NONNIE DE LA REY deur ZELDA ROWAN

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIZA takes the sting out of auditing

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

DIE BRITSE OWERHEID EN DIE BURGERLIKE BEVOLKING VAN HEIDELBERG, TRANSVAAL, GEDURENDE DIE ANGLO- BOEREOORLOG. deur WILLEM JACOBUS PRETORIUS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die lewe, werk en invloed van F.V. Engelenburg in Suid-Afrika ( )

Mandala Madness Deel 2

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

HOOFSTUK 1 INLEIDING

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

Hoofstuk 16 ( )

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SUID-AFRIKAANSE KRONIEK, 1949.

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Tariewe

GESTALT-GROEPTERAPIE MET VROЁE ADOLESSENTE NA DIE DOOD VAN N OUER EN DIE BENUTTINGSWAARDE VAN SCRAPBOOKING AS HULPMIDDEL. deur TARIEN HAMMAN

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Die politiek van herlnnering: spore van trauma

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

1 VROUE AFWESIG IN DEBAT

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

Om as familie in Suid-Afrika te leef: Interkulturele Bybelstudie as transformatiewe krag in die samelewing. Jonker, Louis Universiteit Stellenbosch

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

AGTERGROND, PERSOONLIKHEID EN EKONOMIESE DENKE.

Resensies / Reviews. Schoeman, Karel Handelsryk in die Ooste: die wêreld van die VOC, Pretoria: Protea Boekhuis. (A. Wessels)...

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Transcription:

NONNIE DE LA REY 1856 1923 deur ZELDA ROWAN Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER HEREDITATIS CULTURAEQUE SCIENTIAE (KULTUURGESKIEDENIS) in die Fakulteit Geesteswetenskappe Universiteit van Pretoria Pretoria 2003 Leier : Prof. F. Pretorius Medeleier : Dr. J.E.H. Grobler

INHOUD VOORWOOR D i LYS VAN BYLAES ii LYS VAN ILLUSTRASIES iii LYS VAN AFKORTINGS v INLEIDING 1 HOOFSTUK 1 KINDERJARE 8 1 OUERS 8 2 LEWENSOMSTANDIGHEDE 12 3 OPVOEDING 26 HOOFSTUK 2 KENNISMAKING EN HUWELIK MET J.H. DE LA REY 32 1 MANANA 33 2 KENNISMAKING MET DE LA REY 36 3 HUWELIKSREËLINGS 41 4 BRUILOF 43 5 HUWELIKSLEWE 44 HOOFSTUK 3 DIE JARE 1880 TOT 1899 52 1 DIE EERSTE ANGLO-BOEREOORLOG, 1880 1881 52 2 FEESVIERINGE BY PAARDEKRAAL 55 3 DIE LAASTE JARE VAN H.A. GREEFF 56 4 SUZANNA MARIA GREEFF 58 5 ELANDSFONTEIN 59 6 DIE JAMESON-INVAL 61 7 KINDERS 62 HOOFSTUK 4 DIE ANGLO-BOEREOORLOG, DEEL 1: OKTOBER 1899 NOVEMBER 1900 67 1 OORLOGSBESEF 68 2 AFSKEID 69 3 BESOEK VAN GENERAAL PIET CRONJÉ 71 4 ADAAN 72 5 BESOEK AAN DE LA REY 74

