Gemeenskapsinteraksie 2006

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SIZA takes the sting out of auditing

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Direkte en indirekte rede *

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR S OFFICE

ʼn Kritiese ondersoek na die stand van Afrikaanse professionele Jeugteater in Suid-Afrika na 1994

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

COHHUNfKE. fnholl1) Redaksioneel 2. Fakulteitsnuus 6. Internasionaal. Fakulteitslede besoek buiteland Buitelanders besoek die Fakulteit

Mosselbaai Munisipaliteit

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

CBI maandvergadering Sukses hang af van vennootskappe

Jaarverslag (tydperk: 1 Februarie Maart 2006)

Rut: n Liefdes Verhaal

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

'n Idee vir 'n besigheid

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

KURRIKULUMDIFFERENSIASIE IN DIE VAK WISKUNDE GRAAD R VIR LEERDERS MET ERGE INTELLEKTUELE GESTREMDHEID IN INKLUSIEWE WES-KAAPSE SPESIALE SKOLE

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

MOTIVERINGSPLAN GEBARE-BOERE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Mandala Madness Deel 2

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

ʼn Ondersoek na entrepreneuriese oriëntering by geselekteerde openbare skole in Gauteng. J.H Malan

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

Die 2004 senior Harmony Suid-Afrikaanse Wiskundeolimpiade: n Analise van die resultate van die senior groep, tweede ronde

Transcription:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Gemeenskapsinteraksie 2006 Johann de Villiers 26 April 2007 Hierdie verslag bied n oorsig oor gemeenskapsinteraksie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir 2006. Die verslag is opgestel soos ooreengekom tydens n vergadering van die dekane met die Viserektor (Bedryf) en die Direkteur: Gemeenskapsinteraksie (asook ander kollegas wat die gesprekke gefasiliteer en ondersteun het) op 17 Februarie 2007. 1. Diensleer: Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214 Gedurende 2006 is die grondslag gelê om diensleer n integrale deel te maak van die module Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214, aangebied deur die Departement Ondernemingsbestuur. Die module het 320 studente, en die doel is om elke student as deel van die akademiese program te betrek aan een van n reeks aktiwiteite wat interaksie met die gemeenskap behels. Die deelname van die studente word geassesseer en die punt wat so behaal word, maak tien persent van die klaspunt in hierdie module uit. Studente het tans n keuse om by drie verskillende aktiwiteite betrokke te raak: - Die eerste aktiwiteit is om in te skakel by die bestaande projekte van Maties Gemeenskapsdiens om entrepreneurskap in die gemeenskap te ontwikkel. Die belangrikste inskakeling is n projek van me Lydia Burger om werkswinkels in die gemeenskap aan te bied om vaardighede in die skep van idees oor moontlike sakebedrywighede oor te dra. Studente wat hier inskakel, woon die werkswinkels soos gereël deur me Burger by, en bied dan weer verdere werksinkels in die gemeenskap aan om die vaardighede oor te dra. - Die tweede aktiwiteit is om in te skakel by projekte van Students in Future Enterprise. Die studente skakel veral in by projekte om finansiële geletterdheid en begrip vir die werking van ekonomiese stelsels in die gemeenskap te bevorder. Studente kan by die implementering van sulke aksies betrokke raak, of anders is die minimum dat n student kontak sal maak met n skakelpersoon in die gemeenskap, inligting insamel oor die behoefte wat bestaan, en n implementeringsplan voorlê. - Die derde aktiwiteit is om by te dra tot die projekte van die Elgin Learning Resource Centre. Hulle bied opleiding aan voornemende entrepreneurs uit die gemeenskap, wat dan n sakeplan opstel. Studente raak betrokke deur n sakeplan te evalueer en voorstelle vir verbetering voor te lê. Deur hierdie mengsel van aktiwiteite word studente n keuse gebied om op verskillende vlakke betrokke te raak. Dit stel ook die dosente in staat om die groot getalle studente te kan akkommodeer. Die eerste aanduidings is dat hierdie aktiwiteite aan studente n baie waardevole leergeleentheid bied. Hulle sien nie net hoe die vak in die praktyk toegepas word nie, maar die kontak met die gemeenskap en die behoeftes van die gemeenskap is vir die 1

