KOMMENTAAR OP DIE US BESTUUR SE KONSEP TAALBELEID EN DIE VOORSTAANDERS VAN GELYKE KANSE SE ALTERNATIEWE VOORSTEL VIR OORWEGING DEUR DIE US RAAD

Similar documents
TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rut: n Liefdes Verhaal

SIZA takes the sting out of auditing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Hoe om krag te spaar

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

Universiteit van Pretoria

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

Transcription:

KOMMENTAAR OP DIE US BESTUUR SE KONSEP TAALBELEID EN DIE VOORSTAANDERS VAN GELYKE KANSE SE ALTERNATIEWE VOORSTEL VIR OORWEGING DEUR DIE US RAAD 1. Inleiding Die Bestuur van die Universiteit van Stellenbosch ("US") het op 21 Maart 2016 'n eerste konsep taalbeleid vir kommentaar deur belanghebbendes gepubliseer. Die Bestuur se oogmerk is om die bestaande taalbeleid wat, in die breë, voorsiening maak vir gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels as primêre onderrigtale aan die US, te vervang. Ons, die ondergetekendes, verset ons teen hierdie poging wat onteenseglik sal lei tot Engels as die enigste taal van onderrig aan die US; bepleit hiermee gelyke kanse op die basis soos hierin uiteengesit; en, versoek dat belanghebbendes hulle steun vir ons poging te kenne sal gee sodat die Bestuur van die US ten einde laaste kan besef hoe ontsagwekkend die weerstand teen hul ondeurdagte pogings is. Die US is, soos die meeste universiteite van aansien, deur 'n bepaalde gemeenskap tot stand gebring om in die behoeftes van daardie gemeenskap te voorsien. Hollands, en later Afrikaans, was die voertaal sedert die US in 1918 'n realiteit geword het. Dié taal het op unieke wyse bygedra tot die aansien en status van die US. Oor baie jare is 'n bepaalde karakter, etos, trots en a sense of belonging aan die US geskep. 'n Effektiewe akademiese gemeenskap met 'n begrip van gedeelde waardes en verbondenheid tot die universiteit, dosente en studente het tot stand gekom. Daar is afdoende bewys dat wanneer hierdie eienskappe te vinnig verander en 'n universiteit sy karakter en die steun van sy tradisionele ondersteuningsgemeenskap verloor, 'n imtuimeling van standaarde en aansien sy voorland is. Die US het uitmuntend by veranderende omstandighede aangepas deur inklusief te wees, maar steeds sy karakter te behou en van die hoogste akademiese standaarde in die land te handhaaf. Graduandi word steeds gelewer wat nasionaal en internasionaal presteer. Die pleidooi is dus dat die hoë akademiese standaarde gehandhaaf word en dat die US die leiding sal neem om dié instelling te bly wat 'n vaste, volwaardige en volhoubare plek aan top Afrikaanssprekende studente (wit, bruin en swart) bied uit 'n bevolking van 6,8 miljoen mense (13,5% van die totale bevolking) wat Afrikaans as huistaal het. Ons steun 'n inklusiewe taalbeleid, een wat naas 'n volwaardige en volhoubare aanbod in Afrikaans, ook toegang bied tot ander huistaalsprekers. Kommentaar en voorstelle word soos volg gestruktureer: Die Grondwet word aangehaal. Die demografie van Afrikaans as huistaal word in konteks geplaas. Die aard, wese en rol van 'n universiteit in die algemeen word aangestip. Die ontwikkeling van die taalbeleid aan die US tussen 1994 en 2016 word geskets met kommentaar oor die wyse waarop die US in sy huidige krisis oor voertaalbeleid beland het, wat insluit die Bestuur se onlangse erkenning aan die Hooggeregshof dat hy toegelaat het dat dosente openlik die US se taalbeleid ignoreer. In die lig van voorafgaande word ons voorstel vir gunstige oorweging ter tafel gelê.

Bladsy 2 2. Kontekstualisering 2.1 Die Grondwet Artikel 29(2) van die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat elkeen die reg het om aan openbare onderwysinstellings onderrig te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar dit redelikerwys doenlik is. 2.2 Die nasionale en provinsiale taaldemografie Volgens die 2011-bevolkingsensus is Afrikaans die huistaal van 6,8 miljoen mense of 13,5% van die totale bevolking. Afrikaans is die derde grootste huistaal naas Zoeloe (11,5 miljoen) en Xhosa (8,1 miljoen). Engels (4,8 miljoen) is die vierde grootste huistaal. Afrikaans is die huistaal van 75,8% van die bruin mense en 60,8% van die wit mense. In die Wes-Kaap, die setel van die US, met 'n bevolking van 6,2 miljoen (2015-middeljaarraming, Statistiek SA) is Afrikaans die huistaal van 49,7% van die inwoners. Engels is die huistaal van slegs 20,2%. Daar is twee tradisionele universiteite (Kaapstad en Wes-Kaapland) en 'n universiteit vir tegnologie (Kaapse Skiereiland) waar die administratiewe en onderrigtaal uitsluitlik Engels is. Daar is nasionaal en internasionaal empiriese bewyse dat leerders op skoolvlak, asook op na-skoolse vlak, die beste in hulle moedertaal presteer. In Suid-Afrika, met 'n nypende tekort aan vaardighede, moet maksimale geleenthede aan leerders gebied word om dié vaardigheidsbehoeftes aan te vul. Daar is tans 2 016 openbare skole waar Afrikaans die taal van onderrig is. Van dié skole is 1 309 (65%) in die Wes-Kaap. Hierdie skole het in 2015 'n slaagsyfer van 93% gehad teenoor die land se gemiddeld van 70,7%. Afrikaanstalige matriekkandidate maak nasionaal die meerderheid uit van leerders wat meer as 80% in wiskunde en fisiese wetenskappe behaal. Vanweë die goeie basiese skoling in moedertaalonderrig skakel wit Afrikaanssprekende studente oor die algemeen relatief maklik na Engels oor. Maar selfs in hul geval is daar bewyse dat hulle nie so goed presteer soos wanneer hulle onderrig in Afrikaans ontvang nie. Afrikaanstalige studente is toppresteerders aan universiteite. 'n Relatief groot persentasie voltooi hulle studie binne die minimum tydperk en studeer daarna ook nagraads. 'n Universiteit kan dié studente nòg subsidiegewys, nòg vir sy navorsing en toekomstige eie hoëvlakpersoneel, ontbeer. Die bruin mense verteenwoordig 49% van die Wes-Kaap se bevolking. Hul deelnamekoers (d.i. die aantal studente as persentasie van die ouderdomsgroep 18 tot 24 jaar) is slegs 15% teenoor die 17% swart en 55% wit mense. Taal is waarskynlik een van die groot hindernisse. Die plattelandse bruin mense se huistaal is feitlik uitsluitlik Afrikaans. By navraag het skoolhoofde van bruin skole op die platteland dit kategories gestel dat die meeste bruin matrikulante met universiteitvrystelling weinig hoop het om suksesvol aan universiteite te studeer indien Engels die onderrigtaal is. Die groeiende getalle swart studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland sedert die laat-1980 s het daartoe gelei dat Engels Afrikaans as onderrigtaal vervang het. Die beperkte taalvaardigheid van bruin studente het veroorsaak dat hulle prestasies merkbaar verswak het. Prof Jaap Durand, Vise-Rektor van die UWK gredurende die laaste jare van die vorige bewind, stel dit