6 KROONSTAD 77 7 ELANDSFONTEIN KONFRONTASIE MET DIE BRITTE 78 8 VERHUIS NA DORPSHUIS 79 9 GENERAAL A. HUNTER 80 10 OMSTANDIGHEDE VERERGER 80 11 GENERAAL C.W.H. DOUGLAS 81 12 EERSTE KONTAK MET LORD METHUEN 84 13 ONWELKOM IN LICHTENBURG 85 HOOFSTUK 5 DIE ANGLO-BOEREOORLOG, DEEL 2: DESEMBER 1900 MEI 1902 87 1 VERBLYF 88 2 VOEDSEL 90 3 KLERASIE EN ANDER LEWENSMIDDELE 95 4 GODSDIENS 99 5 KONTAK MET DE LA REY 100 6 KONTAK MET ANDER BURGERS 103 7 ELANDSFONTEIN 105 8 KONTAK MET DIE BRITTE 107 9 LORD METHUEN GEWOND 109 10 KONTAK MET GEKLEURDES 114 11 DIE EINDE VAN DIE OORLOG 115 HOOFSTUK 6 DIE JARE NA DIE ANGLO-BOEREOORLOG, 1902 1923 118 1 EUROPA 119 2 HERSTEL VAN ELANDSFONTEIN 123 3 UNIEWORDING (1910) EN DE LA REY SE POLITIEKE BETROKKENHEID 125 4 NIKLAAS (SIENER) VAN RENSBURG 126 5 DIE REBELLIE VAN 1914 129 6 DIE DOOD VAN KOOS DE LA REY 131 7 VRIENDSKAP MET BOTHA EN SMUTS 132 8 FINANSIËLE OMSTANDIGHEDE 133 9 ANDER AKTIWITEITE 134 10 DOOD VAN NONNIE DE LA REY 136

HOOFSTUK 7 SLOTBESKOUING: NONNIE DE LA REY EN DIE IDEAALBEELD VAN DIE AFRIKANERVROU 140 1 DIE IDEALE AFRIKANERVROU 140 2 EGO-DOKUMENTE VAN NONNIE DE LA REY 141 3 VEREENSELWIGING MET DIE IDEAALBEELD VAN DIE AFRIKANERVROU 145 4 NONNIE DE LA REY AS VOLKSMOEDER 148 BRONNE 150 OPSOMMING 159 SUMMARY 161

i VOORWOORD Die voltooiing van hierdie studie was terselfdertyd ʼn bevredigende en veeleisende ervaring en met groot dankbaarheid kan ek daarvan getuig dat ek op die bystand en ondersteuning van ʼn aantal individue en instansies kon staatmaak. Prof. Fransjohan Pretorius het my aanvanklik op Nonnie se spoor gesit en deur die jare van navorsing my met kundigheid en geduld gelei. Sy insette tydens die skrywe van hierdie verhandeling is van onskatbare waarde. Hy is ʼn waardige mentor en besit die gawe om entoesiastiese studente te kweek. Ek is aan hom veel dank verskuldig. Ander individue wie ek graag wil bedank, is my medeleier, Dr. J.E.H. Grobler, en Prof. J.S. Bergh (Hoof van die Departement Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis) wat altyd met groot belangstelling na Nonnie se welstand verneem het. Met groot waardering verwys ek ook na Nándor Sarkady, Louis Eksteen, Alana Bailey en Nicol Stassen, wat my gehelp het met inligting en bronne wat ek op my eie nie sou kon opspoor nie, en na Jan Schaafsma vir die hulp met die vertaling van my opsomming. Deur die jare het soveel mense my in argiewe, biblioteke en museums gehelp, dat dit onmoontlik sou wees om elkeen uit te sonder. Aan almal my hartlike dank. My kollegas by Jonathan Ball Publishers het my veral net voor die indiening van my navorsing op allerlei wyses bygestaan en tuis het my huisgenote onverwytend ervaar hoe die Tweede Anglo- Boereoorlog steeds ʼn tuiste in ʼn puinhoop kan verander. Spesiale dank en erkenning gaan aan die National Research Foundation asook die Universiteit van Pretoria vir finansiële hulp. Hierdie studie word opgedra aan God, die Bron van alle skeppingskrag.

