Geagte Ouers / Voogde en Florries

Similar documents
Geagte Ouers / Voogde en Florries

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

Geagte Ouers / Voogde en Florries

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Tariewe

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Geagte Ouers / Voogde en Florries

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INSKRYWINGSVORM

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Hoe om krag te spaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Geagte Ouers / Voogde en Florries

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SIZA takes the sting out of auditing

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

Geagte Ouers / Voogde en Florries

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Edgehog

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Sterdansers by Vensters.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Die Hoërskool DF Malan

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Interskole: waar kan ons verbeter?

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Transcription:

Jaargang 15 Nuusbrief 24 4 September 2014 Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat ENJOY EVERY MOMENT Geagte Ouers / Voogde en Florries Sjoe, en toe tref die koue ons behoorlik! Dit was só erg dat selfs die afwesighede toegeneem het. Ek vertrou dat dit die laaste ernstige kouefront hierdie jaar sal wees. BEGROTINGSVERGADERING: MAANDAG, 13 OKTOBER 2014 Hiermee word alle ouers in kennis gestel van ons jaarlikse ouervergadering wat gehou gaan word op Maandagaand, 13 Oktober 2014 om 18:30. Die hoofdoel van dié vergadering is om die skoolgeld van 2015 te bepaal en vas te stel. Die vergadering behoort teen 20:00 afgehandel te wees. Dit is belangrik dat ouers dié vergadering bywoon en uself vergewis waarvoor skoolgeld aangewend word. By die geleentheid kan u ook presies vasstel hoe die begroting saamgestel word. U kan ook antwoorde kry op vrae rakende die skoolprogram. FINANSIES (vervolg) Ek het al baie gesê dat waardering kom deur vergelyking. Ek wil, na aanleiding van ons skool se finansiële beleid, graag die volgende onder ons ouers se aandag bring (sonder om die name van ander skole te noem): Hoërskool Florida se ouers word nie gedurig gepla met groot fondsinsamelings nie. Die sente-projek is maar die tweede van die jaar (die TUKS-boekies was die eerste). Die TUKS-reeks se boekie van R100 was vir die meeste ouers toegang tot die reeks se wedstryde, met ander woorde, nie werklik 'n uitgawe nie. Ek is bewus van skole wat soortgelyke boekies van tot R2000 per boekie verkoop!

Die sivvie dae is / was nog nooit verpligtend nie. Dit is enersyds vir leerders bietjie afwisseling, en andersyds ook insameling vir die nood van ander. Die R70 vir die sente-lys is gelykstaande aan een fliek of een wegneemete. Nietemin, dit is weereens nie verpligtend nie, maar net 'n poging om die stygende kostes waarmee die skool gekonfronteer word, die hoof te bied. Ons matiekafskeidgeld, of watter kostes ookal van u as ouer verhaal word, word nooit gebruik om wins uit die ouers te maak nie. Ons vra slegs die kostes van die funksie, of die kleredrag of wat dit ook al is. Doen gerus navraag wat sommige ander skole doen. Die metode om slegs die skoolgeld te verhoog word ook nie gevolg nie. Die skool probeer beslis om die proses van kruissubsidie te beperk. Die skool is terdeë bewus van die knypende finansiële druk wat almal beleef. Tog moet die skool steeds betaal vir salarisse en dienste, anders gaan ook ons nie finansieel kan oorleef nie. Die leerders ontvang steeds alle dienste, skoon kleedkamers en 'n veilige terrein. Indien ons alle skoolgeld sou ontvang, sal die begroting klop en is die skool in staat om doeltreffend te funksioneer. Indien nie, gaan ons sekere dienste moet inperk. Die beroep wat ek op u doen, is dus om nie die skoolgeldverpligtinge na te laat nie. Selfs al is dit net 'n gedeelte daarvan. Ten slotte, vergewe die skool as ons ook soms 'n ekstra bydrae van u vra. Dit is werklik net ten behoewe van u kind, daar is geen ander oogmerk nie. PERSONEELSAKE Ons het verlede week mev. Natalie Janse van Rensburg gegroet. Sy het die onderwys verlaat vir 'n pos in die privaatsektor. Ons is baie dankbaar vir die goeie werk wat sy by ons verrig het. Ons wens haar net die beste toe in haar nuwe loopbaan. PRESTASIES Charlto Vorster (gr. 11) het gister na Spanje vertrek om aan die International Shooting Sport Federation se 51ste wêreldkampioenskappe te gaan deelneem as deel van die Proteaspan. Hierdie is ook die eerste kompetisie waar die skuts kan kwalifiseer om in die 2016 Olimpiese Spele te skiet sou hulle die minimum kwalifiserende telling skiet. Baie sterkte, Charlto! Roan Gonsalves (gr. 9) presteer baie goed op die loopplank. Hy het tweede prins by Mnr. Teen King of South Africa behaal en het Mnr. Rainbow Nations 2014 gewen. Baie geluk! Damian Calitz, Bradley van Vuuren, Kyle van Aswegen en Viljoen Botes (gr. 8) het verlede Saterdag 'n pragtige wisseltrofee gewen met visvang, deur die eerste plek te behaal in Sentraal-Gauteng se Skoleliga. Baie geluk! Ter afsluiting, die volgende waar woorde:

Ek weet wat die prys van sukses is: toewyding, harde werk, en onvermoeide toewyding aan die dinge wat jy wil sien gebeur. Frank Lloyd Wright Vriendelike groete M.S. SCHUTTE HOOF CSI Florida Ons het in O31 CSI terwyl die matrieks eksamen skryf alle sterkte aan elkeen van hulle! Daniël Prinsloo sal hierdie week by ons aansluit vir die boodskap. BERADING: Maak gerus gebruik van die beraders by die skool. Persoonlike afsprake kan gemaak word, en asook vir gesinne. MATRIEKSERTIFIKATE 2013 Matrieks van 2013 kan hul matrieksertifikate in die algemene kantoor kom afhaal. BELANGRIKE DATUMS: 5 SEPTEMBER TOT 11 SEPTEMBER 2014 Vr 5 Sept CSI O31 D12-Landloop Di 9 Sept Interklas hokkie Toetse: Gr. 8 Tegnologie Gr. 9 NW -Biologie Gr. 10 IT & RTT Gr. 11 Toerisme Musieksentrum orkesoefening (18:00-20:00) Do 11 Sept Muurbalprysuitdeling Toetse : Gr. 8 Afrikaans Gr. 9 NW -Nat&Skei Gr. 10 Afrikaans Gr. 11 Ekonomie VERJAARSDAE 6 September Mnr. Tersius Vermaak 8 September Me. Marietjie Theron 9 September Mnr. Koos Barnard Van harte geluk. Seënwense word u toegewens.

GEDAGTE VIR DIE WEEK Moenie oor trane skaam wees nie. Dis die reëndruppels wat oor die verblindende stof van die aarde val, die stof wat ons hart bedek. Daar's 'n heiligheid in trane. Hulle is nie tekens van swakheid nie, maar van krag. Goddank vir die genesende, bevrydende en suiwerende krag van opregte trane. Dit temper die droefheid, bring berusting en lei uiteindelik tot blydskap. (dr. Leon Oosthuizen, Kaapstad) ROLSTOEL-LIEFDADIGHEIDSPROJEK Onthou asseblief om die plastiekseël wat gebruik word om brode te seël, soos met die Albany- en Sasko-brode skool toe te stuur. Ons is besig om 'n verskil vir ander te maak met die projek! Ons stuur al die seëls na Ons Huis Tehuis vir Bejaardes. Stuur gerus die broodseëls na die kantoor vir aandag: Ethne Oelofse. GRAAD 12 HERSIENINGSPROGRAMME OP RSG RSG 100-104 FM wil u graag inlig dat daar vanaf 1 September 2014 tot 18 November 2014, n reeks hersieningsprogramme in Afrikaans aangebied sal word. Hierdie reeks sal matrikulante help in hulle voorbereiding vir die eindeksamen. Die reeks programme sal Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Sondae vir 30 minute plaasvind. Die volgende vakke sal gedek word: Wiskunde, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Ekonomie en Rekeningkunde. Ons vervang later hierdie vakke met ander probleemvakke soos wat dit afgeskyf word. Die RSG-hersieningspan gaan later n rooster met uitsendingstye aan skole beskikbaar stel. Die uitsendingtye is soos volg: Maandae - 20:00, Dinsdae - 19:30, Donderdae - 19:30, Vrydae - 19:30, Sondae - 13:05. Na die uitsending van elke program, is dit ook gratis verkrygbaar vanaf www.rsg.co.za onder die Potgooi'-skakel. Vir n afskrif van die rooster stuur n epos aan hoof@florries.co.za.

