Spaar só met korting

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

18 September op NAMPO Park, net buite Bothaville, plaasgevind het. Vol 4/2008 Inligtingsblad vir klante van Senwes September 2008

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Lewer natter mielies by hiérdie silo s

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Direkte en indirekte rede *

Twee produsente wen R1 miljoen terug

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SIZA takes the sting out of auditing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Mosselbaai Munisipaliteit

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

uitgawe In dié Marksituasie vir grane [2] Dit is nou makliker om n Senwes bedryfspunt te vind [6] Moderne tegnologie dra by tot klantediens [4]

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

1 ste Senwes OFM bakkiedag. n treffer. Ten spyte van ʼn nat en mistroostige begin, het die Senwes OFM bakkiedag in. Lekker stories.

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Tariewe

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

SENWES Scenario Desember 2015/Januarie

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Tariewe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

PULA IMVULA. As jy lief is om iets te vier en op soek. Met harde werk is daar geen perke nie. Lees binne: Januarie 2018

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Transcription:

GRAAN HANDEL FINANSIËLE DIENSTE SENWESKO VOERE Spaar só met korting D ie lae rentekoerse van die afgelope jaar laat nou wel diegene met skuld n sug van verligting slaak, maar is nie sulke goeie nuus vir persone wat oor ekstra kapitaal beskik nie. Senwes se bedryfskapitaal-depositorekening kan vir laasgenoemde n welkome alternatief bied. Volgens Gerrit van Zyl (Bestuurder Finansiering) is Senwes tans die enigste landboubesigheid wat dié spesifieke produk aan produsente bied. Ons wil produsente wat, veral na strooptyd, oor surplus fondse beskik, aanmoedig om van dié unieke produk gebruik te maak, sê hy. Kliënte wat van die bedryfskapitaaldepositorekening gebruik maak, deponeer fondse in die rekening vir toekomstige aankope. Korting word dan op die koopprys van die goedere verdien, gebaseer op die saldo van die rekening. Die fondse mag nie onttrek word nie, maar kan vir enige aankope by Senwes gebruik word. Aankope kan direk teen die rekening gedoen word, of opdrag kan gegee word dat van hierdie fondse aangewend word om ander Senwes rekeninge mee te betaal. Voordele Die rekening bied die volgende voordele aan die kliënt: Dit word kosteloos deur Senwes bedryf die kliënt spaar dus tyd en bankkoste. Produsente ontvang tans n mededingende kortingskoers van tussen 6,75% en 7,25%. Korting word op die daaglikse saldo bereken. Die saldo van die rekening verskyn op die kliënt se maandstaat. Hoe gaan ek te werk? Produsente wat van die bedryfskapitaaldepositorekening gebruik wil maak, kan hul inbetalings by hul Winkelbestuurders doen. Kontak gerus jou Winkelbestuurder of Bemarkingskonsultant vir meer inligting oor dié rekening. Jy kan ook met jou Kredietbestuurder in Klerksdorp gesels. Gerrit van Zyl (Bestuurder Finansiering) verduidelik hoe Senwes se bedryfskapitaaldepositorekening werk. Unique grain contracts for emerging farmers One of the main obstacles for the emerging farmer is to effectively hedge his grain against price declines in the market, says Christo Booyens (Manager Grain Marketing). This is due to the fact that many emerging farmers do not necessarily produce sufficient grain to comply with the required tonnage to hedge their risks on Safex (wheat and sunflower: 50 tons and maize: 100 tons). Senwes, in collaboration with Tiger Milling, now has a preseason contract for emerging farmers who wish to sell small quantities of grain at a Safex related price. "This is a first for the grain market and will enable emerging farmers to hedge their grain against price declines in the market, says Christo. Vol 3/2004 Inligtingsblad vir klante van Senwes Junie 2004 inhoud Slaggereed vir strooptyd Handelstruktuur meer vaartbelyn gemaak Op soek na ruvoer? Julie 2004 7 Julie Senwes Heilbron Verskaffersdag : Johan Snyman by (058) 852-3041 28 Julie Hartbeesfontein Boerevereniging vergadering in die Boerevereniging saal : André Kilian by 083 287 6594 29 Julie RPO boeredag vir opkomende boere by Wepener vanaf 10:00 Kontakpersoon: Santa Ramsey van RPO by 082 290 7202 Wat gebeur in jou kontrei? Boereverenigings en landbou-organisasies is welkom om inligting vir Landbou Dagboek aan Estie Steyn deur te gee by (018) 468-2716, estie@infoworks.biz of faks dit na (018) 468-7782. This contract is currently available for white maize and wheat only, but will be available for all grains at the start of the new season in October 2004. Enquiries For more information, contact Gideon Ralepeli at (018) 464-7418. Take note that Senwes offers a price for any quantity of grain when the grain is in the silo.

