GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Mandala Madness Deel 2

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIZA takes the sting out of auditing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

G. J. du Preez

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Tariewe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

VAANDELDRAER DIE EU VERKRUMMEL AMERIKA SE TOULEIERTJIE DONALD TRUMP NIMROD ZUMA

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Hoe om krag te spaar

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

407. Esegiël 38 & 39.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Rubriek vir skeppende werk

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Tariewe

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Mosselbaai Munisipaliteit

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Sterdansers by Vensters.

Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REWOLUSIE VAN 1917? BRON 1A GESKREWE BRON Uittreksel uit die petisie wat George Gapon hoop om te bied aan Nicholas II op 22 ste Januarie 1905. Ons die werkers, ons kinders, ons vroue en ons ou, hulpelose ouers het na U gekom, o Heer, om die waarheid en jou beskerming te soek. Ons is baie arm en onderdruk, ondraaglike werk word op ons ingestel, ons word verwerp en word nie erken as mense nie. Ons word soos slawe behandel, wat hul lot moet dra en swyg. Ons het verskriklike dinge gelei, maar ons word steeds dieper afgedruk in die afgrond van armoede, onkunde en gebrek aan regte. VISUELE BRON Onderdrukking Revolusie Vryheid Grondwet Parlement Vryheid Sien sterre van vryheid Philadelphia Inquirer [Vanuit: www.spartacushistory.com]

(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B GESKREWE BRON Felix Joesoepov was op die eers optimisties oor Rusland se kanse van ʼn oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog. Die militêre veldtogte het briljant geopen met ʼn diep deurbraak in Oos-Pruise, die aanval was vroegtydig geloods op die aandrang van die Geallieerdes om die oorlaaide Westerse front te verlig. Teen die einde van Augustus, as gevolg van ʼn gebrek aan ordinansie, is Generaal Samsonoff se magte omring naby Tannenberg. Die generaal, wat nie die verlies van sy weermag wou oorleef nie, het homself geskiet. Die offensief was suksesvol hernu op die Oostenrykse front, maar in Februarie 1915 het ʼn verdere offensief in Oos-Pruise in ʼn ramp by Augustovo geëindig. Op 2 Mei, het die Oostenryks-Duitse weermag deur die Suidwes-Russiese front gebreek. Ons troepe was ondervoed, swak toegerus, en het geen ammunisie gehad nie, maar ten spyte van hierdie haglike omstandighede het hulle geveg teen die beste toegeruste weermag in die wêreld. Hele regimente was gevange geneem sonder om weerstand te bied, as gevolg van die gebrek aan toerusting wat versuim het om in die tyd te kom. VISUELE BRON Hierdie bron is geneem uit Making History en verduidelik die uitwerking impak van die oorlog op gewone Russe. [Vanuit: www.spartacushistory.com]

4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) BRON 1C Kameraad matrose, ek groet julle sonder om te weet of julle glo, of nie, in al die beloftes van die voorlopige Regering. Maar ek is oortuig daarvan dat wanneer hulle mooi praat, wanneer hulle julle baie belowe, hulle julle en die hele Russiese bevolking mislei. Die mense benodig vrede, die mense benodig brood en die mense benodig grond. En hulle gee julle oorlog, hongersnood, geen brood laat die grondhere nog steeds toe op die grond... Ons moet veg vir die sosiale rewolusie, veg tot die einde, tot die bereiking van die volledige oorwinning van die proletariaat. Lank lewe die sosiale wêreld-rewolusie! Lenin, die leier van die Bolsjewiste, op sy terugkeer na Rusland, April 1917. [Vanuit: Making History, bladsy 112]

