Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Hoe om krag te spaar

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dialoog en paragrawe *

In Getsemane en daarna... Ds Awie Erxleben

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SIZA takes the sting out of auditing

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Rubriek vir skeppende werk

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Mosselbaai Munisipaliteit

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Kersfees... Die sterre (voorspel) vertel!! - Francois Humphries en Danie Barnardo

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

Dankie aan God ons Vader. Kotzé van Wyk VOORSITTER. 30 Mei 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

die ArtKat Jaar program

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Transcription:

NG Gemeente Meyerspark Maart 2014 - Jaargang 11 Uitgawe 2 Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos Geloof weet uiteindelik dat Jesus jou vrymaak. Om Hom te kan volg. Gebed: Ek glo ook, Here! Help my om op te staan en U te volg. *Uit sy Bybelse dagboek: Die vriendelike God (p. 79). Jou geloof het jou gered, sê Jesus vir die blinde Bartimeus. Wat lees ons alles oor sy optrede? Daar was sy uitroepe: Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! Dat hy opgespring het toe Jesus hom laat roep het en dat hy sy bokleed gelos het net daar waar hy gesit het. Dat hy gevra het om te kan sien toe Jesus by hom wou weet wat Hy vir hom kon doen. Dat hy uiteindelik die pad agter Jesus aan gevat het. Dit is al. Maar Jesus sê vir hom; Jou geloof het jou gered. Lyk geloof dan so? Desperate uitroepe, om aan te hardloop na Jesus toe, om vir Hom eerlik en reguit te sê wat jou nood is. Is dit geloof? n Geloof wat red? Klaarblyklik. Eintlik is dit nie so vreemd nie. Dis maar ons wat van geloof iets gemaak het wat dit nooit is nie: n soort geestelike vertoning, n godsdienstige uithourit, om op jou geloofstande te kners in die hoop dat die Here jou sal beloon vir die vrome vasbyt. Dit was so anders met Bartimeus (lees gerus Markus 10:46-52). Hy was pretensieloos verleë oor Jesus se aandag, heeltemal blootgestel, kaal bolyf en al. Volkome eerlik. Met sy bedelaarshande het hy homself uitgelewer aan die genade van die Seun van Dawid. Dit sal ons dus loon om weer en weer na Bartimeus se manier van doen te kyk. Geloof is toe nie n aksie, n veldtog nie. Geloof is n manier van staan: met leë, bak hande. Dis n manier van kyk: om op te kyk na Jesus. Geloof is om te weet dat Jesus jou eerste raakgesien het, midde-in n groot menigte. In hierdie uitgawe: Getuienisfees 2 Maart p2 Van lappies tot rokke p3 Laerskool Silverton Toebroodjieprojek Bereikbediening Die Seniorbediening is nou 30 jaar oud Gesoek : mense p3 p4 p5 p6 eloof los nie ons probleme op nie. Maar ons vertroue in God se trou, sy Vaderskap en sy troosvolle nabyheid help ons om ons probleme met meer kalmte te hanteer, sodat ons deur lyding kan groei, ander mense kan help, en sin in die lewe kan vind. [Daniël Louw]

