Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Tariewe

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Mandala Madness Deel 2

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kerssangdiens. SA Gemeente

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

Hoe om krag te spaar

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

Rubriek vir skeppende werk

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

G. J. du Preez

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Webadres: Die Pastoor se pen:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

SIZA takes the sting out of auditing

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

In Getsemane en daarna... Ds Awie Erxleben

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Lees binne GKSA: beroepenuus BROOKLYN- BROKKIES Vetkoek- Vrydag 22 April Dissipelskapkafee Oggenddiens Want so sê die Here... Fanie van der Schyff Niemand kan stry dat ons in n bedeling leef waarin die mens en sy eie behoeftes sentraal staan nie. Onder die vaandel van menseregte het ons eie samelewing deur die afgelope klompie jare drasties verander. Wat die mens wil, mag egter nie die norm van besluitneming wees nie. So sê die Here... Aanddiens Vreemdelinge word vriende word familie Paul Grobler In ons gemeente wil ons graag sien hoe vreemdelinge vriende word deurdat ons mense uitnooi om saam te kom kyk hoe lyk ons lewe. Ons wil ook van vriende familie maak deurdat mense nie net die voordele van hierdie geloofsgemeenskappe mag ervaar nie, maar ook die verantwoordelikheid teenoor mekaar nakom. Mag ons leer hoe Jesus vreemdelinge vriende gemaak het en dan van hierdie vreemdelinge weer uitgestuur het as familie. Residentia-Sunnyside Niks sal ons laat vrees nie Ds Fanus Heystek Daar is soveel dinge in die wêreld wat ons bang maak - soos die Moslems (vroeër die Kommunisme). Lees daarby Openbaring 13 en jy is bly dat jy oud is en waarskynlik van die nare toekoms gespaar gaan bly. Maar wat van jou kinders en kleinkinders? Openbaring is n troosboek en selfs hoofstuk 13 bied versekering - vergeet van die vrese en fokus op die triomfantlike uitkoms. BAIE BELANGRIK: Hierdie Hart & Hand word opgedra as n dankie aan Louis Kruger. Hy doen normaalweg elke week die uitleg van die Hart & Hand. Dit is baie harde werk en menigte laat aande. Hy het onlangs n ernsige hartaanval gehad en sterk aan in die Mosselbaai area. Ons dra Louis en Contessa in ons gebede. E R E D I E N S T E Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Tessalonisense 2:1-16 (:13) Sang: Sk 20-2:1 Sk 20-1:5, 6 Ps 33a:1 Ps 33b:3 Sk 15-7:4 Lb 255:1, 2, 3 Ps 89b:2 Ps 89a:6 Sk13-3 Duxbury: Aanddiens 18:30 Paul Grobler Skriflesing: Johannes 1:43-51 Johannes 4:27-30 Markus 3:31-34 Sang: Ps 146b:1, 3, 5, 6 Sk 15-1:1-4 Sk 10-2 Residentia-Sunnyside Araratsaal 09:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Openbaring 13:1-8 Voorsang: Ps 146, Sk 18-7, Lb 308 en 411 Onder die diens: Lb 334, Ps 31, Lb 280