(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 VRAAG 2: TOT WATTER MATE HET DIE NUWE BEDELING DIE KAPITALISTIESE BEGINSELS TEENGESTAAN? BRON 2A STANDPUNT 1 Herbert Hoover, toespraak in New York (Oktober 1932) Die voorstelle van ons teenstanders sal ons stelsel in gevaar stel of vernietig. Ek beklemtoon veral die belofte om indiensneming te bevorder vir alle surplus-arbeid ten alle tye. Aanvanklik kon ek nie glo dat iemand so wreed sou wees om hoop te gee aan iets so absoluut onmoontlik soos die verwesenliking van hierdie idee aan hierdie 10 000 000 wat werkloos is nie. En ek protesteer teen hierdie ligsinnige beloftes wat gemaak word aan die lydende mense. As dit moontlik was om hierdie werk aan 10 000 000 mense te gee deur die regering, sou dit $9 000 000 000 ʼn jaar kos. Dit sou die werk van diegene wat nog in diens was aftrek as gevolg van die hoë belasting en die demoralisasie van krediet waarop hulle diens afhanklik is. Dit sou die groei van ʼn verskriklike burokrasie meebring wat, nadat dit ingestel is, nooit weer vernietig kon word nie. STANDPUNT 2 Franklin D. Roosevelt, toespraak in Boston (Oktober 1932) Ons het twee probleme: die eerste, om die onmiddellike nood aan te spreek; tweedens, om ʼn grondslag van permanente indiensneming op te bou. Om onmiddellike verligting te verskaf, is die eerste beginsel van hierdie nasie, die nasionale regering, as jy wil, die positiewe plig dat geen burger sal honger lei nie. Bykomend tot die verskaffing van noodhulp, moet die federale regering tydelike werk verskaf waar dit moontlik is. Jy en ek weet dat in die nasionale woude, vloed voorkoming, en op die ontwikkeling van waterprojekte wat reeds gemagtig en beplan is, maar nog nie uitgevoer is nie, kan tienduisende en selfs honderde duisende van ons werklose burgers ten minste tydelike indiensneming gegee word. [Vanuit: www.spartacushistory.com]

6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) BRON 2B Franklin D. Roosevelt, radio-uitsending, Fireside Chat (12 Maart 1933) met betrekking tot die Nood Bankwet (Emergency Banking Act) Sommige van ons bankiers het bewys dat hulle óf onbevoeg of oneerlik is in hul hantering van die mense se geld. Hulle het geld wat aan hulle toevertrou was in spekulasie en onwyse lenings gebruik. Dit was natuurlik nie waar vir die oorgrote meerderheid van ons banke nie, maar dit was waar dat sommige van hulle die mense vir ʼn tyd kon skok met ʼn gevoel van onveiligheid. Dit was die regering se taak om hierdie situasie uit te stryk en dit so vinnig as moontlik te doen. En dit word uitgevoer. Vertroue en waagmoed is die noodsaaklikhede in ons plan. Ons moet geloof hê, moet jy nie oorrompel word deur gerugte nie. Ons het die masjinerie voorsien om ons finansiële stelsel te herstel, maar dit is vir jou om dit te ondersteun en te maak werk. Saam kan ons nie misluk nie. BRON 2C [Vanuit:www.spartacushistory.com] Sluit aan by optog vir ouderdomsversekering Stuur jou aansoek om ʼn Sosiale Sekuriteitsnomer deur die poskantoor NIE LATER AS Des 5, 1936. ʼn Regeringsplakkaat oor die Sosiale Versekeringswet wat Amerikaners voorsien het van finansiële beskerming teen werkloosheid, siekte en ouderdom [Vanuit:www.spartacushistory.com]

(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2D Hierdie kaart toon die impak van die Tennessee Valley Authority op die verskillende state. rivier rivier Noord- Carolina Suid- Carolina [Vanuit:www.spartacushistory.com] Damme Gebied wat deur TVA van krag voorsien is myle

8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) BRON 2E Restaurant ondersteun die NRA skema. [Vanuit:www.spartacushistory.com]