studente verrykend. (Vir meer besonderhede: mnr Adolph Neethling, Departement Ondernemingsbestuur) 2. Diensleer: Entrepreneurship and Empowerment in South Africa Gedurende 2006 is daar die grondslag gelê vir n diensleerprojek Entrepreneurship and Empowerment in South Africa wat in samewerking met Syracuse Universiteit van New York aangebied word. Dit bied aan 15 senior studente van Stellenbosch en 15 senior studente van Syracuse die geleentheid om vir een week in Stellenbosch entrepreneurs uit die plaaslike gemeenskap, sosiale projekte en nie-regeringsinstansies by te staan deur hulle ondernemings te ontleed. Na n reeks vergaderings met die entrpreneurs en bestuurders word aksieplanne deur die studente in samewerking met die entrepreneurs voorberei wat ten doel het om die ondernemings te verbeter. (Vir meer besonderhede: me Retha Scheepers. Departement Ondernemingsbestuur) 3. MIV/VIGS Bewusmaking n Belangrike komponent van die aktiwiteite van die Afrika Sentrum vir MIV/VIGS-bestuur (wat deel van die fakulteit uitmaak) is projekte in die gemeenskap om bewustheidvlakke oor MIV/VIGS te verhoog. Die fokus van hierdie projekte is die gebruik van musiek, dans en teater vir bewusmaking. Die optrede van verkeie kunstenaars in die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum op Wêreld Vigsdag (1 Desember 2006) het groot prominensie geniet. Die konsert het ook n belangrike verdere voordeel opgelewer deurdat die opbrengs op kaartjieverkope aan die Desmond Tutu Teringsentrum van die Universiteit se Fakulteit Geneeskunde geskenk kon word. Die vertoning is reeds opgevolg met n soortgelyke vertoning, Artists for Aids Awareness Concert op 14 April 2007. n Meer deurlopende bewusmakingsprojek is die industriële teatergroep van die sentrum, wat die toneelstuk Lucky the Hero by verskeie geleenthede opgevoer het. Hierdie groep is toegerus om die vertoning in n industriële opset aan byvoorbeeld fabrieks- of plaaswerkers aan te bied. Die doel is om inligting oor te dra oor voorkoming van die verspreiding van die virus en hoe om positief met die virus saam te leef. Terselfdertyd word dit gedoen op n manier wat die gehoor vermaak. Die aanbied van die toneelstuk en beradingsgeleentheid na afloop daarvan (al die akteurs is as beraders opgelei) help om die stigma rondom die siekte af te breek, sodat mense met die virus op die ondersteuning van hulle gemeenskappe kan staatmaak. Meer inligting oor die projekte is beskikbaar by http://www.aidscentre.sun.ac.za/community.htm. 4. JL Zwane-sentrum n Vroeëre projek van die Afrika-sentrum vir MIV/VIGS-bestuur wat nou meer selfstandig opereer, is die JL Zwane Sentrum in Guguletu. Die universiteit se kundigheid is beskikbaar gestel vir die uitbreiding van die geboue van die sentrum, en die universiteit bied steeds administratiewe ondersteuning. Die universiteit administreer byvoorbeeld sekere skenkingsfondse deur personeel vir die sentrum se projekte in diens te neem. Verskeie programme word deur hierdie sentrum aangebied ter ondersteuning van die plaaslike gemeenskap. Dit sluit die bedryf van n sorgsentrum vir kinders, n hospies, raad oor voeding en die verskaffing van maaltye aan MIV positewe lede van die gemeenskap, MIV/VIGS bewusmakingsaksies en opleiding en verskeie ander uitreikasies (waaronder die Siyaya musiekgroep) in. Meer inligting oor die projekte van die JL Zwane-sentrum is beskikbaar by http://www.jlzwane.sun.ac.za/. 2

