vereistes van die graad

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme*

KULTUUREIE-ONDERWYS: 'N ONDERWYSREGTELIKE PERSPEKTIEF

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

TRADISIONELE LEIERS: ERKENNING EN DIE PAD VORENTOE ISSN VOLUME 1 No 1

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

SIZA takes the sting out of auditing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

deur HENDRIK PETRUS LODEWYK MATTHEUS voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak VERGELYKENDE OPVOEDKUNDE aan die

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

n FUNKSIONELE EN STRUKTURELE ONTLEDING VAN DIE EN 1996-GRONDWET MET SPESIALE VERWYSING NA DIE TRIAS POLITICA-LEERSTUK deur

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Die verkryging van getuienis deur middel van gedwonge chirurgie

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

C"k)o.-,t/1'l I /4-/ 1Cf17

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Regverdiging van ontslag van n werknemer skuldig aan seksuele teistering. deur. Anika Pretorius LLB

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Regstellende aksie: n etiese perspektief18

WESSELS V DE JAGER EN DIE REPUDIERINGSKONSTRUKSIE IN DIE INSOLVENSIEREG

Tariewe

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Transcription:

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid * Linda Jansen van Rensburg Opsomming Artikel 27 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op toegang tot maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie en dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik. Die reg op toegang tot sosiale sekerheid word as n tweede generasiereg beskou en die afdwingbaarheid van so n reg word wêreldwyd gedebateer. Dit is daarom belangrik om die bestaanbaarheid van die kategorisering van fundamentele regte in eerste, tweede en derde generasieregte te analiseer. Die betekenis van die konsep van demokrasie wat in artikel 7 van die Grondwet gebruik word om die grondwetlike waardes te kwalifiseer sal ook bespreek word. Ten slotte sal die grondwetlike waarde van menswaardigheid en die belangrikheid daarvan vir die reg op sosiale sekerheid ondersoek word ten einde konstruktiewe voorstelle oor die interpretasie en afdwingbaarheid van hierdie reg te maak. Constitutional values and socio-economic rights with reference to the right to access to social security Section 27 of the Constitution states that everyone has the right to have access to social security, including, if they are unable to support themselves and their dependants, appropriate social assistance and that the state must take reasonable legislative and other measures, within its available resources, to achieve the progressive realisation of each of these rights. The right to access to social security is known as a second-generation right and the enforcement of such a right is debated worldwide. It is important to analyse the viability of the categorising of fundamental rights in first, second and third generation rights. The meaning of the concept of democracy used in section 7 of the Constitution as a qualifying factor for the constitutional values will also be discussed. Finally the constitutional value of human dignity and the importance thereof for the right to social * Hierdie bydrae vorm deel van 'n projek oor grondwetlike waardes binne die navorsingsfokusarea van die Fakulteit Regte, PU vir CHO. By die voltooing van hierdie bydrae is dit my wens om Prof Gerrit Ferreira te bedank vir sy leiding en bystand in die skrywe van hierdie bydrae. B Com, LL B, LL M, Senior Lektor, Fakulteit Regte PU vir CHO. 1

security will be examined in order to make constructive proposals regarding the interpretation and enforcement of this right. 1 Inleiding Sosiale sekerheid kan gedefinieer word as n versameling van maatreëls wat ondersteuning bied aan persone wat n verlies in inkomste of spesifieke koste in die gesig staar. 1 Fundamentele hervorming van die sosiale sekerheidstelsel is n wyse waarop historiese ongeregtighede 2 reggestel kan word. Hierdie hervormingsbenadering word beliggaam in die voorskrifte van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996. 3 Deur middel van artikel 27 van die Grondwet word die Staat die verpligtinge opgelê om in n toenemende mate wetgewing oor sosiale sekerheid daar te stel. Artikel 27(1) bepaal soos volg: Elkeen het die reg op toegang tot- (a) gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg; (b) voldoende voedsel en water; en (c) maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie. Artikel 27(2) bepaal soos volg: Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik. 1 2 3 Pieters 1993:4. Soos wat in die verlede in Suid-Afrika plaasgevind het. Vgl ook die Aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108/1996. Hierna Grondwet. 2