Goeie Nuus 2 Getuienisfees : 2 Maart Koop- n-bybel-skenk- n-bybel - Johan Pretorius U Woord is n lamp vir my voet en n Lig op my pad. (Ps 119:105) Die wonder van God se Woord vervul die 176 verse van Psalm 119 die langste lied en die langste hoofstuk in die Bybel. Soos n prisma wat n ligstraal in kleurweelde omskep, hou die psalmis die Woord van God omhoog om dit vanuit verskillende gesigspunte te ondersoek. Uit die Stiltetyd Bybel vir elke dag. Aansluitend by die inligting wat in die Februarie-uitgawe van Goeie Nuus verstrek is oor hierdie projek, is dit die doelwit van die Uitreikbediening om minstens 1 000 Bybels per jaar te versprei onder mense wat nie oor n Bybel in hulle eie taal beskik nie. Verlede jaar was dit 1 286 Bybels. Hierdie projek is nie net die oudste van die gemeente nie, (sedert 1992), maar uniek in dié opsig dat elke gemeentelid en kind daaraan deel kan hê deur hulle bydrae en Bybels wat hulle aankoop en versprei. Elsie Moumakwe het 726 Bybels versprei. Sy is woonagtig in Makau naby Brits, n gebied met n bevolking van etlike duisende. Sy is lid van die VGK gemeente by De Wildt. By die kiosk in Watermeyerstraat is 560 Bybels aangekoop by Princess. Om dit te vergemaklik vir persone wat vir die eerste keer n Bybel in hulle eie taal onder oë het, is daar n pamflet beskikbaar Hoe om jou Bybel te lees, te gebruik en te verstaan. Dit is in ses swart tale beskikbaar. Dit verskaf inligting oor die samestelling van die Bybel, die belangrikheid, gebed en kernboodskap van die Bybel deur die kruisdood van Jesus, sy liefde en dat Hy sy lewe afgelê het vir sondaars. Daar is ook verskeie pamflette van die Christelike Lektuurfonds beskikbaar, byvoorbeeld die verhaal van twee broers (die verlore seun), Die Here Jesus kom weer, die goeie nuus van die Woord, Die pad na God, ensovoorts. Die pamflette is in al die tale beskikbaar. Wat die finansiering van die projek betref, kan daar maar alleen dank uitgespreek word vir die Here se seën en die oop hande van gemeentelede. Die fondsinsameling vind plaas die eerste Sondag van Maart met ons Getuienisfees. Bydraes word egter reg deur die jaar ingesamel. Vir die tydperk Maart tot Oktober is R56 874 ontvang. Dit sluit in geld wat verkry is met Bybelverkopings en ook donasies. n Spesiale dankie aan donateurs vir spesiale donasies. R37 671 is in dieselfde tydperk bestee om Bybels aan te koop by die Bybelgenootskap. Bybels is in al elf tale van die land beskikbaar asook in Portugees, Frans en Shona (Zimbabwe). Die kleiner formaat kos R35 en die gewone grootte R45. Dit is amper die helfte minder as die winkelprys. Koeverte vir u bydrae sal by Die Basuin van 23 Februarie ingesluit word. U kan ook u eie koevert gebruik merk dit net Bybels. Bid asseblief vir hierdie projek, nie net dat daar voldoende fondse ingesamel sal word nie, maar vir die voortbestaan daarvan. In die vorige Goeie Nuus, (Februarie), is melding gemaak dat die Stadsraad dit oorweeg om die Bybelkiosk in Watermeyerstraat te sluit en die kantoor vir eie doeleindes te gebruik. Vertoë is gerig vir die behoud van die Bybel-kiosk. Ons wag nog op n ant-woord. Vir enige inligting oor hierdie projek, skakel Johan Pretorius (012 803 2416) STIENIE NAUDé EIENDOMME Koop en verkoop van eiendomme Skakel Stienie Naudé (082 335 0720) (Eiendomsagent) Algemene meubelvervoer en langafstand. Bokse en verpakkingsmateriaal te koop. KwaZulu-Natal kantore open 3 Maart 2014. Spesiale openingstariewe. Skakel Kassie 0861 111 129 / 082 454 8159 Tree care / tree felling Kontak / contact Ernst 083 656 4992 / www.treecarepta.co.za

Goeie Nuus 3 Van lappies tot rokke Susan Nell Baie gemeentelede is bewus van die naaldwerkklasse vir huishulpe in ons gemeente. Maar baie is onbewus van hoe dit ontstaan het. In 1973 het n gemeentelid, wyle mev Greté du Preez met die idee begin. Aanvanklik was daar geen fondse of toerusting beskikbaar nie. Met die goedgunstige skenkings van afvalmateriaal, naaimasjiene en ander benodigdhede deur gemeentelede, het die klasse in die motorhuis van die sendingpastorie in Watermeyerstraat begin. Elke tweede Donderdag het die werkers begin om pragtige kussings met die laslappies te maak. Later is dit opgevolg met voorskote en kinderklere. In 1984 is die klasse na die kategeselokale verskuif waar ons vandag nog vergader. Die kerkraad het later die klasse uit gemeentefondse gesubsidieer, waarmee ons die nodige materiale en ander benodigdhede koop. Tans maak al die werkers die mooiste en netjieste rokke vir hulleself, soos voorheen al aan die gemeente vertoon tydens ons afsluitingsfunksies. Met die totstandkoming van die verskillende bedieninge, sorteer ons onder die Bereikbediening. Met elke klas lees ons Bybel, bid en sing lekker saam. Ons glo en vertrou dat die aangename gees en die deel in almal se lief en leed, die klasse n baie belangrike rol in die godsdienstige lewens van hierdie vroue speel. Vir ons as helpers is dit n voorreg om deel daarvan te wees. Laerskool Silverton Toebroodjieprojek - Beryl de Coning Ter wille van nuwe intrekkers wat nie weet hoe die projek werk nie: Toebroodjies (vulsel van eie keuse) met n sappie of n vrug, word elke Woensdag verskaf aan 40 minderbevoorregte kinders by Laerskool Silverton. Hiermee wil ek net vir almal wat so getrou en met baie liefde die toebroodjies maak en by die skool aflewer, sê duisend dankies vir die liefdestaak wat julle verrig. Dit word opreg waardeer. Die skool het gevra dat ons ook vir julle almal baie dankie moet sê. Dit maak hulle taak ook n bietjie ligter. Hulp met die projek is altyd baie welkom. Indien daar nog persone is wat graag by die projek betrokke wil raak of persone wat betrokke was en weer wil inskakel, moet asseblief nie huiwer om my by die kerkkantoor te skakel nie. Groete en lekker beplan aan die volgende broodjies wat julle gaan maak.