5. Sustainability Institute Die Skool vir Openbare Bestuur en Beplanning (SVOBB) het n belangrike vennoot in die Sustainability Institute (wat nie n deel van die universiteit vorm nie), en ondersteun so op n indirekte wyse die gemeenskapsinteraksie-projekte van die instituut. Die belangrikste gemeenskaplike projek is die MPhil-program in Volhoubare Ontwikkeling, wat n deel vorm van die universiteit se formele akademiese aanbod en in samewerking met die instituut aangebied word. Prof Mark Swilling is n professor aan die SVOBB en ook die Akademiese Direkteur van die instituut, en die universiteit ondersteun dus die werk van die instituut deurdat hy sy dienste hiervoor beskikbaar maak. Vanuit die Lynedoch-ekodorpie ondersteun die instituut verskeie belangrike gemeenskapsinteraksieprojekte. Die dorpie verskaf huisvesting aan die Lynedoch Primêre Skool sowel as n groep voorskoolse kinders vanuit die omringende gemeenskap. Die dorpie bied ook ondersteuning en n infrastruktuur vir n wye reeks navorsingsprojekte, van navorsing oor brandstof en boumetodes tot navorsing oor jong kinders se ontwikkeling en algemene ontwikkelingspraktyk. Meer inligting oor die projekte van die instituut is beskikbaar by http://www.sustainabilityinstitute.net/. 6. USB Wynveiling Die Bestuurskool hou sedert 1998 jaarliks n wynveiling. Een helfte van die opbrengs word gebruik om beurse vir behoeftige MBA studente te befonds, en die ander helfte word aan n verdienstelike organisasie geskenk. In 2006 was die ontvanger van die skenking die Durbanville Hills Workers Trust. Meer inligting is beskikbaar by http://www.usb.sun.ac.za/usb/discover/wineauction.asp. 7. USB Program vir nie-winsgewende organisasies Die USB bied n gesubsidieerde bestuursprogram vir nie-winsgewende organisasies aan. Die doel is om bestuurders in hierdie sektor toe te rus met vaardighede wat doeltreffende bestuur binne hierdie sektor sal bevorder. Die doel is dat hierdie bestuursvaardighede sal bydra tot die opheffing van gemeenskappe wat van die hulp van hierdie nie-winsgewende organisasies afhanklik is. Die oorspronklike saadgeld vir hierdie projek is voorsien deur die MBA klas van 1998, en die projek is n vennootskap tussen USB dosente, buite-dosente, alumni en skenkers. Meer inligting is beskikbaar by http://www.usb.sun.ac.za/usb/discover/npo_initiative.asp. 8. USB Speelgoedprojek Aan die einde van 2006 het n aantal uitruilstudente uit België kursusse aan die USB geloop. Tydens hierdie besoek aan Suid-Afrika het hulle so onder die indruk van die behoeftes van minderbevoorregte kinders in Suid-Afrika gekom dat hulle besluit het om speelgoed vir hierdie kinders in Eurpoa te versamel. Die kartonne met speelgoed, teddiebere, klere, opvoedkundige materiaal en selfs sonbrille is op 9 Maart 2007 aan Masakheni Educare in Khayelitsha oorhandig. Meer inligting is beskibaar by http://www.usb.sun.ac.za/usb/discover/mediareleases_15-03-2007_eng.asp 9. Ondersteuning aan akademiese gemeenskap Die universiteit het nie net n verpligting om n positiewe verskil te maak aan die gemeenskap waarin die universiteit fisies geleë is nie. As akademiese instelling het die universiteit ook n verpligting om n bydrae te maak tot die funksionering en uitbou van die internasionale akademiese gemeenskap. Verskeie van die lede van die fakulteit dra hiertoe by deur lidmaatskap van vakvereningings, komiteewerk en ander werk vir vakverenigings, bywoon en 3