GRAAN Marksituasie vir grane Christo Booyens Bestuurder Graanbemarking Met die jongste oesskatting is die situasie rondom die Suid-Afrikaanse oes nou tot n groot mate bekend en in die mark verdiskonteer. Die mark behoort nou, tot en met die nuwe seisoenaanplantings in Suid-Afrika, tot n groot mate deur verwikkelinge rondom die Amerikaanse oes en die wisselkoers beïnvloed te word. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste skatting op 20 Mei 2004, word n mielie-oes van 7,67 miljoen ton verwag (1,12% hoër as die skatting op 20 April 2004). Die sonneblomskatting is 0,38% laer as die skatting op 20 April 2004. Die sorghumskatting is onveranderd op 251 570 ton gelaat. Die aanplantingsintensie vir koring is met 4,03% tot 885 500 hektaar opwaarts aangepas en is 18,4% hoër as verlede seisoen se aanplantings. Besonderhede verskyn in Tabel 1. Internasionale situasie vir graan Die oordragvoorraad vir die meeste kommoditeite is wêreldwyd tans op geskiedkundige laagtepunte. Mielievoorrade is tans op n 25 jaar laagtepunt, terwyl koring en sojabone op onderskeidelik n 22 jaar n 27 jaar laagtepunt is. n Top mielie- en sojaboon-oes is gevolglik in die VSA nodig om druk op lae wêreldvoorrade te verlig. Tans ondervind die VSA modeltoestande, wat n bogemiddelde oes in beide mielies en sojabone moontlik maak. Amerikaanse mielie-aanplantings was by die skrywe van die artikel (19 Mei 2004), reeds 92% voltooi (langtermyngemiddeld = 77%), terwyl sojaboonaanplantings 50% voltooi was (langtermyngemiddeld = 37%). Met die aanplantingstempo en toestande wat tans heers, het die VSA n hoë potensiaal oes en kan pryse laer neig. Die VSA is egter tans in sy weermark -fase en pryse sal telkens skerp reageer op klimaatsveranderinge, totdat daar sekerheid ten opsigte van die oes is. Sou enige ernstige probleme rondom die VSA oes voorkom, kan aanvaar word dat lae wêreldvoorrade die potensiaal het om pryse buite verhouding opwaarts te laat beweeg. Dit is verder belangrik om kennis te neem dat beleggersfondse in die VSA tans oor groot posisies in die graanmarkte beskik en hulle aksies tot korttermyn prysdalings kan lei. Vooruitsigte vir mielies Met n geprojekteerde oordragvoorraad van 2,1 miljoen ton mielies op 1 Mei 2004 (1,91 miljoen ton wit en 178 000 ton geel) en n mielie-oes van 7,67 miljoen ton sal daar met normale verbruik en uitvoere, nagenoeg 1,87 miljoen ton oordragvoorraad op 30 April 2005 in Suid-Afrika wees. Met voorrade op hierdie vlakke sal pryse tot en met nuwe seisoenaanplantings tussen in- en uitvoerpariteit verhandel. n Groot uitbreiding in plaaslike aanplantings met gepaardgaande surplusse het egter die potensiaal om pryse in die rigting van uitvoerpariteit te verlaag. Bemarkingstrategie Benewens die normale prysbeskermingstrategieë bied Senwes vanjaar weer sy uiters gewilde en suksesvolle kontantvloeitransaksie vir produsente wat kontant nodig het, maar nie sy graan dadelik wil verkoop nie. Volgens die transaksie verskaf Senwes n R700/ton kontantvloei aan deelnemende produsente. Die bedrag is rentevry en die produsent het geen bergingskoste op die graan nie. Die produsent kan sy finale prys nog tot in Maart 2005 vasmaak. Kontak gerus jou plaaslike Verkryger vir meer inligting in dié verband. Vooruitsigte vir sonneblom Hoewel verskeie rolspelers aanvanklik skepties oor die NOK se oesskatting was, dui teleurstellende stroopresultate (74% van Senwes se oes is gestroop) daarop dat die NOK se skatting van 1,11 ton/ha Tabel 1: Tweede oppervlakte en oesskatting vir somergewasse, 2004- leweringseisoen (Nasionale Oesskattingskomitee 20 Mei 2004). Kommoditeit Hektare 2003/2004 Vierde oesskatting (20/05/2004) tonne Derde oesskatting (19/03/2004) tonne Verandering vanaf eerste skatting Witmielies 1 727 600 4 666 350 4 626 150 + 0,87% Geelmielies 918 000 3 004 400 2 959 900 + 1,50% Totale mielies 2 645 600 7 670 750 7 586 050 + 1,12% Sonneblom 526 125 583 650 585 900-0,38% Sorghum 108 750 251 570 251 170 0% Grondbone 62 300 83 965 81 915 + 2,50% (teenoor n langtermynopbrengs van 1,2 ton/ha) heel moontlik sal realiseer. Internasionaal is sojaboonpryse weens gunstige aanplantingstoestande tans onder geweldige druk. Dit wil voorkom asof sojaboonpryse weer terugbeweeg na die $7,50/bu vlakke. (Naby maande verhandel tans nog in die $9,50/bu tot $10,50/bu vlakke). Hierdie daling in internasionale pryse kan saam met die versterking van die rand, plaaslike sonneblompryse tot so laag as R1 900/ton op Safex laat verlaag. Die ietwat kleiner voorraadvlakke behoort pryse egter bo die R2 000 vlakke te hou. Persers het ook op hierdie prysvlakke tot die mark begin toetree en is tans besig om hulle posisies vir die res van die jaar in plek te kry. Vooruitsigte vir sorghum Met die bevestiging van die sorghumoes op 251 570 ton, is kopers tans nie haastig om verdere voorraad te bekom nie. Die prysbasis bly tans op sowat 95% van die witmielieprys. Kopers van bittersorghum is egter baie skaars. Uitvoere na Botswana word tans deur die groter oes in Botswana beperk en kan plaaslike pryse onderdruk. Vooruitsigte vir sojabone Die vraag na plaaslike sojabone is lewendig met kopers wat pryse van tussen R2 150/ton tot R2 250/ton vir sojabone aanbied. Vooruitsigte vir koring Plaaslike koringvoorrade bly, ondanks aktiewe invoere, steeds relatief laag. Internasionaal is die verwagting egter dat pryse weens gunstige produksietoestande in die meeste koringproduserende gebiede in die wêreld, sywaarts en laer kan neig. Die Desember 2004 Safex-koringkontrak verhandel tans R285 per ton laer as invoerpariteit (invoerpariteit vir HRW in Desember 2004 beloop tans R1 885 per ton). Die mark is tans egter relatief onaktief. Die rede hiervoor is dat die bedryf oor die algemeen verwag dat uiteindelike aanplantings, indien grondvogtoestande dit toelaat, aansienlik hoër as die NOK se jongste intensiesyfer van 885 500 hektaar kan wees. Aanplantingsvog begin egter in verskeie produksiegebiede n probleem tydens aanplantings veroorsaak. 2 Senwes Scenario [Junie 2004] BREEK NUWE GROND SENWES