Die reg op toegang tot sosiale sekerheid word as n sosio-ekonomiese reg (ook bekend as n tweede generasiereg) beskou en die afdwingbaarheid van so n reg word wêreldwyd gedebateer. 4 Die howe en spesifiek die Konstitusionele hof stel die belangrikste meganisme om hierdie reg af te dwing daar. n Kritieke vraag wat aldus ontstaan, is watter interpretasie die Konstitusionele hof aan artikel 27 sal gee en of hierdie reg wel afdwingbaar sal wees. Ten einde sosio-ekonomiese regte en spesifiek artikel 27 binne konteks te plaas, sal die kategorisering van regte ondersoek word. Die betekenis van die konsep van demokrasie ten einde grondwetlike waardes te kwalifiseer, sal geanaliseer word. Ten slotte sal die rol van die grondwetlike waarde van menswaardigheid in die uitleg en interpretasie van artikel 27 sal ook onder die soeklig kom, omdat menswaardigheid veral ter sprake kom by die idee van n welsynstaat. Die hoofdoel van hierdie ondersoek is om n benaderingswyse ten aansien van die toepassing van die grondwetlike waardes voor te stel. 2 Waardes Artikel 1 van die Grondwet bepaal dat die Republiek van Suid-Afrika een, soewereine, demokratiese staat is wat op die op die volgende waardes, naamlik menswaardigheid 5, gelykheid en vryheid 6, die oppergesag van grondwetlike heerskappy 7, asook nie-rassisme en nie-seksisme 8 gegrond is. Demokrasie word nie in die Grondwet as n spesifieke waarde genoem nie. Daar word wel in artikel 7 van die Grondwet na die demokratiese 4 5 6 7 8 Beatty 1993:1; De Villiers 1992:29; 1996:681, 693-694; 1992:412; De Vos 1997:67; Boshoff 1991:447; Haysom 1992:451-474; Mureinik 1992:465. A 1(a) en 7 van Grondwet. A 1(a) en 7 van Grondwet. A 1(c) van Grondwet. A 1(b) van Grondwet. 3

waardes van menswaardigheid, vryheid en gelykheid verwys. Daar word voorgestel dat die konsep van demokrasie dus die genoemde waardes kwalifiseer, maar nie self n waarde is nie. Basson 9 doen aan die hand dat die belangrikste regswaardes geregtigheid en menswaardigheid is. Volgens hom kan geregtigheid onderverdeel word in gelykheid en vryheid. Die waardes van geregtigheid (dws gelykheid en vryheid) en menswaardigheid is ook in ooreenstemming met die waardes wat in artikel 1 van die Grondliggende bepalings van die Grondwet genoem word. Dit is in die eerste plek belangrik om n benaderingswyse waarvolgens die howe fundamentele regte kan uitlê en interpreteer, te identifiseer. Die waarde-georiënteerde benaderingswyse huldig die uitgangspunt dat daar n hoër reg is wat sekere a priori regswaardes omvat waaraan die positiewe reg moet voldoen ten einde geldig te wees. 10 Hierdie regswaardes is gevorm uit godsdienstige, filosofiese en morele opvattings. 11 In lyn met die waarde-georiënteerde benaderingswyse staan die positivistiese benadering. Volgens hierdie benadering word die reg bestudeer soos die reg is en soos die reg tot uiting kom in die positiewe reg en nie soos die reg behoort te wees nie. 12 Die waardegeoriënteerde benaderingswyse is aan kritiek onderworpe en daar word geargumenteer dat hierdie benaderingswyse te rigied is en nie voorsiening vir veranderings binne n moderne samelewing maak nie. 13 Basson 14 is van mening dat die relativistiese benaderingswyse die aanvaarbaarste is. Die relativistiese benaderingswyse doen aan die hand dat waardes nie absoluut geld nie, maar dat hulle relatief is in die sin dat kennis 9 10 11 12 13 14 Basson 1993: 221. Basson 1993:219; vgl ook Van Rensburg 1995:70; Wolhuter 1996:513. Basson & Viljoen 1988:228. Basson 1993:220; Boshoff 1991:456; vgl ook Wolhuter 1996:513. Basson 1993:220; Boshoff 1991:458-459. 1993:220. 4

geneem word van die omstandighede wat geld op n bepaalde plek in n bepaalde tydsgewrig. 15 Daar word voorgestel dat n relativistiese benaderingswyse ten aansien van die uitleg en interpretasie van die fundamentele regte gevolg moet word. Die grondwetlike waardes sal n rol speel in die uitleg en interpretasie van die verskillende fundamentele regte. Die waardes self sal dus nie bepaal of die positiewe reg ongeldig is of nie, dit sal slegs n middel tot die uitleg en interpretasie van die spesifieke fundamentele reg wees. Die fundamentele reg opsigself sal die geldigheid al dan nie van n bepaling in die positiewe reg bepaal. Grondwetlike waardes sal dus n rol speel in die uitleg en interpretasie van die reg op toegang tot sosiale sekerheid. Die uitleg en interpretasie wat die howe aan hierdie reg gee, sal bepaal of hierdie reg afdwingbaar is of nie. Daar sal veral klem gelê word op die waarde van menswaardigheid omdat hierdie waarde direk in verband staan met die reg op toegang tot sosiale sekerheid en die erkenning van die staat as n welsynstaat. Die inhoud van die konsep van demokrasie as kwalifiserende bepaling in die verwysing na grondwetlike waardes sal ook onder die soeklig kom. Alvorens die waarde van menswaardigheid en die betekenis van demokrasie vir doeleindes van artikel 7 ondersoek kan word, is dit nodig om die tradisionele onderskeid tussen verskillende generasieregte te ondersoek, ten einde die reg op toegang tot sosiale sekerheid in perspektief te plaas. 3 Onderskeid tussen eerste en tweede generasieregte Tradisioneel is daar n onderskeid tussen drie soorte fundamentele regte, eerste generasie- 16, tweede generasie- 17 en derde generasieregte getref. 18 Die Verenigde Nasies 15 16 17 Basson 1993:220. Ook bekend as blou regte, sluit burgerlike en politieke regte in. Ook bekend as rooi regte; sluit sosiale, kulturele en ekonomiese regte in. 5

