ledige begrip van die bele doel en struktuur van die Regering se skema vir die opvoeding van volwassenes. Die wese daarvan is dat die strewe en die

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mandala Madness Deel 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SIZA takes the sting out of auditing

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

UNIVERSITY OF NATAL SOCIAL SCIENCE CONFERENCE: DURBAN: 12TH - 16TH JULY 1954.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Direkte en indirekte rede *

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Transcription:

ledige begrip van die bele doel en struktuur van die Regering se skema vir die opvoeding van volwassenes. Die wese daarvan is dat die strewe en die beleid van iedere vrywillige organisasie en iedere inrigting wat n verteenwoordiger op die Plaaslike Komitee benoem, op kultuurgebied ten voile eerbiedig word. D it word nie gedoog dat enige gesag hom byvoorbeeld met die taal wat n liggaam besig, inmeng n ie ; ewemin met sy insig of praktyk by die by bring van kennis en ervaring. Dit is dus beeltemal onnodig om uit boofde van besorgdheid oor eie identiteit in n aparte Komitee veiligbeid te soek. Ons veiligbeid le daarin dat die Staat besluit bet om die intellektuele ontwikkeling van sy burgers aan te moedig en te ondersteun met die waarborg van die burgers se buidige maksimum vrybede. Omdat ons weet boe bard daar somis, uit boofde van die tradisie en die geskiedenis, in ander lande gepoog word, om hierdie selfde posisie van staatsteun sonder inmenging met bul stelsel van opvoeding vir volwassenes te bereik waarin ons ons nou ingrawe, vul ons land se stelsel van vryheid-cum-geldelike-steun ons met regmatige trots. Terwyl dit dus onnodig is om uit besorgdbeid oor wat ons eie is, aparte komitees te stig, is dit in boe mate wenslik om Engels- en Afrikaanssprekendes in dieselfde komitee saam te bring, en one weet vandag dat dit alleen op n grondslag van gelykheid, opregte vriendskap en bevordering van mekaar se pogings kan geskied. Die land is reeds vol mense wat daardie gesindbeid bet. Die wat dit nog nie bet nie, bly langsaam maar seker agter. Soms verbinder die aardrykskunde, en by name die apart-woon, die vlugge ontwikkeling van die weersydse vriendskap en steun, maar die toekoms is in die bande van diegene wat die gesindbeid deelagtig geword bet. Daar is twee groepe wat geen toekoms in Suid-Afrika bet n ie : die wat bul bande laat slap bang en al bul eie wil prys gee, en die wat met die bydraes van die ander niks te doen wil be nie en miskien selfs meen dat Suid- Afrika bul nie nodig bet nie. As ons ons werk op n begte grondslag wil stel, is daar maar net een manier, en dit is die weg van eerlikbeid teenoor mekaar. Dan weet ons waar ons staan. Ons ideaal is dus om met een Plaaslike Komitee vir iedere streek te begin en nie tot n verdeling oor te gaan tensy die noodsaaklikbeid daarvoor bewys is nie. Die tyd behoort bier ons beste leermeester te wees en ons eie geduld. Terwyl dit dus in die reel onnodig en onwenslik is om ons twee boof-kultuurgroepe in aparte komitees te betrek, probeer ons om soveel mense as moontlik ondervinding op ons bestuursliggame te gee. Ons soek die kans vir n groot aantal persone om hul gedagtes te laat koers vat, om hul opinies te lug, om verantwoordelikheid te dra, om veel werk te onderneem, om bul invloed te laat geld en leierskap te ontwikkel, om administratiewe ervaring op te doen en om hulle by beboeftes en omstandighede aan te pas. Dit geld ten opsigte van blankes en nieblankes tegelyk. In die geval van nie-blanke komitees kan daar in die begin n paar ervare en simpatieke blankes wees om hulle te adviseer as hulle dit verlang. As dit nie gebeur nie, kom daar aanvanklik nie veel van die strewe van nie-blankes tereg nie, want nadat die Verslag van die Komitee oor die Opvoeding van Volwassenes meer dan n jaar in sirkulasie is en daar n bele aantal Komitees onder nie-blankes gestig is, is daar nog geen aansoek om hulp in hulle belang ontvang nie. 'n Groep Rotariers wat vir die merendeel Engelssprekend is en verskeie pogings, sonder sukses, aangewend het om die voile same-