GKSA: BEROEPENUUS VIR SONDAG 17 APRIL 2016 B E R O E P E O N T V A N G Ds W (Werner) van den Heever van Vryheid na Gobabis. BEROEPE AANVAAR Ds RA (Ronald) Bain van Cachet na Potchefstroom. Versoek Die Agapé-diensgroep vra dat u asseblief u selfoonnommers en e-pos-adresse sal kontroleer by die kerkkantoor. Ons vind dikwels dat as ons iemand wil kontak ons geen reaksie op n oproep of e-pos ontvang nie. Baie dankie. Soekie Gemeentelede bo 30, onder 30, diensgroepe, kleingroepe, studente, tieners, ma s en pa s, oupas en oumas, ons het jul aandag en optrede nodig! Brooklyn-Brokkies, die gemeente se jaarlikse tydskrif, gaan DV in November vanjaar gepubliseer word. Dink n bietjie aan al die aktiwiteite en gebeure waarby julle gedurende die jaar betrokke is, foto s wat geneem word, boeke wat gelees is, kampe wat bygewoon is, gemeentebyeenkomste, kleingroep-gesprekke, lesse wat geleer is, selfs nie geleer is nie, mense wat mekaar ontmoet het, dissipel-ervarings, staaltjies, glipse en meer. Julle word genooi om hierdie ervarings en foto s met die res van die gemeente te deel. Gerda Snyman het aangebied om te help organiseer sodat berigte, stories en foto s betyds ingehandig kan word. Moenie verbaas wees as sy jou voorkeer om uit te vind wat jou storie is nie. Die foto s, stories en berigte kan by die kerkkantoor ingehandig word of per e-pos na kantoor@gkbrooklyn.org.za gestuur word. Merk jou bydrae Brooklyn-Brokkies 2016. Gerda kan telefonies by 012 329 6585 of 083 625 6353 gekontak word. NUUS UIT DIE KERKKANTOOR Katkisasie-inligting vir klasse in 2016 Liewe ouers Belangrike datums vir 2016: Gesinsdienste: 12 Junie 27 November Hoog op ons agenda vir 2016 is n kamp vroeg in September. Plek: Goodland Estate - oos van Pretoria, ongeveer 45 min se ry. Datum: 2-4 September Koste: R125 per persoon per nag vir verblyf. Kinders kleiner as graad 1 slaap gratis Kos en vervoer moet nog in berekening gebring word. Gaan kyk gerus op die webblad www.goodland.co.za hoe die plek daarna uitsien. Annalie Grové Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir 2016 Die nuutste kerk-almanakke is in die kerkkantoor beskikbaar teen R70 per eksemplaar.

Laat wiel met doppies en lussies Philip Loots vra dat almal asseblief hul plastiese koeldrankdoppies en broodsakkielussies (tags) bymekaarmaak en by hom of by die kerkkantoor afgee. Pretoria Boys High School is nou by die Sweethearts Foundation geregistreer. Dié organisasie herwin dit en die fondse word dan gebruik om rolstoele aan minderbevoorregtes te voorsien. Eljadahuis Baie dankie vir al die bydraes wat ontvang is, veral voor die skoolvakansie. Die nie-bederfbare kos en blikkieskos kan in die houtkis in die portaal van die saal gelaat word. Enige geldelike bydraes kan in n koevert gemerk Eljadahuis in die kollektesakkie geplaas word. Spesifieke kostekorte kan sodoende aangevul word na gelang van hul maandelikse behoeftes. U bydrae en die voorsiening van genoegsame kos elke maand bly nog steeds n groot behoefte onder hierdie minderbevoorregtes. Broodmes soek sy baas n Pragtige Carol Boyes-broodmes het verlede naweek in die kombuis agtergebly. Kontak Soekie as jy die eienaar van hierdie mes is. Kees van Dijkhorst se nuwe roman is nou beskikbaar Die roman, Kroniek van Donkerhoek, is die verhaal van die Vorsters en hul erfplaas oor meer as twee dekades met die oorgang van apartheid na demokrasie. Inherent goeie mense, wie se sienings en vooroordele onvermydelik tot konflik en uiteindelike ondergang lei. Roman (vervolg) Die platorand van Mpumalanga met sy deinserige vergesigte, wuiwende grashalms, suisende denne, bosbrande en veediefstal is die agtergrond waarteen vals grondeise en n stryd om besitreg tot rassetwis en moord lei. Die patriarg Jaap Vorster kan hom nie versoen met die smaad wat die familie aangedoen is nie deur sy seun Pieter, wat met Johanna Dlamini, dogter van die voorman, trou. Gelok deur n bosbrand word Jaap vermoor deur die voorman se seun, n opgeleide kader. Pieter neem die bosbouboerdery oor en word onregverdig veroordeel vir die moord op sy vrou se ander broer. Voortvlugtig vir die gereg probeer Pieter sy vrou oortuig van sy onskuld. Kontak hom by kvd@netactive.co.za.

