SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Tariewe

Direkte en indirekte rede *

SIZA takes the sting out of auditing

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Tariewe

NONNIE DE LA REY deur ZELDA ROWAN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

THABAZIMBI AKSIEGROEP PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

deur BOB RONALD JANSSEN voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in die vak INTERNASIONALE POLITIEK aan die

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Edgehog

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Hoofstuk 2 Die konvensionele literêre biografie

Transcription:

SUIDLAND MEDIA Geagte Volksgenoot MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD Ons is verheug om te kan bekend maak dat ons n verdere twaalf titels toegevoeg het tot die reeks van DVD s wat deel vorm van ons historiese DVD-projek. Dit bring die totale aantal titels nou op twee-en-dertig te staan. In Suid-Afrika is daar tans n berekende en sistematiese veldtog aan die gang om die sigbare tekens van ons volk se geskiedenis te vernietig. Dit geskied deur die verandering van die name van plekke, strate, berge, damme en riviere en deur die verwydering van standbeelde en monumente. Dit is gerig op die uitwissing van ons historiese bewussyn en op ons uiteindelike permanente verslawing. Iemand het gesê: Die geskiedenis is die wapen waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in permanente knegskap wil hou. Ons het egter nie nodig om dit toe te laat nie. Ons vyand kan die sigbare getuienis van ons geskiedenis vernietig, maar niemand kan die monumente wat deur middel van beeld en klank op ons hartsnare en ons breinselle gebou word, vernietig nie. Dit wil ons graag met hierdie DVD-projek bereik. Die dade van manne, vroue en kinders wat, in vertroue op God, hulle lewens en dit wat vir hulle kosbaar was op die altaar geplaas het om vir ons, hulle nageslag, n toekoms te skep, is op hierdie DVD s vasgelê. Deur saam met u kinders en u kleinkinders daarna te kyk, kan u monumente oprig wat nie afgebreek kan word nie en ons historiese nalatenskap kan voortgedra word tot in die verste geslagte. Die volgende nuwe titels is bygevoeg: Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoofkarakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en Gelofteland van FA Venter, aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films.

Vegkop n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron waar die slag van Vegkop tussen die Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836 plaasgevind het. Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor. Paul Kruger Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en gedeeltelik in dokumentêre vorm. Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog Die regisseur en kameraman Rudie Rousseau is besig met n dokumentêre reeks oor die konsentrasiekampe wat tydens die oorlog bestaan het. Ons stel hiermee twee daarvan bekend, naamlik: - Die Nylstroom Konsentrasiekamp - Die Springfontein Konsentrasiekamp Emily Hobhouse n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het om die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en aanvullend tot die bestaande dokumentêr. Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog n Dokumentêr oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daarvan op die psige van ons volk. Sons of the Blood Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die algemeen, aangevul deur beeldmateriaal. Die Vredesonderhandelinge n Drama waarin die verloop van die vredesonderhandelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld word. Koos de la Rey n Drama oor die dood van Genl. de la Rey. Verspeelde Lente n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die dertiger-jare van die vorige eeu Ongetwyfeld die Kampioene n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog met beeldmateriaal en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegseenhede. Hieronder verskyn n volledige lys van alle DVD s wat tans beskikbaar is, met hulle pryse. Op ons webtuiste by www.suidland.com verskyn meer besonderhede oor die die inhoud van die DVD s en oor die projek in die algemeen sowel as n lys van boeke met meer inligting oor die onderwerpe wat die DVD s dek.

Ons vertrou dat u hierdie projek sal ondersteun. Daardeur kan u n konkrete, opbouende en positiewe bydrae tot die bewaring van n besondere erfenis en die skepping van n toekoms vir ons kinders lewer. Afrikaner groete Frikkie Strauss 1 April 2011 Ons respekteer mede-afrikaners se reg op privaatheid en enige persoon wat die inligtings materiaal wat ons uitstuur nie wil of kan ontvang nie, kan slegs vir ons dienooreenkomstig inlig. Aan persone wat hulleself met die inhoud daarvan kan vereenselwig, wil ons die versoek rig om dit so wyd moontlik te versprei. Die elektroniese media bied die geleentheid om dit op n groot skaal te doen. VOLLEDIGE LYS VAN BESKIKBARE DVD S ALGEMENE GESKIEDENIS Grepe uit SA volksgeskiedenis (Reeks van 3 DVD s) Die Bou van n Nasie DIE GROOT TREK Geknelde Land (Reeks van 5 DVD s) Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer Die Voortrekkers Die Slag van Bloedrivier Die Vegkop Gedenk terrein R150 vir reeks R220 vir reeks EERSTE VRYHEIDSOORLOG Majuba, Heuwel van die Duiwe (Drama) Vannag gaan ek Majuba beset (Dokumentêr)

TWEEDE VRYHEIDSOORLOG Paul Kruger Genl. Christiaan de Wet Die Leeu van Wes-Transvaal Danie Theron Gideon Scheepers Teregstelling van Boereverraaiers Die Slag van Magersfontein Konsentrasiekamp reeks: - Nylstroom - Springfontein Emily Hobhouse (Tweespraak) That English Woman (Dokumentêr) Sons of the Blood Die Ruiter in die Nag Sarie Marais Die Vredesonderhandelinge Boereoorlog herdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000) (Reeks van 5 DVD s) - Verrigtinge - Erediens Ds AS Benecke - Herdenkings rede Mnr Jaap Marais - Lewenskets van Genl. Manie Maritz - Skyfie reeks oor ons geskiedenis R220 vir die reeks TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS Koos de la Rey (Die dood van Genl. de la Rey) Jopie Fourie Verspeelde Lente Africa Addio The Assassination of Dr HF Verwoerd Ongetwyfeld die Kampioene (Grensoorlog) KONTEMPORÊRE GEBEURE Eugéne Terre Blanche (Begrafnis) Pryse van DVD s is soos volg saamgestel: - Nuwe produksies - Kopieë van bestaande produksies (half prys) - DVD s met minder beeldmateriaal en kwaliteit beperkings (een-derde prys)

BESTELLINGS EN NAVRAE Stuur bestelling na: Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks 022 913 1482 of e-pos na suidland@lantic.net Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in Bankbesonderhede vir inbetalings: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005 Navrae: 022 913 2391 / 082-4933 785 Webtuiste: www.suidland.com Suidland Media en die Suidlanders is twee verskillende organisasies wat elkeen op sy eie terrein van die volkslewe opereer. BESTELVORM Aan: Suidland Media, Posbus 339, Piketberg, 7320 Bankbesonderhede: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005 Epos: suidland@lantic.net Faks: 022 913 1482 Tel: 022 913 2391 Stuur asb die volgende DVD s en boeke aan my: TITEL GETAL BEDRAG TOTAAL (Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in) Naam: Posadres: Telefoon / selfoon: E-pos adres: