OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde


GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Direkte en indirekte rede *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Rut: n Liefdes Verhaal

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOëRSKOOL PORTERVILLE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Kos vir ons skoolkatte

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Sterdansers by Vensters.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Hoe om krag te spaar

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOëRSKOOL PORTERVILLE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

24 Februarie /2017

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Die jaar se kaskar was

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Geagte Ouers / Voogde en Florries

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

PROJEKTE DATUMS 2018

Mosselbaai Munisipaliteit

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INSKRYWINGSVORM

RAADSLEDE / COUNCILLORS

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

SIZA takes the sting out of auditing

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Dialoog en paragrawe *

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Transcription:

OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016 Geagte ouers Januarie 2016 Dit is vir ons aangenaam om u terug te verwelkom na n heerlike vakansie waarin almal uitgerus het en gereed is om die nuwe jaar saam vol moed aan te pak. Baie welkom aan al ons nuwe Graad R en Graad 1 ouers, asook alle nuwe ouers wat vir die eerste keer by Laerskool Danie Malan ingeskryf is. Neem asseblief kennis van die volgende: PERSONEEL: Baie welkom aan die volgende personeel by Danie Malan: Me. Zureka Kriel in Gr. 6, Me. Christelle Badenhorst in Gr. 2, Me. Rachelle Kruger in Gr. 5, Me. Mari van Greuning Jeugwerker, Me. Mathilda Bornman Spelterapeut en Me. Mené van der Nest Assistent onderwyser Me. Anneri Odendaal het bedank. Me. Mari Booy neem in haar pos waar tot die einde van die eerste kwartaal. Ons hoop juffrou Anneri net die beste toe. Ons wens hulle al die beste toe by DM. DATUMS VIR KWARTAAL 1 VAN 2016: 13 Januarie SKOOL BEGIN VIR LEERDERS Oueraand Gr. R - 18:30 in saal Gr. 1 leerders verdaag 12:30 tot Vrydag 15 Januarie Betaal eerste paaiement R700 elektronies. 14 Januarie Gr. 1 fotos word geneem in skooltyd. Atletiek: Gr. R en Gr. 1 om 17:00 dra gewone klere en naam-badge Graad 7 ouervergadering om 18:30 GRAAD 1 FOTO S WORD GENEEM DISKUS EN SPIESGOOI VIR HUISSPORT NA SKOOL OP RUGBYVELD VIR GRAAD 6 EN 7. 15 Januarie GR. R FOTO S WORD GENEEM HUISSPORT GR 4-7 LEERLINGE WAT NIE BRIEWE ONTVANG HET OM DEEL TE NEEM, MAG BY DIE HUIS BLY. HULLE SAL NIE GEPENALISEER WORD VIR GETROUE SKOOLBESOEK. DIE GR 4-7 NIE-ATLETE WAT WEL SKOOL TOE KOM, SAL OP DIE PAVILJOEN SIT, EN DAAR SAL TOESIG GEHOU WORD. GRAAD 1-3 SAL NORMAAL VOORTGAAN MET SKOOL, EN SAL NET UITBEWEEG AS HUL MOET GAAN DEELNEEM. 18 Januarie Ouerinligtingsaand Gr. 1 3 in klasse 18:00 Ouerinligtingsaand Gr 4 (Hoe help ek my kind studeer?) 17:30 in saal 19 Januarie Atletiek: Magalieskruin (weg) 20 Januarie Ouerinligting Gr 5 om 17:30 in saal 21 Januarie Atletiek: DM Uitnodigings byeenkoms 22 Januarie LEERSTOF UIT VIR GRAAD 4-7 25 Januarie Ouerinligting Gr. 6 om 17:30 in saal 26 Januarie Atletiek: Magalieskruin (weg) 27 Januarie Ouerinligting Gr. 7 om 17:30 in saal 28 Januarie Atletiek: Noord van die Berg 18:30 Ouerbemagtiging in saal. Spreker Janie Putter 29 Januarie WAATLEMOENFEES 12:00. Leerlinge betaal R10 vir n stuk waatlemoen en om gewone klere aan te trek. Netbalproewe 11 13 jr. 14:00 1 Februarie Atletiek: Sub cluster 14:00 by Gerrit Maritz (Diskus en Spiesgooi) 2 Februarie Atletiek: Sub-cluster ( Wyk) 08:00 Graad 1-3 leerlinge bly by die huis. Toesig vir die wat skool toe kom. 5 Februarie Atletiek: Cluster kampioenskapbyeenkoms 8 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 1 3 9 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 4 5 10 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 6 7 12 Februarie Valentynsdag: leerders dra wit, rooi of pienk. Graad 7 sokkie in die saal 16 Februarie TOETS: ENGELS 18 Februarie TOETS: WISKUNDE 19 Februarie Atletiek: Distriksbyeenkoms Pilditch stadion 23 Februarie TOETS: AFRIKAANS GR. 4 7 24 Februarie Foto s : Klas en individueel 25 Februarie TOETS: NW/TEG GR. 4 6 en NW GR. 7 26 Februarie Rugby: O/11 Blou Bulle rugbydag te Loftus Atletiek: Distrik Atletiekfunksie Distrik 27 Februarie Rugby: O/11 Blou Bulle rugbydag by Loftus