N A A S T E L I E F D E D A G B O E K Vandag: Gemeentepiekniek Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag: 08:30 Predikante-toerusting Woensdag 18:00 Diakonie 18:30 Hodos-bediening Vrydag: Vetkoek-Vrydag Voorbidding: Suidelike Filippyne Bid vir die Filippynse regering wat tans die teenwoordigheid van 15 geïnspireerde groepe in Mindanao probeer hanteer. Mag die verdedigingsmagte God se wysheid ervaar terwyl hulle hulself beywer om die lewens van die mense in Mindanao te beveilig. Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Stel ons in kennis stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake. Siekte Nennie Roodt is in die Kloof-hospitaal. Ons bid haar en Bernard die krag en seën van die Here toe. Ons dink aan Louis Kruger wat geopereer is ná n hartaanval. Ons bid ook vir hom en Contessa. Help asseblief met meubels Die diakonie is baie dringend op soek na n kassie, tafel en stoele vir iemand wat in n woonstel bly. Agapé-uitreik Agapé se jaarlikse gesellige uitreik na ons huiswerkers en hul vriendinne vind weer op Saterdag 28 Mei om 09:00 vir 09:30 in die kerksaal plaas. Hierdie geleentheid word ook gebruik om geld vir Bybelverspreiding in te samel deur n Wit Olifantverkoping. Begin dus nou reeds om wit olifante na die kerkkantoor te bring. Skakel Bets Engelmohr by 082 320 9133 of Erna Kruger by 082 453 2417 vir meer besonderhede. D I S S I P E L S K A P K A F E E 18 April Die rol van die Moslems in die ontwikkeling van n nuwe wêreldorde (vanuit n Bybelse/geestelike hoek gesien) Deel 2 Ds Fanus Heystek 25 April Die hiernamaals wat die Bybel daaroor en oor die hemel sê Johannes Bingle

\ G E L U K W E N S E Ons vertrou op die Here om ons te red. Hy is ons hulp en beskerm ons soos n skild. (Psalm 33:20). 17/4 Ina v.d. Walt Louis Mansion 18/4 Louw Steyn 071 875 8575 19/4 Christine Coetzer 082 615 8811 19/4 Fanus Heystek 073 777 1254 19/4 Esté Steenkamp 083 225 9429 19/4 Annabella Venter 082 459 0079 20/4 Walter Booyens 082 775 1627 21/4 Step Oosthuizen 072 123 1340 22/4 Erich Hansen 079 181 9711 22/4 Peet Oosthuizen 073 057 0870 22/4 Nico Schuman 071 328 8721 22/4 Josua Steyn 082 782 8143 22/4 Brendan Vermaak 076 389 3294 23/4 Marius Boersma 082 801 3557 23/4 Valmé du Toit 082 352 7382 23/4 Monica Jooste 012 329 1813 23/4 Grete van Dijk 072 878 4322 23/4 Sylvia Venter 082 554 9560 M I D W E E K B O O D S K A P JESUS SE VYFDE KRUISWOORD Ek het dors (Johannes 19:28). Só hoor ons ons Here prewel aan die kruis, kort nadat Hy tevore uitgeroep het: My God, My God, waarom het U My verlaat? In hierdie versugting (in Grieks is dit net die enkele woord dipso) hoor ons seer en swaarkry in sy uiterste vorm. Dit was my Here vir my! Dit was my tong wat aan my verhemelte moes vaskleef, ek wat vir ewig helledors moes ly, maar Hy het in my plek gely. In ons eie seer en swaarkry hoor ons die liefdevolle uitnodiging: Kom na My toe, almal wat dors is... Ek lei jou na stille waters waar daar rus is... VETKOEK-VRYDAG: 22 APRIL Heerlike vetkoek met maalvleis @ R20 kan by enige Agapé-diensgroeplid bestel word. Bestel voor of op die laaste Maandag 18 April teen14:00. Kom haal dit tussen 16:30 en 17:30 by die kerksaaal. Elke vetkoek word in sy eie sakkie gepak. Onthou asb n houer om die groot bestellings in te pak. Kontakpersoon: Magda Richards 071 390 0719. Betaling kan per internet gedoen word by: Rek.naam: Agapé-diensgroep Absa-tjekrekeningnr.: 4084921490 Tak: Ben Swartstraat Verwysing: Naam + van en VV Bring asb. bewys van betaling saam. Indien u nie per internet kan betaal nie, kan u die Vrydag met kontant betaal. Ons vra asb. dat u nie kontant in die rekening inbetaal nie omdat ons dan baie ekstra bankkoste moet betaal. Slegs rekening-na-rekeningoorplasings asb. Baie dankie aan almal wat ons projek so ondersteun! Agapé-diensgroep Sestigplussers Die volgende byeenkoms vind plaas op 28 April. Hou die volgende Hart&Hand dop vir meer besonderhede.