tref ook hierdie onderskeid waar daar twee aparte Konvensies opgestel is. Die eerste handel oor eerste generasieregte en die tweede oor tweede-en derde generasieregte. 19 Die onderskeid berus op die veronderstelling dat sosiale, ekonomiese en kulturele regte (tweede- en derde generasieregte) ander regsverpligtinge en moniteringsstelsels vereis as burgerlike en politieke regte (eerste generasieregte). 20 Daar word geargumenteer dat burgerlike en politieke regte negatief van aard is. Dit vereis slegs negatiewe optrede van die staat om nie in die vryheid of integriteit van n individu in te meng nie. 21 Die implementering daarvan is maklik omdat dit slegs van die staat vereis om nie iets te doen nie. Dit is nie duur om af te dwing nie. Hierdie regte is ook absoluut en onmiddelik implementeerbaar. Verder word geargumenteer dat die howe hierdie regte maklik kan interpreteer en afdwing. Geen botsing van belange is hier ter sprake nie, want daar word slegs op n individuele reg inbreuk gemaak. Burgerlike en politieke regte is a-polities 22 want dit beskerm bloot die individu teen onredelike inmenging van die staat. 23 Daarteenoor word geargumenteer dat sosio-ekonomiese regte positiewe en intensionele optrede van die staat verg. 24 Sulke regte word as onafdwingbaar beskou omdat daar van die regsprekende gesag verwag word om die terrein van die uitvoerende gesag te betree. 25 18 19 20 21 22 23 24 25 Ook bekend as groen regte; sluit die reg op vrede, ontwikkeling en n beskermde omgewing in. Liebenberg 1995:360-361; De Vos 1997:69; Boshoff 1991:447. Liebenberg 1995:361; Haysom 1992:456-457. De Vos 1997:69. Byvoorbeeld die staat word weerhou om sy burgers te martel. Liebenberg 1995:361; De Vos 1995:239-240. Die stelling stel n klaarblyklike teenstrydigheid daar want hoe kan politieke regte a-polities wees? De Vos 1997:69; 1995:236; Dlamini 1990:96. Davis 1992:478; Mureinik 1992:467. Beatty 1993:2; vgl ook Burnam & Barrat 1993:303; De Villiers 1992:29; 1996:694; De Vos 1997:68; Liebenberg 1995:361. 6

Sosio-ekonomiese regte is duur om te implementeer want n maatskaplike verpligting word hierdeur op die staat geplaas. Verder is sulke regte programmaties en neem dus n geruime tyd om te realiseer. 26 Sosio-ekonomiese regte word as vaag en onduidelik beskryf en die howe is nie toegerus om hierdie waardes en verwagtinge korrek te analiseer en afdwingbare bevele daaroor te gee nie. 27 n Handves van Regte word ideologies beskou as a shield and not a sword en sosio-ekonomiese regte pas nie gevolglik in hierdie ideologiese beskouing in nie. 28 Skrywers 29 waarsku egter dat die tradisionele onderskeid tussen hierdie regte kunsmatig is en dat daar nie werklik n konseptuele verskil tussen hierdie regte bestaan nie. Alle regte is gerig op die beskerming van die individu se vryheid om sy of haar lewe met menswaardigheid en respek uit te leef. 30 Burgerlike en politieke regte is hoofsaaklik daarop gerig om aan die individu die outomonie te verskaf om vrylik persoonlike en politieke besluite te neem sonder inmenging van die staat. Sosio-ekonomiese regte is hoofsaaklik daarop gemik om aan almal n outonome ruimte te verskaf waarin die individu vry is om sy of haar sosiale en ekonomiese welstand, met voldoende bystand van die staat, uit te leef. 31 Die onderskeid tussen die belange wat beskerm word, is egter ook nie absoluut nie. 32 Hierdie regte is interafhanklik en onverdeelbaar en verskil slegs 26 27 28 29 30 31 32 Basson 1989:123; Cappelletti 1992:9-10. De Vos 1997:69; De Villiers 1996:697; Basson 1989:123; Cappelletti 1992:10; Davis 1992:479; Mureinik 1992:467. De Vos 1997:69; 1995:237. De Vos 1997:70; De Villiers 1996:699; Basson 1989:121-122. De Vos 1997:70. De Vos 1997:70; Basson 1993:229. De Vos toon aan dat sommige burgerlike en politieke regte dikwels daarop gerig is om sosiale en ekonomiese belange te beskerm en vice versa. De Vos 1997:71. 7