GRAAN Senwes is slaggereed Let wel vir die stroopseisoen Strooptyd is in volle swang en Senwes Graan is gerat om die oes by die silo s te ontvang. Dit is die woorde van Jaco Botha (Bestuurder Graanbedryf). Die graangraderingspersoneel by die silo s het voor die lewering van die someroes n opknappingskursus in gradering voltooi en die toerusting is ook geyk en gekalibreer, sê hy. Jaco herinner klante aan die volgende: Leweringsopdragte In die geval van mielies moet die kultivar wat geplant is en gelewer word, op die graanleweringsopdrag aangedui word. Indien die vrag nie aan die produsent se verwagte gradering voldoen nie en dit nie as n swakker graad ontvang moet word nie, maar eerder na die plaas teruggestuur moet word, moet dit in die notaveld op die opdrag aangedui word. Silotye Die silo s sal oopbly totdat die laaste vrag vir die dag ontvang is. Bespreek jou behoefte met die Silobestuurder. rakende graanrekeninge kan aan die volgende persone gerig word: Alida Williams by (018) 464-7460, Leon Kleynhans by (018) 464-7685 of Norman Botma by (018) 464-7466. Probleme by die silo s kan met die Silobestuurders of Streekbestuurders (Albert Cawood by 083 273 7814 of Oosie Oosthuizen by 083 265 5450) bespreek word. Die Graan Bestuurspan het gedurende April hulle gebruiklike inligtingsvergaderings met produsente regoor die Senwesgebied gehou. Tydens die geleentheid is internasionale markverwikkelinge, prystendense, plaaslike bemarkingsvooruitsigte, moontlike strategieë en bedryfsreëlings bespreek. Betaling Graanbemarking betaal die geld binne 24 uur ná verkope aan die bank oor en die bankproses neem n ekstra dag vir verwerking. Indien verkope op n Vrydag plaasvind, word die geld eers die Maandag na die bank oorgeplaas. Elektroniese silosertifikate Silosertifikate kan nou, buiten die tradisionele papiergedrewe proses, ook in elektroniese formaat uitgereik word. Benewens die ooglopende voordele van elektroniese sertifikate, betaal die produsent nie vir die uitreiking van die elektroniese sertifikaat nie - die eindkoper betaal daarvoor. Die personeel by die silo s is slaggereed om die someroes te ontvang. Boere oor marktendense ingelig Volgens Christo Booyens (Bestuurder Graanbemarking) sal internasionale markverwikkelinge en spesifiek die verwikkelinge rondom die Amerikaanse oes, oor die kort tot medium termyn n sleutelinvloed op die plaaslike graanbedryf hê. Produsente moet gereeld met hulle Graanverkryger gesels om op hoogte van die jongste toestande en vooruitsigte te bly. Die Prestasie-erkenningsfunksie vir personeel vind op 25 Junie plaas. Al die Silobestuurders is daarheen uitgenooi en slegs die minimum personeel sal dié dag by die silo s beskikbaar wees. Senwes vra die nodige begrip vir die situasie. Gee kontantvloei n hupstoot Senwes se kontantvloei; prys later - transaksie sal weer vanjaar beskikbaar wees. Die transaksie, wat verlede jaar met groot sukses van stapel gestuur is, het produsente van kontantvloei verseker waar hulle nie hulle mielies teen lae prysvlakke wou verkoop nie en het hulle in staat gestel om in moontlike prysstygings te deel. Volgens Christo Booyens (Bestuurder Graanbemarking) kan produsente wat nie hul mielies teen die huidige prysvlakke wil verkoop nie, maar wel kontant nodig het, die graan aan Senwes lewer en n gedeeltelike betaling daarvoor ontvang. Die produsent kan dan enige tyd tot n voorafooreengekome datum in Maart 2005 n finale prysopsie uitoefen. Voordele vir die produsent Sou die graanpryse styg, deel die produsent in die stygende prys. Die gedeeltelike betaling is rentevry. Die produsent se opbergingskoste stop onmiddellik as die graan op die transaksie oorgeplaas word. Produsente wat van die transaksie gebruik maak, moet kennis neem dat dit wel risiko inhou waar die mark laer as die kontantvloeibedrag daal. In so n geval moet die produsent die bedrag wat die prys laer as die kontantvloeibedrag daal, terugbetaal. Dit is wel moontlik om teen geringe koste beskerming teen sodanige daling uit te neem. Kontak jou Graanverkryger vir meer inligting. Proteïeninhoud as graderingsfaktor by koring (Deel 3) Dr Sierk Ybema Graanbedryf Proteïeninhoud van koring is een van die primêre graderingsfaktore en bepaal, saam met hektolitermassa en valgetal, die graad van die koring. Koring kan volgens proteïeninhoud soos volg in grade gedeel word: B1 (minimum proteïeninhoud 12%), B2 (11% tot 11,9% proteïeninhoud), B3 (10% tot 10,9% proteïeninhoud), B4 (9% tot 9,9% proteïeninhoud) en UT (8% tot 8,9% proteïeninhoud). Koring gradeer as Klas Ander indien die proteïeninhoud laer as 8% is. Proteïeninhoud van koring word altyd op n 12% vogbasis uitgedruk. Die proteïeninhoud van koring is vir die meulenaar en bakker die belangrikste graderingsfaktor. Indien n brood met meel met n lae proteïeninhoud gebak word, sal die brood se volume baie klein wees, wat die brood vir die verbruiker onaanvaarbaar maak. Proteïeninhoud van koring word met behulp van naby infrarooitegnologie by graanontvangspunte bepaal. In die verlede is van instrumente gebruik gemaak wat proteïeninhoudbepaling op gemaalde monsters uitvoer. n Nuwe generasie heelgraananaliseerders, wat die menslike faktor uitskakel en meer akkuraat is, word in groot graanproduserende lande gebruik en Senwes sal ook in die nuwe koringseisoen na die beste heelgraananaliseerders wat beskikbaar is, oorskakel. BREEK NUWE GROND SENWES [Junie 2004] Senwes Scenario 3