organiseer van vakkonferensies, en diens op die redaksie of as beoordelaar vir vaktydskrifte. Dit is onmoontlik om in n kort verslag van hierdie aard n volledige opname van al hierdie aktiwiteite in te sluit, maar ek wil tog die volgende uitsonder: - Die Skool vir Openbare Bestuur en Beplanning het in Mei 2006 as gasheer opgetree vir die konferensie van die World Conservation Learning Network. - Die Departement Ondernemingsbestuur het die konferensie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Bestuurswetenskappe in September 2006 gehuisves - Die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap het in November 2006 die konferensie van Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging aangebied - Professor Christo Boshoff van die Departement Ondernemingsbestuur is die redakteur van die geakkrediteerde vaktydskrif Bestuursdinamika Management Dynamics. - Professor Eon Smit van die Bestuurskool is die redakteur van die geakkrediteerde vaktydskrifte Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Bedryfsleiding South African Journal for Business Management; Tydskrif vir Studies in Ekonomie en Ekonometrie - Journal for Studies in Economics and Econometrics, en die mede-redakteur van die Beleggingsontleders Tydkrif Investment Analysts Journal. 10. Interaksie met die praktyk as deel van gemeenskapsinteraksie Verskeie departemente en individue het in hulle skakeling met die praktyk hulle kennisbasis tot die beskikking van die breë gemeenskap gestel. Mens beweeg hier na die moeilike terrein of navorsing en konsultasie waarvoor die kliënt betaal of gedeeltelik betaal, ten dele of ten volle ook as dienslewering beskou moet word. Daarom het ek dit goed gedink om nie n volledige lys van hierdie interaksie in die verslag te probeer insluit nie. Ek wil nogtans, om as voorbeeld te dien, een projek hier noem. Die Skool vir Openbare Bestuur en Beplanning het n ontwikkelingsprojek vir die Swartland Munisipaliteit uitgevoer wat deur die Departement Handel en Nywerheid as die beste projek in Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling vir 2006 aangewys is. 11. Individuele betrokkenheid Verskeie van die dosente van die fakulteit is op vele terreine buite die universiteit betrokke by gemeenskapsinteraksie. Hierdie betrokkenheid loop breed en daar is n verskeidenheid van maniere waarop mense betrokke raak. Soms is n akademiese departement betrokke en is dit amper n departementele inisiatief, soms is die akademiese departement glad nie betrokke nie. Om as aanduiding te dien van die aard en die omvang van hierdie betrokkenheid word besonderhede van n aantal projekte deur die volgende personeel in die Bylae aangeheg: 1. Prof Rachel Jafta (Departement Ekonomie) 2. Me Natalie van Zyl (Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap) 3. Mnr Nico Verhoef en me Sonia Kroukamp (Departement Rekeningkunde) 4. Me Adelle Wiese (Departement Rekeningkunde) 4

5. Mnr Stiaan Lamprecht (Departement Rekeningkunde) 6. Me Corinna Schwarze (Departement Rekeningkunde) 7. Prof Leon Loxton (Departement Rekeningkunde) 8. Prof SJP (Pieter) von Wielligh (Departement Rekeningkunde) 9. Mnr Soon Nel (Departement Rekeningkunde) Soos uit die bylae gesien kan word, is mense op baie verskillende wyses betrokke. Sommige dien op die beheerrade van verskillende instellings wat die gemeenskap op verskillende maniere dien. Ander bied kursusse aan vir vir leerders in skole, vir studente en vir die publiek. Verder is kollegas betrokke by insiatiewe om die vaardighede van opkomende entrepreneurs te verbeter. Sommige kollegas raak betrokke op n meer basiese vlak, soos met die bou van huise vir mense wat dit nie anders sou kon bekostig nie. Die beskrywings in die bylae word as voorbeelde aangeheg. Ek is oortuig dat daar van ons kollegas is wat op baie ander maniere persoonlik by aktiwiteite betrokke is wat die gemeenskap dien. 12 Gevolgtrekking In die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is sentra, skole, departemente en individue betrokke by n wye reeks projekte en aksies wat ten doel het om die gemeenskap te dien waarin ons ons bevind. Die aktiwiteite vind oor n breë front plaas en is soms ongekoördineerd. Die krag van hierdie aktiwitiete is soms juis dat dit spontaan uit individuele behoefte en vermoë ontwikkel, en daarom dalk beter op die behoeftes van die gemeenskap afgestem is as wat dit sou wees as dit sentraal bedink en beplan was. Johann de Villiers 26 April 2007 5

