Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Rut: n Liefdes Verhaal

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

April 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mandala Madness Deel 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Mosselbaai Munisipaliteit

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Edgehog

Harry en Frank Zeiler

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

n Evolusie van die kern sakebuurt van Potchefstroom in 1880

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOFSTUK8 'N HISTORIES-ARGEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE 1913-HUIS TE WILLEM PRINSLOO LANDBOUMUSEUM

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

flana ~feto Deel 2, Nr. 1 September 1952 Volume 2. No. 1 r. S. v. R.: Boekbespreking.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

G. J. du Preez

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rubriek vir skeppende werk

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dialoog en paragrawe *

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Sterdansers by Vensters.

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

SIZA takes the sting out of auditing

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Transcription:

April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat n deurmekaarspul. Sommige van die erwe is later in tot 16 dele verdeel. Daar bestaan geen rekord van die erfnommers wat deur William Skinner en die Devereux-broers aan die eerste erwe toegeken is nie. Die oudste erfnommers kom voor op die kaart van Du Toit wat hy in 1858 geteken het. Die middelste deel van die kaart se nommers is heel logies maar in die buitewyke [wes van Prinsloostraat en suid van Visagiestraat] het hy dit in blokke met nommers van A tot T opgedeel en elke blok in 12 erwe. So kry ons dan Erf A-5 erf R-12. Aan die ander kant van die stad [wes van Potgieterstraat] word dit genommer as blok AA, BB, ens. En om een of ander rede het n ry erwe aan die oostekant van Potgieterstraat en die westekant van Prinsloostraat geen nommers nie. Ongeveer 1874 is daar nuwe nommers aan die erwe toegeken. Ek kon dit opspoor op die kaart van Van Vooren en Oerder van 1898. Nog steeds word net die hele erf genommer en nie die onderverdelings nie. In van die ou advertensies word daar bv. gepraat van die oostelike helfte van n sekere erf. Op die kaart kan mens sien dat die erf wel in twee verdeel is maar albei dele het nog steeds dieselfde nommer. Wat navorsing baie moeilik maak is dat mens nie altyd weet of dit n ou of n nuwe nommer is nie. So bv. is Du Toit se erf nommer 12 in Boomstraat en die nuwe nommer 12 is in Bloedstraat. Nou het ek n lys gemaak van elke erf met sy ou en nuwe nommer. Met die koms van posaflewering het elke deel van n erf sy eie nommer gekry. Dit is hier waar dinge nou regtig deurmekaar raak. So is die erf op die hoek van Vermeulen- en Schubartstrate [Erf 243 of 216] nou in 7 dele verdeel met elkeen sy eie erfnommer, nl. Schubartstraat 127; 133; 137; 143; 145 en Vermeulenstraat 94; 94; 96; 100. Ook hierdie nommers is ek besig om op Excel te sit. As basis gebuik ek die Valuation Roll van 1947/1950. Vandag iets oor die geskiedenis van Erf 351 [nuwe nommer 365] [Vandag Café Riche] Erf nommer 351 op die suidwestelike hoek van Kerkstraat en Kerkplein het vir n geruime tyd in die besit van President M.W. Pretorius gebly. In 1865 het hy die suidelike helfte van die erf laat transporteer op die name van I.M. en M.J. Prinsloo. Teen die einde van die 1860-er jare het Pretorius vir hom n huis in Pretoria laat bou en volgens die beskikbare gegewens is die huis blykbaar op die noordelike gedeelte van erf nommer 351 gebou. Dit is nie seker hoe lank Pretorius die huis bewoon het, en of hy dit oorweeg het om hom weer permanent in Pretoria te vestig nie. [Daar is ook n ander huis vir die president gebou waar die Paleis van Justisie vandag is. Die huis het later die

pastorie geword.] Met die wending in staatsake en sy gevolglike bedanking as President, het Pretorius in 1873 die noordelike gedeelte van die erf, tesame met die huis, aan William Skinner verkoop vir n bedag van 675 [REX-03 p256]. In 1899 [LON-01 p31 p32] was die vogende besighede daar gevestig. Met vooraansig op Kerkplein: African Board of Executors and Trust Co. Paul Nel, gen agent Niemeyer & Marais, Auctioneers J.H.E. Bal, gen agent Wellington Bar Met vooraansig op Kerkstraat: Wellington Bar Central News Agency H.A. Adelaar, barber Horse Shoe Bar Peacock & Co., Chemists Herman Bole, German Bazaar Wiener Cafe Poynton Bros, ironmongers Wie die eienaars van die grond was is nie bekend nie. In 1913 het die persele straatnommers gehad [LOC-01 p246]. Die persone wat daar besigheid gedoen het was die volgende: Met vooraansig op Kerkplein: Law Chambers met verskillende huurders Africander News Agency met verskeie huurders The Cabin Tea Rooms, Misses Clarke and Doyle Reserve Invest. Bldgs.: Café Riche, W. Harcourt (Prop.) Met vooraansig op Kerkstraat: 187 Café Riche, Box 912 (Harcourt, R.W., Prop.) 183 Adelaar Bros., Hairdressers 181 Peacock and Co., J., Chemists. Dr. Shapiro, Dr. van Wyk, A. Caplan (Proprietor) 179 Roumeliotes, John, Fruiterer (Capital Tea Rooms) 177 Brown s Stores 175 Embroidery House 175 Becker & Co., Tailors 171-173 Poynton Bros., Hardware Merchants 1913 Hier kry ons nou vir die eerste keer die name van die eienaars van Erf 365 [VAL-01 p16]. Die syfers in hakkies is die waarde van die grond en die waarde van die geboue in Pond. Reserve Invest. Co., Ltd. [15 000 : 22 000]