Goeie Nuus 4 Bereikbediening - Gerrit van Niekerk Doel Die doel van die Bereikbediening is om mense wat nie deel van die Koninkryk van God is nie te bereik en in te bring. Dit geld vir mense in ons gemeenskap, die wyer gemeenskap van Pretoria, Afrika en die hele wêreld. Dit is die taak van elke lid van die gemeente; die Bereikbediening koördineer slegs die aksies. Die bediening sal graag meer gemeentelede laat inskakel. Op die oomblik is ons ernstig op soek na n sekretaresse (of sekretaris) wat kan help met sakelyste en notules om vergaderings glad te laat verloop. U word ook genooi om by een of meer van die projekte in te skakel. Die bediening het n klompie projekte wat hieronder verder toegelig word. Gemeenskapskontak Ons wil graag die gemeenskap bereik. Dit sal met vriendskap en dienslewering vermag kan word. Tans word met die Buurtwag saamgewerk en n ideaal is om n krisis-sentrum tot stand te bring wat mense in krisis kan bystaan. Vriendskap uitreike is reeds gedoen deur straatbraaie te reël en daar word beplan vir meer daarvan. Leseding Bybelkiosk Die Leseding Bybelkiosk in Watermeyerstraat verkoop Bybels teen n afslag aan pendelaars en ander. Dit word befonds deur bydraes wat deur middel van die Koop- n-bybel-skenk- n-bybel projek ingesamel word. Naaldwerkklasse Naaldwerkklasse word aangebied aan huishulpe en dit word ook as evangelisering geleenthede gebruik. Middestad Evangelisasie Ons ondersteun die Tshwane Leadership Foundation (TLF) finansiëel en met raad. TLF is verbind om gesonde, lewenskragtige gemeenskappe wat kan floreer in die teenwoordigheid van God in die middestad te skep. Meer as 600 mense word per nag in behuisingsfasiliteite herberg gebied en meer as 1 300 weeskinders en kwesbare kinders word ondersteun. Pennies Kleuterskool Ons ondersteun hierdie kleuterskool vir minder bevoorregte kinders in die middestad finansieel en deur praktiese hulp. Mamelodi VGK gemeente Ons skakel met hierdie buurgemeente van ons en help ook finansieel. Stanza Bopapi gemeente Ons is betrokke by hierdie gemeente deur raad en steun met die oprigting van hulle kerkgebou en die wettige bekom van die standplaas waar hulle kerk opgerig word. Kingdom Global Kingdom Global is tot stand gebring deur een van ons gemeenteseuns, Hugo van Niekerk en het voorheen as Mission Russia bekend gestaan. KG streef na samewerking tussen kerke en besighede om God se Koninkryk in die wêreld te laat groei. n Hele span permanente en kort termyn sendelinge is betrokke in Rusland, Armenië, Indië, Pakistan, Indonisië, Maleisië en die Filippyne. Klem word geplaas op kerkplanting en die opleiding van kerkleiers. Net vir vandag - Outeur onbekend Net vir vandag... sal ek net twaalf uur vorentoe kyk en nie al my probleme gelyktydig probeer oplos nie. Net vir vandag... sal ek my brein so goed moontlik gebruik deur iets nuttigs te leer, iets te lees wat inspanning en konsentrasie vereis en daaroor na te dink. Net vir vandag... sal ek op my beste lyk, in n beskaafde stem praat en deurgaans hoflik en bedagsaam optree. Net vir vandag... sal ek nie my vriende, kollegas en gesin kritiseer nie. Ek sal niemand behalwe myself, probeer verander of verbeter nie. Net vir vandag... sal ek twee dinge doen waarvoor ek nie lus is nie... net om my karakter te bou. Net vir vandag... sal ek nie bang wees om te geniet wat mooi is en waarin ek glo nie want hoe meer ek het om die wêreld te gee, hoe meer sal ek ontvang.

