Geseënde Nis. Evolusie as skeppingsproses? Copyright 2015 Chris Venter Published by Chris Venter at Smashwords ISBN

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Mandala Madness Deel 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Direkte en indirekte rede *

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

BenguFarm Bestelvorm

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

SIZA takes the sting out of auditing

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

n Besinning oor die aard van die fisiese werklikheid 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Hoe om krag te spaar

SKEPPING EN EVOLUSIE N FILOSOFIESE BESINNING OOR TYD, RUIMTE EN MATERIE

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

G. J. du Preez

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Hier volg besprekings van verskillende mense van Ben du Toit se boek God? Geloof in 'n postmoderne tyd

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Watglojy? Wat is die doel van hierdie brosjure? ontstaan van lewe glo, ~

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Op Maandag, 16 Maart 2009 het hulle n program op 50/50 gehad oor lewe na die dood en daar was ook n kort debat daaroor gehou tussen:

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Dialoog en paragrawe *

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

~ CARNOT, ADIEU! Prof. J.P. Botha. deur PUBLIKASIES VAN DIE U~NIVERSITEIT VAN PRETORIA, NUWE REEKS NR"

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Waarop is sy voetstukke ingesink? - 'n Besinning oor die skepping en die big bang

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

'n KRITIESE ONDERSOEK NA DIE

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wat is waar: skepping, evolusie of albei? 1

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die verhaal as mitiese vraagstelling: die verhaalkuns van Henriette Grové

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

HOOFSTUK 7 TOEPASSING VAN GESELEKTEERDE TEORETIESE BEGRIPPE IN 'N ANALISE VAN

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

Transcription:

Geseënde Nis Evolusie as skeppingsproses? Copyright 2015 Chris Venter Published by Chris Venter at Smashwords ISBN 978-0-620-65585-9 Smashwords Edition License Notes This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your enjoyment only, then please return to Smashwords.com or your favourite retailer and purchase your own copy. Thank you for respecting the hard work of this author.

Nadat die goeie gawes van hart en verstand, verbeelding, verwondering, en nuuskierigheid selfs nog net gedeeltelik in die mens ontwikkel het, sou hy van nature daarna begin verlang het om te verstaan wat om hom gebeur, en sou hy begin om vaagweg sy eie bestaan te bepeins. - Charles Robert Darwin (1809-1882) Probeer om iets te leer van alles en alles van iets. - Thomas Henry Huxley (1825-1895)

Inhoud Voorwoord Inleiding Hoofstuk 1 Skepping met 'n doel? 1.1 Nisvolheid 1.2 Veelheid vir volheid 1.3 Kompleksiteit 1.4 Ons aardse nis 1.5 Universele ekostelsels 1.6 Waarom is daar iets in plaas van niks? 1.7 Kosmos uit chaos Hoofstuk 2 Eenderse anderse ismes 2.1 Letterknegtery, 'n struikelblok 2.2 Die begin 2.3 Buite-Bybelse invloede op Bybelse skeppingsverhale 2.4 Polemiek rondom politeïsme 2.5 Wie se Bybel? Watter vertaling? Wie se vertolking? 2.6 Die Here het gespreek... 2.7 Openheid eerder as letterknegtery 2.8 Méér idool as simbool? 2.9 Geloof en wetenskap 2.10 Onkunde: 'n verwekker van verwaandheid? 2.11 Jy mag maar van Moses verskil Hoofstuk 3 Evolusie in Genesis 3.1 Genesis as evolusie 3.2 Genesis: genre en samehang 3.3 Geslagte in Genesis 3.4 Genetika in Genesis? 3.5 Die verbondseën of Genesisbeginsel 3.6 Ekologiese nisse 3.7 Gaia in Genesis? 3.8 Evolusie, 'n volheidspel 3.9 Die Genesisbeginsel 'n profetiese droom? Hoofstuk 4 Kosmiese web

4.1 Soekend na lig 4.2 Die grofsmid se seun 4.3 Simmetrie 4.4 'n Einde en 'n begin 4.5 Gelaaide taal 4.6 Eerste lig 4.7 Magnetiese nisse 4.8 Wat is lig? 4.9 Ondraaglike spanning 4.10 Werking oor 'n afstand 4.11 Imponderabilia 4.12 Snaarmusiek 4.13 Een met lig Hoofstuk 5 Ruimtetyd, ver en diep 5.1 Rustelose lig 5.2 Relatiwiteit: Galileo en Newton 5.3 Ligspoed 5.4 Albert Einstein (1879-1955) 5.5 Tyd en tye 5.6 Relatiwiteit en ruimtetyd 5.7 E = mc 2 5.8 Celeritas 5.9 Gravitasie 5.10 Geboë ruimtetyd 5.11 Beginsel van ekwivalensie 5.12 Gravitasie en tyd Hoofstuk 6 Kwantumvolheid 6.1 Kwintiljoene kwanta 6.2 Skadufigure van die kwantumwêreld 6.3 Fotone: volwasse by geboorte 6.4 Die heelal, web van wysheid en wete 6.5 Virtuele volheid 6.6 Geen leegheid toegelaat Hoofstuk 7 Geheime nisse in die veelal: volheid of blote veelheid? 7.1 Ontwerpersheelal of toevallige veelal? 7.2 Kitskloning, kwantumstyl 7.3 Met snarespel 7.4 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Hoofstuk 8 'n Heelal vir Gouelokkies 8.1 Oerknal ex nihilo 8.2 Oor orde en onderdele

8.3 Toe die heelal geskud het 8.4 Gravitasie: skopgraaf, troffel én skaaf 8.5 Al wissel dan ook dag en nag Hoofstuk 9 Biologiese evolusie, ver en wyd 9.1 Die Darwins en die Darwiniste 9.2 Erflikheid 9.3 Malthus-vermenigvuldiging en natuurlike seleksie 9.4 Om die nisse te vul 9.5 Evolusionêre veredeling 9.6 Pasgemaak om te vul 9.7 Oor die evolusie van liefde Hoofstuk 10 Dese en gene in ag genome 10.1 Die Mendelfaktor 10.2 Gene in oorvloed 10.3 Epigenetika 10.4 Genomiese volheid 10.5 Pikanterie van die lewe 10.6 Erfbare foute 10.7 Man en muis Hoofstuk 11 Lewe se vrugbare nis 11.1 Planetêre timmerwerk 11.2 Gouelokkies-mengsel 11.3 Die aarde, 'n nis vir nisse 11.4 Sellulêre volheid 11.5 Geologiese tydskaal: Pre-Kambrium tot Mesosoïese Tydvak 11.6 Die kordate ruggraat 11.7 Evolusie met 'n knal Hoofstuk 12 Niskomponente 12.1 Hoog en droog 12.2 Baas op land 12.3 Alles woestyn 12.4 'n Nuwe nisbestanddeel 12.5 Lobbe en longe vir lewe op land 12.6 Landing 12.7 Intussen tussenin 12.8 Dino-tonnemaat 12.9 Nisbou 12.10 Die bloute in 12.11 Swanesang van die dino's Hoofstuk 13 Geseënde wieg

13.1 Geologiese tydskaal van die Senosoïese Tydvak 13.2 Opkoms van die soogdiere die Paleosene uitbarsting 13.3 Vol in die blom 13.4 Wieg in die gras 13.5 Vrugbare primate 13.6 Sosiale nisse 13.7 Eers twee bene, dan baie brein 13.8 'n Evolusionêre ABC? 13.9 Koel wieë 13.10 Die neobewussyn se niskultuur 13.11 Uit die koue Hoofstuk 14 Getuie Nis - Ruimte vir geloof 14.1 Krevolusie 14.2 Wetenskap, kompleksiteit, en God 14.3 Oor geloofstruikelblokke 14.4 Onkunde: steeds 'n verwekker van verwaandheid? 14.5 Voorsienigheid en waarskynlikheid 14.6 Alledaagse wondertekens? 14.7 Meganisme van 'n wonderwerk? 14.8 'n Gevleuelde woord en 'n lied 14.9 Kwantum-inplantings oor ruimte en tyd 14.10 Was ek te uitgesproke? Verwysings en aantekeninge Bronnelys Register Meer omtrent Johannes Christiaan (Chris) Venter