in graad en nie in soort nie. 33 Verder word aangevoer dat sommige burgerlike en politieke regte ook positiewe optrede van die howe verg. 34 Daarteenoor verg sommige sosio-ekonomiese regte slegs negatiewe optrede van die howe. 35 Die standpunt word ook gehuldig dat burgerlike en politieke regte nie gehandhaaf kan word indien sosio-ekonomiese regte geïgnoreer word nie. 36 Die stabiliteit van n politieke demokrasie is afhanklik van die balans tussen hierdie twee groepe regte. 37 Civil and political rights cannot prevail if socio-economic rights are ignored, and stability of political democracy depends on the extent of balance between the two groups of rights. 38 Daar bestaan dus n bepaalde samehang tussen burgerlike en politieke regte aan die een kant en sosio-ekonomiese regte aan die ander kant, omdat baie tradisioneel burgerlike en politieke regte in die Handves van Regte, bepalings wat sosio-ekonomiese implikasies het bevat. Dit het tot gevolg dat burgerlike en politieke regte aan nuwe interpretasies onderworpe gestel word om tred te hou met veranderende omstandighede in die moderne samelewing. 39 33 34 35 36 37 38 39 De Vos 1997:71. Vgl ook De Villiers 1996:700; Dlamini 1990:96; De Vos 1995:251; Haysom 1992:457; Suid-Afrikaanse Regskommissie 1995:193. n Voorbeeld hiervan is die reg op gratis regshulp. De Villiers 1996:699. Vgl Basson 1989:123; Davis 1992:481; De Vos 1995:251-252; Haysom 1991:107; Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 1996 4 SA 744 (KH) par 77. Davis 1992:481; De Vos 1995:251-252. Basson 1989:122; Boshoff 1991:448; Mureinik 1992:465. De Villiers 1996:694-695. De Villiers 1996:700. De Villiers 1996:699. 8

De Villiers 40 noem in die verband die volgende voorbeeld:.the right to life is being extended to quality of life and inhumane treatment forms the basis of claims for social assistance from the state. Nog n voorbeeld hiervan is artikel 9 van die Grondwet. Artikel 9(1) bepaal dat elkeen gelyk is voor die reg en die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg het. Artikel 9(2) bepaal dat gelykheid die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede insluit. Artikel 9(2) word egter gekwalifiseer deur die volgende bepaling daarin: Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is. Die gelykheidsbeginsel soos geformuleer in die Suid-Afrikaanse Grondwet stem ooreen met die Kanadese formulering van die reg op gelykheid. 41 Davis 42 argumenteer dat hierdie formulering van die gelykheidsbeginsel ook n positiewe verpligting op die howe plaas. Davis 43 verwys na n Kanadese saak waar die hof bevind het dat n bepaling in die Werkloosheidsversekeringswet inbreuk maak op die gelykheidbepaling deurdat dit nie aan biologiese ouers dieselfde kindersorg voordele gee as aanneem ouers nie. Die hof het derhalwe beslis dat biologiese ouers ook op hierdie voordele geregtig is. 44 Daardeur betree die hof die terrein van die wetgewende en uitvoerende gesag deurdat die hof die reg op gelykheid op n positiewe wyse afgedwing. 40 41 42 43 44 De Villiers 1996:699. A 15(1) Constitutional Act/1982; Hogg 1992:1149, 1340; Davis 1993:82. Davis 1993:82. Davis 1993:82. Davis 1993:82-83. 9

Die gevolgtrekking kan dus bereik word dat die burgerlike- en politieke reg van gelykheid sosio-ekonomiese gevolge het en dat die howe wel hierdie reg op n positiewe wyse sal afdwing. 45 Dit is ook in lyn met die argument dat alle fundamentele regte interafhanklik en onverdeelbaar is. 46 Uit bogenoemde stelling kan die afleiding gemaak word dat die algemene welsyn van die burgers n voorvereiste vir n demokratiese regering is. Ackermann 47 wys daarop dat daar nie werklik n onderskeid tussen verskillende regte is nie en is van mening dat alle regte op gelyke vlak beoordeel moet word. Daar word beklemtoon dat menswaardigheid die objek van fundamentele regte is en dat menswaardigheid as maatstaf gebruik kan word om die aard en beperkinge van ekonomiese regte vas te stel. 48 Om sosio-ekonomiese regte te ontken lei daartoe dat eerste generasieregte minder betekenisvol word. Hy verwys soos volg daarna: It would be pedantic to point out to (the poor) that though they are starving, they are free. 49 De Villiers 50 merk ook tereg die volgende op: 45 46 47 In die Indiese regstelsel het die howe die reg op gelykheid gebruik om te verseker dat die norme van proporsionaliteit en billikheid in ag geneem word met die vasstelling van wetgewing oor salaris- en pensioenskale. Beatty 1993:4. De Vos 1997:68; 1995:251-252; De Villiers 1996:679; Basson 1989:122; Sachs 1990:5. Soos aangehaal in Basson 1989:122. 48 Ackermann verwys dus na menswaardigheid as die doel van fundamentele regte. Daar word voorgestel dat menswaardigheid eerder as waarde gebruik moet word om n betrokke fundamentele reg te interpreteer en nie om die aard en beperkinge van die reg vas te stel nie. 49 50 Basson 1989:122. De Villiers 1996:681. 10