J.C. Poynton. [8 000 : 4 650] Law Chambers [7 000 : 5 500] In 1922-1944 [VAL-02 p18] was die waarde van die grond en geboue as volg: Reserve Invest. Co., Ltd. [14 000 : 22 000] J.C. Poynton [8 000 : 5 950] Law Chambers [9 700 : 7 500] In 1947-1950 [VAL-03 p8] was die waarde van die grond en geboue as volg: Dealesville Est. (Pty.), Ltd. [45 500 : 22 210] J.C. Poynton [18 100 : 7 720] Law Chambers [27 200 : 6 620] Wat is n brief nou sonder n foto. Ek het op die oomblik 10 foto s van daardie hoek en dit was vreeslik moeilik om te besluit watter foto s om te gebruik. Ongelukkig moes ek die foto s baie klein maak en dus is die kwaliteit nie baie goed nie. Noord-westelike hoek van Kerkplein en Kerkstraat ca. 1888 [Dun-01 p163] Wie het kon dink dat Pretoria eers so gelyk het? Amper soos n foto uit die Wilde Weste van Amerika. Links op die suid-westelike hoek van Kerkplein en Kerkstraat is die Post Office Bar. Volgens Barnes se 1888 Directory was die eienaar E.H. Clarke. Dit is dieselfde gebou waar Lohner se winkel ongeveer 1881 was. Hier is nou n stoep aangebou en die deur het na die hoek van die gebou geskuif, wat blykbaar voordelig was vir n kroeg. Langs die Post Office Bar het die haarkapper Adelaar sy besigheid gehad. [Op n ander foto kan die gestreepte paal van die haarsalon gesien word.] Dan volg n gebou met n trapgewel. Dit is nog n kroeg, die Horse Shoe Bar,

bestuur deur Anton Heisterhagen. Net anderkant die kroeg is die wamakersbesigheid van Smith en Petrie. Hulle was op hierdie perseel tot na 1893 en skuif later na Pretoriusstraat. In 1898 het die Poynton Broers hier besigheid gedoen [Dun-01 p163]. Oorkant Kerkstraat steek n gedeelte van die nuwe Poskantoor uit wat in 1887 gebou is op die hoek waar die Austin-gebou eers gestaan het. Noord-westelike hoek van Kerkplein en Kerkstraat ca. 1889 [All-01 p29] Nog n foto van die Post Office Bar op die suid-westelike hoek van Kerkplein en Kerkstraat. As mens kyk na die bourommel op die sypaadjie lyk dit asof daar aan die gebou gewerk word. Hier het die westelike gedeelte van die gebou in Kerkstraat nog nie n stoep nie. Links op die foto is die afslaersbesigheid van J.D. Celliers. Op die stoep is ook n advertensiebord vir die Booking Office: Johannesburg Saloon Coaches. Daily 3 and 12 noon. Smith en Petrie se wamakersbesigheid floreer nog steeds. Kyk net na die groot aantal waens en ander rytuie in die straat voor hul werkswinkel. By die groot advertensiebord skuins oorkant die straat is die plekbesprekingskantoor van George Heys. Hier adverteer hy sy Kimberley en Barberton koetsdiens. Die vinnige rit na Kimberley het drie dae geduur en kos 11 pond. Die rit na Barberton het ook drie drie dae geduur teen dieselfde prys [Dun-01 p162].

Ongeveer 1907 [EPS] Hier lyk dit nou al meer na die Pretoria wat ons vandag ken. Op die hoek is nou die Café Riche. Op die advertensiebord adverteer hulle IHOMA [?] LAGER BEER. Die gebou regs daarvan is die African News Agency en op die volgende die bord van The Cecil. Ongelukkig kan mens nie sien waarvoor dit staan nie. Op die stoep van die donker gebou regs daarvan [met die ry vensters] is Poynton se naambord. Die nuwe poskantoor wat vandag nog daar staan is nog nie gebou nie. Bronne Geraadpleeg ALL-01 Allen, Vivien. Kruger's Pretoria. 1971. Kaapstad: A.A. Balkema. DUN-01 Dunston, Lola. Young Pretoria 1889-1913. 1975. Pretoria: Lola Dunston. LOC-01 Loghhead's Guide Handbook and Directory of Pretoria. 1913. Transvaal Reliable Agency. LON-01 Longland. Longland s Pretoria Directory. 1899. REX-03 Rex, H.M. Die geskiedenis van die eerste ou goewermentsgebou en sy voorgangers. Universitiet van Pretoria. 1956. EPS In and around Pretoria and the mines. Johannesburg: Salon Epstein. VAL-01 Valuation Roll of Municipality of Pretoria. 1913. VAL-02 Valuation Roll of Municipality of Pretoria. 1922-1924. VAL-03 Valuation Roll of Municipality of Pretoria. 1947-1950. ----------------------------------------------- Goeie Nuus!!!!! Daar is n herdruk van Vivien Allen se boek Kruger's Pretoria. Die boek word hierdie maand vrygestel. Ek sal laat weet as ek meer inligting het. Groete, Rosa Swanepoel