Jaarverslag (tydperk: 1 Februarie Maart 2006)

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

BenguFarm Bestelvorm

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SIZA takes the sting out of auditing

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Direkte en indirekte rede *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Aanpassing in die uitgewersbedryf: Die geval van NB-Uitgewers rondom die millenniumwending 1

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Tariewe

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Mandala Madness Deel 2

Gemeenskapsinteraksie 2006

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

CBI maandvergadering Sukses hang af van vennootskappe

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Transcription:

Jaarverslag (tydperk: 1 Februarie 2005 29 Maart 2006) Geagte Klub-lid Die Bestuurskomitee hou graag die volgende jaarverslag aan u voor. Dit verskaf n bondige oorsig van die werksaamhede van die Klub gedurende die tydperk 1 Februarie 2005 tot 29 Maart 2006. Bedankings: Verskillende ratte hou die Klub-wiel aan die draai. Ons bring met dankbaarheid hulde aan die volgende individue en groepe, waarsonder die Klub se sukses nie moontlik sou wees nie: Lede van die Bestuurskomitee: Petro Boshoff, Philip Langenhoven, Riaan Gerber, Andries van den Berg en Wilna Joubert (wat einde 2005 as BK-lid bedank het). Hierdie span was die dryfkrag agter n baie suksesvolle Klub-jaar; Thys Oosthuizen ons Klub-administrateur vir die besondere toewyding en doeltreffendheid waarmee hy take soos finansies, lede-administrasie, korrespondensie en Brokkies-verwante sake behartig; Die gesinne van Bestuurskomitee-lede wat baie hard werk, én dikwels tweede in die aandag-ry kom, wanneer n Klub-taak aandag verg. Ook aan Gertjie Oosthuizen (Thys se gade) vir haar aktiewe betrokkenheid soos bv. die regstaan vir vanaand se verversings; Alle medewerkers (insluitende kunstenaars uit ons Afrikaanse gemeenskap) betrokke by n verskeidenheid Klub-projekte; Die borge wat onbaatsugtig jaarliks die KiwiKasie-projek finansieel en in daad ondersteun; Klub-lede wat met hulle lidmaatskapfooie die eerste sooi vir ons bestaan spit; Brokkies-adverteerders wat hierdie mondstuk finansieel selfversorgend maak; en Konstruktiewe kritici wat n belangrike kruiskontrole-funksie verrig.

Projekte: Klubprojekte is verteenwoordigend van die Klub se drie fokusareas naamlik die gesin, kunste, en gemeenskapsuitreiking. Die volgende projekte is tydens die verslagperiode bedryf: Brokkies: Die Klub se elektroniese weekblad, wat meer as 1800 intekenaars (van binne en buite NS) bereik, bly immergewild. Positiewe terugvoer wat gereeld van lesers ontvang word bevestig die waarde wat hierdie mondstuk, as vaandeldraer van die Klub, voortdurend tot die gemeenskap voeg. Alhoewel nuwe immigrante baie minder op die Klub vir materiële en emosionele ondersteuning aangewese is, speel Brokkies steeds n belangrike inligtingsverskaffings-rol aan Suid-Afrikaners wat van voorneme is om te emigreer. Die webblad is ook n belangrike aanknopingspunt vir persone wat navorsing doen oor emigrasie. Danse: Drie danse is die afgelope jaar gehou, t.w. Cairo to Cape-dans (Maart 2005), Lentedans (14 Sep 2005), en Oujaars-dans 2005. Bywoningsyfers wat toeneem bevestig dat danse n wesenlike gemeenskapsbehoefte aanspreek. Alhoewel danse n klein wins oplewer is inkomstegenerering nie die primêre oogmerk nie, maar eerder die voortlewing van n Afrikaans-eie kultuuraktiwiteit. Boekeprojek: n Tweede reeks moderne Afrikaanse boeke is vanjaar uit Klub-fondse aangekoop om die Afrikaanse versameling van die Browns Bay biblioteek aan te vul. Die boeke sal binnekort vir opname in die genoemde versameling gekategoriseer word. Hierdie lekkerlees-titels behoort voor die winter tot beskikking van biblioteeklede te wees. Cairo to Cape Town African Festival: Die Klub was mede-organiseerder van hierdie projek wat op inisiatief van die East Coast Bays Community Centre aangebied is. n Klubstalletjie is bedryf wat die Klub en die 2005 KiwiKasie-fees met Steve Hofmeyr bemark het. Hierdie fees het ontstaan as n direkte uitvloeisel van die multi-kulturele komponent van Die Afrikaanse Klub se KiwiKasie wat die voorafgaande 3 jaar (2002 2004) aangebied is. Taste of Africa Festival: Lede van die Bestuurskomitee en hulle gesinne het tydens hierdie geleentheid n Klub-stalletjie beman om feesgangers aan ons aktiwiteite bekend te stel. KiwiKasie 2005: Hierdie geleentheid, met Steve Hofmeyr as hoofkunstenaar, is soos geen ander projek in die Klub se geskiedenis ondersteun nie. Twee konserte in Auckland, asook ses in