Social and economic rights concern the stomach of Africa and other impoverished areas: some form of acknowledgement that the state has a constitutional duty to take care of the social and economic plight of people is necessary; ordinary citizens will not relate to a bill of rights that recognises only Lockean rights. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie 51 tref wel n onderskeid tussen die verskillende generasies regte en voer aan dat indien sosio-ekonomiese regte op n positiewe wyse afgedwing word, dit tot n konstitusionele krisis sal lei, omdat die regering nie finansieël instaat sal wees om aan hierdie eise te voldoen nie en dit tot gevolg sal hê dat die Handves van Regte gediskrediteer word. 52 Die Regskommissie gee egter te kenne dat sosio-ekonomiese regte wel op n negatiewe wyse afdwingbaar is. 53 Sachs 54 is egter van mening dat daar wegbeweeg moet word van die regstradisie dat regte beperk word tot dit wat afdwingbaar is. Hy maak die volgende opmerking: While the role of the courts should always be important, it should be complemented by a richer concept in terms of which the Bill of Rights not only operates to defend individual rights, but seeks to guarantee the extension of rights to the community as whole. Sachs 55 stel voor dat die Handves van Regte n program moet daarstel wat gerig is op die realisering van sekere sosio-ekonomiese doelwitte en nie net direk-afdwingbare regte moet bevat nie. Hiermee gee hy dus te kenne dat tweede generasieregte nie positief afdwingbaar is nie, maar dat sulke regte wel n plek in die Handves van Regte behoort te 51 52 53 54 55 Suid-Afrikaanse Regskommissie 1991:493. Sien ook Suid-Afrikaanse Regskommissie 1995:194. Vgl ook Burnam & Barrat 1993:303; De Villiers 1992:29. Byvoorbeeld, die staat kan nie weier dat werknemers aan vakbonde behoort nie. Burnam & Barrat 1993:303. Sachs 1991:33-34; 1990:15. Sachs 1991:34. 11

hê. Sachs 56 noem ses wyses waarop die howe die tweede generasieregte kan benut in gevalle waar sulke regte opsigself nie afdwingbaar is nie. Hierdie regte kan gebruik word as hulpmiddel by die interpretering van wetgewing; dit kan gebruik word om negatiewe regte daar te stel; dit kan gebruik word as grondslag vir judisiële hersiening van administratiewe handelinge of ondergeskikte wetgewing; dit kan die howe bemagtig om spesiale organe, wat geskep is om tweede generasieregte te bevorder, te kontroleer; dit kan die howe bemagtig om te kontroleer of die wetgewer wetgewing rondom tweede generasieregte daargestel het; dit kan gebruik word om die reg op inligting af te dwing ten opsigte van openbare organe wat met die toepassing van tweede generasieregte belas is. In die sertifisering van die 1996 Grondwet het die Konstitusionele hof te kenne gegee dat sosio-ekonomiese regte wel afdwingbaar is, ten spyte van die feit dat dit n invloed op die staatskas sal meebring. 57 In die saak Soobramoney v Minister of Health (KwaZulu- Natal) 58 het die Konstitusionele hof egter beslis dat die besluite aangaande die gesondheidsbegroting deur politieke organe en gesondheidsowerhede gemaak word en dat die hof nie maklik sal inmeng in hierdie besluite indien dit rasioneel en bona fide gemaak is nie. Die afleiding kan dus gemaak word dat sosio-ekonomiese regte wel afdwingbaar is, maar dat die Konstitusionele hof nie maklik die terrein van die wetgewende en uitvoerende gesag sal betree (behalwe in ekstreme gevalle) nie. Daar word aan die hand gedoen dat die dogmatiese kategorisering van regte volgens positiewe of negatiewe optrede van die staat nie n suiwer onderskeid daarstel nie. De 56 57 58 Burnam & Barrat 1993:304; Suid-Afrikaanse Regskommissie 1995:196. Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 1996 4 SA 744 (KH) par 76-77. CCT 32/97 par 29. 12