werking van (lie Afrikanervriende le verkry, miskien omdat hulle verkeerd te werk gegaan liet, liet my onlangs oor die saak genader. Hulle wou n reeks lesings in die stad organiseer en wou lie die Afrikaanssprekendes moes dit bywoon. My antwoord w as:,, Bespreek eers u planne met diegene wie se samewerking u verlang. Dit sal my verbaas as hulle dit dan weier Die wenk is aangeneem en ek is dankbaar om te se dat die poging met welslae bekroon is, selfs bo verwagting. Laat ons eerste stap altoos wees om die mense te raadpleeg en bulle vertroue te win, nooit 0111 n program op te stel wat bulle kan,, gebruik of laat staan nie. D i e M e t o d ie k S l u i t b y d i e E r v a r i n g a a n. Gelukkig eis opvoeding vir volwassenes geen toelatings- of afsluitingseksamens nie. Volwassenes wat wil leer, woon die klasse, lesings, besprekings en funksies uit eie vrye wil by, en hulle laat-vat wanneer hulle die werk nie meer interessant vind nie. En omdat hierdie opvoeding vry is van die tradisionele indeling van kennis in 11 reeks afgebakende vakke, kan sy beoefenaars moedig eksperimenteer selfs in die heiligdom van die metodiek van die opvoedkunde. Immers juis omdat dit met volwassenes te doen het en omdat hulle in wesentlike, bestaande situasies belang stel, moet n nuwe benadering uitgedink word. Vir die volwassene is daardie soort opvoeding die beste wat hom die beste in staat stel 0111 reele situasies te begryp en hulle te ontmoet; en dus is die beste metodiek daardie wat uit die ervaring voortspruit. Omdat die volwassene reeds ervaring het en buitendien sover as moontlik van die atmosfeer van die klaskamer wil wegkom, waardeer by die geleentheid vir saam-dink en saam-spreek oor alle onderwerpe wat behandel word. Vir hom is duidelik n nuwe metodiek nodig, en sv dosente beboef 11 nuwe orientering en n eie doelreikende opleiding. Die universiteite sal hier meteens n groot taak en 11 groot geleentheid sien. Totdat die universiteite die nodige kursusse ingestel het, word die gepubliseerde werke oor die opleiding van leiers geraadpleeg. n S e n t r u m v i r d i e O p v o e d i n g v a n V o l w a s s e n e s. n Plaaslike Komitee (of ook wel een van sy saamstellende orgauisasies wat baie sterk is) sal vroeer o f later daarna streef 0111 11 deel van die jaar, bv. in n lang vakansie of gedurende n groot deel van die winter, n vakansiekursus of winterkursus of winterskool, te he. In die Vrvstaat is reeds onder die vleuel van die Onderwys-departement n pragtige begin in die Lenteskool aanwesig. Dit kan in enige deel van die TTnie nagevolg word. Reekse lesings word gereel oor n aantal onderwerpe waarvoor die aanvraag redelik groot blyk te wees. Vooraf word die mense wat die lesings wil bywoon, vir n reeks of vir meer as een reeks ingeskryf, of ook wel vir enltele lesings. So n kortkursus word nou van dorp tot dorp in die Vrystaat, in Natal (veral onder ingewing van die universiteitspersoneel) en elders gehou, maar sal soms n vaste tuiste kry en kan tot 11 inrigting met deurlopende aktiwiteite ontwikkel, d.w.s. tot 11 Sentrum vir die Opvoeding van Volwassenes onder een of ander beherende liggaam. 11 Waardige naam sou wees Stedelike Volkskollege. Dit is duidelik dat so n sentrum al meer en meer die karakter van 11 vaste opvoedingsinrigting sal gaan dra. Of dit mettertyd aan die Departement oorgedra sal word om vir sy verantwoordelilcheid aangehou te word, hoef nie nou hier bespreek te word nie. Ons sien nog glad nie almal die 10713 3

