Opstelle oor Geloof en Openbare Lewe

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Direkte en indirekte rede *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE BYBEL STEEDS IN DISKUSSIE: N DEKADE LATER

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Mandala Madness Deel 2

BenguFarm Bestelvorm

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

n Nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans: die praktiese aanvaarbaarheid van n nuwe vertaalmodel 1

Hoofstuk 5. n Vasgeloopte verhaal. 5.1 Die konteks. n Kortsluiting in verskillende perspektiewe

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1. Prof. GDS Smit

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

J.M. Vorster Noordwes-Universiteit

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Missionary Perspectives in the New Testament

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

n Johannese Perspektief op die Huwelik, Geslagsrolle en Seksualiteit met die oog op n Nuwe Etiese Paradigma in n Postmoderne Konteks

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Doodloopstrate van die geloof

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

n Besinning oor tegnologie in Publieke Administrasie

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

N ONDERSOEK NA DIE GEBRUIK VAN GESELEKTEERDE INISIATIEFAKTIWITEITE IN DIVERSE JEUGGROEPE. deur CHARL YATES

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Die vertaling van The No.1 Ladies Detective Agency van Alexander McCall Smith: strategieë en besluite tydens die vertaalproses.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Dertig jaar ( ) internasionale aksie vir Christelike hoër onderwys: enkele persoonlike indrukke

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Resensies. J Waters, David Livingstone. Trail Blazer, Inter-Varsity Press, Leicester 1996, 288pp. Prys onbekend.

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

TALING EN KERKLIKE KOMMUNIKASIE: N PRAKTIES-TEOLOGIESE ONDERSOEK. Barend Rudolf Buys

Hannes Olivier, Akko: Spieëlbee/d van beskawing, (Stellenbosse Teologiese Studies nr. 10) N.G. Kerk-Uitgewers, Kaapstad 1983.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

'N HISTORIES-OPVOEDKUNDIGE ANALISE VAN IDEOLOGIEË, WAARDES EN NORME SEDERT DIE RENAISSANCE-HUMANISME

n Verskuiwing na n oper en meer pragmatiese lees van Romeine 13:1 7?

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

PROF. F.W. DE WET CURRICULUM VITAE

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

BOEKRESENSIES. W Vosloo, Mééras net 'n stone, NG Kerkboekhandel, Transvaal, Pretoria 1986, 270 pp. Prys R29,50.

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

Transcription:

Opstelle oor Geloof en Openbare Lewe Versamelde Opstelle 2 Dirk J. Smit Redakteur: Nico Koopman

Opstelle oor Geloof en Openbare Lewe Versamelde Opstelle 2 Uitgegee deur SUN PReSS, Stellenbosch 7600 www.africansunmedia.co.za www.sun-e-shop.co.za Alle regte voorbehou. Kopiereg 2008 Dirk J. Smit Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm weergegee word deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, vermikrofilming, via die Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting. Eerste uitgawe 2008 ISBN 978-1-920338-01-5 Geset in 10/12 Warnock Pro Voorbladontwerp deur Ilse Roelofse Setwerk deur SUN MeDIA Stellenbosch SUN PReSS is n drukkersnaam van SUN MeDIA Stellenbosch. Akademiese, professionele en naslaanwerke word onder hierdie drukkersnaam gedruk in druk- en elektroniese formaat. Hierdie publikasie kan direk bestel word by www.sun-e-shop.co.za. Gedruk en gebind deur SUN MeDIA Stellenbosch, Ryneveldstraat, Stellenbosch, 7600.