Villiers 59 merk tereg op dat voortdurende klassifikasie tot onbuigsaamheid eerder as buigsaamheid lei. Verder moet die erkenning van slegs suiwer burgerlike en politieke regte in n Handves van Regte ontmoedig word, omdat die effektiewe uitoefening van burgerlike en politieke regte afhanklik is van die toepassing van sosio-ekonomiese regte vir n gesonde en stabiele demokrasie. Die afdwingbaarheid al dan nie van n fundamentele reg wat sosiale of ekonomiese implikasies het en wat positiewe optrede van die staat verg, behoort sonder verwysing na kategorieë, op eie meriete en na gelang van omstandighede beoordeel te word. 60 4 Demokrasie as kwalifikasie vir grondwetlike waardes Artikel 7 van die Grondwet bepaal soos volg: Hierdie Handves van Regte is 'n hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Demokrasie word nie in die Grondwet as n spesifieke waarde genoem nie. Daar word wel in artikel 7 van die Grondwet na die demokratiese waardes van menswaardigheid, vryheid en gelykheid verwys. Die konsep van demokrasie kwalifiseer dus die waardes maar is nie self n waarde nie. Die inhoud van die konsep van demokrasie kan egter uit verskillende beskouings vertolk word en die voor-die-hand liggende vraag is hoe die Konstitusionele hof hierdie konsep sal vertolk. In a country with a history like South Africa s, it would be more than a little ironic if the price of guaranteeing more social justice in the work place was a less democratic system of government in the country as whole. 61 59 60 61 De Villiers 1992:435. Vgl ook Suid-Afrikaanse Regskommissie 1991:122. Beatty 1993:2. 13

Die neiging om sosio-ekonomiese regte in n Handves van Regte op te neem druis teen die konsep van demokrasie in omdat dit van die regsprekende gesag vereis om die terrein van die uitvoerende en/of wetgewende gesag te betree. 62 Hierdie stelling hou verband met die oënskynlike botsing tussen die konsepte van n demokraties regering en konstitusionele hersiening. 63 Volgens Beatty 64 moet daar beperkings geplaas word op die gesag van die howe sonder om die demokratiese karakter van n staat te benadeel. Beatty 65 wys daarop dat selfs waar n grondwet die reg op n minimum standaard van kulturele en heilsame lewe waarborg, soos in Japan en Italië, die howe erken dat die wetgewer oor die finale diskresie beskik, as a matter of hard currency, om betekenis aan hierdie regte te gee. Demokrasie as konsep in die Grondwet en derhalwe as hulpmiddel in die uitleg en interpretasie van fundamentele regte figureer sentraal aan alle liberale staatsteorieë wat inhou dat die funksies en magte van die drie vertakkinge van die staatsgesag afsonderlik en onderskeidelik hanteer moet word. 66 Wetgewing, beleidsformulering en administrasie is primêr die taak van die wetgewende en uitvoerende gesag. 67 Die uitvoerende en wetgewende vertakkinge van die staat is gebaseer op die hou van verkiesings vir verteenwoordigers met veratwoordelikheid teenoor die kiesers. 68 Daarteenoor word 62 63 64 65 66 67 68 Beatty 1993:2; Basson 1989:123; De Villiers 1992:423,425; Mureinik 1992:466; Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 1996 4 SA 744 (KH) par 77. Davis 1994:104. Beatty 1993:7. 1993:11-12. Beatty 1993:12. Dit is ook die historiese benadering wat die howe in Suid-Afrika gevolg het. Sien Boshoff 1991:460; De Wet 1995:87. Beatty 1993:12. Beatty 1993:12. 14

regters nie verkies nie. 69 Dit word algemeen aanvaar dat dit die taak van regters is om die reg af te dwing en nie om die reg (insluitende die Grondwet) te hersien of te herskryf nie. 70 Die verlening van sulke veelomvattende magte aan die vertakking van die staat wat die minste verteenwoordigend en verantwoordelik aan die burgers is, is n regressie na n oligargie (bewind van weiniges) soortgelyk aan n koloniale regering. 71 Konstitusionele hersiening deur onverkose regters lei tot die ommekeer van die wil van n demokraties verkose regering en n verantwoordbare wetgewer deur n proses van interpretasie van abstrakte konstitusionele bepalings. 72 Die vraag kan dus gevra word tot watter mate sal die howe aktivisties kan optree en die reg op toegang tot sosiale sekerheid kan afdwing sonder om die terrein van die uitvoerende gesag te betree. 73 Die interpretasie van die reg op toegang tot sosiale sekerheid deur die Konstitusionele hof sal bepaal hoeveel Suid-Afrika van sy nuutgevonde demokrasie 74 sal moet prysgee ter wille van sosiale geregtigheid. Indien die konsep van demokrasie bogenoemde betekenis het, kan die gevolgtrekking dalk bereik word dat sosio-ekonomiese regte en spesifiek die reg op toegang tot sosiale sekerheid, nie positief deur die howe afgedwing sal word nie. Voortvloeiend hieruit kan die afleiding gemaak word dat daar dus geen verpligting op die staat rus om vir sy burgers te sorg nie. Bogenoemde beskouing van demokrasie is egter onderworpe aan regmatige kritiek. Dit wil voorkom of Beatty demokrasie gelyk stel aan liberalisme en die beginsels wat hy as 69 70 71 72 73 74 Davis 1994:103; 1992:484; Beatty 1993:12. Beatty 1993:12. Beatty 1993:13; Davis 1992:489. Davis 1994:104; 1992:489. Davis 1994:103. Volgens die beskouing van demokrasie hierbo beskryf. 15