Voorwoord In die nadraai van die Darwinjaar (2009) het 'n polemiek vyf maande lank in die briewekolomme van 'n Afrikaanse dagblad gewoed. Voor- en teenstanders van Charles Darwin se evolusieteorie, met inbegrip van akademici uit verskillende dissiplines, het hul teenoor mekaar opgestel. Kreasionistiese argumente teen evolusie is by herhaling afgestof, blink gepoets, en neergeskiet. Nooit is daar van weerskante af 'n aks toegegee nie. 'n Ateïs het (onder 'n skuilnaam en nie heeltemal ter sake nie) ateïste as brawe mense getipeer wat nie huiwer om argumente teen geloof in God openlik aan te voer nie. Een van hierdie argumente is al deur daardie aartsateïs Richard Dawkins as "die grote", die wenargument, beskryf. (Op 'n skaal van 1 tot 7 ken Dawkins aan sy eie ateïsme 'n 6 toe.) Dawkins se groot argument is dat daar geen transendente, ewige god kan bestaan nie, omdat 'n uiters komplekse wese soos wat "hy" uiteraard sal moet wees, nie tot stand kan kom sonder 'n voorafgaande, baie lang proses van evolusie nie. Toe hierdie openbare debat oor evolusie, wat soms deur wanvoorstellings ontsier is, in Augustus 2010 deur die koerant se redakteur stopgesit is, sou 'n mens dit nog nie as uitgewoed kon beskryf nie. Ná vier jaar het daar verlede jaar weer 'n paar briewe oor hierdie onderwerp in dieselfde koerant verskyn, sommige geskryf deur dieselfde briefskrywers van destyds. Koeranten tydskrifartikels oor nuwe ontdekkings soos dié by die Wieg van die Mensdom laat mense gereeld na die pen gryp. Soos kreasioniste is ateïste dikwels die mening toegedaan dat die Bybel slegs in sy letterlike betekenisse geglo kan word, of anders glad nie geglo kan word nie. Maar sake is ingewikkelder en interessanter as wat sulke simplistiese sienings dit wil laat lyk. Die Bybel bevat dinge van ewigheidswaarde, maar ook dinge waarvan die waarde uiters tydelik was soos byvoorbeeld die talle reinheids- en ander voorskrifte in die Ou Testament. Vir die Bybel om 'n uiters belangrike en troosvolle boek (of liewer, reeks boeke) te bly, kan 'n mens nie alles wat daarin staan onkrities as letterlik waar aanvaar nie. Vir twee duisend jaar was daar nog altyd diegene wat dit nie slegs as die moeite werd beskou het nie, maar ook as noodsaaklik om na te vors, na te dink en te bid oor hoe hierdie boeke in en vir húlle tyd verstaan moet word. Christene glo dat hul eie geloofsgetuienisse elemente van die waarheid bevat, maar weet ook dat hulle dikwels mis tas omdat hulle die Vreemde God (soos Willem de Klerk Hom genoem het) se feilbare mense is, nie robotte en ook nie buikspreekpoppe nie. Daarom behoort hulle ook oor die Bybelskrywers se getuienisse te kan glo dat dié geskrifte nie woord vir woord deur God aan die skrywers gegee is nie. Die teoloog Klaus Nürnberger wys daarop dat 'n verantwoordelike Bybelleser bewus sal wees van die menswees van die Bybelskrywers. Hulle het wel oor hul lewensveranderende ontmoetings met God geskryf, maar ook oor hul subjektiewe belewing van daardie ontmoetings. 'n Ander teoloog, Ben du Toit, praat in sy boek Sprakeloos oor God van "God se voetstappe in die lewe van mense" waarvan ons in die Bybel kan leer. Vir my beteken dit dat hulle sy "voetstappe gehoor" het sonder om Hom te "sien," hulle het Hom nie "van aangesig tot aangesig" ervaar nie maar wel indirek die enigste manier waarop 'n mens Hom kán ervaar, as ek Eksodus 33:20 reg verstaan.

Wat die Bybel en evolusie betref: as die wetenskaplike getuienis ter stawing van evolusie waar is, dan is evolusie 'n skeppingswaarheid, iets om oor verwonderd te staan, en as 'n mens volstrek weier om na hierdie getuienis te kyk of te luister, beroof jy jouself van 'n stuk verwondering. Om verwonderd te staan oor hierdie en ander natuurverskynsels is 'n voorreg wat gesmaak word deur die delwers na die natuur se verborge skatte, haar fassinerende wette. Hierdie delwers, die natuurwetenskaplikes ook iemand soos Dawkins wat 'n briljante evolusionêre bioloog is wil maar te graag nie-wetenskaplikes in hul verwondering laat deel. (Met die woord "wetenskap" sal deurgaans die natuurwetenskappe bedoel word; wanneer dit oor die geesteswetenskappe gaan, sal dit uit die teks blyk.) Mense hou om uiteenlopende redes nie van Darwin se evolusieteorie nie. Vir sommige sê die teorie dat ons van ape afstam; dis nie heeltemal korrek nie, maar seker naby genoeg aan wat wel gesê word om hulle beswaard te laat voel. Toe ek op 'n keer vir 'n vrou sê dat ons vroegste voorouers dalk eensellige organismes was, was haar onmiddellike, uit-die-maag reaksie: "Twak!" Tog aanvaar sy vermoedelik dat sy self die lewe as 'n enkele sel begin het. Vir baie is evolusie deur middel van natuurlike seleksie 'n meedoënlose proses wat net die sterkste laat oorleef en vir die verloorder niks "oor het" nie. Die populêre siening dat dit in evolusie gaan oor "oorlewing van die sterkste" is egter 'n bietjie misleidend; "stabiele voortplanting van die bes aangepaste" sou 'n beter frase wees om te gebruik. Vir baie Christene is die evolusie van spesies in elk geval eenvoudig onversoenbaar met hul vertolking van Genesis 1 en 2. Maar sê nou hul vertolking is verkeerd en biologiese evolusie is waar? Die Bybel praat natuurlik nie oor alles in die skepping nie. Katione, kwarke en koue fronte is maar drie min of meer lukraak gekose konsepte uit 'n menigte moontlikes waaroor die Bybel as voorwetenskaplike boek niks vir ons sê nie. Tog sou die meeste Christene seker nie met 'n chemikus, met 'n teoretiese fisikus, of met 'n weerkundige wou stry oor die bestaan van hierdie verskynsels nie. Maar wanneer dit gaan oor evolusie en die Bybel verander die situasie nogal. En tog, ten spyte daarvan dat die Bybel die woord "evolusie" net so min ken as wat dit die woorde "elektron" en "kwark" ken, is dit myns insiens wel deeglik bekend met dit wat onder evolusie verstaan word. Die stryd vir die aanvaarding van biologiese evolusie 'n feit wat wel deur die meeste wetenskaplikes aanvaar word skyn nimmer eindigend te wees. Só kla die evolusionêre genetikus, Jerry Coyne. Hy skryf dat teenstand teen die evolusiegedagte in sommige lande aan die toeneem is. Ek het hierdie boek onder meer geskryf as 'n klein bydrae tot 'n saak wat ek as verdienstelik beskou: om die waarheid van evolusie (alle evolusie, nie net die biologiese soort nie) te help uitdra. Die geloof van gelowige evolusioniste (wat ons ook skeppingsevolusioniste kan noem) maak nie van hulle onwetenskaplike denkers nie, al dink baie ateïste so. Skeppingsevolusioniste is ook nie, deur hul aanvaarding van evolusie, skuldig aan heiligskennis nie, die aantygings van kreasioniste ten spyt. Tog moet 'n skeppingsevolusionis nog dikwels aan twee fronte stry. Soos ons later sal sien, behels skeppingsevolusie, ook genoem kreatiewe evolusie of kortweg krevolusie, 'n teïstiese beskouing van evolusie. Hierdie teïstiese beskouing gee onder meer erkenning aan die grootsheid van evolusie; hieroor het Darwin meevoerend in sy boek, The Origin of Species, geskryf. Ek glo dat, met al sy ontwyfelbare grootsheid, biologiese evolusie uiteindelik slegs 'n klein onderdeel van 'n groter eenheidsprent van die skepping sal blyk te wees, 'n prent vol skoonheid teweeggebring deur 'n oorkoepelende, misterieuse werklikheid.