Inhoudsopgawe Erkennings... Voorwoord deur die redakteur... Inleiding deur die skrywer... i iii v DEEL EEN: Openbare Lewe Wat beteken publiek? Vrae met die oog op publieke teologie... 3 Gemeenskap wat kan standhou? Nagedink oor vorme van sáám-leef in die wêreld vandag... 35 DEEL TWEE: Openbare kerk Oor die kerk as n unieke samelewingsverband... 69 Oor die unieke openbare rol van die kerk... 83 Oor die kerk en maatskaplike uitdagings in ons land... 101 Kerk, vrede en geweld? Oor resente Suid-Afrikaanse ervarings... 115 DEEL DRIE: Openbare aanbidding Lex orandi, lex credendi, lex (con)vivendi? Oriënterende inleiding tot liturgie en etiek... 135 Oor die God wat ons roep... 159 Oor die hoop wat in ons leef... 167 Politieke erediens? Vrae oor liturgie as lewensvorm... 175 DEEL VIER: Openbare getuienis Openbare getuienis en publieke teologie vandag? Vrae oor verskeie vanselfsprekende voorveronderstellings... 193 Wat beteken status confessionis?... 203 Waarom verskil ons so oor wat die wil van God is? Opmerkings oor Christelike morele oordeelsvorming... 231 Hoe Christene in Suid-Afrika by mekaar verbypraat... Oor vier morele spreekwyses in die Suid-Afrikaanse kerklike konteks... 245

Met watter gesag sê u hierdie dinge? Opmerkings oor kerklike dokumente oor die openbare lewe... 261 op n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte... 277 DEEL VYF: Openbare mening Etiek na Babel? Vrae rondom moraliteit en die openbare gesprek in Suid-Afrika vandag... 307 Etiese spraakverwarring in Suid-Afrika vandag... 319 Het Suid-Afrika n gemeenskaplike morele taal nodig?... 333 Oor die skepping van n grammatika van sáám-leef... 349 n Waarheids- en Versoeningskommissie? Tentatiewe kerklike en teologiese perspektiewe... 365 DEEL SES: Openbare geloof In diens van die tale Kanaäns? Oor sistematiese teologie vandag... 387 Prediking oor Christelike roeping... 429

Erkennings Wat beteken publiek? Vrae met die oog op publieke teologie is die oorspronklike Afrikaanse weergawe van die opstel wat gepubliseer is as What does public mean? Questions with a view to public theology in Christian in Public. Aims, methodologies and issues in public theology, L D Hansen (ed.), Beyers Naudé Centre Series on Public Theology, Stellenbosch: AFRICAN SUN MeDIA, 2007, 11-46. Gemeenskap wat kan standhou? Nagedink oor vorme van sáám-leef in die wêreld vandag is nog nie voorheen gepubliseer nie. Oor die kerk as n unieke samelewingsverband is vir die eerste keer gepubliseer in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 36/2, 119-129. Oor die unieke openbare rol van die kerk is vir die eerste keer gepubliseer in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 36/3, 190-204. Oor die kerk en maatskaplike uitdagings in ons land is vir die eerste keer gepubliseer in NGTT 45/2. Supplementum, 2004, 350-362. Kerk, vrede en geweld? Oor resente Suid-Afrikaanse ervarings is n Afrikaanse weergawe van die opstel wat oorspronklik gepubliseer is as Kirche, Frieden und Gewalt? Südafrikanische Erfahrungen des letzten Jahrhunderts, in Die Ambivalenz des Religiösen. Religionen als Friedensstifter und Gewalterzeuger, B Oberdorfer & P Waldmann (Hg.), Freiburg: Rombach Verlag, 2008, 133-156. Lex orandi, lex credendi, lex (con)vivendi? Oriënterende inleiding tot liturgie en etiek is oorspronklik gepubliseer in NGTT 45, 3/4, 2004, 887-907. Oor die God wat ons roep is nog nie voorheen gepubliseer nie. Oor die hoop wat in ons leef is nog nie voorheen gepubliseer nie. Politieke erediens? Vrae oor liturgie as lewensvorm is voorheen gepubliseer in Praktiese Teologie in Suid-Afrika 17 (2), 2002, 126-153. Openbare getuienis en publieke teologie vandag? Vrae oor verskeie vanselfsprekende voorveronderstellings is vir die eerste keer gepubliseer in Scriptura 82 (2003:1), 39-48. Wat beteken status confessionis? is voorheen gepubliseer in G D Cloete & D J Smit (reds.), n Oomblik van waarheid, Kaapstad: Tafelberg, 16-40, 137-142. Die bundel is ook in Engels uitgegee as A moment of truth, Grand Rapids, MI: Wm B Eerdmans, en die betrokke opstel is in die Engelse weergawe ook gepubliseer as A status confessionis in South Africa?, JTSA Vol 47, 1984, 21-46. Waarom verskil ons so oor wat die wil van God is? Opmerkings oor Christelike morele oordeelsvorming is saam met Etienne de Villiers, professor in etiek aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria geskryf en het verskyn in Skrif en Kerk 17 (1), 1996, 31-47. Hoe Christene in Suid-Afrika by mekaar verbypraat Oor vier morele spreekwyses in die Suid-Afrikaanse kerklike konteks is ook saam met Etienne de Villiers geskryf en het verskyn in Skrif en Kerk 15 (2), 1994, 228-247. i