einde van ons ontwikkelings nie. Ons weet alleen dat daar vir ons groot dinge voor die deur staan. Die sentrum beboort in ieder geval van die begin af deur die Departement aangemoedig en ondersteun te word. So n sentrum sal allerlei vorms van opvoeding kan bebartig wat nie deur n plaaslike organisasie onderneem word nie, maar sy boofdoel is om geleenthede tot ernstige studie en die bebandeling van ernstige verskynsels en vraagstukke te verskaf. Dit is dan ook duidelik dat die verkry van bevoegde personeel, voltyds en deeltyds, van belang is en die nodige aandag van die sentrum sal geniet. Waarskynlik sal plaaslik tot aparte sentra vir blankes en nie blankes besluit word. W at van die grootste belang is, is dat vir almal die nodige geleentbede geskep word. Dit is dan beter om by so n sentrum een of twee booftemas vir die jaar, of die seisoen, te kies as om los onderwerpe sonder onderlinge verband in n reeks op te neem. As jy te veel mense wil bevredig, bevredig jy niemand behoorlik nie en almal voel dat die kursus n mislukking is. Dit sal beter wees om jou belangstellendes in rlrie groepe te verdeel en vir bulle drie reekse diskussies te reel, soos byvoorbeeld: (1) die moderne dram a; (2) alledaagse wet; en (3) na-oorlogse beropbou; of (1) n Suid-Afrikaanse bandelsvloot; (2) toerisme in twee werelddele; en (3) dierverbale in ons letterkunde; of (1) buisversiering vanmelewe en tans; (2) wetenskap in ons nywerbede; en (3) die rol van die naturel in ons samelewing. Reekse en groepe soos die voorgaande sal beter wees as n aantal los onderwerpe soos : (1) ons internasionale verboudings; (2) n tekstielnywerheid in ons laud; (3) geboortebeperking; (4) die lewe van Stalin; (5) kleuterskole; (6) die Kruger-wildtuin; (7) vry bospitaaldienste; (8) inbeemse houtsoorte; (9) oorsake van die W ereldoorloe; (10) koekversiering; (11) die atoombom; (12) staatsbeheer van ons minerale rykdom ; (13) wat doen ek vir my eie gesondbeid? Sommige sentra sal egter van aaneenlopende reekse sowel as losstaande lesings bou. Hulle besluit self. W ie die lesings sal gee, beboort nie veel moeilikhede te verskaf n ie : soms sal dit n plaaslike deskundige wees wat die mense graag wil boor, soms iemand van elders. Van universiteitsdosente onder die stelsel van uitbreidingslesings sal soms gebruik gemaak kan word, en die universiteite gee tans noukeurige aandag aan bierdie saak, maar iedere dorp bet n reeks deskundiges in wie se besondere kennis die samelewing besondere belang sal stel. Dit spreek verder vanself dat die bulp van ons beste korrespondensiekolleges ingeroep sal word