Bladsy 3 so: "My ervaring by UWK was dat toe ons teen owerheidsbeleid swart studente begin toelaat het en ons weens die getalle wat na UWK gestroom het, verplig was om Engels die primêre taal van onderrig te maak, die akademiese prestasie van bruin studente merkbaar verswak het, veral omdat hul beperkte bekwaamheid in Engels hulle gepootjie het. Die vermoë om in Engels te kommunikeer in die klassituasie by die swartes was net so beroerd. Ek maak geen verskoning vir ons besluit nie. UWK het hom in die midde van die stryd teen apartheid bevind en moes bereid wees om die konsekwensies daarvan te aanvaar. Weens die destydse politieke situasie was Jakes (Gerwel) en ek nie bereid om alles aan 'n deeglike navorsing te onderwerp nie. Terugskouend dink ek ek is nie ver van die merk af nie as ek die stelling maak dat die Afrikaanssprekende bruin studente beduidend benadeel was. Ek is ook te lank daar weg om te oordeel oor die huidige situasie. My mening is tans, dat as US oorskakel na Engels as primêre onderrigtaal, die akademiese prestasies van US se studente in die geheel sonder twyfel gaan verswak." (E-pos kommunikasie, 3 April 2016) 'n Stellenbosse dosent het onlangs in 'n brief aan Die Burger aan die hand gedoen dat Afrikaanse studente ter wille van transformasie nie op hul reg om in Afrikaans onderrig te word, moet aandring nie. Klaarblyklik ignoreer so 'n oproep die regte van die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap wat 'n groter agterstand in deelname aan universiteitsonderrig as swart mense beleef. Die bewerings van die swart studente Daar is dikwels uitsprake van swart studente dat wit studente goed presteer omdat hulle bevoordeel word. Die "Child Gauge"-verslag van die Universiteit van Kaapstad toon dat die feit dat Engels soms die derde taal van swart leerders is daartoe lei dat hulle teen die einde van die "sekondêre skoolfase minstens vyf jaar agter hulle bevoorregte eweknieë is" (Prof. T. du Plessis, Direkteur: Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging aan die Universiteit van die Vrystaat, Maart 2016). Swart studente sal dus nie beter presteer as Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf word nie. Afrikaans kan eerder help om 'n vaktaal vir Xhosa, ensovoorts, te ontwikkel. Ranglyste Sommige akademici argumenteer dat die oorskakeling van Afrikaans na Engels universiteite sal help om 'n beter plek op wêreldranglyste te bekom; om 'n universiteit met internasionale aansien te word. Dié strewe van universiteite in 'n ontwikkelende land soos Suid-Afrika, wat tans enorme fiskale probleme beleef, is totaal onrealisties. Prof. Stefan Collini van die Universiteit van Cambridge, 'n erkende kundige oor universiteitswese, maak onder meer die volgende stelling: "Vice-chancellors now keep as nervous an eye on league tables as do football managers and placings are frequently involved to legitimate a preferred policy shift." Dié standpunt word ook onderskryf deur gesaghebbendes soos prof. Philip Altbach van die VSA. Student-dosent-verhoudings en die aantal internasionale studente en dosente figureer sterk in die rangordes iets waarmee Suid-Afrikaanse universiteite nie kan meeding nie. Dit beteken nie dat uitnemendheid in onderrig en navorsing nie nagestreef moet word nie maar beslis nie ten koste van plaaslike en nasionale behoeftes nie. (Collini en Altbach) 2.3 Die aard, wese en rol van 'n universiteit 'n Universiteit het 'n universele karakter wat veral met globalisering sterker na vore getree het. Maar 'n universiteit is ook 'n instelling wat in 'n spesifieke maatskaplike en kulturele omgewing funksioneer. (H.W. Rossouw, 1993)