ii LYS VAN BYLAES I. Kwartierstaat van J.E. de la Rey (met vergunning van L.J. Eksteen) 163

iii LYS VAN ILLUSTRASIES FIGUUR 1 Die gesinsregister van H.A. Greeff. 9 FIGUUR 2 Familiefoto van die Greeff-gesin, ca. 1875. 15 FIGUUR 3 Die Greeff-gesin se woning op Doornfontein. 31 FIGUUR 4 Nonnie saam met haar twee susters, Hannie en Lenie, ca. 1875. 31 FIGUUR 5 Die De la Rey-gesin se huis op hul plaas Elandsfontein, voor die Anglo-Boereoorlog. 65 FIGUUR 6 Die De la Rey s se woning op Elandsfontein, etlike jare na die Anglo-Boereoorlog. 65 FIGUUR 7 Nonnie de la Rey, ca. 1890. 66 FIGUUR 8 Die De la Rey s se dorpshuis in Lichtenburg. 83 FIGUUR 9 Die spider waarmee Nonnie vanaf Desember 1900 rondgeswerf het. 92 FIGUUR 10 Die tent waarin Nonnie en haar kinders tydens hul swerwersbestaan geslaap het. 92 FIGUUR 11 Nonnie voor haar wa, ca. 1901. 98 FIGUUR 12 Nonnie se drie jongste kinders, ca. 1901. 98

iv FIGUUR 13 Generaal De la Rey op besoek aan sy rondswerwende gesin, ca. 1901. 101 FIGUUR 14 Generaal De la Rey met sy rondswerwende gesin voor hul wa, ca. 1902. 101 FIGUUR 15 Faksimilee van die titelblad van The Cossack Post. 108 FIGUUR 16 Lord Methuen se skimmel. 113 FIGUUR 17 Koos en Nonnie de la Rey met hul kinders, ca. 1902. 117 FIGUUR 18 Potloodskets van Nonnie deur Antoon von Welie, Londen, 6.11.1902. 122 FIGUUR 19 Nonnie as erevoorsitster van die Vroue-Helpmekaar, Lichtenburg, ca. 1918. 138 FIGUUR 20 Die grafte van Koos en Nonnie de la Rey, Lichtenburg. 139 FIGUUR 21 Inskripsie op Nonnie se grafsteen. 139

v LYS VAN AFKORTINGS KG LM NGKA NHKA TA TPM WSRO Kommandant-Generaal Lichtenburg Museum Nederduits Gereformeerde Kerkargief Nederduitsch Hervormde Kerkargief Transvaalse Argiefbewaarplek Transvaalse Provinsiale Museumdiens Wiltshire and Swindon Record Office

1 INLEIDING Met hierdie verhandeling oor die lewe van Jacoba Elizabeth (Nonnie) de la Rey (1856-1923) word daar gehoop om ʼn bydrae tot die bestudering van die rol van die vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te lewer. Geen omvattende werk van hierdie aard is al oor die lewe van Nonnie de la Rey, vrou van generaal J.H. (Koos) de la Rey, gedoen nie ten spyte daarvan dat daar so n groot leemte oor dié onderwerp bestaan. Vir Nonnie de la Rey was die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ʼn belangrike ervaring. Die oorlog was nie net ʼn stryd tussen Boer en Brit nie, maar het die hele Suid-Afrikaanse gemeenskap, oor die grense van ras en geslag heen, geraak. Vanweë die aard van die oorlogvoering, met verwysing na die verskroeideaardebeleid en die instelling van die konsentrasiekampe in 1900, is die Boerevrou en haar tradisioneel vroulike sfeer, naamlik haar woning en plaaswerf, by die oorlog betrek en in gedrang gebring. Die vrou se rol is reeds tydens die oorlog ingesien en reeds tussen 1902 en 1914 is sy erken deur byvoorbeeld die stigting van verskeie vroue-organisasies, die oprigting van die Vrouemonument te Bloemfontein en die bevordering van ʼn moedertaal. 1 Die Kaapse historikus, Helen Bradford, is van mening: The Anglo-Boer war was the single most significant event fuelling not merely modern Afrikaner nationalism, but a regendered Afrikaner nationalism, transferring its weight from its (weak) male to its (strong) female leg. 2 ʼn Honderd jaar later en dieselfde vroue is weer tot ʼn stryd betrek. Hierdie keer gaan dit om hul plek in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Met die honderdjarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog, is die rol van die 1 H. Bradford, Regendering Afrikanerdom: The 1899-1902 Anglo-Boer War, in I. Blom (eds) et al., Gendered nations: Nationalisms and gender order in the long nineteenth century, p.207. 2 Ibid.