waar nodig. Met hulle organisasie en hxil staf van deskundiges kan hulle belangrike bydraes maak. Die tuiste vir die sentrum van opvoeding vir volwassenes sal na gelang van omstandighede van plek tot plek verskil, by universiteits-, normaalkollege-, hoerskool-, tegniese kollege-, regerings-, of munisipale geboue. In sommige plekke sal die openbare biblioteek die lokale verskaf, anders n kerk of n ander organisasie. Soms sal twee of nieer vergaderplekke in verskillende dele van die dorp of stad gebruik word. Oral moet ons non aan lokale dink, geld daarvoor insamel, terreine in die hande kry, bestaande geboue omskep en sorg dat geen geboue weggegee word nie. Byna almal is vir ons werk nodig. Die tye van die byeenkomste sal so vasgestel word dat hul vir die meeste kursusgangers pas. Dit sal gewoonlik laat in die namiddae en in die aande wees. Waar moontlik, behoort voorsiening vir maatskaplike verkeer met n bietjie verversings, voor of na die byeenkomste altoos gemaak te word. Onthou dat vir n groot aantal persone dit n groot aantrekkingskrag sal wees. Per slot van sake sluit baie aan hoofsaaklik ter wille van die sosiale omgang en ten einde hul vriendekring te vergroot. Daar is meer eensame mense in die wereld as ons veelal dink. So n sentrum kan soms deur n aparte vrywillige organisasie soos 11 klub, n kerk, n vrouevereniging, n landbou-unie, ens. gestig word. Daar is verskeie maniere 0111 aan die begin van die sentrum sy kursusse bekend te maak, bv. deur aankondigings en artikels in die pers, deur handelsfirmas, fabrieke en ander werkgewers persoonlik te versoek om die brosjure wat kursusse aankondig onder die aandag van hul werknemers te bring, maar veral deur middel van aankondigings oor die radio en deur kort opvallende kennisgewings wat die streekorganiseerders namens die betrokke liggaam deur die pos stuur. In sulke aankondigings sal melding gemaak word van die nuwe prosedure wat gevolg sal word, van die gesellige en informele atmosfeer waarin die werk gedoen sal word, die uitnemendheid van die leiers wat die voorlesings sal gee, van die reele en lewende aard van die onderwerpe, en bowe alles van die vriendskaplike verkeer, die pret en die genot wat elkeen by die sentrum sal he. W ant daar is ongetwyfeld n sterk begeerte van die kant van mans en vrouens om hul eie ontwikkeling te laat voortduur, om hul innerlike groei voort te sit, ook deur persoonlike omgang, en om meer kennis op te doen wat hul sal help om hul weg deur die verbysterende omstandighede van vandag te baan. Ons moet ons net nie voorstel dat alles altoos voor die wind sal gaan nie. Hard werk sal nodig wees en voortdurende waaksaamheid van die kant van die leiers. Daar is baie.ander sake wat die aandag eis hoewel geeneen so n kragtige beroep op die selfwerksaamheid van die lede maak nie. Soms sal daar groot teleurstellings wees, maar die beroep wt n sentrum op die begeerte van die mense om te groei en te ontwikkel, maak, sal gedurig seevier as die leiers reg optree. En as enige groep ooit werklik vasbrand, hoef hulle nie te aarsel om naderhand die hulp van die Unie-onderwysdepartement in Pretoria in te roep nie. Gelukkig is daar oral belangstellendes wat daadwerklike bystaand wil verleen en is die Kegering by magte om finansiele steun te verskaf. Dit sal uit die voorgaande al duidelik geblyk het dat in so n sentrum die bybring van kennis of vaardigheid die hoofdoel is. Dit geskied soms in formele klasse of in lesings of in besprekings, debatte