Atletiek Provinsiale Atletiek kampioenskap by Ruimsig stadion. (27 en 28 Februarie) 1 Maart TOETS: TEGNOLOGIE GR. 7 Rugby en Netbal teen Brits (tuis) 3 Maart TOETS: SW (GESKIEDENIS) 5 Maart Rugby: O/13 Blou Bulle Rugbydag by Midstream College 8 Maart TOETS: EBW GR. 7 9 March City school cluster winter games meeting 10 Maart GROOT FM IN SKOOLTYD 06:00 Distrik Netbal O/12 en 13 proewe en gradering by Hoërskool Pretoria Noord 11 Maart TOETS: SW (AARDRYKSKUNDE) 14 Maart Gr R - 3 ontvang Rapporte 15 Maart TOETS: KUNS EN KULTUUR GR. 7 Gr R - 3 Oueraand 18:00 Rugby: Johan Duursema Aandreeks 16 Maart Rugby: Johan Duursema Aandreeks 18 Maart SKOOL SLUIT OM 11:00 MARKDAG GR. 5. Leerlinge betaal R5 vir behoeftige fonds en dra gewone klere. Rugby: O/11 en O/13 toer na Wildman Kamp SKOOLGELD 2016: Op die Algemene Jaarvergadering is besluit dat skoolgelde vir Graad 1 7 R7 500 vir die jaar is betaalbaar oor 11 maande (R700 eerste paaiement voor of op 13 Januarie 2016 en dan R680 per maand oor tien maande). Die laaste paaiement moet betaal wees voor of op 7 November 2016. Ouers wat 2016 se skoolgeld voor of op einde Februarie betaal, ontvang n R500 korting en hoef dus net R7 000 te betaal. Die Graad R se skoolgeld vir 2016 is R8 200 betaalbaar oor 11 paaiemente. Die eerste paaiement van R840 is betaalbaar voor of op 13 Januarie 2016 en dan 10 paaiemente van R740 per maand. Die laaste paaiement moet betaal wees voor of op 7 November 2016. n Korting van R500 word toegestaan aan Gr R ouers wie se skoolgeld voor einde Februarie 2016 ten volle betaal is. Ouers is welkom om steeds die skoolgeld in 10 paaiemente te betaal. BETALING VAN SKOOLGELD EN EERSTE PAAIEMENT 2016: Ons sal verkies dat ouers in die vervolg elektroniese betalings sal maak indien moontlik. Kontantinbetalings se koste is hoog en dit raak al hoe meer onveilig. Skole is sagte teikens vir misdadigers. Betaal dus asseblief u eerste paaiement voor 13 Januarie 2016 elektronies oor. U hulp in die verband sal waardeer word. BEHOEFTIGE LEERERS: Ons behoeftige leerders ontvang elke dag n toebroodjie. Baie dankie aan al die ma s wat betrokke is daarby. Laat weet asseblief u kind se klasonderwyser indien u kind deel moet wees van die projek en dus daagliks n toebroodjie moet ontvang. REGISTER EN AKADEMIESE KLASSE GRAAD 4-7: U is reeds in kennis gestel in watter voogklas u kind in 2016 is. Dit is u kind se akademiese klas. U kind gaan al sy of haar periodes saam met die klas ontvang. Ons het ook vanaf 2016 gemengde registerklasse m.a.w. Engelse leerders en Afrikaanse leerders is in een klas gedurende registerperiode. Die doel is om die Engelse en Afrikaanse leerders geleentheid te bied om mekaar te leer ken, en om n beter samehorigheid tussen die leerders te bewerkstellig. Ons wil ook graag twee van ons waardes, omgee en respek vir mekaar, by ons leerders kweek. TRANSFORMING KIDS GEWYDE SANG PERIODES DONDERDAE: Daar sal een keer per week Gewyde Sang periodes wees op Donderdae. Transforming Kids bied dit aan. Hul gaan saam met die leerders lofprysing doen en ook weekliks n Christelike boodskap bring. Indien u nie wil hê dat u kind deel moet wees hiervan nie, dan moet u asseblief die voogonderwyser skriftelik in kennis stel. Daar sal dan toesig gereël word vir die kinders. REDENAARS: Die Redenaarsaande vind plaas op die volgende datums. 8 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 1 3 9 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 4 5 10 Februarie 18:30 Interne Redenaarsaand Gr. 6 7 Temas: GRAAD 1 TOT 3 1. Ledigheid is die duiwel se oorkussing 2. As die vlooi byt, moet jy krap 3. Elke haan is koning op sy eie mishoop 4. As twee hande mekaar was, word albei skoon 5. Om van n padda vere te probeer pluk GRAAD 4 TOT 5 1. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie 2. Die pap dik aanmaak 3. Wie wind saai, sal storm maai 4. Jou eie boontjies uitdop 5. Die oggendstond het goud in die mond GRAAD 6 TOT 7 Huistaal en Addisionele Taal 1. Iemand se Achilleshiel 2. As die hoenders tande kry 3. n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke 4. Haastige hond verbrand sy mond 5. Elke bobbejaan het sy krans Die leerders sal in klastyd uitdun en die vyf finaliste in elke Graad sal op die Redenaarsaande deelneem. Die klasvoogde sal u in kennis stel wanneer die uitdunne sal wees. Die uitdunne in die klasse sal plaavind teen einde Januarie. Hier volg n paar wenke oor die saamstel van die oorredingstoespraak: Tipes oorredingstoesprake: - Toespraak oor n feit (poog om te bewys dat iets so is of nie) - Toespraak om waarde te bewys (poog om te bewys dat iets beter of slegter is) - Beleidstoespraak (poog om te bewys dat iets gedoen of nie gedoen moet word nie)

