SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SIZA takes the sting out of auditing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Mandala Madness Deel 2

Tariewe

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Sterdansers by Vensters.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Tariewe

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Rubriek vir skeppende werk

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

G. J. du Preez

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

VAANDELDRAER HULDEBLYK AAN VOLKSMOEDER EN KIND EUROPA SE MIGRASIE KRISIS KARIBA WATERVLAK SAK STEEDS SIRIE - 3DE WERELDOORLOG EN MEER...

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Hoe om krag te spaar

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Geen diens, geen instandhouding, geen niks Bose kringloop gaan ekonomie knak

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Transcription:

EKSKLUSIEF SA se Samaritane Gift of the Givers reik wêreldwyd uit Gift of the Givers verleen daagliks hulp aan duisende mense hier in Suid-Afrika waar die organisasie se wortels lê, maar ook regoor die wêreld. En dit het alles begin met een vreeslose man wat sy eie mediese praktyk gesluit het om alle mense wêreldwyd te dien. DEUR: Sonja Carstens FOTO S: Alet Pretorius & Gallo Images (Nelius Rademan, Dino Lloyd & Jan Right) 38 élan <<< www.medihelp.co.za >>> winter 2015

Om alle mense van alle rasse en alle klasse te alle tye te dien. Dít was die oogmerk waarmee dr. Imtiaz Sooliman die humanitêre organisasie Gift of the Givers in 1992 begin het. Sedertdien leef Sooliman en sy sowat 100 personeellede dié beginsels daagliks uit. Gift of the Givers is die grootste nieregeringsrampreaksiegroep in Afrika en het reeds meer as R1,2 miljard se hulp in 42 lande verleen. Ek wil graag ander mense met liefde dien sonder om iets terug te verwag. Ek het nooit voorsien dat Gift of the Givers só groot sou raak nie, sê Sooliman. Die organisasie het veral bekend geraak danksy sy volgehoue pogings om die Bloemfonteinse onderwyser Pierre Korkie deur onderhandelings te probeer bevry. Korkie is ná 18 maande in aanhouding saam met nog n gyselaar, die Amerikaner Luke Somers, weens skietwonde dood ná n mislukte Amerikaanse reddingspoging. Gift of the Givers het onlangs aangekondig dat hulle ook gaan probeer om Stephen McGowan se vrylating in Mali te probeer onderhandel, al het die organisasie nie n kantoor daar nie. Die 40-jarige McGowan is op 25 November verlede jaar ontvoer. Sy familie het by die organisasie om hulp gepleit nadat hulle suksesvol was in die onderhandelings vir die vrylating van Yolande Korkie, Pierre se vrou. Gift of the Givers was ook onlangs in die nuus toe hulle reddingswerk in die aardbewinggeteisterde Nepal gaan verrig het. >>> Ek wil graag ander mense met liefde dien sonder om iets terug te verwag. Ek het nooit voorsien dat Gift of the Givers só groot sou raak nie. ~ Dr. Imtiaz Sooliman ~ winter 2015 <<< www.medihelp.co.za >>> élan 39

Gift of the Givers-dokters in die Mayaadrajour-hospitaal ondersoek n man wat in die aardbewing in die Thini-woonbuurt beseer is. Hulle het operasies in verskeie hospitale uitgevoer. Onbaatsugtige werk ondanks omstandighede Min mense besef egter in watter gevaarlike omstandighede en vir hoe lank Gift of the Givers reeds dié onbaatsugtige werk wêreldwyd doen. Volgens Sooliman het hy destyds pas sy eie mediese praktyk geopen toe hy besluit het om hom op humanitêre werk te begin toespits. Die burgeroorlog in Bosnië was die eerste plek waar die organisasie met Sooliman aan die hoof van die sending hulp gaan verleen het. In 1993 het Gift of the Givers hier die wêreld se eerste mobiele hospitaal bekendgestel, en in 2003 het Gift of the Givers die eerste organisasie in Suid-Afrika se geskiedenis geword wat R60 miljoen van die regering ontvang het om humanitêre verligting in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te bring. Sooliman, wat oor die jare 43 toekennings vir sy werk ontvang het, vertel van die span se talle noue ontkomings. Hy en sy reddingspan het net uit n gebied in Libië beweeg kort voordat bomme daar geval het. Dieselfde het gebeur kort voordat bomme n hospitaal in Sirië getref het wat deur die organisasie bestuur is. Dié pa van vyf kinders en oupa van twee kleinkinders sien sy eie gesin baie min omdat hy geweldig baie tyd weg van die huis af spandeer. Ek vind dit baie stresvol om net by die huis te sit en rus. My brein is heeltemal te aktief! Samita Pandey, een van die Gift of the Givers-dokters, ondersoek n kind in die Kaule-dorpie waar hulle basiese gesondheidsdienste aangebied het. 40 élan <<< www.medihelp.co.za >>> winter 2015