BYLAE Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Individuele betrokkenheid by gemeenskapsinteraksie-projekte 1. Prof Rachel Jafta (Departement Ekonomie) DIENSLEWERING NA BUITE 1. Voorsitter van die raad van trustees van die Helen Suzman Stigting (www.hsf.org.za) 2. Trustee van die Institute for voluntary initiative (www.bythepeople.org.za), wat navorsing doen en publiseer oor die rol van privaatinisiatief in die ontwikkeling van arm gemeenskappe. Die huidige fokus is op opvoeding en sekuriteit. 3. Lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge 4. Aanbieding van werkswinkels oor basiese Ekonomie aan nuwe lede in die Parlement op uitnodiging van die Friedrich Naumann Stigting 5. Motiveringslesings (loopbaangerig) by hoërskole 6. Rachel's Angels mentorprogram Artikel uit Rapport, Sondag 25 Maart 2007 'n Trust wat deur Naspers, moedermaatskappy van Rapport, gestig is, sal help om 140 leerlinge in die Boland en Weskus belangrike lewensvaardighede te leer en ook die aanpassing by die universiteitslewe soveel makliker te maak. Die Rachel s Angels-trust wil n konstruktiewe bydrae tot onderwys lewer en n groter talentpoel ontgin. Die trust hoop om studente se akademiese prestasies sodanig te verhoog dat hulle hul maatskaplik-ekonomiese omstandighede beter kan hanteer. Die Angels in die naam verwys na n Amerikaanse konsep vir beleggers wat bereid is om in hoërisikoinisiatiewe te belê met die hoop dat dit hoë opbrengste sal lewer. Die program word bestuur deur n trust met prof. Rachel Jafta (voorsitter), dr. Michael le Cordeur, me. Luzelle Yon en mnre. Niel Jansen en Heindrich Wyngaard as lede. Van die skole in die projek is Bernadino Heights, Gordon, Eersterivier, Malibu, Sarepta, Cloetesville, Kayamandi, Kylemore, Lückhoff, Noorder-Paarl, New Orleans, Bergrivier, Weltevrede, Schoonspruit, Proteus en Saxon Sea. Elke skoolhoof moes sewe graad 12- leerlinge in sy skool identifiseer vir die projek. Volgens prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, is die Angelsprojek n verbeeldingryke poging om die ekonomiese bemagtiging van swart jeugdiges uit te voer deur hulle uit te daag om aan ander te leer gee. n Bemagtigde gemeenskap wat kan gee, is veel beter as een waar individue net na eie belang omsien. Die projek koppel só die plan vir swart ekonomiese bemagtiging van Media24, die grootste in sy soort, aan studente-mentorskappe. Jansen, Media24 se hoofbestuurder: menslike hulpbronne, sê: Dié hulp is n klein bydrae om n verskil te maak ook sodat leerlinge aangemoedig kan word om aan n universiteit te gaan studeer. Die druipsyfer onder veral eerstejaars is kommerwekkend en baie keer is 6