ander streke, is gehou. Die projek is in samewerking met die Afrikaanse Klub van Australië gereël. Weens die buitengewoon hoë kaartjieverkope, was KiwiKasie 2005 ook n beduidende finansiële sukses. Tradisioneel bied KiwiKasie ook vir die Klub n geleentheid om na ander streke in Nieu Seeland uit te reik deur die aanbieding van gehalte Afrikaanse vermaak. Die Klub se ondersteuning maak dit vir ander sentra (stede soos Wellington en Christchurch ingesluit) lewensvatbaar om optredes van gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars aan die breër Afrikaanse gemeenskappe te bied. KiwiKasie bied ook blootstelling aan Afrikaanse kunstalent vanuit NS. KiwiKasie 2006: Daar word tans met Theuns Jordaan onderhandel om tydens Augustus 2006 as hoofkunstenaar by KiwiKasie 2006 op te tree. Weens die groei in werkomvang van die Klub se KiwiKasie-projekte en beperkte tyd tot beskikking van vrywilligers, asook om verantwoordelikheid vir die projek te sentraliseer, is Thys Oosthuizen as onafhanklike kontrakteur aangestel om die projek namens die Bestuurkomitee, teen vergoeding, te koördineer. Auckland Museum-projek: Die With A View to the Future -projek behels fondsinsameling ten bate van n omvattende restourasieprogram van die Auckland Museum. Die Afrikaanse Klub van NS het hom op uitnodiging van SANZ verbind om saam met laasgenoemde. en die Rainbow Nation Supporters Club te werk om $25,000 oor n tydperk van 5 jaar in te samel, as die SA-gemeenskap se bydrae tot die projek van $50 miljoen. Die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap is een van 49 instansies wat so bydra en sal erkenning kry deur n inskripsie op die siervenster van die nuwe ontwikkeling, asook in die gedenkboek wat tans vir die projek geskep word. Benewens oormerking (vir die Museum-projek) van fondse gegenereer uit projekte wat die Klub aangebied het, het ons ook fondsinsamelingsgeleenthede wat deur ander Suid-Afrikaanse organisasies gereël is ondersteun. Die Bestuurskomitee het op 8 Maart 2006 besluit dat die Klub se bydrae op een-derde van die beraamde koste van die projek vasgestel word, nl $8334 en dat die geld in n beleggingsrekening geplaas word, ge-oormerk vir die doel. Die Klub sal binnekort n skriftelike onderneming aan SANZ voorsien waarin onderneem word om die gelde oor te betaal sodra n stadium in die vordering met die projek bereik word wat daarop dui dat dit tot finaliteit sal kom, by gebreke waarvan die gelde nie oorbetaal word nie. Praatjie deur prof. Hennie van Coller: Die Klub het n funksie gereël waartydens prof. Hennie van Coller, die Voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, belangstellendes op 4 Augustus in Auckland toegespreek het. Die onderwerp, Die Stand van Afrikaans, het wyd byval gevind en die geleentheid is baie goed ondersteun.

Skakeling: Die Klub handhaaf gesonde verhoudinge met Suid-Afrikaanse en ander kulturele ondersteunersgroepe binne en buite NS. Ons is ook lid van die Auckland Multicultural Society wat vir ons toegang gee tot debatte oor sake wat immigrantegroepe raak. Die Klub het ook verskeie SA-inisiatiewe van ander instansies en individue in Nieu-Seeland intensief bemark. Toonaangewende mediagroepe beskou die Klub as n verteenwoordigende spreekbuis vir die breër Afrikaanse, en soms ook Suid-Afrikaanse, gemeenskap. Die Klub is nie n drukgroep of n politieke groep nie, en sal nie namens individue of groepe kollektiewe sake van beswaar met owerheidsinstellings of ander groepe aanroer en help beveg nie. Hierdie neutraliteit word aktief uitgeleef en dra beduidend tot die Klub se geloofwaardigheid by. Lidmaatskap: Die Klub het tans net meer as 600 persone in sy ledebasis. Die feit dat deelname aan Klub-projekte ook vir nie-lede toeganklik is, verseker egter dat die Klub n wesenlike invloed in die Afrikaanse, Suid-Afrikaanse en breër gemeenskap uitoefen. Finansies: Die Klub se finansiële sake is kerngesond en word op n deursigtige en verantwoordbare wyse bestuur. Die finansiële state sal hierna, onder item 7.2 van die sakelys, op die keper beskou word. Die Toekoms: Die behoefte aan dienste wat die Klub uit hoofde van sy grondwet bied, is besig om te verander. So byvoorbeeld steun nuwe immigrante minder op die Klub om in te skakel, aangesien hulle reeds dikwels vriende of familie in Nieu Seeland het wat hierdie ondersteunende rol vervul. Dit raak ook moeiliker om vrywilligers te werf om op die Bestuurskomitee te dien, asook om met projekte te help. Die meerderheid Klub-lede woon ook nie spontaan algemene jaarvergaderings by nie. Gebaseer op die huidige bestuur se belewenis van die heersende gemeenskapsbehoefte, blyk dit dat die kernbesigheid van die Klub tot die uitgee van Brokkies, aanbied van KiwiKasie en reël van danse beperk behoort te wees. Die tyd het waarskynlik aangebreek om strategies oor die missie, doelstellings en dienste van die Klub te besin. n Balans tussen wat die Klub behoort te doen (volgens ledebehoeftes) en wat die Klub kan doen binne die beperkinge van n kwynende vrywilligerskorps, behoort in die nabye toekoms bespreek te word. Die huidige Bestuurskomitee beveel aan dat die nuwe bestuur bogenoemde, so spoedig moontlik, op die sakelys vir bespreking sal plaas.

Dit was vir die huidige bestuur n groot voorreg om in diens van Afrikaans te kon wees. Sterkte word vir die nuwe bestuur, met die belangrike taak wat voorlê, toegewens. Baie dankie Martin Hefer 29 Maart 2006 Voorsitter, namens die Bestuurskomitee