PREEKOPSOMMING Brooklyn (oggend) 10 April Lukas 24:13-35 (vers 35) n Eenvoudige teken Die Emmausgangers is platgeslaan, letterlik hooploos. Hulle het so gehoop dat dit Jesus sou wees wat die volk Israel sou verlos van die Romeine, maar hul drome lê aan skerwe (vers 21). Tot voor die Paasfees het al die tekens daarop gedui dat daar iets aan die kom was: Jesus van Nasaret was n profeet, magtig in woord en daad, God was met Hom, en Hy het met gesag bedien (vers 19). Daar het egter niks van gekom nie. Al wat oorgebly het, was dat hulle vir mekaar moes sê: Ons het gehoop... Dit is die verskriklikste situasie waarin n mens kan beland - wanneer jy sê: Ons het gehoop. Deur dit te sê, erken n mens dat die hoop beskaam het, dit het toe nie gebeur nie, dit is verby, vir goed verby. Aan hoop-lose Emmausgangers wat met somber gesigte na die dorpie Emmaus, 12 kilometer van Jerusalem af, aangestrompel het, word die Evangelie van Hoop in n middag n werklikheid! Jesus het van êrens af nader gekom en saam met hulle begin stap (vers 15). Later sou hulle besef dat dit Jesus was wat saam met hulle gestap het. Hulle was nooit alleen nie. Selfs ná sy hemelvaart was sy kinders nie alleen nie. Hy bly Immanuel God met ons! Dit is die vaste sekerheid waarmee ons ook vandag leef... nooit alleen nie. Deur die verklaring van die Skrif, het Jesus hulle ook laat besef dat Hy nie as Verlosser gekom het om die mens hier op aarde van lyding en swaarkry te verlos nie, maar dat Hy deur sy eie lyding heen, die Verlosser van sonde en die duiwel is (vers 26). Uiteindelik, toe Hy die brood breek (vers 30-31), besef hulle dat dit werklik Jesus is en hulle besef ook dat die brood wat gebreek is, na sy betaling van sonde aan die kruis verwys. Wanneer ons die sakramente van die doop en nagmaal gebruik, besef ook ons dat Jesus se liggaam gebreek is en sy bloed gevloei het tot volkome versoening van al ons sondes. Dit is die Evangelie van Hoop in n skynbaar hoop-lose wêreld. Mag ons hoop altyd gevestig wees op Jesus Christus en nie op ons omstandighede nie. T O E R U S T I N G God is Koning en Hy regeer oor alles Organiese Bybelstudie-metode 1. Lees/Luister: Psalm 95, Psalm 96, Psalm 97, Psalm 98, Psalm 99 en Psalm 100 (Lees een teks per dag.) 2. Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar. 3. Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? 4. Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar: Wat wil God hê moet ek hierdie week gaan doen? 5. Bid: Bid as gesin saam vir die volgende: a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. c. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, regering, universiteit, ens. Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen n kans om vir ten minste een van die bogenoemdes te bid. 6. Sing: Psalm 116:1.