OPSTELLE OOR GELOOF EN OPENBARE LEWE Met watter gesag sê u hierdie dinge? Opmerkings oor kerklike dokumente oor die openbare lewe, ook met Etienne de Villiers as medeskrywer, het voorheen verskyn in Skrif en Kerk 16 (1), 1995, 39-56. Op n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte... is oorspronklik gepubliseer in G D Cloete & D J Smit (reds.), n Oomblik van waarheid, Kaapstad: Tafelberg, 62-75, 143-159. n Engelse weergawe daarvan is ook gepubliseer in A moment of truth, Grand Rapids, MI: Wm B Eerdmans, 53-65, 127-150. Etiek na Babel? Vrae rondom moraliteit en die openbare gesprek in Suid-Afrika vandag is vir die eerste keer gepubliseer in NGTT 1994/1, 82-92. Etiese spraakverwarring in Suid-Afrika vandag is vir die eerste keer gepubliseer in NGTT 1995/1, 87-98. Het Suid-Afrika n gemeenskaplike morele taal nodig? het vir die eerste keer verskyn in HTS 51/1, 1995, 65-84. Oor die skepping van n grammatika van sáám-leef het vir die eerste keer verskyn in HTS 51/1, 1995, 95-107. n Waarheids- en Versoeningskommissie tentatiewe kerklike en teologiese perspektiewe is die onveranderde en in hierdie vorm nog ongepubliseerde weergawe van n toespraak wat later verwerk sou word in Engels vir publikasie in JTSA 90, 1995/1, 3-16 en weer verder verwerk is as Confession-guilt-truth-and-forgiveness in the Christian tradition, in H Russel Botman & Robin M Peterson (eds.), To remember and to heal. Theological and psychological reflections on truth and reconciliation, Cape Town: Human & Rousseau, 96-117. In diens van die tale Kanaäns? Oor sistematiese teologie vandag was Dirkie Smit se intreerede aan die Fakulteit Teologie by Stellenbosch (November 2000) wat daarna gepubliseer is in NGTT 43, 1/2, 2002, 94-127. Prediking oor Christelike roeping is n gewysigde en verkorte weergawe van wat oorspronklik verskyn het as inleiding tot die bundel onder redaksie van C W Burger, B A Müller en D J Smit, Woord teen die lig III/6. Riglyne vir die prediking oor roeping, Wellington: LuxVerbi.BM, 2003, 8-26. ii