of forums. Maar n tweede belangrike reeks werksaamhede wat die sentrum kan onderneem het met die voller en ryker estetiese lewe te doen. W a a r v o o r G e l d e l i k e S tetjn V e r l e e n K a n W o r d. Yir die volgende ondernemings kan geledelike toelaes deur die Departement verleen word. Iedere aansoek van n liggaam word deur die sentrale Plaaslike Komitee opgestuur waar daar reeds een bestaan en word volgens verdienste bebandel. Aansoeke beboort vroegtvdig na die Departement opgestuur te word. 1. Werksaambede wat van opvoedkundige aard is soos byvoorbeekl voorsettingsklasse, lesings, voordragte en opvoerings van musiekklubs, toneelverenigings en gimnastiekklubs. 2. Werksaamhede wat, hoewel nie direk opvoedkundig nie, tog vir die opvoeding bevorderlik is, soos byvoorbeeld vir klerlilike, tik- en drukwerk wat vir die organisasie van n Komitee noodsaaklik is. 3. Opvoedkundige publikasies, veral die wat vir die geletterdbeid of vir die uitbreiding van kennis bevorderlik is en nie deur die betrokke liggaam finansieer kan word nie. 4. Vervoer-, verblyf- en versendingskoste wat vir goedgekeurde opvoedkundige werksaambede noodsaaklik is. 5. Vir die aankoop van noodsaaklike apparaat, uitrusting, instrumente en meubelment wat vir opvoedkundige werksaamhede gebruik moet word. G. V ir die besoldiging van werkkragte. 7. Vir die betaal van rente en aflossing op goedgekeurde kapitaaluitgawe. V o o r w a a r d e s W a a r o p T o e k e n n in g s G e s k i e d. Dit is allermins die bedoeling van die Departement om binderlike eise te stel of die organisasies te dwing om te veel roetine-werksaamhede te onderneem. Die voorwaardes wat gestel word, het die tweeledige doel om inligting in te win wat die Departement in staat sal stel om, waar nodig en indien moontlik, die betrokke liggame te help en te adviseer, en om dus verseker te wees dat van die landsgeld wat aangewend word die beste gebruik gemaak word ter bevordering van die doel van die betrokke opvoedkundige ondernemings. A1 die liggame tree dan ook in noue samewerking met die Departement ter bereiking van die doel wat beoog word. Die voorwaardes wat gestel word, is van n soort wat aan alle groepe wat met publieke geld werk, oorbekend is. Enkele daarvan mag op sommige liggame of op sommige werksaamhede nie van toepassing wees nie, en as dit die geval blyk te wees, sal die nodige toegewings maklik gemaak lean word. S t r e e k o r g a n i s e e r d e r s. Daar sal n aantal streekorganiseerders, amptenare van die Departement, benoem word om met die Plaaslike Komitees saam te werk en die beleid in dade om te sit. Aanvanklik sal die streke wat hulle bedien, taamlik groot wees, n Kort aanduiding van die soort van werksaambede wat bulle sal verrig word liier g egee: (i) Om met die oog op onderwys vir volwassenes n opname te maak van die behoeftes van hul streke.