Die oorredingstoespraak is nie n inligtingstoespraak nie! - Nie die oordra van kennis nie. - Jy moet die gehoor oortuig Wat verwag ons van die oorredingstoespraak? - Aktuele onderwerpe - Onderwerp wat beredeneer kan word - Spreker moet self oortuig wees van die standpunt - Die spreker moet bewyse (bronne) gebruik om sy redenasie te versterk - Die spreker se eie mening moet duidelik deurkom Erken alle bronne - Tydskrifte en koerante ( artikel, radio, TV, skrywer, datum) - Boeke (titel en skrywer) - Persoonlike ervarings - Internet webadres en skrywer - Sê waarom jou bron gesaghebbend is Hoe lyk n oorredingstoespraak - Inleiding (wat almal laat regop sit, wees kreatief) - Hoofdeel: (2-4 argumente (redes) met bewyse - Slot ( n opsomming/ samevatting van die argumente. Wees kreatief.) Kaartjies - Ongeveer A5 grootte. - Nommer die kaartjies. - Hanteer met een hand. Tydsduur - Graad 1-4 Minimum twee minute en maksimum vier minute - Graad 5-7 Minimum vier minute en maksimum van vyf minute Die leerder se taal en idees - Onthou die gehoor wil hoor wat die leerder sê en nie die ouer nie. - Die leerder se taal en idees moet by sy ouderdom pas. - n Volwassene mag die leerder help om idees te orden Beoordelaarstaat: ORGANISASIE: inleiding: Is doel bereik, treffend, effektief, kreatief / 5 SLOT: Trefkrag, gepaste samevatting /5 STRUKTUUR: Logiese ordening en opbou van inhoud /10 INHOUD: Ondersteunende materiaal, bronverwysings, relevant, kwaliteit van voorbeelde, statistiek, deskundige uitsprake, analogieë /10 AARD VAN INHOUD: genoegsaam en oorspronklik /10 LOGIESE REDENERING: vanaf navorsing na standpunt, balans /10 OORREDENDE AANBIEDING: Houding, voorkoms, selfvertroue, oortuiging /5 NATUURLIKE GESELSTYL: gesigsuitdrukkings en gebare /10 STEM EN SPRAAK: hoorbaar, duidelik, verstaanbaar en natuurlik /10 OOGKONTAK EN NOTAHANTERING /5 TAALGEBRUIK: Woordkeuse /5 SKEPPENDE TAALGEBRUIK /5 IS DIE BEOORDELAAR OORREED? /5 BEïNDRUK DIE SPREKER DIE BEOORDELAAR EN DIE GEHOOR? /5 TOTAAL UIT 100: NUUSBRIEWE: Neem asseblief kennis dat alle nuusbriewe van 2016 af slegs op die volgende wyse hanteer sal word: - Per epos - Deur die School communicator - Op die webblad. Ons sal nie meer die weeklikse omsendbriewe per hardekopie lewer nie, tensy u skriftelik aansoek doen om n harde kopie te ontvang. OU SKOOLDRAG SKENK: Onthou asseblief om ou skooldrag wat nog in n goeie toestand is aan die klerebank te skenk. Ons benodig veral Atletiekdrag en Vrydagdrag hempies en broekies. SKRYFBEHOEFTES 2016: Die volgende skryfbehoeftes is die basiese skryfbehoeftes wat n leerling van Gr 4-7 benodig. Die Graad R-3 leerlinge sal lyste ontvang met spesifieke benodigdhede. 1. Uitdraaikryte of inkleurpotlode 2. Skêr 3. HB grys potlode/ pacer 4. Witbord - net Gr 4 en 5 5. Witbordpenne net Gr 4 en 5 6. Pritt ongeveer een buis per maand 7. Skerpmaker met houer 8. Liniaal 9. Uitveër 10. Blou penne 11. Skooldagboek 12. Een 10 bladsy Flip File vir toetse. ATLETIEKBYEENKOMS : HUISSPORT 15 JANUARIE 2016: 1. Die Graad 4-7 leerders moet om 07:20 by die skool wees. Die byeenkoms sal om 08:00 amptelik begin en die skool sal 13:00 uitkom. 2. Die kleure waarin die verskillende spanne deelneem is soos volg: KOEDOES - GROEN ELANDE BLOU GEMSBOKKE GEEL ROOIBOKKE - ROOI 7/D3 7/F2 7/D1 (E) 7/F1 6/D4 6/D7 (E) 6/D6 6/F5 6/E1 5/F3 5/F4 5/D2