Voorwoord deur die redakteur Die konsep publieke teologie is wêreldwyd al meer in gebruik in teologiese kringe. In Mei 2007 is n Global Network for Public Theology in Princeton, New Jersey, gestig. Die deelname van ongeveer vyf-en-twintig sentrums vir publieke teologie van regoor die wêreld aan hierdie aktiewe netwerk, sowel as die loodsing van die International Journal of Public Theology deur die Netwerk, weerspieёl die groeiende diskoers in die veld wat Martin Marty in 1974 publieke teologie genoem het. Publieke teologie kan in een opsig as n toutologie beskryf word. Alle teologie is immers wesenlik publiek. Teologie dink na oor die God wat die hele wêreld liefhet. Alle teologiese dissiplines dien die besinning oor die Drie-enige God wat die wêreld in liefde skep, versorg en onderhou, regverdig, versoen en verlos, heilig, vernuwe en vervolmaak. Al is publieke teologie só beskou n toutologie, wil die gebruik van die byna lastige konsep, publieke teologie, ons voortdurend herinner om die openbare karakter van die Christelike geloof te onthou, om te waak teen n afwesigheid van die Christelike getuienis en betrokkenheid in die openbare lewe, en om te getuig van die heilsame betekenis van God se liefde vir alle dimensies van die lewe. Publieke teologie bepleit n teenwoordigheid van die Christelike getuienis in die publieke lewe en spesifiek n heilsame teenwoordigheid. Publieke teologie kan tweedens ook in n enger sin beskryf word. Dit verwys na die besinning oor die betekenis van die Christelike geloof vir die openbare lewe in die konteks van n demokratiese samelewing. Só beskou, besin publieke teologie dan pertinent, vanuit Christelike perspektief, oor sake soos die openbare diskoers en openbare meningsvorming, die soeke na publieke konsensus oor die soort samelewing wat ons wil wees, die vorming en implementering van openbare beleid ten opsigte van konkrete openbare sake, die burgerlike samelewing, en die beskrywing van kerke as unieke instellings van daardie samelewing. Hierdie volume opstelle van prof. Dirkie Smit dien die diskoers van publieke teologie in beide die breёr en enger verstaan van publieke teologie. Dit dien die sogenaamde breёr verstaan van publieke teologie deur ons opnuut tot die besef te bring van die inherente publieke aard van die Christelike geloof. Dit open die oё vir die teenwoordigheid en werksaamheid van die liefdevolle God op alle lewensterreine. Dit dien die getuienis van die kerk in al die verskillende gestaltes daarvan aangaande hierdie liefdevolle God. Dit sluit die kerk in as aanbiddende gemeenskap, plaaslike gemeente, denominasie, ekumene, en die kerk as individuele Christene in ons gewone dagtake en persoonlike en professionele rolle, sowel as die kerk as individuele Christene wat betrokke is by vrywilligersinsiatiewe in die burgerlike samelewing. Hierdie volume dien egter ook die sogenaamde enger, oftewel meer spesifieke aspek van publieke teologie. Temas soos die openbare diskoers en soeke na konsensus oor die aard van n sogenaamde goeie samelewing, die openbare meningsvorming, die burgerlike samelewing, spesifieke temas van die openbare beleid rakende sake soos versoening en vrede, word teologies deurdink. Die opstelle in hierdie bundel is oor n periode van byna drie dekades, deurgaans op uitnodiging, geskryf. Dit is voorgedra by konferensies, konsultasies en as publieke iii

OPSTELLE OOR GELOOF EN OPENBARE LEWE lesings. Dit het in heel spesifieke kontekste in die twee laaste dekades van apartheid en die eerste byna twee dekades van demokrasie in Suid-Afrika ontstaan. Die spesifieke ontstaanskonteks van n opstel word telkens in die voetnote aangedui. Vir n samelewing wat besig is om te bou aan n nuwe demokrasie waarin ons al meer die oue van onreg en skeiding ter ruste lê en die nuwe van saamwees en geregtigheid verwelkom, is hierdie opstelle akuut relevant. Van die oudste tot die jongste van hierdie opstelle adem juis hierdie gees van afskeid van die oue en soeke na die nuwe in. Teen dié agtergrond is die opstelle onveranderd geplaas. Dis ons hoop dat die lees van die stukke in hul spesifieke ontstaanskonteks verrassende nuwe insigte sal bied op ons huidige kontekstuele uitdagings. Slegs waar dit werklik noodsaaklik was, is enkele tipografiese en grammatikale wysigings aangebring. Die verwysingsisteem van die oorspronklike publikasies is gebruik. Meer as een verwysingsisteem is dus aan die orde. Tersaaklike agtergrondsinligting oor elke opstel word telkens in die eerste voetnoot by elke opstel verskaf. Die opstelle in hierdie volume kan saamgelees word met die opstelle in die eerste volume van prof. Dirkie Smit wat op inisiatief van prof. Ernst Conradie van die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland uitgegee is as volume 12 in hul reeks Study Guides in Religion and Theology. Dit is vir die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie n voorreg om hierdie en toekomstige versamelings van prof. Smit se uiters waardevolle werke te publiseer en dit sodoende vir n groter publiek toeganklik te maak. Ons is ook dankbaar om hierdie tweede volume van versamelde opstelle van Dirkie Smit in Afrikaans uit te gee. Daarmee bevestig ons graag ons eie en die Universiteit Stellenbosch se verbintenis tot die uitbou van Afrikaans as akademiese en wetenskaplike taal in die konteks van meertaligheid. Ons dank aan die outeur wat sy werk tot ons beskikking gestel het en ons verder gehelp het met die selektering en plasing van opstelle. Dankbetuiging in besonder aan dr. Len Hansen wat as navorser baie hard gewerk het en die tegniese versorging van die teks hanteer het, en aan me. Wilma Riekert wat met ywer en deernis die materiaal help voorberei het. Ons dank aan die uitgewers met wie ons graag saamwerk. Ons vertrou dat hierdie publikasie goed ontvang sal word deur voorgraadse en nagraadse studente, by kollegas en lesers in akademie, kerk en samelewing en dat dit die besinning sal dien oor die God wat die wêreld so liefhet. Nico Koopman November 2008 Stellenbosch iv