(ii) Om met alle organisasies in hul streke, wat betrokke is by onderwys vir volwassenes, in voeling te bly en aover as moontlik hul werksaamhede bekend te maak. (iii) Om met die oog op die voorkoming van oorvleueling en hiate, die bedrywigliede van hierdie organisasies sover moontlik te koordineer. (iv) Om belangstelling in onderwys of verder onderwys, na gelang van die geval, onder die volwassenes aan te wakker. (v) Om die uitbreiding of stigting van deeltydse klasse vir die verskillende volksdele in hul streke aan te beveel indien so n stap xiit hoofde van die behoefte en die getalle geregverdig is. (vi) Om in samewerking met die betrokke inrigtings te reel vir uitbreidingslesings in hul streke. (vii) Om die drama, musiek en kuns in hul streke aan te moedig, deur besoeke van toneelgeselskappe en orkeste en vertonings van kunsversamelings te reel. (viii) Om daarna te streef dat die volste gebruik van geriewe soos biblioteke, museums en kunsgalerye in hul streke gemaak word. (ix) Om gereeld aan die Direkteur van Onderwys vir Yolwassenes verslag te doen oor die verskillende bedrywighede op die gebied van onderwys vir volwassenes in hul streke en om aanbevelings te doen in verband met uitbreiding van die bedrywighede. Dit is nou duideliker as aan die begin van hierdie werkie wat 11 stelsel van voortg'esette onderwys vir die bevolking kan beteken en hoeveel genot daaruit te haal is. In sy wese streef dit daarna om ons te help om ons onontdekte potensialiteite en belange te vind en ons die middels ter beskikking te stel om ons kragte te ontwikkel en oorvloedige vreug'de en vnendskap in die proses in te oogs. Dit is tewens duidelik dat ons hier 11 onderneming het wat in die ware sin van die woord avontuurlik is omdat dit talle van ontdekkingstogte in die onbekende nie alleen moontlik maak nie maar selfs voorskryf. As die menigvuldige kanse tot nasiediens reg gebruik word, dan kan dit ons terugvoer na die gees van kort na die Boereoorlog, maar dit sal n arbeidsveld van n ander en moeiliker aard vind een waarin daar by n groeiende nywerheidstaat n ontwaakte sin van verantwoordelikheid tuis en op internasionale gebied aanwesig is. P l a a s l i k e O w e r h e d e A a n v a a r n Y e u h e w e R o e p i n g. As die geleentheid reg gebruik word, en as die bemoediging van die kant van die staat en van die plaaslike gesag genoegsaam is, dan sal die beste kragte van die volk dit die moeite werd ag om hul gewig by die saak in te werp en dit met opgeruimdheid te bevorder. Ons moet tog in hierdie tyd geen fout maak n ie : sonder n uitg ebreide stelsel van opvoeding vir volwassenes kan ons nie n opgevoede volk word nie. Een van die mooiste lesse wat ons in die laaste maande geleer het, is dat die plaaslike gesag, die burgemeesters, met hulle munisipaliteite, amper nog meer belang stel in die waaragtige vorming van die land se burgers dan die sentrale gesag self. As daar n nog mooier verskynsel is, is dit dat die stadsvaders ook bereid is om van die stadsgeld te gebruik vir die vorming van hul burgers. Hulle

optree in bierdie verband is een van die mees verblydende vrugte wat die opvoeding van volwassenes afwerp, en dit sal iets voortrefliks wees as die munisipaliteite iets van bul vroeer verantwoordelikbeid en invloed oor die opvoeding onder bierdie nuwe skema berwin. Dit kan nie anders nie hierdie nuwe kyk wat ons plaaslike owerbede op bul werk bet en die nuwe gees waarin bulle bul verantwoordelikbede en bul geleenthede nader, naoet tot die burgerlike samelewing deurwerk. Tot die opbeuring en die groei van die samelewing moet dit grootliks bydra. En as bulle wetlike bevoegdliede te beperk is om bul in staat te stel om in alle beboeftes te voorsien, beboort die posisie van die plaaslike owerhede tog seker in bersiening' geneem te word. Veral mag daar niks in die weg staan van bulpverlening aan die distrik sowel as aan die stad of dorp nie. Tussen dorp en plaas mag bier geen verskil gemaak word nie. Die dorp en die plaas se kultuurlewe is een en onverdeeld, en die geleentbede wat deur die Departement verskaf word, is vir altwee bedoel. As ons nie die nie-blanke deel van ons bevolking in ons opvoeding laat deel nie, dan sal bulle die peil van ons beskawing- steeds neerwaarts trek; en iedereen wat oor die saak nadink, sal tot die gevolgtrekking kom, wat ek teen my sin bereik bet, dat dit beter en meer prakties is om die nie-blankes volwassene-opvoeding te verskaf dan om bulle almal ten spyte van bul ekonomiese onvermoe of verantwoordelikbeid in die gewone skool te dwing. Wanneer ons dit erken, moet ons ook die konsekwensies daarvan aanvaar en vir bulle die nodige voorsiening maak. Hieroor op n ander geleentbeid meer. Eindelik moet daar nog op gewys word dat opvoeding n kwessie van atmosfeer is sowel as n saak van instruksie. Dit is nie n versameling van feitekennis, bebendigbeid en belange alleen nie, maar die proses waardeur n witkyk en n houding daargestel word. Met ander woorde, die opvoeding wat ons beoog, lei tot die ontwikkeling van ons kultuur. En kultuur is nie kuns of beskawing nie. Dit is ons houding teenoor mense, toestande en omstandigbede. Dit word langsaam in die gemoed van die indiwidu en n groep opgebou meestal in ons onderbewussyn, as gevolg van die invloede waaraan ons ons onderwerp. Daar is tyd voor nodig. D it is die taak van die opvoeding van volwassenes om daardie invloede aan soveel mense in die land te verskaf as moontlik, ook aan diegene wat vir die moment nie besef dat bulle dit nodig bet en in bul binneste daarna verlang- nie. Maar terwyl dit nie moontlik is om beskawing of kultuur storinderband te beniagtig nie, is daar ook weer bemoediging in die gedagte dat min van ons werk waarlik verlore gaan. Ons strooi n idee bier, n gedagte daar, en n oortuiging elders. Vroeer of later, op onverwagte oomblikke soms, maar gewoonlik wanneer die nood aan die man is, kom die ervaring* wat aldus meegedeel is vir iemand goed te staan.