4/F6 5/E6 5/A6 4/E3 (E) 3/B3 4/E2 4/E4 3/B5 2/C2 (E) 3/B2 4/E5 3/A (E) 2/F7 2/C1 3/B4 2/C4 2/C3 2/C U moet egter onder geen omstandighede vir u kind dié spesifieke klere aankoop indien hy/sy dit nie reeds het nie. Enige gemaklike en betaamlike klere sal ook aanvaarbaar wees leerders kan net n lint / strik / stukkie karton met die bepaalde kleur aan hê. Leerders wat nie deelneem nie trek ook volgens die Bokspanne se kleure aan. Indien u kind met die uitdunne nie deelgeneem het nie, as gevolg van siekte, of n nuwe leerder is, is hy/sy welkom om Vrydag 15 Januarie 2016 deel te neem. Nuwe leerlinge mag ook deelneem. HUISSPORT GR 4-7 LEERLINGE WAT NIE BRIEWE ONTVANG HET OM DEEL TE NEEM, MAG BY DIE HUIS BLY. HULLE SAL NIE GEPENALISEER WORD VIR GETROUE SKOOLBESOEK. DIE GR 4-7 NIE-ATLETE WAT WEL SKOOL TOE KOM, SAL OP DIE PAVILJOEN SIT, EN DAAR SAL TOESIG GEHOU WORD. GRAAD 1-3 SAL NORMAAL VOORTGAAN MET SKOOL, EN SAL NET UITBEWEEG AS HUL MOET GAAN DEELNEEM. Alle Gr. 2 7 leerders moet die byeenkoms bywoon aangesien dit as n gewone skooldag beskou word. Leerders gaan na die afloop van die byeenkoms eers weer klasse toe, totdat die skool verdaag. ALLE LEERDERS MOET STEEDS TASSE BRING, INDIEN DIT REëN SAL DIT N GEWONE SKOOLDAG WEES. Die atletiekoefening begin reeds Maandag, 18 Januarie 2016. U kind sal mondelings en op sy/haar deelnemers kaartjie tydens die Huissport in kennis gestel word indien hy/sy Maandag by die oefening moet wees. Alle leerders wat n eerste tot sesde plek behaal, sal deel wees van die oefengroep. Diskus en spiesgooi: Alle 12 en 13 jariges wat aan die items wil deelneem, kan Donderdag 14 Januarie 2016 na die uitdunne kom by die Rugbyveld vanaf 14:00. Die uitdunne sal ook die atlete bepaal wat gaan deelneem vir die res van die seisoen, aangesien die items nie deel is van die huissport nie. Die eerste byeenkoms vind reeds 19 Januarie plaas. Volgens reëls uiteengesit deur D15 Atletiek, mag n atleet net in een ouderdomsgroep deelneem. Indien daar enige ouer/besigheid is wat bereid sal wees om as borg op te tree vir ons medaljes tydens ons tuis byeenkomste kontak asb vir Mnr Pieter van Zyl by die skool 012 546 1358. LAATKOMMERS: Neem asseblief kennis dat u kind by die kantoor moet