Goeie Nuus 5 Die Seniorbediening is nou 30 jaar oud Gelukkig het Antoinette Herbst, (ons kan haar maar as die moeder van die Seniorbediening beskou), boekgehou van die stigting van die Minidienssentrum (nou bekend as die Seniorbediening). In Februarie 1984 skryf sy onder andere: Met die leuse, Tot u diens, het die Minidienssentrum in Meyerspark n werklikheid geword. Die stigtingsvergadering is op 21 Februarie 1984, gehou. Vanaf Maart sal n vrywillige bydrae van R1 betaalbaar wees vir lidmaatskap. n Voorafbepaalde program sal aan al die senior lidmate voorsien word. Dit word toe opgevolg met n beriggie in die Kerkklok, die Basuin van vandag, in Maart 1984 wat soos volg lui: Senior mans en vrouens word vriendelik uitgenooi om te kom aansluit op Woensdagoggende vanaf 09:00 11:00. Na 25 jaar skryf Antoinette die volgende: Noudat 25 jaar verloop het, bring ek graag hulde aan wyle ds Josua Loots. Hy het vroeg in die tagtigerjare na vore gekom met die idee om n dienssentrum te begin om sodoende meer senior lidmate te bedien en betrokke te kry in die gemeente. Dit bly steeds n wonderlike belewenis om deel te wees van hierdie familie van gelowiges. Ons rigtingwyser is steeds die teksvers: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. In daardie vroeë jare het die Minidiens n daadwerklike diens ook gelewer, deur die seniors se bloeddruk te meet waar nodig, voete te versorg en enige ander soortgelyke diens aan te bied. Uit beperkte bronne tot beskikking blyk dit dat die Lente-ete reeds in die negentiger jare plaasgevind het, asook toere na die Suidkus, Oos-Transvaal en Dikhoholo. In 2008 sluit ds Niekie Rothmann by ons aan as ons eie predikant. n Paar jaar later, in 2012, word Antoinette ernstig siek en is genoodsaak om af te tree, maar gelukkig is sy en Gerald nog deel van ons. Die naam het later verander van Minidiens na Seniorbediening, maar verskeie dienste word nog vir senior lidmate gebied. Rolstoele en verskeie ander hulpmiddels is oor die jare versamel en is op tydelike basis beskikbaar vir bruikleen. Net soos 30 jaar gelede, vergader ons nog steeds elke Woensdagoggend om tienuur in die Kerksaal. Die program word vooraf opgestel en daar word probeer om n verskeidenheid aan te bied. Ons kuier saam, gesels lekker oor interessante ervarings in ons eie lewens, luister na genooide gaste met aanbiedings soos sang, voordrag ens. Verder eet ons op n gereelde basis saam braaivleis, ontbyt en selfs potjiekos, om nie eers te praat van die jaarlikse besoek aan Badplaas nie. Dit bly na 30 jaar nog steeds die moeite werd om elke Woensdag op te daag en die liefde van n groot ondersteuningsgroep, (familie van gelowiges), te ervaar. Ons nooi al ons senior lidmate om te kom deelneem. Dis heerlik en die ledegeld van R1 het ook verval nie dat ons nie graag donasies van lede waardeer nie. Kom sluit gerus by ons aan! Kabouterwoud Speelskool in Keuningstraat 206 Meyerspark bied Christelike Afrikaanse voorskoolse onderrig om die kleuter voor te berei vir die meer formele skool opset. Lief en Leed Lucas Jansen van Vuren, Hennie Botha, Anna Pick, Emsie Pretorius, Willem Viljoen asook Pieter van Veijeren se moeder, Antoinette Loubser se pa, Marie van Rooyen se broer, Audrey Smit se broer, Chris en Laurette Rabie se seun, is die afgelope maand oorlede. Ons gebede en meegevoel gaan uit na hulle naasbestaandes.