HANDEL Ná die onlangse vaartbelyning van die streekkantore het die optimalisering van die handelswinkel-netwerk nou aan die beurt gekom. Die handelswinkels word vanaf Mei vanjaar in vier streke ingedeel. Die handelswinkels op Bull Hill, Edenville en Sasolburg het op Vrydag Senwes Handel se struktuur nog meer vaartbelyn gemaak Senwes Handel wil klante se voorkeur verskaffer van insetprodukte bly en daarom is die winsgewendheid van dié divisie n vereiste. Die vaartbelyning van Senwes se totale handelswinkel-netwerk vorm deel van die herstrukturering van die Groep, wat reeds drie jaar gelede deur die Direksie goedgekeur is en sedertdien geïmplementeer word. 14 Mei gesluit terwyl die handelswinkels op Arlington, Winburg en Ventersburg as lopende sake aan OVK Bpk van Ladybrand verkoop is, effektief vanaf 21 Mei 2004. Bull Hill se klante word voortaan vanaf Hartswater bedien en Edenville se klante vanaf Kroonstad en Heilbron. Senwes se klante in Die nuwe streeksindeling van Handel: Noordstreek Sentraalstreek Suidstreek Vaalharts Bestuurder: Bestuurder: Bestuurder: Bestuurder: Dirk Steynberg Dirk Theron Nic Morrison Riaan Wilken Sel: 083 414 7812 Sel: 083 441 0293 Sel: 083 441 0283 Sel: 083 278 7549 Ventersdorp Heilbron Bultfontein Hartswater Oberholzer Koppies Theunissen Jan Kempdorp Potchefstroom Lindley Brandfort Jan Kemp Sentra Parys Steynsrus Dealesville Vereeniging Kroonstad Bloemfontein Ottosdal Hennenman Dewetsdorp Hartbeesfontein Odendaalsrus Petrusburg Klerksdorp Lagerskraal Edenburg Viljoenskroon Tierfontein Smithfield Bothaville Wesselsbron Vredefort Hoopstad Sasolburg Spilpunt spog met nuwe logo die Sasolburg-omgewing sal deur die handelswinkel op Vereeniging bedien word. As aandeelhouers van Senwes word Senwes se pakket produkte en dienste nou verder aan dié klante gebied deur n Bemarkingskonsultant wat die omgewings bedien. Bemarkingskonsultante Die aangepaste struktuur vir die Handeldivisie maak deel uit van n besigheidsmodel wat as deel van die Senwes Groep se herstrukturering drie jaar gelede deur die Handel-divisie aanvaar is en sedertdien geïmplementeer word. Die vernaamste verandering is die samevoeging van Handel se Klantediensbestuurders en Senwes se Finansieringafdeling se Verhoudingsbestuurders in n nuwe, gefokusde Bemarkingseenheid. Volgens Frans du Plessis (Hoofbestuurder Handel) is Handel opgewonde oor dié nuwe geslag Bemarkingskonsultante wat - met die ondersteuning van die streekkantoor- en handelswinkel-netwerk - reeds uitmuntende diens en winsgewendheid as uitdaging aanvaar het. Opening of new Hartswater store Die Senter 360 spilpunt sal voortaan met dié logo bemark word. Gedurende Mei vanjaar is die Senter 360 spilpunt se nuwe logo bekend gestel. Volgens Theuns Dreyer (Bestuurder Bemarking- en Vervaardiging) is die logo deel van Besproeiing se nuwe bemarkingsaksie wat vanjaar van stapel gestuur is. Tien jaar gelede is die eerste Senter 360 spilpunt vervaardig en ons is sedertdien deurlopend besig met Rusty van Zyl (Bestuurder Besproeiing) oorhandig n baadjie met die nuwe Senter 360 logo op aan Frans du Plessis (Hoofbestuurder Handel). produkontwikkeling. Ons beplan om gedurende die jaar n nuwe 127 mm spilpunt bekend te stel, sê hy. Vir enige navrae oor besproeiing, kontak Theuns Dreyer by 082 564 5955 of besoek Senwes se webwerf by www.senwes.co.za. Jy kan ook met jou naaste Besproeiingskonsultant gesels. As of 7 May the Hartswater retail store and Mechanisation division are doing business from under one roof. Frans du Plessis (General Manager Trade), right, declared the new retail store officially open with the ceremonial cutting of the ribbon. Riaan Wilken (Regional Manager) and Wouter du Plooy (Retail Store Manager) joined in the celebration. Senwes Hartswater is on the corner of DF Malan and Pokwani Road. 4 Senwes Scenario [Junie 2004] BREEK NUWE GROND SENWES