aanmeld indien hy of sy laat is. Die bywoningsregister word in registerperiode geneem en leerders wat laat is sal afwesig gemerk word. Neem asseblief kennis dat die leerders n debiet vir laatkom ontvan,g tensy n ouer die spesifieke omstandighede daaroor kan verduidelik. NETBAL 0/12 en 0/13 2016: Die O/11, 12 en 13 sal Vrydag, 29 Januarie proewe hou om die toergroep te bepaal. Daar sal slegs 14 spelers per ouderdom gekies word vir die toergroep. Ons sal vanaf 31 Maart tot 3 April by Raloka Lodge net buite Brits gaan. Hulle afrigting is absoluut van die hoogste gehalte. Spelers en afrigters sal daarby baat. Dit sal elke dogter ± R1000 kos en eie vervoer na die lodge en terug sal vereis word. Indien u dogter deel is van die toergroep sal ons u so spoedig as moontlik na die proewe inlig. GRAAD 7 JAARBOEK 2015: Die Graad 7 Jaarboek sal in voor einde Januarie beskikbaar wees. Ouers sal in kennis gestel word wanneer die boek beskikbaar is per SMS. Die boeke kan afgehaal word of kan afgelewer word. DAGBOEKE 2016: Die Graad 4-7 leerlinge sal dagboeke ontvang. Die Graad 1-3 leerlinge word moet asseblief self n A5 grootte skooldagboek aankoop. Trek die Prospektus en dagboeke oor asseblief. SNOEPIE-KAARTE: Neem asseblief kennis dat die snoepie-kaarte nie meer dié jaar gebruik gaan word nie. Die snoepie tender is toegeken aan Isabel van Vuuren. Alle aankope by die snoepie sal slegs met kontant gedoen kan word. Voedsame kos kan daagliks hier gekoop word. FOTO BESTELLINGS: Foto s van die Meriete-aande van 2015, kan van 13 Januarie tot 31 Januarie 2016 bestel word. U moet die bestelvorm saam met die korrekte geld skool toe stuur. Groete H Smith Hoof WOLLIES DOGGY PARLOUR EN HONDE BOUTIQUE Rooikat str 101, Hestea Park, Pta Noord, Agter Polisie Rondawel by Wollies Animal Shelter Oop vanaf 8 Des Dinsdae - Sondae 8h00-13h00 KLEIN HONDJIES: (YORKIE, MALTEES,) Bad, skeer, dip, naels knip R100.00 Sonder skeer R70.00 MEDIUM HONDJIES: (SPANIEL, SCOTTIE) Bad, skeer, dip, naels knip R150.00 Sonder skeer R100.00 GROOT HONDE: (LABRADOR, HUSKY,CHOW) Bad, skeer, dip, naels knip R200.00 Sonder skeer R150.00 X-GROOT HONDE (ALSATION, ST BERNARD) Bad, skeer, dip, naels knip R300.00 Sonder skeer R250.00 Amanda 078 865 8634