Hierdie boek is deels 'n spekulatiewe vertolking van enkele Bybelgedeeltes. Dit mag wees dat ek meer in Genesis se skeppingsverhale lees as wat daar staan. Daarom hoop ek dat die boek 'n bydrae sal lewer tot die debat oor die mate waartoe die voorwetenskaplike skeppingsverhale in Genesis op 'n wetenskaplik sinvolle manier vertolk kan word. Die boek praat baie meer oor die skepping en plek-plek minder spekulatief as oor die Skepper. Daar word onder meer stilgestaan by sommige van God se gedagtes (Psalm 139:17 noem hierdie gedagtes "wonderlik" en "magtig"): die oerknal, ruimtetyd, elektromagnetisme, gravitasie, kwanta, plaattektoniek, genome, ekologiese nisse en evolusie. Ons kan die eerste agt verskynsels op hierdie lys almal beskou as "nisse" wat evolusie moontlik maak. Dat dit vir 'n mens moontlik is om kennis oor die skepping te bekom waaroor daar 'n groot mate van eenstemmigheid onder wetenskaplikes bestaan, is te danke aan die moderne natuurwetenskaplike dissiplines wat hulle besig hou, en kan besig hou, met amper alles in die hele skepping of universum, ook bekend as die heelal. Ek sou nooit 'n boek kon skryf sonder om uit baie bronne te put nie. Ek het talle aanhalings dikwels taamlik vry vertaal; my doel daarmee was om die samehang van 'n aanhaling in die oorspronklike boek of artikel te probeer weergee, hopelik sonder om die bedoelings van die betrokke outeurs geweld aan te doen. Ek vertrou dat die verwysings agter in die boek die belangstellende leser sal help om hom of haar te vergewis van daardie bedoelings. Tensy anders vermeld, kom alle aanhalings van Bybelgedeeltes asook geleerdes se kommentaar daarop of verklarings daarvan uit die Verklarende Bybel, 1983-Afrikaanse vertaling, hierna VB genoem. Dankie aan die mense wat belang gestel het in die skryf van hierdie boek en wat op verskillende maniere gehelp het, soms deur boeke en tydskrifte aan my te leen waarby ek baie baat gevind het my vrou Magdaleen, ons drie wetenskaplike seuns, Louis, Christiaan en Wilhelm en my skoondogter Michelle op wie se rekenaar verskeie weergawes van die manuskrip getik is. My suster Marita Liebenberg en Cillie van Heerden met haar interessante boekery het ook gehelp en aangemoedig. 'n Spesiale dankwoord aan Christiaan en Werner Schmidt vir hul kundigheid en moeite om die boek in elektroniese formaat die lig te laat sien. Werner was ook die een wat begin nadink het oor die geheimenisse van geheime nisse en getuie nisse. Van my gesinslede se objektiewe terugvoering oor daardie gedeeltes van 'n vroeë, onvolledige (Engelse) weergawe wat hulle onder oë gehad het, het my ook baie gehelp. Nogtans moet alle foute en leemtes in die boek vanselfsprekend voor my deur gelê word. Ek het die boek in 2007 begin skryf. Voor 2007, en sedertdien al skrywende, het ek heelwat boeke gelees. As ek nog baie meer gelees het, sê maar 'n duisend boeke, sou hierdie boek dalk beter en waarskynlik ook heel anders daar uitgesien het. Maar nou ja, as 'n mens honderd persent voorbereid wil wees vir 'n debat, sal jy dalk nooit deelneem nie. Chris Venter Vanderkloof, April 2015

Inleiding Twee "enigmatiese" boeke het in onlangse jare verskyn: The Goldilocks Enigma van die fisikus Paul Davies (2007) en The Genesis Enigma van die bioloog Andrew Parker (2009). Die subtitel van Davies se boek stel die vraag: Why is the Universe Just Right for Life? Parker se boek handel oor wat hy noem "die enigmatiese wetenskaplike noukeurigheid" van Genesis se eerste hoofstuk. In hierdie boek probeer ek aantoon hoe die twee enigmas met mekaar verband hou. Die raaiselagtige wetenskaplike akkuraatheid van Genesis 1 kan ons bring tot 'n dieper besef van die eerste enigma, synde wetenskaplikes se ontdekking dat die heelal in vele opsigte "net reg" is vir lewe soos wat Bababeer se pap, sy stoeltjie en sy bed in die bekende kinderverhaal net reg was vir Gouelokkies (wel, miskien tog nie die stoeltjie nie). In een van sy boeke vra Davies na die oorsprong van die rykheid en kompleksiteit van ons "interessante en vrugbare heelal." Sy mede-fisikus Freeman Dyson was van mening dat hierdie eienskappe van die heelal moontlik toegeskryf kan word aan 'n beginsel van maksimum diversiteit, onderliggend aan die wette van die natuur. Hierdie einste grondbeginsel noem ek die Genesis-beginsel, want ek dink ons tref dit reeds in die boek Genesis aan, 'n boek wat dalk plekplek op wetenskaplike noukeurigheid kan aanspraak maak soos Parker in The Genesis Enigma beweer. Die rykheid van die natuur is ook herkenbaar in die verskeidenheid van lewensvorme op aarde. Die feit dat daar verskillende spesies is, kan uiteindelik teruggevoer word na die toestande wat net ná die oerknal geheers het. So sê die teoretiese fisikus en Nobelpryswenner Murray Gell- Mann. Maar waarom het juis dáárdie toestande geheers, so gunstig vir uiteindelike lewe en verskeidenheid? Waarom is daar spesies, en waarom so baie van hulle? Getuig dit van die een of ander goddelike doel? Volgens die eerste hoofstuk van Genesis skep God slegs goeie dinge, dinge wat "net reg" is. Dit getuig van opset, 'n doel in die heelal. Ateïste glo in 'n doellose heelal, 'n "betekenislose dans van atome" in die woorde van C.S. Lewis. Paul Davies noem hierdie siening dié van die "absurde heelal". Dit verteenwoordig 'n sienswyse waarin "die rykdom aan menslike religieuse ervarings", soos die wetenskapskrywer Julia Hinde daarna verwys, genegeer of selfs bespot word; Richard Dawkins maak sulke ervarings af as illusies of hallusinasies. In die laaste hoofstuk kyk ek vanuit my eie perspektief as 'n gelowige wetenskaplike daarna. Op hulle beurt ignoreer kreasioniste alle wetenskaplike ontdekkings wat nie geplooi kan word om hul geloof te ondersteun nie. Onder kreasionisme word verstaan die geloof dat die skeppingsverhale in Genesis letterlik waar is. Hierdie soort fundamentalisme sowel as ateïstiese fundamentalisme word in hierdie boek afgewys (kyk veral hoofstukke een tot drie asook die laaste hoofstuk). Ateïsme is nie versoenbaar met die gedagte dat Genesis ons iets wil laat sien van God se doel met sy wêreld nie. In daardie wêreld speel evolusie 'n uiters belangrike rol, dit is deel daarvan; dié waarheid word grotendeels deur kreasioniste ontken. Wanneer 'n wetenskaplike soos Francis Collins (die eertydse hoof van die internasionale menslike genoomprojek) sê dat die idee van 'n skepper-god nie bots met dit wat deur die