Inleiding deur die skrywer Die opstelle in hierdie bundel is almal geleentheidsgeskrifte. Geeneen is doelbewus vir dié bundel geskryf nie, maar het ontstaan tydens spesifieke historiese geleenthede as toesprake vir spesifieke gehore of as bydraes tot spesifieke publikasies. Om daardie rede dra hulle almal die stempel van hulle eie ontstaanstyd in sommige gevalle baie kontekstueel en tydsgebonde. Sommige is geskryf as deel van die verantwoording in die destydse NG Sendingkerk oor die afkondiging van n staat van belydenis en die opstel van n belydenisskrif in die krisis wat destyds deur talle gelowiges belewe is as n oomblik van waarheid. Om daardie rede gaan hulle reeds meer as vyf-en-twintig jaar terug. Ander is geskryf as pogings om saam met kollegas na te dink oor die redes waarom gelowiges en kerke in Suid Afrika wat uit dieselfde tradisie stam, dieselfde Bybel as rigsnoer bely en dieselfde geloof deel, tog so ingrypend kon verskil in hulle beoordeling van etiese vrae oor die openbare lewe. n Hele reeks bydraes het ontstaan as pogings om die etiese spraakverwarring van apartheid-suid-afrika te probeer begryp en die moontlikhede van n grammatika van sáám-leef te ondersoek. Nog ander was n konkrete toetssaak vir só n grammatika van sáám-leef, byvoorbeeld toe oor kerk, geweld en vrede gepraat is met verteenwoordigers van die mees teenoorgestelde en radikale politieke en sosiale groeperinge in die destydse konfliksituasie, pas na die vrylating van die gevangenes en nog voor die werklike onderhandelinge. Nóg n toetssaak was die openbare bydrae tydens n konsultasie oor die moontlikheid en wenslikheid van n waarheidskommissie, nog lank vóór die wetgewing goedgekeur is. Sommige was voordragte tydens geestelike onderhoude gedurende verskillende sinodesittings oor die hoop en roeping van die kerk. Ander verteenwoordig meer teoretiese besinnings aangevra deur spesifieke gehore, byvoorbeeld wat die kerk kan doen aan armoede, of oor gelowiges se plek in die daaglikse wêreld van werk en werkloosheid, oor die aard en die rol van die kerk se openbare getuienisse en verklarings, of oor die wyses waarop moderne demokratiese, pluralistiese en sekulêre samelewings funksioneer. Kortom, die bundel is geen monografie wat n enkele tema afdoende behandel nie, maar eerder n hele aantal geskrifte wat feitlik almal uit een of ander konfliksituasie gebore is. In die eerste deel word meer teoretiese perspektiewe gebied rondom die vraag hoe die openbare lewe en die openbare mening gesien word, ook deur hedendaagse sosiale filosowe en ander geleerdes. In dele twee tot ses word die bydraes dan rangskik volgens verskillende gestaltes van die kerk, wat agtereenvolgend aan die beurt kom. In deel twee word nagedink oor die openbare rol van die kerkverband, in deel drie word die verbande tussen erediens en lewe nagegaan. Deel vier praat uitdruklik oor die openbare getuienis van die kerk, ook in die vorm van studiestukke, besluite en verklarings, terwyl deel vyf fokus op die openbare mening in die samelewing self en vra v