eie aan n demokrasie tipeer, eerder as n liberale demokratiese beskouing vertolk moet word. Daar behoort n duidelike onderskeid tussen liberale- en sosiaal- demokratiese beskouings gemaak te word. Sosiale demokrasie streef daarna om elke persoon van klasse-onderskeid en uitbuiting te bevry. Die metodes wat hiervoor gebruik word, druis dikwels in teen n persoon se burgerlike en politieke regte. 75 Die Grondwet verwys slegs na die konsep demokrasie sonder om n inhoudelike betekenis daaraan te gee. Soos hierbo aangetoon, is dit duidelik dat daar verskillende beskouings oor demokrasie bestaan. Indien demokrasie uit n sosiale benadering vertolk word, bestaan die moontlikheid dat die Konstitusionele hof die reg op toegang tot sosiale sekerheid wel as afdwingbaar sal interpreteer. 5 Die rol van die grondwetlike waarde van menswaardigheid in die uitleg en interpretasie van die reg op toegang tot sosiale sekerheid Indien die aanname gemaak kan word dat Suid-Afrika n sosiale staat 76 is, rus daar derhalwe n verpligting op die staat om vir sy burgers te sorg. n Sosiale sekerheidstelsel is die hoeksteen van n sosiale staat. 77 Die staat het kragtens die Grondwet ten doel om die historiese ongeregtighede in die Suid-Afrikaanse gemeenskap reg te stel. 78 Uit die 75 76 77 78 Basson 1989:122. Die aanname is gegrond op die Aanhef van die Grondwet wat onder andere bepaal dat die Grondwet ten doel het om die verdeeldheid van die verlede te heel en 'n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep asook die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit. De Wet 1995:36; De Villiers 1996:694. Die belangrikheid van die erkenning van sosio-ekonomiese regte het na die tweede wêreldoorlog na vore gekom. n Voorbeeld hiervan was die sosiale ongeregtighede wat in Duitsland aangespreek moes word. Die welsynstaat-idee is daargestel om hierdie ongeregtighede deur middel van n sosiale sekerheidstelsel reg te stel. De Villiers 1996:695; Haysom 1991:106; Suid-Afrikaanse Regskommissie 1995:190. 16

bewoording van artikel 27 van die Grondwet kan afgelei word dat fundamentele hervorming van die sosiale sekerheidstelsel n wyse is waarop hierdie historiese ongeregtighede reggestel kan word. 79 Onderliggend aan die sosiale staat-beginsel is die erkenning van menswaardigheid as grondwetlike waarde. 80 Indien menswaardigheid as grondwetlike waarde gebruik word om artikel 27 te interpreteer, kan die afleiding dus gemaak word dat die Konstitusionele hof wel hierdie sosio-ekonomiese reg op n positiewe wyse behoort afdwing. Daar word voorgestel dat die grondwetlike waardes in samehang met mekaar vertolk behoort te word. Daar word voorgestel dat alle grondwetlike waardes op gelyke voet staan, maar dat menswaardigheid n besondere rol by die uitleg van die reg op toegang tot sosiale sekerheid het. Die vertolking van die reg op toegang tot sosiale sekerheid sal afhang van die betekenis wat die Konstitusionele hof aan die onderskeie grondwetlike waardes heg. 6 Samevatting 6.1 Benaderingswyse Daar word aan die hand gedoen dat die grondwetlike waardes soos uiteengesit in artikel 1 van die Grondwet gebruik behoort te word in die uitleg en interpretasie van n spesifieke fundamentele reg. Die waardes self sal dus nie bepaal of die positiewe reg ongeldig is of nie, dit sal slegs as n middel tot die uitleg en interpretasie van die spesifieke fundamentele reg wees. Die fundamentele reg opsigself sal die geldigheid al dan nie van n bepaling in die positiewe reg bepaal. Hierdie waardes moet dus gebruik word om die reg op toegang tot sosiale sekerheid te interpreteer. Uit die interpretasie wat 79 80 A 27 is n verdere bevestiging van die aanname dat Suid-Afrika n sosiale staat is. De Wet 1995:32. 17

die Konstitusionele hof aan hierdie reg gee, kan dan afgelei word of hierdie reg afdwingbaar is of nie. 6.2 Kategorisering Soos blyk uit die bespreking is die kategorisering van regte oorwegend dogmaties en kunsmatig. n Benadering word voorgestel waarin die afdwingbaarheid al dan nie van n fundamentele reg wat sosiale of ekonomiese implikasies het en wat positiewe optrede van die staat verg sonder verwysing na spesifieke kategorieë, op eie meriete en na gelang van veranderende tendense in die moderne samelewing, beoordeel word. 6.3 Betekenis van demokrasie Soos aangedui kan daar verskillende betekenisse aan die konsep van demokrasie gegee word. So byvoorbeeld sal die betekenis van demokrasie verskil na gelang van n liberalistiese of sosialistiese beskouing. Daar rus dus n taak op die Konstitusionele hof om inhoudelike betekenis aan hierdie konsep te gee. 6.4 Menswaardigheid as grondwetlike waarde Die vertolking van die reg op toegang tot sosiale sekerheid sal afhang van die betekenis wat die Konstitusionele hof aan die onderskeie grondwetlike waardes heg. Daar word voorgestel dat alle grondwetlike waardes op gelyke voet staan, maar dat menswaardigheid n besondere rol by die uitleg van die reg op toegang tot sosiale sekerheid speel. Dit moet egter beklemtoon word dat hierdie waarde nie in isolasie beskou moet word nie en dat die ander waardes genoem in die Grondwet in ag geneem moet word in die uitleg en interpretasie van die fundamentele reg tot toegang tot sosiale sekerheid. 6.5 Reg op toegang tot sosiale sekerheid 18