Bladsy 4 Veral ná die wêreldwye ekonomiese insinking van 2008 het baie universiteite besef dat hulle in die eerste plek die plaaslike gemeenskap moet dien. Die bekende prof. Clark Kerr sê in sy opspraakwekkende boek The Uses of the University (2001) dat selfs vir 'n navorsingsuniversiteit soos dié in Berkeley, die deelstaat van Kalifornië se behoeftes eerste kom. Die US moet dus in die eerste plek na die Wes-Kaap se behoeftes omsien. Hier tree die behoeftes van veral die Afrikaanssprekende bruin bevolking op die platteland na vore. Daar is reeds inisiatiewe van onder meer die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie om groot getalle bruin onderwysers verdere skoling in wiskunde en wetenskap te gee. Indien die US by dié inisiatiewe betrokke kan raak, kan verseker word dat die aanbod in kwaliteit en getalle van Afrikaanstalige studente toeneem. 2.4 Transformasie Sedert 1994 het transformasie op alle vlakke van die samelewing, maar veral by universiteite, 'n gonswoord geword. Dit is 'n vae begrip wat die wêreldbekende prof. Manuel Castells opgesom het as "a word South Africans use when they stop thinking and start making social conversation over a glass of wine". Die volgende elemente van transformasie is oënskynlik belangrik: Werf groter getalle swart studente. Dié poel is egter baie beperk want slegs 32 000 kandidate het in 2015 meer as 60% in wiskunde behaal, terwyl die getal in fisiese wetenskappe 25 000 was. Intussen kry wit studente met ses onderskeidings nie toegang tot, byvoorbeeld, mediese studie nie. (Prof. Hennie Rossouw vra tereg die vraag of 'n universiteit sy identiteit gestand kan hou sonder om 'n mate van elitisme te handhaaf.) Transformasie op personeelvlak is moeilik weens 'n tekort aan kandidate en nie-mededingende salarisse. Kurrikulumverandering is noodsaaklik om veral kursusse meer Afrika-gerig te maak. Daar is beperkinge as gevolg van relatief min leesstof. In 'n verslag wat Lawrence Schlemmer op grond van die Markdata-meningsopname van 2008 oor houdings van studente saamgestel het, maak hy die volgende stelling: "Transformasie sluit ook in die ontwikkeling van Afrikatale tot volwaardige akademiese tale op tersiêre vlak. Hierdie tipe ontwikkeling kan op sy beste geskied binne 'n akademiese ruimte waarin die proses van linguistiese regstelling en die bevordering van die status van 'n taal 'n algemeen aanvaarde akademiese bedryf is. 'n Afrikaans-medium universiteit is by uitstek hiertoe geskik. Naas hul onderrig- en navorsingstaak het universiteite ook 'n maatskaplike verantwoordelikheid. Ook in hierdie verband kom transformasie ter sprake vir sover universiteite moet bydra tot kritiese denke, 'n taak wat die beste verrig kan word in die taal of tale van die gemeenskappe." 3. 'n Omstrede taalbeleid, 2006-2016 Sedert 2006 het die taalbeleid al meer omstrede geraak. Die rede was die gebrek aan deursigtigheid, wat daarop neergekom het dat die voertaalbeleid, wat bepaal het dat Afrikaans die verstektaal was, al meer deur dosente omseil is. Die Raad het sedert 2005 misluk in vier belangrike opsigte. Die Raad het nooit deskundige advies oor die optimale voertaalbeleid en die optimale studentegetalle vir Stellenbosch ingewin en vaste besluite daaroor geneem nie. Die Bestuur het nooit die uitvoering van beleid gemonitor en sanksies toegepas teen die wat dit oortree nie. Die Bestuur het al minder vaardigheid in Afrikaans van dosente en studente vereis ten spyte

Bladsy 5 daarvan dat die T-opsie veronderstel dat minstens 50 persent van 'n lesing in Afrikaans moet wees. Deskundige ontledings van die verplasingseffek van dubbel- en (in 'n mindere mate) parallelmedium is geignoreer. Jean Laponce, 'n Frans-Kanadese kenner, het dit so gestel: "A bilingual school of university has only the appearance of equality. Bilingualism in education is generally a bilingualism of transition, which in the long run facilitates linguistic assimmilation." (Languages and Territories, p.170) Hy het die US se Fakulteit Lettere se motivering vir 'n T-opsie in 2006 "a wild proposal" genoem en gesê: "The system is to the eventual advantage of English, Afrikaans being retained as mere decoration." (Giliomee en Schlemmer: 'n Vaste Plek vir Afrikaans p.254) In 'n poging om 'n emosionele taalstryd te ontlont, het die Raad in 2006 die Konvokasiebestuur versoek om 'n alternatiewe taalbeleid aan die Raad voor te lê wat saam met die US Bestuur se voorstel voor die Raad sou dien. Teen Augustus 2006 het 'n groep, wat bekend geword het as die Vlottenburg-groep, 'n taalbeleid namens die Konvokasie ingedien. Die Vlottenburg-groep het onder meer bestaan uit 'n oud Rektor en Vise-Rektor van UWK (Jakes Gerwel en Jaap Durand), Dekane van Ingenieurswese en Ekonomiese Bestuurswetenskappe aan die US (Arnold Schoonwinkel en Johan de Villiers), 'n dosent in Lettere, alumni (Hermann Giliomee en Van Zyl Slabbert), Neville Alexander, direkteur van "Project for Research in Alternative Education" aan die Universiteit van Kaapstad en buitengewone Professor van Taalbeplanning. Die Raad het ook met die oog op die werk van die Vlottenburg-groep vir die eerste keer 'n onafhanklike meningsopname oor studente se taalvoorkeure laat doen en dit self gefinansier. In 'n verslag wat die firma Markdata in 2008 ingedien het, is bevind dat 83% van die Afrikaanse studente en 43% van die Engelse studente die opsie van "hoofsaaklik en konsekwent Afrikaans" verkies, terwyl 79% van die Afrikaanse en 94 persent van die Engelse studente "'n eweredige T-opsie" verkies het. Skuif van taalaanbod na taalaanvraag In die eerste dekade van hierdie eeu het die US begin skuif van 'n hoofaanbod in Afrikaans na een waarin aanvraag die beleid bepaal. Hier speel opnames van studentevoorkeure skynbaar 'n deurslaggewende rol. Volgens 'n voorlegging van die Rektor aan die parlementêre Portefeuljekomitee in 2015 moet die US sy taalbeleid aanpas namate die "taaldemografie en -voorkeure" van die studente en personeel verander. Hy het die volgende getalle aangehaal vir die huistaal van studente aan die US in 2015 soos volg: 45% Engels, 42% Afrikaans en 3% Xhosa. Hierdie syfers verskil wesenlik van die syfers van die Markdata verslag van 2008. Uiteraard raak die metodiek waarmee voorkeure getoets word van kritieke belang. Navraag is by die Registrateur gedoen met watter wetenskaplike metode taalvoorkeure ondersoek is. In 'n antwoord van 5 April 2016 het hy soos volg gesê: "Wat die onderrigtaal betref, word die vraag by registrasie aan die student gevra in watter taal hy/sy haar onderrig verkies. Hierdie aanduiding word dan gebruik om klasindeling te doen waar 'n parallelle onderrigaanbod beskikbaar is. Dit is dan so dat heelwat Afrikaanse huistaal studente Engels as hul onderrigtaal aandui, aangesien heelwat van ons Afrikaanse studente in Engelse skole is en hul akademiese taal dus Engels is." Hierdie benadering staan in skerp kontras met die vrae gestel deur die Markdata-verslag van 2008, wat deur 'n professionele firma gedoen is. Hier is 'n verskeidenheid van opsies vir die voertaalbeleid aan respondente voorgehou. Dit sluit in: Hoofsaaklik en konsekwent Afrikaans. Afrikaans met herhaling van belangrike inhoude in Engels.