FINANSIËLE DIENSTE Finansiering ook vir veeboere beskikbaar Die Finansieringsafdeling het gedurende Mei twee nuwe produkte bekend gestel vir produsente wat dit oorweeg om n veevertakking by hul boerdery in te bring of om n bestaande kudde uit te brei. Senwes verskaf nou krediet vir die aankoop van aanteelvee. Die nuwe produkte, n weidingsrekening en vee-lening, stel volgens Johan du Toit (Bestuurder Landboudienste) produsente in staat om hul boerdery nog verder te diversifiseer. NUUT Weidingsrekening Produsente kan nou finansiering vir die vestiging van aangeplante Ina van Rensburg Landboudienste Reënval aangeteken Die hele gebied het vir Maart en April normale tot bonormale reënval gehad. Reënvalvooruitsig Op die langer termyn is toestande vir die periode Mei/Junie om 10 mm tot 30 mm reën te kry, steeds redelik goed. Die aantal hitte-eenhede sedert 1 Januarie was normaal tot ietwat ondernormaal. Alhoewel daar n effense verswakking in die intensiteit asook die aanvangsdatum van n verwagte El Niño was, lyk die kanse steeds goed vir ontwikkeling vanaf die tweede deel van die winter. El Niño-jare 80% van El Niño-jare word, volgens n ontleding van Suid-Afrikaanse mielieopbrengste sedert 1964, met ondergemiddelde mielie-opbrengste geassosieer. Aan die ander kant was daar sedert 1964 18 jaar ondergemiddelde oeste en net agt daarvan het in El Niñojare voorgekom. Die mees intense droogtes in Suid-Afrika het egter in El Niño-jare of jare wat direk daarop gevolg het, voorgekom. weiding by Senwes verkry. Senwes se Landboudienste-afdeling kan produsente met die beplanning hiervan help en sal behulpsaam wees met die aansoek om finansiering. Die termynlening is vir n maksimum termyn van drie jaar beskikbaar. Vee-lening Hierdie rekening stel produsente in staat om aanteelvee aan te koop en oor drie jaar terug te betaal. NUUT Kontak Johan Mouton (Veekundige) by 083 278 7746 of jou Winkelbestuurder of Bemarkingskonsultant vir meer inligting oor Senwes se weidingsrekening en vee-lening. El Niño kan goeie lentereën bring Seetemperatuur Die nuutste voorspelling van die verwagte afwyking vanaf die normale see-oppervlaktemperature in die El Niño-gebiede (voorspellingsdatum 27 April 2004) toon steeds n redelike normale of neutrale prentjie vir die volgende maande. Volgens die nuutste voorspelling het die aanvang van El Niño met ongeveer een maand aangeskuif. Dit verskil van vorige voorspellings en kan n aanduiding van die begin van moontlike veranderings wees. Die skerp daling in die Suidelike Ossillasie Indeks in April kan positief wees vir herfs-, winter- en lentereën. Oesskatting Die mielie-oes van Enviro Vision (met CERES-Maize en ander insette) is ongeveer 7,3 miljoen ton wat 290 000 ton laer is as die Oesskattingskomitee se syfer van 7,58 miljoen ton. Uittreksel uit: Mielievisie No 58 Inligting vervat tot 26 April 2004. Vir n volledige kopie van die verslag skakel Ina van Rensburg by (018) 464-7382. Senwes beroep hom op 'n vrywaring van aanspreeklikheid. Die natuur is n boek waarvan God die outeur is. - Moses Harvey Ons wil jou help Skakel Senwes se Klantedienslyn tolvry by 080 941 4011 indien jy enige Senwes vrae, klagtes of gedagtes het. Doen nou reeds aansoek vir KVP Produsente kan nou reeds aansoek doen vir somerproduksiekrediet en KVP vir somergrane (mielies, sonneblom, graansorghum en sojabone). Volgens Bernhard Coetzer (Senior Verhoudingsbestuurder) beskik Senwes weer vanjaar oor voldoende kapasiteit om diegene wat van KVP gebruik wil maak, te kan akkommodeer. Hoekom KVP? KVP stel aan graanprodusente markverwante finansiering beskikbaar met die wete dat die boer se insetkoste tot n groot mate verseker is. Dit dra by tot die produsent se gemoedsrus deur alle-/multirisikoversekering teen droogte, ryp en hael. Finansiering word teen markverwante rentekoerse verskaf en produksiemiddele word deur Senwes se handelswinkels verskaf terwyl Landboudienste advies kan gee indien daar n behoefte is. As deel van die waardetoevoegingsketting kan produsente kundige advies rakende graankontrakte en bewegings in kommoditeitspryse vanaf die Graanbemarkingafdeling kry en graan word binne 24 uur nadat dit gelewer is, uitbetaal. Produsente het ook gewaarborgde toegang tot silo- en drogingsfasiliteite en opsiegelde is ingesluit in die toegestane krediet. Wat word benodig? n Volledige produksiekrediet aansoekvorm wat insluit die aansoek om KVP deelname (aansoekvorms is by die handelswinkels beskikbaar, maar sal ook vanjaar direk aan produsente gestuur word) Grondontledings wat nie ouer as twee jaar is nie GPS-opgemete plaaskaarte moet alle aansoeke vergesel Hektare geplant en opbrengste behaal vir die afgelope vyf jaar (indien dit nie verskaf kan word nie, het dit n invloed op die waarborg-gedeelte van die kontrak) n Kontantvloeibegroting Kontak gerus jou Winkelbestuurder of die Senwes Bemarkingskonsultant in jou gebied vir meer inligting hieroor. BREEK NUWE GROND SENWES [Junie 2004] Senwes Scenario 5