2 vrou op die voorgrond gebring. 3 In geskiedenis as dissipline is daar dikwels geneig om op die politieke en militêre aspekte van die verlede te konsentreer. Die vrou, wat só dikwels nie op bogenoemde terreine gefigureer het nie, se rol en bydrae tot die verlede is maklik as minderwaardig gesien en genegeer. In kultuurgeskiedenis as vak, rus die fokus meer op die alledaagse ervarings en ʼn verlede verteenwoordigend van die gemeenskap as geheel, vrouens en kinders ingesluit. Met moderne historici se bewuswording van die vrou se rol in die geskiedenis, mag dit tot gevolg hê dat bogenoemde twee dissiplines steeds nader aan mekaar beweeg om sodoende die vrou haar regmatige plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te gun. Die vrou wat die Anglo-Boereoorlog meegemaak het, sal dus die vrou wees wat hierdie stryd namens die hele vroulike geslag gewen het en hopelik sal dit tot gevolg hê die verdere insluiting van ander vroue van diverse groepe in ander aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoewel die publikasie van F. Pretorius se Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, wat oorspronklik in 1988 as ʼn D.Litt. et Phil.- proefskrif aan UNISA voltooi en in 1991 gepubliseer is, uit die oogpunt van die Boere op kommando geskryf is, bevat dit ook ʼn belangrike hoofstuk wat lig op die vrou se ervaring van die oorlog werp. 4 Ander publikasies wat in geheel handel oor die vrou tydens die Anglo-Boereoorlog, is: P. Marais, Die vrou in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Pretoria, 1999) en A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902 (Nylstroom, 2002). Navorsing oor die rol van die vrou in die Anglo-Boereoorlog, is M.E. van der Merwe, Johanna Brandt in die kritieke jare in Transvaal, 1899-1908, M.A.-verhandeling, UP, 1989 asook J. Streutker, Hendrina Susanna Johanna Joubert (1830-1916), M.A.-verhandeling, UNISA, 1991. E. Truter se 3 H.Bradford, Gentlemen and Boers: Afrikaner nationalism, gender and colonial warfare in the South- African War, in G. Cuthbertson (eds) et al., Writing a wider war: rethinking gender, race and identity in the South African War, 1899-1902, p.37. 4 F. Pretorius, Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, pp.323-347.

3 boek, Tibbie: Rachel Isabella Steyn 1865-1955, Kaapstad, 1997, is ʼn verwerking van haar magister-verhandeling en doktorale proefskrif by UNISA. In bogenoemde biografieë word die belewing van die oorlog ingesluit, maar dit is belangrik om daarop te let dat hierdie stukke oor meer as net die oorlog handel. Hul lewens vóór en ná die oorlog was ook van historiese waarde en word gevolglik hierby ingesluit. Dieselfde geld vir Nonnie de la Rey se biografie: haar ervarings tydens die oorlog is belangrik, maar dit is nie al wat sy in haar lewe beleef het nie. ʼn Geheelbeeld van haar lewe van 1856 tot 1923 word geskets. Die vrou se geskiedenis behoort dus nie net binne die tydsraam van die Anglo- Boereoorlog gestalte te kry nie. Nonnie de la Rey het in haar lewe nie net bekendheid verwerf omdat sy die eggenote van die gesiene generaal Koos de la Rey was nie, maar ook vir haar besondere deursettingsvermoë tydens die Tweede Anglo- Boereoorlog(1899-1902). Vanaf Desember 1900 tot die einde van die oorlog in Mei 1902 het sy en haar kinders van plek tot plek geswerf. Net soos vele ander vroue het Nonnie verkies om liewer in die veld te woon as om na n konsentrasiekamp gestuur te word. Die kans op oorlewing in n konsentrasiekamp was nie so goed as in die veld nie. Heelwat beproewinge moes egter deurstaan word en omstandighede was nie altyd gunstig nie. Na aanleiding van al haar ervaringe is Nonnie se herinneringskrif: Mijne omzwervingen en beproevingen gedurende den oorlog in 1903 in Amsterdam gepubliseer. Kort daarna, steeds in 1903, is die Engelse weergawe, A woman s wanderings and trials during the Anglo-Boer war, ʼn vertaling deur Lucy Hotz, in Londen, uitgegee. Die waardevolle inligting in hierdie bron dien as n motivering vir die studie van die wedervaringe van Nonnie de la Rey. Alhoewel die agtien maande waartydens Nonnie rondgeswerf het seker die belangrikste fase in haar lewe was, het sy heelwat ander ervarings