Bladsy 6 Hoofsaaklik Engels maar met herhaling van belangrike inhoude in Afrikaans. Hoofsaaklik en konsekwent in Engels. Dit is vreemd dat die Bestuur nie dieselfde vrae gestel het as die Markdata-opname van 2008 nie. Net op hierdie manier kan vasgestel word of daar tussen 2008 en 2016 'n betekenisvolle skuif in die houdings van studente plaasgevind het. Indien dit wel die geval is, is die volgende verklarings moontlik: Die druk op Afrikaanse studente deur dosente om ter wille van die vrede en transformasie Engels te aanvaar. Ook is die argument gebruik dat Afrikaanse studente ter wille van hul loopbane beter sal vaar as hulle in Engels studeer. Die groot toename in die getalle wit Engelse studente wat, nadat 'n kritiese punt bereik is, al meer op 'n volle aanbod in Engels aangedring het (sien volgende afdeling). 'n US Raad wat sy oë gesluit het vir die gedaanteverwisseling wat die US besig was om te ondergaan. 'n Gebrek aan toepaslike navorsing. Oor laasgenoemde punt maak Marie Heese hierdie belangrike opmerking wat volledig aangehaal word: "Dit is 'n vraag waarom die navorsing op eie bodem, meer spesifiek deur die universiteite self, nie gedoen word voordat hulle drastiese veranderings aan taalbeleid implementeer nie. Al wat ek raaklees, is die resultate van vraelyste. Maar mense, vraelyste is maar een, dikwels taamlik onbetroubare, bron van inligting oor 'n gegewe saak. Wanneer dit gaan oor onderrigbeleid, behoort daar ter plaatse ordentlike studies gedoen te word, waar bepaalde taalveranderlikes getoets word met 'n eksperimentele groep,'n kontrolegroep en betroubare voor- en natoetse, wat toon wat die vergelykbare leeruitkomstes was. Ja, dis kompleks. Medikasie ook. Dit word so getoets, jy vra nie wat die siekes se eie voorkeure is nie. Ek het self in my tyd by Unisa sulke navorsing onderneem, met die doel om te probeer bepaal hoe ons sukkelende studente ten beste kon help. Vraelyste is wel daarmee saam gebruik, asook 'n aantal fokusgroepe. Een van die belangrikste bevindings was dat swak studente meermale hul eie vermoëns ver oorskat. Hulle besef nie watter kerngegewe taal is en hoe ernstig 'n verkeerde taalopsie hulle kan pootjie nie. Hulle word heeltemal onkant gevang wanneer hul uitslae onverwags power is. Dan blameer hulle die dosente. Die beste manier om hierdie studente te ondersteun, is nie om ekstra 'hulp' aan te bied wat hulle in elk geval beledig laat voel nie. Dit is om die taal van onderrig so toeganklik moontlik te maak, dus, ondermeer, moedertaalopsies vir soveel moontlike studente. (Ook om vakspesifieke lees- en skryfvaardighede met die kursusmateriaal te integreer.) Hierdie benadering het in my ervaring meetbare en later voorspelbaar positiewe resultate gelewer. Maar die regte navorsing is nie deur ons universiteite gedoen toe dit nodig was nie, en nou sal taalbeleide om al die verkeerde redes verander word. Hierdie akademici wat hulle laat meesleep op 'n pad wat net kan lei na nóg katastrofale resultate, tot nadeel van groot getalle hoopvolle studerendes, sal moet pa staan vir verraad aan 'n hele geslag." Toe die Fakulteit Lettere einde 2006 verlof gevra het om die T-opsie in al die voorgraadse jare te gebruik in plaas van net in die eerste jaar, soos in 2002 besluit, is dit gestel dat dit net 'n eksperiment vir 'n periode van drie jaar was. Toe lede van die Raad drie jaar later vrae stel oor die eksperiment het dit geblyk dat daar in werklikheid geen eksperiment was nie. Daar was geen duidelik geformuleerde doelstellings, kontrolegroepe of monitering vir 'n eksperiment nie. Geen kenners van buite is uitgenooi om die pedagogiese doeltreffendheid van die T-opsie te ondersoek nie. Marie Heese, een van die kenners op die gebied en 'n voormalige US Raadslid, het onlangs in 'n