Brooklyn (aand) 10 April Markus 1:9-20 Die goeie nuus Ons lees in Markus 1 hoe Jesus gedoop is, in die woestyn versoek is en nou begin sy amptelike bediening. Hy begin sy bediening met die woorde: Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie. Jesus se oproep bestaan uit twee komponente: a. Bekeer julle.... Die woord bekeer beteken om van rigting te verander, om weg te draai van een ding en in n nuwe rigting na n nuwe destinasie te beweeg. In die Bybel beteken dit om weg te draai van alles wat Jesus haat en om te beweeg na alles wat Hy liefhet. b.... glo die evangelie. Die woord evangelie kom van die griekse woord euangelion. Die betekenis van die woord is blye boodskap. Dit is goeie nuus wat jou lewe verander. Markus wil aan sy lesers hoop gee, want daar is goeie nuus. Die goeie nuus is: Ná die sondeval vernietig God nie die mens nie. In sy groot genade belowe Hy in Genesis 3:15 n verlosser wat die straf vir die mens se sonde sou dra en die prys sou betaal. Die goeie nuus is: Die tyd wanneer hierdie Verlosser moes opdaag, het aangebreek. Die verlossing van God het nou in Jesus se bediening en woorde aangebreek. God se heerskappy word nou sigbaar in die persoon van Jesus Christus. Dit is presies op hierdie punt dat Christenskap en ander gelowe verskil. Die wese van ander gelowe is advies; Christenskap is nuus. Ander gelowe sê wat jy moet doen om jou plek voor God te verdien. Maar die evangelie sê: Dit is wat God vir jou en my gedoen het. Dit is hoe Jesus geleef, gesterf en die prys betaal het om ons plek voor God te verdien. Dit is hoe Jesus uit die dood opgestaan het om alle magte en kragte te oorwin. Christenskap is in wese anders, want dit is God se goeie nuus! ADVERTENSIES TUINWERKER BESKIKBAAR Ons tuinwerker, Abram Matshiga, is op soek na tuinwerk op n Vrydag. Hy is baie betroubaar en n flinke werker. Vir meer besonderhede skakel, Louise by 083 260 4862. TYDELIKE WERK Samantha Erlank soek tydelike werk as ontvangsdame, versorger of restaurantwerk, Maandae tot Vrydae van vroegoggend tot 13:00 of huisoppas snags of oor naweke of enige ander tydelike werk. Sy is n gekwalifiseerde biokinetikus, maar werk nie 7 dae per week nie en kan gekontak word by 082 747 7927 of e-pos by samerlank@gmail.com HEARING HUB-OUDIOLOË Liza van Wyk Oudioloë help u graag om u gehoor te verbeter. Kom besoek ons gerus in Menlopark of Moreletapark vir n gratis gehoor-evaluasie. Kontak ons vir n afspraak by 012 346 0511/012 997 1718. ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. Wat? Enige iets wat vir n medegelowige van waarde kan wees. Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks) E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za WEBtuiste www.gkbrooklyn.org.za Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur Duxburyweg: Philip Loots 082 614 9415 Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr) 012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Residentia-Sunnyside) 012 542 3662 073 777 1254 fanusheystek@gmail.com Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt 17 Duxbury Ouderling Gerda Apr 24 Apr Duxbury Diaken Hannes Welman Ouderling Gerrie Kirstin Diaken Ilse de Villiers Onder die diens Diakonale werk By die deure Die Kerkblad Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds Ina Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak Hatfield).