OPSTELLE OOR GELOOF EN OPENBARE LEWE of en hoe die kerk dit kan help vorm. Deel ses gee afsluitend aandag aan die openbare karakter van die geloof self, in die gestalte van teologiese nadenke en in die gestalte van die alledaagse lewe van gelowiges. My hartlike dank nogeens aan die kollegas wat die inisiatief geneem het om die bydraes met soveel moeite en sorg uit te gee en vir hulle harde werk. Die dank moet steeds gaan aan prof. Ernst Conradie van die Universiteit van Wes-Kaapland wat die projek gevisualiseer en geïnisieer het, met die eerste bundel in die reeks, Essays in Public Theology. Collected Essays 1 (SUN PReSS 2007). Hierdie nuwe bundel behoort inderdaad sáám met die vorige een gelees te word, aangesien die Engelse en die Afrikaanse opstelle mekaar in baie opsigte aanvul en van die mees opsigtelike gebreke so effe uitgeskakel word. Vir hierdie bundel gaan die dank aan prof. Nico Koopman as redakteur, aan dr. Len Hansen wat as navorser en tegniese versorger die eintlike harde werk verrig het, tesame met me. Wilma Riekert wat, soos altyd, met entoesiasme en vreugde die materiaal gereed gemaak het sodat die publikasie hoegenaamd moontlik kon wees. Die innigste dank moet egter gaan aan alle lesers wat geïnteresseerd is om wat die meeste bydraes betref steeds stof te lees wat reeds in sovele opsigte gedateer geraak het, omdat dit gebore is in n tyd wat nie langer meer bestaan nie. Dirkie Smit Stellenbosch November 2008 vi

DEEL EEN Openbare Lewe

HOOFSTUK 1 Wat beteken publiek? Vrae met die oog op publieke teologie 1 Wat beteken publiek? 1. Alhoewel die term publieke teologie oor die afgelope twee dekades wêreldwyd populêr geraak het, is dit nie altyd so duidelik wat daarmee bedoel word nie. Sowel diegene wat dit beoefen as diegene wat kritiese vrae daaromheen koester, blyk dikwels onseker oor presies waarvan hulle praat, hetsy om dit te propageer, hetsy om bedenkinge daaroor uit te spreek. 2. Dié onduidelikheid hang met n verskeidenheid vrae saam. Dit is byvoorbeeld n vraag of publieke teologie n spesifieke soort teologie wil wees in onderskeid van ander soorte teologie, wat dan waarskynlik nié publiek sou wees nie. Om dié rede word byvoorbeeld dikwels ingegaan op die moontlike ooreenkomste en verskille tussen publieke teologie, politieke teologie, sosiale etiek, burgerlike godsdiens ( civil religion ) en dergelike benaderings en werkswyses. Dit is ook n vraag hóé teologie as teologie eintlik publiek kan en wil wees. Om dié rede word byvoorbeeld dikwels gevra na die publieke impak van teologie en teoloë, na die sosiale rol en funksie van teologie en teoloë en na welke verskillende publieke ( publics ) eintlik deur teologie en teoloë aangespreek word. Dit is óók n vraag wat die verhouding tussen publieke teologie en publieke kerk presies is, aangesien laasgenoemde uitdrukking oor dieselfde twee dekades heen eweneens bekend geraak en enorme gewildheid begin geniet het. Om dié rede word dikwels nagedink oor die openbare plek en rol van verskillende sosiale vorme van die kerk die erediens, gemeentes, denominasies, die ekumene, verbande, gelowiges en die moontlike rol van teologie in en deur dié verskillende gestaltes. 3. Al hierdie benaderingswyses kan inderdaad nuttig wees om groter helderheid te bring rondom die vraag wat publieke teologie eintlik is en wil doen. Nog n moontlike benadering sou egter kon wees om eenvoudig na te dink oor die term publiek in die uitdrukking publieke teologie. Alhoewel dit meesal met groot vanselfsprekendheid gebruik word deur sowel voorstanders as kritici is dit eintlik nie so voor die hand 1 Hierdie bydrae is nog nie voorheen gepubliseer nie. Dit het ontstaan binne die konteks van n reeks informele en interne gesprekke tussen diegene wat by die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie betrokke is, oor die aard van publieke teologie en die werksaamhede van die Sentrum. Op versoek van die Sentrum se redaksie is dit uitgeskryf as bydrae tot die derde bundel opstelle in die gepubliseerde reeks van die Sentrum, maar aangesien alle bydraes daarin in Engels is, is besluit om dit te vertaal en ook in Engels in daardie bundel in te sluit. n Engelse weergawe het dus verskyn as What does public mean? Questions with a view to public theology, in Christian in Public. Aims, methodologies and issues in public theology, LD Hansen (ed.), Beyers Naudé Centre Series on Public Theology, Stellenbosch: AFRICAN SUN MeDIA, 2007, 11-46. Redakteur 3