Die reg op toegang tot sosiale sekerheid het sekere sosio-ekonomiese implikasies. Indien die konsep van demokrasie binne n liberale beskouing geïnterpreteer word sal hierdie reg onafdwingbaar wees omdat die howe nie die terrein van die wetgewende en uitvoerende gesag sal betree nie. Daarteenoor sal die waarde van menswaardigheid wel tot gevolg kan hê dat die reg op toegang tot sosiale sekerheid afdwingbaar kan wees omdat daar n verpligting op die staat rus om vir sy burgers te sorg. Die ander waardes soos gelykheid en vryheid, die oppergesag van die Grondwet, asook nie-rassigheid en nie-seksisme kan ook tot verskillende uitkomste in die uitleg en interpretasie van die reg op toegang tot sosiale sekerheid lei. Dit moet egter weer beklemtoon word dat n werkbare antwoord slegs gevind kan word indien hierdie waardes op gelyke voet en in samehang met mekaar geënterpreteer word. Bibliografie BASSON DA & VILJOEN HP 1988. Suid-Afrikaanse Staatsreg. Kaapstad: Juta. BASSON DA 1993. Die ontwikkeling van ekonomiese regte. SA Publiekreg 218-229. 1989. Economic rights: a focal point in the debate on human rights and labour relations in South Africa. SA Publiekreg 120-128. BEATTY D 1993. Constitutional Labour Rights: Pros and Cons. Industrial Law Journal 1-15. BOSHOFF A 1991. Geregtigheid en sosio-ekonomiese regte in Suid-Afrika. TSAR 446-461. BURNAM S & BARRAT A 1993. Human rights and the administration of a welfare system. SAJHR 302-307. CAPPELLETTI M 1992. The future of legal education: a comparative perspective. SAJHR 1-28. DAVIS D 1992. The case against the inclusion of socio-economic demands in a Bill of Rights except as directive principles. SAJHR 475-490. 1993. Social rights may have negative consequences. South African Labour 19

Bulletin 81-83. 1994. Democracy its influence upon the process of constitutional interpretation. SAJHR 103-121. DE VILLIERS B 1992. Directive Principles of state policy and fundamental rights: The Indian experience. SAJHR 29-49. 1996. Human Rights in developing countries: some crucial issues. TSAR 679-700. 1992. Sosio-economic rights in a new constitution: critical evaluation of the recommendations of the South African law commission. TSAR 421-436. DE VOS P 1997. Pious wishes or directly enforceable human rights?: Social end economic rights in South Africa s 1996 constitution. SAJHR 67-101. 1995. The economic and social rights of children in South Africa s transitional Constitution. SA Publiekreg 233-259. DE WET E 1995. The positive aspects of certain negative rights in the interim bill of rights: identifying certain parallels with Teilhaberechte in German constitutional law. SA Publiekreg 73-106. 1995. Can the Social State principle in Germany guide state action in South Africa in the field of social and economic rights. SAJHR 30-49. DLAMINI CRM 1990. The South African Law Commission s Working paper on group and human rights: towards a Bill of Rights for South Africa. SA Publiekreg 91-100. HAYSOM N 1991. Democracy, constitutionalism and the ANC s Bill of Rights for a new South Africa. SAJHR 102-109 1992. Constitutionalism, majoritarian democracy and socio-economic rights. SAJHR 451-474. HOGG PW 1992. Constitutional Law of Canada Toronto: Carswell Thomson Professional Publishing. 20

LIEBENBERG S 1995. The International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights and its implications for South Africa. SAJHR 359-378. MUREINIK E 1992. Beyond a charter of luxuries: Economic rights in the Constitution. SAJHR 464-474. PIETERS D 1993. Introduction to Social Security. Antwerpen: Maklu Uitgevers. SACHS A 1990. Towards a Bill of Rights in a democratic South Africa. SAJHR 21-43. 1991. Towards a Bill of Rights for a democratic South Africa. Journal of African Law 21-43. SUID-AFRIKAANSE REGSKOMMISSIE 1991. Iterimverslag oor Groeps- en Menseregte. Projek 58. Pretoria. 1995. Finale Verslag oor Groeps- en Menseregte. Projek 58. Pretoria. VAN RENSBURG JM 1995. Interpretation and limitation of fundamental rights. Magistrate 63-70. WOLHUTER R 1996. Horizontality in the interim and final constitutions. SA Publiekreg 512-527. 21