Vak Datum Afrikaanse sessie Prys Wiskunde Vraestel 1 3 September 12:30-16:00 R475 materiaal Wiskunde Vraestel 2 6 September 09:00-12:30 R475 materiaal Rekeningkunde 5 September 16:00-19:30 R475 materiaal NAS Vraestel 1 Fisika 16 September 12:00-15:30 R475 materiaal NAS Vraestel 2 Chemie 20 September 09:00-12:30 R475 materiaal Hierdie sessies gaan jou voorberei vir die eksamen. Daar gaan deur alle onderwerpe, wat van toepassing is, gewerk word en Gr. 11-onderwerpe sal hersien word. Dit sal ongelooflike waarde tot jou voorbereiding toevoeg, want jy sal baie eksamenwenke van verskeie vakkundiges ontvang. Dit is egter noodsaaklik dat jy voor die aanvang van die sessies deur jou werk gaan, sodat jy kan vra wat jy nie verstaan nie en dat jy 'n beketenisvolle bydrae tot die sessie kan lewer. Besprekings is noodsaaklik. Bel of stuur 'n e-pos om jou plek te bespreek. Sessies sal net plaasvind as daar genoegsame besprekings is. 'n Minimum van 10 studente word vereis. 'n Bespreking is bindend. As jy bespreek en nie opdaag nie, sal jy steeds verantwoordelik wees vir die betaling. SPERDATUM: 3 SEPTEMBER 2014 ALLE MATRIKULANTE: Neem kennis dat weeklikse klasse einde Augustus klaarmaak. Indien nodig, bespreek asseblief vir addisionele klasse vir September November. T: 011 672 6021/082 302 3001 / info@themathscentre.co.za / www.themathscentre.co.za PsyESCA - Beroepsvoorligting PsyESCA spesialiseer in Beroepsvoorligting (Graad 11 & 12) en Vakkeuse toetse (Graad 9) deur te fokus op persoonlikheid, belangstelling, aanlegte, waardes, volwassenheid om beroepsbesluite te neem, skoolrapporte, agtergrond en kennis oor verskillende beroepsvelde. Dienste sluit die volgende in: Onderhoud, geskrewe verslag, verbale terugvoersessie, inligting oor beurse, asook webwerwe wat gebruik kan word. Kontak Desiree du Plessis by 084 406 0832; desireedp@gmail.com; http://psyesca/wix.com/psyesca

Vol kop kleur Kort R250 Meduim R375 Lang R500 Twist H & a Matriek Afskeid Upstyles R250 Cu ir D rl e si Dames Sny en Blaas R150 gn Amanda 079 498 7711 Ontdekkers Straat Florida Park Seuns Haarsny R80 BLACKBERRY BOLD 9900 TE KOOP Splinternuut vir R2400 Kontak 0829566390

Team Ferreira Dean and Estelle Ferreira Cell: 083 267 5966 Hotline: 084 397 5673 estelle.ferreira@kwsa.co.za www.exploreproperties.co.za FLORIDA NORTH - R1 680 000 Spacious modern family home This stunning home offers; Entrance hall, open plan modern kitchen. Lounge & dining room, TV room & study, 4 bedrooms with 2 en suite, 3 bathrooms. Enclosed entertainment area, a bar counter, Laundry and store-room. Pool, 3 carports, Cottage with 1 bedroom. Pre-paid electricity WEB REF: 3219224 FLORIDA PARK - R1 650 000 TUSCAN MANISION Beautifully Designed Tuscan Mansion Nested in a pan handle, this home oozes with space and peacefulness. Consisting of 4 beds 3 Baths (2 x en-suite). An open plan kitchen and dining room, double automated garage, Servant Quarters and a braai stoep. WEB REF: 3202623 FLORIDA EXT 9 - R1 150 000 FLEURHOF- R875 000 SPACIOUS DREAM HOME This Wonderfully Cared for property offers; 4 bedrooms, 3 bathrooms (2 x en-suite). Lounge, TV room, dining and family room. Kitchen with separate scullery. Lapa, garden on a 1 074m2 stand. 2 Garages and ample secure park-ing space. WEB REF: 3202643 IMMACULATE HOME This lovely home offers; 3 Bedrooms, 2 bathrooms (mes). Bakery's kitchen. The lounge and dining room offer a generous environment for entertainment. Roll up garage and secured parking for 8 vehicles. The beautiful garden encompasses this lovely home. WEB REF: 3199452 Should you or anyone you know be interested in buying or selling please give us a call for a FREE, no obligation valuation!!