Bladsy 7 lesersbrief aan Die Burger geskryf: "Daar is 'n wesenlike verskil tussen wat 'n nie-akademiese mens verstaan as eksperimenteel en wat 'n akademikus bedoel. In gewone omgangstaal beteken dit: Kom ons doen iets en kyk maar of dit werk. 'n Akademiese begrip daarvan behoort te dui op 'n sistematiese ondersoek gefundeer op geykte wetenskaplike metodes met die doel om betroubare empiriese getuienis te vind. Dit is sover my kennis strek, nooit by enige SA universiteit gedoen tydens al hierdie Sturm und Drang oor taal nie. Ek sal verheug wees as iemand my kan verkeerd bewys, veral by Stellenbosch wat die pad moes gewys het." Kathleen Heugh,'n top navorser aan die Universiteit van Kaapstad, en een van die voorste kenners van voertaalbeleid, het aangevoer dat geen greintjie geloofwaardige wetenskaplike navorsing tot op datum die flou redes onderskryf wat aangevoer word vir 'n gebrek aan voorsiening van behoorlike moedertaalonderrig tot op tersiêre vlak nie. Daarteenoor bestaan daar robuuste navorsing wat die belangrikheid van moedertaalonderrig op alle vlakke van onderrig beklemtoon. (Kathleen Heugh. "Linguistic diversity and the resources versus human rights conundrum" in J.B. du Toit and H.C. Viljoen (eds.) Proceedings of the Symposium of Multi-lingualism in South Africa Stellenbosch: (Mag & Tabema. 2007), pp.22-29) 4. "Transformasie" en 'n swaai weg van Afrikaans, 2008-2016 In die populêre persepsie het die US sy taalbeleid verander as gevolg van die druk van swart getalle. Dit is egter foutief. Volgens dr Blade Nzimande was daar nie in onlangse jare 'n toename in die proporsie swart studente nie. Die proporsie bruin studente het wel met die helfte toegeneem, maar baie van hulle wat Engels verkies, is ook goed vaardig in Afrikaans. Opname van bruin en swart studente 2001 2015 Bruin studente 10,2% 15,5% Swart studente 15,4% 14.6% Die belangrikste rede vir die uitfasering van Afrikaans aan die US was die fenomenale groei van die histories wit Engelssprekende studente en die aanstelling van dosente wat nie in in staat of gewillig was om in Afrikaans klas te gee nie. Die meeste van hierdie studente en dosente het gevlug van die Engelse kampusse wat besig was om te transformeer. Die verengelsing van die US het bitter min met transformasie te doen gehad. Die dramatiese groei van die Engelse getalle blyk uit die volgende tabel. Tabel 4 Taalprofiel van studente Afr Eng Totaal 1995 10 985 (74%) 3 039 (20%) 14 946 2005 11 338 (59%) 7 364 (32%) 22 569 2015 12 754 (44%) 13 316 (44%) 30 150 Van die kategorie Engelssprekende studente wat tussen 1995 en 2015 na die US getrek was, was meer as 85% wit. Die Afrikaanse studentegetal het in hierdie jare in 'n band tussen 11 000 en 13 300 beweeg. Die oorheersende indruk is dat die US tussen 1995 en 2015 eenvoudig oorweldig is deur die viervoudige vermeerdering van wit Engelse studente tussen 1995 en 2015. Die Bestuur en dosente

Bladsy 8 het in hul regverdigings vir die toenemende gebruik van Engels steeds die terminologie van transformasie gebruik. Die algemene indruk is dat ten spyte van die hofbevel vroeër vanjaar wat die US gelas het om sy taalbeleid uit te voer, baie dosente nog steeds Engels in die klasse gebruik omdat hulle eenvoudig nie in staat is om in Afrikaans klas te gee nie. Die US pluk nou die wrange vrugte van 15 jaar se nie-implementering van die taalbeleid. Die US Raad moet hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Dit het besluite oor voertaal gelate aan die Bestuur oorgelaat, wat dit op sy beurt gelate na fakulteitsvlak afgewentel het. En omdat dekane van tyd tot tyd herkies moet word, het verskeie dekane gelate al meer Engels toegelaat. Engels het al groter bresse geslaan, maar niemand - ook nie die Raad nie - wou verantwoordelikheid aanvaar nie. Dit is amper asof niemand van die gedaanteverandering wou weet en daaroor praat nie. 'n Dosent verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit het die oorgang in die 1990 s van 'n tweetalige universiteit na Engels enkelmedium op sardoniese wyse beskryf: "Die oorgang na 'n enkel Engelsmedium het na my beste wete hier nooit plaasgevind nie: dis 'n sluipende siekte wat niemand wil erken nie, baie soos melaatsheid of Alzheimers." In die proses kon studente wat in Afrikaans wil studeer, nie meer hul konstitusionele reg uitoefen nie. Gegewens ontbreek, maar volgens die mondelinge getuienis van verskeie plattelandse skoolhoofde benadeel die toenemde gebruik van Engels veral kinders wat uit armer huise en/of voorheen benadeelde gemeenskappe kom. Dit wil voorkom of hierdie faktor glad nie in die Bestuur se planne in aanmerking geneem word nie. Die Bestuur se jongste voorstel (Maart 2016) (a) Algemene indruk Die bestuur se jongste voorstel vir 'n taalbeleid kan tereg bestempel word as 'n uitfaseringsplan vir Afrikaans. Dit open die deur na spoedige verengelsing volledig. Dit wemel van algemeenhede en te wye diskresionêre bevoegdhede sonder behoorlike riglyne en bied geen waarborge vir Afrikaans nie. Dinge kan gedoen word, nie moet gedoen word nie. Enige besluit om ook Afrikaans te gebruik, is afhanklik van die beskikbaarheid van personeel, infrastruktuur, aanvraag, ens. en kan weens die geringste rede geweier word. Dekane en fakulteitsrade se afwykende toepassing hoef net aan die Senaat gerapporteer te word, en is nie onderhewig aan enige ondersoek en beoordeling nie hulle het volmag van afhandeling. Geen verpligte verdeling van groot klasse en die aanbied van parallelmedium-onderrig bestaan meer nie. Die ergste is dat die gelyke status van Afrikans en Engels afgeskaf word. Die nuwe sogenaamde D-opsie (dubbelmedium) is bykans volledig net Engels. Verpligte leesstof word in Engels voorsien. Die jongste voorstel sal tot gevolg hê dat die interne kommunikasietaal de facto Engels sal wees. Die vraag is: Wie besluit wat die taal van kommunikasie by 'n vergadering moet wees die voorsitter van die vergadering? Met die woord "kan" wat wemel in die konsepbeleid, sal telkens net eenvoudig gesê word dat tolke nie beskikbaar was nie, en alles moet geskied in "die taal wat almal verstaan". (b) Detail-ontleding Die essensie van die nuwe voorstelle is dat die vangnette en waarborge verdwyn, en gedelegeerde magte uitgebrei word na dekane wat slegs moet sorg dat die fakulteitsrade se toepassing van die taalbeleid na die Senaat vir kennisname deurgestuur word. Dit is 'n ernstige afwyking van die bestaande beleid. Kortliks: (1) Die gelyke status van die onderrigtale verdwyn. Dit was tot dusver nog altyd 'n baie belangrike beginsel van die taalbeleid en -plan.