OPSTELLE OOR GELOOF EN OPENBARE LEWE liggend wat presies daarmee bedoel word nie. Baie van die begripsverwarring word dalk juis opgeroep deur die ambiguïteit van hierdie oënskynlik eenvoudige term in die verbinding publieke teologie. Mense praat moontlik by mekaar verby omdat hulle in die uitdrukking publiek verskillende nuanses of selfs algeheel verskillende betekenisse en voorveronderstellinge hoor. Daarom, wat word bedoel met publiek in die uitdrukking publieke teologie? Habermas en die strukturele veranderinge van die publieke sfeer 4. Om kortweg te kyk na die bydrae van die gesaghebbende Duitse sosiaal-filosoof Jürgen Habermas mag dalk n nuttige vertrekpunt wees. Reeds vroeg in die sestigerjare het Habermas n baie invloedryke studie gepubliseer met die titel Die Strukturwandel der Öffentlickheit (1962), letterlik vertaal: die strukturele verandering van die openbare sfeer. Dit is eers byna dertig jaar later in Engels vertaal, as The Structural Transformation of the Public Sphere: An inquiry into a category of Bourgeois Society (1989), lank ná dit al n groot nawerking in akademiese kringe gehad het. Miskien kan dit help om enkele van sy verhaal se hooftrekke baie eenvoudig oor te vertel nie met die bedoeling om hoegenaamd reg te laat geskied aan sy eie argument nie, maar bloot om op n uiters vereenvoudigde manier die aandag te vestig op n aantal blywende en fundamentele vrae rondom die sogenaamde publieke sfeer. Sowel sy historiese rekonstruksie as sy sistematiese bedoelinge was sindsdien die onderwerp van intense debatte wêreldwyd, en in sy eie denke was dit ook net die eerste treë van n intellektuele program wat daarna diepgaande sou ontwikkel, en toenemend later van ánder kategorieë as die publieke sfeer gebruik sou maak om steeds dieselfde probleme van hierdie vroeë werk te behandel. Tog bly so n uiters vereenvoudige herinnering aan enkele hooftrekke van dié vroeë studie nuttig om n mens se oë te help open vir vrae en keuses rondom die term publiek wat ons andersins so maklik onnadenkend gebruik, sonder om die ingewikkeldheid daarvan enigsins te besef. 5. Reeds sy subtitel an inquiry into a category of bourgeois society wil duidelik maak dat dit n ondersoek is na die aard van die sogenaamde burgerlike samelewing, oftewel die tipiese soort samelewing wat met die moderne tyd veral in Westerse lande ontwikkel het. Dit is al n eerste belangrike insig. In n enger, meer tegniese sin, dui publiek op iets wat te make het met karakteristieke ontwikkelinge in die Westerse wêreld, in die sogenaamde moderne tyd. Die strukturele veranderinge wat hy beskryf volgens sy titel is dus sowel die veranderinge wat daartoe gelei het dat daar iets ontstaan het in Westerse samelewings wat met die term publiek beskryf kan word, iets wat voorheen dus nié op dieselfde manier bestaan het nie, asook die veranderinge wat daartoe gelei het dat dié publieke sfeer, kenmerkend van moderne Westerse samelewings, toenemend bedreig is en in baie opsigte eintlik verdwyn het, nie langer bestaan nie, of in elk geval nie langer meer werklik bestaan en funksioneer soos wat dit op n stadium in Westerse ontwikkelinge wel bestaan en gefunksioneer het nie. Weer eens skuil daar sommer n mondvol veronderstellings en aannames in hierdie uitgangspunt, wat almal lei tot ingrypende vrae rondom ons gebruik van die term publiek. 4