Goeie Nuus 6 Gesoek : Mense... - Wessel Rossouw Ons gemeente is op soek na die volgende mense: Mense met n glimlag Hierdie mense moet asseblief kom aanmeld om deurdiens te doen. Dis mos vir jou lekker om Sondae met n glimlag by die kerkdeur verwelkom te word. Word nou self die een wat jou glimlag deel met mense wat op pad is om in te gaan deur sy poorte met lof. Kontakpersoon: Danie Barnardo 084 588 6668 Mense wat n rekenaar kan bedryf Ons is op soek na sulke mense om Sondae so af en toe n beurt te neem om die dataprojektor te bedryf. Dis die rekenaar wat sorg dat alles op die skerm verskyn wat die eredienste in die kerk en in die saal vlot laat verloop. Niks daarvan is moeilik nie. Meld jou asseblief aan by Ansie Smit 072 213 0542 Mense om die klank deur die luidsprekerstelsel te reguleer Daar is n groot tekort aan mense wat by Sondag se dienste die klank van die luidsprekerstelsels by albei dienste kan reguleer. Opleiding word verskaf oor die werking van die stelsel. Kontakpersoon: Ansie Smit 072 213 0542 Mense met n boodskap vir oues van dae in aftreeoorde Ons gemeente is betrokke by die aanbied van aandgodsdiens by Palms Renaissance en Silversig aftreeoord in Silverton. Kom bied jou hulp aan. Dit vra drie of vier keer per jaar jou tyd vanaf 17:30 tot min of meer 18:00 op n weeksaand. Deur n seën met die bejaardes te deel word jy self geseën op n mate ver bo wat jy ooit kan verwag. Kontakpersoon: Wessel Rossouw 073 248 4860 Seënwense vir 2014 (en die jare wat kom) Basie en Ria van Wyk In Augustus 2013 het ek en Ria verhuis vanaf Meyerspark na n veel kleiner meenthuis by Huis Herfsblaar, wat deel uitmaak van die NG Gemeente Hartebeesspruit-Queenswood. Ons moes toe ontslae raak van baie besittings wat ons gedurende ons verblyf van byna 48 jaar in Meyerspark opgegaar het. Een van die lêers wat ek tog behou het, bevat sommige van die uitgawes van Goeie Nuus wat ek nie oor my hart kon kry om weg te gooi nie. Toe ds Uli Trümpelmann op 1 Augustus 1993 die eerste uitgawe van Goeie Nuus (destyds was dit n weekblad wat elke Sondag by die kerkdeure uitgedeel is) laat verskyn het, het hy my gevra om as medewerker by die blad betrokke te raak. Ons wil graag lidmate aanmoedig om betrokke te bly by Goeie Nuus deur bydraes te skryf en te versamel wat die redaksie kan oorweeg by die samestelling van elke uitgawe. Dit was n groot voorreg om sedert die ontstaan van Goeie Nuus in 1993, lekker met René Steyn saam te werk om artikels te skryf en te versamel. Eksteen Schutte, wat op 1 Januarie 2014 in Die Wilgers Hospitaal oorlede is, het ook oor baie jare met groot toewyding met die redigering van Goeie Nuus gehelp. Ons is bly om te verneem dat verskeie persone aangebied het om vanjaar met hierdie werk voort te gaan. Dit is werklik baie aangenaam om na baie ure se proeflees en herlees, die finale uitgawe van n gemeenteblad in jou hand te hou met die wete dat dit weer vir die dienswerkers n kosbare geleentheid gaan bied om met n blad vol Goeie Nuus by elke lidmaat besoek te kan aflê. In die Eerste Uitgawe van Goeie Nuus het ds Uli Trümpelmann die volgende geskryf: Die enigste ware goeie nuus is die nuus omtrent ons verlossing in Jesus Christus. Ons gemeente wat deel is van die Liggaam van Jesus, dra hierdie boodskap uit op alle denkbare maniere. Goeie Nuus is die kommunikasiekanaal waardeur u voortdurend op hoogte gehou sal word van hoe en waar ons Christus uitleef. Hou Goeie Nuus dop vir gebeure, getuienisse, aksies, ervarings, pitkos, diensgeleenthede, kampe, kwellings, kursusse, in kort, alles wat u moet weet om nie net die goeie nuus te ontvang nie, maar dit self ook uit te dra in n wêreld wat verslaaf geraak het aan slegte nuus. Mag u die Here se ryke seën ervaar in die jaar 2014 in alles wat u as gemeente doen om die Here se Naam uit te dra, ook deur Goeie Nuus elke maand propvol ware goeie nuus te hou.