(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 VRAAG 3: HOE HET DIE IDEES VAN SOSIALE DARWINISME GELEI TOT DIE SKENDING VAN MENSEREGTE IN DUITSLAND? BRON 3A Uittreksels uit Mein Kampf (deur Adolf Hitler). Die eerste deel van Mein Kampf is in 1923 in die Landsberggevangenis geskryf. "... Die beginsels van die staat is slegs ʼn middel tot die einde, die belangrikste ding is die instandhouding van ʼn mens se rasse-wese. Die rasse-verskil (d.w.s. biologiese verskille van kleur van die hare en vel, skedelbou, tipe gesig en neus, hoogte van die liggaam en sy soort, ens.) bepaal die geestelike karakter, die vermoë, die potensiële ontwikkelings, en die reg om te bestaan van daardie ras op aarde. Daar is hoër/meerderwaardige rasse die fisiese en geestelike elite die kreatiewe en progressiewe deel van die mens se geskiedenis; daar is minderwaardige rasse ontaard en produseer ʼn nageslag wat inherente vernietigende en gevaarlike elemente besit. Die Duitsers is ʼn tak van die hoër Ariese ras en die Jood se plek is in die laagste rang van die minderwaardige Semitiese ras. Die Jode se doel is om die Ariese ras te besoedel en ʼn ramp te bring oor die ras wat ontwerp is om die wêreld te regeer. Bewaring van rasse-suiwerheid is die eerste en heilige plig van die uitverkore ras.... BRON 3B [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom] Hierdie bron beeld die behandeling van Joodse skoliere in Duitse skole uit. [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]

10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) BRON 3C GESKREWE BRON Bertha Ferderber-Salz was ʼn gevangene by die Plaszow konsentrasiekamp: Om vier uur in die oggend is ons wakker gemaak deur die sirene vir ons se roll-call. (naamlesing). Ons het in die lyn gestaan vir baie ure terwyl ons getel en verdeel is in groepe werk. Slegs om sewe uur sou ons uit gaan deur die kamphekke. Enigeen wat nie kon byhou nie kon ʼn koeël in sy kop verwag uit die gewere van die Oekraïnse wagte, wat ons weerskante bewaar het. Lyfstraf as ʼn straf vir misdade is in die openbaar en as ʼn plegtigheid gedoen. Die kampwagte was lief om hul honde op die gevangenes los te laat. Nog ʼn vorm van vermaak vir hulle was die opheffing van een van die gevangenes met ʼn kraan saam met rommel en om hom lewendig te begrawe in die gat wat gegrawe was. Benewens al hierdie vorme van marteling, was ons ook heeltemal afgesny van die buitewêreld. Die mees verskriklike en moeilike straf was om gestuur te word om in die groewe te gaan werk. Mense, ongeag van hoe vermors hulle geword het, is beveel om klippe op te kap met spesiale of swaar hamers, of om baie groot en swaar rotse, te dra vir lang afstande selfs al was dit eenvoudig net om hulle besig te hou. VISUELE BRON [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom] Dit is ʼn foto van die gevangenes waens vol grond sleep by die Mauthausen konsentrasiekamp, 1941. [Vanuit: Die Menseslagting (Holocaust): Lesse vir die mensdom]

(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3D Toespraak van Reichsfuhrer SS Heinrich Himmler op ʼn vergadering van senior SS beamptes in Poznan! Posen, 4 Oktober 1943... Ek wil ook met julle openlik praat oor ʼn belangrike saak. Onder ons moet dit eerlik gesê word, maar tog sal ons nooit daaroor in die openbaar praat nie. Ek bedoel die ontruiming van die Jode, die uitwissing van die Joodse volk. Die meeste van julle weet wat dit beteken as 100 lyke lê langs mekaar, of 500 of 1000. Om dit te kon uitvoer en op dieselfde tyd benewens uitsonderings wat veroorsaak was deur menslike swakheid ordentlike te bly, is wat ons hard gemaak het. Dit is ʼn bladsy van glorie wat nooit geskryf was en nooit geskryf sal word nie. Ons het die morele reg gehad, dit was ons plig teenoor ons mense, om die mense wat ons wou dood maak dood te maak. Om als op te som kan ons sê dat ons het hierdie baie moeilike taak vervul vir die liefde van ons mense. En ons gees, ons siel, het ons karakter was nie daardeur geraak nie. [Kantoor van die VSA Hoof van die raad vir vervolging van Axis kriminaliteit, Nazi sameswering en aggressie, Vol. IV, (Washington DC: Amerikaanse regering Druk Kantoor, ~ 946), pp 563 4 [Doc. 1919-PS]

12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013) ERKENNINGS Brink E. et al.: History Solutions Deftereos R. et al.: Making History Dugmore C. et al.: Spot On History Fernandez M. et al.: Focus Frank et al.: New Generation History Grove S.: Via Africa History on the Net Silbert M. and Petersen T.: The Holocaust: Lessons for humanity Spartacus History