wetenskap aan die lig gebring is nie, kan 'n mens begin verstaan dat "die God-hipotese lig kan werp op 'n paar baie lastige vrae" in die wetenskap... In hierdie boek word die woord "nis" in 'n baie wye, inklusiewe sin gebruik. Dit dui op 'n stel omstandighede en/of 'n verskynsel wat "net reg" is, geseënd is, nes die manier waarop die ekologiese nis van 'n dier- of plantspesie net reg is vir daardie spesie. Die heelal is byvoorbeeld 'n nis vir lewe omdat dit net reg is vir lewe soos Davies in The Goldilocks Enigma verduidelik. (Gouelokkies het in Bababeer se leefwyse 'n nis vir haarself herken.) Die heelal is egter nie slegs vir lewe nie, maar ook vir baie ander dinge net reg dit is 'n veeldoelige nis. Boonop het sterrekundiges en kosmoloë nuwe insigte in die aard van galaksies en die heelal verkry deur oor hulle te teoretiseer asof hulle lewende, evoluerende organismes is. Om dus die woord "nis" in 'n veralgemeende sin te gebruik, het vir my na 'n bruikbare idee gelyk. Bondigheidshalwe sal hierdie kort woordjie meesal op sy eie gebruik word, maar met die bedoeling dat dit dui op 'n nis wat net reg is, dit wil sê 'n geseënde nis. Sulke nisse is volop in die wêreld: ons heelal en ons planeet is ryk aan verskillende soorte nisse. In hoofstukke vier tot dertien word slegs bolangs gekyk na sommige hiervan. Die ekologiese soort is van onmiddellike belang vir lewe op aarde. Die ekologiese nis van 'n spesie hou verband met die ekologiese rol wat sy evolusie en sy gene vir hom "gekies" het hierdie onderwerpe word in hoofstukke nege en tien bespreek. Elke nis behoort sy eie "spesie" te hê, 'n vertoonstuk van betekenis wat die nis "vul." Lo! in yon brilliant window niche How statue-like I see thee stand... Nisse wat so betekenisvol gevul is, is geseënde nisse, ook dié waarvan ons die volle betekenis nog nie begryp nie. In hierdie boek word betoog dat die seën in Genesis dit kan opgesom word in die woorde, "Wees vrugbaar, en vermeerder, en vul..." gemik is op die vermenigvuldiging en die vul van nisse. (Die 1953-Bybelvertaling gebruik die woorde "vermeerder" en "vul" terwyl die 1983-vertaling die uitdrukkings "word baie" en "bewoon" gebruik.) Hierdie seën gee uitdrukking aan God se skeppingsdoel. 'n Nis word gekenmerk deur die eienskap van net reg te wees vir sy "spesie"; op sy beurt is die spesie net reg vir sy nis; spesie en nis is vir mekaar bedoel (wat nie beteken dat 'n uitgestorwe lewensvorm se leë ekologiese nis nie deur 'n ander, nuut-evoluerende spesie gevul kan word nie). Ons sal na hierdie wedersydse net-reg-wees verwys as nisvolheid. Dit is nie 'n chaotiese volgeproptheid, 'n warboel van spesies in een nis nie, ook nie 'n wanaangepastheid van spesie en nis nie, maar dis dikwels 'n dinamiese, ontwikkelende of evoluerende volheid eerder as 'n klaargemaaktheid. Laasgenoemde gedagte sluit aan by die idee dat die skeppingsproses steeds voortduur. Ons kan nisvolheid ook geseënde volheid noem. Soos die woord "nis" sal die woord "volheid" meesal op sy eie gebruik word, maar met die veronderstelling dat dit 'n nisvolheid, 'n geseënde volheid, is waarvan ons praat. Die goeie dinge wat deur God geskape word die geseënde nisse en hul vertoonstukke is goed vanweë hul orde, skoonheid, en komplekse diversiteit. Diversiteit word gesuggereer deur die woorde "elkeen na sy aard" of "almal na hul aard" wat tien keer in Genesis 1 herhaal word. In sy boek, The Quark and the Jaguar, skryf Gell-Mann oor die eenvoudige kwark en die komplekse jaguar: "...kwarke is basiese boustene van alle materie...selfs die jaguar...is 'n bondel kwarke en elektrone, maar wát 'n bondel! Sy ontsaglike kompleksiteit is die resultaat van

biljoene jare van biologiese evolusie." Dis 'n sterk aanduiding dat die heel eerste voorsaat van die jaguar (en van ons) baie eenvoudig was, "miskien 'n self-kopiërende molekule." Hierdie primitiewe voorouer het byna vier biljoen jaar gelede geleef. Die jaguar se kompleksiteit het met 'n hele klomp dinge te make, dinge soos sy lenigheid, slinksheid, wildheid, en skoonheid. Die ekologiese nisse van spesies van plante en diere en ander lewende organismes word gekenmerk deur die spesies se manier van leef. Die jaguar se ekologiese nis is dus nog meer kompleks as die spesie self omdat dié nis saamgestel is uit 'n groot aantal komplekse "onderdele" (bestaande uit lewende sowel as nie-lewende dinge) wat in 'n ingewikkelde netwerk van verhoudinge tot die jaguar en mekaar staan. Nisse is nie bedoel om leeg te wees nie. Ná die katastrofale uitsterwing van die dinosourusse is hul ekologiese nisse leeg gelaat. Maar evolusie hou nooit op om nisse te vul nie (en in die proses word nuwe nisse dikwels geskep). Elke leë nis sal waarskynlik vroeër of later gevul word dit blyk duidelik uit die geskiedenis van lewe op aarde oor bykans vier biljoen jaar. Hierdie geskiedenis word baie kortliks in hoofstukke elf tot dertien vertel. Hierdie boek kan ook beskou word as 'n eerste stap of poging in die ontwikkeling van die idee van die geseënde nis. Geseëndheid as sodanig kan nie aan empiries-wetenskaplike ondersoek onderwerp word nie, omdat dit die bestaan veronderstel van 'n goddelike "agent" van seëninge, dit wil sê van God wat, anders as gedeeltes van sy werk aan en in die skepping, "buite bereik" van die wetenskap is. Die geseënde nis-hipotese is dus, wetenskaplik gesproke, ontoetsbaar: dit kan nie as waar of vals bewys word nie omdat geseëndheid soos dit hierbo omskryf is, slegs met die "geloofsoog" waarneembaar is. Tog word allerlei "nisse" onder allerlei name in verskeie wetenskappe bestudeer. In hierdie boek word na sommige van hulle gekyk met die oog van 'n wetenskaplike en ook met die geloofsoog veral na hulle net-reg-wees en hul volwees, hul geseënde volheid. Een van die "eksponentwette" waarmee reeds op skool kennis gemaak word, bepaal dat die eksponente in 'n getal soos (10 6 ) 2 met mekaar vermenigvuldig moet word sodat hierdie getal dus as 10 12 geskryf kan word, 'n 1 gevolg deur 12 nulle, oftewel 'n miljoen miljoen. Omdat groot getalle 'n belangrike rol in die boek speel, vergelyk ons kortliks enkele Afrikaanse skryfwyses met die vaktaal van die Engelssprekende lande:

Omdat 10 6 = (10 6 ) 1, kan ons sê die eksponente ná die hakies aan die Afrikaanse kant is: 1, 1.5, 2, 3, 4 en 5. Die 1.5 pas nie in nie, dit "hoort" nie daar nie; daarom is daar in hierdie boek weggedoen met die, myns insiens, verouderende term "miljard" en word 'n biljoen beskou as (10 6 ) 1.5, dit wil sê as 10 9 en nie as 10 12 nie. In pas hiermee word die definisies in die regterhandse kolom hierbo deurgaans in die boek gebruik. Saam met groot getalle speel eksponensiale groei 'n belangrike rol in die boek. 'n Baie eenvoudige voorbeeld van sulke groei is die netto getalletoename van 'n denkbeeldige dierspesie waarvan die getalle elke jaar naastenby verdubbel: as daar begin word met 100 diere, sal daar ná 'n jaar ongeveer 200 wees, nog 'n jaar later 400, dan 800, ensovoorts. Onbeteuelde eksponensiale toename kan vinnig op 'n ramp afstuur.

Hoofstuk 1 Skepping met 'n doel?...om te aanvaar dat daar 'n doel met die heelal is, en derhalwe dat God bestaan... -Andrew Parker 1.1 Nisvolheid Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! Psalm 139:17 As evolusie daarop gemik is om sekere doelstellings te bereik, moet een daarvan die toename in verskeidenheid en kompleksiteit wees -Rupert Sheldrake Die drie duisend jaar-oue seën in Genesis, "Wees vrugbaar, en vermeerder, en vul..." is terselfdertyd 'n gebod met 'n doel. Waarom vrugbaar wees en vermeerder? Om te kan vul, soos die teks vir ons sê. Sedert die oerknal (big bang) was hierdie drievoudige seën nog altyd gemik op 'n groot verskeidenheid geskape dinge, nie slegs op die seediere, voëls, en mense waaroor Genesis 1:22 en 28 handel nie. Baie dinge is tog in staat om "vanself" te vermeerder en kan dus as "vrugbaar" bestempel word. Hierdie dinge wissel in grootte van die kosmiese skaal tot die sub-mikroskopiese. Galaksies het vermeerder (galaksies, ook galaktikas genoem, is sterrestelsels soos die Melkweg); nuwe sterre word nog steeds in galaksies gebore, waar hulle tot volwassenheid sal ontwikkel 'n proses wat deur astrofisici die evolusie van die ster genoem word en uiteindelik sal sterf soos talle sterre voor hulle. Galaksies kan dus as nisse beskou word vir sterre en vir stelsels soos ons sonnestelsel wat bestaan uit 'n ster met planete wat om hom wentel. Tydens die evolusie van 'n ster (sy "vrugbare" leeftyd) vermeerder triljoene atome voortdurend daarin. Sommige van hierdie atome kan selfs uiteindelik deel word van 'n mens wat sy lewe begin deur die samesmelting van 'n ovum (eiersel) en 'n sperm- of saadsel, maar slegs nadat laasgenoemde 'n resies gewen het waaraan baie miljoene saadselle deelgeneem het. Tydens die bevrugtingsproses word twee geslagselle dus een vlees en verkry sodoende, sê Carl Sagan, 'n groter gesamentlike identiteit as die twee afsonderlike identiteite wat hulle vantevore gehad het. Selle verdeel en vermeerder vinnig in die groeiende embrio om weefsel te vorm; verskillende soorte weefsel vermeerder om organe en ledemate te vorm. Daar is vrye skepsels wat die vermoë het om nie aan die gebod, "Wees vrugbaar, vermeerder, vul!" gehoor te gee nie. Wanneer 'n spesie 'n nis oorvol maak, in plaas daarvan om dit net te vul, kan dit as "kollektiewe ongehoorsaamheid" beskou word. In sy Essay on the Principle of Population (1798) het die predikant en bevolkingsteoretikus Thomas Malthus (1766-1834) dit gehad oor die bestaanstryd van alle spesies, die mens ingesluit. Hierdie stryd is

'n noodsaaklike gevolg van spesies se gehoorsaamheid aan die gebod om vrugbaar te wees en te vermeerder. Probleme ontstaan egter waar "nisgrense" nie eerbiedig word nie. Spesies help mekaar as't ware om hierdie grense te eerbiedig wanneer hulle in kollektiewe gehoorsaamheid aan die vul-gedeelte van die gebod hul eie nisse bevolk (bewoon of vul) terwyl oorbevolking deur een spesie nie geduld word nie. Daar is een uitsondering: Homo sapiens was en is vernietigend suksesvol as 'n oorbevolker. In die proses vernietig ons die habitat- en spesieverskeidenheid (biodiversiteit) op aarde. Oorbevolking ("oorvulling") van 'n enkele nis lei dus, ironies genoeg, daartoe dat meer en meer nisse ontvolk word. (Hosea 2:17 gee 'n beskrywing van hoe dinge behoort te wees.) Die Britse wetenskaplike James Lovelock is wyd bekend vir wat as die Gaia-teorie bekend staan. In 'n "Finale Waarskuwing" in sy boek, The Vanishing Face of Gaia, sê Lovelock dat ons besig is om "Malthus se nagmerrie" te bewaarheid deur, om maar een ding te noem, te veel koolstofdioksied (koolsuurgas) in die atmosfeer vry te laat, iets wat tot aardverwarming en oseaanversuring lei. Gaia is Lovelock se naam vir die aarde gesien as 'n evoluerende, selfregulerende stelsel; die teorie sê dat hierdie stelsel die toestande op die aardoppervlak byna doelgerig reguleer sodat dit op enige gegewe tydstip so gunstig moontlik sal wees vir die lewensvorme wat op daardie tydstip bestaan. Gaia, die aarde, is 'n baie spesiale nis vir lewe. Die seëning-gebod "Wees vrugbaar, vermeerder, vul" wat die eerste keer in Genesis 1:22 voorkom, kan die Genesisbeginsel of die Volheidsbeginsel genoem word. Charles Darwin het reeds op die belangrike rol van groot spesiebevolkings in natuurlike seleksie gewys. Die belang van die Genesis-beginsel vir biologiese evolusie behoort dus duidelik te wees. Wyer gesien, is hierdie gebod in Genesis 1 ook gerig aan die adres van diverse boustene en strukture in die heelal sodat hulle sal vermeerder en, by implikasie, verder sal evolueer om 'n groter wordende verskeidenheid van steeds meer komplekse strukture te laat ontstaan. Basiese subatomiese boustowwe het byvoorbeeld kort ná die oerknal in die vroeë heelal ontstaan, terwyl baie van die atome waaruit lewende organismes opgebou is, baie later diep in sterre gemaak is. 'n Voormalige sterrekundige van NASA, Robert Jastrow ('n agnostikus), het gevoel dat die "astronomical account of the Big Bang" in breë trekke dieselfde is as Genesis 1 se weergawe van die skeppingsgebeure. In sy boek, God and the Astronomers, het hy geskryf dat die wetenskap uiteindelik mag vind dat die gordyn voor die misterie van die skepping reeds eeue gelede deur teoloë weggetrek is. Die bioloog Andrew Parker het 'n hele aantal parallelle ontdek tussen die skeppingsverhaal van Genesis 1 en die geskiedenis van lewe op aarde soos wat dit deur die wetenskap gerekonstrueer is. Soos ons reeds gesien het, is die hooftema van Parker se boek, The Genesis Enigma, die enigmatiese wetenskaplike noukeurigheid van die boek Genesis wat op stuk van sake 'n voorwetenskaplike boek is 1.2 Veelheid vir volheid Hét die heelal 'n (enigmatiese) doel? Aanduidings dat daar so iets soos 'n volheidsbeginsel in die wêreld herkenbaar is, is nie tot die bladsye van Genesis beperk nie. Soos ons in die Inleiding gesien het, het ook wetenskaplikes al geskryf oor die rykheid van die heelal.