MAATSKAPPYNUUS Op soek na ruvoer vir die winter? Senwes se Ruvoer-databank is goed op dreef. Volgens Johan Mouton (Veekundige) wil die Landboudienste-afdeling deur dié databank aanbieders en kopers van ruvoer gratis met mekaar in kontak bring, produsente help om toekomstige risiko s te beperk en die impak van krisisbestuur op boere se kontantvloei vermy. Die volgende tipe ruvoer (oor die 6 000 ton voer) was op 19 Mei beskikbaar: Tipe Plek Naam Telefoon Akkerbone met peule Delareyville Wynand le Roux 082 921 4440 Akkerbone, 1,5 m bale Klerksdorp Frik Scott 083 450 0335 Akkerbone, gesak of gebaal Potchefstroom A.O. Strauss 083 286 3795 Akkerboonhooi met peule Klerksdorp André van Wyk 072 359 6261 Akkerboonhooi met peule, 1,2 m bale Hartbeesfontein Matthys de Vries 083 267 4810 Eragrostis, 1,2 m ronde bale Meyerton Heinrich van Wyk 083 287 8038 Grondbonehooi Vaalharts Fanie Brunette 082 782 2983 Grondbonehooi, 1,2 m bale Bothaville Gawie Visagie 082 567 9926 Grondbonehooi, vierkantige bale Bothaville Neels de Jager 082 871 8970 Lusern Groot Marico Jan Snyman 014252 vra 2314 Lusern Jan Kempdorp Francois Fouché 082 948 2699 Lusern en gras gemeng Koppies Louis Boshoff 082 936 1514 Lusern/grondbonehooi/mieliereste Jan Kempdorp Francois Fouché 082 948 2699 Lusern/lusernpille Thabazimbi Hanlë Erasmus 083 384 7347 Mieliereste Potchefstroom Willie von Moltke 082 552 5339 Mieliesreste, neem self weg vanaf wenakker Hennenman CC Oosthuizen 083 262 0271 Oulandsgras, ronde bale Ermelo Johan Coetzer 082 456 1062 Ruvoer/chop/bran ens. Komatipoort Piet de Jager 082 328 2899 Smutsvinger, 1,2 m bale Kroonstad Lucas van der Merwe 082 823 1034 Smutsvinger, 1,2 m bale Potchefstroom Fanie Kruger 082 800 6367 Soetgras, 1,8 m bale Heilbron Thys Els 083 447 8440 Tef, 1,5 m bale Vredefort Kruger Terreblanche 082 894 9856 Tef, 1,2 m bale 200 kg - 220 kg Potchefstroom A.O. Strauss 083 286 3795 Tef, 1,2 m bale Ventersdorp Riaan Jurgensen 082 578 7122 Tef, 1,2 m bale Ventersdorp Derrick Allem 082 606 0975 Tef, 1,2 m ronde bale Kroonstad Rikus Geldenhuys 082 808 8370 Tef, 1,2 m ronde bale Vaalharts Fanie Brunette 082 782 2983 Tef, ronde bale Kroonstad Hennie Serfontein 082 829 5707 Voergraadgars Pretoria Rudi Viljoen 082 870 1521 Indien jy van die ruvoer-databank gebruik wil maak, kan jy Senwes se webwerf by www.senwes.co.za besoek of met die bedryfspuntbestuurder by jou naaste Senwes handelswinkel of silo gesels. Nuwe webblad lewendig Wet vereis dié inligting Klante en aandeelhouers sal eersdaags n skrywe ontvang van Senwes waarin sekere persoonlike inligting gevra word. Volgens die Wet op Finansiële Intelligensiesentrum, nr 38 van 2001, is Senwes wetlik verplig om die inligting, soos gespesifiseer deur die nuwe wet, van klante te bekom. Ons sal dit op prys stel indien al ons klante die vraelys sal voltooi en gesertifiseerde afskrifte van al die nodige dokumentasie sal aanheg, het Elmarie Joynt (Groepsekretaris) gesê. Die hoofdoel van die wet is om geldwassery-aktiwiteite teen te werk. Senwes het aan die begin van Maart hul nuwe webblad (www.senwes.co.za) bekend gestel. Volgens Johan Bezuidenhout (Bestuurder Bemarkingsnavorsing) is die nuwe webblad só ontwerp om die nuwe bemarkingsidentiteit van Senwes uit te dra en die Senwes handelsmerk te ondersteun. Met die ontwerp van die webblad is daar op optimale funksionaliteit en interaktiwiteit gefokus. Dit is ook n belangrike bemarkingsmedium om nuwe produkte en dienste aan die gebruiker bekend te stel. Die betrokke inligting moet Senwes teen 15 Junie bereik. Diegene wat die vorms voor dan terugstuur, kwalifiseer om deel te neem aan n trekking vir n Swarovski 8x30 verkyker ter waarde van R10 000. Die vraelys kan ook op Senwes se webwerf (www.senwes.co.za) verkry word. Skakel Najma Gabru by (018) 468-7118 vir enige navrae in dié verband. 6 Senwes Scenario [Junie 2004] BREEK NUWE GROND SENWES