aanpassing een van die redes. Ons wil die impak van swart ekonomiese bemagtiging breër maak, sodat meer mense kan deel in die ekonomie. Volgens Le Cordeur kan meer Afrikaanssprekende leerlinge uit voorheen benadeelde skole n geleentheid kry om n gehalte-matrieksertifikaat te ontvang en ook n betekenisvolle bydrae tot die land se ekonomie te lewer. n Mentor n student wat reeds vertroud is met die universiteitswêreld word vir die volle jaar aan elke leerling toegestaan. Deur die leerlinge ook na die universiteit se sosiale geleenthede te neem, kan hulle eerstehandse kennis van die lewe op n kampus verkry. Volgens mnr. Pat Williams, hoof van die Hoërskool Lückhoff op Stellenbosch, is dit n vindingryke plan wat leerlinge aan die hand vat en hulle help voorberei op tersiêre opleiding. Volgens Jansen gaan n student ook aangestel word om ná die afloop van die program navorsing oor die projek te doen, sodat die effektiwiteit daarvan bepaal kan word. Slypskole oor onderwerpe soos selfbeeld, entrepreneurskap en doelgerigtheid word gehou. Deelnemende skole wat uitstekende ondersteuning aan hul leerlinge gee en alle verlangde inligting vroegtydig indien, kwalifiseer om R50000 se Phuthuma Nathi-aandele te verdien, terwyl deelnemende studente R10000 se aandele kan losslaan. Volgens Jenine Africa, n graad 12-leerling aan Lückhoff, het die motiveringslypskool haar oortuig om n sukses van haar toekoms te maak. Vir my is Rachel s Angels n klas waar ek weer my energie gaan kry. Dis n skitterende projek waar skole, studente en die privaatsektor saamwerk om n toekoms vir ons leerlinge te verseker, sê Williams. 2. Me Natalie van Zyl (Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap) Community Involvement: Job Creation Committee My husband and I joined the Committed together. Our involvement has been to encourage micro businesses. To achieve this, we organised and ran two competitions during 2006. The first one was open to all in the Tygerberg area via advertisement in a community newspaper and the other was open to residents of Fisantekraal (a previously disadvantaged local township). Entrants were asked to submit a business idea for a micro business. Submissions were primarily judged according to viability and set-up cost. Those who passed these criteria were invited to 6 mornings of basic business training. Each participant had to fill in a business case template fleshing out their business idea by applying what they learned. They were assigned a mentor to assist them in this process. These expanded business cases were assessed once again for viability. Those who passed this test were awarded R1 000 start-up capital for their business. We have had 5 winners and 1 runner-up (R500 award) to date. Of these, 4 were previously disadvantaged, of whom 3 are still traceable. One of the other entrants started a cleaning company which, although struggling, is employing 3 previously disadvantaged staff members on a part-time basis. Our aim is to expand the prize to provide a further 3 months of mentorship to winners. 7

3. Mnr Nico Verhoef en me Sonia Kroukamp (Departement Rekeningkunde) Scimathus Kortlikse omskrywing van projek: Oorbruggingsprogram vir studente wat nie universiteitsvrystelling op skool behaal het nie maar die potensiaal het om wel n kursus soos BRek te slaag. Departement Opvoedkunde US Belangegroep: Studente wat nie universiteitsvrystelling het nie maar die potensiaal het om wel n kursus soos BRek te slaag. Datum vanaf inwerkingtreding van projek: 2000 Aanvang van betrokkenheid by projek: 2004 Formaat van program: Jaarprogram wat verskillende akademiese kursusse aanbied. Nico Verhoef bied Rekeningkunde binne die program aan en Sonia Inligtingstelsels (totale lesings = 5 per week van 2 ure elk). Inhoud van program: Rekeningkunde, Inligtingstelsels, Wiskunde, Taal en Denke, Statestiek, Rekenaarvaardighede 4. Me Adelle Wiese (Departement Rekeningkunde) Nog geen amptelike naam Kortlikse omskrywing van projek: Ekstra Rekeningkunde klasse Hoërskool Kayamandi Belangegroep: Graad 12 leerders met Rekeningkunde en Wiskunde as vak (2006 = 11 studente neem deel) Datum vanaf inwerkingtreding van projek: Julie 2006 Aanvang van betrokkenheid by projek: Julie 2006 Verwagte einddatum van projek: Deurlopend Formaat van program: Weeklikse 1-2 uur lesings in die kwartaal plus n winterskool gedurende die Julie skoolvakansie van 2 uur lesings per week. Inhoud van program: Ou vraestelle word deurgewerk met die klem op probleemareas Belangrikste maatstawwe vir meting van die sukses van die program: Slaagsyfers in die Matriekeindeksamen 8