As hierdie Volheidsbeginsel wel 'n grondgedagte agter baie eienskappe van die heelal is, wil dit voorkom asof die Skepper van die heelal volheid van lewe en energie en blydskap is; blydskap aangesien Hy, as die Uitvinder van materie, klaarblyklik van materie hou. So het die skrywer C.S. Lewis daaroor gevoel en gevra of die natuur ruimte en tyd en materie juis geskep is om veelheid (many-ness) moontlik te maak. Paul Davies en twee mede-outeurs spekuleer dat daar 'n ingeboude neiging in materie en energie is om georganiseerde kompleksiteit te vergroot en te kanaliseer. En miskien dui God die koers aan vir die energie in die heelal, want as Hy die Skepper van die oerknal se oerenergie is, is Hy ook die Koersaanduier. As daar koers aangedui word vir iemand wat terselfdertyd die vryheid het om sy eie pad te kies, kies hy die pad met die minste slaggate (foute) want, soos Parker sê: die koers of rigting wat ingeslaan word, het noodsaaklikerwys ook 'n "potensiaal vir foute". Die kwantumfisikus en teoloog John Polkinghorne beskryf hierdie potensiaal vir foute as die onvermydelike prys van 'n skepping wat toegelaat word om sigself te maak. En miskien is dit juis die feit van hierdie toelating wat die natuurlike, evolusionêre prosesse van die skepping se selfontplooiing en -verwesenliking toeganklik maak vir wetenskaplike ondersoek en wat vir ons die moontlikheid skep om sommige van hierdie prosesse wetenskaplik te verklaar. Oral in die heelal word daar dus doelgerigte uitbreiding, koersaanduiding, kanalisering, en volmaking aangetref. En die doel met dit alles is veelheid, diversiteit en volheid. Dit wil dus lyk asof God sy skepping toelaat om sigself te maak deur eers die energie wat Hy skep te seën met 'n vrugbaarheid wat dit in staat stel om te vermeerder tot ontsaglike hoeveelhede boustowwe van allerlei soorte (kwarke, elektrone, atome, molekules, selle...) wat dan die uitdyende heelal volgens sy wens vul deur voortdurend nuwe galaksies, sterre, lig, planete, lewe, mense,... te vorm, dinge wat die "mens se wetenskaplike gees later kan waarneem en kan vat." Die teoloog Eric Mascall het in die vyftigerjare van die vorige eeu geskryf dat die ontsaglikheid en kompleksiteit van die heelal met die yslike hoeveelheid materie daarin dalk nodig is vir die aarde om 'n tuiste te kan bied aan lewende wesens. Waarneming en nadenke deur wetenskaplikes, wysgere en teoloë laat dus vermoed dat daar waarskynlik 'n (swak begrepe) Volheidsprinsipe bestaan. Hoe sou die skrywers van Genesis dit te wete gekom het, as 'n mens die algehele afwesigheid van wetenskaplike studie in hulle wêreld in gedagte hou? Hierdie vraag sal in hoofstuk drie aandag kry. 1.3 Kompleksiteit Ná die vurige oerknal (hot big bang) is die uitdyende, afkoelende heelal deur toenemend gestruktureerde kompleksiteit gekenmerk. Ter illustrasie van sommige aspekte van struktuur en kompleksiteit, wys Davies op die verskil tussen vloeibare water en ys. Wanneer iets verhit word, word die struktuur en kompleksiteit daarvan dikwels afgebreek en uiteindelik vernietig. Weens die verskil in temperatuur is vloeibare water baie eenvoudiger as yskristalle en sneeuvlokkies. By die middelpunt van die son, maar ook by die absolute nulpunt van temperatuur, is daar betreklik min kompleksiteit. Vir ware kompleksiteit om te ontwikkel, word, so lyk dit, intermediêre toestande benodig. Die advokaat en bioloog Charles Foster sê dat die geskiedenis van lewe terselfdertyd die geskiedenis van toenemende kompleksiteit is. Dis ook waar van lewe se voorgeskiedenis wat nie op aarde begin het nie, maar wel toe die oerknal tussen 13.7 en 13.8 biljoen jaar gelede aan

sommige van die noodsaaklike boustene van lewe geboorte gegee het. Murray Gell-Mann skryf: "Die evolusie van fisiese strukture in die heelal vertoon dieselfde neiging tot steeds groter kompleksiteit [as wat die evolusie van aardse lewensvorme vertoon]..." Vir honderde miljoene jare het lewensvorme op aarde hoofsaaklik bestaan uit betreklik eenvoudige enkelsellige mikrobes voordat komplekser meersellige organismes hul verskyning gemaak het. Die nageslag van die vroeë meersellige organismetjies wat ge-evolueer het terwyl hulle met die mikrobes om leefruimte moes meeding, sou mettertyd die aardoppervlak oordek (vul) met "elegant-komplekse voedselnetwerke en stoutmoedige leefwyses..." Nisvolheid is 'n gestruktureerde, geordende, en "elegant-komplekse" volheid. Wanneer boustene (byvoorbeeld lewende selle) langs die weg van differensiasie 'n geordende struktuur gevorm het, het hulle hul nis gevind, dit wil sê Gouelokkies-toestande en 'n posisie in ruimte en tyd wat die doel met die boustene aksentueer en inderdaad definieer. Die heelal mag dalk vol sulke nisse wees, synde self 'n nis wat geseënd is met 'n doel. Interessant genoeg is die woorde "nis" en "nes" aan mekaar verwant en aangesien die aarde voortdurend verander (soos 'n latere hoofstuk vir ons sal wys), moet alle spesies wat op die aardoppervlak en in die oseane wil "nes maak", saam verander. 1.4 Ons aardse nis Freeman Dyson het gesê dit lyk asof die heelal voor ons aardbewoners se koms "geweet" het dat ons op pad is. By Charles Darwin het die wêreld die indruk gewek dat dit lank vir ons koms voorberei het. Die aarde se wentelbaan om die son staan bekend as 'n Gouelokkies-sone omdat dit net reg is vir lewe; dit geld vir die (byna konstante) afstand tussen dié wentelbaan en die son en ook vir die oriëntasie van die aarde se as ten opsigte van sy baan. Hierdie baan is 'n nis vir die evolusie van lewe soos wat die sonnestelsel self dit ook is, onder meer omdat die son 'n langlewende ster van die regte grootte is, omdat die groot gravitasie-aantrekking van die reuse buiteplanete (veral Jupiter) in die sonnestelsel as 'n skild dien wat die aarde teen gevaarlike botsings met liggame uit die ruimte beskerm, en omdat die aarde in die maan 'n metgesel het met die regte grootte en op die regte afstand van ons planeet om vir ons 'n stabiele tuiste te waarborg. Sommige vertalings van Jeremia 33:2 en Psalms 96:10 en 104:5 sê in effek dat, toe God die aarde geskape het, Hy seker gemaak het dat dit stabiel sou wees. Die aardstabiliteit waarin die gravitasie van ons buitengewoon groot maan so 'n belangrike rol speel, voorkom katastrofiese klimaatskommelinge; sonder die maan sou die aarde dalk taamlik gewaggel het en dan sou aardse lewe soos ons dit ken ondenkbaar gewees het. 1.5 Universele ekostelsels Vir die universum om net reg vir lewe te kon wees, moes dit met 'n groot verskeidenheid subnisse gevul word. Ook die evolusie van lewensvorme op aarde kan beskou word as prosesse van vul-met-verskeidenheid, iets wat Darwin die beginsel van Divergensie genoem het. Die ryke verskeidenheid van lewensvorme in baie ekostelsels op aarde getuig van die nisvolheid van