MAATSKAPPYNUUS Klante oor bemagtigingsplanne ingelig Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) kan nie geringgeskat of geïgnoreer word omdat dit slegs n breë beleid en riglyn op vrywillige basis is nie. Ons kon werklik nie vir meer as dit gevra het nie, naamlik dat ons die kans kry om dit self te doen. Johan Dique (Besturende Direkteur) het tydens Senwes se onlangse reeks inligtingsessies oor Swart Ekonomiese Bemagtiging in Potchefstroom, Kroonstad en Bloemfontein hierdie feite gestel en ook produsente se aandag gevestig op die eise wat aan landboubesighede maar ook aan elke boerderybesigheid gestel word ten opsigte van toegang tot grond, bestaande infrastruktuur, insette, finansiering, kundigheid, opleiding en bemarking. SEB behels in kort die volgende en dit is ook so in n strategiese direksiebesluit van Senwes vervat: Direkte aandeelhouding deur swartes in maatskappye en besighede. n Minimum van 25,1% word geag as n bemagtigde maatskappy. Verteenwoordiging deur swartes op direksies en uitvoerende bestuur. Dit moet noodwendig in lyn kom met proporsionele aandeelhouding en die Wet op Diensbillikheid. Regstellende aksie binne die werkerskorps dwarsdeur die spektrum volgens die planne en doelwitte wat reeds ingedien is by die Departement van Arbeid in terme van die Wet op Diensbillikheid. Die oordrag van vaardighede en opleiding binne n beleid vir loopbaanontwikkeling. Gefokusde verkryging vanaf swart- en swart bemagtigde verskaffers. n Sekere vaste persentasie van alle verkryging word vereis. Hierdie is spesifiek die instrument wat aanvanklik gebruik word om die ekonomie vanself te laat rig. Tydens Senwes se inligtingsessies oor Swart Ekonomiese Bemagtiging het Johan Dique (Besturende Direkteur van Senwes), die verhoog gedeel met prof. Willie Esterhuyse van die Universiteit van Stellenbosch se nagraadse bestuurskool en Stef du Plessis, n motiveringspreker. Direkte beleggings in klein en medium grootte swart organisasies. Die riglyn meld dat n sekere persentasie van totale bates as teiken gestel moet word. Hierdie instrument beoog om vaardighede in daardie sektor te vestig omdat beleggers die nodige insette sal lewer om hul beleggings winsgewend te maak en te hou. n Direkte bydrae en rol binne die omgewing waarin die besigheid sake doen met die oog op bystand en ontwikkeling. Dit is hier waar Senwes as landboubesigheid direkte koppeling met primêre landbou sal maak deur middel van n pakket van direkte betrokkenheid, adviesdienste, inligting en fasilitering van projekte wat op plaasvlak deur boere aangepak word. Dit sou onverantwoordelik teenoor aandeelhouers wees indien die Direksie en Wen! Wen! Wen! Wen! Wen! Wen! Lus om Saterdagmiddag n vleisie in die wintersonnetjie te braai? Of wil jy n braaier aanskaf om saam te neem as jy met vakansie gaan? n Gelukkige leser het die geleentheid om hierdie Prestige 57 cm draagbare charcoalbraaier ter waarde van R500 te wen. Beantwoord net die volgende vraag: Wat is Senwes se webadres? Stuur die koepon aan: Infoworks (Aandag: Wanda Potgieter), Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood 2572. Of faks: (018) 468-7782, e-pos: wanda@infoworks.biz of tel: (018) 468-2716 Inskrywings, hetsy telefonies, per e-pos, faks of pos, moet ons nie later as Vrydag 16 Julie bereik nie. Vorige wenner Paul Jensen van Fauresmith was die wenner van die April-uitgawe se Ivomec antiparasitiese middel. Baie geluk! Bestuur die maatskappy in n rigting laat wat binnekort by n onwinsgewende doodloopstraat uitkom. n Volledige beleid met doelwitte en teikendatums word tans opgestel en sal in September 2004 aan die Direksie voorgelê word vir goedkeuring, aldus Johan. Die beleid sal die beginsel bevat dat daar geen kompromie toegelaat sal word op prys, kwaliteit en klantediens nie. Mededingendheid word steeds voorop gestel. Hy het produsente uitgenooi om gebruik te maak van die kapasiteit wat Senwes gebou het ten einde produsente van hulp te wees om al die rolspelers wat nodig is, bymekaar te bring sodat dié projekte kan vorder en hopelik slaag. Vir navrae in dié verband, kontak Joe Maswanganyi (Hoofbestuurder Strategie en Swart Ekonomiese Bemagtiging) by joe.maswanganyi@senwes.co.za of (018) 464-7363. Senwes se Hoofbestuurder Strategie en Swart Ekonomiese Bemagtiging, Joe Maswanganyi, wissel n paar woorde met Callie en Frans Wolhuter van Vaalharts tydens die sessie in Potchefstroom. Inskrywingsvorm Naam en van: _ Senwes klantenommer: Adres: _ Poskode: Tel: _ Antwoord: Reëls Slegs klante van Senwes mag aan die kompetisie deelneem. Personeel van Senwes mag nie deelneem nie. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 16 Julie 2004. Die prys kan nie vir kontant verruil word nie. BREEK NUWE GROND SENWES [Junie 2004] Senwes Scenario 7