5. Mnr Stiaan Lamprecht (Departement Rekeningkunde) Program in Basiese Sakevaardighede Kortlikse omskrywing van projek: Doel van die program is om persone, wat die belangstelling het om ʼn eie besigheid te begin of reeds in ʼn gevestigde besigheid is, met die nodige vaardighede toe te rus ten einde ʼn sukses van die voorgenome of reeds bestaande besigheid te maak. Maties Gemeenskapsdiens Sentrum Belangegroep: Plaaslike, huidige entrepreneurs, sowel as persone wie hul eie besigheid wil begin, maar leiding nodig het. Datum vanaf inwerkingtreding van projek: Die projek is al ʼn paar jaar aan die gang. Aanvang van betrokkenheid by projek: aanbieding daarvan. Ek is sedert 2005 betrokke by die gesament-like Formaat van program: Program word jaarliks oor n periode van 10 weke aangebied. Een kontaksessie van 3 uur per week word aangebied, waarvoor daar 2 uur voorberei-ding vereis word, plus 10 uur voorbereiding vir die terugvoer van die sakeplanne wat ongeveer 5 uur duur. Inhoud van program: Entrepreneurskap, besigheids idees, bemarking, finansiële beplanning, bestuursfunksies, en formulering van n besigheidsplan. 6. Me Corinna Schwarze (Departement Rekeningkunde) Maties Gemeenskapsdiens (ontwikkeling van Gevorderde Finansiële Beplannings kursus) die amptelike naam nog nie finaal nie Kortlikse omskrywing van projek: Ek is tans besig om 'n Gevorderde Finansiële Beplannings kursus te ontwikkel as 'n voortsettingskursus vir die kandidate wat die Program in Basiese Sakevaardighede gevolg het ('n program deur Maties Gemeenskapsdiens aangebied). Kantore van Maties Gemeenskapdiens, Banghoek Weg, Stellenbosch Belangegroep: Plaaslike bestaande en toekomstige kleinsake entrepreneurs Datum vanaf inwerkingtreding van projek: Datum nog nie vas nie, maar voorlopig beplan om eerste 'proef' kursus teen einde September, middel Oktober aan te beid Aanvang van betrokkenheid by projek: Einde Julie 2006 Formaat van program: Behoefte bepaling word nog gedoen 9

Inhoud van program: Sal afhang van uitkoms van behoefte bepaling 7. Prof Leon Loxton (Departement Rekeningkunde) Program in Basiese Sakevaardighede Kortlikse omskrywing van projek: Doel van die program is om persone, wat die belangstelling het om ʼn eie besigheid te begin of reeds in ʼn gevestigde besigheid is, met die nodige vaardighede toe te rus ten einde ʼn sukses van die voorgenome of reeds bestaande besigheid te maak. Maties Gemeenskapsdiens Sentrum Belangegroep: Plaaslike, huidige entrepreneurs, sowel as persone wie hul eie besigheid wil begin, maar leiding nodig het. Datum vanaf inwerkingtreding van projek: Die projek is al ʼn paar jaar aan die gang. Aanvang van betrokkenheid by projek: aanbieding en terugvoer oor sakeplanne. Ek is sedert 2005 betrokke by die gesament-like Formaat van program: Program word jaarliks oor n periode van 10 weke aangebied. Een kontaksessie van 3 uur per week word aangebied, waarvoor daar 2 uur voorberei-ding vereis word, plus 10 uur voorbereiding vir die terugvoer van die sakeplanne wat ongeveer 5 uur duur. Inhoud van program: Entrepreneurskap, besigheids idees, bemarking, finansiële beplanning, bestuursfunksies, en formulering van n besigheidsplan. 8. Prof SJP (Pieter) von Wielligh (Departement Rekeningkunde) Matie Gemeenskapsdiens Beheerraad Kortlikse omskrywing van projek: Ek dien as lid van die dagbestuur van MGD. Die organisasie het verskeie projekte waaraan personeel/die Departement sou kon deelneem. Meer inligting by www.sun.ac.za/mgd Stellenbosch en omstreke Datum vanaf inwerkingtreding van projek: Deurlopend Aanvang van betrokkenheid by projek: 2001 Formaat van program: Sien www.sun.ac.za/mgd vir beskrywing van projekte Inhoud van program: Sien www.sun.ac.za/mgd 10

9. Mnr Soon Nel (Departement Rekeningkunde) Habitat for Humanity Kortlikse omskrywing van projek: Bou huise vir behoeftiges Belangegroep: Nyanga, Wallacedene CHS (kerk) Datum vanaf inwerkingtreding van projek: 1996 Aanvang van betrokkenheid by projek: 2005 Formaat van program: Ons help met die fisiese bou van huise Inhoud van program: http://www.habitat.org.za 11