hierdie stelsels. So 'n ekosisteem bestaan uit 'n aaneenskakeling van langsaam evoluerende, wisselwerkende spesies van plante, diere, fungi (swamme), en mikrobes. Deur 'n lang proses van evolusie "leer" elke spesie hoe om deel te wees van sy omgewing, met ander woorde hoe om sy plek vol te staan in sy eie ekologiese nis. Die ekologiese nis-konsep is van fundamentele belang in ekologie. Charles Darwin se merkwaardige ekologiese insigte toon dat hy bewus was van die belang van hierdie konsep lank voordat die moderne term daarvoor gebruik is. Hy was geboei deur die rykheid van 'n "oorgroeide wal" (entangled bank), beklee met talle plante van allerlei soorte en groottes, met voëls wat in die takke sing en insekte wat rondfladder en -skarrel, en met wurms wat in die klam aarde tonnel. As ekoloog (al het dié woord toe nog nie bestaan nie) het Darwin besef dat al hierdie kreature, so verskillend van mekaar en afhanklik van mekaar op velerlei komplekse wyses, die produkte is van natuurwette wat rondom ons optree. Wette wat optree ooreenkomstig die Volheidsbeginsel? 'n Deel of die geheel van Darwin se oorgroeide wal met die ingewikkelde web van interaksies en interafhanklikhede tussen sy plante en diere kan help vorm aan die ekologiese nis van enige spesie wat daar aangetref word. Nisvolheid kan kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe trekke vertoon. Deur die beeld van 'n sak ongeslypte diamante by die ekoloog G.C. Evans oor te neem, kan 'n mens nisvolheid vergelyk met 'n gevallige mengsel van karaat, kleur en klaarheid, net die regte mengsel wat sal verseker dat die sak diamante werklik so waarde-vol is as kan kom. Die Genesis- of Volheidsbeginsel sorg daarvoor dat nisse in die heelal van oomblik tot oomblik geskep word. Met die oerknal was die heelal waarskynlik gevul met niks anders as energie nie. Sedertdien word dit gevul met die steeds toenemende kompleksiteit van galaksies met hul opeenvolgende generasies van sterre, van planete in bane om sommige sterre, en van lewe op (vermoedelik) baie planete. Dit is nie vanselfsprekend dat sterrestelsels in 'n uitdyende heelal sal vorm nie. As die uitdying te vinnig plaasvind, sal galaksies nie vorm nie omdat hul boustowwe te vinnig van mekaar sal wegbeweeg. Gelukkig sit die heelal stadig genoeg uit om voldoende tyd vir die bouproses toe te laat. Aan die ander kant is die uitdying van die heelal vinnig genoeg om sy natuurlike neiging om saam te trek, te oorkom. Hierdie neiging is die gevolg van die gravitasie-trekkrag van al die materie in die heelal. In sy boek, The Life of the Cosmos, vra die fisikus en kosmoloog Lee Smolin waarom die heelal met lig gevul is, lig synde "die uiterste bron van lewe." Is die Volheidsbeginsel dalk 'n deel van die antwoord op hierdie vraag? 1.6 Waarom is daar iets in plaas van niks?...ek sou in my doel geslaag het om uit te vind hoe die heelal begin het. Maar ek weet nog steeds nie waarom dit ontstaan het nie. - Stephen Hawking Ons heelal, sê Smolin, is "hoogs gestruktureerd" en hy vra met hoeveel erns ons na hierdie feit moet kyk, met ander woorde, is dit 'n waarneming wat pleit om 'n verduideliking? Die feit dat daar hoegenaamd 'n heelal bestaan iets in plaas van niks het in die verlede die aandag van baie denkers geniet. Dit mag egter 'n probleem wees wat hom eenvoudig nie leen tot natuurwetenskaplike ondersoek nie. Maar die feit dat daar wel iets is, beteken dat iets "bedoel" was om te wees, en dus was hierdie iets miskien bedoel om nie sommer enigiets te wees nie, nie

'n blote chaos nie, maar 'n kosmos, "hoogs gestruktureerd." Dit is die fisikus en wiskundige Brian Greene se "elegante heelal" waarvan ons hier praat, 'n kosmos vol orde en skoonheid wat deur 'n Volheidsbeginsel van een of ander aard gereguleer word. Die filosoof, wiskundige en fisikus Gottfried Wilhelm Leibniz (1646-1716) het geglo dat God ons heelal gekies het om optimaal te wees in die sin dat dit 'n sekere eenvoud moes besit wat versoenbaar is met rykheid en diversiteit of, om dit anders te stel: die wêreld vertoon die grootste mate van verskeidenheid onderworpe aan die hoogste graad van orde. 1.7 Kosmos uit chaos Carl Sagan en sy vrou Ann Druyan het in hulle boek geskryf dat evolusie by wyse van natuurlike seleksie, "asof deur toorkuns", orde uit chaos voortbring. Baie vooraanstaande wetenskaplikes mense soos Sagan, Smolin en Dawkins glo nie of het nie geglo dat die heelal met 'n doel bestaan nie. Is dit nie denkbaar, vra Smolin, dat die klein- en grootskaalse orde, struktuur en skoonheid in die natuur die openbaring van 'n onophoudelike proses van selforganisering is nie...? Miskien wel, maar soos Charles Foster sê, dit lyk of God 'n bepaalde geneigdheid het om te delegeer en miskien is wilsvryheid nie beperk tot die mens nie, dit is dalk op die een of ander wyse gedelegeer aan die hele geskape orde en dus eie daaraan. Onder die hofie "Veelheid vir volheid" is reeds verwys na die "potensiaal vir foute" waaroor Parker en Polkinghorne geskryf het. Volgens die teoloog Rob Bell het die Hebreërs verstaan dat God as gewer van lewe ook aan sy skepping vryheid gegee het "met al die moontlikhede en potensialiteite vir die goeie en die slegte en skoonheid en chaos en liefde en verlies waartoe daardie vryheid mag lei." Niemand hoef verbaas te wees om selforganiserende stelsels in die natuur aan te tref nie. Die selbioloog Kenneth Miller skryf: "In biologiese terme is evolusie die enigste manier waarop 'n Skepper van ons die skepsele kon maak wat ons is vrye wesens..." Evolusie is egter slegs die naaste oorsaak van nisvolheid. Ten laaste word nisse gevul danksy God se seën in Genesis, die seën wat die verwyderde oorsaak van nisvolheid is. Die implikasie is, natuurlik, dat Hy 'n doel vir die heelal in gedagte het en dat evolusie teïsties is. Die teoloog Ben du Toit skryf: "God is dus medewerkend in die evolusionêre prosesse van die voortgaande skepping (ook binne-in die wetmatighede en natuurwette)." Baie wetenskaplikes sal met die genetikus Francis Collins saamstem dat die beginsels van geloof en dié van die wetenskap mekaar aanvul. Die Genesisbeginsel is 'n beginsel van teïstiese evolusie (ook genoem "krevolusie") en as sodanig 'n verenigende beginsel vir geloof en wetenskap. Selfs al kan ons hierdie beginsel nie in sy volle konsekwensies ken en verstaan nie, kan ons spore daarvan soek in Skriftuur en Natuur. Dit is wat, op sy beskeie manier, hierdie boek wil doen. Volgens die biofisikus en teoloog Alister McGrath het die natuur 'n ingeboude vermoë om 'n sinnebeeld vir sy Skepper te wees. Vir McGrath is die heelal nie doelloos en leeg nie, maar juis propvol tekens van 'n doel daaragter.