Kannetjies Kopie: Henk Louw Sketse: Stefan Venter Pappie wil n leeu by die volgende wildsveiling koop, Tsepho. Hoekom, Pieter? Ai, dis darem lekker goed, man Saam met die jare kom eerlikheid veral oor die lewe. Persoonlik vind ek dit besonder bevrydend om my slegs te steur aan dit wat regtig saak maak, want die sterkste oorsake van my maagseer, suikerprobleem ensomeer is dinge waaroor ek nagte rondgerol het en waarvan ten minste 85% nooit gerealiseer het nie. Hy wil hom soos n skoothondjie grootmaak. En dan? My en die vrou se onlangse besoek aan die Nampo Oesdag sou ek egter beskryf as n hoogtepunt en dit, om eerlik te wees, sê baie. Ek sou myself bestempel as n boer met vernuwende denke, maar so twee of drie dinge wat ons by die Oesdag beleef het, beproef sowaar die tempo van my denke. Daar was drie, nee vier, dinge wat my regtig beïndruk het. Eerstens die gevorderde tegnologie wat, onder andere John Deere, gedemonstreer het wat n trekker in staat stel om homself met behulp van satelliettegnologie te bestuur. Die tweede ding wat n ou laat verstaan dat ons regtig in n nuwe eeu is, is Senwes se elektroniese silosertifikate wat tydens die Oesdag bekend gestel is. Daarvolgens kan silosertifikate vir mielies, koring, sonneblom en sojabone uitgereik word via die internet. Dan wil hy Ouma en die bankbestuurder vir tee nooi. Die derde gebeurtenis wat my beïndruk het, is die Merinoram vanaf Colesberg wat n allemintige R118 000 in die skaapveiling behaal het. n Veefaktor raak al hoe belangriker in die Suid- Afrikaanse boerdery - en tegnologie vir vooruitgang is nie net beskikbaar op wiele nie, maar heel duidelik ook op vier pote. Daar was natuurlik nog n keer wat ek beïndruk was, baie beïndruk om die waarheid te sê. So sit ek op n bankie op die terrein en koeldrank drink. My boerehart gee toe n R118 000 bokspring toe n span pragtige vrouens in sybokhaaruitrustings teen my verbyskuur op pad na die damesprogram se modeparade Waar was ek? O, ja: dis lekker ek meen nou om so te sit en daai egte landbou-atmosfeer te ervaar: oud; jonk; gesinne; soengroete; spontaan lag. Ai; dis darem lekker om te weet dit is my soort mense dié. R E D A K S I O N E E L Senwes Scenario is 'n bedryfsinligtingsblad wat in opdrag van Senwes Korporatiewe Bemarking deur Infoworks saamgestel en uitgegee word. REDAKSIE: Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario Johan Grobler (018) 464-7199 083 409 5229 johan.grobler@senwes.co.za word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Johan Smit (018) 468-2716 082 553 7806 johan@infoworks.biz Wet op Outeursreg. Estie Steyn (018) 468-2716 083 490 9449 estie@infoworks.biz Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid BLADUITLEG EN DRUK: vir enige uitlatings deur skrywers of Infoworks (018) 468-2716 medewerkers nie. [8 ] Senwes Scenario [Junie 2004] BREEK NUWE GROND SENWES