4 beleef wat sy in n ander ongepubliseerde herinneringskrif aangeteken het. Hierdie herinneringskrif word in die Transvaalse Argiefbewaarplek in Pretoria, onder die De la Rey-versameling gehuisves. J. Meintjes se boek, De la Rey Lion of the West. (Johannesburg, 1966), bevat ook heelwat inligting oor haar lewe (alhoewel dit in wese ʼn biografie oor haar eggenoot is) en is ʼn bron van noemenswaardige belang. Met behulp van hierdie bronne asook ander primêre en sekondêre bronne word daar beoog om die geheelbeeld van die lewe van Nonnie de la Rey te rekonstrueer. In die eerste hoofstuk word daar gekyk na haar kinderjare. Biografiese gegewens van haar ouers asook ʼn kwartierstaat van haar genealogiese inligting word verskaf. Nonnie de la Rey se kinderdae word reeds gekenmerk deur faktore wat onmiskenbare eienskappe in haar gevorm het. Hierdie faktore het ook verder bygedra tot die vorming van ʼn lewensopvatting met ʼn definitiewe raamwerk waarbinne sy as Boerevrou gepas het. Haar lewensomstandighede asook opvoeding het hierin ʼn groot rol gespeel. In hoofstuk twee word daar aangetoon hoe Nonnie de la Rey deur die patriargale denkpatroon van haar tyd beïnvloed is, want sy beeld haarself in haar eie herinneringskrif in verhouding tot die mans in haar lewe uit. Daar moet egter hier genoem word dat sy ook verwys na haar moeder en susters en dogters, maar die tema van haar verwantskap tot die mans in haar lewe is baie meer prominent. Sy betree nou die tydsvak waar sy die man van haar lewe ontmoet, ʼn man in wie se lewe hare sin kan kry. Voorts lê haar primêre rol en verantwoordelikheid by hul gemeenskaplike belange en by die instandhouding van haar eie sfeer, naamlik die huishouding en sekere take op die plaas. Dit is dus opvallend hoe haar rol van dogter en suster nou aangevul en in ʼn sekere mate oorgeneem is deur haar nuwe rol as getroude vrou.

5 Daar word in hoofstuk twee geskryf oor haar lewe as jong dogter op haar ouers se plaas Manana, naby Lichtenburg, haar kennismaking met J.H. de la Rey, die huweliksreëlings, hul bruilof op 24 Oktober 1876 en die begin van hul huwelikslewe. Die tydperk van 1880 tot 1899, wat vervat word in hoofstuk drie, bestaan uit ʼn kaleidoskoop van gebeurtenisse in Nonnie se lewe. Die Eerste Anglo- Boereoorlog met al die uitdagings en veranderende omstandighede wat daarmee gepaard gegaan het, die uitbreiding van hul gesin, die verlies van beide Nonnie de la Rey se vader en moeder, asook die verhuising na Elandsfontein, het binne die geslagsrolverdeling van hierdie tyd die gevolg gehad dat sy al hoe meer verantwoordelikhede op haar skouers moes neem. Die tradisionele rolvertolking van eggenote, moeder en dogter het duidelik in hierdie lewensfase die kern van haar singewing gevorm en haar diepgewortelde geslagspersepsies kom duidelik in haar vertellings na vore. Verder kan gelet word op die feit dat die grense van die tipiese vroulike sfeer, naamlik tuiste en huishouding, in haar geval noodgedwonge uitgebrei het na die handhawing van die boerdery en die bestuur van die plaaswerkers. Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899, het ʼn tydperk van lyding en ontwrigting aangebreek. Die Boerevroue in besonder het genoegsame rede gehad om die oorlog as ʼn bittere skeidsmuur tussen hulle en hul geliefdes te ervaar. Vol durf moes hulle die onsekerheid van elke dag oorkom en terselfdertyd die verantwoordelikhede wat onder normale omstandighede aan mans toegeskryf is, op hul skouers dra. Noue kontak met die dood, materiële verlies en fisiese ongemak was elemente waarmee alle vroue geworstel het, hetsy hulle op hul plase, in konsentrasiekampe of in die veld gewoon het. Omstandighede was moeilik tydens beide die stellingkrygsfase en die guerrillafase van die oorlog.