B ibliograeie. Die Biblioteek van die Unie-onderwysdepartement op Pretoria bevat n aantal van die beste boeke wat oor ons onderwerp in Engels verskyn bet. n Lys daarvan sal op aanvraag deur die Bibliotekaris verstrek word. l)aar is baie biblioteke wat hulle afdelings oor ons onderwerp tans opbou. Die volgende werke is onder die helangrikste wat ek ken. Slegs enkele boeke oor besondere aspekte van die opvoeding word uit n betreklik ryk letterkunde hier genoem. Van die lutstekende werke oor die volksopvoeding in Nederlands en Duits is liaas nie 11 enkele tans te bekom nie, behalwe miskien in die vorm van n Engelse vertaling. Behalwe die boeke wat hier genoem word ^eral oor Suid-Afrika, Amerika en Engeland, is daar ook verhandelings oor Switserland en die Skandinaviase lande, waar omstandighede soms op die van ons land lyk, wat aandag verdien. Die Opvoeding van Volwassenes in Suid-Afrika (TT.G. 35 1945) Staatsdrukker, Pretoria. Die Drama in ons Volksopvoeding Eybers, Staatsdrukker, Pretoria. Plans for Adult Education Eybers, Maskew Miller, Cape Town. The Future in Education Livingstone, Camb. Univ. Press. Towards a New Aristocracy (A Basis of Educational Planning) Happold, Eaber & Faber, London. The Further Education of Men and W omen Oxford TTniv Press South s Opportunity H. M. Stationery Office, London. Mass Education in African Society H. M. S. Office; London. Adult Education: Report of Regents Inquiry, McGraw H ill Book Co., New York & London. The Meaning of Adult Education E. C. Lindeman, New Republic, In c., New York. Leaders of Adult Education Overstreet & Overstreet, Am. Assn. for Adult Education, New York. The Problem of the Continuation School Best & Ogden, 1*. S. King, London. Adult Education Hewitt & Mather, D. Appleton Century Co., New York & London. Adult Education in South Africa A series of Durban Conference Lectures, edited by Maurice W ebb. The American W ay (Democracy at W ork in the Des Moines Forums) J. W. Studebaker, McGraw-Hill Book Co., New York & London.

Collection Number: AD1715 SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF RACE RELATIONS (SAIRR), 1892-1974 PUBLISHER: Collection Funder:- Atlantic Philanthropies Foundation Publisher:- Historical Papers Research Archive Location:- Johannesburg 2013 LEGAL NOTICES: Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner. Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only. People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website. This document forms part of the archive of the South African Institute of Race Relations (SAIRR), held at the Historical Papers Research Archive at The University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.