Bladsy 9 (2) Tot dusver was taal bepaal deur twee wedersyds gekoppelde dokumente, naamlik (a) die taalbeleid, en (b) die taalplan. In die nuwe voorstel word geen voorsiening vir die taalplan gemaak nie, en word dit skynbaar vervang deur die delegasie van magte na dekane. (3) In punt 2: "Meertalige konteks" word Engels in vleiende taal beskryf as die heilige graal vir die ontsluiting van kennis. Daar word nie genoem dat Afrikaans, naas isizulu en isixhosa, die derde grootste huistaal in Suid-Afrika is nie; dat in die Wes-Kaap (waar die US geleë is) 49.7% van die inwoners Afrikaans as huistaal, 24.7% isixhosa as huistaal, en 20.3% Engels as huistaal het nie. (2012 Sensus) Dan word beweer dat Engels die "belangrikste onderrigtaal op skoolvlak geraak" het sonder om "belangrikste" te definieer. Die Wes-Kaap is en bly die US se grootste opvanggebied, 'n area waar 3 ander eentalige Engelse universiteite reeds teenwoordig is. (4) De facto is daar geen waarborge vir afsnypunte waarvoor parallelmedium-onderrig voorsien moet word nie. Tans is dit verpligtend dat 'n sekere aantal inskrywings vir 'n module, parallelmediumklasse verpligtend maak. Die nuwe voorstel bepaal geen afsnypunte nie en laat groot ruimte vir persoonlike interpretasie deur die Rektor, Vise-Rektore en veral ook dekane: "6(h) By die implementering van die Taalbeleid sal daar met die beskikbaarheid van personeel en hulpbronne rekening gehou word." So ook 7.1.b(i): "Vir modules waar dit redelik is (mbt inskrywing, hulpbronne en personeel) en waar dit pedagogies verantwoordbaar is om die studente in meer as een klasgroep te verdeel, word parallelmediumonderrig (P) gebruik met lesings in Afrikaans en Engels vir verskillende klasgroepe." Weereens kan hiervan afgewyk word vir die geringste rede. (5) Die beter benadering sou wees om 'n taal- en toelatingsbeleid met verwysing na alle relevante faktore, soos die US se geskiedenis, die taalvoorkeure van die mense van die US se hoof bedieningsgebied en die beskikbaarheid van onderiggeleenthede aan ander universiteite in die US se bedieningsgebied te bepaal en dan te bepaal of, en indien wel, hoe, die ideale taal- en toelatingsbeleid befonds kan word. (6) Dan gaan bepaling 7.1.b(i) voort met die invoer van maatskaplike manipulering ("social engineering") van die ergste orde: "Om egter taalisolasie te voorkom en verdraagsaamheid te bevorder, word sorg deur die dosent(e) uitgeoefen om geleenthede vir studente uit die twee taalgroepe te verskaf om te ontmoet en oor tale heen in akademiese situasie te kommunikeer." (7) Bepaling 7.1.b(ii) maak Engels die voorkeurtaal in alle gevalle waar die P-opsie nie aangebied word nie: "(ii) In alle ander klasgroepe wat nie opgedeel is nie, word dubbelmediumonderrig (D) gebruik, waar alle inligting in Engels oorgedra word. Bykomende steun word in Afrikaans en/of Engels in die lesing en/of tydens die aanvullende, gefasiliteerde leergeleenthede voorsien om by te dra tot studente se begrip van die akademiese materiaal. Dit sal afhanklik wees van die vermoëns van die dosente en onderrigassistente. Intydse tolkdienste van sowel Engels na Afrikaans as Afrikaans na Engels kan aan studente gebied word veral in die aanvanklike studiejare." Die D-opsie is 'n "misnomer", want alle inligting word in Engels aangebied, met 'n bietjie "bykomende steun", wat afhanklik is van onder meer "vermoëns van die dosente". Tolkdienste kan aangebied word. Daar kan met stelligheid voorspel word dat met hierdie beleidsbepaling daar geen verskil met ingang van 2017 sal wees tussen hierdie sogenaamde D-opsie en die E-opsie (Engels eksklusief) nie. Die deur word hierdeur wawyd oopgegooi vir volledige verengelsing. (8) Bepaling 7.1.(c) bepaal: "(i) Een-tot-een-interaksie in tutoriale en mentorsessies kan in die student se voorkeurtaal geskied: Afrikaans, Engels en isixhosa, waar die fakulteit se