Hoofstuk 2 Eenderse anderse ismes 2.1 Letterknegtery, 'n struikelblok 'n Mens sal dus moet afsien van die sogenaamde letterlike verklaring van Genesis 1-11. En 'n mens sal dit prinsipieel moet doen, en nie in 'n terugvalproses elke keer net die letterlike betekenis van nog een of twee dingetjies prysgee omdat ander wetenskappe jou daartoe dwing nie. -Adrio König Baie gelowiges gebruik God as 'n soort plaasvervangende hipotese in gevalle waar wetenskaplikes nog nie 'n verklaring vir die een of ander natuurverskynsel gevind het nie. Op hierdie wyse probeer hierdie gelowiges (miskien onbewustelik) om God "binne bereik" van die wetenskap te bring deurdat hulle van die "hand" van God 'n verklarende meganisme maak, so asof die mens kan weet hoe daardie Hand lyk en werk. Omdat dit gewoonlik gedoen word in gevalle waar daar nog leemtes in wetenskaplike kennis bestaan, staan dit as die God-van-dieleemtes-benadering (God-of-the-gaps approach) bekend. Die probleem hiermee is al deur die teoloog Dietrich Bonhoeffer en ook deur 'n wetenskaplike soos Parker uitgewys: Wanneer die leemtes krimp of verdwyn as gevolg van die mensdom se steeds toenemende kennis, word gelowiges meer en meer deur ongelowiges uitgedaag om God se voortgesette relevansie te demonstreer ('n taak wat die gelowiges self nie aan God wou oorlaat nie). Om God se relevansie as't ware afhanklik te maak van natuurverskynsels wat ons (nog) nie verstaan nie, is om "klein" oor Hom te dink. Carl Sagan, as ongelowige, het by geleentheid sy verbasing oor hierdie neiging by gelowiges uitgespreek. Dis 'n neiging wat mense laat sê, al is dit by implikasie: "Ons kan natuurverskynsel A verklaar, maar ons ken geen wette wat verskynsel B ten grondslag lê nie; dus kan ons B aan die direkte werking van God toeskryf en dien B as 'n bewys van sy bestaan." Maar wat word van hierdie soort "bewys" wanneer daar wel 'n wetenskaplike verklaring vir B gevind word? In droogtetye word die flouvals grappie soms deur gelowiges opgehaal oor die Jood wat op die biddag vir reën meewarig vir die biduurgangers sê: "Julle kan try, maar die wiend waai wes." Is die bedoeling dat die wind eers (vanself?) moet draai voordat daar om reën gebid kan word? Tog seker nie; om so te redeneer, sou wees om klein oor die Skepper te dink. Die teoloog Isak du Plessis skryf in die Voorwoord van sy boek God en wetenskap dat God óf alles óf niks is, óf heeltemal relevant óf totaal irrelevant. As Hy kan laat reën, beteken dit dat Hy die wind kan laat draai óm dit te laat reën, dat Hy sy natuurwette daarvoor kan inspan (inspan, nie ophef nie). Dit was seker omdat ek as 'n landbouweerkundige in die Karoo gewerk het dat ek die grappie oor die Jood so dikwels moes aanhoor. Telkens het die gebrek aan logika daaragter my opgeval, bedoelende die soort "geloofslogika" wat deel behoort te vorm van die belydenis dat ook die natuurwette God se wette is.

2.2 Die begin Hoe het die heelal begin? En hoe het lewe op aarde begin? Vir die meeste wetenskaplikes is daar binne die wetenskaplike terrein in elk geval geen ooglopende verband tussen hierdie twee vrae nie. Vir diegene wat Genesis 1 letterlik wil verstaan, is dit eintlik een en dieselfde vraag en hulle "beantwoord" dit deur te sê dat die Skepper alles binne ses dae gedoen het en ook nie eens baie lank gelede nie: Die heelal is nog jonk, tussen ses en tien duisend jaar oud. In die vroeë sewentiende eeu het 'n aartsletterkneg, die aartsbiskop James Ussher (1581-1656), langer as twintig jaar met die vraagstuk oor die presiese ouderdom van die heelal geworstel. Die resultaat was 'n boek met byna twee duisend bladsye wat die week waarin die heelal geskape is, aangee as die week wat geëindig het om 6 namiddag op Saterdag 22 Oktober in die jaar 4004 voor Christus. Ussher se datum is destyds deur die boekhandelaar Thomas Guy in die King James Version van die Bybel (hierna die KJV genoem) laat druk. Guy (na wie Guy's Hospital in Londen vernoem is) het dit gedoen omdat hy meer Bybels wou verkoop, maar onwetend het hy daarmee 'n tradisie begin: Vir meer as tweehonderd jaar sou baie Christene Ussher se datum as korrek beskou. Jong Aarde-kreasioniste beweer vandag nog dat die heelal slegs ongeveer 6000 jaar oud is. Die bevreemdende, dog roerende verhaal van Ussher se obsessie met "die begin van tyd" word deur die wetenskapskrywer Martin Gorst in die eerste twee hoofstukke van sy boek Aeons vertel. Op bevel van Oliver Cromwell is Ussher in die Westminster abdy begrawe, 'n eer wat hy later, ironies genoeg, met Isaac Newton en Charles Darwin sou deel. In die boek waarna vroeër verwys is, vra Isak du Plessis of die kerk dalk te negatief oor die wetenskap is. Dit lyk of baie aanhangers van Bybelse fundamentalisme en literalisme (letterknegtery) die oerknalteorie en Darwin se evolusieteorie as gevegsterreine uitgesoek het vir hul sporadiese aanslae op die wetenskap, met El Niño ook baie gewild vir hierdie doel. Die aanslae kan dalk selfs daartoe lei dat ongelowiges se agnostisisme en ateïsme verhard tot antagonisme en antiteïsme, omdat baie van hulle die fundamentaliste op hul (letterlike) woord neem en dan die Bybel verwerp omdat die fundamentaliste se vertolking daarvan weerspreek word deur die moderne wetenskap. Hierdie vrees is al uitgespreek deur die teoloog Conrad Hyers wat, anders as die letterknegte, voel dat evolusie eerder as om 'n bedreiging vir geloof te wees 'n prikkel vir 'n "ryker en meer diepgaande geloof" is. Op die keper beskou, is aanhangers van al die -ismes van die vorige paragraaf bondgenote in 'n stryd teen 'n ewewigtige, nie-strydlustige soeke na die waarheid. Ateïstiese sowel as gelowige fundamentaliste sal ongetwyfeld heftig daarteen beswaar maak om so in dieselfde kamp gejaag te word. Tog bulder invloedryke kreasioniste (veral in die VSA met ongeveer 50 miljoen van hulle) op die evolusioniste, en hulle doen dit "in die taal van die KJV", sê Charles Foster in sy boek The Selfless Gene living with God and Darwin (2009). Dié "gebulder", sê hy, skep weer die geleentheid vir ateïste om alle Christene met dieselfde teerkwas by te kom as mense wat nie in staat is om onbevange na wetenskaplike bewyse te kyk en te luister nie en daarom self nie 'n gehoor verdien nie. 2.3 Buite-Bybelse invloede op Bybelse skeppingsverhale