Wat beteken publiek? 6. So n spesifieke gebruik van die term roep egter talle vrae na vore. Indien publiek in dié tegniese sin van die woord eers relatief laat in Westerse samelewings ontwikkel het, hoe was dit dan voorheen, en hoe is dit in ander gemeenskappe en samelewings, wêrelddele en kulture? Was daar geen publieke sfeer nie en ís daar geen publieke sfeer nie, ten minste in dié tegniese sin van die woord? Daarby, indien publiek in dié tegniese sin van die woord eintlik n normatiewe term word, n term gelaai met waardeoordele en ideale vir die sosiale en politieke lewe, volg dit dan inderdaad dat die Christelike evangelie, kerk en teologie geroepe is om dié ideale en waardes te help dien en bevorder? Kan daar dan in enige legitieme sin van die woord van publieke teologie gepraat word, indien dié term normatiewe ideale sou impliseer vir die burgerlike en sosiale lewe, wat kerk en teologie dan geroep word om te help bevorder? Sou dit impliseer dat die evangelie, kerk en teologie diensbaar behoort te wees aan die historiese projek van die Westerse burgerlike ontwikkelinge? Boonop, indien publiek in dié tegniese sin van die woord toenemend bedreig en vervang word, volg dit dan dat kerk en teologie diensbaar moet wees aan die norme en waardes, kortom, die saak en die toekoms van dié soort publiek, soos wat Habermas self klaarblyklik doelbewus is en wil wees? Sou publieke teologie dan normatief impliseer dat die roeping van kerk en teologie onlosmaaklik verweef is met die onvoltooide taak en volgens sommige bedreigde toekoms van die moderne? Om dié soort vrae te kan oorweeg, kan dit help om Habermas se verhaal van nader te beskou. Habermas se verhaal van die openbare sfeer se opkoms en ondergang 7. Voor die opkoms van moderne samelewings, aldus Habermas se verhaal, was daar nie sprake van n openbare sfeer in die sin wat ons dit vandag ken nie. Die terme wat daarvoor gebruik word in tale soos Engels, Frans, Duits, Nederlands en Afrikaans terme wat almal óf met die stam van openbaar te make het, óf met die stam van publiek en publisiteit het eers sedert die sewentiede en agtiende eeue dié betekenisse en gebruike ontwikkel wat ons vandag ken, in sommige lande gouer, in ander heelwat stadiger, afhangende van die sosiale en politieke verskuiwinge wat ingetree het en dié terme nodig gemaak het. Breedweg en oorvereenvoudig loop die hooftrekke van die verhaal só. Die lewe in die wêreld, wat ons vandag die openbare lewe sou noem, is grootliks gekenmerk deur magsverhoudinge. Magtige persone en instellinge veral polities, maar ook religieus het die kontoere en praktyke van die lewe gestempel en bepaal. Sedert die dertiende eeu begin n vroeë soort handelskapitalisme egter ontstaan en daarmee word die saad gesaai wat algaande, oor eeue heen, die heersende magsverhoudinge sou ondermyn, baie van hulle houvas en vanselfsprekendheid sou ontneem en daarmee die aard van die lewe ingrypend verander. Veral twee faktore sou mettertyd hierin n sleutelrol speel, naamlik handelsverkeer en nuusverkeer. En albei sake bly belangrike motiewe om later in gedagte te hou as uitdruklik na die implikasies hiervan gevra word. Sedert die sestiende eeu verander veral die ekonomiese werklikhede al meer. Handelskompanjies ontstaan wat n behoefte het aan politieke steun om hulle handelsbedrywighede te beskerm en te bevorder. Hulle betaal in ruilbelasting en geleidelik ontstaan wat ons vandag as moderne nasies en nasiestate sien, in hulle oorspronklike kern eintlik belastingstate. Dus, die moderne staatsvorm en die sogenaamde vroeë kapitalisme ontwikkel tegelyktydig en saam. Anders gestel sowel die politieke as die ekonomiese 5