Bladsy 10 personeel die taalkundige vaardighede het om dit te kan doen." Weereens omseilbaar met die geringste verskoning, veral eerste geslag Engelssprekende dosente wat beweer dat hulle nie in Afrikaans kan doseer nie. Die daaropvolgende bepalings word andermaal telkens deur die woord "kan" diskresionêr gemaak: "(ii) Die ondersteunende materiale kan 'n verskeidenheid van gemengde leerstrategieë (bv. podgooi en vodgooi van lesings) insluit wat aan studente beskikbaar gestel word in Afrikaans, Engels en, in sommige gevalle, isixhosa vir verdere versterking van konsepte en vir hersiening. (iii) Die verpligte leesstof (indien beskikbaar; gepubliseerde materiaal uitgesluit) is beskikbaar in Engels en, indien redelik uitvoerbaar, in Afrikaans." Wie bepaal wanneer iets "redelik uitvoerbaar is"? (9) Die uitvoering van die taalbeleid word na dekane gedelegeer wat net aan die Senaat moet rapporteer: 7.1.(e) "(e) Veranderinge aan die taalreëlings, wat buite hierdie jaarlikse hersieningsproses val, maar genoodsaak word deur bv. die profiel van 'n spesifieke studentegroep se voorkeuronderrigtaal, pedagogiese oorwegings of die beskikbaarheid van 'n dosent met die nodige taalvaardigheid, kan gemaak word as dit die dekaan en die betrokke departementele hoof se steun het. Hierdie veranderinge moet by die volgende fakulteitsraad- en Senaatsvergadering gerapporteer word." (10) Die nagraadse taalbepalings lui: "(g) In nagraadse leer en onderrig kan Engels en/of Afrikaans gebruik word, met dien verstande dat alle studente die taal verstaan." Wat gebeur as 'n Afrikaansseprekende student aanvoer dat hy nie akademiese Engels verstaan nie? (11) Wat para 7.2 "Interne institusionele kommunikasie" betref, val dit op waar daar voorheen altyd bepaal is dat Afrikaans en Engels die institusionele tale is, die twee tale nou omgeruil word (Engels telkens eerste): "(a) Engels en Afrikaans is die institusionele tale van die Universiteit... (b) Die taal van geskrewe kommunikasie binne fakulteite en afdelings (agendas, uitdeelstukke) en by vergaderings hang af van die taalbehoeftes van die lesers of deelnemers (insluitende personeel en studente), met behoorlike kennisname dat niemand deur die kommunikasietaal uitgesluit moet word nie." (Vraag: Wat as 'n Afrikaanssprekende versoek dat sy taal gehandhaaf word?) "(c) Mondelinge navrae en versoeke deur studente en personeel word, waar haalbaar, hanteer in die taal van die navraag of versoek." (Vraag: Wie bepaal wat "haalbaar" is?) "(d) Afrikaans, Engels en isixhosa word oordeelkundig by amptelike geleenthede, soos amptelike vergaderings, seremoniële geleenthede, intreeredes, ensovoorts, gebruik. (e) In koshuise en ander leefruimtes word taal op so wyse gebruik dat geen belanghebber uitgesluit word van deelname in enige formele aktiwiteite in hierdie

Bladsy 11 omgewings nie." (12) Die implementering van die beleid word afgewentel na fakulteitsvlak, met slegs rapportering aan die Senaat: 7.5(a) "Elke fakulteit en steundiensafdeling formuleer 'n konteks-spesifieke taalimplementeringsplan in ooreenstemming met hierdie Beleid. Die fakulteite se onderskeie taalimplementeringsplanne moet deur elke fakulteitsraad goedgekeur word en in die fakulteitsmededelings aan die Senaat gerapporteer word." (Nota: Mededelings aan die Senaat impliseer dat die Senaat geen beheer daaroor het nie, en net kennis neem van die besluite.) Veral in die vakgebiede wat vakterminologie-intensief is (ingenieurswese en sommige toegepaste natuurwetenskapsrigtings), moet studente in hul eerste studiejaar baie nuwe vakterme aanleer en hul eie maak. Om dit te doen in die moedertaal verhoog die begrip oneindig, al sou die handboeke Engels wees. Die ervaring gedurende die bewind van die US se laaste drie Rektore het geleer dat gedelegeerde magte dikwels 'n verskoning is vir nie-nakoming van die reëls. Grootskaalse afwykings van die taalbeleid het in die laaste jaar plaasgevind. (Dit is die onderwerp van 'n Raadsondersoek deur 'n afgetrede Regter, maar ons verwag geen drastiese optrede nie, slegs 'n ligte tik op die vingers en "business as usual".) Nou word 'n nog laer vlak van delegering ingevoer (wat die Taalplan onnodig maak), dit wil sê na dekaansvlak. Aanbevelings 1. Gesien die 6,8 miljoen mense met Afrikaans as huistaal; die feit dat 49% van die bevolking van die Wes-Kaap Afrikaans as huistaal het; die uitnemende prestasies van Afrikaanstalige matrikulante en studente, en die lae deelnamekoers van bruin mense aan naskoolse opleiding, behoort die US 'n tuiste vir Afrikaanstalige voorgraadse studente te verseker. 2. Dit vereis dat 'n waarborg verskaf word dat studente hulle voorgraadse studie in Afrikaans kan voltooi. Navorsing (Buro vir Institusionele Navorsing en Beplanning, Universiteit van Pretoria en prof. F. Smit) het getoon dat die waarborge wat in die verlede deur die destydse PU vir CHO (nou bekend as Noordwes Universiteit) en die Universiteit van die Vrystaat gegee is, die proporsie Afrikaanstalige studente aan dié instellings ten koste van die UP, UJ en US verhoog het. Dit kan omgekeer word in die guns van US. 'n Taalplan met 'n leeftyd van ten minste vyf jaar word derhalwe voorgestel. Dit val saam met strategiese planne van universiteite en sal jaarlikse spanning en konflik vermy. Die US, wat oor baie jare leiding ten opsigte van baie aspekte van onderrig en navorsing gegee het, moet weer die toon aangee deur ongebreidelde groei teen te werk en realistiese studente-toenames met die Departement van Hoër Onderwys te onderhandel; die onregverdige diskriminasie teenoor studente wat ná 1994 gebore is tot 'n einde te bring; uitreik aksies na Afrikaanstalige bruin skole in samewerking met bestaande instansies sodoende te verskerp en die getalle- en gehalte-aanbod van Afrikaanstalige studente te verhoog; parallelmediumonderrig te handhaaf soos in 2014 deur die US Universiteitsraad goedgekeur is. Met die omskakeling van kursusse na modules en programme is baie kursusse "versnipper".