6 Nonnie de la Rey was ʼn vrou wat van geeneen van bogenoemde elemente gevrywaar was nie. In haar stryd om oorlewing het sy ʼn helderoem verwerf. Die Anglo-Boereoorlog kan in haar lewe in twee fases verdeel word, naamlik die fase waartydens sy te Lichtenburg woonagtig was (Oktober 1899 tot November 1900) en daarna die fase wat gekenmerk word as haar swerwersjare (Desember 1900 tot Mei 1902). Om orde en logiese redenasie te handhaaf, word hierdie twee tydperke in twee afsonderlike hoofstukke, hoofstukke vier en vyf, bespreek. Tydens die herdenking van die Tweede Anglo-Boereoorlog vanaf 1999, het verskeie nuwe publikasies verskyn waarin daar beklemtoon is dat die oorlog nie slegs tussen Boer en Brit plaasgevind het nie, maar dat alle groepe van die samelewing daardeur geraak en selfs daarby betrokke was. Hierdie bewering kan ook gestaaf word uit Nonnie de la Rey se ervaring van die oorlog, haar interaksie met ander Suid-Afrikaners van ander bevolkingsgroepe, haar interaksie met die kommando s asook met die Britse magte. Veral haar kontak met lord Methuen en hul latere vriendskap gee diepere insig oor die opvattings oor oorlog en die verhouding tussen Boer en Brit. Van groot waarde was n aantal primêre dokumente wat in die Wiltshire and Swindon Records Office, Trowbridge, Verenigde Koninkryk, geraadpleeg is. Hoofstuk ses handel oor Nonnie de la Rey se lewensjare na die oorlog van 1902 tot 1923, insluitende die amptelike reis na Europa wat sy saam met haar man en generaals Christiaan de Wet en Louis Botha onderneem het, die herstel van Elandsfontein, Uniewording (1910) en Koos de la Rey se politieke betrokkenheid, die Rebellie van 1914 en die dood van Koos de la Rey. Nonnie was tydens haar laaste jare baie betrokke by verskeie organisasies. Sy was ʼn gesiene vrou in haar gemeenskap en die dinamiek en oorsake hiervan word in hierdie hoofstuk aangeraak.

7 In die slothoofstuk, hoofstuk sewe, word daar ondersoek ingestel na Nonnie de la Rey se identifisering met die ideaalbeeld van die Afrikanervrou wat veral sterk na vore gekom het in publikasies in die vroeë twintigste eeu, soos byvoorbeeld E. Stockenström, Die vrou in die geskiedenis van die Hollands-Afrikaanse volk. s.l., s.a. [ca.1917] en W. Postma, Die Boervrouw: moeder van haar volk, Bloemfontein, 1918, asook haar invloed wat sy deur die skrywe van haar eie gepubliseerde en ongepubliseerde herinneringskrifte op die versterking van hierdie ideaalbeeld gehad het. Die invloed en rol van die Boerevrou in die laat negentiende eeu en vroeë twintigste eeu word ook ondersoek. ʼn Probleem met die benaming van J.E. (Nonnie) de la Rey het ontstaan, omdat sy as vrou op agtienjarige leeftyd haar van Greeff verruil het vir dié van De la Rey. Nie een van die twee vanne kon dus konsekwent in verwysing na haar gebruik word nie. Daar is dus op haar noemnaam Nonnie besluit, alhoewel daar gepoog is om van onnodige familiariteit weg te skram.