aanspraakmakers Aashim Miya (8) word ondersoek deur n dokter in die dorpie Kaule. Kospakkies word in Oktober 2014 in die Kya Sands-informele nedersetting in Johannesburg uitgedeel nadat n brand meer as 3 000 mense dakloos gelaat het. Ek het al te veel seer en hartseer gesien waaraan iets gedoen moet word, vertel Sooliman. Gratis diens sonder eie gewin Vrywilligers wat hul dienste vir die organisasie aanbied, kom uit alle oorde. Sooliman sê Gift of the Givers het 140 medici en 70 soek-en-reddingswerkers op gereedheidsgrondslag. Almal dien ander gratis. Selfs in gevalle waar die organisasie daarop aandring om hulle te betaal, weier hulle steeds enige bydraes al verloor hulle duisende rande elke dag wat hulle nie in hul eie praktyke werk nie, sê Sooliman. Benewens dokters, verpleegpersoneel, spesialiste, dieetkundiges, sielkundiges, fisioterapeute en arbeidsterapeute, is argitekte en ingenieurs wat hospitale help bou ook deel van die organisasie se ondersteuningsnetwerk. Die groei van die organisasie het Sooliman genoop om sy privaat mediese praktyk op 30 Junie 1994 te sluit. Die organisasie het tans 21 projekte aan die gang. Ek leef Gift of the Givers 24 uur per dag uit. In Suid-Afrika het ons vyf kantore en daar is nog sewe kantore in die buiteland. Dit mag klink na n enorme operasie, maar die organisasie het slegs 100 mense voltyds in diens. Niemand kan glo hoeveel ons met so n klein groepie mense vermag nie, vertel Sooliman. >>> winter 2015 <<< www.medihelp.co.za >>> élan 41

aanspraakmakers Kos en komberse is verlede jaar tydens die stakingskrisis in Rustenburg deur Gift of the Givers en vrywilligers uitgedeel. 42 élan <<< www.medihelp.co.za >>> winter 2015

Gift of the Givers het basiese gesondheidsdienste in Kaule aangebied. Verskeie huise in die gebied is verwoes en die meeste mense moes buite slaap. Drie lede van dieselfde familie is in dié dorpie dood. Gift of the Givers se Suid-Afrikaanse projekte Hulle het die eerste kliniek ter wêreld in n vraghouer begin. Daar is tans 20 van hierdie mobiele klinieke landwyd in gebruik. Die organisasie het n hoëproteïen-sojaaanvulling ontwikkel wat veral gemik is op pasiënte met tuberkulose en MIV/vigs. Gift of the Givers bedryf n inbelhulplyn wat onder meer beradingsdienste aanbied. Die nommer is 0800 786 786. Die Gift of the Givers-stigting het in 2006 die grootste oopbronrekenaarlaboratorium in Afrika bekend gestel. Dié laboratorium by die Northbury Park Sekondêre Skool in Pietermaritzburg spog met 110 rekenaars. Die organisasie verleen hulp met landbouontwikkelings in afgeleë gebiede. Hulle is voortdurend betrokke by die uitdeel van kospakkies en komberse in arm gebiede. Raak betrokke of vind meer uit op die webtuiste www.giftofthegivers.org Medemenslikheid sonder grense Gift of the Givers onderneem sendings na gebiede wat die res van die internasionale gemeenskap huiwer om te besoek. Die organisasie se leuse is ons dien alle mense onvoorwaardelik, ongeag hul ras, geloof, kleur, politieke verband of geografiese ligging. Gift of the Givers het nog nooit grense vir mensemenslikheid gestel nie, al bevind hul spanne hulself gereeld in lewensgevaarlike situasies. Sooliman is op n keer in die oorloggeteisterde Bosnië met n geweer teen die kop aangehou. Die oorlog in Sirië, waar dokters moet opereer terwyl bomme en granate buite die noodhospitaal ontplof, het die grootste impak op Sooliman gehad. Dáár is enige persoon as die vyand gesien. Op n dag was daar 7 000 ongevalle. Die mees hartverskeurende geval was n negejarige seuntjie wat deur sy pa geskiet is toe dié sy vuurwapen skoongemaak het. Die kind is in die hart geskiet. Ons kon niks vir hom doen nie. Vir 35 minute lank het alle bedrywighede in die hospitaal tot stilstand gekom. Daardie skietvoorval was simbolies van alles wat in Sirië aan die gang was. Dit was nie n geval van soldate wat teen mekaar veg nie, maar gewone mense wat niks van wapens weet nie. Vreesloos op die voorpunt Sooliman lei altyd self Gift of the Givers se buitelandse sendings. Ek neem die risiko self. Ek is nie bang nie. Ek sal sterf wanneer dit my tyd is. Op n keer is ek in Suid-Afrika gekaap en die heeltyd gedreig dat ek doodgeskiet sal word. Ek is nie bang om te sterf nie, sê Sooliman. Volgens Sooliman sal hy graag wou sien dat armoede in Suid-Afrika uitgewis word en die land meer baat vind by die opheffing van die res van die vasteland. Sy grootste droom is om sy eie Gift of the Givershospitaal op die been te bring waar pasiënte die allerbeste privaat mediese sorg kan kry, en volgens hul vermoë daarvoor betaal. Hier sal dokters nie n wins maak nie, maar hulle sal hul kundigheid gebruik om terug te ploeg in die armes se gemeenskap. Dit is die laaste ding wat ek wil doen voordat ek my oë finaal toemaak, vertel hy. Volgens Sooliman het Gift of the Givers nog nooit nodig gehad om bakhand te staan nie. Ek vra nie dat mense vir ons geld gee nie. Ons doen wat ons doen en is baie dankbaar vir die geld wat inkom. é winter 2015 <<< www.medihelp.co.za >>> élan 43