Bladsy 12 Dit het die druk op dosente sowel as op ruimtes geweldig verhoog. Dosente ondervind dat baie studente nie deeglik onderleg is in basiese dissiplines nie. Grootskaalse herstrukturering sal deur baie dosente verwelkom word. Die aantal studente in gekonsolideerde kursusse sal toeneem en baie tyd en energie sal bespaar word. Die gehalte sal ook verbeter en parallelmediumonderrig sal daarby baat. Die Bestuur, Senaat en Raad sal die universiteitswese, wetenskapsbeoefening en die voorsiening van skaars vaardighede 'n groot diens bewys deur die voorstelle daadkragtig met die owerheid te onderhandel. Dit kan suksesvol gedoen word deur sterk leierskap, die oortuigingskrag van wetenskaplike feite en denke, en die opeising van die outonomie en akademiese vryheid wat die fondament van universiteite oor die eeue was. Die US het in die verlede met baie sukses sterk standpunt ingeneem teen ideologiespolitieke beleidsrigtings en daarmee groot respek as 'n uitnemende universiteit verwerf. 'n Konkrete voorstel Wat by die een universiteit na die ander gebeur het wat parallelmedium gebruik het, is dat die getalle in die Afrikaanse stroom weens verskeie faktore, waarvan sommige in die Bestuur se dokument genoem word, al kleiner geword het totdat dit eventueel afgeskaf is. (Vir 'n uitsetting van die proses sien Hermann Giliomee "Die troebel toekoms van Afrikaans" Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2015.) Daar word voorgestel dat die US wegbeweeg van die beleid om die voertaalbeleid aan markkragte onderhewig te maak en in plaas daarvan 'n bepaalde voertaalaanbod te maak soos wat dit tussen 1918 en 2008 gedoen het. Dit kom daarop neer om voorsiening te maak vir twee ewe groot strome: 50% vir studente wat in Afrikaans wil studeer en 50% vir studente wat in Engels wil studeer. Taalvaardigheid moet vereis word vir die taal waarin 'n student kies om te studeer. Dit sal dus neerkom op 'n volwaardige parallelmedium-stelsel wat stabiel gehou word en wat geen student op grond van kleur van 'n bepaalde stroom uitsluit nie. Engelse studente kan die Afrikaanse stroom kies en omgekeerd. Die enige ononderhandelbare eis is vir 'n vaste, volwaardige en volhoubare aanbod in Afrikaans. Terugskouend Die taalhersieningsproses is deurspek van ironie. Afrikaans het in 2002 die verstek taal van onderrig aan die US geword. In 2017 sal Engels die verstek taal word indien die konsep taalvoorstelle aanvaar word. Verskeie departemente in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte het ongeveer 5 of 6 jaar na die oorgang in 1994 bekommerd geraak oor klein getalle. Daar is toe besluit om hierdie krisis aan te spreek deur onder die vaandel van transformasie studente te lok wat eintlik in Engels wil studeer. As 'n soort kompromis is die T-opsie bedink en hierdie oopmaak van die Engelse hekkie is as 'n vorm van transformasie aangebied. Betreklik min swart studente is egter hierdeur gelok terwyl wit Engelssprekende studente, wat van die Engelse kampusse waar transformasie heelwat verder gevorder het, na Stellenbosch gestroom het en, omdat hierdie wit studente teen 2010 'n kritiese massa bereik het, het hulle al hoe meer op volle aanbod in Engels in lesings aangedring. As gevolg hiervan is al hoe meer dosente aangestel wat nie in Afrikaans vaardig is nie. Die T-opsie (of die voorgestelde D-opsie) is 'n minderwaardige vorm van onderrig. Van Zyl Slabbert het tereg die T-opsie "pedagogiese onsin" genoem.

Bladsy 13 Die US Bestuur se voorstel in 2016 om 'n volledige voorgraadse aanbod in Engels te maak, is in die eerste plek daarop gemik om hierdie studente te bedien en om te verhoed dat die US weer voor die Hof gedaag word omdat talle dosente wat nie in Afrikaans vaardig is nie, en ander wat bloot weier om in Afrikaans klas te gee, nog steeds hul lesings net in Engels gee. Die uitskuif van Afrikaans het dus eintlik bitter min met transformasie te doen. Die ander ironie is dat terwyl die land sy grootste fiskale krisis nog beleef en sy universiteite gevaar loop om diep in die skuld te raak, wil die US probeer om op die internasionale ranglyste te klim. Daarvoor moet die US natuurlik 'n hoofsaaklik Engelse universiteit gemaak word. Dit is egter te betwyfel of die US wel bekenisvol op daardie ranglyste sal klim. Dit is veel meer waarskynlik dat dit oor 10 jaar 'n vaal, middelmatige universiteit sal wees wat van sy oorspronklike steungroep, die Afrikaanssprekendes, vervreemd sal wees en dat bitter min gedoen sal word vir die gemeenskap wat die grootste behoefte aan transformasie het, te wete bruin Afrikaanssprekendes. Dit is ook ironies dat gebuig word voor studente wat beswaar maak dat hulle "gedwing" word om Afrikaans te studeer, maar dat daar niks gesê word oor studente wat voortaan gedwing sal word om in Engels te studeer nie. John Miles Dominiquo Enthoven Danie Marias April 2016